Posts Tagged ‘Facebook’

Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 1)

Wednesday, July 1st, 2015

En skielik was daar Facebook.

Noem dit wat jy wil: Bakkiesboek, Vleesbroek (vir dié wat meer as net kuise selfies neem) of Feesboek (waarop jy pronkend die hoeveelste Springbokkie en Jägertjie down: zefste onsie óóit. Tot die volgende happy snappy saam met jou “besties”). Dis ’n netwerk waar jy vinniger as wat jy “Steve Hofmeyr” kan sê, ’n missing-pic van Hannibal, jou geliefde Rottweiler, kan share wat om donderswil al wéér uit die erf ontsnap het. Sy missing-pic laat Breaking Bad na ’n geflopte Romanza lyk.

Nie ’n idee wat om vir aandete aanmekaar te slaan nie? Facebook jou vriende. Tjop-tjop sal skakels op jou fb-muur verskyn van virtuele resepteboeke. Iemand mag selfs hul Ouma Baby se flatervrye pof-omelet met jou deel. Kry jy angsaanvalle oor die reiskoste van jou voorgenome Engeland-toer? Vra jou fb-vriende in Clacton of jy nie vir ’n paar dae by hulle kan gaan ‘doss down’ nie. Jy kan dieselfde guns aan hulle bewys wanneer hulle eendag jóú dorp aan die gatkant van die aardbol besoek.

Alleen en gatvol? Facebook is goedkoper as ’n dating website. Dit skakel outomaties BA-Manvang en studieskuld uit.

Ook kan jy herenig met jou nefies wat jy dertig jaar laas gesien het… in jou tannie se bad. Toe had Suid-Afrikaners nog ’n werklikheidsbegrip van waterbesparing: ten minste vyf junior familielede kon saam in ’n skuimbad geskrop word. Nou hoop jy maar niemand tag jou in hierdie Shipmate-oomblik uit 1980 nie. En ja, om nie te praat van ou skoolfoto’s wat uit Danté se bevrore hel opgediep word nie. Jou uni-brow was dalk tóé ‘n juweel. So ook die kuif, so styf gespuit soos ’n meringue se sagtepuntstadium…

Kôk-kôk: politieke kapokhaantjies en -hennetjies; daar is ’n eindelose gepik in die fb-hoenderhok (deurspek van tirades vol spelfoute). Selfs girl with cake word nou van politieke agendas beskuldig omdat sy koeke bak en aan haweloses uitdeel.

Tóg.

Vanuit ’n Boeddhistiese oogpunt sou ’n mens Facebook as ’n aangrypende moderne metafoor van Interkonneksie (Interconnectedness) en Indra se Net kon beskou. In die konteks van ons tegno-era is laasgenoemde ’n skitterende voorbeeld van hoe die World Wide Web se permutasies prakties manifesteer.

Indra se Net funksioneer as sentrale metafoor in die Boeddhistiese literatuur wanneer Interkonneksie onder die loep geneem word en verwys terug na die oorspronklike Hindoe kosmologie (vandaar die konneksie met die gode). Dit kan verder nagespoor word in die Avatamsaka Sutra (derde eeu voor die huidige jaartelling (VHJ)).

Vervolgens kan hierdie metafoor kortliks opgesom word as:

In the heavenly abode of the great god Indra is a wondrous net that has a light-reflecting jewel at each of the infinite intersections of its thread. Each jewel exists only as a reflection of all the others, and hence has no self-nature (Jones 2003:16).

Stel jou dus voor: ’n net wat tot in die oneindigheid strek, met biljoene der biljoene skitterende juwele. Elke sentient being word deur hierdie web verbind: “Indra’s Net symbolizes a cosmos in which there is an infinitely repeated interrelationship among all the members of the cosmos” (Cook 1981:2). Die idee wat by meeste van ons ingeprent is van kindsbeen af, dat elke individu as ’n afsonderlike entiteit funksioneer, is dus, vanuit die metaforiek van Indra se Net, slegs ’n illusie.

Gedagtig aan bogenoemde formulering van Indra se Net, is facebook natuurlik nie net die hoenderhok-drama wat dit soms kan wees nie. ’n Praktiese voorbeeld van hoe facebook Indra se Net illustreer, is wat ek “die Groot Poësiebrander” noem.

Konteks: facebook het van tyd tot tyd sogenaamde nominasies/uitnodigings waarin jy jou vriende kan uitdaag en tag. Gewoonlik vind ek hierdie nominasies pure snert en ’n totale mors van tyd en energie (alhoewel die intensie daaragter sekerlik goed bedoel is). ’n Voorbeeld hiervan: ek is getag om ’n no make-up selfie te neem en op fb te plaas as my profielfoto, ter onderskraging van borskankerpasiënte. Die idee is dan dat jy terselfdertyd nog vriende tag/nomineer om dieselfde te doen (ek neem aan slegs vrouens óf dan miskien mans wat gewoonlik grimering dra?).

Ek het gevind dat die hele kettingreaksie dalk vir party mense gewerk het, maar dat, na ’n dag of wat niemand daadwerklik iets vir borskankerpasiënte deur hul no make-up selfies gedoen het nie. Geen pasiënt, sover ek weet, het na vore gekom en gesê dat dit hulle daadwerklik beter laat voel of genees het nie. Hoekom dan nie maar iemand met borskanker ondersteun deur kos te neem vir die gesin wanneer sy in die hospitaal is of van jou hare laat afsny en skenk vir ’n pruik nie? Of begin ’n fb-blad ter ondersteuning van ’n pasiënt? Ongelukkig ontaard uitdagings soos hierdie soms in ’n ongeduldige, voorskriftelike vingerswaaiery, ’n bietjie soos die uitdagende en dweepsieke “If you love Jesus, share this message on your wall”. Betrek slegs mense wat werklik van ’n spesifieke uitdaging sal hou.

Ewenwel.

Soms kom daar tog ’n tag/uitnodiging op jou fb-pad wat ’n wesentlike verskil maak. Annette Snyckers, een van my fb-vriende, vryskut-vertaler (Engels, Duits en Frans) en skilder, nooi my uit om vir vier dae elke dag ’n gedig of ’n bepeinsing oor die digkuns op facebook te deel en dan terselfdertyd ook vier ander vriende elke dag te nomineer.

Ek skryf die volgende op my status update na Annette se uitnodiging:

“Gewoonlik “doen” ek nie nominasies op fb nie. Ek het nie die oudste foto “gedoen” wat ek op fb gehad het of een of ander gedwonge besigheid wat almal skielik voel hulle moes doen nie. Maar Annette Snyckers het ‘n uitnodiging aan my gerig wat my na aan die hart lê: poësie. Om elke dag, vir vier dae ‘n gedig of iets oor poësie (aanhaling, ens) met almal te deel. Nou dís ‘n uitdaging wat ek met ope arms verwelkom. Ek nomineer ‘n paar fb-vriende wat ek weet ‘n spesifieke liefde vir poësie koester. Maar, asseblief, daar is geen verwagting dat enige iemand dit ”moet” doen nie. No pressure. As jy egter lus voel om vir vier dae elke dag ‘n gunsteling gedig op jou status wil pos of iets wat jy oor poësie gelees het wat jou geïntrigeer het, of selfs een van jou eie gedigte, nomineer ook vier ander mense, as jy wil, om dieselfde te doen. Ek nomineer vir Charl Cilliers, Ilisna Nel, Melanie Grobler, Marlise Joubert, Marie Bredenkamp, Lieze Stassen, Con Robinson, Tessa Muller, Nini Bennett, Nicolette van der Walt, René Bohnen, Ester de Beer en Fanie Marais“.

Die eerste gedig wat ek as deel van die uitdaging plaas, is Mark Strand se “Lines for winter”, wat Strand aan Ros Krauss opgedra het (Selected Poems:1979):

Tell yourself

as it gets cold and gray falls from the air

that you will go on

walking, hearing

the same tune no matter where

you find yourself –

inside the dome of dark

or under the cracking white

of the moon’s gaze in a valley of snow.

Tonight as it gets cold

tell yourself

what you know which is nothing

but the tune your bones play

as you keep going. And you will be able

for once to lie down under the small fire

of winter stars.

And if it happens that you cannot

go on or turn back

and you find yourself

where you will be at the end,

tell yourself

in that final flowing of cold through your limbs

that you love what you are.

Annette se gedigte kom dus eerste aan die beurt omdat sy my ‘genesis’ was. Ook plaas ek slegs gedigte van mense wat ek DIREK genomineer het. ’n Paar van die nominasies kon egter nie deelneem nie weens persoonlike en/of werksverpligtinge of die feit dat hulle nie baie tyd op facebook spandeer nie. Ek het hulle tags dus uitgelaat vir Versindaba om niemand in ’n moeilike posisie te plaas nie. Die blogs sou ook te uitgesponne  raak as ek vier gedigte van elke deelnemer geplaas het. Ek het my bes gedoen om deur al die gedigte te werk, maar kon onmoontlik nie ieder en elk gaan opsoek en met die oorspronklike vergelyk nie. Daar mag dus ’n paar foute ingesluip het betreffende versreëls, ens. Soms het mense die datum of digbundel en selfs bladsynommer aangedui, soms nie. Ek het dit meestal net so gelos, weereens omdat dit maande sou kon duur om elke bundel, bladsynommer en datum van publikasie te gaan opsoek. Baie mense het ook van die internet af gewerk en ken ook nie die besonderhede nie. Die gedigte en hul bundels wat as deel van hierdie uitdaging aangehaal word, verskyn dus nie in die bibliografie nie.

Annette is deur Christine Muller Coates genomineer (sy het onder andere Mary Oliver se “Wild Geese” aangehaal. Christine is ook betrokke by vanjaar se McGregor Poetry Festival in Augustus); Annette se eerste keuse vir Dag 1 is “Introduction to Poetry” deur Billy Collins:

I ask them to take a poem
and hold it up to the light
like a color slide

or press an ear against its hive.

I say drop a mouse into a poem
and watch him probe his way out,

or walk inside the poem’s room
and feel the walls for a light switch.

I want them to water-ski
across the surface of a poem
waving at the author’s name on the shore.

But all they want to do
is tie the poem to a chair with rope
and torture a confession out of it.

They begin beating it with a hose
to find out what it really means.

Dag 2: Finuala Dowling se “An initiative to increase the numbers of male readers”:

We do love men with charming looks
but send us more who have read books.

We ogle men who’re built like champs
but send us more with reading lamps.

We still like men who make us passes
but send in more with reading glasses.

We’ll race with men in racy cars
if they have valid library cards.

Please, please, goddess, before it’s bed
send in men who have read
hardbacks.

 Vir Dag 3 kies Annette die volgende aanhaling uit Breyten Breytenbach se Intimate Stranger:

Poetry is a love. Of what? Of the discovery and the celebration of words, things, feelings, ideas, undigested memories, insights, other people, yourself, other selves, mystery, sense, eternity, other eternities, nonsense, nothingness, the whales and the foam and the shadow of the grass on the mountain, the bones of the dog buried in the garden. Of love itself. And it is an engagement with all of the above. It is a love-act.
Poetry is a love of that art of making which will take you away from self-indulgence — for even as you fashion it, it takes on a life of its own.

Op Dag 4 plaas Annette gedeeltes van Antjie Krog se “die laning”.

die laning

die laning is ‘n ruggraat
die laning rig homself teen die heuwel op
die laning geur diep in panele terpentyn en denne, honderoos, moerbei
in digte potblou seders
van ver af dink sy
o, hoe blou is die groen
hoe olyf die pers
hoe roerloos die sipresse
en dig hulle mantels as die donderweer rammel
en die aarde antwoord soos iets vrygelaat en diep ontroer
[…]
die laning skitter soos ‘n held
die laning klim glanssilwerend die heuwel uit
die laning behou homself in panele van iep, van eik, bokdoring en berk
hoe timmer die merel
hoe glip die uil se beitelklankies
hoe snipper die vinkies soggens geluide van koelte en dou
hoe ritsel koringgeel oortjies hoe geur die besembos
hoe blom melkdistels en sigorei blou skoelappers van hulle stingels los
[…]

Melanie Grobler, bekende Afrikaanse digter, deel een van haar eie gedigte, genaamd  “Die Argonauts”:

Soos Atlas buk onder die juk van die wêreld
leun hul teen die reuse roeispane

die verrotte spane merk wel die plek
op die wit strand waar hul nou soos die gode rus

hul laaste asem buig om die platane
teen ’n winderige berg se hang.

Nini Bennett, digter, kies die volgende vir haar Dag 1:

Nothing erases the immoral act. Not forgiveness. Not confession. And even if the act could be forgiven, no one could bear the responsibility of forgiveness on behalf of the dead. No act of violence is ever resolved when the one who can forgive can no longer speak; there is only silence. ― Anne Michaels

vader Andrei vertel

 

soms as ek die mis bedien en ek onthou die dinge

wat ek in die oorlog gedoen het toe ek ’n soldaat

was, dan begin ek huil. die mense dink ek huil

oor god maar ek huil oor myself, ek huil myself skoon

op      miskien huil god in my          in my huil god       oor als

wat ek gedoen het in die oorlog toe ek nog soldaat was

in nikos se leër    dan kan ek nie ’n woord vind

om te sê nie    hulle, die armsaliges, wat hiernatoe

gekom het om die mis te vind, hoor dat daar nie gepraat

word nie     die mis misluk vandag         god huil verlate

en alleen tussen die spierwit tafeldoeke en stukkies

witbrood heen     sy trane vlek die brood

en heeltemal ontwy huil hy soos vader andrei,

troosteloos

Petra Müller (Om die gedagte van geel:102).

 

Op Dag 2 deel Nini toe Dolf van Niekerk se gedig 7 uit Nag op ’n kaal plein (2006) en op Dag 3 skryf sy:

Gisela, met jou liefde vir sneeu en gedigte wat oor sneeu handel, plaas ek graag dié bekende gunsteling van Tomas Tranströmer”.

Sick of those who come with words, words but no language,
I make my way to the snow-covered island.

Wilderness has no words. The unwritten pages
stretch out in all directions.

I come across this line of deer-slots in the snow: a language,
language without words.

– soos vertaal uit die Sweeds deur Robert Robinson

Vir Dag 4 haal Nini ’n gedig aan uit Tom Gouws se bundel, Stigmata (72-73).

Fanie Marais, wat aan die hoof van Cordis-Trust staan, deel op sy eerste dag die volgende gedig van Mardene Marais, sy dogter wat op die ouderdom van 21 oorlede is en aan die destydse RAU studeer het:

KUNSMUSEUM

ek kuns deur die museum
en bondel die kleure tot diep binne my
my oë verf oor die skilderye
en ekspressionisties word ek deel daarvan
my hele bestaan ry wipplank
en bedwelmd kan ek nie genoeg kry nie
ek raam my gedagtes
en vernis dit vir nou
môre
en die oormôres in my drome.

Dag 2:

Herinnering


Onthou hierdie nag, môre reeds “laas nag”,

oor ’n week, ’n jaar, ’n lewe: ’n nag

vuurwit van verspreide mane agter reën

en in die dor hout van ranke naby my ruit

die winter en die wind. ­- Wees alleen

vir hierdie nag in tye wat kom: wag

ongemerk en praat, praat want nagte

sonder teken sal kom. O sal dit anders wees

en my oë in die donker slaap, ek nie weer skrik

vir ’n hewige wit, ’n geruis en geen vlees

in my vlees die vatbare engel onthul?

O brand in my in, nag,

want ’n dowwer lig moet kom met die dag

en uit die koue spieël dieselfde vertroude totaal,

maar soek góú wat is nuut en behou, vóór

die onverloorbare lyfwag jou weer inhaal.

            -Sheila Cussons  (Omtoorvuur:1982)

Dag 3 se gedig lui soos volg:

Trombose

 

Mens weet nie aldag wie om te beween:

die kind en jongeling is lankal heen,

die deftige, bedaarde heer is moeg

van jarelange sorge en geswoeg,

van drome in kolomme dwing, les bes

tot sterwens toe versadig van sukses.

Al was sy loopbaan ingestel

op snel besluite neem en ewe snel

ten uitvoer bring, het hy nooit onbesuis

of teatraal gehandel – waarom juis

vanmiddag met so ’n onbesonne haas

sy personeel en vriendekring verbaas?

Asof die Akte van die Maatskappy

hom onbeperkte volmag skenk het hy

(sonder beraad met mededirekteur)

sy nuwe stap nie eens genotuleer,

versuim om sy verpligtinge te oorweeg,

kontrakbreuk sonder blik of bloos gepleeg,

geen boodskap op die diktafoon gelaat

geen jaarverslag en geen finansiestaat,

niks om die aandeelhouers mee te paai.

Nou moet die rekenmeester alles raai

want hoe beraam mens skade en profyt

as syfers saamvloei voor die boekjaar sluit?

(Hy’t selfs nie aan sy tikster of sy vrou

verduideliking of opdrag toevertrou

voor hy met bondige gebaar die Dood

van konkurrent verhef het tot vennoot.)

– Elisabeth Eybers (Die helder halfjaar:1955)

Dag 4:

 

’n mens moet

 

’n mens moet éénkeer in jou lewe

’n droom vér-vér gaan haal

’n put uitgrawe

totdat die water oor jou lippe spoel

’n boom klim

sonder vrees vir hoogte

of dat die takke sal knars en breek

totdat jy die wind tussen blare voel

’n mens moet eenkeer baldadig wees

langs die see gaan staan

jou verbeel dit is Hermanus

en dat jy ’n walvis of ’n digter is

wat die wêreld in verdoeseling

met jou woorde

skoon kan vee

’n mens móét eenkeer

’n vreemde skare

kan binneloop

alleen op die trap gaan staan

en onbevrees verklaar

dat die arena jou nie ontsenu

dat jy die kake van leeus

oop kan breek

dat jy nie bang is vir dolke in die rug

en op vuur sal loop

as dit moet

’n mens moet eenkeer

kan spring waar jy nie sien

jou oë en lippe sluit

en in die stilte wag

om te hóór

of ander jou

met hul woorde of hande

in selfloosheid kan dien

’n mens moet eenkeer

op jou knieë gaan

en onbeskroomd

in skamelwoorde stil verklaar

dat jy verkeerd was

sodat jy eenkeer

kan vergifnis vra

– ©Marie Bredenkamp


Kry jou branderplank solank gereed vir Deel 2 van Versindaba se Groot Poësiebrander

Bibliografie

Cook, F.H. 1981. Hua-Yen Buddhism: The Jewel Net of Indra. University Park, PA: Pennsylvania State University Press.

Jones, K. 2003. The New Soacial Face of Buddhism: A Call to Action. Somerville, MA: Wisdom.

Hannalie Taute. In gesprek met Sjaka S. Septembir

Tuesday, April 16th, 2013

gesigverf vir speelse projek: Facepaint Fridays on Facebook

 

(in gesprek met Hannalie en haar rooi/blou diagonalestreep masker)

 

vasbeslote gedagtes sit diep in die kristal van jou oë

waar lewe

beweeg

 

wynrooi en ligblou braaksel-lyne

oor die voordeur van jou gesig

waar kinders geheues los torring

in die saamheg van wang, na neus,

na oogbank

tot die gelaat saam in een familie geheg is

 

binne haar het die nuwe vlamwater gesig

‘n wilde ding losgeruk

‘n nuwe volkslied

wat uit haar begin vuur spu

 

die plekke in haar lyf

van glas, het versplinter en gesmelt

na beweeglike krete

die man met die bok-oë

het in haar geslag begin koffie drink

 

gemasker, met moed se kitaar styf gebloudraad

het sy haar nuwe krygerswysie

na die winkelsentrum begelei

daar gestop met haar gedagtes vry geruk van alle kruise

 

toe skep sy weer asem

lê haar terugblik in die spieël, op haar tong

besef weer wie sy is en

lek haarself skoon

 

oor haar skouer bly die lyne wink

bly nuwe wêrelde haar wese weg van hieraf bind

na waarhede

wat sy eendag volkome sal vind

 

(deels ontlont deur Breytenbach se ‘reispapier’ #5, bl 74, Die Windvanger)

 

 

*foto: self

*teks: Sjaka S. Septembir

Astrid Lampe. klein en ritselend

Thursday, May 12th, 2011

Leuk tooltje zeg ik voortaan wanneer het weer eens over Facebook gaat. Houd het vooral low profile. Ik verklap lekker niet dat dit nieuwe speeltje me dominant in statussen en strategieën heeft leren denken Legertruck, lastwagen. rammelbak. En dat ik de naschokken van het duimpje omhoog nog druk zit te verwerken. Praalwagen, pantservoertuig, snelle golf. Wel levendig, al dat dataverkeer.

Je vindt dit leuk.

Hier moet je zijn, hier gebeurt het: de startpagina! Met een muisklik had ik toegang tot de digitale Facebook snelweg. Al je collega’s zitten erop, er zou een wereld voor me opengaan. Ik dacht zo krampachtig zie mij hier staan, dat ik vergat te kijken. De meeste tijd had ik besteed aan functies lamleggen en nog ging het mij veel te snel. Het was net ritsen zonder rijbewijs. Mijn zoon toerde op zijn eerste gehuurde scooter door Bangkok maar mijn smalle profiel bood me amper een vluchtstrook. Met het zweet in mijn handen, dropte ik mijn eerste status. Die had natuurlijk moeten zijn.

Astrid Lampe

Me blootsellen aan dit medium, bleef lang hangen op de uitdaging want een uitstraling had het niet. Bijkomen van een jetlag. Niet vergeten te klokken. En dan met z’n allen geplakt op de koffieautomaat in de nieuwste megavestiging van een westers callcenter in Bombay, wat social talk ‘bezigen’. Zo iets. Eindeloos PR- end, ja. Druk lobbyend, netwerkend, multitaskend.

Een voordeel was, dat ik in mijn totale verbijstering als een gek een soort antiserum begon aan te maken. Een antiserum in de vorm van niet mis te verstane FB metaforen. Ik wilde het vieze ding van gistende pulp (slak, lintworm, worst) maar wat graag  een naam geven. Puur voor de vorm een functie toekennen. Om zo het hele spulletje niet tegen maar voor me te laten werken. De sliert was groeiende en in beweging. Zoveel was helder. Transformeren, ook hier, het toverwoord?

Als een gek metaforen! Legaal of illegaal, die vrolijke FB vriendenzoeker hield er stevige abortuspraktijken op na. Zonder mijn toestemming had ie binnen de korste keren mijn PC aan een dieptescan onderworpen. Met een spontane afdrijving tot gevolg. Die grijze feut met tig koppen? Dat hallo Astrid uit één mond. Nou en of ik die kende.

Hoe kon dat drie keer niks, me zo onrustig maken.

Ontzetting dreef me. Aanbellen hoeft niet, bij de meeste FB’rs kon ik zo doorlopen, de hele fotogalerij niets te verbergen, tot in de slaapkamer. Ik bleef me verbazen. Zo open en bloot en toch zo, ostentatief niét thuis. Offline scrollde ik verdoofd door de eigen mij zo dierbare foto’s. Die me de rouw, ja nu dubbel (eigen schuld dikke bult) deden voelen. (Elke foto een film, elk geliefd trekje een track. Eindeloos, de hele film…zo gehecht zo gehecht.) Het gegroeid aantal mapjes met brandende data, voorgoed nu verleden. Automatisch opgeslagen als: naamloze gebeurtenis. Koud op mijn dak viel dat. Niet wegstoppen niet uitvlakken de rouw.

Naamloze gebeurtenis. Kon het contrast groter. Misschien had mijn weerzin tegen FB pretparkfotoshotjes wel helemaal niks met moraal, met integriteit, intimiteit, naïviteit, trots, respect of waardigheid te maken. Maar alles met de troost die ik zocht bij de wereld draait door. Ik klikte nu wat vaker door en mijn benauwde FB vluchtstrook had al iets van een beheersbare tuin, een baan sterk gras. Ik waagde me steeds argelozer op de invoegstrook. Ik plaatste wat hekken en ik wipte al wat brutaler aan bij de anderen. Om te zien hoe zij het luchtig houden. We zijn makers, dacht ik, prutsend met de snelle tools. Een skill erbij.

Misschien weigerden mijn nieuwe FB vrienden, net als ik, hun onschuld ooit voorgoed te verliezen. Vooral, losjes wat oefenen in plaatjes en zinnen. Hup, weer een status, trial and error, al doende leer je, Lampe. Transformeren,  het grauw met de rouw omzetten, liefde met zuurstof versleutelen. Makers denken graag in beelden en zinnen. (Ideetje, formats en concepten.)

Het wordt al lichter.

Ik hoef mezelf geen moed meer in te spreken met de Arabische Lente. (Dat Facebook en Twitter de mensen verbindt. Sterkt in hun verzet.) Heeft iedere revolutie, hoe klein, hoe ritselend ook, niet juist iets heel dwaas.

Marius Swart. Die ding van drie kolletjies

Tuesday, August 3rd, 2010

Ek is onlangs voldoende opgerui deur beloofde loopbaanmoontlikhede in die Oosblok om ‘n stukkie navorsing in Nederlands te doen. Die onderwerp van my navorsing? Daardie rare simbool van ontreddering, beproewing of blatante aandagsoekery, die beletselteken. Volgens een van my gunstelingbronne, die webblad van Jager & Neyndorff (Google dit), het die beletselteken ‘n heel nederige fisiese voorkoms. Dit bestaan naamlik uit “drie puntjes”. Goed, hoor.

Dan het dié drie puntjies ook wel ‘n aantal funksies. Die een wat vir my doeleindes heel érg toepaslik is, is die volgende: die beletselteken dien “als teken dat de lezer zelf iets moet aanvullen”. Daar is ook nuttige riglyne vir of daar ‘n spasie voor die beletselteken kom, of slegs daarna.

‘n Tot nog toe betreklik onondersoekte arena waarin hierdie aspek van die krag en veelsydigheid van die beletselteken figureer en sigself toon, is op die nederige vlak van daardie lewensbelangrike stukkie korrespondensie waarvoor die skares daagliks onder andere die selfoon opneem: die Facebook-status update. Op hierdie forum word die beletselteken byvoorbeeld heel dikwels gebruik om afwagting te skep of aan te dui. Vergelyk: “Ek kan nie wag nie…”. Die leser kan hier viervoetig in die strik trap met daardie klinkklare, dog verwagte, antwoord: “waarvoor?” (op enige wyse gespel), terwyl dieselfde niksseggende stelling ewe min sou beteken, maar ten minste afgehandel sou gewees het, met ‘n punt.

Ook kan die beletselteken op Facebook skynbaar dui op onderdrukte irritasie: “Môre is die dag…”. Nogeens die antwoord: “waarvoor?” of (met skeiding) “vir wat?”, ensovoorts.

Die algemeenste funksie waarvoor ons drie puntjies gebruik word, is egter die skaamtelose soek van simpatie, meelewing, of aandag oor die algemeen. Hieronder ressorteer ‘n magdom voorbeelde, waaruit enkeles ter illustrasie vermeld word. Vergelyk byvoorbeeld: “Rowwe dag…” of “Nie al weer nie…” of “Ek leer ook nooit nie…”. Hierop kom die raarste reaksies. Dinge soos “Ai, vriendin, ons gedagtes is by julle…” of “Sterkte, man…”, ensovoorts.

Met alle respek gesê, hoesê? Wat gaan aan met hierdie mense? Van wanneer af is dit in die mode
om so blatant aandag te soek? Nee, man. Siesa. Of is dit om jou interessanter te laat klink as wat jy regtig is? Vergelyk die volgende drie voorbeelde: “Al weer geswig…”, “Al weer geswig.” en “Al weer geswig!”. Hierop kan, onderskeidelik, gereageer word met “Ai vriendin, ons is nog lief vir jou!”, “Nice.” en “Awesome, man, was sy hot?”. Die moontlikhede wat die drie puntjies ontsluit, is letterlik eindeloos. Die feit dat dit so klakkeloos gebruik word om ‘n reaksie uit te lok wat aan jou herbevestig dat daar iemand is wat (a) die goed wat jy sê, lees en (b) omgee, is betreurenswaardig en meestal ook taamlik irriterend.

Net een punt, indien enige. Asseblief. Dankie. Amen.

My persoonlike voorkeurantwoord op ‘n bebeletseltekende pennevruggie? Ek kry my inspirasie uit ‘n videogreep wat ek onlangs gesien het oor die stiksienigheid wat die massas oorval as dit by Apple-produkte kom:

Pippie Langkous al weer geswig…
Marius Swart I don’t care.