Posts Tagged ‘Heilna du Plooy’

Carina van der Walt. Jeroen Bosch. Hel en Verderf

Thursday, October 11th, 2018

 

 

HIERONYMUS BOSCH, paintings for discussion and writings is ’n Klein Uiltjie-lesing wat op 24 Mei 2017 voorgedra is aan die Universiteit van Wenen. Aangesien prof. Rina Loader se groep studente by die vakgroep Afrikaans veral afkomstig is uit Oos-Europese lande soos Roemenië en Bulgarye, moes die lesing in Engels aangebied word. Die Afrikaanse gedigte wat in die lesing aangehaal word, is vir die studente se groter begrip in Engels vertaal. Baie dankie aan al die vertalers.

’n Handjievol Afrikaanse gedigte bestaan oor die skilderye van Jeroen Bosch. Die meeste is geskryf na aanleiding van die drieluik De tuin der Lusten (ongeveer 1503), maar ’n enkele digter het oor ’n ander Bosch-skildery geskryf.

Die blote feit dat hierdie Afrikaanse gedigte bestaan – in één van die jongste tale ter wêreld – oor skilderye uit die middeleeue geskilder deur een van die bekendste skilders uit daardie tyd, is iets om verwonderd oor te wees. Al die Afrikaanse digters het reuse spronge gemaak in tyd en ruimte: van die twintigste en een-en-twintigste eeu terug na die einde van die vyftiende en die begin van die sestiende eeu; van die suidelike punt van die die kontinent Afrika na die land van Hertog Jan van Brabant. Brabant was ’n uitgebreide en welvarende gebied in die Middeleeue. Dit het bestaan uit die huidige provinsie Noord-Brabant in Nederland, die huidige Belgiese provinsies Vlaams Brabant en Walonies Brabant die provinsie Antwerpen rondom Antwerpen. Al hierdie gebiede was saam bekend as die hertogdom van Hertog Jan.

D.J. Opperman se gedig Jeroen Bosch is gepubliseer in sy digbundel Engel uit klip (1950). Opperman het die gedig as ’n opsomming geskryf van ’n gedeelde tydgees (zeitgeist) tussen homself en Bosch. Dit is ’n tydgees wat hulle albei vir hulleself toegeëien het. Beide het hulle taak as evangelis en profeet van die apokalips aanvaar. Hulle het gewaarsku teen die kwaad, die dwalende duiwel wat vreemde gewade en maskers aan ons gee om hom daarmee op aarde te volg. Bosch én Opperman het hulle werk gebruik om kritiek te lewer op die etiek van hulle eie wêrelde. Vir die breër konteks kan aan die einde van hierdie bydrae oorgeskakel word na die webwerf van Afrikaans in Europa (AiE). Hier moet ek uitdruklik noem dat die onderdeel in die lesing “Short cut through life in Afrikaans South Africa” my persoonlike mening is, aangepas op die Middeleeuse blik van Bosch.

 

Jeroen Bosch

The world is vain but my spirit is vainer,
curing some thirty nights’ nightmares
of thorny plants, birds and people.

From regions of the earth, old and new, the devil
chooses ever more lustily costumes and masks
for me, for you, for thousands upon thousands.

It hauls cortèges, fêtes around the Cross, changing
shape through the centuries; but the game
remains the same in monks, machines, or thill.

And caught eternally in the cycle of desire
we ride, spurring the stallions’ flanks
round and round the crows on naked women in the dam.

O Beloved! Come then, let us flee from the revels
sheltering in mussel, horny husk – and far above
the carnival of evil floating in glass bubbles.

Because the dunce is in me, the fish-lipped fool
whistles at the magician’s every trick
but mocks miracles and His crucifixion;

and if I summon God and Anthony together
he is already there who from a new rankness
farts the first swallows recklessly through a funnel.

D.J. Opperman
Translation: Gisela and Tony Ullyatt

 

Strofes 1 en 2 pas in al die panele van Bosch se drieluik: hemel, aarde en hel. In strofe 4 word jou blik geforseer om te fokus op die middel van De tuin der Lusten. Opperman beskryf ’n Moredans (in Duits Moriskentanz) of vrugbaarheidsritueel uit die Middeleeue. Die sirkel van lus vertoon mans op perde, kamele, bulle, bere en eenhorings wat om swemmende vroue draai. Hulle vervoer vrugte, eiers, visse en voëls as geskenke vir die vroue. Die vroue drom saam of leun aan die kante van die dam met reiers, kraaie, poue en appels op hulle koppe. (Vergelyk Jeroen Bosch se skilderye gepubliseer op 31 Maart 2016 vir die Afrikaanse gedig en ’n afbeelding van die Moredans). Opperman eien homself die kwaad volledig toe soos wat dit deur Bosch geskilder is. ’n Mens hoor byna die vroue se hoë stemme, hulle gegiggel in die water onder die hoefgeluide in bogenoemde vrugbaarheidsritueel. Beelde van vreemdgelipte visse kom ook voor in ’n ander skildery van Bosch – The Temptation of Saint Anthony. In sy laaste strofe kleim Opperman beide genoemde skilderye van Bosch.

Anders as by Opperman beskryf enkele reëls van W.E.G. Louw se gedig ’n opvallende onderdeel van die helpaneel in De tuin der Lusten. Dit is die regterkantste paneel.

 

Triptych: the garden of earthly delights

Further-on the devil, Modikak, sits on his “throne”
a chamber pot his crown, his feet in urns:
with his beak he devours his victims one by one.
Through blue membranous intestines one falls
into a sewerage pit; a miser squats over the side
and stealthily drops his turds on golden ducates.
But a love tent is adorned with curtains draped
around this high chair; coiffed whores are peeping
on the love games of a man and a frog;
a vain woman sees herself and an ass – her lover –
reflected in a mirror on the backside of a devil.
(lines 56 – 66)

W.E.G. Louw
Translation: Heilna du Plooy

 

Die gedetaileerde beskrywing en opsomming tussen reëls 56 en 66 vertel baie van Louw, sy kennis van die Europese letterkunde en ’n tradisionele Suid-Afrikaanse voorwerp. (Vergelyk Dier en Drif in “De tuin der Lusten” gepubliseer op 16 November 2016 vir die Afrikaanse gedig en ’n afbeelding van “Modikak” en sy direkte omgewing.) In reël 56 word die duiwel aangespreek as “Modikak”. Afrikaans verskil baie van Nederlands met betrekking tot die gee van liefdesname. In Engels het Shakespeare se Juliet in Romeo and Juliet al in 1576 gevra: “What’s in a name?” Die naam “Modikak” word satiries gebruik en beteken iets soos die ‘koning van kak’ in tye waarin alle waardes verlore gaan en in menslike ontlasting verander. Hierdie brutale verwysing na ontlasting is hard op baie Engelse en Afrikaanse sprekers se ore, maar is relatief herkenbaar en selfs in sommige dele van België en Nederland gebruiklik en deel van die kultuur. Louw moes bewus geword het daarvan op ’n besoek aan die Lae Lande, maar hy was ook ’n belese man.

Die naam “Modikak” kan ook na King Ubu verwys – ’n toneelstuk van die jong Franse skrywer Alfred Jarry. Dit is die eerste keer op die planke gebrink in Parys in 1896. Die stuk het kulturele reëls, normes en waardes en konvensies baie duidelik omvergegooi. Die Ierse digter Yeats was in die gehoor en het King Ubu as ’n belangrike gebeure beskou. Agterna sou sy waarneming bevestig word, want dit was ’n voorbode van Dadaïsme, Surrealisme en die Teater van die Absurde. Jarry was 23 jaar oud. Hy het hebsug en mag gesatiriseer. Ubu was ’n nonsenswoord wat ontstaan het uit die Franse uitspraak van die naam Herbert – een van sy eksonderwysers. Die woord “uburleske” het deel geword van die Europese literêre wêreld. Louw het dus die konsep van die “uburleske” in sy gedig gebruik. Op “Modikak” se kop het Bosch iets geskilder soos ’n driepoot ysterpot, of soos Louw dit noem ’n “penspotjie” (reël 57).

Die volgende gedig beskryf nie in die eerste plek Bosch se bekendste skildery nie. Die jag van Heilna du Plooy is ’n poëtiese gesprek in sewe dele met die beeldereeks The Hunt van Maureen Quin. Hier volg deel vier in Engels as onderdeel van HIERONYMUS BOSCH – paintings for discussion and writings soos dit gepubliseer is op Afrikaans in Europa.

The Hunt
In conversation with the series of sculptures, The Hunt, by Maureen Quin

IV
the hunted

scorched
by the heat of the battle
deafened
by the sound of death
among swords and horses
canons and guns
airplanes and missiles
yet the hunter
hearing the command
over thundering flames
through consuming roars
again and again
pulls back his bow,
aiming his arrow
accurately
at the chest
in the heart
of any
one
on
the
other
side

whose arms fly out
even before he falls
and calls
up high down low
from whence cometh
no help at all

and in this din
of degeneration
the only heartrending
cry of anguish
plunges from the horse’s
strained mouth

Heilna du Plooy
Translation: the poet

 

Die prooi in bogenoemde onderdeel van Die jag is nie net ’n dier nie, maar ook ’n mens wat deur sy eie spesie gejag word gedurende oorlogstyd.

’n Betekenisvolle toevalligheid ontstaan met De tuin der Lusten. Deel 4 (the hunted) is hoogs waarskynlik iets wat die Switserse psigoloog Carl Gustav Jung benoem as sinkronisiteit (in Duits Synchronizität). Dit kom voor by ’n toevallige verwantskap tussen spesifieke werke van verskillende kunstenaars. Aan sy vriend, die natuurkundige Wolfgang Pauli, verduidelik Jung sinkronisiteit met die volgende woorde. “Sinvolle toevallighede is denkbaar as suiwer toevallighede. Maar namate hulle aantalle toeneem en die ooreenkomste groter en noukeuriger is, word dit steeds minder waarskynlik en meer ondenkbaar dat hier sprake van toeval is. Met ander woorde: dit kan nie meer vir suiwer toeval deurgaan nie, maar moet by gebrek aan kousale verklaring as ordeninge volgens ’n bepaalde plan verstaan word… Hulle ‘gebrek aan verklaarbaarheid’ bestaan nie net uit die feit dat die oorsaak onbekend is nie, maar ook uit die feit dat so ’n oorsaak nie denkbaar is met ons verstandelike vermoëns nie.”

Beelde van jag kom voor in die helpaneel van De tuin der Lusten waar mense gejag word deur hulle vriende, maar veral deur hulle eie troeteldiere soos honde, muise, hase en swaeltjies. Wat ’n skrikwekkende omgekeerde wêreld! Bosch se hel is vol swaarde, messe en die skedel van ’n perd. ’n Vuur wat ’n stad op die agtergrond van die skildery verwoes, word in reëls 10 -12 beskryf. Dit is die brand uit Bosch se jeug wat s’Hertogenbosch vernietig het toe hy 13 jaar oud was.

Aan die einde van deel 4 beskryf Du Plooy die klank wat uit ’n sterwende perdebek ontsnap. Die perd is in ’n vroeëre stadium van lyding in vergelyking met Bosch se geskilderde perdeskedel. Die beskrywing laat ’n mens ook dink aan Pablo Picasso se Guernica. Quin. Bosch. Picasso. Hierdie ekphratiese deel van Die jag is stewig ingebed in die wêreld se kunsgeskiedenis. Die hele sewedelige gedig is ’n baie sterk waarskuwing teen moorde, oorloë en die kwaad, net soos Bosch dit ook geskilder het.

 

Afrikaans in Europa

https://aie.ned.univie.ac.at/letterkunde/artikels/artikels-gedigte/c-van-der-walt-hieronymus-bosch-lecture/

 

 

 

 

Klein Uitljie-lesing

 

BIBLIOGRAFIE
Du Plooy, H. 2014. Die stilte opgeskort. Pretoria : Protea Boekhuis.
Jarry, A. 1977. Uburleske – UbuRoi, UbuCocu. Amsterdam : Uitgeverij De Bezige Bij.
Jung, C.G. 1976. Synchroniciteit – Een beginsel van acausale verbondenheid. Rotterdam : Uitgeverij Lemniscaat.
Louw, W.E.G. 1988. Versamelde gedigte. Kaapstad : Tafelberg-Uitgewers.
Opperman, D.J. 1950. Engel uit die klip. Kaapstad : Tafelberg-Uitgewers.

Marlies Taljard: Ons is die mitemakers

Monday, June 27th, 2016

Creation

Wanneer literêre tekste ter sprake is, impliseer die term mitologisering onder andere die interpretasie en weergawe van ʼn bepaalde wêreldbeeld. Veral in poëtiese tekste waarin oor die aard van die skryfhandeling besin word (Ars Poëtica) hang die mitologisering van gebeure dikwels saam met die verwysing na die oorsprong van die woord, wat ook die Woord kan word wanneer die Johannes Evangelie as interteks betrek word. Hierdie tipe mite aktiveer een van die sterkste argetipiese simbole, naamlik skepping. Onwillekeurig dink mens hier aan die bekende sonnet van Willem Kloos, “Ik ben een God in ‘t diepst van mijn gedachten” waarin die digter, wat ʼn werklikheid in die kleine deur woorde skep, iets ondervind van die wyse waarop God die wêreld uit niks tot stand gebring het deur die Woord. Dikwels word, deur aktivering van die skeppingsargetipe, klem gelê op die gekonstrueerde aard van die kunswerk en word die leser met die metafiksionele vraag gekonfronteer of die wêreld ʼn blote skepping van ons woorde is – ʼn vraag wat in postmodernistiese tye besonder relevant is of was, afhangend van waar ons dink ons onsself tans bevind!

In die openingsgedig van Susan Smith se debuutbundel in die afwesigheid van sin word klem gelê op die wyse waarop die mens deur alle eeue ʼn beeld van homself geskep het en dit vir die nageslag probeer nalaat:

 

graffiti

 

ons is die mitemakers wat in klipskeurgrafte

kelders sarkofae piramides

en meer onlangs

teen elektroniese fb-

en dergelike mure ons narratiewe agterlaat

 

ons is die skeppers van storie-hiërogliewe

makers van palimpseste en herskrywings

skribante van immer wisselende

kanttekeninge, veelvuldige blogs en glosse

teen die gewels en fassades van verganklike strukture

 

ons stook vertelvure in skrikdonker nagte

wanneer die onheil in ons rigting kopknik

tik op verligte palette

wanneer die aardkalbas op ʼn foutnaat in twee

wil bars

 

in die afwesigheid

van sin is ons die Tekensoekers

die glomakers   die fynkykers

wat voor ons vertrek

teen die heelalmuur se mosaïek

ons onthoumerke maak:

 

die betekenis

van ʼn onbelangrike mens

 

In hierdie gedig kom ʼn funksie van die mite aan die orde wat deur Eliade beskryf word, naamlik die mite as openbaarmakende verhaal, as die manifestasie van syn. Dit is myns insiens die kern van Smith se gedig – dat die mens blyke wil gee daarvan dat hy leef of geleef het, ongeag hoe onbenullig dié lewe mag gewees het. Daarom die tallose inskripsies op alle moontlike plekke – inskripsies wat in die moderne era ʼn siek selfbeheptheid op facebook en elders op die internet geword het. Kenners wys juis op die moontlikhede wat moderne media ten opsigte van gefiksionaliseerde “selwe” bied. Die skeppende mag van die woord word “op fb- / en dergelike mure” tot sy uiterste uitgebuit. Dit bied die mens die geleentheid om sy lewe in storievorm aan te bied, om as’t ware die eie ek te skep deur woorde teen mure, deur onsself te herskryf op die model van bekende en beroemde mense. Ook dit is alles aspekte wat met mitevorming verband hou.

Heilna du Plooy se gedig Korinna van Tanagra in die bundel Die stilte opgeskort is gebaseer op die krag van mitiese verhale met hulle argetipiese waarhede wat selfs deur die eenvoudigste mense verstaan word en wat besondere trefkrag inhou:

 

Korinna van Tanagra

 

In ʼn poësie stryd wen Korinna van Tanagra

teen die grote Pindaros en raai hom aan:

“Deur die geliefde mites en verhale van die gode

moet jy met jou mense praat dat hulle jou verstaan.”

 

Sy aansien by die muse in antieke Griekeland

– nege  mans en ʼn enkele vrou wat tydloos goed kon dig –

ter wille, volg Pindaros toe glo die raad, maar kwistig

bly hy uitborduur. Sy wen hom weer, altesaam vyf keer,

 

en sê: “Die digter, goeie vriend, saai nie

met die sak vol saad nie, maar met die hand.”

 

Ook in hierdie gedig wat die skryf van gedigte as tema het, word klem gelê op ʼn belangrike aspek van die mite, naamlik sy gekonsentreerde aard, maar ook op die tydlose inhoud van die mite. In ʼn ander gedig uit dieselfde bundel (Die vrou en die veer) word eweneens kommentaar gelewer op die skryf van die gedig. In hierdie strofe gaan dit oor die misterie van skryf:

 

Hoe lig is die libido, hoe

onverklaarbaar die misterie

van sin wat ontstaan

in die nalaatbaar veerligte gewig

wat die volmak onreëlmatige

ewewig nooit kan ontbeer nie.

Dit is die essensie, die gravitas.

Daarsonder stort ek in duie.

Ook my gedig.

 

Dig as mitevorming sou ewe goed die tema van hierdie strofe kon wees, want mites word dikwels gedefinieer as heilige verhale waarin die misterieuse en die numineuse ʼn bepalende rol speel, verhale wat sin gee aan die onsienlike: hoewel die gedig doelbewus gekonstrueer word en daar fyn gelet moet word op harmonie en ewewig, kan die “onverklaarbare misterie” wat net so ʼn belangrike rol speel in die skryfproses, nooit agterweë gelaat word nie.

Die mite as ontstaansverhaal, soos André Jolles dit verstaan, spreek uit die beginvers van Louis Esterhuizen se bundel wat die water onthou:

 

dat daar altyd ʼn begin is –

daardie yl siddering wanneer korrels

langsaam verdig

en hegting gevind word

 

aan die weefsel wat sagter as grond

in dieptes lê waar dit donker

is en wyd genoeg

vir volgehoue groei

 

tot dit tyd word vir die water

om te breek: daardie eerste moment

wanneer water aan water

geboorte gee en alles weer begin

 

om stelselmatig te vloei na

die kwansuise bron tussen wolke

 

Volgens Jolles is die mite die antwoord op die vraag: “Waar kom dit vandaan” – in hierdie geval dan seker: “Waar kom ʼn gedig vandaan?” Gilbert Durand brei daarop uit deur aan te voer dat die mite ʼn sisteem van simbole en argetipes en skemata is wat die vorm van ʼn storie aanneem. Ek dink dat Esterhuizen se gedig juis dié aspekte van die mite illustreer en diegene wat die bostaande gedig aandagtig lees, behoort in te sien dat letterlik al die simbole wat voorkom, sterk argetipies van aard is: water, geboorte, donker, saad, groei … Ek wil ook beweer dat die skema waarbinne die gedig gegiet is, sterk mities van aard is en herinner aan die magdom skeppingsmites wat wêreldwyd bestaan.

Die skryf van gedigte is – aldus talryke Ars Poëtica-gedigte – sterk mitologiserend van aard deurdat skryf dikwels as skeppingsdaad beskou word, deurdat digters glo dat gedigte in staat is om vrae na die aard van dinge te beantwoord en deurdat gedigte, soos mites, die “ek” manifesteer en na die dood kan laat voortleef. As draers van religieuse waarhede, word gedigte ook dikwels beskou as sin-gewend aan ons aardse bestaan – in ʼn volgende blog meer hieroor.

Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 3)

Sunday, July 5th, 2015

Hoe het die heelal ontstaan? Deur ’n oerknal, ’n Skepper-god? Niemand kan met absolute sekerheid weet nie; slegs aannames kan aangevoer word.

Die Boeddhisme veronderstel dat geen fenomeen (dharma, nie te verwar met die Dharma wat na die Boeddhistiese leerstellings verwys nie) onafhanklik van ’n ander dharma kan ont- of bestaan nie. Hierdie sentrale veronderstelling word dependent origination genoem. Boeddhisme kibbel dus nie oor die aanwesigheid of afwesigheid van ’n godheid nie:

All phenomena in the Universe are produced within the cosmos by internal causes. This is to say, each phenomenon is the cause of a further phenomenon, which, in its turn, will go on to be a cause of something else, and so on, ad infinitum (Snelling 2000:29).

Dependent origination sluit dus aan by die Interkonneksie-konsep wat ek reeds aangevoer het in Deel 1 en 2. Waar presies sou die Groot Poësiebrander op Facebook ontstaan het? Was dit een individu of ’n groep wat die konsep uitgedink het? Was die land van oorsprong dalk Amerika? Ek is deur Annette Snyckers genooi en sy deur iemand anders … die terugspeel na elke rolspeler klink byna soos die Ou-Testamentiese geslagsregister, “begat”. Die entoesiasme waarmee die Poësieuitdaging begroet is, het my verstom en laat besef dat facebook ’n perfekte manifestasie van beide Interkonneksie (Indra se Net) en dependent origination is.

Op Dag 2 lyk my status só:

“Vir dag twee van die poësie-uitdaging waarvoor Annette Snyckers my genomineer het, besin ek oor Wallace Stevens se ‘The Snow Man’. Ek het dit die eerste keer raakgelees op die brose ouderdom van 15. Bron: Rika Cilliers se digbundel, Vlier. Sy haal ’n gedeelte aan uit ‘The Snow Man’ wat as motto vir een van die gedigte dien. Ek was onmiddellik oorrompel. Tog had ek geen idee wat Stevens se woorde beteken het nie. Dit was ’n beeldskone raaisel, diep begrawe in ys. So twee en ’n bietjie dekades later grawe ek steeds in die sneeu rond, maar met die volgende besef: ek wil net in stilte na hierdie gedig luister; ek wil dit nooit ontsyfer nie. Stevens se gedig vra na ’n tipe binnereis, ’n meditasie-‘oor’. Veral die laaste strofe vra van die leser om met aandagtigheid die pousering te eerbiedig; elke asemteug na elke komma. Charl Cilliers, jy het ook hierdie gedig op jou status gedeel en weet goed dat my hart hierin begrawe lê. Ook ’n verdere uitdaging vir fb-vriende wat van speurwerk hou: in watter Rika Cilliers-gedig sal jy hierdie Stevens-motto vind? En, watter spesifieke gedeelte haal sy aan? Flinkdink vir die poësieliefhebber”.

The Snow Man

One must have a mind of winter
To regard the frost and the boughs
Of the pine-trees crusted with snow;

And have been cold a long time
To behold the junipers shagged with ice,
The spruces rough in the distant glitter

Of the January sun; and not to think
Of any misery in the sound of the wind,
In the sound of a few leaves,

Which is the sound of the land
Full of the same wind
That is blowing in the same bare place

For the listener, who listens in the snow,
And, nothing himself, beholds
Nothing that is there and the nothing that is.

-Wallace Stevens

“Hiermee nomineer ek die volgende fb-vriende om vir vier dae, elke dag ’n gedig te deel wat jou ontroer, of waarsonder jy nie kan klaarkom nie. En elke dag, kan jy, as jy wil, ’n paar mense nooi om dieselfde te doen. Weer eens: as jy stomfloumoeg is, of reeds genomineer is, ignoreer die nominasie. Geen druk, of verpligting nie. Goed, hier volg ’n paar name : Louis Jansen Van Vuuren,Carien Smith, en Susan Smith.Izak Du Plessis: as jy so ’n tydjie kan afknyp tussen al jou onderhoude en reise na interessante dorpies. Ag, ek weet julle is almal oorlaai, maar sien dit as ’n toilet- of smoke break so tussen al die opeenhopings van elke dag. Dankie ook vir almal wat die uitdaging gister aanvaar het: ek het reeds soveel nuwe gedigte leer ken”. http://www.wallacestevensbiography.com/wallace-stevens-reading-his-poetry.htm. Hierdie skakel neem die leser direk na ’n voorlesing van Wallace Stevens van “The Snow Man”.

Dus: vir die nuuskierige poësie-vraat: (1) in watter Rika Cilliers-gedig (Vlier:1989) haal sy Wallace Stevens aan as motto, en (2) watter gedeelte van “The Snow Man” word as motto gebruik? Ek hoor graag van Versindaba-lesers.

 

Vir Dag 1 se uitdaging deel Heilna du Plooy, bekende literator, digter, literêre vertaler en skilder ’n gedig van Les Murray, die Australiese digter wat sy in Afrikaans vertaal het:

Child logic

The smallest girl
in the wild kid’s gang
submitted her finger
to his tomahawk idea –

It hurt bad, dropping off.
He knew he’d gone too far
and ran, herding the others.
Later on, he’d maim her brother.

She stayed in the bush
till sundown, wrote
in blood on the logs, and
gripped her gapped hand, afraid

what her parents would say
to waste of a finger.
Carelessness. Mad kids.
She had done wrong some way.

Kinderlogika

Die kleinste dogtertjie
in die bende wilde kinders
het haar vingertjie onderwerp
aan sy kapmesspeletjies –

Dit was baie seer, die vinger morsaf.
Hy het geweet hy het te ver gegaan
en weggehol, die ander almal agterna.
Later het hy haar broer ook afgeknou.

Heeldag bly sy in die veld,
tot sononder toe, skryf
in bloed op stompe hout, en hou
die verminkte handjie vas, bang

vir wat haar ouers gaan sê
oor ’n afgekapte vinger.
Onverskilligheid. Stoute kinders.
Sy moes iets verkeerds gedoen het.

Dag twee: “XII. Here’s Our Clean Business Now Let’s Go Down the Hall to the Black Room Where I Make My Real Money”:

You want to see how things were going from the husband’s point of view—
let’s go round the back,
there stands the wife
gripping herself at the elbows and facing the husband.
Not tears he is saying, not tears again. But still they fall.
She is watching him.
I’m sorry he says. Do you believe me.
Watching.
I never wanted to harm you.
Watching.
This is banal. It’s like Beckett. Say something!
I believe

your taxi is here she said.
He looked down at the street. She was right. It stung him,
the pathos of her keen hearing.
There she stood a person with particular traits,
a certain heart, life beating on its way in her.
He signals to the driver, five minutes.
Now her tears have stopped.
What will she do after I go? he wonders. Her evening. It closed his breath.
Her strange evening.
Well he said.
Do you know she began.
What.

If I could kill you I would then have to make another exactly like you.
Why.
To tell it to.
Perfection rested on them for a moment like calm on a lake.
Pain rested.
Beauty does not rest.
The husband touched his wife’s temple
and turned
and ran
down
the
stairs.

– Anne Carson, The Beauty of the Husband: a fictional essay in 29 tangos.

Vir Dag 3 skryf Heilna: “Hier is my derde gedig. Ek het honderde Afrikaanse gedigte op die punte van my vingers, maar daar is gedigte in ander tale wat miskien minder bekend is en wat net eenvoudig oorrompelend is. My eerste bydrae was van Australiese oorsprong, die tweede een van die Skotse Carol Anne Duffy (tans Poet Laureate in die VK) en vandag s’n van die Amerikaanse groot gees, Wallace Stevens.

As ek met my internasionale versreis klaar is, sal ek sommer vir die lekker met Afrikaanse gedigte verder gaan. (Terloops, Stevens het regtig “bucks” geskryf al dink mens die meervoud is gewoon “buck”.)”

Earthy Anecdote

Every time the bucks went clattering
Over Oklahoma
A firecat bristled in the way.

Wherever they went,
They went clattering,
Until they swerved
In a swift, circular line
To the right,
Because of the firecat.

Or until they swerved
In a swift, circular line
To the left,
Because of the firecat.

The bucks clattered.
The firecat went leaping,
To the right, to the left,
And
Bristled in the way.

Later, the firecat closed his bright eyes
And slept.

Dag 4: “In hierdie gedig van die enigmatiese Emily Dickinson is ’n mens nie seker of die slot van die gedig op aanvaarding of gelatenheid of oorgawe dui nie. Nogtans was dit een van daardie gedigte wat ek na ’n enkele lesing nie weer vergeet het nie”:

After great pain

After great pain, a formal feeling comes –
The Nerves sit ceremonious, like Tombs –
The stiff Heart questions was it He, that bore
And Yesterday, or Centuries before?

The Feet, mechanical go round –
Of Ground, or Air, or Ought –
A Wooden way
Regardless grown,
A Quartz contentment, like a stone –

This is the Hour of Lead –
Remembered if outlived,
As Freezing persons, recollect the Snow –
First – Chill – then Stupor – then the letting go –

Louis Jansen van Vuuren, kunstenaar, mede-eienaar van La Creuzette, ’n chateau in Frankryk se Limousin-streek met die mooiste roostuin in Frankryk (hy verskyn ook in Marita van der Vyfer se Marita Kook-DVD wat op Somerkos in Provence gebaseer is), digter asook samesteller van Portretteer, het ook heerlik saam met die poësiebrander gerol. Hier is sy vier dae:

Dag 1:

Smoke

My father kept a stove
with dog’s legs
on a pink hearthstone.

One morning he climbed down the icy stairs
and spread his palms
on the blood-warm metal flanks.

He cranked open the iron doors,
like a black bank safe’s
but found no heat and ash heaped in its place.

He cracked grey whittled coals
released brief blue flames,
and knocked downy soot through the bars of the grate.

The ash-pan, softly loaded
and almost as wide as a doorway,
he carried like dynamite through the dark house,

his bright face blown with smuts.
At the back door
he slid the ash into a tin dustbin,

then snapped sticks,
crumpled newspaper,
struck a match

and dipped it between the kindling.
Smoke unrolled, flames spread,
the rush of the stove eating air started up,

and my father would shake on rocks
from an old coal hod
and swing the doors shut.

But this time
he took a book, broke its spine
and slung that instead:

his diaries
year by year
purred as their pages burned,

their leather boards shifted, popped
and fell apart.
Soon I would arrive,

pulled from under my mother’s heart,
and grow to watch my father
break the charred crossbeam of a bird from the flue,

wondering if I too
had hung in darkness and smoke,
looking up at the light let down her throat
whenever my mother sang or spoke.

-Jacob Polley. 2003. The Brink. (Picador).

Dag 2:

What’s Broken

The slate black sky. The middle step
of the back porch. And long ago

my mother’s necklace, the beads
rolling north and south. Broken

the rose stem, water into drops, glass
knobs on the bedroom door. Last summer’s

pot of parsley and mint, white roots
shooting like streamers through the cracks.

Years ago the cat’s tail, the bird bath,
the car hood’s rusted latch. Broken

little finger on my right hand at birth—
I was pulled out too fast. What hasn’t

been rent, divided, split? Broken
the days into nights, the night sky

into stars, the stars into patterns
I make up as I trace them

with a broken-off blade
of grass. Possible, unthinkable,

the cricket’s tiny back as I lie
on the lawn in the dark, my heart

a blue cup fallen from someone’s hands.

– Dorianne Laux. 2007. Facts About The Moon.

Dag 3:

Mes

Jy het die hef in die hand,
ek het die lem;
die vingers wat op die grond beland
is myne as ek rem.

Sheila Cussons. Plektrum. 1970

Dag 4:

Elegy for the living

We wash up side by side
to find each other

in the speakable world,
and, lulled into sense,

inhabit our landscape;
the curve

of that chair draped
with your shirt;

my glass of water
seeded overnight with air.

After this bed
there’ll be another,

so we’ll roll
and keep rolling

until one of us
will roll alone and try to roll

the other back — a trick
no one’s yet pulled off —

and it’ll be
as if I dreamed you, dear,

as if I dreamed this bed,
our touching limbs,

this room, the tree outside alive
with new wet light.

Not now. Not yet.

-Katryn Simmonds. 2013. The Visitations .

Fred Barnard, gedugte taalpraktisyn en advokaat (laasgenoemde, ‘n beroep wat hy vir die liefde vir taal vaarwel geroep het), deel die volgende verse:

Dag 1:  “The snake” deur  DH Lawrence

Dag 2:

When I Heard the Learn’d Astronomer

When I heard the learn’d astronomer,
When the proofs, the figures, were ranged in columns before me,
When I was shown the charts and diagrams, to add, divide, and measure them,
When I sitting heard the astronomer where he lectured with much applause in the lecture-room,
How soon unaccountable I became tired and sick,
Till rising and gliding out I wander’d off by myself,
In the mystical moist night-air, and from time to time,
Look’d up in perfect silence at the stars.

-Walt Whitman

Dag 3:
Broeikas

ek het vir my ‘n kamera gekoop
en die son afgeneem
die son hang nou van my plafon
ek maak die gordyne nooit meer oop nie

teen ‘n muur is nou my tuin
die bome is selfs groener die lug blouer
dis altyd lente hier by my
ek maak die gordyne nooit meer oop nie

jy het nooit weggegaan nie
want jy’s lewensgroot in elke kamer
jy glimlag en jy’s lief vir my
ek maak die deure nooit weer oop nie

-Stephan Bouwer

Marie Bredenkamp het Fred se Dag 3 gelees en ’n foto van Stephan Bouwer as kommentaar gepos wat “many moons ago” geneem is toe sy hom as spreker na die Durbanse Vroueklub genooi het:


*

 

Aanstons volg Deel 4 van Facebook en Die Groot Poësiebrander…

Bibliografie

Snelling, J. 2000. Buddhism: An Introductory Guide to the Buddhist Tradition. Shaftesbury, Dorset: Element.

Marlies Taljard: Hoe vou ʼn mens sy liggaam in die vorms van woorde (Deel 3)

Friday, June 12th, 2015

The hunted – Maureen Quin

ʼn Paar weke gelede, in my tweede blog oor Heilna du Plooy se gedigreeks Die jag, het ek probeer aantoon dat die reeks nie ʼn blote poëtiese beskrywing of ʼn eenvoudige herinterpretasie van Maureen Quin se reeks beeldhouwerke, The hunt, is nie. Sy struktureer die reeks doelbewus met inagneming van Aristoteles se beskrywing van die tragedie en maak selfs van sy terminologie gebruik om haar werkwyse openbaar te maak. In hierdie blog wil ek enkele opmerkings maak oor die mitologiese inhoud van die gedigreeks, asook oor die metaforiese struktuur van die reeks met betrekking tot die beelde wat as inspirasie daarvoor gedien het. Ek beoog nie om ʼn volledige argument te voer of selfs om ʼn omvattende interpretasie te verskaf nie – ek laat dit aan die leser oor en hoop dat iemand deur dié reeks blogs geïnspireer sal word om ʼn artikel oor hierdie interessante reeks gedigte te skryf.

Die jag as mite

In The Grail Legend skryf Emma Jung en Marie-Louise von Franz: “The fascination and vitality of myths and fairy-tales lie precisely in the fact that they depict basic forms of human experience. For this very reason the same motifs are found the world over, not only as the result of migration but also because the human psyche which produces them is everywhere the same” (p.37) (…) Whenever a motif appears in such numerous repetitions or modifications, it indicates, psychologically, that it is not understood in consciousness, and that it will therefore emerge in ever new forms in an effort to gain attention (p.242).

Die meeste bronne is dit eens dat die mite ʼn universele of argetipiese waarheid bevat. Soms is dié waarheid ʼn skeppings- of ontstaansgeskiedenis, soms hou dit verband met abstrakte aspekte van die menslike bestaan. Lees ʼn mens Heilna du Plooy se “Gesprek met die beeldreeks The hunt van Maureen Quin”, Die jag, is dit onmiddellik duidelik dat die dramatiese gegewe wat die gedigte onderlê, mities van aard is.

Die gedigreeks Die jag begin met die gedig Die man wat hoofsaklik beskrywend van aard is en nou aansluit by die beeld Bushman. Die gedig fokus, soos die beeld, op die essensiële eienskappe van die mens: hy is “tot die essensiële been / en spiere afgeskaal”, hy het “ʼn regop rugstring”, spiere, ʼn “uitgestrekte nek” en ʼn “klein kop”. Die gewrigte werk soos ʼn hefboom. Die “regop rugstring” onderskei die mens van die dier. Ofskoon sy kop klein is, is daar reeds tekens van menslikheid in hierdie wese. Dat sy kop so klein is “soos van ʼn hotnotsgod” impliseer ʼn spirituele bewustheid – die hottentotsgod is ʼn mitologiese figuur van die Sangemeenskap. Intelligensie word gesuggereer deur die “instrument” wat die mens gemaak het “wat soos ʼn speer so skerp word / wanneer hy hom verweer.” Eties gesproke is die mens dus toerekeningsvatbaar.

Die volgende gedig, Die jagter, begin met ʼn beredenering, ek wil dit selfs ʼn motivering of ʼn verweer noem waarin dit duidelik gaan oor etiese kwessies:

Dit is normaal, die jag,

want mens en dier moet eet.

Albei staan skuldig en onskuldig –

hulle moor om te oorleef.

Dan volg ʼn beskrywing van die dier na aanleiding van die beeld The hunter: “Hy weet niks van pyn”. Vervolgens word die figuur van die mens beskryf: “Op die dier se kruis sit ʼn klein figuur” (…) “Hy weet dat hy weet van reg en verkeerd.” Die mens hou die dier “streng onder beheer.” Die slot van die gedig lui:

Van trillende neusvleuel tot stertkwas is die een natuur,

die ander dra in homself die toksiese vonk van kultuur.”

In hierdie gedig kom die basiese verskille tussen mens en dier aan bod – verskille wat uiteindelik sal lei tot die uitbuiting van alles wat nie-mens is, deur die mens.

In gedig III, Jag, n.a.v. die beeld Chase I, word verder wegbeweeg van die beeld as sodanig en word die gegewe van die jag geabstraheer tot magsmisbruik as sodanig:

Iets of iemand moet val.

Dis nodig en dis mooi.

En jammer vir die prooi.

.

Weer en weer kom ʼn vyand,

ʼn versoeking van olie of goud.

Almal omhels die geleentheid

want vrede verveel en rus raak oorbodig.

(…)

Die gewete oor noodsaak

en wil eindelik afgelê,

word die spel suiwer stryd.

Beplande konfrontasie voed

die verslawing, die ekstase,

die euforie van mag in die kryt.

In gedig IV, Die prooi (n.a.v. The hunted) verskuif die perspektief van die jagter wat vasgevang is in die euforie van mag, na die gejagde. Die jagluiperd word in die beeldreeks nou met ʼn perd vervang en Du Plooy verreken hierdie verandering deur verwysing na een van die bekendste anti-oorlogkunswerke, namlik Pablo Picasso se Guernica (1937) waaarin die skreeuende perd simbool word van die verskrikking van die Spaanse Burgeroorlog. Die skildery, in skakerings van swart, grys en wit is 3.5 meter breed en 11.8 meter lank en beeld die geweld en vernietiging van die oorlog uit deur te fokus op die swaarkry van mense en diere en die vernietiging van geboue. In du Plooy se gedig, wat die “verskroeiende hitte van die geveg” uitbeeld, klink die slot só:

en in die pandemonium

is dit uiteindelik

die perd wat sy bek

erbarmlik

wyd ooprek

en hartverskeurend skreeu.

Hier het die digter geheel en al wegbeweeg van die beeldgegewe na ʼn interteks wat met dieselfde tematiese materiaal as die Quin-beeld werk.

Gedig V, Naweë, (n.a.v. The kill) bevat, in Aristoteles se terminologie, die peripeteia of ommekeer: die mens raak bewus van sy boosaardigheid en morele ontaarding. Hy “smag … na ouwêreldse woorde / van ʼn kanonieke profeet”. En dan kom die “profeet” aan die woord met verwysing na die beeld Pietà:

Pieta - Maueen Quin

Pieta – Maueen Quin

“Voordat jy omdraai

en wegloop, sal jy

jou slagoffer opneem.

.

Jy sal hom op jou skouer dra

of op jou rug, en waar jy sit,

sal hy lê op jou skoot.

.

“In jou huis sal hy saans

oor jou bene hang,

om jou knieë vou

soos ʼn swaar koue karos,

sy slap en leë lewensvel

jou doodskleed van verwyt.

.

“Jy sal oor hom buig

en treur, jou skouers

krom geknakte vlerke.

Ver vooroor sal jy hang

vanweë jou wonde

en sy pyn sal jy dra.”

In die slotstrofe van die gedig kom die abstrakte verteller weer aan die woord:

Sou jy, in die aanloop,

by die aanhef van die stryd

jouself só kon vooruitsien?

Jy, in hierdie diepste rou?

Jy, wat so goed geweet het wat jy wou?

En kán jy dit wel dra, die smart van ʼn pietà?

Gedig VI, Anagnorisis (wat die beelde Grief, Remorse, Devastation en Supplication betrek), beeld die insig van die mens in sy onbenydenswaardige, hopelose posisie uit. Soos in die vorige gedigte, werk ook hierdie gedig lankal nie meer met die fisiese beelde wat die primêre interteks van die gedigreeks vorm nie. Hier handel dit om argetipiese, abstrakte waarhede:

Was daar in elke geval ooit iemand

eerlik in die lengte en die breedte,

die hoogte en die diepte

van oerwoorde soos berou,

belydenis, boetedoening

en verootmoediging?

Dan kom die profetiese woorde van die orakel/profeet weer tot die mens:

“Teen die grond sal jy huil

omdat jy weerloos is.

Jy sal jou handpalms

oop hou, omgedraai na boontoe

want as jy nog wil lewe,

moet jy versoening soek

oor mense en oor diere.”

Die laaste gedig van die groep, VII Pathos (n.a.v. The ultimate sacrifice) suggereer die laaste deel van Aristoteles se tragedie, naamlik lyding. In hierdie gedig word ʼn reddende wese wat ooreenkoms met die Christus-figuur vertoon, deur ʼn vrou geoffer. Hierdie gedig beskryf, soos die eerste gedig in die reeks, die beeld van Quin redelik getrou. Die implikasie is dat die mens nie self die skade kan goedmaak wat hy aangerig het nie, maar dat hy ʼn (R)redder nodig het, soos dit in die vorige gedig deur die profeet/orakel waargesê word:

The ultimate sacrifice - Maureen Quin

The ultimate sacrifice – Maureen Quin

“Woordeloos sal jy jou skuld

moet toelaat om jou te oorspoel.

Totdat die storm uitgewoed is,

sal jy vergeefs jou arms oopgooi

om die verlorenes vas te hou.

Op jou knieë sal jy vra

dat jy vergewe word.”

Met inagneming van die bostaande beskrywing van die gedigreeks van Heilna du Plooy, is dit insiggewend om te kyk na die beskrywing wat André Jolles in sy boek Einfache Formen (1930) van die mite gee. Daaruit blyk des te meer die sterk mitologiese aard van die gediggegewe.

Dit is veelbetekenend dat die digter die gedigreeks juis ʼn “gesprek” noem – veral as in ag geneem word dat André Jolles die mite basies beskou as ʼn vraag en ʼn antwoord. Jolles beskryf die essensie van die mite soos volg: “Es ist etwas vorangegangen, und dieses Etwas war eine Frage, waren viele Fragen. Und nun geht dem Fragenden eine Antwort zu. Diese Antwort ist so, daß keine weitere Frage gestellt werden kann, so, daß im Augenblicke, da sie gegeben wird, die Frage erlischt; diese Antwort ist entscheidend, sie ist bündig.” (Iets het gebeur, en hierdie iets was ʼn vraag, baie vrae. En nou word aan die vraagsteller ʼn antwoord verskaf. Hierdie antwoord is van so ʼn aard dat geen verdere vrae gestel kan word nie, so dat op die oomblik waarop die antwoord verskaf word, die vraag verdwyn; die antwoord is finaal en bondig.) Die mens is die vraagsteller wat die wêreld waarbinne hy leef, wil verstaan – nie net die tasbare dinge soos die son, maan en sterre nie (vgl. Genesis 1), maar ook metafisiese verskynsels. Die antwoord op hierdie vrae, wat altyd algemeen-menslik, universeel of argetipies van aard is, is die mite. Jung en Franz verwys daarna as “basic forms of human experience”.

Jolles trek verder ʼn interessante verband tussen die mite en die orakel soos dit byvoorbeeld by Herodotus voorkom. Die orakel word geraadpleeg met die veronderstelling dat ʼn antwoord verskaf sal word op ʼn dwingende vraag. Jolles stel dit egter duidelik dat dit, anders as by die orakel, in die mite nie sommer gaan oor enige willekeurige vraag nie, maar oor iets wat vir alle mense en alle tye geld. Die mite en die orakel hoort volgens Jolles tot dieselfde Geistesbeschäftigung of geestesaktiwiteit. Beide is waarsegging (waar-segging; dit sê die waarheid). Ook die woord “openbaring” sou gebruik kon word om die mitiese aktiwiteit te beskryf, maar dan met dié voorbehoud dat dit nie in die teologiese sin gebruik word waarin die wil van God of die gode direk geopenbaar word nie, maar wel in die sin van “oopmaak” van dit wat vir die mens verborge is/was. Hierdie aktiwiteit kom ook in Du Plooy se gedigreeks voor, naamlik in die profetiese woorde van die “kanonieke profeet” wat die lot van die mens, soos dit deur homself en sy immorele optrede bepaal is, uitlê (waar-sê).

ʼn Derde interessante opmerking wat Jolles oor die mite maak, is dat wanneer mense in die hoogste nood verkeer, die moontlikheid bestaan dat ʼn reddende wese mag verskyn om hom ʼn uitweg uit sy lyding te bied. Hierdie wese is “von höherer, besonderer Art” (hoog en besonders van aard) – ʼn nie-geslagtelike wese ʼn tipe androgene god) wat egter die vorm van ʼn maagd of ʼn jongman kan aanneem. So ʼn reddende figuur is byvoorbeeld Johanna van Arkel of, soos Jolles aanvoer, Athena wat die Grieke help in die Trojaanse Oorlog deur spiese van hulle af te wend en hulle krag te gee. Sy/hy veg egter nie self nie. Jesus Christus is ʼn tipiese voorbeeld van so ʼn reddende figuur (soos deur die Quin-beeld en Du Plooy se gedig gesuggereer), asook die goddelike Uschas in die Rigveda wat, net soos Athena, op ʼn strydwa verskyn met oorlogwapens toegerus.

Die mite, soos André Jolles dit verstaan, werk soos volg: “Die Wett der Mythe ist keine Welt in der es heute so und morgen anders zugeht, in der etwas kommen, aber auch ausbleiben kann; sie ist eine Welt, die Befestigung sucht, eine feste Welt.” (Die wêreld van die mite is nie ʼn wêreld waarin dit vandag so en môre anders gaan nie, ʼn wêreld waarin iets net sowel kan gebeur as nie gebeur nie; dit is ʼn wêreld wat soek na standvastigheid, ʼn vaste wêreld.) Dus ʼn wêreld wat deur alle mense verstaan en begryp kan word, ongeag waar hulle hulleself in tyd of ruimte bevind, in hierdie geval ʼn wêreld van die gees waarin die verbod op moord en die opdrag van naasteliefde ʼn universele etiese ingesteldheid is.

Beskou in die lig van hierdie siening van die mite, is dit duidelik dat die gedigreeks Die jag mities van aard is. Die reeks gedigte wil die argetipiese inhoud wat deur die beeldreeks gesuggereer word, deur middel van die poësie verryk, toelig en nuutbedink. Dit is nie ʼn poging om die beeldreeks te beskryf nie, maar – soos in die mite – word ʼn vraag aan die reeks beelde gestel ten opsigte van hulle betekenis, en die antwoord kom in die vorm van argetipiese, algemeen-menslike insigte, profesieë en simbole. Hierdie verhouding word, retories gesproke, ook verteenwoordig deur die metafoor.

Die jag as metafoor

Die mite en die metafoor is inherent verwant aan mekaar. Randall O. Steward skryf: “As we study the ancient myths, we discover we are actually dealing with metaphors – visual and colourful figures of speech used to add depth and meaning to an idea (…) [The Greeks] believed in their myths, but only figuratively, and they were mostly speaking about their own humanity.” In Metaphor and paradox sê Thomas Ross: “The transformational power of language is an opening into myth. Myth, like metaphor, is a way of thinking about one order of things in terms of a different order (…) Myth permits a way of thinking about what we mortals mean in terms of the gods we are not.” Ten opsigte van die ikoniese beeldhouwerke wat deel uitmaak van The hunt, is die gedigreeks Die jag ʼn poging om die beelde te transformeer na ʼn ander medium, naamlik poëtiese taal, om ʼn slag anders te dink oor die beelde, ander sintuie te gebruik in terme van betekenisgewing en om die onsegbare wat in die ikoniese beeldhouwerke skuil, talig te suggereer. ʼn Mens sou kon beweer dat Du Plooy se gedigte in dieselfde verhouding ten opsigte van die beeldreeks staan, as wat ʼn metafoor ten opsigte van ʼn gedig of ʼn stuk prosa of enige ander taaluiting staan. In die woorde van William H. Gass: “We use metaphor when description, explanation and theory fall short. A metaphor moves toward meaning by circling around definition, description and explanation (…) It presents to the mind one thing in order that the mind may seem to have posession of another” (Fiction and figures of life).

Soos by die mite, is die aard van die metafoor ook dat ʼn algemeen-geldende “waarheid” daardeur geïmpliseer word. Ek wil ʼn laaste aanhaling as motivering aanbied. Joseph Campbell (Thou art that, p.91) beskryf die werking van die metafoor soos volg: “These [metaphorical] images must point past themselves to that ultimate truth which must be told: that life does not have any one absolutely fixed meaning. These images must point past all meanings given, beyond all definitions and relationships, to that really ineffable mystery that is just the existence, the being of ourselves and of our world. If we give that mystery an exact meaning we diminish the experience of its real depth. But when a poet carries the mind into a context of meanings and then pitches it past those, one knows that marvelous rapture that comes from going past all categories of definition. Here we sense the function of metaphor that allows us to make a journey we could not otherwise make, past all categories of definition.”

Deur haar gedigte oor die Quin-beelde wil Heilna du Plooy onder andere te kenne gee dat die beelde nie deur middel van letterlike woordbetekenis gerepresenteer kan word nie. Daarom maak sy van ʼn ander kodestelsel, naamlik die mite wat by wyse van ʼn poëtiese teks aangebied word, gebruik om aan te toon dat daar ʼn argetipiese waarheid aan dié beelde kleef, wat nie deur woorde (of beelde) gerepresenteer kan word nie, ʼn waarheid waaroor slegs deur middel van die mite en die metafoor, waarin die essensie ongesê bly, aangeraak kan word.

Marlies Taljard: Hoe vou ʼn mens sy liggaam in die vorms van woorde (Deel 2)

Sunday, May 10th, 2015

Daar is reeds veel geskryf oor Heilna du Plooy se “Gesprek met die beeldreeks The Hunt van Maureen Quin” wat in haar nuutste bundel, Die stilte opgeskort (2014) verskyn onder die titel Die jag. Die doel van hierdie kort artikel is – soos ek in my vorige blog aangedui het – om die fokus te laat val op (onder andere) enkele narratologiese aspekte van dié gedigreeks.
The Hunt is ʼn reeks van 12 bronsbeelde deur die beeldhouer Maureen Quin wat tussen 1991 en 1999 ontstaan het (te sien by http://www.quin-art.co.za/hunt.htm). Quin self sê oor die beeldreeks: “I do not want to prescribe to the viewer what to see or experience, but I have tried to express the horror I feel for man’s inhumanity to his fellow man, compounded with the wanton destruction of our environment in the name of development, greed, power and self gratification.” Elders sê sy: “I am African and it saddens me to see that Africa is self-destructing. Finding an artistic solution for my thinking about these problems has not been easy. I had to explore many avenues before I found a way to express the vision which I so desperately wanted to represent in a tangible form.”
The hunt bestaan uit 12 bronsbeelde wat tematies aan mekaar verbind is. Die slanke, gespierde figure is deels mens, deels dier en beeld die verhouding uit tussen jagter en prooi. Oor die ontstaan van die reeks skryf Quin: “Initially I did not set out with any preconceived ideas or themes. I followed my creative instinct until I had reached an indefinable moment when the central theme of what I was doing gradually begun to emerge and manifest itself. From that point onwards I was lead intuitively to the completion of the series.”
Quin se betiteling van elke beeldhouwerk en die feit dat dit altyd in dieselfde volgorde uitgestal en afgedruk word, insinueer ʼn duidelike narratiewe inslag. Die titels suggereer ʼn basiese storie met ten minste twee perspektiewe, naamlik dié van die jagter en dié van die prooi: Bushman – Hunter – Chase I – Chase II – The hunted – The kill – Pietà – Grief – Remorse – Devastation – Supplication – The ultimate sacrifice.

The hunter - Maureen Quin

The hunter – Maureen Quin

Hoewel du Plooy in haar gedigreeks, waar die beelde telkens saam met die gedigte afgedruk is, dieselfde volgorde gebruik waarin die Quin-werke uitgestal en afgedruk word (sy laat Chase II uit), benoem sy haar gedigte anders, en inkorporeer sy soms meer as een beeldhouwerk in dieselfde gedig. Haar titels lui: Die Man (n.a.v. Bushman) – Die jagter (n.a.v. Hunter) – Jag (n.a.v. Chase I) – Die prooi (n.a.v. The hunted) – Naweë (n.a.v. The kill en Pietà) – Anagnorisis (n.a.v. Grief, Remorse, Devastation en Supplication) – Pathos (n.a.v. The ultimate sacrifice).

Die titels Anagnorisis en Pathos het betrekking op die plot of die intrige van die tragedie soos Aristoteles (384-322 v.C.) dit in sy Poetika beskryf. In die tragedie word die val van die held uitgebeeld, dikwels deurdat hy ʼn oordeelsfout begaan of weens ʼn inherente menslike swakheid. Die held hoef nie te sterf nie, maar sy lewenslot moet drasties verander. Daarbenewens kom hy ook dikwels tot insig aangaande die lot van die mens of die inherente menslike kondisie. Aristoteles beskryf dié insig as “a change from ignorance to awareness of a bond of love or hate” (ek gebruik Gerald F. Else se vertaling van Aristoteles se Poëtika).
Aristoteles definieer die tragedie soos volg: “Tragedy, then, is a process of imitating an action which has serious implications, is complete, and possesses magnitude; by means of language which has been made sensuously attractive, with each of its varieties found separately in the parts; enacted by the persons themselves and not presented through narrative; through a course of pity and fear completing the purification (catharsis, sometimes translated “purgation”) of such emotions.”
Nabootsing of mimesis waardeur die werklikheid of die waarheid deur middel van kuns gerepresenteer word, gee volgens Aristoteles vorm en betekenis aan dié werklikheid of waarheid – in teenstelling tot Plato se insig dat die werklikheid nie deur kuns gerepresenteer kan word nie. Omdat die poësie volgens Aristoteles se insig meestal met universele waarhede werk, word ʼn universele werklikheid of waarheid in gedigte uitgebeeld, en nie enige toevallige gebeurtenis nie. “Handeling met ernstige implikasies” beteken dat dit geskik is om vrees of medelye te ontlok en raak gewoonlik etiese, psigologiese of sosiale kwessies aan. Die feit dat die handeling volledig behoort te wees en groots in omvang beteken, aldus die Poëtica, dat dit nie net ʼn reeks episodes is wat uitgebeeld word nie, maar die konsep van nabootsing is hier belangrik in die sin dat handeling selektief uitgebeeld word. Enige aspek van die handeling wat nie in sigself universele waarhede bevat nie, word uitgelaat. Die taal moet geskik wees vir poëtiese uitinge en moet meer melodieus wees as prosa. Die tragedie maak staat op dramatisering en nie, soos die epiek, op vertelling en die rol van die verteller wat die storie vertel nie. Die tragiese handeling gee aanleiding tot emosies van vrees en medelye. Dan kom die katarsis en word alles wat vuil of besoedel was, in die laaste toneel (die pathos) gesuiwer (deur dit te omskep in voordeel) of verwyder (deur dit uit die emosionele sisteem uit te werk).
Aristoteles onderskei ses elemente van die tragedie, waarvan plot (storie) die belangrikste is. Volgens hom is die plot wat enkelvoudig maar kompleks is, die beste soort plot. Dit is die soort plot wat gekenmerk word deur ʼn ommekeer en ʼn insig. Die ommekeer (peripeteia in Aristoteles se terme) vind plaas wanneer die handeling wat sy loop in ʼn bepaalde rigting geneem het, skielik “omgekeer” word. Insig (anagnorisis, wat in Engels dikwels vertaal word as recognition, knowing again, knowing back, knowing throughout) is ʼn ingesteldheidsverandering van onkunde na bewuswording van ʼn band van liefde of haat, soos wanneer Oedipus die koning van Thebes doodmaak en dan uitvind dat dit sy vader was wat hy vermoor het. Die derde plot-element waarna Aristoteles verwys, is lyding (pathos). Dit kan ook met die woorde ramp, onheil of ellende vertaal word en is ʼn destruktiewe of pynlike handeling.
Neem ʼn mens nou weer die gedigreeks Die jag in oënskou, blyk dit dat hierdie reeks opgebou is volgens Aristoteles se beskrywing van die tragedie: In Die Man word die figuur in besonderhede beskryf. Elke gewrig is
ʼn hefboom wat werk
om in sy onskuld oop
te staan min te verberg
(my kursivering)

Die figuur is “onmiskenbaar mens” en het in sy hand ʼn instrument
wat soos ʼn speer so skerp word
wanneer hy hom verweer

Die volgende gedigte, Die jagter en Jag bevat die aanvanklike handeling wat medelye ontlok (Die prooi). Die ommekeer (peripeteia) kom in Naweë:
Ná die geveg staan die jagter
vervreemd in die aller-
innigste stilte

Sonder luister hoor hy die kreun
van sy eie soort en hy weet,
ons is nou een.
(My kursivering)

Insig in die onvermoë en die weerloosheid van die mens en veral die kunstenaar met gepaardgaande verslaenheid en die besef dat boetedoening moet volg, is die tema van die lang gedig Anagnorisis:
Hoe vou ʼn mens sy liggaam
in die vorms van woorde
uit ʼn vergete woordeskat?
Hoe wys ʼn mens se slim
slim hande smart?
Hoe sê ʼn mens se slim
slim mond verslaenheid?
Is daar woorde vir die maaksel
van ongeborgenheid
en onherbergsaamheid
wat voortspruit uit die mens se wil?

Die laaste gedig van die reeks, Pathos, verwys duidelik na die kruisiging van Christus en die moeder se pynlike offerhandeling.
Uit hierdie bespreking behoort dit duidelik te wees dat Heilna du Plooy se gedigreeks Die jag nie ʼn blote beskrywing of ʼn eenvoudige herinterpretasie van ʼn reeks beeldhouwerke is nie. Sy struktureer die reeks doelbewus met inagneming van Aristoteles se beskrywing van die tragedie en maak selfs van sy terminologie gebruik om haar werkwyse openbaar te maak. In my volgende blog sal ek uitbrei op die voorafgaande insigte en probeer aantoon wat die verhouding is tussen die gedigreeks en die primêre kunswerk.

Wicus Luwes. Selfies Vs. Shelfies

Monday, March 2nd, 2015

‘n Paar bekende foto’s as selfies

Wat is die Afrikaanse woord vir ‘selfie’? Een armlengte is miskien te naby om ordentlik te fokus, maar kom ons praat eerder oor foto’s. Die beskikbaarheid van ongelooflike kameras in ons fone, tablette en alle apparate wat met nulle en ene werk, het dit moontlik gemaak om (doen-dit-)selfportrette op selfoonskerms te skep. Daar is die selfie by die winkelsentrum, die selfie met die nuwe haarstyl en die selfie saam met vriende by die restaurant – tegnies gesproke is dit ‘n onsie, maar miskien is ek besig om myself te verwar.

Die variasies op die tema is legio, maar een wat my oog gevang het, was die ‘shelfie’ variasie (Wat is die Afrikaanse woord vir ‘shelfie’?) ‘n ‘Shelfie’ is ‘n foto van ‘n boekrak. Hierdie tong-in-die-kies variasie op die tema lê vir my naby aan die hart. ‘n Boekrak / rak vol boeke se omvang of reikwydte is dieper as die rak waarop dit staan. Die woorde ontsluit wêrelde en plekke wat foto’s nie kan beskryf nie.

‘n Paar digters was bereid om hul ‘shelfies’ met ons te deel. Jou eie boekrak is die somtotaal van jare se herinneringe en studies en geskenke. Jy weet presies waar jou gunsteling boeke hul krul gekry het. Beelde van die plekke waar jy dit gelees het en hoe jy gevoel het, is saam met die bladsye gebind.

René Bohnen het besluit om haar rakke vol digbundels met ons te deel met die neem van haar ‘shelfie’. Die boeke wat haar skoonpa, nou 99 jaar oud, vir haar gegee het, is vir haar kosbaar. Hieronder tel ‘n 1944 uitgawe van “Die siel van die mier” deur Eugene Marais wat pryk langs ‘n ander geskenkboek, ‘n 1949 uitgawe van Albert Schweitzer se 1928 toespraak: “on receiving the city’s Goethe Prize for services to humanity”.

vlamtong
deur René Bohnen

en toe hy die woord ukhahlamba
spreek
was daar vuur in
sy mond

berg
het hy gesê en
om
het die pieke geantwoord om
eggo
die amfiteater om

om
sing die wind in
grassade en die stertvere
van sakaboelas om
janfrederik, tiptol, om
aalwyne, waterval, die tugela om

en om bulk die beeste
met bruin stemme
wat wegsink in
rimpelklip

intaba yami, bid die paters
en die priesters in hul grotte, om
dans die bok-
beelde immer
om

in die sneeu op
die monnik se rug om
warrel psalms oor
die afgrondkrans by
cathedral peak en om
sjampanjekasteel

deur immer digte mis
om die vol alom
die ukhahlamba
om   om   om

Ander boeke wat haar oorlede skoonma, Pauline Bohnen, geskryf en illustreer het, neem ‘n spesiale plek in die boekrak (en haar hart) op. Pauline Bohnen was ‘n botanis en het twee boeke oor die plante van die Suid-Kaap geskryf. René se gedigte het ‘n sterk verbintenis met die natuur en ek kan definitief verstaan hoe hierdie boeke ‘n spesiale plek in haar boekrak kon kry. Dis ‘n voorreg om die beelde wat sy in haar gedagtes geskep het te kon lees, sien en hoor.

Collected Poems van Adonis, die uitgeweke Siriese digter, en Al die Lieflike Dade van Charl-Pierre Naudé is van die nuutste boeke wat ‘n plek in die rakke gekry het.

Song
deur Adonis (Vertaal deur Khaled Mattawa)

uit “Elegy for the First Century”

Bells on our eyelashes
and the death throes of words,
and I among fields of speech,
a knight on a horse made of dirt.
My lungs are my poetry, my eyes a book,
and I, under the skin of words,
on the beaming banks of foam,
a poet who sang  and died
leaving this singed elegy
before the faces of poets,
for birds at the edge of sky.

Heilna du Plooy was ook bereid om haar ‘shelfies’ met ons te deel. Op ‘n persoonlike noot besef ek daagliks meer en meer dat ons net aan mekaar geleen is. Die een foto bevat boeke wat Heilna by TT Cloete geërf het (op voorwaarde dat hy sy boeke enige tyd kan ‘leen’). Miskien word ons boeke, soos die mens, ook net aan ons geleen.

Tussen hierdie boeke is daar vertalings uit die klassieke Aristophanus, Euripides, Sophokles en Virgillius. Verder is daar klassieke werke van Dürrenmatt, Camus, Tsjekof, Dumas, Duras, Lorca, Montales en Flaubert.

Die skat wat hierdie boeke (vertalings en oorspronklik) verteenwoordig, kan definitief nie in geldwaarde omgesit word nie. Tussen die rakke word wêrelde aan mekaar verbind. Die rakke word eerder brûe. Die lengte, breedte en hoogte van ‘n boekrak kan nie met maatbande en liniale gemeet word nie.

Terug by Heilna se foto’s sien ons ook die rak met digbundels, romans en kunsboeke.
Ook die klein boeke, klein woordeboeke, sprokiesversameling en ‘n baie klein Koran kry ‘n plek in die boekrak. ‘n Versameling Shakespeare sonnette in hardeband is ook spesiaal vir Heilna. Die buiteblad van die sonnette is in blou sy oorgetrek – kosbaar.

Sy begin die beskrywing van die foto’s as volg: ‘Hierby die foto’s van die shelfies, dis nou my liefste rakke, aangeheg.’ ‘My liefste rakke’ is so ‘n raak beskrywing van wat ‘n boekrak vir baie mense beteken. Ons staan op die skouers van skrywers en idees wat deur die eeue heen gevorm is.

Leamington Sea

deur Heilna du Plooy

In die sekure land van ingesete
orde, staan ons op ‘n brug
waar takke oor die water sluit
bo-oor ‘n stil en baie ou rivier.

Ons sien hoe byna vyftig wilde-eende in ‘n ry
bors teen bors teen stert
onverstoorbaar in ‘n kurwe
geluidloos deur die spieëlvlak gly.

Minder as ‘n dagreis ver
lê effektiewe kuberstede.
Ons kyk na grasie en na misterie.
Ons kyk na onbevange lewe.

Die ‘shelfie’ / boekrak-foto is vir my baie meer persoonlik as ‘n selfie. Dit vertel jou meer oor iemand, maar los tog ‘n tikkie misterie. Ek bedank René Bohnen en Heilna du Plooy dat hul bereid was om die spesiale boekrakke in hul lewens met ons te deel.

As lusmaker wys ek een foto van ‘n digter wie sy ‘shelfies’ by ‘n volgende geleentheid met ons gaan deel.

Bronne:
1. Bohnen, R. 2011. In die niks al om. Pretoria: LAPA uitwegers
2. Du Plooy, H. 2003. In die Landskap Ingelyf. Pretoria: Protea Boekhuis
3. Internet: http://www.poetryfoundation.org/poem/243408
4. Internet: http://www.zerottonove.it/selfie-selfie-syndrome-percezione-alterata-di-se/

Digstring: Heilna du Plooy. Ouhoutfluit.

Wednesday, November 26th, 2014

Digstring

Enkele vrae oor die rugstring van ’n gedig

*

Ouhoutfluit

Vir my pa se houtgeworde tyd

 

Wat gebeur, is nie

wat gebeur het nie.

 

’n Pampoenstoel groei so allerhaastig,

haak sy ranke met dun wortels alleryl

vas aan die bolaag van die werf.

Die plant is onkieskeurig:

Hoe geil hy ook al groei

in hierdie agterplaas, dra hy

sy pampoene tot drie erwe ver.

 

Die kinders loop die ranke na en soek

die sterkste blare op die sterkste stingels:

Reg ingesny is elke vars groen steel

’n onmiddellike musiekinstrument.

Straataf met ’n impromptu optogorkes

blaas elke kind uit sy fluit

’n kortstondige skor geluid:

 

’n rou en vrolike lawaai gans onverwant

aan die stilte van groei in swart grond.

Inderdaad is wat gebeur het,

nie wat gebeur nie.

 

’n Loot groei langsaam tot ’n boom;

hoe langsamer, hoe digter,

hoe duursamer die grein.

Verslag van seisoene se weer

sorgvuldig in jaarringe geargiveer,

dra die boom sy erfenis diep, eers veel

later kenbaar: Om hout te word, neem tyd.

 

 

Die vakman wat sy bome ken

sal uit die groot verskeidenheid

– vir die beste, die swaarste,

die fynste, die syigste, die digste

en waterdigte soorte hout, hetsy ebbe,

swart ivoor, buks, yster, lance

(gepas raasblaar in Afrikaans!),

 

mopanie en veel vroeër slegs roos

– van iewers oor die hele aarde

die geskikte boom kan uitwys.

Dele van diere kan glo ook sing:

die ivoor van ’n olifanttand,

die bene van swane en volgens ou boeke

ook skeen – dalk van ’n mens?

 

Tydsaam word die hout gedroog,

raak die boom beleë in stromende lug.

Diep word die stomp dan gekloof

om die hart van die stam te ontbloot.

Daarná kom die oudgebore oog

en oor en merk een skrander baan

van glad gefossileerde vesel:

 

vooruit hoorbaar as net hierdie fluit

met die grasie van ’n swaan,

die geheue van ’n olifant, en dalk

met ’n vonk van God vir die mens.

Dan kan daar geluister word

na die geronde note, die verrykte

timbre, na die ongeveinsde geluid

 

wat soveel stemme, soveel toonaarde,

’n kaleidoskoop van menslikhede en verhale,

simfonies in wysies en in liedere in-sluit.

’n Toegeneë oor sal in die asemteue

deur die donker houtgeworde tyd

kan hoor hoe dit die note wel beskore is

om nader aan die ongekende te mag swewe.

 

(c) Heilna du Plooy, (Uit: Die stilte opgeskort, 2014: Protea Boekhuis)

Heilna, wanneer het jy dié gedig geskryf. Hoe het dit ontstaan?

Ek het die gedig geskryf ongeveer in die middel van 2013 volgens die datums wat ek daarby aangeteken het. Dit is iets wat ek dikwels vergeet om te doen en eintlik is dit tog belangrik vir ’n mens self as jy agterna weer wil besin oor wat jy gedoen het.

Die gedig gaan terug op iets wat my pa dikwels gesê het, naamlik dat ’n boom “houtgeworde tyd” is. Ek het altyd gevoel daar is potensiaal vir ’n gedig daarin, hetsy in die frase of die idee. Maar soos sekerlik vir baie ander digters ook, moet ek soms vir die gedig wag. Die idee moet sy tentakeltjies uitsteek om ander gedagtes nader te trek en daar moet ’n sterker gedagtegang ontwikkel wat ’n gedig kan dra. En hierdie een het lank op hom laat wag.

Soms kom gedigte wel onmiddellik in mens se kop. Die reeksie “Vierluik” het ek in een worp op ’n Sondagoggend in die bed op ’n stukkie papier neergeskryf en ek was self verbaas toe ek agterna besef ek wil en het ook inderdaad geen woord verder daaraan verander nie.

Maar hierdie gedig het uitgegroei rondom die sentrale frase wat vir my verband hou met tyd, met insig en besinning, met herinnering, met interpretasie en met die onvermoë en onmag om regtig te weet en te verstaan.

Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Die gedig het  by die eerste neerskryf reeds die basiese vorm van die finale versie gehad, die fases van die argument en die metaforiek. Ek broei hoofsaaklik in my kop met ’n gedig, raak eintlik liggies besete met die idee en die woorde en dit maal eers in my kop tot ek besef daar is ’n vorm, of die woorde en die idee en ’n bepaalde formaat het mekaar gevind. In hierdie fase van ’n gedig dink ek op ’n onderlaag van my brein eintlik aanmekaar daaraan en eers as ek dit neergeskryf het, kan ek ontspan.

Maar ek het wel aan die gedig geskaaf, natuurlik afgeskaaf, want aanvanklik skryf mens maar alles neer wat moontlik ’n plek moet kry.   Die werkstitels was opeenvolgend “Nuus”, daarna “ Boodskap” en “Boodskapdraer” maar dit kon uiteraard nie die gedig se titel wees nie. Sulke werkstitels is eerder vir myself ’n aanduiding van die onderliggende gedagte en natuurlik ’n manier om die gedig weer in die rekenaar te kan opspoor.

Hoeveel van dié vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Die impuls vir die gedig, vermoed ek, het ek ingekry, dit is vir my in die woorde van die frase “houtgeworde tyd” ingegee want dit is die frase wat my oor jare gekwel het. Die woorde was dus ’n latente inhoud in my denke vir ’n lang tyd. Maar toe ek die  tentakelraamwerkie raakgedink het, het dit relatief vinnig ontwikkel tot by die neerskryf. Die afronding het ook pynloos verloop.

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Die ontwikkeling van die gedagtegang was in hierdie gedig vir my belangrik. Die vormgewing is vir my altyd baie belangrik want vorm dra immers ook betekenis  – dit is wat ek trouens oor jare vir studente geleer het en eintlik weet ek nie meer wat ek self weet en waarmee ek myself via slimmer literêre geeste en skrywers geïndoktrineer het nie. Maar dit is wat vir my werk in ’n gedig en as die vorm en die inhoud mekaar nie ondersteun en uitbou nie (op watter gewone óf alternatiese wyse ook al), voel ek as leser van ’n gedig gekul.

Wat uit die materiaal vir my na vore gekom het, was die gang van tyd, die tyd wat nodig is vir besinning en begrip. En hierdie verloop van tyd het die inhoud en vorm van die gedig beïnvloed. Daarom is daar in die gedig lang sinne, ook parentetiese sinne wat half natuurlik gebeur het na aanleiding van die gedagtegang. Dit was aanvanklik ook erger maar ek het dit wel bietjie meer lesersvriendelik gemaak. Daar is ook ’n narratiewe lyn in ’n gedeelte van die gedig, naamlik die neskrywing van die maak van ’n fluit, maar die fluite en die maakproses slaan vir my nie net op die fluite nie. Dit dui ook op die onderliggende proses wat aan die kreatiewe handeling voorafgaan. Nie dat mens alles hoef te verstaan nie, juis nie, maar die besinning en ryping is vir my nodig.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as klankbord gebruik terwyl jy aan ’n vers werk?

Ek het nie regtig “’n eerste leser nie”, maar daar is vriende (partykeer Joan Hambidge) en ook van my jonger kollegas (soos Phil van Schalkwyk) aan wie ek soms ’n gedig sal wys. As mens mos daardie eerste klaargeskryfde produkkie so aankyk, wil jy dit deel, want al sê mense wat, taal en skryf het met kommunikasie te make. Ek kan nie onthou vir wie ek hierdie gedig aanvanklik gewys het nie, maar in ’n later stadium het T.T.Cloete dit gelees en nogal baie daarvan gehou.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

Hierdie gedig het nêrens anders verskyn voordat dit in die bundel opgeneem is nie.

Kan jy ietsie sê oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in dié vers?

Interessant genoeg het die vers op verskeie vlakke met feit en fiksie te make. Soos ek hierbo verduidelik het, het my pa by geleentheid die frase “houtgeworde tyd” gebruik om ’n boom te beskryf. Dit is dus seker ’n feit. Dat ons as kinders pampoenfluite gemaak het, is ook ’n feit. My ouers het ’n groot erf in ’n voorstad gehad met ’n yslike groente- en vrugtetuin en daar kon sterk pampoenplante welig en wyd groei. Daardie dik blaarstingels het lekker fluite gemaak, ook jou mond erg laat brand na ’n rukkie. Dis ook ’n feit. My pa het ook altyd gespot en gesê ’n lywige agenda met baie bylae (soos byvoorbeeld op ’n sinode, wat hy, nadat hy as onderwyser afgetree het, ’n paar keer bygewoon het), is soos ’n pampoen wat hier groei en sy pampoene drie erwe verderaan dra. Dit het ek ook gesteel, maar anders gebruik.

Maar die gedig gaan vir my ook oor beriggewing in verskillende vorme en die oppervlakkigheid van nuus en verslaggewing. As jy onmiddellik reageer, kan jy ’n hard en duidelike, maar ongesofistikeerde en dikwels verkeerde boodskap oordra, want insig neem tyd. In die tyd waarin ons leef, is dit ongelukkig dikwels die een wat die hardste en vinnigste skree (veral in die media) wat die beste gehoor word. Die onmiddellike reaksie kan egter ’n fiksie wees omdat dit naïef en onbedag bly of slegs vanuit een hoek aangebied word; vir my lyk dit eerder of ’n feit relatief onbepaalbaar is en die volle implikasies daarvan inderwaarheid meestal ontoeganklik is en bly.

Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?

Wat ek nou net hierbo gesê het, is een aspek van die gedig, maar ek sou tog dink of hoop dat die gedig ook en dalk veral ’n poëtikale gedig is en dat dit raakgelees sal word. As ’n saak belangrik is, of ernstig, of kontensieus, is dit selde eenvoudig en dit neem tyd en besinning om woorde daarvoor te vind. Hierdie proses is egter nie bepaalbaar of voorspelbaar nie – daar is baie soorte bome en net party se hout is geskik om fluite van te maak; uit die hele boom moet die fluitmaker met ’n kennersoog die regte strook fyn en digte hout uitsoek; die fluitmaker moet dan ook maak sy vaardigheid gebruik om die fluit te maak. Die fluitspeler moet die instrument toets en goed gebruik. Die onsekere grense en selfs die lukrake aard van al sulke prosesse is vanselfsprekend – dit word gebruik, maar dit gebeur ook vanself.

In teenstelling met die luide en selfversekerde oordele en uitsprake van die daaglikse nuus en van byvoorbeeld politici wat alles oorvereenvoudig, werk die digter se kop anders. Sy weet nie wat groei in haar nie, sy weet nie vooraf wat bruikbaar gaan wees nie en sy moet wag vir tyd en vir groei. Want uiteindelik raak alles aan alles en in elke woord is ’n wêreld van ervaring en betekenismoontlikhede opgeslote.

Uiteindelik gaan dit ook oor die ontvanger van die gedig of enige ander kunswerk: daar moet ’n “toegeneë” oor wees; dit verg ’n bepaalde ingesteldheid om hierdie soort kommunikasie te verstaan of te wil verstaan. Ons leef in ’n tyd van direkte een-tot-een-betekenis, van kitsinligting en “one-liners” asof die lewe op te som is of saam te trek is in slagspreuke en wysneusighede. Hierdie gedig is oner meer my klein protes daarteen.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skildery) wat ’n bepaalde invloed op die tot standkoming van dié betrokke vers gelei het?

Vanselfsprekend speel musiek hier ’n belangrike rol. Dit is dalk ook ’n feit onderliggend aan die gedig: as kind het ek werklik elke dag urelank klavier geoefen en die grenslose, uitwaaierende, suggestieryke, intuïtiewe en terselfdertyd, in die sin van verhoogde bewussyn, hoogsbewuste manier waarop musiek kommunikeer, het, dink ek, gewoon deel geword van die manier waarop ek dink, verstaan, luister en funksioneer. Maar dit gaan om die musiek as soortlike verskynsel en nie oor ’n bepaalde stuk musiek nie.

Het jy ’n bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan ’n vers werk?

Ek glo nie. Dit voel vir my eerder asof die materiaal waarmee ek werk my gespreksgenoot is. Maar soos ek reeds gesê het, mens wil dit wel uiteindelik deel.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Die gedig is dalk meer uitgesponne, want ek verkies meestal ’n gestroopte vers. Maar dit pla my nie want ek bly daarby dat die stof van ’n gedig sy vorm medebepaal. Hierdie gedig gaan oor prosesse en is dus self ook ’n prosesmatige vers. Jy kan tog nie die verskeidenheid van die lewe en ervarings in een formaat of styl probeer indwing nie.

Is daar iets in dié vers wat jy as tipies “Suid-Afrikaans” sal beskou?

Die gedig is in sy geheel ingegee deur dinge wat Suid-Afrikaans is, deur my lewe in hierdie land, in hierdie ruimtes en in hierdie omstandighede. Jy kan sê dat as ’n versweë voorveronderstelling die kleure, die lig en die atmosfeer van hierdie land asemhaal in die gedig. Ook die kommentaar is dalk verskuil, maar vir my as digter is dit daar of ander dit raaklees of nie. Die raaklees deur ander mense is immers net die digter se droom en ideaal. Buitendien moet al die gedigte in die bundel ook saamgelees word om van die deurlopende temas en lyne bewus te word. En ons almal weet hoe min mense poësie lees, en hoe nog minder dit deeglik lees.

Kon jy dié vers tot ’n bevredigende punt afhandel, of het jy dit maar ten einde laas “versaak”?

Die gedig is miskien tog wel afgehandel. Iewers moet mens selfs  jou kinders groet. Sekerlik sou nog ’n herwerkproses iewers ’n woord of wat kon verander, maar perfeksie is ook soms vervelig. Dit is dus goed so en ek laat die gedig daar, want daar is nuwe gedagtes wat gedink moet word. Buitendien sê die gedig aan die einde darem self dat die note net |nader aan die ongekende” sal swewe. Dit is dus geen absolute stelling nie – in poëtiese terme het die gedig ’n oop einde.

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Oor die spesifieke gedig het min mense nog iets gesê. Dit was aanvanklik aan die begin van die bundel net na die gedig “Die vrou en die veer” geplaas om as poëtikale gedig daarby aan te sluit. Toe dink ek weer, nee, dit is te veel en te erg. Spaar die lesers en spasieer die langer gedigte. Nou staan die gedig dalk ’n bietjie weggesteek, maar dit vorm vir my wel ’n bruggie tussen gedigte wat ek as nogal bietjie betrokke beskou in die voorafgaande afdeling en die persoonlike maar, vir my, werklik ernstige besinnende verse wat daarop volg.

’n Laaste vraag, ter wille van die interessantheid: Kan jy nog die eerste vers wat jy ooit geskryf het, onthou? Indien wel, vertel ons ietsie daarvan?

Die werklike poëtiese sondes van my jeug is genadiglik in klein boekies iewers in my studeerkamer se kaste en rakke bedolwe. Ek het soos alle woord-benewelde adolessente gedigte geskryf, maar ek het nooit regtig na hierdie pogings teruggekeer nie. Daarna het my lewe ’n narratiewe rigting ingeslaan, in die werklikheid met ’n huis en kinders, en in my werk met navorsing oor die prosakuns.  Ek het altyd gedink ek sou stories skryf en daarvan is daar ook inderdaad ’n paar in kaste en rakke bedolwe.

In die aanloop na die verkiesing van 1994 was ek, soos almal in die land, baie bewus van die geweldige onderliggende spanning en die kompleksiteit daarvan. Dit het vir my gevoel mens kan nie daaroor stories skryf nie, nog nie, want dit was nog te naby. Die lyne en onderskeidings was te moeilik en verwarrend soos wat die geweld toegeneem het. Om die verloop van ’n verhaal te kan natrek, sou meer afstand en tyd verg. Maar jy dink wel oor alles en raak saam met almal afwisselend terneergedruk en hoopvol en hierdie konflikterende gedagtes soek uiting. Vir my het hierdie uiting asof vanself in die vorm van poësie gekom.

In die winter van 1993 moes ons na die Noorde toe ry vir ’n sportgeleentheid van een van ons kinders en dit was ontsettend droog. Die land was, so ver as wat ons gery het, bar en dor en kleurloos uitgedroog en toe ons tuiskom, het ek die gedig “Wintervloekpsalm” geskryf wat die derde gedig in my eerste bundel is. Ek beskou dit as my eerste formele, want uiteindelik openbare, poging tot ’n gedig – dit is eers as brokstukkies neergeskryf en later aanmekaargelas.

Ek het, soos wat ek nou nog doen as ek besig is om ’n gedig te skryf, vir myself gesê: “Skryf net soos wat jy voel en wat jy dink. Niemand anders hoef dit tog te sien nie. Jy kan altyd agterna daaraan werk of dit weggooi of uitvee. Dit gaan nie nou om wat ander kan of gaan dink nie, dis nie ’n kompetisie of ’n eksamen nie. Dit gaan daarom dat jy nou hierdie gedagtes uit jou gees uitkry en hulle aan die papier toevertrou. Papier kan dit dra en jy kan tot rus kom omdat jy dit nie langer hoef te onthou nie.”

Nou klink hierdie gedig vir my vreeslik depressief want daardie geweld het wel ontspan en in ’n mate opgelos en die verkiesing was uiteindelik ’n euforiese geleentheid, maar die emosie is wel onherroeplik en ongesensureerd vasgevang en opgeteken. Vir wat dit werd is, is dit eg beleef.

Wintervloekpsalm

Augustus 1993

 

Hoekom is my huis hier?

Hier waar net die hardste hardes hou

waar winterstamme swart

en skeletaal strak staan

en dorings van die dorste dorte wit?

 

Waarvoor moet ek dankbaar wees?

Geel bolblomme aan die wattel

wat vervuil

roes aan die harde blare

van die anderlandse sipres

donker winterbrand in ’n metaalbal

van harde lig

 

alles en almal vas omsluit

deur donker haat wat skroei

die enigste geilheid mense wat bloei?

 

*

 

Julle bome het so baie blare

–         sê ek vir my Nederlandse vriend –
syig sag en soepel
die hemel ’n wolgrys koepel.

 

By ons is blare klein en hard

bros tussen dorings en droë bas

net soos ons verknot van die las.

 

By ons staan die takke stug en styf

saans teen die vuilpers lug

vergrysde gedaantes, perser as sug

die somber verdigting van lig.

 

*

 

En selfs as die koue se kilheid breek

dan hóú die wintersheid steeds

die landskap in sy greep

 

sodat die lente geel en bleek drup

aan die takke van die treurmoerbeiboom

en sielige ylgroen yslig beef

in die winterwilgerlaan.

 

*

 

Al die veld is nie vrolik nie

al die voëltjies sing nie

die kriekies kriek nie daar buite nie

en die sprinkaan se poot is af

 

hy hink en hy hink oor die land

deur die land

die hele land

 

want die land

is kafgedraf.

 

 *

(c) Heilna du Plooy / November 2014

 

Erkenning: Die konsep van Digstring is ingegee deur Brian Brodeur se benadering op sy weblog “How a poem happens”.

Heilna du Plooy. Ontmoeting

Wednesday, October 29th, 2014


Ontmoeting

Aan die begin van Oktober was ons in die suide van Frankryk. Ons het verskeie daguitstappies gemaak na die binneland, na die klein en antiek-oue dorpies op die toppe van die heuwels of berge in die maritieme Alpe in die kusstreek van Provence. Een baie bekende dorpie is St Paul de Vence, wat veral vir kunsliefhebbers ’n gewilde bestemming is. In hierdie dorpie is die binneruimtes van die Middeleeuse geboue in die middedorp gemoderniseer en aangepas om kunsgalerye en restaurante te huisves. En hoe toeristies dit ookal is, die kunswerke in hierdie galerye is van hoogstaande gehalte, duidelik uitgesoek vir ’n uitgelese mark.

Mens stap dus in ’n steeg af op stokou trappe en tussen stokou gemesselde klipmure, maar as jy deur die glasdeure stap, staan jy keer op keer in ’n moderne goed verligte kunsgalery met kontemporêre werke van kunstenaars oor die hele Europa.

Stegies in St Paul de Vence

Dit was vir my hierdie keer, soos ook by ’n vorige besoek, opvallend hoeveel beeldhouwerke deel van die uitstallings vorm. In een galery stap ek in en kyk na die skilderye teen die agterste muur. Eers toe ek terugdraai in die rigting van die deur sien ek haar – ’n driekwart mensgrootte bronsbeeld van ’n vrou. En met ’n skok wat soos ’n rukwind deur my trek, herken ek haar. Sy is uit ’n ander land maar iets in my wat ekself is, ken haar al lank.

Ek doen navraag en hoor dit is ’n beeld van Sylvie Ramu, ’n Switserse beeldhoudster wat woon en werk op ’n wingerdplaas in die streek van Chafalet in Dardagny in Switserland.

Sylvie Ramu

In 2006 reeds het ek twee gedigte geskryf vir die Versindaba van daardie jaar. Die gedigte het in Versindaba 2006 (red. Marlise Joubert) verskyn, maar dit is ook die slotgedigte in my onlangse bundel Die stilte opgeskort.

Lemoene I

Sy pluk lemoene in die tuin.

Hoeveel lemoene, vra die vrou,

kan ek in my hande hou?

Sy wil vir almal van die vrugte vat.

Hoeveel lemoene, wil sy vra,

kan mens in jou arms dra?

Buite die tuin waai ’n woedende wind.

Hoe ver gaan ek kom? dink die vrou,

en sy buig oor haar vrag soos oor ’n kind.

Een lemoen val, dan val daar meer.

Vir hoe lank, wonder die vrou,

kan mens so teen die wind in beur?

Jare daarna kom die vrou

weer te staan voor ’n boom.

Sy dink oor haar lewe soos oor ’n droom.

Sy gee nie meer om oor hoeveel nie.

Waarheen, vra sy nou, waarheen?

Lemoene is padkos.  Die vrou pluk net een.

 

Lemoene II

Ga nu maar liggen liefste in de tuin

de lege plekken in het hoge gras, ik heb

altijd gewild dat ik dat was, een lege

plek voor iemand, om te blijven.

   – Rutger Kopland

Die kinders sou sy aan die hand moes neem,

dink sy wanneer die dwarrels duiwels draai

uit die vergange ouland en die sweem

van uitsig op die hoogtes haar verraai.

Die sagte kinders sal sy gou moet roep,

die tyd vir loop is klein en afgemeet,

maar in die leë plekke in lang gras

sal hulle rus en die lemoene eet.

Die vrugte sal sy oopbreek om te deel

en meededeel ver onder hoë wind.

Die son en hierdie aarde sal hulle neem

en eet, uit bekers sap sal hulle drink.

Vertel dán, hart van vlees, die stilte opgeskort,

van somergroei wat in die winter vrugte word.

My lemoenvrou hou verband met die besondere gevoel wat ek het vir lemoene. My pa het op ’n lemoenplaas in die omgewing van Rustenburg grootgeword en ons het menige wintervakansie in die warm bosveldomgewing deurgebring. Dan is die gras droog en wintergeel, maar die lemoenbome is donkergroen en sit vol skel oranje vrugte. ’n Lemoen is vir my die uiteindelike higiënies en  nuttig verpakte, heeltemal natuurlike padkos: ’n verruklike fles gepreserveerde sap en voedingstowwe.

In 2011 maak ek ’n skildery van ’n vrou met haar arms vol lemoene. Dit staan ’n tyd lank onvoltooid in my werkkamer en in 2012 voltooi ek dit. Hierdie vrou  staan in ’n landskap, kleurvol soos ons Suid-Afrikaanse landskap onder  helder sonskyn lyk, maar daar is baie wind om haar en die land word donker op die horison.

En op Donderdag 2 Oktober 2014 ontmoet ek my twee lemoenvroue se bloedsuster of oervriendin in St Paul de Vence.

Dit is onvermydelik om daaroor ’n brief te skryf.

Beste Sylvie Ramu

Tydens ’n onlangse besoek aan die suide van Frankryk het ek in St. Paul de Vence in die Galerie Vladimir Rustinoff et Joël Guyot ’n beeldhouwerk van jou gesien. Dit is die beeld van ’n vroutjie wat met haar arms vol appels staan. By haar voete lê  een appel wat geval het.

Die beeld het my diep aangegryp, maar nie net omdat dit ’n pragtige kunswerk is nie. Ek is ’n digter en het in 2006 ’n gedig geskryf oor ’n vrou wat lemoene pluk in ’n tuin. Hierdie gedig vorm een deel van ’n tweeluik en is een van my gedigte wat my baie na aan die hart lê. In my gedig loop die vrou uit die tuin uit om die lemoene met ander te gaan deel, maar buite die tuin waai daar ’n sterk wind. Dan begin die lemoene val. Jou beeld se voete lyk asof jou vroutjie ook probeer om meer te dra as wat sy kan behartig en jy kan jou voorstel hoe ’n diep gevoel van herkenning ek ervaar het toe ek jou beeld sien.

My naam is Heilna du Plooy en ek woon in Potchefstroom, ’n universiteitstad in die Noordwes-provinsie van Suid Afrika. Ek is ’n dosent en navorser in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die universiteit en in my vrye tyd skilder ek soms, maar slegs as amateur. Ek het ’n paar jaar nadat ek die gedig geskryf het, ’n skildery gemaak met dieselfde tema en ek het die vrouefiguur in die skildery met ’n rooi romp en ’n oorhangende ligblou bloes geklee. Jou beeld in St Paul dra ook ’n rooi romp en ’n ligte blouerige oorhangbloes. Dit het die herkenning net verder versterk.

Die ervaring bly my so sterk by dat ek graag vir jou wil skryf oor die merkwaardigheid daarvan dat dieselfde beeld in ons albei se werk voorkom. Dieselfde metafoor het uit die verbeelding vir ons opgekom, vir my hier op die suidpunt van Afrika en vir jou in Switserland. Dis vir my ’n vorm van sinchronisiteit, soos jou landgenoot Carl Jung dit beskryf het. Wat mens dit ookal noem, is dit vir my baie spesiaal dat daar ’n geestesverwantskap of geesgenootskap tussen kunstenaars kan bestaan wat geen vorige kennis van mekaar het nie en wat ver van mekaar in radikaal verskillende omstandighede lewe. Miskien is dit ’n argetipiese beeld wat ons uit die kollektiewe denke opgediep het.

Die beeld wat jy gemaak het, is vir my pragtig en ek het dit met groot bewondering en vreugde bekyk. Die herkenning van my eie metafoor in jou beeld het my ontroer en my verwondering daaroor sal ek nog lank in my herinnering koester.

Ek hoop dat jou beeldhouwerk steeds vir jou groot vreugde en vervulling sal bring en dat baie ander mense dit net soveel sal geniet en waardeer as wat ek het.

Met groot waardering en groete

Heilna du Plooy