Posts Tagged ‘Helize van Vuuren vertalings’

Harold Monro. Vertaling in Afrikaans

Thursday, June 13th, 2019

Harold Monro. Vertaal in Afrikaans deur Helize van Vuuren

.

Bitter heenkome

(ter herinnering aan Barend Toerien)

I

Sy bewoon die portierskamer: als nikotien-deurtrek.

Kliënte het hul foto’s daar gelaat vir vergaan.

Sy bekyk deur groen hortjies dié wat smag

na bewusteloosheid …

Sy lek haar geverfde dun blourooi-lippe,

Sy krap ‘n voortand met ‘n vingernael,

Sy steek kop-uit om nuwe kliënte te groet, of

hul (vir watter marteling) wagtend te laat by die deur.

II

Hitte het die swaar aarde omarm,

elke klank benadruk,

hy, waar sy lewe hom nog hou aan die grond,

in beswyming, kermend om hergeboorte,

leun teen die deur,

Van buitenshuis kom die dofste gefladder;

‘n lakei; en dun gegiggel van agter dié hortjie.

III

Sy verlore oë leun om die nommer te vind en te lees.

Volg sy kneukel-klop, en huiwerige vloek.

Hy kry homself nie wakker; mag nie sluimer;

wyl op die lang wit muur oorkant die straat

die dun buitelyne van ‘n dralende lykswa dryf.

IV

Nou open die deur wyd.

Hy: “Is daar plek daarbinne?”

Sy: “Is jy anderkant die pyngrens?”

Hy:  “Mag my lyf vergeefs lê

in die drome wat ek nie kan hou!”

Sy: “Laat hom die slaapbeker drink…”

V

Dun arms en spookhande; dowwe hemelsblou oë;

lang hangende wimpers, ooglede soos volmane,

klouend aan enige rant van swewende lug:

Watter hoop is daar nog? Watter vrees? – slegs wakkerskrik met sig op

verbrokkelende vlees, en koue ewigheid.

O wel nog ‘n gesig, half-lewend, bring

‘n Ver getuur na hom en neurie:

Sy: “Jy’s wit. Jy is alleen.

kan jy nie my sfeer benader nie?”

Hy: “Ek verander in klip…”

Sy” “Wens ek kon! Wens ek kon!”

Dan vul die wit verpleërs die beker.

VI

Soggens deur die wêreld heen

aanskou hoe minderes die koffie bring;

aanskou herders op heuwels,

here en dames aan die toilet,

boere, handelaars, besige stede.

Maar kyk hoe hy, ongelukkige, nou stommel

deur vreemde kamers heen, onoplettend struikel.

Kan hy die oorskaduwende nag ontglip?

Is daar nie êrens vleugies lig?

VII

Hoe ontsnap hul na hul dié kamers betrek het?

Party kan gevind word, sê hul, vas aan die slaap

in verbrokkelende grafte.

Party in wit beddens, met gesigte rondom vergaar. Party

wandel die wêreld oor, en vind nooit ‘n tuiste.

 

           – Harold Monro (1879-1931) Uit: Strange Meetings 2003;

(© Vert. Helize van Vuuren 12 Junie 2019) [Ek is deur Barend Toerien na dié digter en sy vers verwys, asook op die verband daarvan met Van Wyk Louw se “Gesprek van die dooie siele”]

________________________________________________

Bitter Sanctuary

I

She lives in the porter’s room; the plush is nicotined.

Clients have left their photos there to perish.

She watches through green shutters those who press

To reach unconsciousness.

She licks her varnished thin magenta lips,

She picks her foretooth with a finger nail,

She pokes her head out to greet new clients, or

To leave them (to what torture) waiting at the door.

II

Heat has locked the heavy earth,

Given strength to every sound,

He, where his life still holds him to the ground,

In anæsthesia, groaning for re-birth,

Leans at the door.

From out the house there comes the dullest flutter;

A lackey; and thin giggling from behind that shutter.

III

His lost eyes lean to find and read the number.

Follows his knuckled rap, and hesitating curse.

He cannot wake himself; he may not slumber;

While on the long white wall across the road

Drives the thin outline of a dwindling hearse.

IV

Now the door opens wide.

He: .”Is there room inside?.”

She: .”Are you past the bounds of pain?.”

He: .”May my body lie in vain

Among the dreams I cannot keep!.”

She: .”Let him drink the cup of sleep..”

V

Thin arms and ghostly hands; faint sky-blue eyes;

Long drooping lashes, lids like full-blown moons,

Clinging to any brink of floating skies:

What hope is there? What fear?.-Unless to wake and see

Lingering flesh, or cold eternity.

O yet some face, half living, brings

Far gaze to him and croons:

She: .”You’re white. You are alone.

Can you not approach my sphere?.”

He: .”I’m changing into stone..”

She: .”Would I were! Would I were!.”

Then the white attendants fill the cup.

VI

In the morning through the world,

Watch the flunkeys bring the coffee;

Watch the shepherds on the downs,

Lords and ladies at their toilet,

Farmers, merchants, frothing towns.

But look how he, unfortunate, now fumbles

Through unknown chambers, unheedful stumbles.

Can he evade the overshadowing night?

Are there not somewhere chinks of braided light?

VII

How do they leave who once are in those rooms?

Some may be found, they say, deeply asleep

In ruined tombs.

Some in white beds, with faces round them. Some

Wander the world, and never find a home.

 

– Harold Monro (1879-1931) Uit: Strange Meetings 2003 [oorspronklike titel: “The Alcoholics.”]

 

 

NP van Wyk Louw. Vertaling in Engels

Monday, May 20th, 2019

Grafika deur Niccy Miles

Two and eighty years

 

After so many years I dare bring homage

to your proud heart, to your pride:

dare say that you (you) my beloved,

three or ten small Sistine choirs in me sing

 

Before, earlier: your hatred against my pride,

when your own I-mushroom in you grew

more about Thomas than chastity I knew

before this holy homage here did grow.

 

_________

 

St Peter

 

A jackal digs into the snow

he speckles red against the white

and starts up, listens, stiff ears upright

to digging somewhere-in-the-yard.

 

My fatherland, my dry bleak fatherland

something longs that olives in you grow:

that all turn Latinised, small

and tiny chalk-white churches there may stand.

 

The jackal digs into the snow,

a little sober white he kicks

behind his buttocks out.

And Deaf-Pete keeps on digging.

 

– N.P. van Wyk Louw uit Tristia, 1962 (vert. Helize van Vuuren, April 2019)

 

Erez Bitton. Om woestyn te sê (Vert.)

Wednesday, May 15th, 2019

Om woestyn te sê

 

Jou stil hand

het  ‘n woestyn-oase

geteken vir my

groen op groen.

Soos verbonde skepe

– hand raak aan hand –

deur jou oë

kon ek sien

die grootsheid van die Woord gegraveer in klip

en die wonder

van die brandende bos.

 

(Erez Bitton (1941-) uit Blindfolded landscapes. Blinde Hebreeuse digter, op reis deur Judaïese woestyn met Yehuda Amichai; vert. Helize van Vuuren, Januarie 2019)

Boris Pasternak. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, January 22nd, 2019

Boris Pasternak. Vertaling in Afrikaans deur Helize van Vuuren.

 

Naskrif

 

Nee, nie ek was die bron van jou smart

nie ek’t gepleit om my land se vergetelheid.

Die son het op druppels ink gebrand

soos klossies korente vol stof.

 

Cochineal gesprei deur die bloed

van my elke gedagte en ieder geskrewe woord.

Nie ek was die bron van die wurmerige rooiheid.

Nee, nie ek was die bron van jou smart.

 

Dit was die aand gevorm uit stof

wat jou gesoen het, in oker-stuifmeel verstikkend.

Skadu’s wat jou pols gemeet het, jy

wat gesig-draai na die brandende veld,

swemmend op hekskarniere

oorvloei met skemer, as en papawers.

 

Heel somer was ‘n branding van peule,

opskrifte en verbleikte bagasie

die swerwersbors verseëlend met was

en jou hoede en rokke wat ontvlam.

 

Dit was jou wimpers gegom deur die son

dit was die wrede skyf wat stamp met sy horings

teen mure, heinings platveënd.

Dit was die ontsteekte sonsondergang neuriënd in jou hare,

die pers afskuddend van bamboes en framboos.

Nee, dit was nie my liefde, maar jou lieflikheid.

 

[Boris Pasternak. Somer 1917]

 

Marc Chagall. The Promenade. 1917

 

Boris Pasternak – “Postscript” uit My sister – life, 1922

[vertaal en verwerk :  HvV uit die Engels van Mark Rudman, 1983. 18/1/2019]  

 

 

 

Ingeborg Bachmann – vertaling in Afrikaans

Friday, March 30th, 2018

Ingeborg Bachmann – vertaal deur Helize van Vuuren

.

Aan die son

Veel mooier as komete se vurige gang
en veel verrukliker om te sien as elke ander gesig,
omdat jou en my lewe elke dag aan haar kleef, is die son.

Mooi son, wat opgaan, blywend werk
en afrond, allermooiste in die somer, as ‘n dag
aan see verdamp en glinstering spieël, ‘n vlies
oor jou oë trek, tot jy uitgeput, uiteindelik verdwyn.

Sonder die son vlug ook die kuns in versluiering,
aan my verskyn jy nie meer, en die see en die sand,
van skadu’s beslaan, vervliet onder my ooglid.

Mooi lig, wat ons warm hou, bewaar en wonderbaarlik sorg
dat ek weer sien en dat ek jou weer sien!

Niks mooier as ‘n stok in die water en ‘n voël daarop
wat dink oor haar vlug, met daaronder ‘n kolking vis –
geverf, gevorm, gebore met ‘n sending lig,
om die buitelyne te sien van ‘n gevierendeelde weiland
en die duisend berge van my land,
asook die blou rok oor jou lyf. Asook jou rok, klokvormig-blou.

Mooi blou, waarop poue lopend oorbuig na mekaar,
blou van vertes, seuns van geluk, draers van my gemoed,
blou van einder-toeval! En my begeesterde oë
open wyer en blink en brand sig tot wond.

Mooi son, mees aanbedene van alles stoflik,
bo maan of sterre, bo snags se komete-vuur,
slegs vir jou sal ek my weerloos maak,
en gou, eindeloos tevergeefs, gedurig
jammer en kla oor my oë se finale verlies.

 

Ingeborg Bachmann (vert. H.v.Vuuren, ter herinnering aan sonaanbidder, Barend J. Toerien, gebore 29 Maart 1921.)
Bachmann lees: https://www.youtube.com/watch?v=J8e0Xj7cdBM

 

Hanna Arendt. Vertaling in Afrikaans

Tuesday, September 5th, 2017

Hanna Arendt. Vertaling uit Duits in Afrikaans deur Helize van Vuuren.

 

Droom

 

Swewende voete in patetiese gloed.

Ekself,

ook ek dans,

bevry van die swaarheid

in die donker, in die leegte.

Gedronge ruimtes van vergange tye,

deurskrede wydtes,

verlore eensaamhede

begin om te dans, te dans

 

Ekself,

ook ek dans.

ironies uitgemeet,

ek het niks vergeet,

ek ken die leegte,

ek ken die swaarheid,

ek dans, ek dans

in ironiese gloed.

  • Hanna Arendt (vert. HvV, 22 Aug 2017)

 

*

 

[Geen woord breek die donker]

 

Geen woord breek die donker –

geen God hef die hand –

waarheen ek ook kyk

in die toringende land.

Geen vorm, wat sig oplos

geen skadu, wat sweef.

en immer nog hoor ek dit:

Te laat, te laat.

  • Hanna Arendt (vert. HvV 22 Aug 2017)

*

Traum

 

Schwebende Füsse in pathetischem Glanze.

Ich selbst,

Auch ich tanze,

Befreit von der Schwere

Ins Dunkle, ins Leere.

Gedrängte Räume vergangener Zeiten,

Durchschrittene Weiten,

Verlorene Einsamkeiten

Beginnen zu tanzen, zu tanzen

 

Ich selbst,

Auch ich tanze.

Ironisch vermessen,

Ich hab nichts vergessen,

Ich kenne die Schwere,

Ich tanze, ich tanze

In ironischem Glanze

  • Hanna Arendt

Paul Celan – vertaling in Afrikaans

Monday, July 14th, 2014

Paul Celan: verafrikaans en vertaal deur Helize van Vuuren, 14/7/2014

 

24 RUE TOURNEFORT

 

You and your

kitchensink German — yes, sink-,

yes, before — ossuaries.

 

Say: Löwig. Say: Shiviti

 

The black cloth

they lowered before you,

when your breath

swelled scarward,

 

brothers too, you stones,

image the word shut behind

side glances.

 

Note: here Celan (as he does in the published poem “Einkanter,”) cites the 16th Psalm, verse 8,  translated in the King James version as “I have set the LORD always before me: / because he is at my right hand, I shall not be moved.” The Hebrew for “set before me” is “Shiviti.” “Lôwig” on the other hand remains an unidentified source. http://www.pierrejoris.com/blog/?p=9851

 

 

VON WIELLIGHSTRAAT 27

 

Jy en jou

opwasbak Afrikaans – ja, opwasbak –,

ja, voor – dooie gebeentes.

 

Sê: Skande. Sê: Onversetlik.

 

Die swart doek

wat hul voor jou laat sak het,

toe jou asem

opwaarts swel,

 

broers ook, julle klippe,

prent die woord agter gesluit

sywaarts geloer.

 

(Vert. & verafrikaans deur Helize van Vuuren)