Posts Tagged ‘Harry Mulisch’

Carina van der Walt. ‘n Gloeiende lykdig vir Harry Mulisch

Tuesday, November 16th, 2010

Ramsey Nasr, Dichter des Vaderlands, se lykdig vir Harry Mulisch

 

Harry Mulisch

Harry Mulisch

Op 30 Oktober is een van die grootste skrywers van Nederland in Amsterdam oorlede. Harry Mulisch. Na baie huldeblyke in die daaropvolgende week is ‘n gedig van Ramsey Nasr tydens ‘n private afskeidseremonie voorgedra in die Amsterdamse Stadskouburg. Met hierdie gedig dra Nasr by tot die mitologisering van Mulisch. Dit is ‘n taak so reg in die kraal van ‘n vaderlandsdigter, alhoewel die Nederlandse samelewing en selfs Mulisch hier nie ontsnap aan Nasr se skerp kritiese blik nie.    

Die titel van Nasr se gedig is In memoriam Mei. Aanvanklik is dit raaiselagtig. Dan besef die leser dit verwys na die uitbreek en einde van die Tweede Wêreldoorlog in Nederland (10 Mei 1940 tot 5 Mei 1945). Die aanleiding vir die titel was waarskynlik ook die volgende uitspraak van Mulisch, wat telkemale herhaal is na sy dood: “Ik ben de tweede wereldoorlog.” Hy het dit gesê na aanleiding van sy Duits-Joodse agtergrond en al die implikasies wat dit vir sy eie lewe gehad net.

Die gedig sluit visueel aan by een van die NOS Joernaal-uitsendinge na sy dood. Die nuus het geopen met ‘n swart-wit foto van Mulisch tussen twee vuurspuwende vulkane. Die Nederlandse media het veral in die verlede gefokus op Mulisch se arrogante houding en selfverheerliking. Uit sy sêgoed was dit dan ook logies om so-iets af te lei, byvoorbeeld: “eers was daar die oerknal, toe die geboorte van Jesus Christus en toe De aanslag.” Volgens Joost Zwagerman het so ‘n uitspraak egter altyd gepaard gegaan met ‘n gesonde dosis self ironie. Mulisch het Zwagerman in Februarie 2010 benoem tot sy kroonprins – ‘n kroonprins wat Mulisch as 16-jarige begin lees het en elke keer verras was deur die variasie in sy styl. Daartoe was Reve en Hermans nie in staat by die jonge Zwagerman nie. Hulle is die ander twee skrywers wat saam met Mulisch bekend staan as die Groot Drie van die Nederlandse letterkunde.

Ramsey Nasr

Ramsey Nasr

Nasr bevestig in In memoriam Mei die verwaandheid van Mulisch. Intertekstuele verwysings na twee van sy boeke, De Pupil en De ontdekking van de hemel én sy woning naby die Leidseplein kom voor. Die gedig eindig met Mulisch se veelbesproke teorie oor die dood. “Angst voor de dood heb ik niet. Ik zal nooit naar waarheid de zin kunnen uitspreken: ‘Ik ben dood.’ … Dood ben je alleen voor de omstanders, die zeggen: ‘Nu is hij dood.'” (NRC-Handelblad, 6 November 2010, p.1-2)

Neem Nasr hartroerend afskeid van Harry Mulisch? Ek dink nie so nie. Die kans is sterker dat reëls soos “Ek was die goudstof en die wind, ek was ibis, piramides” en “Ek was die koeëlvaste skoenlapper…” in die lug bly hang. Om deur ‘n brutale selfgemaakte skrywer uit ‘n volgende geslag toegeëien te word.      

 

In memoriam Mei

 

Ek, Harry Kurt Victor Mulisch, volle seun van alle muses

ek was die gloeiende bode van vuur, komende van niks

was ek op weg na ‘n brandnuwe mite.

 

Ek was die goudstof en die wind, ek was ibis, piramides

ek was ‘n ommekeer in ink, ek was die duisendjarige lig

ek was die pyp, die Leidseplein, ek was ‘n pupil van onsterflikheid.   

 

Ek was die koeëlvaste skoenlapper en die kern van alle oorlog

vulkaanswemmer, gode-eter, ek, die keiser van die lot

ek was die heimat, ek was ballingskap: ek was die Paradoks.

 

En hier, binne-in hierdie eenpersoonsheelal, my blou labirint

waar alle vingers uitdoof – stadig op gevoel, hier het ek oorgebly.

Die dood is die holte van my hand: Grote Eén gaan trap na oneindige trap.

 

Met die trek in my beendere en ‘n uitsig sonder god

so bly ek, Harry Mulisch, die ontdekker van u hemel.

Ek was die bringer van letter en stof. En as u sterf, dan leef ek nog.

 

(c) Ramsey Nasr (Geleentheidsvers, Amsterdamse Stadskouburg. 6 November 2010)

Vetaling: Carina van der Walt 

*** 

(Bostaande gedig het verskyn in die NRC-Handelsblad van 6 November 2010 op p.7.

Die oorspronklike Nederlandse gedig kan u lees op:

http://www.nrc.nl/digitaleeditie/NH/20101106___/1_007/lowres_page.pdf)

 

Voordracht van In memoriam mei deur Kitty Courbois

http://nos.nl/video/196396-in-memoriam-mei.html

 

Harry Mulisch (1927 – 2010) To be and not to be

http://www.youtube.com/watch?v=nah4nHgS4yI

 

Oor die verering van gestorwe skrywers

Friday, November 5th, 2010
Harry Mulisch

Harry Mulisch

Die afgelope week kom die gedagte na aanleiding van ‘n artikel wat ek lees, by my op: ‘n siniese persoonlikheid is gewoon ‘n optimis wat oor te veel informasie beskik. En miskien is dit dié gevoelente wat vanoggend se Nuuswekker onderlê, want liewe hemel, hoe skráál is ons kulturele belewenis (en waardering) nie in vergelyking met ons kollega’s s’n in die ander halfrond nie …

So lees ek gisteraand op De Papieren Man dat Harry Mulisch se begrafnis môre volledig op die nasionale TV-kanaal versend gaan word. Volgens die openbare uitsender se persverklaring, die volgende: “De uitvaartdienst voor de overleden schrijver vindt plaats in de Stadsschouwburg in Amsterdam, de stad waar hij zondag ook overleed na een slepende ziekte. Tot de sprekers behoren uitgever Robbert Ammerlaan, burgemeester Eberhard van der Laan, Marcel van Dam, Marita Mathijsen en de Duitse uitgever/dichter Michael Krüger. De Dichter des Vaderlands Ramsey Nasr schreef voor deze gelegenheid een gedicht. Tevens zullen er fragmenten worden vertoond uit documentaires van Cherry Duyns. Reinbert de Leeuw en Louis Andriessen verzorgen de muziek.”

Onwillekeurig laat dit my ook terugdink aan 21 Maart 2008, die dag na Hugo Claus gesterf het. Toevallig was ek en Marlise toe in Antwerpen en ek onthou hoe ons by ‘n boekwinkel ingestap het waar ongeveer twintig dagblaaie op ‘n ry uitgestal was. Met die uitsondering van twee het elkeen ‘n volbladberig gehad oor Claus se afsterwe. Daardie aand het ons, in die geselskap van vriend Peter Holvoet-Hanssen en sy vrou, na ‘n kroeg gegaan waar ‘n reuse plakkaat met ‘n gedig van Claus (handgeskrewe) op ‘n enorme folio teen die ruit by die deur opgeplak was. (Ek onthou selfs die naam van die kroeg: ‘t Hof van ellende. Hoe kan ‘n mens só ‘n kroegnaam ooit vergeet?!)

Nietemin, indien die poësie onder meer die kunsvorm van die emosie is, is dit besonder maklik om ‘n bepaalde taalgroep kultureel tot 7de Laan, Huisgenoot en brandy & coke uit te droog.  Jy ignoreer gewoon bepalende gebeurtenisse soos byvoorbeeld die afsterwe van hul digters. Dink maar aan die belangrike stemme wat ons die afgelope paar jaar ontval het: Ronnie Belcher, George Weideman, Barend Toerien, Lucas Malan en IL de Villiers. Ook Jan de Bruyn. Watter dekking in ons plaaslike (Afrikaanse) media was daar oor hierdie hartseer gebeure? Op welke manier word hul nalatenskap lewend gehou? Ai. Daar is soveel maniere waarop ‘n bepaalde taalgroep emosioneel bankrot kan speel …

Maar terug na Mulisch en sy (welverdiende) verering. Volgens De Papieren Man: “De gemeente Amsterdam gaat momenteel na hoe zij Harry Mulisch kan eren. Er wordt daarbij gedacht aan een museum in het huis van de schrijver aan de Leidsekade, een standbeeld of een straatnaam. Maar een woordvoerster benadrukte donderdag echter dat er nog geen concrete plannen zijn. Het Letterkundig Museum in Den Haag houdt dezer dagen een kleine hommagetentoonstelling. Ook in de Zeeuwse bibliotheek is er een kleine expo ingericht. “

En ons eie poet laureate, Keorapetse Kgositsile? Waarskynlik vind hy dit meer inspirerend om oor pres. Zuma se sewende vrou ‘n gedig te skryf as oor die nagedagtenis van ‘n Afrikaanse digter. Sug. Vir jou leesplesier plaas ek onder aan hierdie Nuuswekker ‘n gedig van ons laureate. Met as toegif ‘n langer gedig wat gerig is aan einste prof. Kgositsile deur ‘n veel minder bekende digter, David wa Maahlamela. Omdat dit ons kulturele verdeeldheid besonder goed illustreer.

Of in die woorde van NP Van Wyk Louw se Germanicus: “(Ons) sterf aan hierdie tyd.” 

Lekker lees.

***

Sedert gister het daar net twee nuwe plasings bygekom. Desmond Painter skryf oor Pierre Boulez en Johann Lodewyk Marais lewer Deel 11 in sy reeks oor Eugène Marais. Dan vestig ek ook jou aandag om die uiters sinvolle gesprek wat ontstaan het na aanleiding van Andries Bezuidenhout se vertaling van ‘n Margaret Atwood-gedig. Hy het die verbeterde weergawe as kommentaar onder aan sy oorspronklike blog geplaas. Dít is immers waarvoor hierdie webblad tot stand gebring is: sinvolle gesprekvoering.

Daarom – geniet dit en so ook die naweek wat op hande is. Ons hervat weer Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Mandela’s Sermon

Blessed are the dehumanized
for they have nothing to lose
but their patience

False gods killed the poet in me. Now
I dig graves
with artistic precision

© Keorapetse Kgositsile

***

 

Letter to the poet laureate

(for keorapetse kgositsile)

sometimes i’m crucified
by questions,
what does it mean,
to be a truth stripping poet
in this refreshed old south africa?

do ghosts of ‘notes from no sanctuary’
still steal your sleep?
i can not forget the venom of your tongue
in your time, when you use to say:
“what difference does it make
as long as we eat white shit?
no matter what it is wrapped up in!”.

i wonder when i ponder in these words
if in this black south africa of white lies,
such voice could be given an ear.

truth cost billion euros
even our madly rich leaders
can not afford it.

africa renaissance and rainbow nation
we have been preaching,
dreaming i was, of seeing
a pedi, tsonga or venda praise poet
performing in union buildings,
dreams seem to be just dreams
miles away from reality.

eaten by termites are our manuscripts
those who have riches
bury needles under our feet,
is either we compromise our truth
by grinding sharp edges of our rage
for the sake of getting funding
or else like baba mahola said,
we will be olympic champions
in chasing our (own) tails.

it is the river of tears that erode my smile,
cavitation of starvation keeps me convict
in covetous oppenhiemer’s company,
contract of slave trade i personally signed
and today i’m given a rope to hang myself,
confidentiality is the order of the day,
gospel utterance forbidden, unspoken, unsaid, untold –
for the sake of this glass job.

i sometimes regret
being born as fish in a slime,
there’s no variety in poverty,
no liberty at all,
maybe i could have also flied
to study in oxford, cambridge,
columbia or california,
return home with name
that weigh tons of admiration,
so i could be heard and felt
in this country of my womb.

© David wa Maahlamela

 

 

Chris Coolsma. Amsterdam 1966.

Tuesday, November 2nd, 2010

Op 30 september 1966, drie weken na mijn twintigste verjaardag, liep ik opgewonden ‘mijn’ boekwinkel aan de Scheldestraat in Amsterdam binnen. Zulke winkels bestaan bijna niet meer. Ze zijn opgegaan in ketens en verkopen bijna alleen  goedlopende boeken waar weinig risico aan kleeft. In  die tijd kon je er tussen de hoge rekken vol onbekende boeken doorscharrelen, wegdromend in een nieuwe wereld, op zoek naar nieuwe ontdekkingen. Een groot deel van mijn studietoelage werd er omgezet in de Anton Wachterromans, de eerste vertalingen van ‘Op zoek naar de verloren tijd’, dikke romans van Dostojevski en Tolstoj, bundels van Lucebert, Vroman en Verhagen, en een keur aan pas verschenen romans van Wolkers, Campert, Reve, Hermans en Mulisch. De boekverkoper was zelf verwoed lezer en had wel schik in dat studentje, duidelijk een groentje maar goed voor zijn omzet.

In mijn vergeelde exemplaar van ‘Bericht aan de rattenkoning’  staat dan ook ‘30/9/66′ onder mijn nog maar pas ontworpen handtekening, stijfjes en leesbaar. De boekverkoper had mij verteld dat er een boek van Mulisch aan stond te komen. Het zou gaan over de oproer van dat jaar in Amsterdam. Hij wist de titel nog niet, maar ik bestelde het, voor het eerst gebrand op een boek dat nog naar drukinkt zou ruiken. Ik wilde lezen wat ik had meegemaakt en waarvan ik de draagwijdte in de verste verte niet kon overzien.

Op 14 juni 1966 was ik ‘s morgens voor een schriftelijk tentamen Statistiek in een grote kale zaal boven de brandweerkazerne aan de Prinsengracht. Het was onrustig. Ergens halverwege het tentamen rukten brandweerwagens uit. Eenmaal buiten na het tentamen was er nog niet veel bijzonders te zien. Ik fietste langs de Nieuwezijds Voorburgwal naar het Spui op weg naar de broodjeszaak in de Langebrugsteeg, mijn weg naar de wetenschap (als ik nu door die steeg wandel, loopt het water me weer in de mond bij de herinnering aan de broodjes halfom, osseworst, pekelvlees en lever die daar werden klaargemaakt door een grofgebouwde man in witte jas met een altijd scheefstaand hoofd, die je met één priemend oog aan placht te kijken terwijl hij je in de maling nam in onvervalst Amsterdams. Even verderop wil ik een krantje kopen, maar de boekwinkel is verdwenen.)

Dit is wat over die dag in ‘Bericht aan de rattenkoning’ staat: ‘De volgende dag werd ik pas laat in de morgen wakker. Het was het soort stralend warme zomerdag, waarop ook Palingoproer, Aardappeloproer en Werklozenoproer waren uitgebroken; het was ook het soort weer van 10 mei 1940 (het begin van de  Duitse inval in Nederland, CC). Benieuwd ging ik de stad in, maar er scheen niets aan de hand te zijn. Het was druk, lunchtijd, en alle terrassen zaten vol medewerkers en medewerksters, die in hemdsmouwen en met opgetrokken rokken in de zon hingen. Naar men zegt is ook de Franse revolutie onopgemerkt voorbijgegaan aan andere buurten dan de Bastille. Tegelijk met de politie arriveerde ik op de Nieuwe Zijds Voorburgwal. Wat een onvergetelijk aanblik! De Bastille was het gebouw van De Telegraaf en de zon scheen op een fantastische, stinkende ravage, waar duizenden mensen naar stonden te kijken. Omgegooide, brandende bestelwagens, het gebouw zelf met ingegooide ruiten, gebarrikadeerd, de stalen rolluiken van de drukkerij verbogen en ontwricht. De brandweer stond smeulende stapels kranten te blussen.’  In die menigte liep ik ook rond en ik herinner me zelfs dit beeld: ‘op een stoeprand zat een man van middelbare leeftijd zich alleen nog maar slap te lachen’.

Ik moet Mulisch daar dus gezien hebben, maar in een menigte kan je elkaar mislopen op een afstand van een meter. Ik kende zijn gezicht van de omslagfoto’s van zijn boeken.  Zoals vaker was het mijn negen jaar oudere broer die me had laten kennismaken met de schrijver. ‘Het stenen bruidsbed’ was een grote schok voor me geweest, alleen al vanwege het omslag: een foto van het volledig in puin gegooide Dresden, onder een zwaar beschadigd beeld van een Engel. Het boek gaf me voor het eerst een besef van de volle gruwelijkheid en chaos van de oorlog waar ik een kind van was. Het was ook de eerste keer dat ik minder in zwartwittinten over die oorlog ging denken. De bombardementen verloren met dat boek voor het eerst hun schijn van gerechtigheid. Daarna las ik ‘Voer voor psychologen’, dat ook al grote indruk maakte, doordat ik voor het eerst na ging denken over het verhaal van mijn eigen leven. Van dat boek onthield ik ook: ‘schrijven is stratenmaken: op je knieën liggen en achteruit kruipen’ .

Het sprak vanzelf dat ik het verslag van de gebeurtenissen in Amsterdam wilde lezen. Voor het eerst voelde ik me betrokken bij de politieke ontwikkelingen. Engagement, aangewakkerd door jonge mensen die in de voorhoede stonden.  Zo stond ik dus op 30 september al vroeg in de boekwinkel. Er lag een stapel boeken in bruin pakpapier op de grond. De winkelier had net het touw doorgesneden. Ik kreeg het eerste exemplaar, dat ik  die dag nog heb uitgelezen, na met een plechtig gevoel de datum te hebben toegevoegd aan de copyrightgegevens. Copyright 1966 Harry Mulisch Amsterdam. ‘Aankoop 30.9.66 Chris Coolsma. A’dam.’  ‘s Avonds op de sociëteit voerden we voor het eerst felle discussie over de gebeurtenissen in de stad. Een wat oudere student politicologie dacht dat er revolutie kon uitbreken. De relletjes, die tot dan toe een speels karakter hadden gehad, waren omgeslagen in een steeds grimmiger veldslag. Er waren ruiten ingegooid en brandjes gesticht. De politie, in de ogen van de jeugd tot dan toe een sullig stel oude mannen in slonzige uniformen, was overgegaan op een vorm van geweld die alleen maar woede losmaakte. Sommigen vonden het gezag veel te slap, anderen vonden het gezag losgeslagen. De studenten, in de ogen van de politie tot dan toe een sullig stel oudachtige jongens in slonzige pakken, waren veranderd in revolutieprekende oproerkraaiers. Dat het maar om een kleine groep studenten ging, leek de dienders te ontgaan. Dat het vaak vooral spel was, begreep het zenuwachtige gezag (door Mulisch als ‘regentendom’ aangeduid) niet. Mensen die naar adem snakken moet je niet de strot dichtknijpen.

Twee weken na de Telegraafrellen merkten we dat er iets voorgoed veranderd was. Mijn studentenvereniging hield elk jaar een grachtenloop, een estafettewedstrijd tussen eerstejaars en het sociëteitsbestuur. Daartoe werden door ons alle kruisingen van de Leidsgracht met dwarsstraten afgezet, zodat we onbelemmerd door het verkeer onze rituele hardloopwedstrijd konden houden. Maar dit jaar verschenen er, al tijdens de feestelijkheden bij de sociëteit, politieagenten op de bruggen. Er werd met geweld gedreigd als we de grachtenloop zouden houden. Het regentendom en de Hermandad, de kip, de smeris probeerde de revolutie de kop in te drukken, maar voorlopig werd het tegendeel bereikt: mijn generatie wilde vrijheid en verandering. Ook dat beschrijft Mulisch in Bericht aan de rattenkoning. Al ging de revolutie in Nederland niet door. Mulisch had het al gezien: in Nederland eindigt de opstand uiteindelijk altijd in de slappe lach. Laten we hopen dat hij voorgoed gelijk zal krijgen.