Posts Tagged ‘Hilda Smits gedigte’

Hilda Smits. vir hj

Wednesday, November 14th, 2018

vir hj

wou skryf oor die geheim van jou

voor(t)spoed op ‘n trein onder die lug so wit soos nul & bome wat groei

tot honger vlieë soos motte swaar & sagter as die reën

tot Vuillard of tot onkruid op teen die regop ruit op waar-

agter jou Slowakaanse liggaam van deeg soos ‘n bruid soos ‘n hele

waarheid jou mond se glim, oë neergeslaan soos hande wat weet die kamer –

a is ‘n leuen wat ek van jou lomp & met liefde

in Český Krumlov is kastele van water & vure wat heelnag

 

 

(© Hilda Smits, 2018)

Hilda Smits.Twee gedigte

Friday, October 23rd, 2015

1.

kar gewas op ʼn Saterdag
in ‘n emmer water
waggel jy rond ʼn vet tol
in die kombuis staan ons grootmense langbene skater
op ʼn Saterdag
staan jou bene regop-pelikaan
wit skoppende lelies in die dam
pluk Tannie Christa
jare later kielie vingers wat grawe
jou soos blomme & jou uit die

2.

in Edinburgh die drie van ons
ʼn matras voor een of ander
teen die bult af gestuur
ʼn brandende boot in die reën of ʼn vloekwoord
om in die park haar lê te kry
basterhond soos ons & dronk
toe slaap ons op haar & klouter die luise
luister hoe streep die weerlig oor die see oor al die berge oor ons

 

© Hilda Smits / 2015

Hilda Smits. Ongetiteld

Wednesday, May 7th, 2014

dit is moeilik om ‘n gedig soos ‘n tent op te slaan

ek soek al vir weke na die eerste reël

nie omdat dit dreig na reën of donderweer of iets dramaties nie

jou wange bol met watte gestop soos appels onder die sintetiese lig

hy was klaar weg sê my suster, want hy was weg en klaar

die storm is op soos ‘n blik beans of ‘n bottel bier

en al die reuke van die lewe vertrek uit truie en die blare

langs die pad. ek wil slim wees en sê dat ek op die hoofpad staan,

tentpen in die hand. dat ek luister na die reën.

maar ek stop jou op in my brein en hier is nie ‘n tent nie, tog

 

 

© Hilda Smits/2014