Posts Tagged ‘e.e. cummings’

Louis Esterhuizen. Verlore e.e. cummings-gedig gevind

Tuesday, May 31st, 2011
e.e. cummings

e.e. cummings

In ‘n omvattende berig op The AWL se webtuiste, het die Britse biograaf, James Dempsey, verlede week bekend gemaak dat hy ‘n onbekende gedig van e.e. cummings tussen Scofield Thayer se korrespondensie gevind het. Dempsey werk tans aan ‘n biografie oor die voormalige uitgewer en eienaar van die tydskrif The Dial.

Aangesien Thayer ‘n vroeë bewonderaar van Cummings se gedigte was, en alles in sy vermoë gedoen het om sy digkuns te bevorder, het ‘n hegte vriendskap tussen hulle ontstaan: “Evidence suggests that the poem was sent sometime around 1916, when Cummings was embarking on his career as a poet and artist,” skryf Dempsey. “At this time the two men had known each other for about three years. Their friendship, which would last until Thayer succumbed to paranoid schizophrenia a decade later, was based largely on a shared passion for art and literature. Cummings benefited most from the relationship, as the wealthy Thayer gave Cummings money to write and paint, launched his career with publication in The Dial, and blithely assented to Cummings romancing, bedding (and, as it happened, impregnating) his beautiful wife.”

Blykbaar het Thayer en Cummings mekaar as studente by Harvard ontmoet nadat Cummings ‘n enigsins formele bewonderaarsbrief aan Thayer geskryf oor ‘n gedig van hom wat in die Harvard Monthly verskyn het. Uiteraard behoort Cummings-bewonderaars ‘n mate van binnepret te ervaar met die formele toon daarvan:

Dear Mr. Thayer,

I shall feel better when I have made trial of expressing, to you, my admiration of your poem. I shall be very proud and happy indeed when I can say the thing so completely, so purely, and with such a true and fine ring as you have said it:

        Her body is a reed, so slender
        Whereon God’s lips do blow,
        And in each petty human motion
        The great hymns come and go.

If this letter needs an apology, it is that I love poetry.

Your sincerely,
E. Estlin Cummings.

Elaine Orr

Elaine Orr

Hierna beskryf Dempsey nie net die ontwikkeling van die vriendskap in detail nie, maar ook die verhouding (en uiteindelike huwelik) wat tussen Cummings en Dempsey se vrou, Elaine, ontstaan het. So het Cummings byvoorbeeld kort na sy ontmoeting met Elaine Orr soos volg oor haar aan ‘n vriend geskryf: “I considered EO as a princess, something wonderful, unearthly, ethereal, the like of which I had never seen.” (Iets waarvan Cummings se skets van haar duidelik spreek.)

Ironies genoeg het Thayer vir Cummings gevra om ‘n huwelikvers, waarvoor Thayer $1,000 aangebied het, te skryf vir hul troue. En ja, die suggestie van maritale ontrouheid waarmee die vers open, is eweneens veelseggend:

Thou aged unreluctant earth who dost
with quivering continual thighs invite
the thrilling rain the slender paramour
to toy with thy extraordinary lust,
(the sinuous rain which rising from thy bed
steals to his wife the sky and hour by hour
wholly renews her pale flesh with delight)
-immortally whence are the high gods fled?

Na die Thayers se troue het die huwelik egter teen nekbreekspoed gedisintegreer, aldus Dempsey: “All in all, this young, good-looking, wealthy couple seemed to be living an idyllic existence, but behind closed doors the marriage was unraveling at a calamitous rate. In his notes, Thayer described what seems like a moment of horror and desperation experienced by his bride: ‘E.O.’s cry at the Potter was not only the cry of the broken virgin,’ he wrote, ‘it was also the cry of the lost soul when, driven backwards, without the strength of backbone to withstand the Devil’s push-when it feels the earth give way and only air beneath it.’ He went on to describe her vulnerability thus: ‘The eyes opened wide like windows to break.’ Thayer’s writing was often expressionistic rather than journalistic, and while one cannot surmise the specifics of what he is describing here, it was obviously a moment of shock, pain and fear for Elaine, one that drained her. ‘E.O. at Montecito like a snake that’s had its back broken’.”  

In sy dagboek het Thayer blykbaar die volgende inskrywing oor die huwelik gemaak: “Marriage occupies same relation to love as the forced activities of sinners in Inferno do to their activities in this world. Marriage is as if a profound and penetrating punishment for love.”

Nou ja, toe. Na hul egskeiding in 1921 is Cummings toe uiteindelik met sy muse, vir wie hy meer as ‘n honderd gedigte geskryf het, getroud. Net om drie maande later deur sy swanger bruid ingelig te word dat sy ‘n nuwe liefde gevind het; die bankier Frank MacDermot.

Nietemin, die totaal onbekende gedig wat tussen Thayer se korrespondensie gevind is, se titel is “tonite” en ek plaas graag die openingsreëls daarvan hieronder vir jou leesplesier. Maar gaan lees gerus die volledige artikel. Dit is inderdaad fassinerend; veral die gedeeltes oor die geskiedenis van The Dial was vir my besonder insiggewend. (Daar is ook ‘n uitvoerige bespreking van die betrokke gedig.)

(tonite
in nigger
street

the snow is perfectly falling,

the noiselessly snow is
sexually fingering the utterly asleep

houses)

Ten slote - toe ek die skets wat Cummings van Elaine Orr gemaak het, sien, besef ek meteens dat die Cummings-skildery wat ek by ‘n vorige Nuuswekker oor Cummings as skilder geplaas het, waarskynlik óók vir Elaine Orr as model gehad het …

As toegif plaas ek dié skildery ook hieronder.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bernard Odendaal. Versigtig met die liefde

Tuesday, February 16th, 2010

Oor die liefde moet mens versigtig skryf, al skryf jy so tweedehands oor ander se skrywes. Om te kies is nie eenvoudig nie. Dis nie ’n ding van dié een kry tagtig persent en daardie een negentig nie. As die een liefdesgedig vandag jou hartsnare geroer het, gaan die volgende een môre jou tone laat tingel. Tog moet Boerneef sekerlik hoog op die lysie staan:

mits dese wil ek vir jou sê

hoe diep my liefde vir jou lê

Daardie berggansveer gaan nog lank lê en tril daar by Woeperdal.

   Die liefde kortgevat is Rumi se dertiende eeuse kwatryne. Uit die Persies vertaal deur John Moyne en Coleman Barks klink dit so, onder andere:

Come to the orchard in Spring.

There is light and wine, and sweethearts in the pomegranate flowers.

If you do not come, these do not matter.

If you do come, these do not matter.

   en:

I would love to kiss you.

The price of kissing is your life.

 

Now my love is running towards my life shouting,

What a bargain, let’s buy it.

     Die Amerikaanse digter e.e. cummings skryf ’n lang gedig, “somewhere i have never travelled” waarvan die laaste reël vir my maar op sy eie kan staan:

nobody, not even the rain, has such small hands

 

en uit my kinderdae onthou ek dié een van W.E. Henley:

 

The nightingale has a lyre of gold,

The lark’s is a clarion call,

And the blackbird plays but a boxwood flute

But I love him best of all.

 

For his song is all of the joy of life,

And we in the mad spring weather,

We too have listened till he sang

Our hearts and lips together.

   As ek verder uit Afrikaans moet kies, dan Elisabeth Eybers. Vele, vele, maar dié een bly ’n gunsteling, omdat dit die woordloosheid, die stomgeslaanwees van liefde, maar ook die somtyds onlewensvatbaarheid daarvan so reg sê.

 

Die antwoord

 

Of ek jou liefhet?… Hoe vra jy, wanneer

my oë van die antwoord vol is, weer

dieselfde vraag so twyfelloos en teer?

 

Toe Christus met die derde haangekraai

sy blik vol stil verwyt na Petrus draai,

wie kon die later vraag en antwoord raai?

 

Drie maal het hy gevra … Daar was alleen

die één gebroke antwoord oor vir een

wat in die nag oor eie verraad moes ween.

 

Wanneer ek elke roekelose eed

van eew’ge trou en liefde reeds vergeet

het, sal ek nog soos Petrus sê: Jy wéét …

Op dieselfde trant ’n gedig van A. Roland Holst, waarvan ek ook die eerste reël ver, ver terug onthou:

 

Zwerversliefde

 

Laten wij zacht zijn voor elkander, kind –

want, o de maatlooze verlatenheden,

die over onze moegezworven leden

onder de sterren waaie’ in de oude wind.

 

O, laten wij maar zacht zijn, en maar niet

het trotsche hooge woord van liefde spreken,

want hoeveel harten moesten daarom breken

onder den wind in hulpeloos verdriet.

 

Wij zijn maar als de blaren in den wind

ritselend langs de zoom van oude wouden,

en alles is onzeker, en hoe zouden

wij weten wat alleen de wind weet, kind –

 

En laten wij omdat wij eenzaam zijn

nu onze hoofden bij elkander neigen,

en wijl wij same’ in ‘t oude waaien zwijgen

binnen een laatste droom gemeenzaam zijn.

 

Veel liefde ging verloren in den wind,

en wat de wind wil zullen wij nooit weten;

en daarom – voor we elkander weer vergeten –

laten wij zacht zijn voor elkander, kind.

Laat ons die “trotse hoë woord van liefde” dus maar met versigtigheid sê.