Posts Tagged ‘Edward Lear’

Philip de Vos. TATAM TATTA TAM TATTA TAM

Monday, July 7th, 2014

(illustrasie: Piet Grobler)

Die ander dag kry ek ’n kopie van Riana Scheepers en Leti Kleyn se lywige Die Afrikaanse skryfgids present, en ek dink: A, nou kan ek my gebrekkige kennis van poësie aanvul. En daar was inderdaad ’n agttal artikels oor die skryf van poësie. En daar leer ek toe sommer ’n paar slim woorde ook wat ek sommerso terloops in ’n gesprek oor die poësie kan laat in glip: woorde soos Cinquain, Tanka, Pantoen, Rondeau en Triolet – al het ek g’n idee op aarde wat enige een hiervan beteken nie.

Die woord limerick ken ek wel, maar omdat hierdie skryfvorm seker nie slim genoeg is nie, word dit in hierdie boek totaal geïgnoreer seker omdat dit as skryfvorm minderwaardig beskou word.

Minderwaardig, miskien in party slimmes se boekies, maar vir my is dit die ideale manier om kinders (en ‘n paar gewillige grootmense) iets van die plesier van rym en metrum te leer.

Hoeveel keer het ek dit nie al raakgeloop nie. Almal praat van my limericke – of dit nou agtreëlig is of ‘n sage van 12 bladsye. En as ek so dan en wan by poësiekringe gaan gesels, en ek vra wat is ‘n limerick,  sal daar miskien een persoon wees wat huiwerig die hand opsteek en ‘n antwoord waag – en sê dat dit ‘n soort versie is. Ek het daarom al lankal die besluit geneem – ek gaan nooit, ooit weer limericke skryf nie, ligte versies miskien so nou en dan, maar limericke nooit weer nie.

Vandag gaan ek onderwyser speel, en verskoon my, want ek het selfs al  sogenaamde limericke van die “grotes” in ons letterkunde gesien wat dit gewaag het om een êrens op ‘n webblad te publiseer voordat dit weer gelukkig in die kuberruim verdwyn het om genadiglik nooit weer gesien te word nie, want as iets vrot is, is dit vrot.

‘n Limerick is plain en simple, die volgende: Dit is ‘n vyfreëlige versie met ‘n bepaalde rymskema en dit is altyd oor ‘n persoon of die plek waar hy woon en dit is gewoonlik stout met ‘n skop in die laaste reël en begin gewoonlik so:

‘n Dame van Somerset-oos

of

‘n Omie van Baardskeerdersbos

of

Die goeie nig Bettie Viljoen

of

Die lelike Gawie van Schoor

Die moontlikhede is eindeloos. Loer maar gerus in die Telefoongids vir dié wat nog steeds so-iets besit en nie net op hulle Blackberries staat maak nie.

Die ander is die Poskode-boekie – en dit is presies wat ek gedoen het toe ek my Die Worcester Asporcester, die eerste van my drie limerickbundels geskryf het.

(illustrasie: Cora Coetzee)

Daar is natuurlik ‘n bepaalde rymskema, wat alreeds deur Edward Lear in die Victoriaanse tydperk gebruik is:

 

There was an old man with a BEARD

who said, “It is just as I FEARED –

Two larks and a hen,

four larks and a wren

have all made their nests in my BEARD.

(illustrasie: Edward Lear)

Hierdie limerick is baie flou vergeleke wat daar vandag te lese is, byvoorbeeld in die boek Limericks – The famous Paris edition, met die een viesliker as die ander, en omdat ek ordentlik grootgemaak is, kan ek net twee van die meer onskuldiges aanhaal:

There was a young man of Cape Horn

who wished that he’d never been born.

And he wouldn’t have been

if his father had seen

that the end of the rubber was torn.

 

en

 

There was a young plumber of Lee

who was plumbing a girl by the sea.

She said: “Stop your plumbing!

There’s somebody coming!”

Said the plumber still plumbing, “It’s me!”

 

Dit is maklik genoeg om vulgêr te raak. Terloops ek ken al die woorde wat met P begin danksy die HAT, en ek probeer stout raak op ‘n ander manier, want by ‘n goeie limerick lê die skop in die laaste sin, of selfs by die laaste woord.

(illustrasie: Piet Grobler)

 

‘n Kerel van Onderstepoort

was glad nie ‘n man van sy woord.

Hy nooi Koeks Maree

vir koekies en tee,

maar eintlik vir onderste poort.

 

Die goeie tant Hentie Breda

se man het haar vreeslik gepla

en toe sê tant Hentie:

“Ag, los nou my pentie.

Hou op om my klere te dra!”

 

En die metrum – doodeenvoudig: Lees ‘n limerick  altyd  hardop: Lê klem op die TAM-gedeeltes – dié wat met hoofletters geskryf is en en dan is die metrum perfek:

ta TAM tattaTAM tattaTAM

ta TAM tattaTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM

taTAM tattaTAM

ta TAM tattaTAM tattaTAM

 

‘n Meisie wat woon in Tzaneen

gesels met haar niggie Maureen:

“Ek hou van ‘n ou

met ‘n fris kabeljou

en nie ‘n verlepte sardien!”

 

‘n MEIsie wat WOON in TzaNEEN

geSELS met haar NIGgie MauREEN:

ek HOU van ‘n OU

met ‘n FRIS kabelJOU

en NIE ‘n verLEPte sarDIEN

 

En om dit nog makliker te maak, tik op die volgende onderstaande klanksnit en luister dan hoe dit werk.

LIMERICK KLANKSNIT

 

Skryf nou ‘n limerick, en as dit op hierdie wysie gesing kan word, is dit perfek en as dit nie gesing kan word nie, werp dit in die diepste duisternis en begin van vooraf

Makliker kan ek dit nie maak nie. Ek het hierdie selfde wysie vir ‘n baie belowende jong digter/onderwyser De Wet Hugo in Jeddah gestuur en hy het onmiddellik daarna vir my limericke met perfekte metrum gestuur.

 

Ek was vir 15 jaar onderwyser, en vanaand was ek dit weer.

(illustrasie: Cora Coetzee)

Philip de Vos. Those few were all that mattered

Tuesday, June 10th, 2014

‘n Paar jaar gelede het ek uit die bloute ‘n e-pos van JonArno Lawson ‘n Kanadese digter ontvang waarin hy my gevra het om kommentaar te lewer op een van my Engelse versies wat ek vir Saint-Saëns se bekende orkeswerk geskryf het en wat as Carnaval of the Animals deur Front Street Books in die VSA gepubliseer is. Dit was vir ‘n boek wat hy saamgestel het vir Walker Books in Londen waarin 24 digters van oor die hele wêreld elk een van hulle kinderverse moes bespreek en die een wat hy gekies het was Aquarium.

(illustrasie: Piet Grobler)

Die versie wat ek moes ontleed was:

Aquarium

Fishes swim

without a goal

in aquarium or  bowl.

We can watch them

through the glass:

bits of sunshine as they pass

in a circle round and round…

Little fish are nowhere bound.

They don’t know

the mighty motion

of the waves and

of the ocean.

They must wait

for time to pass

locked up in a cage of glass…

 

Probleem is, ek het nog nooit een van my eie versies probeer ontleed nie. Ek skryf – and that’s that! Maar hierdie keer moes ek self ‘n bietjie dieper kyk en toe as gevolg van die boek Inside Out – children’s poets discuss their work was dit die begin van ‘n briewevriendskap.

Ek was nog altyd huiwerig as dit kom by vriendskappe met ander digters, want ek het myself nog al die jare as ‘n blote versiemaker beskou wat daarvan hou om met woorde te speel, en nooit ooit diep dinge dink nie – en skielik ontdek ek toe ‘n ander persoon wat ook balspeel met woorde en met die groot genot wat woorde bied.

En in die voorwoord tot Inside out sê hy juis:

I can’t emphasise enough how important it is to read the poems out loud. I don’t think you’ll be able to appreciate them fully until they’ve entered your mind through your ears as well as your eyes.

En dit is wat ek self nog al die jare doen en glo. Elke versie wat ek skryf, lees ek hardop, en met ‘n mikrofoon byderhand kan ek later luister hoe dit op die oor val en in baie gevalle is dit skaaf skaaf skaaf aan selfs die simpelste lawwe versie of nederigste limerick.

En deur my bydrae vir die versamelbundel het ek later vir JonArno en sy werk leer ken toe hy vir my ‘n kopie van sy kinderverse The Man in the Moon-Fixer’s Mask gestuur het met onder andere hierdie twee versies wat my onmiddellik aan beide Edward Lear en Lewis Carroll herinner het:

The Great Snoth of Snitch-on-the-Snotch

I met the Great Snoth of Snitch-on-the Snotch,

drinking tea from a seashell while winding his watch.

“My goodness,” said he, when he finally looked up,

“what  an odd little creature I have for a cup.”

 

The Purpose of the Porpoise

“The purpose of the porpoise?

Its preposterous propensity

for spinning on its nose odd props,

regardless of their density.”

 

The porpoise heard and said,

“Why do you propagate such tales?

Do you promulgate such rot

on the proclivities of whales?”

 

Op die internet kon ek wel destyds inligting omtrent JonArno opspoor – eerstens omdat hy volgens my Google-soektog die enigste persoon op aarde was met dié naam. Alhoewel daar destyds maar min op die web beskikbaar was, het ek darem geweet hoe hy lyk uit twee enkele foto’s wat ek kon opspoor.

 

En toe was daar skielik, by my die begeerte om hom te ontmoet, waarom weet ek nie.

In 2011 is ek en Peter vir ‘n 2½ maande toer dwarsoor Amerika met daarna ‘n weeklange besoek aan my suster en haar man op hulle plaas naby Edmonton in Kanada. Waarom dan sou ek van Edmonton 2700 kilometers verder vlieg oor vier tydsones heen net vir aandete met ‘n digter en sy gesin in Toronto terwyl ek in Suid-Afrika skaars 45 kilometers Stellenbosch toe reis vir tee met een of ander skrywer of digter, en dié is maar skaars ‘n klipgooi ver.

By Toronto het ons in ‘n hotel in die middestad gebly, en het ek telefonies met JonArno afgespreek dat ons hom in sy voorstad by die moltrein se stasie-ingang sou kry. Om een of ander rede het ek ‘n goeie oog om mense te herken – selfs al was dit net  van die een foto, en toe ‘n man in die reën aanstap met ‘n sambreel oor die kop, het ek onmiddellik geweet dit is hy.

En onmiddellik was daar die gevoel van wedersydse warmte en skaars by die huis aangekom, slegs ‘n paar blokke van die stasie af, het ek  geel pampoene by die voordeur  sien regstaan vir Halloween. En nog voor die deur oopgemaak is, het Peter alreeds die eerste foto’s van ons twee geneem.

En wat kan ek van die aand onthou? Dit was die aand van die Joodse Fees van die Tabernakels. Dit was ‘n aand van groot warmte saam met JonArno en Amy en Ashey en JoJo, en met JonArno se ouers en Amy se pa wat aan etenstafel uit die  Torah voorlees naby die yskas met sy magneetprentjies teen die deur.

 

Het ons oor die letterkunde gepraat? Ek kan nie onthou nie, maar ek twyfel. Voor op ‘n koffietafel het boeke rondgelê. Tussen die ander het ek my boek Beware of the Canary sien lê, en Inside Out waarin my bydrae verskyn het, en The Big Mog Book en Edward Lear  se Book of Nonsense– boeke wat die kinders besig was om te ontdek.

En ek onthou JoJo wat met ‘n plastiekkarretjie gespeel  het met ‘n I’m a Big Boy plakkertjie op sy hemp en Peter wat later saam met Sophie ‘n klavier-duet gespeel het langs die leë pophuis met die sneesdoekies langsaan.

 

En later het JoJo na  na die trappies toe verskuif, na sy hobbelperd en die teddiebere op die trap.

Die aand was ‘n mengelmoes van lag en praat en van speelgoed en boeke op die vloer.  En voor ons weer terug hotel toe is, het JonArno my sy jongste bundel There Devil, take that wat pas verskyn het as present gegee.

Ja, dit was ‘n aand van warmte en ek moes al die pad Toronto toe om dit te ervaar.

Eers later het ek meer van JonArno se ander kinder- en volwasse gedigte ontdek. ‘n Man met ‘n sin vir fantasie, ‘n man wat kan speel met woorde; woorde wat met my praat – oor berge en oseane heen.

Robot Bones

I swore an oath, a solemn oath,

that I would bury the bones of both,

side by side together,

in the crackling electric undergrowth,

(a final nest of red-hot wires wrapped them in their tomb).

I swore to them by the ozone layer

back in the days when it was still there),

and we all knelt down

for a digital prayer,

while a fleeting memory saddened me

of his tunsten hand on her copper hair.

 

Seize the Day

The sensible day

will bite the hand that seizes it –

and the sensible hand

will find briefer moments that pleases it.

 

The Crowd

In the dark room

unfamiliar and overfull

certain empty outlines lit

up and filled in

with the features of my

wife and the

faces of my

children – friends family

just a few but

most outlines stayed empty

went dark or

disappeared altogether others

filled in briefly

and then vanished

who were

they the

crowd was enormous

and the number

that lit up

was small so small

in the entire

crowd those few

were all that

mattered

I reached and

reached

but never

grasped the rest.

Sal ek JonArno en sy gesin ooit weer sien? Ek weet nie. Hoeveel jare het mens oor na 75? Maar ek sal hulle wel vir altyd onthou.

En 11 Junie is juis JonArno se verjaarsdag. En al weet hy dit nie en al ken hy geen Afrikaans nie, wens ek hom op hierdie manier geluk.

Drie skakels:

http://www.walker.co.uk/contributors/JonArno-Lawson-7281.aspx

http://thetorontoquarterly.blogspot.com/2014/02/jonarno-lawson-enjoy-it-while-it-hurts.html

https://www.youtube.com/watch?v=F-PyU8HymAk

 

Philip de Vos. Om met twee linkervoete te kan dans

Saturday, May 17th, 2014

Jare gelede reeds het ek die vreugde van ligte versies ontdek.

En tog vermoed ek dat daar dalk ‘n hele klomp slimmes is wat neersien op hierdie nederige vorm van poësie.

Ek het gou agtergekom dat ek self nooit ernstige gedigte sal kan skryf nie, maar het gelukkig wel spoedig ontdek dat ek kan rympies maak.

Ja, êrens in my binneste was daar ‘n yslike begeerte is om te kan dans alhoewel ek wel deeglik daarvan bewus was dat ek in werklikheid twee linkervoete het en dit nooit op ‘n dansbaan sou kon waag nie.

Selfs toe ek ‘n operasanger was, het ek ook dikwels in musicals opgetree – en outydse musicals beteken natuurlik dat daar op een of ander stadium om geen rede op aarde gedans moet word nie. Dan het David Matheson, die regisseur, my gewoonlik in die héél agterste ry op die verhoog geplaas, daar waar hopelik nie ‘n enkele persoon in die gehoor my ooit sou opmerk nie.

Maar selfs met nie-dans tonele kan daar partykeer iets op die verhoog skeefloop en dit het wel een aand met my gebeur.

In Hello Dolly het ek in die koor gesing en op een stadium is daar ‘n groot produksienommer: When the Parade passes by. Die koorlede het elk sy eie instrument gekry om te bespeel en waarom hulle juis vir my gekies het om die groot ronde trom (wat op aarde is bass drum in Afrikaans?) om my middel vas te gespe en elke liewe aand in formasie saam met die ander heen en weer oor die verhoog te beweeg, weet die joos alleen.

Met musicals is almal gewoonlik teen die 55ste opvoering ‘n bietjie uitgekuier met dié werk. Ewenwel, een aand staan ons aan die sykant van die verhoog – gereed vir ons groot oomblik. Waarom ek dit gesê het, weet ek tot vandag toe nie, maar net voor ons op die verhoog moes gaan, sê ek vir een van die ander koorlede: “This bass drum is so heavy. What if one evening the belt breaks during a performance?”

En dit was presies wat gebeur het. Ons het almal, soos elke aand lustig saam gesing:

When the parade passes by
Listen and hear that brass harmony growing
When the parade passes by
Pardon me if my old spirit is showing
All of those lights over there
Seem to be telling me where I am going …

En toe gebeur dit. Met watter woorde dit was, kan ek nie meer onthou, maar dit moes seker by daardie bass harmony growing, gewees het, want ‘n gemene gees êrens in die diepste ruimtes het seker my woorde gehoor en daardie gordel geknip.

Die yslike trom het skielik op die plek losgebreek, en oor die verhoog begin rol en rol. Toe ek dit agterkom, het ek heeltemal die formasie-lopery geïgnoreer en agter die ding begin aanhardloop. En daar in die Nico Malan-operahuis van destyds het ek daardie trom net op die laaste oomblik gekeer voordat dit op ‘n fluitspeler in die orkesbak beland het. Nodeloos om te sê – die parade was in sy maai!

In my versies dans ek wel, en dit gee my die plesier wat ek in die werklike lewe ontbreek.

Dit is tog snaaks hoe die diep-denkendes onder ons glad nie lawwe versies kan verstaan nie en so het Spike Milligan dit juis gesê:

“The extraordinary part of nonsense is that only a small persentage of people gain pleasure from it. I have tried it successfully with children of all races and 99% have always laughed. But then I have sat with men, intellectuals who are totally baffled by nonsense.”

So gee ligte versies my steeds groot plesier, soos dié van John O’Mill uit Rollicky Rhymes in Dutch and double Dutch:

 

De koning van Biscaye

die had een kattapult

Daar schoot ie mee op haaie

Very difficult

 

en hierdie een:

 

De koning van Oeganda

Die had een grote smoel

Met sewe gouwe tande

Very beautiful

 

En terwyl ons by die Nederlanders vertoef, kan ek ook Kees Stip noem:

 

Een hen sprak peinzend tot een ei:

“Wie was êrens eerder: ik of jij?

De wiisbegeerte mag misschien

op deze vraagd geen antwoord zien

maar ik heb, wat men ook mag zeggen,

nog nooit een ei een hen zien leggen.

 

Die Engelse het natuurlik hulle eie Lewis Carroll:

 

en Edward Lear

en die Amerikaners het hulle Ogden Nash:

 

FLEAS

 

Adam

had ‘em

 

En dan is daar hierdie wonderlike kortetjie van ‘n anonieme digter

 

ODE TO MY GOLDFISH

O

wet

pet

 

Ek het self nooit geweet dat ek lawwe versies kan skryf nie totdat Leon Rousseau my in 1978 (om watter rede weet ek nie) gevra het: Hoekom skryf jy nie kinderversies nie?

En hierdie was my eerste:

 

Wat is die verskil

tussen katte en muise?

Muise het sterte

en katte het luise.

Ja,  muise het sterte

en so ook ’n kat,

maar geen luis

het ’n muis

of ’n kat

op sý blad.

’n Muis

het ’n luis

en ’n stert

nes ’n perd,

en perde

het luise

maar ly nóóít

aan muise,

en katte

het luise

en lang

gladde sterte

en soms kyk

hul dromerig

dóér in die verte

na muise

en luise

en perde soos huise

en dis hoe jy weet

wat is katte en muise

illustrasie: Jan Vermeiren uit O togga, ‘n gogga!

 

Mense het my al gevra: Is dit regtig ál wat jy kan skryf?

En my antwoord:

 

Elke outjie

het sy lied:

Hadida of

zoeiiii-muskiet

Of dit fraai

of goor

of gek is –

Jy moet sing

soos jy gebek is.

illustrasie: Piet Grobler uit Mallemeuleman

 

Ja, selfs met twee linkervoete kan ek nou so bietjie dans.