Posts Tagged ‘Joan Hambidge’

Digstring: “The drama of being a child” (Joan Hambidge)

Tuesday, May 8th, 2012

 

The drama of being a child

 

As jong kind bekoor die reuke
van die somerse veld my veral.
Die dam met stilstaande water,
biesies in die vlei en paddavissies spartelend,
kwakende paddas, selfs ‘n slang onder ‘n klip,
glimwurms, grassade en giftige vrugte,
onthou ek helder soos ‘n gedroogde boekmerk
in My Bybel skeefgedruk by Jesaja.
“Oppas vir Bilharzia”, sou my ma maan.
Bo-op die berg was daar ‘n halfgeboude huis
met ‘n sementpad en ‘n Toegang verbode-bordjie.
Die huis is nooit voltooi nie; niemand weet waarom nie.
Nie toe nie en ook nie nou nie.
Daardie huis, daardie onvoltooide huis,
sou my later agtervolg. In Málaga
raak ek aan die growwe sement, skrik
vir ‘n draad; die somerson ‘n briesende koperkapel.
Ook die dam met verrottende water soek my op
in ‘n droom: vasgevang tussen daardie biesies,
roep ek om hulp, wyl water oor ‘n afgrond stort.
Hoe breekbaar en skrynend is die geheue nie.
Reuke soos smake is sigbaar, skryf Neruda iewers.
‘n Klein pampoentjie op my tong sing steeds
van dit wat wild en onveilig en onstuimig-vreemd proe.

© Joan Hambidge (Uit: Lot se vrou, 2012: Human & Rousseau)

 

Joan, wanneer het jy die gedig geskryf? Hoe het dit ontstaan?

Die gedig het onstaan tydens die skryfproses van Lot se vrou, twee jaar gelede. Maar ek glo soos Opperman dat die ontstaan van ‘n gedig moeilik bepaalbaar is. Hierdie gedig is geskryf na die lees van Alice Miller se The drama of being a child en my worsteling met jeugervarings. Dit is egter duidelik dat die gedig reeds in my gemoed begin vorm aanneem het toe ek as jong kind dikwels avonture onderneem het soos die besoek aan ‘n ongeboude huis op die berg in Pretoria waar dit ‘n verbode terrein was. Die jong kind wat egter reeds ondersoek instel, die ma wat waarsku teen gevare en Neruda wat dan vanuit ‘n agterna-perspektief die gedig “orden”. Ek het ook hierdie gedig, in ‘n aangepaste vorm, voorgelees vir KykNet met beeldmateriaal. Ek het dit toe verander na Zanzibar, omdat ek lieflike foto’s gehad het wat by die gedig gepas het. Ek lees die vers voor en die beelde “verduidelik” die gedig. Daardie huis “agtervolg” my dan soos  wat my jeug my in my digkuns bly besoek. Dit vind ‘n mens eweneens in Pablo Neruda se digkuns.

Kon jy die bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Dit het deur verskillende weergawes gegaan. Emosioneel in die onbewuste; daarna deur sowat ses weergawes.

Hoeveel van die vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Om gedigte te skryf is nie “wroeg en sweet” nie. Om ‘n gedig te herskryf, is wonderlik. Ek het nou onlangs vir vier weke lang geswoeg aan ‘n gedig “Meditasie, siekte” en uiteindelik is ek nog nie tevrede met die vers nie.

Ek droom my gedigte dikwels. Hierom het ek altyd ‘n notaboek by my en ek het eenkeer op ‘n bus tussen Israel en Egipte in die donker nag selfs ‘n gedig op my Nokia E71 geskryf. Dit was dus dieselfde as om dit op ‘n rekenaar te doen. Ek skryf altyd ‘n vers met die hand sodat ek die gedig kan sien - daarna herdig ek dit. Afwerking is die moeilikste deel van die digkuns.

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Die ordeningsbeginsel was om Neruda se siening (Reuke soos smake is sigbaar, skryf Neruda iewers.) as meta-kommentaar te gebruik en die werklike gevaar waaraan die spreker blootgestel word, is die seksuele: die soeke daarna wat gevaar inhou. Die gevaarlike liefde van die eensgesindes.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as klankbord gebruik terwyl jy aan In vers werk?

My klankbord is my vriend De Lange en hierdie gedig is “getoets” in ‘n klas van kreatiewe digters wat onder my studeer en een van my studente, ‘n puik digter, het my weer bewus gemaak van die belang van Alice Miller wat ‘n mens dwing om te treur oor jou jeug en die uniekheid van jou jeug te (h)erken. Want volgens haar is dit wat jou beskerm teen die lewe.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

Die vers het sowat twee jaar lank tussen manuskripte geswerf en het verskyn in beeldvorm op Kyknet en dan in Lot se vrou.

Kan jy ietsie se oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in die vers?

Dit verwys na my werklike jeug, ‘n werklike reis na Spanje toe ek Málaga (in 1995) besoek het, die lees van Miller, die lees van Neruda (via Uys Krige in Spaanse dans) wat dan in een vorm tot stand kom toe ek reg was vir die gedig. Dis verskillende ervarings wat saamgevoeg of gefabriseer word … Hoe dit gekom het: ek is in my jeug terug gedonder  met ‘n uitnodiging na ‘n matriekreünie en dit het my so ontstig dat ek die bundel aangepak het om iets van my “displaced” jeug onder woorde te bring.

Kan jy kortliks se waaroor die vers, volgens jou, handel?

Die terugkeer na die jeug en om daardie pynlike en intense ervarings konkreet te vergestalt. Digkuns werk by uitnemendheid met die gebruik van konkrete beelde -Die Bybel (die religieuse), huis (die self), die water (onbewuste), die klein pampoentjie (die seksuele) om die “unheimliche” uit te beeld. Die gedig aktiveer ook ‘n droom van gevaar - hierom die verrottende water wat ek kan ontkom deur gedigte te skryf. Jung het beweer die onbewuste is ‘n pedantiese simbolis en as jy nie na jou drome luister nie, kan dit gevaar inhou. Ek het na my droom gekyk en die “verrottende water” van my jeug aangespreek.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skilderv) wat ‘n bepaalde invloed op die tot standkoming van die betrokke vers gelei het?

Alice Miller se studies: The drama of being a child en al haar ander studies. Die sub-titel heet: The search for the true self. Dit was die kernteks, saam met Žižek se The pervert’s guide to the cinema en hoe ons emosies “konstrueer”. Natuurlik dan ook Jung en altyd ander digters. Hier dan veral Pablo Neruda.

Het jy In bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan In vers werk?

Die Ideale Leser is die liefhebber van die gedig waarin die konkrete beelde ‘n abstraksie of abstrakte gedagte so goed oordra dat die balans presies reg is. Die leser wat hou van ‘n eerlike vers wat jou laat nadink, treur en beter voel, Want die gedig moet ook op ‘n manier ‘n emosionele oplossing bied.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Dalk meer emosioneel? Ek het diep en ver ingegaan …

Is daar iets in die vers wat jy as tipies “Suid- Afrikaans” sal beskou?

Bilharzia! Grassade, glimwurms, giftige plante.

Kon jy die vers tot In bevredigende punt  afhandel, of het jy dit maar ten einde laas “versaak”?

‘n Gedig is nooit “afgehandel” nie. ‘n Gedig is vir my afgehandel wanneer ek binne ‘n bepaalde siklus dit voltooi. Ek worstel met ‘n psigiese of intellektuele probleem wat ek met ‘n gedig oplos. A.P. Grove het my indertyd hierop gewys. Ek kyk nooit meewarig terug na my verse van ‘n jonger digter nie. Ek weet presies waar ek was en hoekom ek dit so geskryf het. ‘n Mens word met die jare tegnies flinker - die jonger digter se broosheid en “oopheid” is wel ook aantreklik.

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Ek meen so.

‘n Laaste vraag, ter wille van die interessantheid: Kan jy nag die eerste vers wat jy ooit geskryf het, onthou? Indien wel, vertel ons ietsie daarvan?

Toe ek ‘n jong kind was - “Die verlange passer vannag in my” - daarvoor het ek ‘n paar rand gewen in ‘n wedstryd in Die Vaderland van toentertyd. As jong kind het ek al ‘n intense binne-Iewe gehad. En met Lot se vrou val alles presies in plek …

 

© Joan Hambidge 7 Mei 2012

 

 

Philip de Vos. Moaner Lisa

Tuesday, May 1st, 2012

As daar een woord is wat my irriteer is dit die Engelse woord SMILE. En hier praat ek uit ’n fotograaf se oogpunt. Wie op aarde dink hy gaan beter lyk net omdat hy tande wys? In Prehistoriese tye was dit in elk geval ’n teken van aggressie. En nie dat ons veel verder as destyds gevorder het as ek ons daaglikse koerante lees nie.
Om te glimlag is g’n kuns nie.

Ek ken ’n sangeres – dis altyd tande-wys, maar kyk bietjie na daai oë – dit staan stokstyf van die gebrek aan emosie. En daar is juis ook oor Nancy Reagan gesê: Her smile is a study in frozen insincerity.

Nee, ek hou van foto’s van mense wat smeul. Waar op aarde kry mens ’n foto van ’n glimlaggende James Dean of Marlon Brando of Greta Garbo?

Smile jy, verdwyn alle karakter. Kyk maar net ’n bietjie na die sosiale kolomme in die plaaslike koerant. Hulle lyk almal so dolgelukkig. Meanwhile, back at the ranch …

En wat van foto’s van ons vroeë Afrikaanse digters?

 

 

 

Eugène Marais lyk soos Max Collie wat jou wil hipnotiseer met daardie slang-oë van hom terwyl Jan F. E. Celliers daarenteen lyk soos iemand wat ek graag as oupa sou wou hê.

Dan is daar natuurlik dié wat wegkyk van die kamera asof hulle diep, diep woorde uitdink: A.G. Visser en Boerneef.

 

 

En D.J. Opperman. Met watter foto sou hy wou hê, moet ons hom onthou?

 

 

En die jonge Loftus Marais? Moet hy smile of smeul?

 

 

Of is ’n upside-down smile soos dié van Joan Hambidge miskien ’n beter opsie?

 

 

Toe ek vandag weer in my bokse rondkrap, ontdek ek ’n Engelse versie wat ek alreeds in 1985 geskryf het, pas ’n jaar nadat my eerste Afrikaanse versies gepubliseer is. En dit was juis deur Roald Dahl se Revolting Rhymes dat hierdie tipe versie geïnspireer is. En ek plaas die versie oor ’n vroumens wat agtergekom het om te smile is beter vir haar image, presies soos dit destyds geskryf is, warts and all:

 

MOANER LISA

Four centuries or so ago

there lived a maid in Florence.

Her conduct filled the Florentines

with loathing and abhorrence.

Her manners were atrocious.

Her manners were quite vile.

She moaned and scowled

the livelong day

and NEVER gave a smile.

She had a double-decker name:

they called her Moaner-Lisa.

To tell the truth - this was a name

that didn’t really please her.

All that anybody saw,

was just her stern exterior.

And no-one in that city knew

that Moaner felt inferior.

Moaner-Lisa had a dream -

she wished that she had fame.

Then everybody in this world

would talk about her name.

(It really is a pity

how parents sometimes name us.

And with a name like Moaner -

could any girl get famous?)

She was a simple-minded girl

who didn’t want prosperity.

The only thing that mattered

was her wish for some posterity

Then she had a bright idea:

I’ll have my picture painted

by Signor L. da Vinci.

With fame I’ll get acquainted!”

(She didn’t look quite half as good

as Marilyn or Bardot

Yet off she marched with angry scowl

to Artist Leonardo.)

He started in the morning,

and painted her all night

but still poor Moaner Lisa

looked an awful, sorry sight.

The reason was most surely

that nasty horrid scowl

that made her look exactly

like a mean old hooty-owl.

“Miss Moaner,” said Da Vinci then,

“Methinks that you should smile.

Otherwise some gentle folk

would surely run a mile!”

“Heigh ho! Hey nonny no!”

said Moaner with a frown.

“I do not want a grinning face

like joker, fool or clown!”

“Prithee, dearest maiden fair,

Pretty, pretty please!

Stretch those lovely lips of yours,

and then you can say: Cheese!”

“No!” screamed Moaner. “I refuse!

I think that I should go

and find another artist then

called Michael Angelo.

He is such a gentleman.

He’ll paint me on a ceiling

And that’s not all –

He’ll paint my scowl

with reverence and feelingl”

Poor Signor L. da Vinci

felt a little bit upset.

He had a funny feeling

that he’d make her famous yet.

Then he thought he’d tickle her

until she screamed and laughed.

But, with a frown, Miss Moaner said:

“Da Vinci! Are you daft?”

So he stood upon his head

and swung from ev’ry rafter.

Hoping that she would collapse

with giggles and with laughter.

He wore a funny face and hat.

He wore an eiderdown.

But all that he could notice,

was old Moaner-Lisa’s frown.

He told her funny stories.

He told her ev’ry joke.

But not one teeny-weeny smile

did any joke evoke.

Then poor old Leonardo thought:

And now for something worse.

So he recited on the spot

four simple lines of verse:

 

“Queen Daisy had a daughter.

Queen Daisy had two sons.

Queen Daisy had some apricots.

And then she had t he runs.”

 

He somehow thought

that Nonsense Verse

was really not her style

But then a great big miracle!

Miss Moaner gave a SMILE.

That smile made her so famous.

and took her to the Louvre,

because of good Queen Daisy

whose bowels once did move.

geskryf: 10 – 11 December 1985

 

En nou moet onse digters maar self besluit, want soos Shakespeare amper gesê het:

To smile or not to smile.

That is the question.

 

 

 

 

Joan Hambidge – vertaling in Engels

Monday, April 30th, 2012

Joan Hambidge - vertaal deur/translated by Jo Nel, Charl JF Cilliers & the author 

              
Joan Hambidge
Joan Hambidge

Joan Hambidge is Professor of Afrikaans Literature & Creative Writing at the University of Cape Town. Her latest volume of poems is Visums by verstek (2011). She is a regular book reviewer and writes articles on literature and films. She conducts MA courses in Creative Writing at the University of Cape Town. Joan has two doctorates. She has also published several satirical and non-satirical novels such as Die Judaskus, Palindroom and Kladboek. Die buigsaamheid van verdriet (2006) is a volume of selected poems. She is also known for her essays on literary theory. For her poetry she was awarded the Eugène Marais Prize and the Litera Prize.  Another volume of poetry, Lot se vrou, will be published shortly.

 

Meditation

 

So hard to download all the rememberings.

The internet connection is unstable

and the files are too large for my inbox.

What is more, I’m struggling to delete them.

An answering machine warns of heavy traffic…

Oh how I abhor the use of words

such as files, delete and traffic!

Technical concepts that interrupt my poem,

like you for whom meditation means

emptying, cleaning out, a clear mind.

So hard to download all the memories.

How much less complicated was it not

before the internet. Now we are at the mercy

of the babblings of a hasty sms,

the siege of an e-mail, warfare on a blog and, dammit,

that one connection

that can end in instability, in peril.

The whole day I have been exploring

reasons for our temporisation.

And in a different light I meditate

on a connection in a poem downloading slowly

and causing a whole system to freeze.

 

(Tr.by Charl JF Cilliers)

 

 

 

Tokio, A Meditation

 

Does silence have a structure?, your late-night email

asked me here in the light of another time zone

while I struggled with wifi in a room of the Shiba Park hotel.

My reply kept getting stuck, skittish, floundering

like a fish that was about to lose its ki.

Just behind the hotel there was a funeral parlour,

a karaoke bar and a park for indolent walks.

This email’s like a smouldering fire, I reply.

I still cannot get an on-line connection.

Yesterday at the temple, washed my hands, left a coin.

Like me, the gods here are silent in all the conflicting languages.

In an unsent email there is a scorching soundlessness.

 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

New York

 

 

Tonight I double-lock the door

and in my memory see your majestic skyline.

The city - like this traveller -

grows more guarded, but not more silent;

nothing can ever supersede

your imposing, tumbling Twin Towers:

in their very absence doubly absent.

In Chinatown the small call boxes still boast

their petite pagoda roofs and Harlem remains in darkness,

an expanse of hatred, malice and insurgency.

In Greenwich Village people give an account of how

it happened: in slow motion, as if in a dream,

first one and then another blast.

Armageddon. Descent into Hell. Doomsday.

You have seen other wars come and go,

have become a haven for soldiers fighting

in the old world; have drawn strangers to your bosom;

for guests from far and near you skyscraper ever higher.

You become the whole world in a city.

In 1927 you rejoiced when Charles Lindbergh

completed a breath-catching solo flight from here to Paris.

In 1929 you lived through Wall Street,

a state of total loss, a black depression.

So it is then: a city of high points, beacons, an Empire State,

a Statue of Liberty, while a deep subway keeps murmuring and toiling.

Much-celebrated city, with a heart called Central Park:

Once more I walk down 5th Avenue, see ships on the Hudson,

hear yellow cabs restlessly idling close to Greenwich Village.

So many poets have sought sanctuary in you.

One even foretold this last onslaught upon you:

“we must love one another or die…”

Is Deep Throat still showing on 42nd?

And does a deadbeat still call out: “Spare me a dime?”

I stand in Times Square and wonder who

on Broadway tonight will play out

the American Dream in cryptic shards of sound?

A Brooklyn Bridge across which survivors, coated in dust, keep fleeing?

A David Mamet with hot-blooded dagger thrusts?

An exuberant restaging of Hair or Oh, Calcutta!

would strike a false note, be out of place…

City of many names: forest of stone,

the Big Apple

the city that never sleeps,

“the city so nice they named it twice”…

Make me your Fiorello la Guardia,

an honorary citizen, an ambassador,

for you who remain standing,

in spite of adversity.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Kervansaray

 

A small matchbox

kervansaray international holiday courts

packed with memories and impressions.

In so many cities a collected memento:

from Havana, soap, its fragrance lost, a fold-up toothbrush

from Acapulco’s Zen Hotel, a tube of toothpaste from Kyoto.

I play at  Alice In Wonderland: grow larger and smaller

in front of all the travel doors of memory.

There was a time when I drowned in my tears: a tolling bell

of parting, rejection, the end of a relationship,

impelled the journey. The ginger cat’s smile lingers.

One late summer afternoon I drove into Edinburgh,

amazed at the pink tinge of a city

ablaze with the colours of sunset.

Now it is an inward journey in the knowledge that all

my impressions are imaged in such a small matchbox.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

 

London

You find no man, at all intellectual, who is willing to leave London. No, Sir, when a man is tired of London, he is tired of life; for there is in London all that life can afford. - Samuel Johnson

Lowonidonjon,

or rather, river too wide to be

controlled. In 1666 a fire devoured

your heart. You survived, were rebuilt,

endured plagues, wars, invasions, deaths.

Yet you have never gripped my imagination. I am

merely tarrying here, viewing your landmarks such as the Thames,

Westminster, Buckingham Palace, too many to recount.

You are, have always been, merely a gateway to other cities,

en route to Dublin, Glasgow, Vienna. A meal ticket.

Forgive me! This is, in the first place (and the last),

about me, not you. I do not find myself in Mexico

longing for Granada; nor singing the praises of Petticoat Lane

in a cold city with a Tube that stretches far and wide.

(and hidden from sight, evils walk round at night, like Jack the Ripper.)

I hate your Cockney sounds, your double-decker buses,

your detachment, your ruefulness, your haughtiness.

An Englishman in New York, my foot!

But wait. There is indeed something that lifts you above

others (apart from strange sounds and colours):

Madam Tussauds.

Imitation, cloning, likenesses.

Here I stand, a visitor to the house of spent passion,

love that has flown; The Tales of Hoffman is playing,

but there is no more life.

Here you take me back to the bluebeard room,

to all the wax images of my lost, heart-rending relationships.

Fortunately my head - like that of the Madam - is not being chopped

off. Your detachment thus commemorated.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Santiago de Chile

 

O beloved, tormented city:

I know of your distress,

your Costanero Norte cut off,

Santiaguinos trapped in

your dark underground and Estacion.

In my mind I walk across

the Alameda and wonder if Sanhattan

is still standing. Is the snow on the Andes melting?

Is the Cordillera de la Costa

aware of your setback? Is the Mapoche flourishing?

Is the Tupungato volcano

dormantly spluttering?

O beloved, tormented city:

La Chascona, that monument,

is hopefully unscathed?

“Beyond the country’s walls,

beside the snow’s crystal lattice,

behind the river’s green leafiness,

under the nitrate and thorns

I came upon drops of blood,

and every drop burned

like fire.” The words of the poet

of La Chascona remain

alive in me all the way to Machu Picchu

and the morning glow of the Urubamba’s

spluttering soleful sounds of longing.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

 

 

Bangkok

Krung Thep Mahanakhon

 

City of Angels,

Big City ,

Eternal City of Jewels,

Impenetrable City,

how does one evoke you in my language,

not in Pali or Sanskrit?

In your words you are called

Krung Thep Mahanakhon Amon Rattanakosin Mahinthara Yuthaya Mahadilok Phop Noppharat Ratchathani Burirom Udomratchaniwet Mahasathan Amon Phiman Awatan Sathit Sakkathattiya

Witsanukam Prasit

apparently the longest name on earth,

according to The Lonely Planet.

My poetry needs something more passionate, more urgent:

For me you are the Venice of the East

with your rivers and canals properly protected

against inundations and floods and other calamities.

Who watches over you?

In my imagination I see

children sailing over klongs

during jubilant festivities,

and on Queen Sirikit’s birthday,

so it is said, there are cheerful decorations and lights

in her honour. Angelic, bounteous, I am told,

as the leave granted, during a Brahmin festive season,

for frenzied rice-picking,

and for perhaps gaining some fleeting

understanding of you?

Without ceremony

or long-windedness,

your excess articulated in your name.

I do not understand you:

could never get you trimmed

down: even though I was there.

 

(From: Visums by Verstek, H & R, 2011) 

(Tr. by Charl JF Cilliers)

Translator: 

Charl JF Cilliers  was born in 1941 in Cape Town. Initially he went into the field of electronics and lectured for 4 years. He then joined Parliament as a translator in 1968 and retired in 1998 as Editor of Hansard. His first volume of poems West-Falling Light appeared in 1971, to be followed by Has Winter No Wisdom in 1978. His Collected Poems 1960 - 2008 appeared in 2008 and The Journey in 2010. His latest volume of poetry , A momentary stay.  was published in 2011. He also published a volume of children’s poems, Fireflies Facing The Moon, in 2008. He has retired to the Cape West Coast where he continues to write.

 

My sweet old etcetera

 

It’s through Latin

Etruscan becomes comprehensible -

and even Egyptian hieroglyphics

are effortlessly deciphered

by experts; now explicable.

But who will someday grasp

the alphabet of our ruins?

 

Mysteriously you construct

a plastic model ship

of the Titanic - while I drift

on the Dead Sea

anticipating deliverance.

Archaelogical research

cannot simplify

the destruction

which you multiply.

 

(Tr. by Jo Nel)

 

 

One night-stand

  

The scène is always the same:

intro-drink-seduction-bed.

 

The next day constantly a mind fuck:

guilt-silence-longing

and regret.

 

To fall in love is like placing a bet.

 

(Tr. by the author)

 

 

 Writing as fucking

 

To write a sapphic verse

close before midnight

leads to many problems

(ignoring “vicious mathematics” …)

to find a non-off-beat image

for our for(ever)ness:

the pen is mightier than the sword:

does not work; too phallic, sexist,

sounds like penis-envy…

when two lips speak together:

does not reveal much of our softness/tenderness;

rubyfruit jungle:

is false, fruit-

less romanticism;

dark labyrinth:

too desperately literary;

bitter lemons:

cute poetic cunninglingus.

 

To write a (love)poem

like this, creates

coldness/logic/guilt

about that which merely is.

  

(Tr. by the author)

 

  

Domanda

For Margaret Rosabel Mezzabotta

  

Untimely, premature your exit

to an unknown region.

The soul, I remember this morning,

needs the slow maturation of wine.

If hastily uncorked or poured

wine suffers bottle shock.

You would have been able to verify

this for me: an obscure reference

to the Egyptian Book of the Dead.

But to comprehend your death

is an undecodable hieroglyphic

in a dark impassable alleyway.

Death reverses the order of words,

it makes us look back, remember, even

seize small moments of chance -

like my cleaning your glasses once,

discussing dark symbols with you.

For this funeral oration, or rather declamation –

as a poet I am completely unprepared,

no, undeclared, undeserving…

The so-called consolatio or comfort

of a medium (Look, she sends you a rose)

or the flickering of a candle,

undoes nothing. What does “passing away”

mean? That you had to leave - in my book

anyway - far too rapidly

for heaven? That your soul was forced out

seemingly without warning. That roses fade,

candles cease to flicker…

Still I wanted to ask:

“Who scratched out Nefertiti’s one eye

so that she was blinded on the other side?”

 

(Tr. by the author)

 

 

My parents

  

i

 

From my birdlike mother,

I inherited my unhappy, dissatisfied, unpleasing nature:

Yesterday, was a better day.

From my forceful, burly father,

my dreamy, romantic, undaunted disposition.

 

The one can place words like blocks;

the other’s dreamy nature almost blocked

by others…

 

And me?

Their heirloom?

The one part of the Janus head

looks back to what was;

the other half to what words

may unblock.

 

ii

 

Oh it was always so effortless, so easy

to turn away from you my parents,

the eternal addressees

of this poem and my prayers.

 

This is an elegy

before you leave for the other side

and because a funereal poem might be inappropriate

at this time of deadly silence.

 

For her my crooked old mother

for him my burly father

something which is shorter than a letter

worthier than a legacy

more lasting than a gravestone

more reliable than an insurance policy

more worthy than a family ring.

 

Every poem which stems

from me with affection

due to them.

 

Her voice the metre of my verses

his hand the form of my words.

 

iii

 

They are the salt of the earth

yes, the salt of the earth

because their tears

their tears

stream like salt

like salt

over their cheeks

They are the salt of the earth

my parents

lamenting in silence

over their children’s tears

streaming like salt

like salt

over their cheeks

 

iv

 

Mother:

tonight I recall a letter to you

written in my niggling handwriting

from a faraway country:

 

It is winter in New Haven

at night I hear the silence

of the snow falling

like the wings of departing swallows

 

O Mother

I carry the heavy burden

of feeling the descending words

the feathers of a departing swallow

 

O Mother

O Mother

I carry the heavy burden

of words descending on me

like black swallows.

 

v

 

Tonight I suddenly recall

how you called

out: “Everything is against me!”

and about three decades later

I realise

Dad

how you struggled

to fit us all in

on your 30 Day Old Mutual

calendar.

 

Another policy

another late shift

an extra work load.

 

And I?

 

I keep myself busy with a policy

with almost no investment value.

It fails to fit on a normal calender,

it prefers the unpredictable hour

and yes, it does not protect you

against disillusion

or similar feelings

as a published poem betraying the poet.

 

vi

 

When I was younger

and oh so unsure

 

they were merely in the way

 

but now I return

incessantly to them

my parents so sure

and understanding,

prepared to stand surety

 

Does a pun lurks there

in being “sure” and “stand surety”

if merely in a poem?

 

vii

 

Dad

I carry you

a graft on my body.

I dreamt of you last night:

you are playing in an orchestra

with your old cronies

at a small, village wedding

with many dirty, stacked plates.

You hand me a glass of wine…

 

How real, tangible

the dream feels which according to Cirlot

might indicate an approaching death.

Yes, my father presents me with a glass

from which I pour life

with full abundance.

 

viii

 

My mother prefers

Not to be mentioned in my verses.

Yet my first searching, rambling poem

written in a faraway USA

in cold winter snow, was addressed to her.

 

Previously I spoke to her through

other woman poets in my letters.

Poetry learnt by heart

now written from the heart.

My mother prefers

not to be mentioned in my verses.

Yet all words stem

from the restrained, confined mother womb.

 

Oh mother forgive me this tres-

pass, this intrusion

of your privacy,

due to the unsevered umbilical cord.

 

ix

 

Look at them, my parents,

sitting as a young engaged couple

on a sofa in a Jewish studio.

You smile with a little hat on your head

holding Dad’s hand.

Many decades later I realise:

we choose undoubtedly our parents

prenatal and astral.

 

Here they are, my parents,

waiting

the two old wrecks

in a poem by their second eldest.

I see them after being 50 years together:

on that day I phone them up

from a faraway place.

 

I place them neatly

- as if for a photo shoot -

for a final analysis,

for an unharmed version,

in a thankful cadeau.

A coup de chapeau!

 

(Tr. by the author)

 

 

Rome

 

Although I lost my religion long before my virginity

 

yes it was traumatic   to copy others

in this process   me I copycat    could I understand in Rome

the first original shall we say, most original city

of the arts understand why artists create

represent passion in a painting hanging upside

down from roofs   everything for art’s sake

I must confess: I even cried

 

when I saw Michelangelo’s Pieta

 

as it becomes more than a mother

not comprehending the death

of her beloved firstborn   look at the fingers

they are stretched out   searching    

the son’s cold broken knee

the head backwards   the loin cloth unravel-

ling  how long will it take before the body de-

composes?  the muscles breaking down

  

Even the holes in hand and foot

recalled in breathtaking detail

(Remember: He was pierced)

 

For me death here becomes colder than marble

 

(Tr. by the author)

 

 

Kopskuif. Die stand van openbare diskoers (Joan Hambidge)

Sunday, November 27th, 2011

Joan Hambidge in Karnak

 

Kopskuif is ʼn inisiatief waarvolgens ons van tyd tot tyd op bepaalde kwessies wil fokus deur ʼn stel vrae aan spesifieke kommentators te stuur vir hul insette. As eerste “kopskuif” het ons gedink om op die belangrike kwessie van openbare diskoers te fokus aangesien die opmerking heel dikwels gemaak word dat die vlak van openbare gesprekvoering veel te wense laat … Té gereeld word die man eerder as die bal gespeel wanneer meningsverskille ontstaan en ontaard die gesprek eerder in ʼn verdagmakery as wat daar konstruktief oor ʼn bepaalde aangeleentheid besin word.

As verdere bydrae plaas ons Joan Hambidge (foto) se reaksie.

***

Kommer word dikwels uitgespreek oor die lae vlak van openbare diskoers in Suid-Afrika. Wat is jou mening hieromtrent?

Die bydraes alreeds van ander deelnemers aan hierdie debat bewys dat daar tog op ‘n sinryke wyse verskil kan word. Die moderne media - en veral blogs - gee aan almal ‘n reg tot ‘n siening wat onmiddellik gepubliseer word. Dikwels in die hitte van die stryd word opmerkings gemaak wat die skrywer waarskynlik agterna berou (as dit nie onder ‘n skuilnaam is nie). Ons het in veral in die verlede op Litnet (met ‘n skoorsoekende webmeester wat die vure wou stook) bytende en lafhartige kommentaar gekry. ‘n Mens moet egter wanneer jy ‘n mening publiseer, verwag dat ander miskien anders mag oordeel. As ek byvoorbeeld sou skryf dat ek dink ‘n vergete digter is onderskat, sal kenners van daardie tydvak van my kon verskil.

In die ou dae van Standpunte het dit maande geduur voordat ‘n gedig opgeneem is. Die digter het dan ‘n brief gekry van Ernst van Heerden wat ‘n streng keurder was. Op webruimtes is gedigte dalk gouer daar; en dalk gouer vergete? Dieselfde geld standpunte op die internet wat dikwels niks minder as ‘n getjommel word nie. Wie kan nou die hek teen die internet wat dikwels ‘n Raka word, sluit?

Ons het Crito (wie dit ook nou mag wees?) wat resensies beoordeel.

Ten spyte van die ligte skokgolfies wat dit soms veroorsaak, hou dit die gesprek aan die gang. Terloops, ek is nie Crito nie. My gevoel is dat dit ‘n groepspoging is tensy die persoon sy / haar styl kan aanpas.

‘n Resensie is ‘n eerste mening van ‘n ingeligte (wel hopelik) persoon wat bereid is om binne die voorgeskrewe lengte en teen ‘n spertyd die werk te lewer.

Ek is sowel skrywer as resensent. So ek ken die bedryf van beide kante af. As jy ‘n meningsverskil het met ‘n kollega wat dit later uithaal in ‘n resensie met min pitkos, moet jy dit ignoreer en eerder ‘n gedig skryf. Of kyk wat van waarde mag wees. Selfs uit die mees onkundige of persoonlike reaksie is daar iets te lere.

Ek skryf altyd ‘n reaksie op ‘n kwetsende resensie vir myself, pos dit terug aan my eie e-pos-adres, lees dit die volgende dag en transformeer dit later in ‘n gedig. Of dink na oor dit wat geldig is.             

Kan ‘n mens resensent en skrywer wees? Ja. Jy moet net jou posisie duidelik verklaar.

Watter faktore, volgens jou, gee daartoe aanleiding dat ‘n bepaalde meningsverskil dikwels in ‘n persoonlike twisgesprek ontaard eerder as konstruktiewe debat?

Miskien wil iemand die tafel dek vir sy eie soort werk en dan (onbewustelik) ‘n polemiek begin om ‘n saak te stel vir sy eie werkswyse?

Ons letterkunde is besonder klein. Almal ken mekaar wat faksievorming bevorder.

Ons het verskillende persoonlikhede, smake en ons is mense: almal het blindekolle. Daar is nie soiets as ‘n Objektiewe resensie nie. Daar is wel iets soos ‘n goed geargumenteerde bespreking waarin die kritikus sy / haar smaak uitspel en binne die opset van die bespreking verduidelik. Ek dink nie kollegas behoort mekaar te resenseer nie, maar binne ons klein bedryf gebeur dit onvermydelik wel dat ‘n resensent oor ‘n vriend / kollega iets skryf. As dit ‘n blinde bewondering of verbete aftakeling is, sal die kierangs braai. Onvermydelik berokken dit die boek dalk skade.

Daar is mense van wie ek nie hou nie; maar ek mag wel van die boek hou of eerder niks daaroor skryf nie. Dan is daar mense van wie ek hou, maar hulle werk praat nie met my nie. Dan bly ek liefs stil.

Ons moet ook versigtig wees om sterk meningsverskille dadelik as “persoonlik” af te maak. Dikwels is ‘n sterk antwoord noodsaaklik om die ander standpunt te stel. Ek dink aan Camille Paglia se “Sontag Bloody Sontag” waarop Sontag alle swye bewaar het en die argument dus uitgewis het. Totdat haar seun opgekom het vir haar. En dit het toe so kleinserig gelyk, omdat hy die satiriese aspek en OTT-aanslag van Camille Paglia se reaksie nie genoegsaam verreken het nie.

In Engeland is Martin Amis dikwels aan mense se kele. Dit is wat hy oor Nabokov se laaste roman geskryf het: “: “When a writer starts to come off the rails, you expect skidmarks and broken glass; with Nabokov, naturally, the eruption is one on the scale of a nuclear accident.” (The problem with Nabokov http://www.guardian.co.uk/books/2009/nov/14/vladimir-nabokov-books-martin-amis

Dit gaan hier egter om ‘n belangrike saak: die publikasie van ‘n nagelate roman deur die outeur se seun en die Amis se harde woorde was noodsaaklik om die skade uit te wys.  

Die kortste bespreking was van Abba se Voulez Vous waarop die resensent Non! geskryf het. In Afrikaans, as ek reg onthou, het Brink indertyd in een paragraaf ‘n digbundel afgeskryf met die woorde dat hy hom nie daaroor wil uitlaat nie, want daar is te min poësie te vinde in die boek.

Watter riglyne beskou jy as noodsaaklike uitgangspunte ten gunste van konstruktiewe gesprekvoering?

Wanneer jy iets plaas ter wille van ‘n gesprek, stel jou saak onomwonde. As jy egter iets plaas wat omstrede is - soos julle weet nie eintlik so goed as ek nie; of julle is slaafse navolgelinge van ‘n beweging / diskoers, hier is die waarheid - gaan daar reaksie wees. Trouens, jy weet wanneer jy iets publiseer, gaan daar altyd iemand iewers wees wat gaan verskil, jou resensie by ‘n boekbekendstelling gaan brand of vir jou ‘n anonieme geskenk toestuur. Of jou verwen met ‘n bitsige e-pos.

If you can’t stand the heat, get out of the kitchen.

Ek onthou hoe wyle W.E.G. Louw, ‘n fantastiese teaterkritikus op sy dag, vertel het dat hy ‘n pakkie in die pos ontvang het na ‘n striemende resensie. Binne in watte toegedraai ‘n klein hondedrolletjie. Hulde aan Louw. Hy het dit skreeusnaaks gevind.

Die belangrikste riglyn is: moenie verbaas wees as iemand reageer of verskil nie. Moenie jou standpunt verander nie. Wanneer jy bloggereer en jy begin amendeer, gee jy dalk toe dat jou argument water hou nie?

Wat beteken jy moet ook kan toegee dat ander kan verskil of dat jy gewoon nie iets raakgesien het wat ‘n ander leser uitwys nie.

Gee die persoon eerder gelyk. Jy is nie in ‘n bokskryt nie. Die denkbeeldige bokskryt van die polemiek was plesierig vir my jare gelede; nie meer nie.

Dan is daar (en hierdie is ‘n baie belangrike riglyn) wat warm debatte is. Soos die taaldebat. As jy hier indreun, gaan daar of ‘n dawerende stilte wees van die vreesbevanges aan die US of diegene wat sterk, ingeligte menings het. Ek sal tweekeer dink voordat ek met Herman Giliomee redekawel oor die statistieke hieroor of vir Bill Nasson aanvat oor byvoorbeeld die Boereoorlog. Hieroor het ek my sieninge ja, maar ek is bewus daarvan dat historici op sekere gebiede ‘n groter prentjie raaksien. Dieselfde geld my beskouings oor wat sê byvoorbeeld ‘n geslaagde gedig is.

Dit is jammer dat die knieknak-reaksie altyd die groepering of etiket is. Taalbulle, regs, links, gay, militant, grys skoene eerder as om te lees wat die persoon skryf.

Die debatte in die briewekolom van Die Burger (wat gelukkig nou tot stilstand gekom het) tussen Kreasioniste en Ewolusioniste was die beste voorbeeld van mense wat nie hóór wat die ander een sê nie. En dus wonderbaarlik by mekaar verbypraat.

Kan jy dalk voorbeelde noem (hetsy plaaslik óf internasionaal) van konstruktiewe meningsverskille? Noem gerus ook waarom juis dié betrokke debat vir jou tot voorbeeld dien.

‘n Konstruktiewe meningsverskil kan ook ‘n persoonlike of satiriese een wees, al is dit net om die vermaaklikheidswaarde.  

Nederlanders kan driftig verskil en tog mekaar steeds vir ‘n biertjie agterna kry.

Om iemand name te noem, bewys dat jy nie genoeg intellektuele argumente het nie. En om op ‘n openbare platform ‘n mede-kritikus as oneties, ‘n kansvatter of watookal te brandmerk, boemerang altyd. Oh what’s in a name!

Ek het al op Litnet konstruktief met Bernard Odendaal verskil.

Gerrit Brand wat net fokus op die argument in sy blog op Litnet en nooit kwaad word nie.

Terry Eagleton se resensie van Richard Dawkins se The God Delusion en die debat daaromheen is ‘n leersame stuk, al sou jy verskil van hom:  http://www.lrb.co.uk/v28/n20/terry-eagleton/lunging-flailing-mispunching afgetrek 27/11/2011

Kyk net hoe begin Eagleton:

Imagine someone holding forth on biology whose only knowledge of the subject is the Book of British Birds, and you have a rough idea of what it feels like to read Richard Dawkins on theology. Card-carrying rationalists like Dawkins, who is the nearest thing to a professional atheist we have had since Bertrand Russell, are in one sense the least well-equipped to understand what they castigate, since they don’t believe there is anything there to be understood, or at least anything worth understanding. This is why they invariably come up with vulgar caricatures of religious faith that would make a first-year theology student wince. The more they detest religion, the more ill-informed their criticisms of it tend to be. If they were asked to pass judgment on phenomenology or the geopolitics of South Asia, they would no doubt bone up on the question as assiduously as they could. When it comes to theology, however, any shoddy old travesty will pass muster. These days, theology is the queen of the sciences in a rather less august sense of the word than in its medieval heyday.

Dawkins on God is rather like those right-wing Cambridge dons who filed eagerly into the Senate House some years ago to non-placet Jacques Derrida for an honorary degree. Very few of them, one suspects, had read more than a few pages of his work, and even that judgment might be excessively charitable. Yet they would doubtless have been horrified to receive an essay on Hume from a student who had not read his Treatise of Human Nature. There are always topics on which otherwise scrupulous minds will cave in with scarcely a struggle to the grossest prejudice. For a lot of academic psychologists, it is Jacques Lacan; for Oxbridge philosophers it is Heidegger; for former citizens of the Soviet bloc it is the writings of Marx; for militant rationalists it is religion.

Letterkundige tekste is nie wetenskaplike tekste nie. Dis waarom daar meningsverskil sal wees. En dikwels word skrywers vergeet of verkeerd beoordeel. Kyk byvoorbeeld hoe Etienne Leroux weer opstaan uit die dode (Harold Bloom se Apophrades) in Deon Meyer se 7 Dae en Kerneels Breytenbach se Piekniek by Hangklip.

In hierdie bedryf het ek al skrywers sien kom en sien gaan; modes sien kom en verdwyn.

Die konstruktiewe meningsverskil erken die tradisie en as die skrywer iets nuuts doen, mag die kritiek onkant betrap word. Maar die tyd wys foute uit: oorskatting en onderskatting.

Confucius het beweer dat hy wat met modder gooi dalk mag uitvind hy het later nie meer grond onder sy voete nie. Of so iets.

Sela.

 

- Joan Hambidge

 

 

Joan Hambidge. ‘n Besinning van die konkrete

Monday, November 14th, 2011

 

A momentary stay: Charl J.F. Cilliers (ISBN 978 0 620 51249 7, Malgas Publishers 2011, 123 bladsye sagteband

Resensent: Joan Hambidge

charl FJ Cilliers

Charl FJ Cilliers

A Momentary Stay van Charl J.F. Cilliers het waarskynlik een van die mooiste omslae in ‘n lang tyd. Dit bevat ‘n pragtige waterverf tekening van Marlise Joubert wat ‘n belangrike gedig in die bundel aktiveer “Last Days Watching The Old Tree”, 75. Cilliers is ‘n behendige digter en ander gesiene kritici soos Henning Snyman en Ridley Beeton word tereg op die agterblad aangehaal. Snyman wys daarop dat hierdie digkuns se eenvoud dikwels misleidend mag wees en dat ons in die The Journey van die allermooiste metafisiese gedigte te lese kry.

Die digter ondersoek die kortstondigheid van ons menslike bestaan in verskillende vorme soos die moeilike Japannese tanka-vorm, die haikoe en herhalende refreine wat die rondeelvorm naboots.

By die lees van hierdie genoeglike bundel kom die leser onder die indruk van die digter se vermoë om die beeld voorop te stel soos by die Imagists. Daar is eweneens gesprekke met William Carlos Williams en Wallace Stevens (”Nine Wintry Outlooks”, 13) bekend om sy digterlike uitspraak dat die ding-heid in die gedig voorop moet staan:”not ideas about the thing but the thing itself”.

Die klein momentopname, die skerf, is dit waarin die digter uitmunt:

 

VI

 

pebbles are like sounds

of tiny ice cubes clinking

in an empty glass

 

Die motto van Robert Frost klink in vele verse op:”…a momentary stay against confusion”. Die ouerwordende mens sal immers iets skryf oor die verganklikheid van die lewe. Dit word egter met soveel vaardigheid gedoen in ‘n digterlike proses waar dit gaan om die toevallige waarneming. Die digter draai dikwels weg van mitologie of metafisika juis om die dinglikheid te ondersoek soos in die vers “Drawing to an End” (16). Maar, soos ons weet uit die Boeddhisme (en die Sufi’s wat die digter hier betrek): die waarheid is binne-in ons en dit word vergestalt deur die dinge óm ons.

 

Huiwering, onsekerheid, wegbeweeg, dra die meeste van die gedigte in hierdie bundel. Die digkuns is beperk in die besegging van emosies en die verbeeld-ing van die werklikheid daarbuite soos ons aflees uit “Still life”, 21. Die volgende vers is eweneens ‘n kode vir die begryp van die bundel as sodanig:

 

So Much Depends Upon An Apple Tree

 

There is an object

hanging in a tree.

 

To whom is it some

thing if not to someone

 

who may see

it there?

 

That object

in a tree.

 

Its image

once in the mind

 

resounds within with ripples

from the genesis of humankind.

 

Once seen

can there then

 

be

still  

 

just a tree

in which there is

 

an object

hanging free?

 

(23)

 

Hy laai verse met implikasie, ofskoon die digter tereg wegskram van die mitologie en eerder die beeld (”image”) vertrou. Geslaagde digkuns werk immers deur konkrete beelde. En wanneer daar oor stiltes en die ónmoontlikheid van besegging gedig word (soos in “Encounter”, 26), tref dit eweneens.

Nie die idee nie, maar die ding op sigself. Wat jammer dat hierdie digter nie deur ‘n gesiene uitgewershuis gepubliseer word nie; hy verdien beslis groter respek.

 

II

Henning Snyman, een van die mees gedugte en skerpsinnige lesers van die digkuns, verwys na die bundel The Journey as “van die allermooiste metafisiese verse” in die Suid-Afrikaanse digkuns. Snyman se studies oor die digkuns waarin hy verwys na die werking van die digterlike beeld, is waardevolle studies. Cilliers skryf oor filosofiese, metafisiese onderwerpe - dus oor abstraksies - maar hy gebruik konkrete beelde om dit te bewerkstellig. Dit is ook iets wat ek by ‘n digterlike mentor, D.J. Opperman geleer het. Opperman het nie die metafisika ontken nie; daarvoor kan ‘n mens net na sy gedigte kyk soos “Vuurbees” en Dolosse weer lees. Johann Lodewyk Marais, wat nie hierdie laboratorium bygewoon het nie, skryf sinvol oor wat Opperman wou regkry in hierdie letterkundige laboratorium. Hy wou die jong digter leer dig en om te kan dig, moet jy ook kritikus wees. Die jong digter moet dus sy emosies, angste, gevoelens oor die liefde, die dood, en dies meer in konkrete beelde vertaal. In hierdie klas, wat ek bygewoon het en dus as gesaghebbende kan praat oor presies wat gesê is, anders as vele wat hul interpretasies op tweedehandse inligting baseer, het die digter as begeleier die jong digter geleer om weg te bly van Vae Abstraksies. En deur die abstraksie in ‘n konkrete beeld te vertaal, moet die leser dus die abstraksie(s) of metafisika interpreteer!

Daar word dus vele uitsprake aan Opperman toegedig, veral deur mense wat nie daar was nie. Opperman se gedigte kan die leser deur etlike filosofiese interpretasies neem. Maar sy bedoeling was as leermeester om die jong digter te leer om die troebel gedagtes te ver-beeld. Opperman die mentor is dus nie plots gelyk te stel aan Opperman die digter nie. Net soos wat die skeiding tussen abstraksie en konkreetheid nie ‘n absolute is nie. Johan Degenaar het immers op sy dag gedigte gebruik om filosofiese konsepte te verduidelik. Opperman had dit oor die jong digter wat moet leer skryf.

Die digter benodig abstrakte denke om te besluit watter woorde word gekies (sinonieme, antonieme), klankpatrone, intertekste - maar dit gebeur dikwels eers nadat die gedig in inspirasie uit die digter te voorskyn kom. Dan kom die abstrakte selfkritikus na vore en torring met beelde en patrone. Nou onlangs het ek ‘n dokumentêr oor Jacques Derrida gesien. Die filosoof maak die relevante opmerking dat ‘n mens se oë en hande nooit verander nie. Dus, ‘n poëtiese opmerking. Sy analises in Sovereignties in Question handel oor Paul Celan, ‘n merkwaardige digter.

Die sub-titel is: The Poetics of Paul Celan. Derrida wys hoe die digter se beelde oordra (portée):”Die Welt is fort, ich muss dich tragen” is vir ons doeleindes tersaaklik. Die digter moet die wêreld oordra in die gedig. En Derrida beklemtoon ook dat ‘n mens luister na ‘n gedig: dat dit klanke is. En klanke of die klankmatige van die gedig neem jou tydens die skryf- en leesproses terug na die chora of dit wat dikwels voor abstraksie is.

In vele skryfhandleidings, soos in Ottone M. Riccio se The Intimate Art of Writing Poetry uit 1978 staan dieselfde beginsels opgeskryf. Ruth Padel konsentreer op die akoestiek van die gedig in The Poem and the Journey (2007).

Sy wys op die eiesoortige wyse wat die gedig funksioneer, juis omdat dit van binne kom. En die filosoof is volgens haar nie die enigste leser van ‘n gedig nie. Robert Frost het immers beweer dat ‘n goeie gedig jou tref, nee verwond (”mortal wound”, 4). En goeie gedigte beweer sy ook is nie oor-eksplisiet nie. Jy moet dink, beelde ontdek, uitmekaar haal…

Opperman se belangrike opmerkings was vir vele digters van onskatbare waarde: Antjie Krog, Lina Spies, Charles Fryer, Leon Strydom, Fanie Olivier, e.a.

Sy beklemtoning van beelde, en spesifiek konkrete beelde, is iets wat ‘n mens by alle geslaagde digters vind regoor die aardbol in alle tale. Die digter gebruik abstraksies ja; die gedig egter moet die konkrete vooropstel en deur die beelde die boodskap oordra.

Om hierdie rede sou ‘n mens A Momentary Stay vir jong digters kon aanbeveel as verpligte leesstof, juis omdat die digter die beeld vertrou. Hy weet sy leser sal die abstrakte konneksies kan maak. Hy skryf immers:

 

Semantics

 

Will we someday find

the meaning of it all

beyond these prison walls

of words in which we are confined? (112)

 

En as die digter hierdie balans tussen abstraksie(s) en konkrete dinge begryp, kom hy uit by die nuwe blik op die werklikheid waarvan Wallace Stevens praat in sy beroemde gedig.

 

 

Joan Hambidge Professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die UK.

 

Bestel hierdie digbundel hier.  

Endnote:

Poemhunter.com afgetrek 12/11/2011  

 

Not Ideas About the Thing But the Thing Itself

 

 

At the earliest ending of winter,
In March, a scrawny cry from outside
Seemed like a sound in his mind.He knew that he heard it,
A bird’s cry, at daylight or before,
In the early March wind.
The sun was rising at six,
No longer a battered panache above snow…
It would have been outside.
It was not from the vast ventriloquism
Of sleep’s faded papier-mache…
The sun was coming from the outside.
That scrawny cry–It was
A chorister whose c preceded the choir.
It was part of the colossal sun,
Surrounded by its choral rings,
Still far away. It was like
A new knowledge of reality.

Wallace Stevens
 
 
 
 
 
 
 

 

Submitted Date

Friday, January 03, 2003

 

 

 

 

 

                                                                                                                                                      

Bronne

Jacques Derrida. 2005. Sovereignties in Question. The Poetics of Paul Celan. New York: Fordham University Press. 

Die dokumentêr is in 2002 gemaak: Kirby Dick & Amy Ziering.

Johann Lodewyk Marais. Die Letterkundige Laboratorium van die Universiteit van Stellenbosch (1960-1984), STILET 13(3), Sept. 2001: 92-108. 

Ruth Padel. 2007. The Poem and the Journey. Londen: Chatto & Windus. 

Ottone M. Riccio. 1978. The Intimate Art of Writing Poetry. Londen: Prentice Hall.

 

Joan Hambidge. Kuberlaai

Tuesday, July 19th, 2011

Kuberlaai

 

Nothing that is not there and the nothing that is.

- Wallace Stevens

 

Die aard van angs is dat dit tydelik kwel,

meen ‘n digter van die kruis of munt.

Oor berou en misverstand vanuit ‘n ander punt,

dig sy meedoënloos, elke woord afgetel.

Om jouself te plaas teen dit wat nie bestaan,

of eerder, dit wat nooit was, word my spel.

In lande ver vandaan, beweeg ek nader aan

iets soos volledig afweeg, opweeg, uittel

van ‘n ander digter se beroemde stelling:

“My Life had stood - a Loaded Gun”; ‘n Russiese film,

stadig-bewegend met onderskrifte vertel,

die monde, ongesinchroniseer: ‘n private hel.

 

(c) Joan Hambidge (Julie 2011)

Joan Hambidge. Parys

Wednesday, July 6th, 2011

Parys

“If you are lucky enough to have lived in Paris as a young man, then wherever you go for the rest of your life, it stays with you, for Paris is a moveable feast.”

Ernest Hemingway

 

Intimiderende, invloedryke, imposante Parys:

plek van bloed, opstand

en onthoofding.

Jy is my Bastille én Versailles.

Ek is jou Marie Antoinette:

“As hulle nie brood het nie,

gee hulle gedigte”. Eers vetgevoer met mites

oor die tuimelende proses genaamd, dig.

Hier staan ek,

want ek is anders,

immer op reis, soekend na ‘n kern,

‘n finale woord

en oksimoron.

Bloed vloei in bruisende are

en die klippe die rol in vele opstande, afseggings,

afleggings…

Mens haat of aanbid hier,

geen halwe hart word geduld.

Vyf keer besoek ek jou,

vyf keer spartel ek om jou af te weer,

vasgevang in ‘n obsessiewe verhouding.

Die eerste keer ruik ek jou stink knoffelasem

in die agterbuurtes,

oorhoops verlief

met my hart op my weerlose mou.

Hierna ‘n minder roekelose besoek

met wriemelende weeluise in die beddegoed

en ‘n concierge wat die deur krities toetrek.

Die derde keer is altyd skeepsreg.

In die Gare du Nord wagtend op ‘n trein na Strasbourg,

karteer ek die anatomie van melancholie

tussen stasies en netwerke van stede

wat terughunker en altyd terugkeer na jou.

“Paris je t’aime”.

Jou bogrond word presies

in jou rioolsisteem herhaal:

‘n ewebeeld van jou dreunende, druisende bo-grond.

Geguillotine deur die liefde,

verkeerde keuses,

oordeelsfoute,

keer ek in herinnering terug na jou:

“je ne regrette rien” se metriese voet.

Ondergronds in die métro verdwaal

al die digters op soek na Paul Celan

en Michel Houellebecq

in ‘n eindelose Moulin Rouge,

‘n vuurwiel wat draai en draai en draai.

Ek struikel oor jou kieselstene

die vierde keer,

kyk vanuit die Eiffel

na jou presisie, jou beheer,

elke arrondissement

in mosaïekwerk verpak

soos verse in ‘n lykbundel.

Ondraaglik toe dit stuifreën

in die Place d’Italie

met verbouings en verskuiwings:

Parys onder konstruksie.

‘n Gedig is soos foie gras

of ‘n bloedrooi glas wyn.

In die Notre Dame lui ‘n klok

met hierdie vyfde, vrygemaakte besoek.

Ek werp my gedigte op die Seine

se koue waters. Die son,

‘n vetgemaakte eend,

skryn ‘n oordeel:

daar is geen buite-teks.

 

(c) Joan Hambidge

Joan Hambidge. Klankdig

Monday, July 4th, 2011

 

Klankdig

 

Vir Fishagie

 

Hoe lyk die vingerafdruk en DNA

van die woekeraar met “die stil avontuur”,

die “glansende kiemsel”, die “woord en wonder”?

Daardie een wat ‘n villanelle, rondeel, o donder,

of Luc Bat soos ‘n stiervegter kan beheer?

Hoe lyk die ID of paspoort (met visums)

van hierdie geheime agent of klouterdief

wat katvoet ‘n sonnet of ballade bedryf?

Wie is hierdie digter van die visums by verstek

op reis deur vele glossariums op die internet

en voorskrifte oor sonnette, distigonne en ryme?

O nalatig, oppervlakkig, ‘n geweeklaag,

sal die kruppel kritikus bevind (sélf banaal),

in die soeke na nougesette vakmanskap

en gekonsentreerde poëtiese segging,

‘n speelse truuk verwar met ware ding!

Leser, mon frère, mon semblable?

So kom ons klink ‘n glasie op hierdie inspirasie.

Stiervegter pak die tollie aan sy horing,

007 en klouterdief het immers ‘n geluksensie.

 

 

© Joan Hambidge. Julie 2011

Joan Hambidge voortaan verantwoordelik vir Leeskring op RSG

Wednesday, June 29th, 2011

Joan Hambidge, bekend as resensent en letterkundige van die Universiteit van Kaapstad, sal binnekort vir gereelde besprekings tot die RSG-program Leeskring toetree. Sy sal van volgende maand af twee keer per maand die program aanbied. Hambidge is al jare lank ‘n gerekende resensent in vele publikasies, ook oor die radio.”

Leeskring is Dinsdae om 20:30 tot 21:00 op RSG 100-104 FM.

Willem de Vries se berig hieroor kan volledig gelees word op Die Burger se Boekeblok.

 

 

Louis Jansen van Vuuren. Paneermeel vir die siel

Tuesday, May 31st, 2011

 

 

Verleidelike P-woorde bestaan seker in elke taal en in hierdie geweste is daar twee geliefdes: Parys en Pantoum. Parys verwys natuurlik na die stad van lig (en donker) en Pantoum na iets heeltemal anders in wese as die beminde stad: die half vergete versvorm, die pantoen. Hulle  is tog verwant deurdat hulle dieselfde taal praat.

Wel, op ‘n manier. Ernest Fouinet (1799-1848) het die pantoen gedurende die negentiende eeu as digvorm bekend gemaak. Hy verwys na die vorm as  pantun malais. Dit is ontleen van Maleise volksverse wat hy vertaal het. Die digter was so opgetrek met die versvorm dat hy dit aangepas het en ‘n formes fixes vir die Franse letterkunde geskep het. Glo omdat dit behendig ingespan kan word om gevoelens vol mymer en melancholie te kon oordra. Dit kan selfs as ‘n wiegelied ingespan word om terselfdertyd te troetel en te terg. In 1829 publiseer Victor Hugo(1802-1885) ‘n versameling gedigte en noterings Les Orientales. Onder andere ‘n Franse vertaling van ‘n Maleise pantoen wat hy ontdek het deur ‘n briefwisseling met Fouinet. (Toevallig het William Marsden(1754-1836) twaalf jaar tevore dieselfde gedig in Engels vertaal). Charles Baudelaire (1821-1867) het verder tot die populariteit van die pantoen as digvorm bygedra in die publikasie Harmonie du Soir.

          Butterflies sport on the wing around,

          They fly to the sea by the reef of rocks.

          My heart has felt uneasy in my breast,

          From former days to the present hour.

 

          They fly to the sea by the reef of rocks.

          The vulture wings its flight to Bandan.

          From former days to the present hour,

          Many youths have I admired.

 

          The vulture wings its flight to Bandan,

          Dropping its feathers at Patani.

          Many youths have I admired,

          But none to compare with my present choice.

 

          His feathers he let fall at Patani.

          A score of young pigeons.

          No youth can compare with my present choice,

          Skilled as he is to touch the heart.

(Marsden se vertaling van die Maleise pantoen uit A Grammer of the Malayan Language. 1812)

 

Meiblomme

Meiblomme

 

 Maar vir eers terug na die ander hoofletter P. Parys. Ek sit by my lessenaar, bloedlemoenrooi vernis, (my eie stukkie Orientales) in my studeerkamer onder die leiklipdak van La Creuzette. Dis reeds aan die einde van Meimaand en die tuin is nog steeds vol van die laaste flapirisse wat plaat staan in die jonkheid van ‘n pragtige somer. Hulle wapper sinjaalvlaggies in kleure wat jou mond kan laat water: roomkoffie, melksjokolade, bittertoffie, bronskaramel, soettee…

 Skielik is ek op die rue de Rivoli in Angelina’s met ‘n koppie l’Africain (die skoen pas) stomend voor my…dik en donker. Die warm sjokeladedrankie word met ‘n bekertjie bruisroom en suite bedien. Tradisioneel kom ‘n soet coup de grâce daarmee saam.’n Montblanc wat ‘n tertjie-ding is, gemaak van ‘n skuimpiekoekie wat gevul  word met kastaingpuree en bedruip is met geklopte room.

 Dis eintlik die spektrum tussen blou en heksmondpers van die irisse wat my laat swymel. Die aanskou van die donker chromatologie wikkel iets in my los, gooi iets oop en laat iets uit wat my immer met verwondering laat. Na die groot vertoon van wasdom krul die irisblom selwers in ‘n kartel op en begin bloei…’n betowerende inkdiep purper sap waarmee mens met gehoude asem mee kan teken of skryf…

 

Iris

 

 

 blomtong

 

 agter die diep leunstoel

staan die irisse sowaar na vier

steriele dae steeds in blom.

 

agter die glaspot se riffelpatroon

hang afgeknipte slagare los in die water.

agter pers vlinders bloei die trauma

van ‘n week, nee, twee of drie tevore

toe purpertange my rug vasgeknyp het -

die kraakbeen voos soos ‘n neut laat bars,

weefsel soos saffraan kon kneus

en oranje meeldrade van ‘n vlegsel

senuwees laat knak.

 

agter die stoel,

onverpoos en vurig,

blom die tonge van irisse

  

voor die eende wakker word

  

voor die son die maan se sekel

en sterrespansel in perfekte ewewig

ligament op ligament

verkwis.

 

(Marlise Joubert. Splintervlerk, Protea Boekhuis, 2011)

 

 ’n Lekker iris-storie  oor die oorsprong van die iris-embleem die fleur de lis. Die direkte vertaling uit Frans daarvoor is lelieblom, maar…die ontwerp lyk hoegenaamd nie na dié van ‘n lelieblom nie, al rek jy die verbeelding tot absurde abstraksie. Dit het dieselfde struktuur as die irisblom. Daar is soveel stories om die ontstaan van die ontwerp: Baie meen dat die verwysing eerder kom van die Lysrivier ( soms in dialek geken as Lis , Lych en Luts). Die rivier het sy oorsprong in die heuwels van die Artois in die Pas de Calais. Die Lys vloei noordooswaarts tot waar dit uitmond in Schelde in Ghent, België. Op die oewers van die rivier, en langs ander riviere en in vleie, groei daar reeds vir eeue lank plate goudgeel irisse. Iris Pseudacorus. Mens kan die gevolgtrekking maak dat die verwysing dan gemaklik voortvloei( pun intended) uit Fleur de Lys en Fleur de Luce. Die irisse groei geil dwarsoor Europa en word Liechenblumen in Duits genoem, soms ook  Liesblumen of Lysblumen. In ou Frans word daar ook na die iris verwys as fleur de l’iris. Hier hang ek my pet op oor die  blomstorie en sluit af met nog ‘n lekker legende uit gister se dae…

Iris-embleem

Fleur de lis 1

 

Fleur iris

Fleur de lis 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

In  die jaar 501 was die koning van die Franke, Chlodevech op die oorlogspad teen die koning van Aguitina Alaric naby Poitiers ( so tussen beide, die Frankiese naam Chlodevech het na Chlodovechus vervorm en in Latyn na Ludovicus verander, vandaar die Franse Louis).

Louis en sy soldate het gesukkel om ‘n deurloop oor ‘n rivier te vind toe ‘n jong takbokkie benoud voor die rumoer van die manne uit die ruigtes spring en ligvoetig oor ‘n versteekte steeg na die anderkant vlug. Die soldate het  die bokkie se pad gevolg en maklik die ander oewer bereik. Op die walle van die rivier was daar ‘n magdom van irisse in volle blom. Louis het van sy ros geklim, van die blomme gepluk, en dit in sy helm gedruk…as simbool van oorwinning. Nodeloos om by te voeg, Louis  het die slag  triomfantlik oorwin. Van daardie dag af het die irisblom op al die konings se baniere en vlae verskyn. (Die Engelse noem dieselfde iris-soort die flagflower).

Nog ‘n ander naam vir die geel pseudacorus -iris is flambe, en in sommige dialekte flamme. Dit kom van die woord flamma of  flammula en die middeleeuse Franse vlag word ook die oriflamme genoem…dus, daar het ons die goue fleur de lis van al die Louiste…

Fleur de lis

Fleur de lis

Dit bring ons terug na Parys waar ek op Pont Neuf staan, die oudste brug van die stad. In vervloë dae was die sypaadjies op die brug vol gebou van stalletjies en kioske wat alles en nog wat verkwansel het. Linte in iris-kleure, gepoeierde pruike en messe van Thiers. Daar was dobbelaars wat jou geld met steentjies wou wegrol, musikante en ook begeesterde waarsegsters en tandetrekkers wat vir ‘n fooitjie jou van jou weemoed of pyn kon verlos. Nou ry daar bromponies, motorfietse, taxi’s en busvragte toeriste oor en weer. Die uitsig bly onbelemmerd beeldskoon.

Pont Neuf

 

As jy langs die fontein in die Louvre se Cour Carrée staan en rivier se kant toe stap beleef mens ‘n pragtige tafereel: die poort raam ‘n prentjie van die Institut de France met sy voortreflike koepel en vergulde tierlantyne. Die Pont des Arts verbind die linker- met die regteroewer . ‘n Brug vol mense stap oor. Die laaste keer toe ek hier sketse gemaak het, het ‘n jong sangeres in die arkade van die poort begin sing. ‘n Aria uit Romeo en Juiliette: Je veux vivre dans le rêve…’n laslaphoedjie waarin munte glim aan haar voete.

Pont

Pont

Daar is soveel meer in Parys as my twee beminde staanplekkies. Verborge tuine en parkies vol koeltes en geheime ontmoetings. Lanings en spuwende fonteine. Daar’s kerke en katedrale en pleine vol vergulde fantome. Helde, heersers en regeerders en engele van verslaande brons. Daar’s torings en koepels en dakkamers vol mense. Kafees en kroeë en vensters vol weerkaatsing. Daar’s toeters en sirenes en die klik-klak van hakke en rye vol skoolkinderstemme. Daar’s liefde en daar’s leed.

 

Parys

 

Reg onder die Eiffel-toring

in ‘n somerse Parys

reën dit (and I’m singing in the rain)

en vele sambrele wág

om die stad van mites te besigtig

in al haar arrondissements.

‘n Kleuter soek sy pa,

twee verliefdes vroetel vervaard

in die bedompige hysbak.

Die stad is onder rekonstruksie:

tuimelend van metro tot bus,

tot reg voor Alexandre Gustave Eiffel

se staaltoring, 1652 trappies tot bó.

Marie Antoinette bespied

die stad van Liefde en Lig.

“As sy nie liefde het nie, gee haar ‘n gedig.”

Jou sms (ek-het-jou-nie-meer…)

breek op - vanuit die poskantoor

stuur sy, ‘n afkophoender

én Vrou van Staal, ‘n brief:

“Je ne regrette rien!”

 

(Joan Hambidge:Visums by verstek, Human & Rousseau, 2011)

 

Nou is dit weer die ander P se beurt… Die pantoen kom in verskeie vorms voor en in ‘n eietydse konteks breek digters die reëls links en regs, maar in die suiwer vorm hou die gedig by 16 reëls bestaande uit 4 kwatryne. Dus, 4 stansas van 4 reëls elk met ‘n ABAB- rymskema (deesdae kies die digter of ‘n rymskema toegepas gaan word of nie).

Die tweede en vierde reëls van die eerste stansa word die eerste en derde reëls van die tweede stansa…ensovoorts…tot en met die laaste stansa waar die derde en eerste reëls respektiewelik die tweede en laaste reëls van die finale stansa word.

Stansa 1: A1 B1 A2 B2

Stansa 2: B1 C1 B2 C2

Stansa 3: C1 D1 C2 D2

Stansa 4: D1 A2 D2 A1

 

Hierdie gedig Van Marilyn Hacker (1942-) hou by die formele vorm, maar gebruik ’n wavrag kwatryne, veel meer as die voorgeskrewe vier.

 

Iva’s Pantoum

 

We pace each other for a long time.

I packed my anger with the beef jerky.

You are the baby on the mountain. I am

in a cold stream where I led you.

 

I packed my anger with the beef jerky.

You are the woman sticking her tongue out

in a cold stream where I led you.

You are the woman with spring water palms.

 

You are the woman sticking her tongue out.

I am the woman who matches sounds.

You are the woman with spring water palms.

I am the woman who copies.

 

You are the woman who matches sounds.

You are the woman who makes up words.

You are the woman who copies

her cupped palm with her fist in clay.

 

I am the woman who makes up words.

You are the woman who shapes

a drinking bowl with her fist in clay.

I am the woman with rocks in her pockets.

 

I am the woman who shapes.

I was a baby who knew names.

You are the child with rocks in her pockets.

You are the girl in a plaid dress.

 

You are the woman who knows names.

You are the baby who could fly.

You are the girl in a plaid dress

upside-down on the monkey bars.

 

You are the baby who could fly

over the moon from a swinging perch

upside-down on the monkey bars.

You are the baby who eats meat.

 

Over the moon from a swinging perch

the feathery goblin calls her sister.

You are the baby who eats meat

the bitch wolf hunts and chews for you.

 

The feathery goblin calls her sister:

“You are braver than your mother.

The bitch wolf hunts and chews for you.

What are you whining about now?”

 

You are braver than your mother

and I am not a timid woman:

what are you whining about now?

My palms itch with slick anger,

 

and I’m not a timid woman.

You are the woman I can’t mention;

my palms itch with slick anger.

You are the heiress of scraped knees.

 

You are the woman I can’t mention

to a woman I want to love.

You are the heiress of scraped knees:

scrub them in mountain water.

 

To a woman, I want to love

women you could turn into,

scrub them in mountain water,

stroke their astonishing faces.

 

Women you could turn into

the scare mask of Bad Mother

stroke their astonishing faces

in the silver-scratched sink mirror.

 

The scare mask of Bad Mother

crumbles to chunked, pinched clay,

sinks in the silver-scratched mirror.

You are the Little Robber Girl, who

 

crumbles the clay chunks, pinches

her friend, gives her a sharp knife.

You are the Little Robber Girl, who

was any witch’s youngest daughter.

 

Our friend gives you a sharp knife,

shows how the useful blades open.

Was any witch’s youngest daughter

golden and bold as you? You run and

 

show how the useful blades open.

You are the baby on the mountain. I am

golden and bold as you. You run and

we pace each other for a long time.

 

(Marilyn Hacker)

 

 John Ashbery gesels oor die Pantoen…

 

“…the pantoum or the sestina, which we all use occasionally, are forms which take the poem really out of the hands of the poet in attempting to satisfy the constraints that are the trademark of these forms. Therefore one can allow one’s unconscious mind to go about forming the poem in a way that is even more effective than what the Surrealists practice, called “unconscious writing,” which I don’t think ever gets that far from consciousness.”

 

 Die pantoen van Baudelaire  hou ook nie by die tradisionele vorm van die finale stansa nie…

 

Harmonie du soir

 

Voici venir les temps où vibrant sur sa tige

Chaque fleur s’évapore ainsi qu’un encensoir;

Les sons et les parfums tournent dans l’air du soir;

Valse mélancolique et langoureux vertige!

 

Chaque fleur s’évapore ainsi qu’un encensoir;

Le violon frémit comme un coeur qu’on afflige;

Valse mélancolique et langoureux  vertige!

Le ciel est triste et beau comme un grand reposoir.

 

Le violonfrémitcomme un coeur qu’on afflige,

Un coeur tendre, qui hait le néant vaste et noir!

Le ciel est triste et beau comme un grand reposoir;

Le soleil s’est noyé dans son sang qui se fige.

 

Un coeur tendre, qui hait le néant vaste et noir,

Du passé lumineux recueille tout vestige!

Le soleil s’est noyé dans son sang qui se fige…

Ton souvenir en moi luit comme un ostensoir!

 

 

(Charles Baudelaire. Fleurs du mal)

 

So sak die somerson oor die land van die Louis’se, die irisse frommel toe en begin ink bloei… die eerste aandliggies weerkaats in die Seine en die Eiffel begin flikker…ons stap solank kaai langs…

 

 

Parysblou

 

 

Hartlyn

 

Booggewelf van ribbes en van lint

Behoed my verskuilde hart,

Motoriste pomp

Van gees en van bloed,

Wetend, kloppend

In die halfdonker naaf-

Deinende katedraal

Van asem en van been.

 

(Refrein: uit volle bors)

 

My hartjie, my liefie

die son sak weg,

die son sak weg.

My hartjie, my liefie

die son sak weg.

 

(LJVV Tempermes)

 

Luister asseblief saam…

http://youtu.be/lMaP-XO0_S8

T.T. Cloete in Poëziekrant

Wednesday, March 9th, 2011
TT Cloete

TT Cloete

Ai, watter plesier is dit nie om onverwags iets oor Afrikaanse digters in buitelandse publikasies raak te lees nie; veral in hierdie tye waar dit gebiedend noodsaaklik geword het om die profiel en prominensie van ons plaaslike digters internasionaal te vestig nie. So vind ek tot my vreugde in die nuutste uitgawe van die Poëziekrant, wat ek verlede week ontvang het, ‘n sewetal van T.T. Cloete se gedigte wat skitterend deur Carina van der Walt en Geno Spoormans vertaal is.

Net so treffend is die oorsigartikel waarmee die vertalings ingelei word: “T.T. Cloete heeft de naam een academische dichter te zijn. Dat is in het licht van zijn loopbaan niet zo vergezocht. Op het eerste gezicht doen ook de titels van zijn bundels een beroep op belezenheid: Jukstaposisie (1982), Allotroop (1985), Idiolek (1986), to name a few. Zijn referentiekader is klassiek Europees. Iets wat in het van taalpolitiek en ‘selfbeheptheid’ (fixatie op zichzelf) doortrokken Zuid-Afrika niet per se gewaardeerd wordt. Poëzie is in dit land in hoge mate politiek. En T.T. Cloete heeft zich daar niet in betrokken met zijn werk. Geen geëngageerde poëzie en ook geen landschaps- en identiteitslyriek. Dat maakt T.T. Cloete tot een witte raaf. Toch is zijn werk niet strikt intellectualistisch te noemen. In een gedicht als ‘Silhouet van Beatrice‘ tekent hij met zijn pen het profiel van Dantes muze in woorden, heel eenvoudig en direct. Als zo vaak in zijn werk laat hij zich verleiden door lichamen, fysieke gewaarwordingen en voorstellingen. In zijn gedichten wordt met grote gulzigheid gekeken, tot op het voyeuristische af. T.T. Cloete is een dichter van de vertraagde blik. Hij lijkt de tijd stil te willen zetten om hem uit te breiden. Van terloopsheid maakt hij een strategie. Uit alle lichamelijkheid, verval en sensualiteit lijkt steevast een gedachte te verschijnen die nog een tijdje naglanst als het gedicht al uit is.”

Inderdaad ‘n besonderse huldeblyk aan ‘n besonderse digter.

En, indien jy nog nie kennis geneem het daarvan nie, kan jy gerus die onderhoud lees wat Joan Hambidge met die digter gevoer het ten tye van die verskyning van sy mees onlangse bundel, Onversadig. Uit dié bundel volg die vers “Seën” onder aan vanoggend se Nuuswekker vir jou leesplesier.

***

Sedert gister het daar heelwat nuwe bydraes bygekom. Aan die blogkant van sake skryf Desmond Painter oor David Briggs en sy improvisasies; Amanda Lourens werp ‘n teoreties-besinnende kyk op die dwingende debat van ‘n Nasionale Boekeredakteur en by Wisselkaarten het Roel Richelieu van Londersele ‘n interessante stuk geplaas oor Rense Sinkgrave, ‘n slamdigter van Groningen. Dan is daar ook ‘n nuwe gedig in Johann Lodewyk Marais se verskamer om te lees.

Ten slotte fokus ek jou aandag op Bernard Odendaal se resensie van Mari Grobler se nuutste bundel Toe dit nog vroeg was wat gister geplaas is.

Lekker lees en geniet die vele poësie-items op die Woordfees vandag.

Mooi bly.

LE

 

seën

 

hulle wil alles inpas

in ‘n begrypbare en afdoende plan

die minuskule, ‘n goggatjie,

‘n mosterdsaadjie,

die grootse massiewe heelal

maar die glibberige visse

van die smart en liefde swem los

deur die gate van die seën

wat hang in ‘n rivier

wat bokspring op ons afkom

 

© TT Cloete (Uit: Onversadig, 2011: Tafelberg Uitgewers)

 

Onderhoud met T.T. Cloete

Saturday, March 5th, 2011

Die gedig as wakkermaker

T.T. Cloete in gesprek met Joan Hambidge

 

TT Cloete

TT Cloete

T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 op Vredefort gebore. Hy matrikuleer in 1941 aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp en studeer daarna aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Potchefstroomse Universiteit. Van 1949 tot 1953 studeer hy aan die Gemeentelike Universiteit Amsterdam. Hy doseer Afrikaans en Nederlands aan die Potchefstroomse Universiteit en word in 1965 as hoogleraar aan die Universiteit van Port Elizabeth aangestel. Sedert 1970 is hy hoogleraar in Afrikaans-Nederlands en Algemene Literatuurwetenskap aan die Potchefstroomse Universiteit en bly na sy aftrede in 1983 aan as buitengewone professor. Cloete ontvang in 1976 die Gustav Preller-prys en in 2002 die N.P. van Wyk Louw-medalje vir sy literatuurwetenskaplike publikasies.

Hy debuteer in 1981 as digter en het tot dusver agt digbundels, ‘n drama en twee bundels kortverhale gepubliseer. Vir sy poësie het Cloete die Ingrid Jonker-prys, die W.A. Hofmeyr-prys, die Louis-Luyt-prys, die CNA-prys, die Rapport-prys en die Hertzogprys ontvang. Cloete se herdigting van die Psalms in Afrikaans het wye erkenning ontvang.

T.T. Cloete se negende bundel, Onversadig, verskyn in Februarie 2011 by Tafelberg Uitgewers.

 

 

Hartlik geluk met u jongste bundel Onversadig. Dit is ʼn groot opgesette bundel. As Opperman u eerste as “koningskos” beskryf het, dink ek hierdie bundel is ʼn feesmaal waarna die leser by herhaling kan terugkeer. Die liefhebber van gedigte kan nie gou hiervan versadig raak nie.

U skryf:

 dit is my basis

hier in ‘n huis met blomme vol gedigte

hier in ‘n straat met naam en nommer

hier waar ek alles kan skandeer

net vir die sommer

En hieruit volg my vraag: waarom dig u?

Ek wens ek het geweet. Daar is waarskynlik nie een verklaring daarvoor nie. Niks is klaar afgerond nie, selfs nie die kosmos nie, en die digter probeer aanvul, of oop plekke invul. Veral dink ek dit gaan daarom dat die gedig die mens moet afleer om bloot te biologeer soos ʼn vis of donkie. Die gedig is ʼn opwekker of wakkermaker, ʼn slaapversteuring, ʼn openbaarmaking of bewusmaking van die wondere van die lewe in sy geheel (die natuur, die liggaam, die sosiale mens, alles mensliks, ad infinitum), ʼn bewusmaking met name van die vele gedaantes van die liefde en selfs van die mysterium tremendum, die dood. Wie intens bewus is van die dood, kry die lewe lief en leef intens.

Die volgende parodie van “Heimwee“, daardie lied waaraan Mimi Coertse ikoniese status verleen het, klink so:

 

Heimwee?

 Wie verlang vir langer as ‘n uitstappie

na die stilte van die wye wuiwende veld?

Waar lewe tier, is doefdoefmusiek en stadsgeluide

en my bank se vriendelik klinkende klank van geld.

Ek is keelvol vir die storie van die rustelose lewe

van mense wat kwansuis kom en wat gaan.

En ek sukkel om iets van die vrye ruimte

waar ‘n siel in woon (verbeel jou) te verstaan.

O ja, ek ken die clichés: die son op die velde

en die kamtige ewige blou daarbo.

Hoe skiet ‘n hart vol watse heimwee?

Kan drome swem? En hóé, in ‘n ou se oë?

‘n Anonieme digter, en Celliers, en Toon het allerlei

ylblou gesien, Wyk ook en Kleinjan, op die westerkim.

Hoe loop weemoed? Het dit voete en bene?

Hoe kan dit sag uit nostalgiese liedere klim?

Ek verlang na die stad se ligte

wat ná sononder onder die aandster begin skyn,

na die ligte van Berlyn, Harare,

Phnom Penh, Ieper en die Rooiplein

 

U oeuvre tree van meet af in gesprek met ouer digters. Ek dink onder andere aan die gedig oor Leipoldt, die gesprekke met Nijhoff. Hoe sien u so ʼn soort parodiese gesprek?

Die poëties-ongevoelige mens van vandag word in hierdie gedig gesatiriseer, die mens wat al minder natuurmens en digterlike mens is. Om in gesprek met ouer digters te gaan, is om verder te help voltooi, aan te pas, aan te vul, te wysig na die geleentheid van ʼn veranderlike tyd-ruimte.

Die wetenskap en die samehang en sin van alle dinge loop ook regdeur hierdie bundel:

Die eiertjies en die semenpaddavissies,

die vorm, bloed en vlees van die harte is presies

eenders.  (p.55)

Vanwaar die wetenskaplike belangstelling oor teleskope en diere?

Ek wil hiermee sê dat alle mense presies eenders is, en ons is ook verwant aan die diere, selfs aan die vrugtevlieg. Vroeg voorgeboortelik lyk ons soos akkedisse. Die digter werk met dieselfde werklikheid as die wetenskaplike; die digter sien net onmiddellik en moeiteloos dromend in wat die ander een met navorsing moeitevol ontdek. Digters is savante. Wat die samehang betref, hou ek van Jan Smuts se Holisme. “In each of the parts there is something of all the other parts” (Henry James). “Er ligt in elk ding schuilend fijne essence van andr’re dingen” (Gorter). “How does an electron know that it’s an electron, that it should behave exactly like electrons on the other side of the universe?” (T. Ferris).

So praat u oor die “interdigterlike taal” en dat daar niks nuuts onder die son is nie. Veral in “swerwende verse” kom dit aan bod:

17 (Akhenaton: Hymn to Aton en Sint Franciscus:

Canticle of the Sun)

 

met geringskatting van die nasies word

onmerkbaar langsaam en sag

fluisteringe van die een dag in die ander dag

millennium ná millennium uitgestort

Achnaton en Franciscus is op ‘n interdigterlike plek

binne die fanakalo se poëtiese taal

skoon glansend bonasionaal

buite tydruimte…

 

U het onlangs in ʼn Boekmerk (in Beeld) gepraat oor oertekste wat oor en oor dieselfde boodskappe oordra. Wil u verder op hierdie fassinerende gesprek ingaan?

Niks is selfstandig, onafhanklik en in sigself voltooi nie, ook nie gedigte nie; maar binne die veranderlike is daar ʼn onveranderlike kern, daarom kom dieselfde versreëls voor by Achnaton, Dawid en Franciscus, wat eeue uit mekaar geleef het. Die hele lewe is een groot gedig vol refreine.

In die volgende gedig lewer u - soos ook in die vers oor sokker - kommentaar op die politieke werklikheid:

Op Toon se Hoëveld

The times they are a-changin’

- Bob Dylan

 

Op die Hoëveld, waar dit oop was, en die hemel ver daar bo,

waar kuddes waaigras gehuppel het oor die veld

kon jy die aarde ruik en aan ‘n bestemming glo.

Koolstofdioksied borrel nou uit skoorstene waar hulle erts smelt.

As ek in die spreekkamer van die pulmonoloog sit en droom

van winde wat die wolke deur die hemele ry,

dan hoor ek die geluide van bekstang, ruik ek saal en toom

soos toe ek gaan kyk het waar my beeste en my skape wei.

Op die Hoëveld, waar dit wyd was, waar jy baie ver kon sien,

(Celliers en Van Wyk Louw se ylblou het ‘n knop gebring in jou keel)

jol jakkalse in murasies. O, boereplaas, uitgemoor en uitgedien,

dis die plek waar ondervoede kinders nou tussen kaias speel.

As die slukderm kwaai wurg en ek hoor my larinks fluit,

dan sweef ek na die Hoëveld op ‘n tuimelende wind

en soek ek in die yl maanlig al die mooiste plekke uit

waar ek kleiosse gemaak het as ‘n kind.

 

Ek lees hierdie vers as ʼn nostalgiese verlange na ʼn ou wêreld. Hoe ervaar u hierdie nostalgiese verskeurdheid as digter?

Ek het iets in my van Jean Jacques Rousseau en Alexander The Supertramp (Chistopher McCandless), oor “the nature man”, maar ek het nie veel aan Nietzsche se Űbermensch nie. Ons leef vandag in ʼn hoogs getraumatiseerde wêreld van geweld, moord, verkragting, ons lewe agter lemmetjiesdraad en tralies, en ons drink slaappille, rook dagga om ons stres te verwerk, alles die gevolg van die Industriële en Tegniese Revolusie wat nog steeds aan die gang is. (My volgende gedig sal daaroor gaan). Ons is skisofrene wat maan toe vlieg, maar koolsuurgas inasem en ons water met ons eie uitwerpsels ondrinkbaar maak; ons bou luukse voorstede met naasaan krot-agterbuurtes. Ek dink die natuurmens soos die San byvoorbeeld was ver gelukkiger as ons moderne en post-moderne mense.

In die sterk vers oor Dakar skryf u ʼn satire.  Hoe sien u die rol van satire? Ek onthou destyds hoe ʼn kritikus die “kokkie en kokkie se maat” geïnspireer het met ʼn mis-lesing!

Die satiriese Dakargedig gaan weer oor ons skisofrenie: ons bestee miljarde aan sport, skend die natuur daarvoor, maar ons laat mense sterf van honger. Die satire is maar een van die baie maniere waarop die gedig  mense wil wakker maak, oë probeer oopmaak, die Klaas Vakies skrikmaak, verkeerde waardes ontmasker.

Die bundel bevat aangrypende verse oor u vrou wat u onlangs ontval het. U het per geleentheid opgemerk dat sy u eerste leser was van al werk en sinryke kommentaar gelewer het op u werk. So dig u oor haar:

foto van vrou by die see 1966

 

geprofileer in ‘n diep leunstoel, bene gekruis,

afgetrokke en diep agteroor in ‘n strandhuis

sit sy in die vliesdun emulsie op dun karton

in ‘n wit bloes en broekpak by die venster in die lig

van die glansende see en geel wasige donsson

mymerend en byna deursigtig.

toe was sy nog veilig. hoe

veilig was sy toe

sy sit aandoenlik ingedagte en sereen

met die weerkaatsing in haar agteroorgesig

van die see sit sy in een hand ‘n skuins glas

vingers aan die pols van die ander een

hang bo die teetafelkleed. die vingerpunte tas

effe aan die bokhaarmateriaal. sy kyk dromerig

na haar vingers. die sigbare

stilte swyg. die oureool in haar hare

gloei sag. gevoelige vingerpunte van haar hand

hang tastend af aan haar geknakte pols hoog

bo die skerp stut van haar elmboog.

elders, ver, baie ver veraf elders doenig

is die kanker met ‘n ander iemand

wat sit in die vliesdun emulsie op dun karton

in ‘n broekpak by die venster in die lig

van die blink see en geel wasige donsson

dromerig mymerend en byna deursigtig

skimmig geskryf met lig

 

Hierdie gedig, soos die ander aangrypende verse oor haar, bring ʼn nuwe perspektief op die tradisie van die funeraire gedig waar die oorsaak van die persoon se afsterwe dikwels nie vermeld word nie.  Wat is u gevoel hieroor?

Daar is te veel taboes oor die dood en oor die elegie. Die gedig moet ons ook vir die dood wakker maak. A.G.Visser het vir my gevoel al te fraai oor die gestorwe geliefde geskryf. Al te mooi! En Totius alte tingerig. Ek glo met Viktor Frankl, Kübler-Ross, Brand e.a. dat ʼn mens nie moet romantiseer oor die dood nie, maar ook nie daarvan moet wegskram en dit nie moet ontken nie. “Death is part of life.” Ons moet realisties en sonder eufemismes daaroor skryf. Ek kry so die indruk die Europeërs van vandag beskou dit as taboe om oor die dood te praat en skryf; in Hollywood is glo nie ʼn begraafplaas nie, net heldehalle vir filmsterre. Dis ʼn groot leuen. Dit mag vreemd klink, maar die wrede dood en langdurige afsterwe van my geliefde vrou, oor ʼn tydperk van vyf jaar, het my kyk op die lewe en liefde daarvoor verryk. Dit het my ryper gemaak. Kübler-Ross het gesê die sterwende mens moet ons leermeester (”teacher”) wees.

En kan ʼn gedig ʼn mens troos wanneer die geliefde jou ontval? U skryf immers dat die agtergelewene ook doodgaan.

Die skrywer is meer as een mens, hy is vol gaspersone. Daarom kan hy teenstrydige liedere (Ernst van Heerden se term) skryf. Hy kan die een keer iets liefhê, die ander keer dit haat. Daarom kan ek twee gedigte oor Monroe skryf wat gans verskillend is, twee heeltemal teenoorgesteldes. Jy kan in die een gedig saam met jou geliefde sterf, in die ander gedig opstaan en die lewe meer intensief as ooit tevore liefhê. Daardie doodgaan van die agtergeblewene moet ons verstaan soos Frankl dit beskryf het: “Usually death is compared with sleep. Actually, however, dying should be compared with being wakened.” Dit is die paradoks. Ek is nou al vyf jaar aan die sterwe, maar ek sterf al skrywende. Die lewe was vir my nooit wonderliker as juis nou nie. Die gedig oor die dood van die geliefde is terapie, pynlik, soos genesende fisioterapie dikwels pynlik is.

In ʼn lang opgesette vers “fragmente van die onvolledige gedig” meen u:

mense beslym gedigte in die smet

van hulle alledaagse gesprekke

hulle trap daarop en loop dit stukkend

met die wonders van hulle voete

die boer ploeg dit argeloos om

hy roei dit uit as plae

aan die grashalms en veldblomme

die slagter met die wit jas slag                             

dit in die vark vir die supermark

die stralende weerlig slaan mense daarmee dood

vuurspuwende berge spoeg dit uit

dit stroom af in riviere

en die mere van Afrika swem daarvan vol

dit is dit wat kersvlamme

boontoe laat brand

 

Dis ʼn siniese blik op die digkuns, meen ek. Hoekom dan enigsins verse publiseer?

Dit is een van die twee bundeltitelgedigte. Ek sou eerder dink dit is “ʼn ontnugterende i.p.v. siniese gedig, wat dan juis weer meer gedigte vra. ʼn Mens hou aan met gedigte skryf, al gaan dit teen weerstande in, omdat die werklikheid en die menslikheid onversadig is. Mense leef in ʼn wêreld vol digterlikhede, maar herken dit nie as natuurlike gedigte nie en vernietig dit dan. As jy ʼn kersvlam doodblaas, blaas jy ʼn natuurlike gedig dood. Weet ons van die wonder waarom ʼn kersvlam regop staan en nie platval nie? So eenvoudig, so asembenemend. As die seun ʼn duif doodskiet, skiet hy ʼn natuurlike gedig (duif) dood met ʼn natuurlike gedig (die klipppie in sy kettie!). Jy moet aanhou gedigte skryf, omdat die gedig dit wat in onkunde vernietig word, tot die lewe herstel. Gedigte is genesend, terapie, aanvulling van die onvoltooide, die onversadigde, openbarend van die wonderlike. Jy moet aanhou gedigte skryf, as korrektief, as opwekker. Hierdie gedig wil verder sê dat alle digters van alle tye en tale saamwerk aan die Onversadigde Een Groot Gedig wat groter is as alle digters van alle tye en tale saam. Dit verstom my altyd dat daar in die literêre wêreld, waar daar samewerking moet wees, soveel venyn, nydigheid en toutrekkery is. Mea culpa, maar ek dink die dood van Anna, en die hoë lewensjare, het my in mindere of meerdere mate ‘ontsondig’ of verontskuldig.

U het met u Marilyn Monroe-verse ʼn geweldige gesprek in Afrikaans ontlok met gedigte wat terugpraat met die voortreflike verse oor die ikoon. Hoe beskou u die kwessie van invloed en beïnvloeding?

Gedigte maak gedigte. Van Achnaton af, via Dawid, Franciscus, Shakespeare, ens., skryf almal aan een gedig. Wat ons invloed noem, kan geweldig verrykend wees. In die huldigingsbundel wat uitgegee is vir Ina Gräbe met haar aftrede (World, [Wo]man, World) het ek daaroor geskryf hoe Van Wyk Louw se Die swart luiperd byna huid en haar ingegee is deur Goethe se Faust, met ver-rykende gevolge. In die artikel “Swerwende Verse” in Tydskrif vir Letterkunde (44[2] 2007: Lente) het ek ander gedigte betrek by hierdie soort ver-ryking: die Ilias en Mei (Gorter), Himne aan die son (Achnaton) en die Ilias; Mei en die Himne; die Himne en die Psalms; The Secret History of the Mongols, die Bybel en die Ilias … wat ʼn manjifieke poëtiese vlegwerk of inkladwerk.

Die werk as psalmberymer het kennelik ʼn invloed gehad op hierdie bundel. Ek weet u lees Frans, Italiaans en Hebreeus vlot. Hoe transponeer ʼn mens so ʼn oerteks na die moderne wêreld?

Ek weet party hou nie daarvan as ek daardie onderneming “superior amusement” noem nie, maar dit is wat dit vir my was: om ʼn antieke gedig in vandag se Afrikaans om te sit, en dan daarop te wys dat dit maar dieselfde mens is, toeka en tans s’n. Anthonie Donker het gesê daar is geen enkele menslike emosie wat nie in die Psalms voorkom nie. Depressie byvoorbeeld is nie ʼn hedendaagse verskynsel nie; gaan lees Ps. 6 en veral 88. Moses se gebed (Ps. 90) is elke mens van alle tye se biografie.

U het indertyd u doktorale studie oor Totius en Opperman voltooi. Het hulle steeds ʼn bepalende invloed op u digkuns?

Totius het klaarblyklik nie invloed op my gehad nie, Opperman wel. Ek kan my vereenselwig met sy siening van die digter se sewe selwe, soos ek my kan vereenselwig met Van Heerden se teenstrydige liedere. Die digter is ʼn verkleurmannetjie, eerder: ʼn agtpotige seekat. (Baie mense is verstom om te hoor seekatte verkleur vinniger en effektiewer as verkleurmannetjies.) Joernaal van Jorik is een van die heel grootste Afrikaanse gedigte, plus Opperman se groot siklusse soos Kroniek van Kristien en Brandaan. Hy was ʼn meester.

Die vermoë om oor emosionele sake on-emosioneel te dig, soos in “stilhuil“, is indrukwekkend. Hoe kry u dit reg om die poësie vas te vang in oënskynlik nie-digterlike momente? Om as’t ware die disparate saam te voeg?

stilhuil

 

stilhuil knyp die gapermosseloë tóé, knyp

vuur by die stram spleet van die ooglede uit. stilhuil ruk

‘n droë wurg af deur die kramp van jou sluk

af in jou strot. die huid huil gloeiend in stilhuil. dit gryp

jou onder die gesakte ken aan die keel.

dit swel die lippe tot ‘n bloederige dik

roes. dit kyk die bome, die telegraafpale skeel.

stilhuil suig ‘n brandende droë snik

binnetoe, dit laat die ooghare

soos die nat rooigras van die bulte in die reën swaar

grond toe hang, voel die toevou van ‘n donker hand

se palm en vingers om die son se brand.

in stilhuil huil die hele liggaam

bloederig saamgetrek in die neuspunt

stilhuil laat in die boom van jou are

deur jou lyf ragfyn strak

staande ‘n gloeiende gestolde weerlig vertak.

 

Ek weet eerlik nie hoe ek dit regkry nie. Soos maar met elke gedig. Ek weet net: Hierdie gedig is met ʼn wurgpyn in my keel afgedruk en geskryf op die begrafnisbrief in die kerk by die begrafnis van ʼn dierbare middeljarige man wat aan kanker gesterf het. Ek weet nou nog nie wat die predikant gesê het nie. Die gedig het in een worp ontstaan. Ek weet nie hoe nie. Ek weet net dit is ʼn slegte stukkie cliché om te sê jy huil of skryf met jou hart. Jy huil en skryf met jou hele liggaam, ʼn skok (of streling) wat deur al jou bloedvate, deur jou hele senustelsel trek.

In die gedig “die eenvoud van die eenvoudiges” maak u sterk filosofiese uitsprake wat nie die gedig ondermyn nie. Hoe kan ʼn digter filosofiese wyshede oordra sonder dat dit die gedig abstrak maak of verswak? (Die gedig is vanselfsprekend uiters ironies.) Vir my gevoel werk u sterk sintuiglik?

Dankie vir die sintuiglikheid! Weer eens: ironie is ʼn slaapversteurder, ʼn boetie van satire, en verlangs aangetroud hoort die siniese ook tot hierdie familie. Ek het dit in hierdie gedig teen mense (dalk die meeste mense) wat gewoon biologeer soos kakiebos of boetebossies … en gelukkig is! Eintlik beny ek (satiries) as geteisterde mens die mense wat dom-gelukkig in De Dapperstraat voortstap.

U skryf geweldig oor die klassieke: Orfeus, Priamos, Achilles - hierom dan die vers oor Theo Wassenaar?

foto van Theo Wassenaar

 

gedas in ‘n pak klere aan sy ou lyf

asof hy kantoor toe gaan by sy lessenaar

sit vroegdag al die bejaarde Theo Wassenaar

hy kyk na die Griekse teks   hy skryf

en laat Sofokles Afrikaans praat vertaal

is insout  Theo gaan haal

iets uit die vergeetboek    sy hand

met die pen hou voorlopig

sy eie boek van die dood op ‘n afstand

daar is tydelike duur in ‘n gedig

 

ʼn Saak van die gedig wat dit wat oud is, lewendig hou, en dan wel die digwerk wat nie net aan een taal gebonde is nie. Die gedig is lewe, selfs as dit oor die dood praat. Hierdie ou digter gee nuwe en langer lewe aan ʼn ou teks waarvan die skrywer al eeue gelede oorlede is! Nie ewig nie maar lank lewe die gedig!

U gee ook endnote. Dink u nie ons gaan deesdae oorboord met verklarings en erkennings aan die einde van bundels nie? Maak dit nie lesers lui nie?

Ek volg maar die mode. Ek sien Hollandse en ander Europese digters doen dit ook, en ons moenie vergeet nie: T.S. Eliot het dit ook gedoen. As ek nie verduidelik dat die woord “seën” ʼn trekvisnet beteken nie, gaan lesers glad nie verstaan wat ek bedoel nie. Dieselfde geld vir die woord “nes” soos waar waar een drinkglas in ʼn ander pas (”Achilles se skild“). Lesers gaan nie woordeboeke toe nie, want hulle gaan hulle vergis en dink hulle ken mos hierdie woorde!  Maar miskien het jy gelyk: ons bederf die lui lesers en maak hulle nog luier. Ek belowe om dit nie weer te doen nie.

Dankie vir die gesprek, professor Cloete. As verdere leesprikkel volg die gedig “identiteit” (p.54) hieronder.

 

identiteit

 

Tongues are separated by words,

The natures of persons as well;

And their skins are made different

So you can distinguish the peoples.

 

Praat is so menslik, maar vir mekaar

is ons soos die diere as ons praat

soms meer met die gebaar

as met die taal verstaanbaar.

 

Ons walg dikwels onderling.

 

Maar soos die voëls

kan ons almal sing.

 

Ons gesigte is haarloos, ons kruin

is sluik of korrelig bedek

blond of bruin.

 

Appelkoos of houtskool is ons huidskleur

met skakerings van lig

of skadu tussendeur.

 

Party kyk met amandels, party skreef

horisontaal, ander is soetskeel

of die oë lê soos die wolf s’n skeef.

 

Wat sê die oë? Dié wat blou lig

soos ‘n nuwe ster straal

of dié wat van buite onpeilbaar

geheimsinnig is en ondeursigtig?

 

Ons almal is aan die mossie verwant,

bipedies, jonk en orent

of met ‘n onvaste pikkewynwaggeltrant.

 

Duisende ander dinge onderskei

ons van mekaar. Tog weer, aan die ander kant,

op dieselfde manier berei

is almal se uitskot ‘n houtbruin brei

met dieselfde afstootlike skatoolgeur.

Deur die chemie van die nier

het almal se urine die kleur

van goed gebroude bier.

En dan veral, hoe die variasies ook varieer,

ons gryns as ons huil en treur

dieselfde sout en speeksel … Die variasies

varieer op die vals trots van die nasies …

 

Die eiertjies en die semenpaddavissies,

die vorm, bloed en vlees van die harte is presies

eenders.

                        Ons moet die nuwe boodskap aanvaar

al is dit met pyn almal gaan na dieselfde plek

slaaf, Skith, vryman en barbaar.

 

Dié winddun wasempie dan: identiteit,

ons raak dié glibberige

slymerige vis eenders kwyt.

Almal slaak dit met ‘n laaste sug

en stort dan in die oer-Een terug.

Haal ons die ideaal

!ke e: /xarra //ke

dan volmaak alleen

as ons ophou asemhaal?

 

(c) T.T. Cloete (Uit: Onversadig, 2011: Tafelberg Uitgewers)

 

Onderhoud met Joan Hambidge

Sunday, February 20th, 2011

Stempels op my paspoort

Joan Hambidge in gesprek met Louis Esterhuizen 

 

Joan Hambidge

Joan Hambidge

Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. Haar jongste digbundel is Vuurwiel (2009).

Sy is ‘n gereelde boekresensent en skryf rubrieke oor letterkunde en films. Sy bied ‘n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan by die Universiteit van Kaapstad. Hambidge behaal twee doktorsgrade. In 2000 “Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde - ‘n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk” aan die UK en ‘n eerste aan Rhodes Universiteit “Die metaroman - ‘n dekonstruksie-ondersoek” in 1984.

Sy het ook satiriese romans (Swart koring, Die swart sluier, Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het) en ernstige romans: Die Judaskus, Palindroom en Kladboek gepubliseer. Die Buigsaamheid van verdriet (2004) bevat ‘n keur uit haar poësie. Verder is sy bekend vir haar teoretiese essays. Vir haar digkuns is sy bekroon met die Eugéne Marais- en Litera-pryse. Sy is tans besig met ‘n studie oor die digkuns van Johann de Lange.

 

 
Joan, veels geluk met ʼn besonderse 22ste digbundel; synde ʼn keur uit jou voorheen gepubliseerde reisgedigte, plus heelwat nuwes. Maar - ter wille van volledigheid, waarom hierdie volgehoue drif tot reis en reisgedigte óór die reis?

Sedert 1979 verken ek vreemde lande. Van die VSA, Suid-Amerika, die Skandinawiese lande, Europa, Rusland, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Japan, Sjina, die Britse Eilande, Kanada, Indië, Korea, o.a. - en later Afrika: Egipte, Marokko, Zanzibar, Kenia. Reis was nog altyd gekoppel aan die verwerking van ʼn emosionele insident, hetsy die verwerking van die dood van ʼn verhouding of om groter perspektief te kry op myself. Reis is ʼn proses van liminaliteit, dit is ʼn letterlike verskuiwing van grense in jouself. Jy reis na nuwe plekke wat jou verander. Ek is ʼn nuuskierige mens wat gou verveeld raak. ʼn Ongelukkige displaced jeug waar ek altyd buite alles gevoel het, het my lewensuitkyk bepaal. Ek leef nou volgens my wette, ritmes, begeertes - en ek is voortdurend besig om mites aan die kaak te stel. Oor verhoudings, die lewe, die dood - watookal.  Jacques Lacan en Žižek is bepalend tot my siening van die self…

Visums by verstek is ʼn besonder mooi titel. Maar hoe vind dit volgens jou aansluiting by die gedigte? “Verstek” dui immers op iets wat afwesig is, is dit nie?

Die gedig staan altyd in die plek van die afwesige: die gedig representeer dit wat nie is nie. Wanneer jy ʼn gedig oor ʼn plek of mens skryf, bevestig jy dat dit nie meer daar is nie. Die gedig is dus ʼn visum-by-verstek. Dit sluit aan by Derrida se siening van die La carte postale…

Reisverhale en -beskrywings is natuurlik nie iets ongewoons in ons letterkunde nie. Nogtans is dié tema nog selde, indien ooit, so deurlopend volgehou soos wat jy dit met hierdie publikasie van jou vermag. Uiteraard bestaan die gevaar dat dit as “geleentheidsverse” afgemaak kan word; iets wat jy meesterlik vermy deur bykans elke vers uit ʼn posisie van besinning en ondersoek te benader. Was dit ʼn vaste voorneme by jou, of is dit gewoon die intuïtiewe ingesteldheid waarmee jy reis?

Die gedigte het oor ʼn besondere lang tydperk ontstaan; sommige verse in die stad, ander het eers jare later hul beslag gekry. In my driftige jeug het ek Verdraaide raaisels tydens ʼn reis deur Suid-Amerika voltooi. Die verse oor Kuba, o.a. het eers jare later tot uiting gekom. Ek het vir jare ʼn reisrubriek vir BY behartig en sodoende die verskillende moontlikhede van dig oor ʼn stad of vreemde land ondersoek. Die buigsaamheid van verdriet (2004) was ʼn keuse uit my “beste” verse, juis omdat ek oor soveel lande geskryf het.

Nog ʼn opvallende kenmerk van die verse - en hoeka iets wat aansluiting vind by die vorige vraag - is die groot hoeveelheid vrae wat gevra word in die gedigte; enersyds wek dit ʼn gevoel van onsekerheid en vertwyfeling - wat eweneens deel is van enige reisiger se ervaring - dog, andersyds ondersteun dit die besinning en soeke na bevestiging. Sou hierdie as ʼn werkbare siening oor die unieke aanslag van hierdie reisgedigte beskou? M.a.w., die teks as instrument van ondersoekende bevestiging eerder as beskryfde waarneming?

Die verse vergestalt waarskynlik die twee fasette van my persoonlikheid: enersyds intellektueel, andersyds twyfelaar. My verse is dikwels selfondermynend, tobbend oor die proses van dig. Dit gaan sover terug as Hartskrif (1985) en veral in Die anatomie van melancholie (1987) is ek besig om die proses van dig en ervaar op sy kop te keer. Iewers dig ek: soms loop die gedig die ervaring vooruit….

En besonder belangrike - én insiggewende - toevoeging tot dié keur is die voorwoord waarmee jy dit inlei. In die voorwoord verwys jy daarna dat die gedigte kommentaar lewer op die kwessie van “liminaliteit en grense”. Myns insiens is dit ʼn besonder belangrike stelling oor die aard van dié gedigte. Kan jy hierop uitbrei vir ons, asseblief?

Liminaliteit is tans ʼn buz-woord in die literatuurteorie. Alle sekerhede en grense word daagliks afgebreek: die internet, o.a. het ʼn geweldige impak gehad op ʼn verskuiwing van grense. Met een enkele e-pos is jy blitsig in ʼn vreemde stad. Ons skype. Daar is FaceBook en Youtube. Alles is vinniger, sekuurder en selfone is maar uiteindelik net ekstensies van onsself. Ons is binne oomblikke binne ʼn vreemde landskap.

Hierdie keur van jou is in drie afdelings gegroepeer. Volgens watter ordeningsprinsipe het jy die gedigte as sodanig geplaas?

Resent (hoewel ʼn paar in die gedigtekamer van die Versindaba verskyn het), bydraes wat reeds in tydskrifte/koerante opgeneem of op die internet geplaas is en dan verse wat reeds in bundels opgeneem is.

Joan, tydens die lees van die bundel het dit vir my gevoel asof daar ʼn baie subtiele verskuiwing in toonaard was; die vroeëre verse in die keur is myns insiens verse waarin opgewondenheid en verwondering die botoon voer, maar gaandeweg raak die verse meer melancholies en dring die temas rondom verlies en veral verganklikheid sterker na vore. Was hierdie ʼn bewustelike ingesteldheid by die samestelling? Veral ten opsigte van die keuse oor watter verse uit jou vorige publikasies by hierdie keur in te sluit?

Dit is toevallig. Of dalk lees jy dit so. Ek dink die kwessie van verganklikheid en verlies, is van meet af aan in my digkuns aanwesig.

Vanuit ʼn hele aantal verse blyk dit dat jy op ʼn besonderse manier met die stad New York identifiseer. Is daar bepaalde redes waarom juis dié stad so sterk tot jou spreek?

Ek vind NYC opwindend. Die boekwinkels, die gedrewenheid - my eerste digbundel Hartskrif het haar beslag gekry in ʼn koue winter in New Haven toe ek navorsing gedoen het en mense soos Harold Bloom, Geoffrey Hartman, Barbara Johnson, J. Hillis Miller, e.a. ontmoet het. Later het ek by herhaling terug gekeer na die VSA en weer navorsing gedoen toe ek ʼn tweede doktorsgraad voltooi het. Hierdie keer was die ruimte Boston en Cambridge, Mass. Harvard se biblioteke kon ek besoek weens ʼn reisvergunning. Hier het ek Pinsky ontmoet, weer met Johnson (sy is ondertussen oorlede) kennis gemaak en Marjorie Garber se wonderlike studies oor gender bestudeer.

In een van die New York-gedigte (”Start spreading the news“, p.89) plaas jy die volgende woorde in Petrus se mond wanneer hy die stad aanspreek: ” … Jy was ʼn hawe vir digters. In jou buik / kon verskoppelinge hul een voel met jou paradoksale aard: / van hoe groter en blinker na buite, / hoe weerloser en sensitiewer na binne. Alles was hier by jou moontlik. En almal welkom.” Hierdie reëls is natuurlik ook net so op jóú van toepassing, want ek ken nie juis baie ander digters wat soveel doen om juis die jonger, minder ervare, digters by die hand te neem en leiding te gee nie. Hierdie is uiteraard iets wat vir jou persoonlik ʼn saak van enorme belang is. Ek hoop nie dat hierdie vraag jou verleë laat nie, maar hoekom is juis dié ‘digterlike begeleiding’ so ʼn belangrike funksie vir jou?

Kreatiewe skryfkursusse - en ek is trots op my studente soos Carina Stander, Martina Klopper, Fourie Botha, Aniel Botha, Lou-Ann Stone en Karen Kuhn wat afgestudeer is en reeds solo gepubliseer het of in bloemlesings opgeneem is - is ʼn dubbelloop-aksie. Jy leer ander mense, maar jy leer self ook. As iemand vra wat bedoel jy met die gedig moenie ʼn argument wees nie, moet jy fyn formuleer. Of jy leer presies en helder nadink oor wat behels ʼn stelling soos vorm en inhoud is een. Of ek leer my studente mantras soos beeldkongruensie, vermy rymdwang, skryf konkreet … Ek bied elke jaar ook ʼn skryfkursus aan by die UP. Ek probeer elke digter sy of haar eie stem vind.

Dikwels antwoord ek sommer met ʼn gedig:

 

Die intieme aard van die digkuns

 

Hoe weet ek, vra jy my,

ʼn argument in ʼn vers werk of nie?

Jy soek ʼn reël, eis jy dringend; die regsgeleerde

vra vir uitsluitsel, anders blote snuifsels van die gode.

Ek kyk na al die handleidings vir dié stil bedryf,

blaai verwonderd deur Ottone M. Riccio se boek,

ontdek ʼn kaart van Praag: Hotel Jalta,

110 00 Praha 1, tel.no. 265541.

Nóg my naam nóg aankoms en vertrek

hier aangestip. Maar in my verbeelding

is ek weer op soek na Franz Kafka se huis

met die klein plattegrond in my hand

na ʼn kontinentale ontbyt om ses,

verby die Krym Bar (dit was vóór die internet

ons blitsig kon konnekteer), af, af, af

tot voor die rooi dakke van die asemrowende stad.

Daar was ʼn wagtende geliefde, ja,

en ek sou haar ontmoet in St. Petersburg

om die verlore Rembrandts te bespied.

“Die lewe is ʼn reis”, staan dit opgeteken

in ʼn klein notaboek,” en die liefde ʼn hellevaart”.

Later in die Hermitage staan ons verwonderd:

“Die ontering van Haman” en in die meester

se fyn balans tussen donker en lig,

geskiedenis en verbeelding,

weet ek dat daar altyd iets buite woorde lê.

ʼn Gedig word voltrek in stille toeval. 

 

Vir my persoonlik vorm die groepie gedigte oor Oosterse stede in Afdeling III ʼn besonderse hoogtepunt. Veral die gedig “Daardie man wat stap in Jodhpoer” (p.97) is vir my ʼn uitsonderlike vers. Vertel ons ietsie meer van die omstandighede wat tot dié vers se ontstaan aanleiding gegee het?

Ek was in Jodhpoer … ek het ʼn man sien stap en die gedig is sommer net ʼn fantasie.

Vervolgens nog twee meer persoonlike vrae, Joan. Ten eerste - jy is na alle waarskynlikheide ons mees produktiewe skrywer; nie net ten opsigte van kreatiewe skrywe nie, maar ook met resensies, verslae, navorsings, ens. ens. Alles teen nekbreekspoed en van gehalte. Kan jy dalk vir ons ander wat maar net verwonderd kan staan ten aanskoue van jou werkywer ʼn kykie gee na jou werksroetine?

Ek werk baie geroetineerd. Ek spring soggens vroeg weg met die lees van e-posse en dan begin ek skryf aan ʼn lang werk (soos ʼn studie). Dan oefen ek op my oefenfiets vir sowat 40 minute, terwyl ek ʼn film kyk op my DVD-speler. Dan skryf ek weer, gee klas (waaroor ek gaande is), skryf tot vier uur, nuttig ʼn laat middagete met ʼn vriend of skryf op my laptop. Ontmoet dan my geliefde of ʼn vriend - Kaapstad het wonderlike restaurante - en lees in die aande.  Dan oefen ek weer en kyk ʼn film. Ek besit nie ʼn TV nie. Lacan se nosie van leë spraak is iets waarvan ek wegskram. Soms word ek in die middel van die nag wakker, dan skryf ek. Kom tot die punt, is my mantra en moenie my tyd mors nie. Op my kantoordeur is ʼn bordjie: Klop en wag. En eet jou rape eerste is ʼn lewensfilosofie. Ek behoef lang tye van stilte en alleenwees. Ek glo aan hard werk en hard speel.

ʼn Laaste vraag - Jy het jou loopbaan aanvanklik as professionele akademikus gevestig en eers enkele jare later as digter gedebuteer. In watter stadium het jy begin om gedigte te skryf? Was dit maar altyd daar van skooldae af, of het dié begeestering jou eers op ʼn latere stadium betrek?

Ek het as jong kind baie gedigte gelees (Van Wyk Louw en Eybers), een vers geskryf en aan die US gestudeer waar almal probeer het om gedigte te skryf onder die invloed van Opperman. Ek het prosa in verset geskryf en in 1984, na ʼn paar pynlike ervarings, het ek begin dig. Johann de Lange het my eerste gedigte in Standpunte gelees en my aangemoedig. Ek het wel DJO se laboratorium bygewoon as kritikus en alles geleer wat daar te lere is van dig by hierdie meester. Hy het my aan Wallace Stevens voorgestel en sy onskatbare werk as kanoniseerder en mentor is nog nie na waarde geskat nie.

Dankie vir die gesprek, Joan, en nogmaals geluk met ‘n besonderse toevoeging tot jou oeuvre. Mag Visums by verstek altyd vir jou uitstaan as ‘n hoogtepunt in jou uitgebreide reis as digter. Ten slotte wil ek nogtans vriendelik vra - by wyse van groet - of jy dalk bereid is om ‘n gunstelinggedig uit die bundel hieronder vir ons lesers te kopieer? 
 
 
Las Vegas, Nevada

 

Hier staan dobbelhuise neffens kerke

hul plek vol en sy ry met ‘n Greyhound,

geleerbaadjie en gerugsak, die Sondestad binne.

Met ‘n achy breaky heart word die woestyn

die perfekte back drop vir ‘n down town-motel,

waar reisigers en hoere, kortsondig vertoef.

Fear and loathing in Las Vegas. Agter haar lê

die Stad van Engele en vóór haar Miami. Nou,

in die oomblik, beleef sy die Mojave-woestyn,

nageboots in restaurante dwarsoor die wêreld,

met kaktus en klip kompleet. Vir haar is dit hel,

hierdie flikkerstad met sy gebedekrale van $-tekens.

La$ Vegas. Lush Vegas. Leaving Las Vegas.

In die Liberace-museum verpand broer George

handtekeninge namens die virtuose vertolker.

‘n Boekwinkel stal Barthes se Mythologies uit.

Saam met die semioloog vertolk sy die xeriscapes,

nabootsings, afbeeldings, flikkerligte: dollar a fuck.

Sy verkas uit Vegas, op pad na Dallas, op soek

na die American Dream, the greening of America:

na dit wat soos ‘n mirage in die woestyn glimmer.

 

***

15.  Dallas, Texas

 

Op die spoor van JFK, dáár waar die Zapruder

die kavalkade skiet, goewerneur John Connally voor,

Jacqueline agter, in Dealey Plaza: November 22, 1963.

Lee Harvey Oswald (”I’m the patsy”) deur Jack Ruby vermoor.

“Mr. President, you can’t say Dallas doesn’t love you,”

sê die goewerneursvrou en tussen raam 155 en 169 draai

almal eers na links dan na regs, behalwe die President.

Die skoot tussen raam 210 en 225 wys nie die bloed

of stukkies been nie: nog ‘n skoot slaan van agter.

Ene James Tague, die toevallige waarnemer, presies 162 m,

getref met ‘n opslagkoeël, en in die Parklandshospitaal

word John F. Kennedy deur dr. George Burkley dood verklaar.

‘n Rooms-Katolieke priester bedien die laaste sakramente.

In ‘n outopsie-verslag word elke wond presies opgeteken.

Lyndon B. Johnson in ‘n Airforce One in sy plek ingesweer.

Die 1961 Lincoln Continental limousine staan in die Henry Ford,

in Dearborn, Michigan, met die bevlekte pienk rok geberg.

Koeëls, die geweer, selfs die hospitaaltrollie en outopsieverslag

vir die toeris op uitstalling, met ‘n X gemerk op die plek

van die eerste slag. Die nes van die vermeende koppesneller

hier in Dallas, Texas lewensgetrou gerekonstrueer.

Glo my vry. Dit alles en nog meer. Op die spoor van JFK.

 

© Joan Hambidge (Uit: Visums by verstek, 2011: Human & Rousseau)

 

Digstring

Thursday, February 10th, 2011

Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en gedig leersaam (en hopelik inspirerend) sal vind.

Digstring

Digstring

 

 

Inhoud

 

A-B 

Andries Bezuidenhout. Taxi-rit ná die aand. Mei 2010

Zandra Bezuidenhout. Moderne Psalm. Mei 2010

Fourie Botha. My eerste Bybel. Augustus 2011

Aniel Botha. Rooikappie en die wolf. Mei 2012

C, D, E

TT Cloete. Swerwende verse

Toast Coetzer. geluk

Marius Crous. Die ander man

Anne-Ghrett ErasmusSkilder 

Sydda Essop. Ek lewe in stilswye

Louis Esterhuizen. Melopee

F, G

Gilbert Gibson. Another roadside attraction

Melanie Grobler. Die Eerste Vrees Is Hier.

H, I, J

Joan Hambidge. “The drama of being a child”

Joan Hambidge. In die skadu van Machu Picchu. Mei 2010

Joan Hambidge. Parys

Daniel Hugo. Ontnugterde digter. Junie 2010

Pieter Hugo. Honde

Marlise Joubert. waarskuwings. Mei 2010

K, L

Ronelda KamferStof. Junie 2010

Annie Klopper. ‘n Deurnagbraai in Oranjezicht

Martine Klopper. Kwatryn

Antjie Krog. Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg/Winter. Mei 2010

Kobus Lombard. Kameeldoring

M, N

Johann Lodewyk Marais. Richard E. Leakey 

Lucie Möller. Kortstondige kalligrafie

Melt Myburgh. Toeval

Charl-Pierre Naudé. Twee diewe. Mei 2010

O, P, Q

Pieter Odendaal. die eerste steen.

Johannes Prins. Man diesel

R, S

Andries Samuel. All god’s children took their toll

Carina Stander. Lima

Marius Swart. liefdes-e-pos. Mei 2010

T, U

V, W

Marlene van Niekerk. Poets van ons vaderland unite

Ilse van Staden. Fluistering

Cas Vos. Kersrook

Cas Vos. Uitkyk. Mei 2012

Jelleke Wierenga. Reënboognasie: Fear dot com