Posts Tagged ‘Emily Dickinson’

Nini Bennett. Voetstoots

Sunday, August 19th, 2018

 

1.

 

Die reuk van vrees is altyd bekend.

Die diere het dit eerste geweet. Hulle het begin hardloop met platgetrekte ore en neusvleuels wydgesper. Dae voor die ramp was die waarskuwing daar: ’n subtiele verandering in lugdruk. Lae frekwensieklank was duideliker hoorbaar as normaalweg. Niemand weet presies hoe diere dit weet nie, maar diere is fyner gekallibreer.

Die aarde se magneetveld het opgelaai, prikkelbaar soos ’n lading statiese elektrisiteit. Daar is foutlyne en frakture in die aardkors.

Huiskatte het dit ook vermoed, en soos die diere van die veld, dae vantevore reeds verkas – uiteindelik getrou aan hulle wilde natuur. Net honde, die mens se beste vriend, het by hulle eienaars gewag en gewaak, hulle gesigte gelek en getjank; bondgenote tot die dood.

Ook die voëls was hiervan bewus. Hulle het laat spaander met ’n gekrys en die skerp kringfluit van fladderende veerstof; ’n brokkeling vlerke wat die lug, die wolke, en later die son sou klad. Die drang om te lewe is brutaal.

Tydens ’n aardbewing word alle menslike kapasiteit opgeskort. Tyd ontspil. Iets verskrikliks is op pad, die zero-uur is op hand.

In sy oerste wese herken iedereen ’n natuurramp. Strate spleet oop, afgryslik en swart soos ’n adder of rolgolf wat reg onder die oppervlak kronkel. Monde gaap oop in gille maar nié die getjank van sirenes en alarms, nié die geskreeu uit stembande maak enige verskil nie.

Geboue steier; tuimel op mekaar in soos domino’s. Die stad sneuwel voor hierdie aanslag, nietig soos ’n diorama; tragies, soos ’n kind se geografieprojek by die skool.

Die kosmiese afslaer is elke oomblik van die dag bedrywig. Op wie word die hoogste bod toegestaan? Wie word tweedehands opgeveil, en wie word voetstoots uitverkoop aan die noodlot? Wié van ons het die afslaer se simpatie?

Dan rammel die aarde finaal in ’n reuse grand mal – die gebeur en gekreun van skuiwende tektone. Die chaos is ontsagwekkend. ’n Kraak beitel vanself af in die pad tot by ’n vulstasie en ontvlam in ’n oogwink. Die ontploffingshitte van die brandstof se opgaartenks lig die motors op en slinger dit skuins die bruisende vure in, die insittendes soos vlermuise in ’n swart inferno.

Uit die lug vlie wrakstukke, stukke dak en puin en glas en skerp metaal en tuimel op die weerloses neer. ’n Verdwaalde skoen. Uit gebarste pypleiding pomp water, surrealisties mooi, en verdeel in kleiner fonteine. So ver as die oog kan kan sien, blits die kragdrade. Sweisvuur.

En argeloos, hoog bo die verwoesting, draal ’n kind se heliumballon steeds hoër die wolke in.

Ek is uit my seismiese diepte geruk.

Vanoggend vroeg was ek by die rivier. Dit was stil. Loodstil. Ek het vorentoe gebuk en gekyk hoe rimpels oor die wateroppervlak breek: konsentriese sirkels soos vinnig uitkringende wentelbane. Daar was geen geluid, geen stoornis. Toe het ek die hadidas hoor skree. Was dit nader, dringender as tevore? Ek weet nie. Dalk was dit die wanklank van dissonante sirenes wat doof op die menslike oor val. Maar soos ek sê, niemand weet hoe diere dit weet nie. Plotseling het ’n vrees my beetgepak en ek wou wegkom, maar ek het nie geweet waarom, waarheen nie. Ek was weerloos, net ’n mens. “Die kind is weer ongedurig vandag,” sou my ouma gesê het.

*

“Die kind is weer ongedurig vandag,” het sy ’n paar dae tevore voorspel.

Ek staan styf teen haar kamerdeur met my kinderlyf teen die raam, my oor sentimeters van die deurslot af. Dis donker; dis nag, ’n dag losgeskeur uit die somer van 1985.

Die geluid van ’n outydse vanity case wat ooprits. Ek verbeel my sy kyk in die dowwe bedlamp na die geheime goetertjies wat haar vrouwees definieer. Sakdoekies met kantpatrone, in presiese vierkante gestryk. Parfuum. Lipstiffie. Ek rek my oë in die stilte wat volg. Tjieng…kirrr. Klonk. Die fyn perkussie van ys in ’n glas. Die halfjack is oop: die goudstof stort nou oor die glas se rand.

Ek beweeg my oor nader aan die deurknop. Voor sy die eerste sluk whisky vat, is daar ’n siddering; die geluid van ’n vrou wat geluidloos huil, verdriet wat in een golfbeweging deur haar skouers breek.

Teug diep, my matriarg: drink, en laat die eufemisme oor jou spoel. Versigtig; haal versigtig asem nou. Die godedrank is sterk, dit blus jou keel, dit vlam hoog deur die sinusholtes, dit brand salig in die slukderm. Dit streel jou stembande; dit herken jou stemlose pyn. Sjuut. Die bekende lafenis is op hand.

Sekondes later volg die neweling van die brein. Die sig versag in dowwer piksels. Stiller nou, my ou moeder. Voel jy dit? Ek weet; ek weet jy huil nie voor mense nie.

*

Sy vee oor haar bolip. “My ma se dogters huil nie voor mense nie.”

Hy frons. “Jou neus bloei,” en hy leun besorg vorentoe.

Hulle is anders grootgemaak,” hou sy vol.

“Jy het nie agtergekom nie,” val hy haar weer in die rede. “Jou neus bloei.”

“Nie óns nie. Nee, ons huil nie in die openbaar nie.” Sy hou onverwags op met praat en kyk minagtend na die bloedstreep op die rugkant van haar hand.

(Bostaande fragment is geneem uit ’n groter teksgeheel.)

2.

Desember 2006 het ek die noodlot leer ken. En dis nie ’n vriend wat jy intiem wil leer ken nie: nié deur die onverwagse dood van ’n eggenoot; nié op die wyse waarop jy oornag padgee van ’n groot kleinhoewe omdat dit bloot te gevaarlik geword het om alleen daar te bly nie. Ook nie die finansiële terugslae of die aanslag op jou gesondheid nie. Ek onthou dit was kort voor kersfees en ek het in die straat gaan staan en vir ’n halfuur aaneen gelag, ’n leë lag tot net my maagspiere later geruk het en daar geen lag meer wou uitkom nie. Die naskokke van ’n noodlotsgebeurtenis besoek jou nog vir jare daarna in jou drome: dit bly herhaal in swoel en donker drome. En dit herhaal wéér wanneer jy hoor van die moord op ’n vriend; die siekte van ’n geliefde.

Vandag, as ek my oë toemaak, dink ek aan daardie tyd as ’n aardbewing. Dit is die enigste metafoor, simbool, allegorie, analoog, of wat ook al wat reg laat geskied aan die impak en ontwrigting van soveel kataklismiese lewensgebeurtenisse. Vrees en respek beweeg baie ná aan mekaar. Die Moment Magnitude, noem kenners dit – die omvang van ’n aardskok.

Tog is ’n aardbewing nie ’n onderwerp waaroor digters dikwels dig nie, waarskynlik as gevolg van die gelokaliseerdheid van so ’n ramp. ’n Aardbewing word eerder geassosieer met distopiese en apokaliptiese romans en films. Of die eindtye, aldus die Bybel.

Tog is daar ’n groot voorkoms van aardbewingpoësie onder Japannese digters. Na die katastrofiese aardbewing, gevolg deur ’n seebewing wat Japan 11 Maart 2011* getref het, het verskeie digters dwarsoor die wêreld aangesluit by webtuistes as deel van ’n gemeenskapsprojek om hierdie slagoffers en oorlewendes by te staan. Die verse is oorwegend kort. Ook Twitter-poësie het oornag ’n nuwe impetus gekry, en verse, wat kwalik as poësie in die ware sin van die woord geklassifiseer kan word maar wat as “pebble poetry” bekend staan, het vir weke lank deur die Net geblits. Eenreël-verse wat poog om die skok en ongeloof oor die onlangse gebeure poëties te verwoord. ’n Mens kan iets hiervan verstaan: na ’n aardbewing is die topografie verwoes. Samehang ontbreek. Dit is moeilik om ’n lang vers oor ’n aardbewing te skryf. Japannese vertalers het op hul beurt van die verse vertaal na Engels, en uit alle tale en dwarsoor die wêreld het opkomende en gevestigde digters die Tohokoe-ramp uit een mond in versfragmente betreur.

Enkele voorbeelde, en ek haal aan vanuit die webtuistes.

The earthquake and tsunami that devastated Tôhoku last March and the nuclear crisis that followed continue to affect every aspect of Japanese life. Literature is no exception. Struggling against a despairing sense that this was no time for literature, contemporary writers have responded in a variety of ways since disaster struck on March 11.

Almost immediately, a number of poets responded with lines that were plain, poignant, and fierce. Wago Ryoichi, a Fukushima-based poet previously known for rather abstruse contemporary verse, suddenly shifted gears after the disaster, using Twitter to publish a succession of short pieces that rapidly gained a substantial following:

 

Radiation is falling. The night is quiet.

In the end, there are only tears. I want to write furiously, like a man possessed.

 

*

 

Will we meet again?

Here at your flowering grave:

two white butterflies

 

― Matsuo Basho. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

Spring has come:

the nameless hill

lies shrouded in mist

 

― Matsuo Basho. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

A kite floats

at the same place in the sky

where yesterday it floated …

 

― Buson Yosa. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

We cannot see the moon

and yet the waves still rise

 

― Shiki Masaoka. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

What indeed is Earth but a Nest

from whose rim we are all falling?

 

—Emily Dickinson.

 

*

 

To see a World in a grain of sand

And a Heaven in a wild flower,

Hold Infinity in the palm of your hand

And Eternity in an hour.

 

—William Blake.

 

*

 

Ring the bells that still can ring

Forget your perfect offering

There is a crack in everything

That’s how the light gets in.

 

—Leonard Cohen.

 

*

 

I took one Draught of Life—

I’ll tell you what I paid—

Precisely an existence—

The market price, they said.

 

—Emily Dickinson.

 

*

 

Our life here on earth:

to what shall we compare it?

It is not like a rowboat

departing at daybreak,

leaving no trace of us in its wake?

 

― Takaha Shugyo. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

The snake slipped away

but his eyes, having held mine,

still stare in the grass

 

― Kyoshi Takahama. Vertaal deur Michael R. Burch.

 

*

 

Which plunderer’s hand

ransacked the pure gold statute of your dreams

In this horrendous storm?

 

—Nadia Anjuman, Afghaanse digter.

 

*

 

Meanwhile, Henmi Yo published a series of vivid, almost grotesque poems titled “Me no umi—Watashi no shisha tachi ni (Sea of Eyes: To My Departed)”. For the author, who grew up in one of the Tôhoku towns devastated by the tsunami, the work is at once an act of mourning, a requiem, and above all, a poet’s desperate attempt to summon the power of poetic expression and pit it defiantly against the violent forces of the universe.

 

My departed dead:

You must sing your poems alone.

Let the shore daisies keep from flowering,

Let the yellow plants that cling to the cliffs refrain

from mourning—

Until the right words have been found, each one unique

and singular,

And assigned to the lungs

Of my departed dead.

* Op Vrydag 11 Maart 2011 het ‘n katastrofiese aardbewing, gevolg deur ’n seebewing, Japan getref. Met die episentrum diep onder in die see sowat 70 km van die Osjika-skiereiland van Tohokoe, het dit die aarde met ‘n krag van 9.0 op die MM-skaal geruk en die planeet se as na berekening met byna tien sentimeter laat skuif. Duisende mense is gedood en vermis en minstens drie kernkragreaktors is beskadig.

 

Verwysings

 

https://japan-afterthebigearthquake.blogspot.com/2012/04/poetry-after-march-2011.html

http://www.thehypertexts.com/Japan%20Earthquake%20Tsunami%20Poetry.htm

http://www.asahi.com/ajw/articles/AJ201804140021.html

 

 

 

Solet Scheeres. Oor tieners, gedigte en taalonderrig

Friday, January 17th, 2014

Gedig: Fanie Viljoen. Beeld: Nicolene Louw

 

My dogter en ek lê op die bed en ek lees vir haar gedigte. Ek lees Afrikaanse gedigte uit die mooi bundel: “Toulopers”

“Dis nogal sad, tipies tiener,” sê my kind.

Ons lees Emily Dickinson. Deesdae kan jy haar bundels gratis aflaai.

Series One:

VI.

If I can stop one heart from breaking,

I shall not live in vain;

If I can ease one life the aching,

Or cool one pain,

Or help one fainting robin

Unto his nest again,

I shall not live in vain.

“Dis ʼn bietjie soetsappig, dink jy nie?” sê my kind. Sy het, soos die meeste Nederlandse tieners, ’n oorwaardering vir die woord “stoer doen.”

Ek lees vir my dogter gedigte omdat haar skool onlangs besluit het om nie meer die digkuns-gedeelte in hulle Nederlandse taalonderrig te behandel nie. Ek loop nou al weke lank te koop met my teleurstelling in ’n sisteem waar ’n skool self  kan besluit of digkuns welkom is in die klaskamer of nie. My dogter se skool het blykbaar besluit Nederlandse taalonderrig moet meer fokus op sake soos die ekonomie.

“Wat lees jy dan as jy verlief is, of as jou hart gebreek het?” vra ek.

“Ek luister na musiek of kyk na goed op youtube,” sê sy.

“Dit is ook ’n vorm van digkuns.”

“Ja, maar nie so outyds nie.”

“Skryf jy soms liedjies of gedigte?” wil ek weet.

“Nee, joh, ben je gek geworden?”

Daar is nogal baie vrolike, “gek” gedigte vir oud en jonk in Nederlands. Klein bundeltjies vol kleur en lawwigheid wat die toestand van die mens op ’n aweregse manier bekyk. Een so ’n publikasie is: “het liefst wil ik een wonder, gedichten voor kinderen van 6 tot 106.” Dit word deur Plint uitgegee. Plint kombineer graag poësie en beeldende kuns in hulle publikasies.

Ons lees ’n gedig van Simon van der Geest:

 

Ik ben zo lenig door de warte

En zo warrig door de lente

Ben in de bladerbloesemwar

De kiezelende stralenwar

De gniechelende stikkewar

De stommestillestarenwar

Ik bloos me alle kleuren

Spruttel woorden uit mijn mond

Ze strikkelen mijn lippen over

Donker languit op de grond

Ik warrel en ik zwarrel maar

Ik krabbel wel een brief

Zo hardop zeggen lukt me niet

Ik vind je veel te lief

 

“Dit is grappig,” sê my dogter. Ons blaai verder en ek ontdek ’n gedig van een van my gunsteling Nederlandse digters, Tjitske Jansen:

Dichter: Tjitske Jansen. Beeld: Janpeter Muilwijk

 

Mevrouw Julia doet de ramen open

en ze weet geen woord voor de lucht die haar wangen aanraakt

en de zon heeft de kleur van honing

en ze weet

vandaag gaat het gebeuren

en ze denkt

maar eerst blijf ik nog even staan.

 

Ek prober my dogter se aandag nog ’n tydjie langer koop en lees vir haar uit Pat Donnez se bundel. Hotemetoten die volgende gedig:

 

Heb jij dat ook wel?

 

Heb jij dat ook wel

dat je denkt: verdorie,

mijn mama die kan zeuren.

Ik zou haar zo verscheuren

in duizend snippers van gekleurd papier

en ze laten vliegen, heel ver weg van hier.

Heb jij dat ook wel

dat je denkt: verrek,

mijn papa is een idioot.

Ik zet hem op een grote boot

voor een verre reis op de Stille Oceaan

of beter nog, hij krijgt een ticket naar de maan.

Maar dan denk je:

ach, ze zijn toch zo klein

doe wat water bij de wijn.

Heb jij dat ook wel?

Pat Donnez

My dogter lag. “Ek sal probeer om meer gedigte te lees,” sê sy, “maar dan moet jy ook ’n bietjie na goeters op YouTube kyk.” Sy plant ’n soen op my voorkop. “Jy is so snaaks, Ma.”

Een Nederlandse digter wat hom altyd met die jeug en digkuns bemoei het, was Willem Wilmink. “Ik las met de klas een heerlijk gedicht,” ’n reël uit Wilmink se gedig; “de bezielde leraar” is vanjaar die tema van die 100 jarige viering van die Vereniging Levende Talen.

Toen ik voor het eerst al die kinderen zag,

stond ik voor de klas met een vrolijke lach:

de septemberdag leek op een lentedag.

Ik las met de klas een heerlijk gedicht,

daar stond: ‘ik vin je zoo lief en zoo licht’ –

toen kreeg ik een propje in mijn gezicht.

‘Het is met de orde

dus nooit wat geworden.’

Ik las Anne Frank en ‘Het bittere kruid’

en ook het ontroerende eind van ‘Turks fruit’,

maar ze schreeuwden en tierden en lachten me uit.

Ik las Willem Elsschot: ‘Lijmen’ en ‘Tsjip’

en één of twee toonden heel veel begrip.

Toen kreeg ik een eikel tegen mijn lip.

‘Het is met de orde

dus nooit wat geworden.’

Toen heb ik beloofd: ‘Als er minder kabaal is,

als in dit lokaal de toestand normaal is,

dan heb ik hier: een gedicht van Vasalis!’

Ze hielden niet op, dus ik pakte mijn tas

en mompelend verliet ik de lastige klas

en toen koos ik een vak dat rustiger was.

Met mij gaat het goed. Met de kinderen niet:

voor hen geen Carmiggelt en geen Annie Schmidt,

zij moeten het doen met de pitamientjes

die de STER-reclame hun biedt.

Willem Wilmink

 

Of dit in 2014 slegter sal gaan as in die verlede, met die stand van poësie in Nederlandse skole, weet ek nie regtig nie. Op youtube gebeur daar in elk geval van alles en nog wat. Al wat ek weet is dat ek in die jaar wat voorlê sommer baie meer gedigte vir my dogter gaan lees en dalk self een of twee skryf.

Gedicht: Bies van Ede. Beeld: Merijn Bolink

Taal

 

Hoe zwaar is taal, wat weegt een woord?

‘Wilt u het halfom of mager?’

‘Mag’t ietsje meer zijn?’vraagt de slager,

‘Aan een stukje, of in plakjes?’

 

De groenteboer denkt even na.

‘Geschrapt?’ vraagt hij, ‘of liefst panklaar?

Het zit afgepast in zakjes,

hoeveel wilt u? Zeg het maar.’

 

De krantenjongen op zijn fiets

zegt: ‘Maandag weegt taal bijna niets,

maar de weekendbijlagen,

dan is de taal haast niet te dragen.’

 

Wat weeg een woord, hoe zwaar is taal?

‘Ik weet het niet,’ verzucht de dichter

‘maar als mijn gedicht gemaakt is

Voel ik mij wel stukken lichter.’

Bies van Ede

 

Bronne:

Loomis Todd, M & Higginson, T.W       Poems by Emily Dickinson, Series One           A publication Domain Book

Donnez,P         2008     Hotemetoten. Gedichten voor kinderen en andere grote mensen            Uitgeverij De Arbeiderspers: Amsterdam       ISBN 9789029566384

Graus, J red.    2013     Ik las met de klas een heerlijk gedicht. Honderd jaargangen Levende talen         VLLT: Utrecht            ISBN 9789082158205

Jacobs,J red.   2011     Toulopers. Verse vir Tieners.     LAPA Uitgewers:Pretoria ISBN 9780799349627

 

Emily Dickinson – vertaling in Afrikaans

Thursday, November 19th, 2009

Emily Dickinson – vertaal deur Lina Spies & D.J. Opperman

 

 

‘n Ruiker vir Emily

Emily Dickinson

  

I

Voorneme

  

Sê nou ek sê: ek sal nie wag?

sê nou ek sê: ek breek vandag

nog uit dié liggaam wat my hou

ontvlug, my lief, bevry na jou?

 

O, ek sal als vergeet van leed

wat somers was aan my en sweet

en winters was en kou.

  

II

Verlangliedjie

  

As jy weer in die herfs sal kom

dan word die somer vaal

en kan ek uit my hart se klop

net dié verwagting haal:

 

geen vreugde oor die groen en blou

want als wat bloei en als wat sing

word in dié jubeltyd gering

voor daardie koms van jou.

 

En as jy dan nog talm

word ek die een wat sweef

om oor seisoene in die son

so ligweg by jou uit te kom:

 

Ek sal ’n flikkerstoffie

jou oë dol rinkink

dan word jy van die liefde

soos ek uiteindelik blind.

 

Maar ek bly tog van vlees en bloed

en tel met kinderryme

my vingers dat hul pyn –

“Eina Deina Dana Das” –

wanneer hou jy my vas?

   

III

Versoek

  

Vang in ’n bokaal

die son as hy in die Weste daal.

Klink op die môre ’n heildronk

dat oor die kranse amber en rooi

die dagbreek ontdooi.

Sê my: wie weef die blou

soms so skugter, so sag

dat in my arms die sfere oornag?

 

Tel noot vir noot die tremolo

as in verbaasde takke

Piet-my-vrou weer wysie hou.

En die lighoofdige by,

hoeveel snapsies drink hy

van die môre se dou?

 

Wie het my Boland-huis gebou,

die gewels so hoog, die luike so dig,

net die berge my sig?

Wie laat my watter feesdag

uit hierdie skoonheid, uit hierdie sel?

 

Wie ryg die krale van die stalagmiet,

wie tel die drup-drup van my verdriet?

 

Skryf, sê, vertel –

stuur jou woorde, jou liefde

in die koker van die lugtige libel.

  

 

IV

In die skaduwees

 

 Ek het die Piet-my-vrou gevrees,

gehoop my ore suis

maar dig-te-by hoor ek hom aan

nou byna al bedees.

 

Sy vreugderoep het ek gedink

sal soos ’n mes kan sny:

daarna sou nooit ’n jubelnoot

my weer kon hartseer kry.

 

Die affodille is ’n gloed,

’n kleed so vreemd aan my:

ek wou dat hulle knoppies

vir altyd toe kon bly.

 

Ek het gewens die gras groei ruig

oornag tot bo my hoof

dat met sagte halms

hul laag oor my sou buig.

 

Maar ek die wegkruipmeisie

is oog nog oor gespaar:

nie een wat hierdie voorjaar

om my ontwil versuim –

 

voorwaar, hul’t almal opgedaag

om met hul dom luidrugtigheid

ook my te kom behaag.

  

 

V

  

Straal daar weer oor my ’n môre,

breek ooit weer vir my die dag?

As ek hoog was soos die berge,

sou ek rustig daarop wag?

 

Gaan dit op ’n vreemde vywer

soos ’n waterlelie oop?

Kan ek oor die donker kolke

veilig na die rooidag loop?

 

Ek is ’n verdwaalde pelgrim,

gryp my, Here, as ek sink!

Wys met ’n bedaarde vinger

waar die môre na my wink.

  

 

VI

  

Daag die voorjaarsangers op

en ek leef nie meer,

sal jy jou vergewis

dat op die grasperk

daar vir die lyster

iets te ete is?

 

Breek tot my gedagtenis

krummels vir die outjie van olyf

en weet hoe deur bevrore lippe

ek my dankie wryf.

  

 

VII

  

Hart, ons sal hom vergeet,

jy en ek vannag!

Sy warmte sal ek vergeet,

vergeet jy sy lig en lag.

 

Vermaan my as jy klaar is

voor blink gedagtes kom:

Haas jou, hart, wat draal jy?

Netnou onthou ek hom!

  

 

VIII

Die antwoord

  

In die hemel se klaskamer

sal ek eendag als verstaan

as ek voor die Meester staan.

 

Met salwing vir die seerste plek

 – soos Hy in sy Woord beloof –

sal Hy die angel uit my trek,

elke pyn vir goed verdoof.

 

Ek sal elke smart vergeet

waarvoor ek geen rede weet,

met my aarselende hand

eindelik vasgryp aan sy kleed.

  

 

IX

Diens

  

Ek hou die sabbat deur tuis te bly;

ander woon ’n kerkdiens by.

Dis ’n boomgaard wat my koepel bou,

een koorlid is ’n Piet-my-vrou.

 

Geen predikant wat my verveel:

ek hoor alleen dié soet gekweel.

Geen koster lui sy somber klok:

ek’s ’n pelgrim sonder Sondagrok.

 

God – die Meesterdominee –

voer in my kerk die woord

en ek – hemelsgelukkig –

luister ongestoord.

  

 

X

Vliegvermoë

  

Vaagweg bevoeg om te kan vlieg,

versmaai ek my kledy:

uit knel en knyp van my kokon

kan vlerke my bevry.

 

’n Swiep van silwer, sweem van blou –

ek snak na wolk en lug!

Die hemel is bedag op my

wat fronsende sy skitter lees.

 

Om te kan sweef, is vlinderkrag

maar ek bly onbeholpe haak

en stotter as die seine doof

vir digterlike spraak.

 

  *

 

Om ‘n Karoo te skep het jy
‘n vygie nodig en een by,
een vygie en ‘n by
en mymery;
is bye skaars
dan net die mymery.

(Vertaal deur D.J. Opperman, & opgeneem in: Lina Spies, Die Enkel Taak, HAUM-Literêr).