Posts Tagged ‘J M Coetzee’

Andries Bezuidenhout. Geoff Dyer en die ding met skryf

Tuesday, May 7th, 2013

ʼn Paar jaar gelede het die bestuurder van my gunsteling boekwinkel in Johannesburg Geoff Dyer se “Jeff in Venice, Death in Varanasi” aanbeveel. Dankie tog vir boekwinkelbestuurders wat hul klante ken! Nou die dag loop ek Dyer se volgende werk in ʼn ander boekwinkel in Johannesburg raak – “Zona: A Book About a Film About a Journey to a Room”. Oor die ander boekwinkel: Dis nie dat ek promisku is as dit by boekwinkels kom nie, dis net dat die ou een nie meer bestaan nie. Die feit dat dit nie meer bestaan nie laat steeds ʼn leë kultuurgat in die myndorp waar die wêreld reeds halfpad hol is, om by Koos du Plessis te steel.

“Jeff in Venice…” praat natuurlik met Thomas Mann se boek. Dis egter uit die oogpunt van ʼn dekadente Britse joernalis, wat die Venesiese Biënnale bywoon, geskryf. Die boek se tweede gedeelte verwissel van rat en verskuif na Indië. Die volgende oor hierdie boek uit ʼn artikel in die New Yorker:

In the earlier books, Dyer’s characters failed to write not because they were indifferent to writing but because they wanted too much to write. Negative liberty expresses a fear of completion; if you never start a work, then at least there is no chance of your having finished it. To complete something is in some ways to make it disappear; not starting it is a pre-emptive strike against loss, a way of elegizing what has not yet disappeared. (Tellingly, Dyer has been repeatedly drawn to writing about epitaphs—ruins, cemeteries, and photographs, which are epitaphs of a frozen moment.) Time is what completes us, and time is what forces us into the endless repetition that is boredom and the tyranny of habit. Travel, sex, and drugs—Dyer’s recurrent interests—are ways to cheat time, are moments out of time. “For a few minutes anything seemed possible,” Dyer writes of getting stoned in Rome. Getting high, Jeff Atman [die karakter in die Varanasi-gedeelte van die boek] thinks, was “like a concentrated version of everything he had ever wanted from life.” Getting high might be seen as a maximization of negative liberty, where everything really can be pure potential.’

“Zona” as roman is eweneens ʼn vreemde eksperiment. Die boek bestaan uit ʼn beskrywing van “Stalker”, ʼn Russiese kultusfilm uit die laat-sewentigs. Kan ʼn roman wat ʼn film beskryf as ʼn roman werk? Ek dink nogal so. Dis terloopse opmerkings en kommentaar op die film wat “Zona” so ʼn besonderse boek maak. Dyer lewer in ʼn stadium kommentaar op die belangrikeheid van kommentaar (om en by bl. 150), eerder as literêre kritiek – m.a.w. wat gebeur as kunstenaars skryf oor wat ander kunstenaars se werk vir hulle op ʼn subjektiewe vlak beteken. In hierdie verband noem hy J.M. Coetzee se “Diary of a Bad Year”.

Nuuskierig oor Dyer en J.M. Coetzee gaan fynkam ek die web en kom op die volgende gesprek tussen die twee af – opgeneem by Adelaide se boekfees. Ek hou van Coetzee se sin vir humor, asook Dyer se grap oor Nadine Gordimer – nogal riskant, maar juis daaroor so suksesvol. Gaan kyk en luister gerus hier (vir Deel 1) en hier (vir Deel 2). Dyer se antwoord op Coetzee se vraag oor die tipe skrywer wat met vorm worstel is insiggewend, asook sy reaksie op ʼn latere vraag oor die stand van romankuns deur ʼn lid van die gehoor.

Andries Bezuidenhout. Sy oë is blou

Wednesday, April 13th, 2011

1

In David Macey se biografie van Frantz Fanon, word vertel van ʼn keer in Frankryk toe ʼn dogtertjie vir Fanon in die straat sien en die volgende aan haar ma sê: “Kyk, ʼn neger… Kyk na die neger Ma, ek’s bang!” (p. 63) Later in die boek skryf Macey: “The gaze of the white man creates the black slave and forces him to recognise that he is a slave. Fanon remarks in Peau noire [sy boek Black Skin, White Masks] that ‘the negro is afraid of blue eyes’ and, speaking of his encounter with the child and mother, he writes: ‘All this whiteness burns me to ashes’.” (p. 167)

2

TODESFUGE

Schwarze Milch der Frühe wir trinken sie abends
wir trinken sie mittags und morgens wir trinken sie nachts
wir trinken und trinken
wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt
der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
er schreibt es und tritt vor das Haus und es blitzen die Sterne er pfeift seine Rüden herbei
er pfeift seine Juden hervor läßt schaufeln ein Grab in der Erde
er befiehlt uns spielt auf nun zum Tanz

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich morgens und mittags wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
Ein Mann wohnt im Haus der spielt mit den Schlangen der schreibt
der schreibt wenn es dunkelt nach Deutschland dein goldenes Haar Margarete
Dein aschenes Haar Sulamith wir schaufeln ein Grab in den Lüften da liegt man nicht eng

Er ruft stecht tiefer ins Erdreich ihr einen ihr andern singet und spielt
er greift nach dem Eisen im Gurt er schwingts seine Augen sind blau
stecht tiefer die Spaten ihr einen ihr andern spielt weiter zum Tanz auf

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags und morgens wir trinken dich abends
wir trinken und trinken
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith er spielt mit den Schlangen
Er ruft spielt süßer den Tod der Tod ist ein Meister aus Deutschland
er ruft streicht dunkler die Geigen dann steigt ihr als Rauch in die Luft
dann habt ihr ein Grab in den Wolken da liegt man nicht eng

Schwarze Milch der Frühe wir trinken dich nachts
wir trinken dich mittags der Tod ist ein Meister aus Deutschland
wir trinken dich abends und morgens wir trinken und trinken
der Tod ist ein Meister aus Deutschland sein Auge ist blau
er trifft dich mit bleierner Kugel er trifft dich genau
ein Mann wohnt im Haus dein goldenes Haar Margarete
er hetzt seine Rüden auf uns er schenkt uns ein Grab in der Luft
er spielt mit den Schlangen und träumet der Tod ist ein Meister aus Deutschland

dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith

3

“Om gedigte na Auschwitz te skryf is barbaars,” het Theodor Adorno in 1951 gesê. Kort daarna, in 1952, is Paul Celan se “Todesfuge” in die bundel Mohn und Gedächtnis gepubliseer – ʼn gedig oor die Holocaust, in Duits. Soos J.M. Coetzee opmerk, het Adorno sy stelling in 1966 teruggetrek, “perhaps as concession to ‘Death Fugue’.” Dis seker een van die mees aangrypende moderne gedigte. Beide Celan se ouers het in kampe in Ukraine omgekom – sy pa aan tering, sy ma is geskiet. Celan self het in ʼn kamp gewerk en het homself na die Oorlog in Frankryk gevestig.

Celan was soms onthuts oor hoe die gedig in Duitsland ontvang is. Coetzee haal byvoorbeeld ʼn prominente Duitse kritikus aan wat van mening was dat die gedig wys dat Celan se digkuns bo die geskiedenis uitstyg, iets wat die digter self gevoel het ʼn wanvoorstelling van die gedig was. Ook die feit dat in Duitse klaskamers eerder op die musikale vorm van die gedig gekonsentreer is as die inhoud, het Celan nie beïndruk nie.

Dis vreemd hoe ʼn gedig – een wat jare gelede geskryf is – weer en weer kan opduik. Daar is byvoorbeeld verwysings daarna in Marlene van Niekerk se “Die verkorte raklewe van Anastasia W”, wat pas weer by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees opgevoer is.

4

Verlede naweek loop ek John Felstiner se vertalings van Celan in die Boekehuis in Johannesburg raak. Ek onthou dat Coetzee dit bespreek het in een van sy essaybundels. Hy het Felstiner se vertaling van “Todesfuge” as een van die meer suksesvolle pogings beskryf. Ek hou van die manier hoe Felstiner die oorspronklike Duits behou – dit forseer die Engelse leser om die feit dat die oorspronklike gedig in Duits geskryf is, te onthou. Die refrein – “dein goldenes Haar Margarete/
dein aschenes Haar Shulamith” –
aan die einde, word heeltemal in Duits weergegee. Teen hierdie tyd het die Engelse leser wat nie Duits magtig is nie, reeds gesnap waaroor dit gaan.

5

DEATH FUGUE

Black milk of daybreak we drink it at evening
we drink it at midday and morning we drink it at night
we drink and we drink
we shovel a grave in the air there you won’t lie too cramped
A man lives in the house he plays with his vipers he writes
he writes when it grows dark to Deutschland your golden hair Margareta
he writes it and steps out of doors and the stars are all sparkling, he whistles his hounds to come close
he whistles his Jews into rows has them shovel a grave in the ground
he commands us to play up for the dance.

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at morning and midday we drink you at evening
we drink and we drink
A man lives in the house he plays with his vipers he writes
he writes when it grows dark to Deutschland your golden hair Margareta
Your ashen hair Shulamith we shovel a grave in the air there you won’t lie too cramped

He shouts jab the earth deeper you lot there you others sing up and play
he grabs for the rod in his belt he swings it his eyes are so blue
jab your spades deeper you lot there you others play on for the dancing

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at midday and morning we drink you at evening
we drink and we drink
a man lives in the house your goldenes Haar Margareta
your aschenes Haar Shulamith he plays his vipers
He shouts play death more sweetly this Death is a master from Deutschland
he shouts scrape your strings darker you’ll rise then as smoke to the sky
you’ll have a grave then in the clouds there you won’t lie too cramped

Black milk of daybreak we drink you at night
we drink you at midday Death is a master aus Deutschland
we drink you at evening and morning we drink and we drink
this Death is ein Meister aus Deutschland his eye it is blue
he shoots you with shot made of lead shoots you level and true
a man lives in the house your goldenes Haar Margarete
he looses his hounds on us grants us a grave in the air
he plays with his vipers and daydreams der Tod ist ein Meister aus Deutschland

dein goldenes Haar Margarete
dein aschenes Haar Sulamith

6

Margarete verwys heel waarskynlik na die karakter uit Goethe se Faust. ʼn Duitse vrou met blonde hare – Margarete, of Gretchen. Sulamith, of Shulamith, is ʼn redelik algemene Joodse vrouenaam. Dit word soms verkort tot Shula. Maar volgens Felstiner verwys dit ook na ʼn vrou uit Koning Salomo se “Hooglied”. Ek gaan soek dit op – kry drie weergawes:

Nederlandse weergawe uit 1898:

Ou Afrikaanse vertaling:

Manahaim beteken letterlik “twee kampe” in Hebreeus.

Nuwe Afrikaanse vertaling:

Sover ek kan vasstel, was die Sulamitiese vrou van Hooglied se vel swart, deur kleur van bokhaartente. Sy was verlief op ʼn skaapwagter, nie die koning nie. Sy het die koning verlaat om na die skaapwagter terug te keer. Hoekom dans sy voor soldate, by twee kampe? Het Celan dit in gedagte gehad toe hy die gedig geskryf het?

7

My oupa het Duits as vak op Universiteit gehad, in die 1930s. Hy het altyd vir ons uit Goethe aangehaal – uit sy kop uit. Een van sy gunstelinggedigte was “Erlkönig”. Weens my oupa se invloed het ek ook Duits as vak op skool geneem. Ek is dankbaar dat ek “Todesfuge” in Duits kan lees. Ek wonder of my oupa ooit Celan gelees het: “… der Tod ist ein Meister aus Deutschland sein Auge ist blau.”

Frantz Fanon

Verwysings:

J.M. Coetzee. “Paul Celan and his translators.” Uit: Inner Workings: Literary Essays 2000-2005 (Vintage, 2008).

John Felstiner (vertaler). Selected Poems and Prose of Paul Celan (W.W. Norton, 2001).

David Macey. Frantz Fanon: A Life (Granta, 2000).

Desmond Painter. Damon Galgut en die vervlietende reis

Wednesday, September 8th, 2010

“A journey is a gesture ­inscribed in space, it vanishes even as it’s ­made” — Damon Galgut, In a Strange Room.

Ek is terug uit die buiteland — en Victoriastraat is of groen van jaloesie, of dit is inderdaad lente in Stellenbosch! Ek wou meer gereeld uit Engeland blog, maar eers het die kongres (in Southampton) my aandag opgeneem en daarna (nog twee dae in Londen) het ek probleme met my skootrekenaar se webkonneksie ondervind. Ek sal wel nog af en toe hier na my reis terugverwys: ek wil byvoorbeeld graag ‘n paar bloginskrywings maak oor jong Britse digters.

Maar eers iets anders (of dalk ook nie…). My resensie van Damon Galgut se uitstekende In a Strange Room het eergister in Die Burger verskyn. Moenie dat hierdie boek by jou verby gaan nie. Galgut is ‘n uitstekende skrywer, en hierdie is een van die beste prosawerke uit Suid-Afrika tot dusver hierdie jaar. Myns insiens. Dit is ‘n fynbesnaarde, subtiele teks en ‘n diepgaande meditasie oor reis, eensaamheid en die ‘enigma van tuiskoms’ — om Naipaul aan te haal. Ek plaas dit hier vir diegene wat nie Die Burger te lese kry nie:

Damon Galgut op reis

Damon Galgut op reis

As jy onder die indruk verkeer dat Engelstalige prosa in Suid-Afrika altyd in die skadu van die Nobelpryswenners Nadine ­Gordimer en J.M. Coetzee sal staan, of dat dinamiese hedendaagse prosa hier te lande slegs in Afrikaans geskryf word, maak jy ’n baie groot fout.

Skrywers soos Ivan Vladislavic en Damon Galgut, om maar twee persoonlike gunstelinge uit te ­sonder, lewer werk van wêreld­formaat. Albei is meesters van ’n soort afstandelike, maar altyd deernisvolle perspektief op die Suid-Afrikaanse werklikheid.

Albei ontgin en strek die estetiese moontlikhede van Engels om ’n Suid-Afrikaanse werklikheid ná apartheid onder woorde te bring.

Boeke soos Vladislavic se ­Portrait with Keys, seker een van die skitterendste Suid-Afrikaanse prosawerke van die afgelope ­dekade, en Galgut se roman The Good Doctor hoort op enige ­ernstige ­leser se boekrak.

Dit kom dus nie as ’n verrassing dat Galgut hom met sy jongste boek, In A Strange Room, weer ­binne trefafstand van die gesogte Man-Bookerprys bevind nie. Met The Good Doctor het hy in 2003 reeds die kortlys gehaal, en sy jongste is onlangs tot die langlys van 13 boeke benoem.

In A Strange Room het as sub­titel “Three Journeys”. Die werk word op die flapteks getipeer as ’n ­roman, maar die drie verhale het oorspronklik as afsonderlike ­tekste in die tydskrif Paris Review verskyn. Hulle kan gelees word as outobiografiese reissketse, as ­lange­­rige kortverhale, en inderdaad ook as ’n novelle of roman in drie episodes.

Maar hoe jy hierdie boek ook al benader, Galgut verbluf met subtiele maar trefseker karak­teri­sering, en met die onder­­beklem­toonde, maar psigologies baie ­presiese oopskryf van inter­­per­soon­like verhoudings. Dit is ’n boek vir herlees, waarin die ­­­eint­like dramas onder die oppervlak speel. Dit is ’n boek vol een­saam­heid en verlange, maar ­sonder ­melo­drama of onnodige ­effusie.

Galgut vertel drie verhale. In elk is die verteller op reis –- in ­Griekeland, Afrika en Indië. In elk bevind die verteller hom in ’n ­komplekse, soms aftakelende ­verhouding met ’n reisgenoot. In die proses skryf Galgut eintlik ’n reeks meditasies oor die sielkunde van die reis, die soeke na immer ontwykende ­liefde en tuiskoms, en die aard van vriendskap en gemeenskap.

In die hand van ’n mindere ­skrywer kon die gegewens van die reis en gedoemde verhoudings maklik geyk geword het, maar by Galgut is dit nie die geval nie. Dit is verhale wat ’n mens bybly en, by tye, lank by ’n mens spook. Die laaste verhaal, “The Guardian”, het my katswink geslaan. Dit is een van die aangrypendste, hartseerste verhale wat ek in ’n lang tyd ­gelees het; en die siel­kundige ­profiel wat daarin ter sprake kom word absoluut outentiek ver­gestalt.

Galgut se evokasie van landskappe is deurgaans meer as bloot romantiese verfraaiing. Die vreemde landskap, en die in­heemse bevolkings, is ook nie bloot ’n skerm waarteen ’n uit­eindelik egosentriese, eksisten­siële ­proble­matiek geprojekteer word nie. Soos in Albert Camus se briljante verhaal, “Die Owerspelige Vrou”, word landskap en reis by Galgut bemiddelend vir die interpersoonlike en psigologiese ver­stol­pings en verskuiwings waaroor die ­verhale eintlik ­handel.

“A journey is a gesture ­inscribed in space, it vanishes even as it’s ­made”. Só skryf Galgut aan die ­einde van ’n boek waarin hy die ­gebaar of beweging wat ons “reis” noem met bedrieglike eenvoud verken. In die proses lewer hy ’n teks wat die vervlietende aard van daardie reis beslis sal oorleef.

Andries Bezuidenhout. Hul laaste dae in Johannesburg, skets 5d

Thursday, November 12th, 2009

1
die plakkate is teen die vensters, ‘n ballon dryf in die lug
deur die tralies van die stede het ons na die Klein Karoo gevlug
Afrikaners raak plesierig, hulle speel en wroeg en lag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach

2
ʼn Vriendin van hom vertel dat Antjie Krog dinge lekker by die Goethe-instituut opgeklits het deur te sê dat Engelse Suid-Afrikaners die hele De la Rey-fenomeen verkeerd gelees het, omdat hulle ʼn behoefte het om Afrikaners as agterlik en regs voor te stel. Die Sunday Times publiseer ʼn verkorte weergawe van die toespraak. Hy lees dit en stem gedeeltelik saam. Hy besef egter daar’s ʼn verskil tussen wat musikante met hul musiek bedoel en hoe gehore dit opneem. Hy dink ook aan die gemengde boodskappe (benewens die gemengde metafore in die lied) wat die kunstenaar uitgestuur het. Hy wonder, as hy ʼn musikant was, of hy gemaklik daarmee sou wees as mense die ou Republiekvlag by sy konserte swaai. Wat sou Antjie Krog, as sy ʼn musikant was, is daardie geval doen?

3
ek dwaal in Jan van Riebeeck, raak verlore in Voortrekker
my Sarie Marais is in die wolke, dis nie van witblits nie – dis iets sterker
is daar ‘n storm aan die broei? ek weet nie, want die wind waai nou nog sag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach

4
ʼn Vriend bel. Wil hoor of hy saam met hom na ʼn Carl Becker uitstalling wil gaan kyk. Carl Becker is ʼn skilder. Hy het ook die UDF se logo ontwerp. Die uitstalling gaan oor Pierneef. “Ag nee,” sê hy, “ek hoop nie hy doen cheap tricks soos om op Pierneef se graf te dans of om etniese kitch oor sy skilderye te verf nie.” Hoekom reageer hy so heftig? Dalk is hy moeg vir cheap tricks met die heilige koeie van Afrikanernasionalisme. Die punt is dat daardie koeie lank gelede reeds afgeslag is. Daar is niks snaaks daaraan om op ʼn dooie koei se karkas te dans nie. Dis net grotesk.

5
Hy wonder oor die karakter John Coetzee in J.M. Coetzee se Summertime. Daar is ʼn interessante gesprek tussen die fiktiewe outeur van die boek en een van die karakters oor John Coetzee se verhouding tot Afrika. Daar word verwys na die Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap wat nie werklik deel van Afrika is nie. Hy wonder weer oor J.M. Coetzee se essay oor Breyten Breytenbach se verhouding tot Afrikaans en die Kaap in Stranger Shores. Hoe dink ons dan oor Afrika noord van die Karoo? Is dit een plek? Lyk mense daar anders as mense van die Karoo? Toe hy deur Ghana gereis het, het hy besef daar is baie Afrikas. Ook Oos-Afrika. Swahili is ʼn bastertaal, soos Afrikaans. Dit het egter ʼn ander verhouding tot Afrika. Dalk is dit net mense wat in die Kaap woon wat aan Afrika as een plek dink – iets anderkant die Garieprivier, ʼn vreesaanjaende plek.

6
gou verdwyn die name van Botha, Biko en Hani
nooit sal jou kinders wat nou is eers na hulle vra nie
na die blou van ons hemel staar ek sonder om iemand te verwag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach

7
Hoekom skryf hy in die derde persoon? Verbeel hy hom miskien hy’s J.M. Coetzee?

8
Hy wonder of Antjie Krog dalk te lank in die Kaap woon.

9
ek is Boer, ek is Brit, ek is vry en vreemd
ek is al die kleure van die reënboog nou
ek is lig soos die son, ek is donker soos die nag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach

10
Hy het Bok van Blerk die eerste keer in Nelspruit sien optree. Dit was by ʼn kunsfees. Hy was toevallig op die feesterrein toe die vertoning begin. Dit was ʼn bietjie na die aanvanklike bohaai. Daar was niemand wat die ou Republiekvlae gewaai het nie. Daar was twee jong mans, dalk nog seuns, wat pette met die ou vlag op hulle koppe gehad het. Hulle het gehuil met De la Rey, De la Rey… Hulle het so half verlore gelyk. Die meeste van die ander mense het maar hul gang gegaan. Worsrolle en spookasem gekoop.

11
Die Carl Becker-uitstalling was uitstekend. Geen cheap tricks nie. Hy het van Pierneef se bekendste landskaptonele gaan besoek en dit geverf soos dit vandag lyk. Ook hoe dit na alle kante toe lyk. ʼn Wonderlike projek. Sommige van die landskappe het hy in Pierneefstyl geverf, met beelde wat toegevoeg is. Soos ʼn Johannesburglandskap met mynhope en naakfigure. Maar dis sonder sarkasme gedoen. Eerder met ironie, selfs deernis.

12
in die verte flikker die vlamme van gister se vreugdevure
eers was hier graffiti, nou net afgebreekte mure
ek voel so half leeg nou, al die heilige beeste geslag
ek loop deur die strate van Oudtshoorn, ek soek na Breyten Breytenbach.

13
Hoe voel dit om in ʼn gehoor te wees waar mense die ou Republiekvlag waai? Voel die mense wat deel is daarvan dat hulle ʼn nuwe identiteit vind en die verlede agterlaat? Miskien is daar iets wat hy nie heeltemal snap nie. Miskien het dit al die simboliek verloor. Dalk is dit net ʼn half-patetiese gebaar, die laaste asem van ʼn dooie koei. Hy wonder tog hoe die deursnit Duitser sal reageer as iemand ‘n swastika by ‘n musiekkonsert rondwaai. Dalk moet ‘n mens eers iewers aankom voor jy na elders kan aanbeweeg. Noodwendig? Dit klink so moralisties, so tagtigs.

14
Liriek “Strate van Oudtshoorn” deur Albert (AD) de Vos. 2004. Wolfman. Klankopname, onafhanklik vrygestel. Die prente almal afbeeldings van Carl Becker se skilderye.

Man Booker-kortlys aangekondig

Wednesday, September 9th, 2009
2009 Man Booker-prys

2009 Man Booker-prys

Die kortlys van ses titels vir vanjaar se Man Booker-prys is gister deur die organiseerders bekendgemaak. Volgens James Naughtie, voorsitter van die paneel beoordelaars, is hul stoutste verwagtinge oortref en is hulle “thrilled to be able to announce such a strong shortlist, so enticing that it will certainly give us a headache when we come to select the winner … These are six writers on the top of their form. They’ve given us great enjoyment already, and it’s a measure of our confidence in their books that all of us are looking forward to reading them yet again before we decide on the prizewinner?”

Die wenner sal tydens ‘n spesiale gala-aand op 6 Oktober in London se Guildhall aangekondig word. Vanjaar se prysgeld beloop £50,000.

Die ses kandidate vir dié gesogte prys is in alfabetiese volgorde: A.S. Byatt, J M Coetzee, Adam Foulds, Hilary Mantel, Simon Mawer  en Sarah Waters. Volgens De Papieren Man bestaan daar wye konsensus dat J.M. Coetzee ‘n driekuns gaan behaal. Hy het immers die prys reeds in 1983 gewen (vir Life & Times of Michael K) en weer in 1983 vir Disgrace. A.S. Byatt kan egter Coetzee se aand bederf aangesien sy ook al vantevore gewen het met haar roman Possession (1990). Ook vir Sarah Waters is hierdie héél bekende vaarwater aangesien sy reeds twee keer vantevore genomineer was vir Fingersmith (2002) en The Night Watch (2006). Maar of ‘n simpatie-beslissing die reklamewaarde van ‘n driekuns kan uitkanselleer, is ernstig te betwyfel. Of gaan die Britse seer toontjie oor die feit dat hul plaaslike letterkunde die afgelope aantal jare deur skrywers uit die voormalige “kolonies” gedomineer word, plotseling ’n “true Brit” soos Byatt agter die mikrofoon sien? En sal dít nie welverdiend wees nie?!

Maar nou ja. Intussen kan ons maar net wag; gelukkig nog net 26 slapies en dan weet ons.

Hieronder volg die lys van genomineerdes. En vryf hierdie middel-in’ie-week-dag sommer ordéntlik blink … Hy’s joune!

En geniet alles wat nuut is op die webblad vandag; veral De Contrabas se Nuusbrief is ‘n moet.

Mooi bly.

LE

°A S Byatt, The Children’s Book (Random House, Chatto and Windus)
°J M Coetzee, Summertime (Random House, Harvill Secker)
°Adam Foulds, The Quickening Maze (Random House, Jonathan Cape)
°Hilary Mantel, Wolf Hall (HarperCollins, Fourth Estate)
°Simon Mawer, The Glass Room (Little Brown)
°Sarah Waters, The Little Stranger (Little Brown, Virago)

Andries Bezuidenhout. Boek op baadjie takseer

Thursday, July 30th, 2009

Ek sien JM Coetzee se nuwe boek Summertime is reeds op die Bookerprys se “lang” kortlys. Mense in Nederland kan dit reeds lees, maar ons moet seker maar wag tot dit die rakke hier rond tref. (Blykbaar gebeur dit Maandag, 3 September). As ʼn mens ʼn boek dan nou so op die baadjie moet takseer, lyk die Nederlandse omslag vir my mooier, alhoewel die Engelse een ook nie te sleg daar uitsien nie.

Iemand van Coetzee se statuur hoef seker nie in boekwinkels te sit en boeke teken nie. Ek lees gisteraand ʼn gedig deur ʼn geïrriteerde Charles Bukowski, wat skryf oor sulke geleenthede in sy gedig “an easy way to die”. Ek haal die einde van die gedig aan:

[…]

this is the ultimate sellout, Jack.
you are letting them cover you with salve
and cream.
did you fight your way off the park bench
just to do this?

finally, you shove the books aside,
“I’ve got to go.”

“that’s all right, that’s all right, thank
you very much.”

you get up, shake hands.
you are the author, hey, hey, you’re
not really crazy after all, are you?
they’ve tamed your ass.

“thanks very much,” they say
again.

“sure, sure,” you answer, then you’re
out the door
into the night
carrying what bits are left of you
in your pocket, in your shoe, in
your graying hair.

and not vey much is left:
they took away the tiger and left a
pussycat
and you meow yourself to your car and
get the fuck out of
there.

Uit: Charles Bukowski. Slouching Toward Nirvana: New Poems. (2005, Ecco.)