Posts Tagged ‘Eduard Mörike vertaling in Afrikaans’

Eduard Mörike – vertaling in Afrikaans

Tuesday, March 22nd, 2011

 

Eduard Mörike – vertaal deur Peter Louw

 

Gebed  

 

Here, stuur my wat u wil,

voorspoed of verdriet!

Ek is tevrede dat u albei

oor u tuintjie giet.

 

Maar weerhou van my ‘n oormaat

hartseer en geluk,

dat ek aldus bevry

in die middel van die boom

die soetste vrugte pluk.

 

(Gebet. Eduard Mörike)