Posts Tagged ‘Johann de Lange’

Ernst van Heerden en Paul Wittgenstein

Thursday, February 11th, 2010

Paul Wittgenstein

Paul Wittgenstein

Ek het in ‘n vorige inskrywing vertel van my ontdekking, op skool, van Ernst van Heerden se poësie, en van die rol wat hierdie ontdekking gespeel het in die aanwakkering van my eie belangstelling in die digkuns.

Sedertdien het ek weer ‘n slag deur sy bundels geblaai, hier en daar gelees, en opnuut onder die indruk gekom van hóé goed Van Heerden op sy beste was; en tot watter mate hy steeds – en dalk toenemend – ‘n onregverdig afgeskeepte stem in die Afrikaanse letterkunde is. Heelparty van sy bundels is immers nie meer in druk nie, en sover my wete strek is ‘n versamelde werke, of selfs net ‘n keur uit sy voltooide oeuvre, nog nooit gepubliseer nie.

 

Ernst van Heerden was, soos Hennie Aucamp, Johann de Lange en Joan Hambidge na hom (om enkeles te noem), ‘n verteenwoordiger van ‘n soort ‘estetisisme’ in die Afrikaanse poësie. Ek verwys hiermee na digters (en skrywers) wat die estetiese (eenvoudig gestel: uitgebreide verwysings na die letterkunde en ander kunsvorme) as temas en onderwerpe in hulle werk ontgin – of eerder, by wie hierdie soort poëtiese ontginning en omploeging van ‘n estetiese verwsyingsraamwerk ‘n (of dalk díé) sleutelkomponent is in hulle digterskap.

Daar is natuurlik belangrike verskille in hoe liggaamlikheid en seksualiteit (byvoorbeeld) by Van Heerden en De Lange onderskeidelik uitgebeeld word; of hoe Van Heerden en die meer postmodernistiese Hambidge onderskeidelik met kulturele verwysings omgaan. Nogtans dink ek hierdie latere digters behoort, wat hulle posisie in die Afrikaanse literatuur (en die verskillende tradisies en tendense wat dit kenmerk) betref, met Ernst van Heerden in gedagte gelees word.  

Van Heerden se oeuvre inkorporeer al sedert sy heel eerste bundel ‘n uitgebreide estetiese verwysingsraamwerk. Sy oeuvre is ryk aan verse oor digters, die skilderkuns en, wat my veral aanspreek, musiek. As jy gedigte soos ‘Symphonie Pathétique’, ‘Prélude à l’après-midi d’un faune’, ‘Nocturne’ en ‘Chopin’ lees (en daar is vele meer), is dit baie duidelik dat Van Heerden ‘n indringende kennis van en groot liefde vir die musiek moes gehad het.

Een van sy latere en beste gedigte oor die musiek is te vinde in my gunsteling Van Heerden-bundel, Amulet teen die vuur (ek sal by ‘n later geleentheid iets skryf oor hierdie bundel, wat ek tans weer aan die lees is). Die gedig is ‘Paul Wittgenstein’. Wittgenstein (broer van die beroemde filosoof met dieselfde van) was ‘n bekende vroeë twintigste-eeuse pianis. Hy het sy regterarm verloor in die Eerste Wêreldoorlog, en was dus, soos Van Heerden, ‘n ‘geamputeerde’ (Van Heerden het beide sy bene in die 1970s verloor).

Na afloop van die oorlog het etlike komponiste werke ‘vir die linkerhand’ gekomponeer, wat dit moontlik gemaak het vir Wittgenstein om sy loopbaan as konsertpianis voort te sit. In Van Heerden se gedig is dit Maurice Ravel se ‘Klavierkonsert vir die linkerhand’ wat ter sprake is. Op briljante wyse versoen Van Heerden die tema van die geamputeerde ledemaat met ‘n hoogs evokatiewe uitbeelding van die stuwing, ritme, toonaard en kleur van daardie musiekstuk.

 

Paul Wittgenstein

Klavierkonsert vir die linkerhand (Ravel)

 

Wanneer ‘n ongevulde regtermou

die snyerslanfer onderstreep

en skielik aandag opeis,

bedaar geroesemoes;

 

algaande minder soberend

deur wilder sproeisels heen,

word tarantella-vuur gestook,

‘n teistering, ‘n woede opgewek;

 

wanneer weemoed en bravour

hul eie bane uitstip,

word deur gekerm en gesnater

‘n waterval van ánder kleur gebou

en vredes sprokkelwys opeengehoop.

 

Wilgers ruis in kontrapunt

en seë slaan ‘n hele klankbord los,

terwyl ‘n volle somer

aan die son se tepel suig.

 

Triomf en dawering!

 

Die mou buig saam

voor ‘n dubbelhandige applous. 

August Kleinzahler – Vertaling in Afrikaans

Wednesday, February 3rd, 2010

August Kleinzahler – Vertaal deur Johann de Lange

 

 

 

Vleis

 

 

Hoeveel vleis beweeg

Deur die stad elke nag

Die dekke van sy brûe sidder

In die saamvloei van sodiumlig

En die maan ‘n chemiese oranje

 

Sleepwaens ooreis hulle asse

Bibber as hulle die uitgerekte kurwe volg

Oor pakhuise en galerye

Die wildernis van strate onder

Die maaswerk daarvan

Met Joe wat op die voorstoep rook

En Louise op die foon met haar ma

 

Vanuit die waas van industriële weilande

Arriveer hulle, sonder tal

Karwei tonne dooie lam

Been en vleis en afval

Myle tot by die hawens en kanale

Van die stad se glansende membraan

‘n Reuse ademende sel

Wat sy afval uitasem

Deur die skoorstene langs die rivier

En regdeur die nag vreet

 

 

Yannis Ritsos – Vertaling in Afrikaans

Thursday, January 14th, 2010

Yannis Ritsos – Vertaal deur Johann de Lange

 

 
Geel aand


 

‘n Maanvis hang in die lug,
‘n meswolkie verwyder die skubbe,
‘n rivier van goue skubbe sidder op die see.

Die maan het geen bloed nie – geel asof dood.
Een mond is geslote. Die ander soen. O geel
soene, en die dooie man kan nie sterf nie.

 
*

 
Wonderwerk


 

Voordat hy gaan slaap, sit die man sy horlosie onder sy kussing.
Dan sluimer hy in. Buite waai die wind. Jy wat weet
van die wonderbaarlike kontinuïteit van klein bewegings, verstaan.
‘n Man, sy horlosie, die wind. Niks meer.

Sylvia Plath – Vertaling in Afrikaans

Thursday, January 14th, 2010

Sylvia Plath – Vertaal deur Johann de Lange

 

 
 

Dame Lasarus

 

Ek het dit weer eens gedoen.

Een keer elke tien jaar

Kry ek dit reg –

 

‘n soort wandelende wonderwerk, my vel

Stralend soos ‘n Nazi lampskerm,

My regtervoet

 

‘n papiergewig,

My gesig ‘n gladde, delikate

Joodse linne.

 

Dop die servet af

O my vyand.

Is ek vreesaanjaend? –

 

Die neus, die oogholtes, die vol stel tande?

Die suur asem

Sal verdwyn binne ‘n dag.

 

Weldra, weldra sal die vlees

Wat die bestorwe grot geëet het

Tuis wees op my

 

En ek ‘n grimlaggende vrou.

Ek is net dertig.

En soos die kat het ek nege dode om te sterf.

 

Hierdie is Nommer Drie.

Watter bog

Om elke dekade uit te wis.

 

Wat ‘n miljoen draadjies.

Die grondboontjiekouende menigte

Stamp en stoot om te sien

 

Hoe hulle my loswoel van kop tot tone –

Die groot ontkleedans.

Here, dames

 

Hierdie is my hande,

My knieë.

Al is ek vel en been,

 

Is ek, nietemin, een en dieselfde vrou.

Die eerste keer toe dit gebeur het was ek tien.

Dit was ‘n ongeluk.

 

Die tweede keer het ek bedoel

Om deur te druk en nie weer terug te kom nie.

Ek het toegeklap

 

Soos ‘n skulp.

Hulle moes roep en roep

En die wurms van my aftrek soos taai pêrels.

 

Doodgaan

Is ‘n kuns, soos enigiets anders.

Ek doen dit buitengewoon goed.

 

Ek doen dit so dit voel na hel.

Ek doen dit so dit voel eg.

Jy sou kon sê ek het ‘n roeping.

 

Dis maklik genoeg om te doen in ‘n sel.

Dis maklik genoeg om te doen en stil te bly lê.

Dis die dramatiese

 

Terugkeer helder oordag

Na dieselfde plek, dieselfde gesig, dieselfde brutale

Verwonderde kreet:

 

“‘n Wonderwerk!”

Dit slaan my voete onder my uit.

Daar is ‘n prys

 

om my letsels vir jou te wys, daar is ‘n prys

Om te luister na my hart –

Dit klop regtig.

 

En daar is ‘n prys, ‘n baie duur prys,

Vir ‘n woord of ‘n aanraking

Of ‘n bietjie bloed

 

Of ‘n knipsel van my hare of my klere.

Dus, dus, Herr Doktor.

Dus, Herr Enemy.

 

Ek is jou opus,

Ek is jou kleinood,

Die suiwer goue baba

 

Wat wegsmelt tot ‘n gil.

Ek draai en braai.

Moenie dink ek onderskat jou groot besorgdheid nie.

 

As, as –

Jy por en roer.

Vlees, been, daar is niks oor –

 

‘n koekie seep,

‘n trouring,

‘n goue stopsel.

 

Herr God, Herr Lucifer,

Pasop

Pasop.

 

Uit die as

Herrys ek met my rooi hare

En ek eet mans soos asem.

 

*

 

Woorde

 

Byle
waarvan die hale die hout laat weerklink,
en die eggo’s!
Eggo’s wat weggalop
van die middelpunt soos perde.

Die sap
swel soos trane, soos die
water wat strewe
om sy spieël te herskep
oor die klip

wat val en draai,
‘n wit skedel,
aangevreet deur kruidjiegroene.
Jare later
loop ek hulle raak op die pad –

woorde dor en ridderloos,
die onvermoeide hoefslae.
Terwyl
van die bodem van die poel, vaste sterre
‘n lewe rig.

Anna Akhmatova – Vertaling in Afrikaans

Monday, December 14th, 2009

Anna Akhmatova – Vertaal deur Johann de Lange

 

 

 

Alles is geplunder

Anna Akhmatova

 

 

Alles is geplunder, verraai, verkoop,

dood se swart vlerke skraap die lug,

ellende knaag tot aan die been.

Waarom sou ons nie uit wanhoop vlug?

 

Bedags, uit die omringende woude,

blaas kersiebome somer die dorp binne;

en snags skitter die diep helder hemele

met melkweë, nuwe beginne.

 

En die wonderbaarlike kom so naby

aan die gebroke, verwaarloosde huise —

iets nie aan enigeen bekend,

maar van oudsher al wild in ons harte.

 

 

(Van die Engels deur Stanley Kunitz) 

Ernesto Cardenal – Vertaling in Afrikaans

Wednesday, November 25th, 2009

Ernesto Cardenal – Vertaal deur Johann de Lange

 

 

 

Gebed vir Marilyn Monroe

Ernesto Cardenal

 

 

Here, ontvang hierdie meisie

dwarsdeur die wereld bekend as Marilyn Monroe

hoewel dit nie haar regte naam was nie

(U ken haar regte naam)

wat nou in u teenwoordigheid ingaan

sonder grimering,

sonder haar agent,

sonder haar foto’s of om iets te onderteken,

eensaam soos ‘n ruimtereisiger

voor die allesomvattende swart heelal.

 

In ‘n jongmeisiedroom was sy kaal in ‘n kerk

(volgens Time)

voor ‘n knielende menigte,

voorkoppe teen die vloer,

en sy moes mooi trap om hulle te vermy.

U ken ons drome beter as enige psigiater.

Here, in hierdie wêreld

ewe veel besmet deur radioaktiwiteit as sonde,

sal U sekerlik nie ‘n winkelmeisie

haar sterredroom verkwalik nie.

En haar droom het werklikheid geword

(Technicolor-werklikheid).

Al wat sy gedoen het,

was om die teks te volg wat ons haar gegee het,

dié van ons eie lewens,

maar dit was betekenisloos.

Vergewe haar, Here, en so ook ons almal

vir hierdie óns 20th-century

en die groteske Superproduksie

waaraan ons almal deel gehad het.

 

Die ster is lankal dood

maar sy flikker nog in donker teaters.

Sy was die rot wat tol in die filmspoel.

Sy was honger vir liefde

en ons het kalmeerpille voorgeskryf.

Sy het verlang na geselskap

en ons het psigoanalise aanbeveel.

Haar lewe was onwerklik soos ‘n droom

wat ‘n sielkundige lees en liasseer.

Haar romanses was soene met toe oë

onder skietligte uitgespeel,

maar die skietligte is uitgedoof

en die twee mure van die stel is afgeslaan

terwyl die Regisseur wegstap notaboek in die hand,

die toneel veilig vasgelê.

Of soos ‘n rit op ‘n seiljag,

‘n soen in Singapoer,

‘n dans in Rio,

‘n onthaal in die herehuis

van die Hertog en Hertogin van Windsor

gesien in die treurige opgesmuktheid van ‘n goedkoop kamer.

 

Die film het geeindig sonder die laaste soen.

Hulle het haar dood gekry op die bed,

hand op die telefoon,

en die speurders het geweet wie sy wou bel.

Dit was asof

iemand die enigste vriendelike stem gebel het

net om ‘n bandmasjien “Verkeerde nommer” te hoor sê;

of soos iemand deur rampokkers beseer

wat ‘n hand uitsteek na ‘n gediskonnekteerde foon.

 

Here, wie ook al

dit mag wees wat sy wou bel

en nie het nie (en dalk was dit niemand nie

of lemand nie gelys in die Los Angeles-gids nie),

 

Here, antwoord daardie foon.

 

*

 

Vir publikasie in Nagsweet (1991) het ek met die vertaling van Ernesto Cardenal se pragtige gedig “Gebed vir Marilyn Monroe” myself redelike poëtiese vryheid gegun wat betref die lengte van versreëls & die weglaat van gedeeltes wat ek gevoel het te ‘verduidelikend’ was. Nou, 18 jaar later, voel ek nog steeds tevrede met my weergawe. Interessantheidshalwe, & vir lesers wat dalk mag belangstel om die twee weergawes te vergelyk, het ek teruggegaan & die volledige gedig vertaal. Hiervoor het ek die Engelse vertalings van Jonathan Cohen & Robert Pring-Mill geraadpleeg. Hier is die langer weergawe:

 

 

 

 

Gebed vir Marilyn Monroe

Ernesto Cardenal

 

 

Here

ontvang hierdie jong vrou dwarsdeur die wêreld bekend as Marilyn Monroe

al was dit nie haar regte naam nie

(maar U ken haar regte naam, die naam van die weesmeisie verkrag op 9

& die winkelmeisie wat probeer selfmoord pleeg het op 16)

wat nou U teenwoordigheid binnegaan sonder grimering

sonder haar Pers-agent

sonder fotograwe & sonder om handtekeninge uit te deel,

eensaam soos ‘n ruimtereisiger voor die donker heelal.

 

Toe sy nog klein was, het sy gedroom sy was kaal in ‘n kerk

(volgens die weergawe in Time)

voor ‘n menigte wat neerkniel met hulle koppe teen die vloer

& sy moes op haar tone loop om nie op hulle koppe te trap nie.

U ken ons drome beter as die psigiaters.

Kerk, huis, grot, verwys almal na die veiligheid van die baarmoeder

maar ook iets anders…

 

Die koppe is haar bewonderaars, dis duidelik

(die skare koppe in die donker onder die flikkerende straal lig).

Maar die tempel is nie die ateljees van 20th Century Fox nie.

Die tempel – van marmer & goud – is die tempel van haar lyf

waar die Seun van die Mens staan, sweep in die hand

& die ateljeebase van 20th Century Fox uitdryf

wat van U huis van gebed ‘n nes van diewe gemaak het.

 

Here

in hierdie wêreld besmet met sonde & radioaktiwiteit

sal U nie die blaam plaas op ‘n winkelmeisie

wat, soos enige ander winkelmeisie, gedroom het daarvan om ‘n ster te wees nie.

Haar droom het werklikheid geword (’n Technicolour werklikheid).

Sy het maar net die draaiboek gevolg wat ons haar gegee het

– die storie van ons eie lewens. En die draaiboek was absurd.

Vergewe haar, Here, & vergewe ons

vir ons Twintigste Eeu

vir die Reuse Superproduksie waaraan ons almal meegewerk het.

 

Sy was honger vir liefde en ons het haar kalmeerpille gegee.

Vir haar wanhoop, omdat ons nie heiliges is nie,

het ons psigoanalise aanbeveel.

Onthou U, Here, haar toenemende vrees vir die kamera

& hoe sy grimering verpes het – & nietemin aangedring het op vars grimering vir elke toneel –

& hoe die vrees steeds toegeneem het

& sy al later by die ateljees opgedaag het.

 

Soos enige winkelmeisie

het sy daarvan gedroom om ‘n ster te wees.

En haar lewe was onwerklik soos ‘n droom wat ‘n psigiater interpreteer & liasseer.

 

Haar romanses was soene met geslote oë

& wanneer sy hulle oopgemaak het

het sy besef hulle was onder vloedligte uitgespeel

& die vloedligte is uitgedoof

& die twee mure van die kamer afgebreek (dit was ‘n filmstel)

terwyl die regisseur wegstap met sy draaiboek in sy hand

die toneel veilig vasgelê.

Of soos ‘n rit op ‘n seiljag, ‘n soen in Singapoer, ‘n dans in Rio

‘n onthaal aan die herehuis van die Hertog & Hertogin van Windsor

gesien in die triestige opgesmuktheid van ‘n armoedige woonstel.

 

Die film het geëindig sonder die laaste soen.

Sy is dood gevind in haar bed met die gehoorbuis in haar hand.

En die speurders het nooit uitgevind wie sy wou bel nie.

 

Sy was

soos iemand wat die nommer gebel het van die enigste vriendelike stem

& net die stem van ‘n opname gehoor het wat sê: Verkeerde nommer.

Of soos iemand gewond deur rampokkers

wat ‘n hand uisteek na ‘n gediskonnekteerde telefoon.

 

Here

wie dit ookal was wat sy wou bel

& nie het nie (& dalk was dit niemand

of Iemand wie se nommer nie gelys is in die Los Angeles-gids nie)

 

antwoord daardie foon!

 

 

 

 

 

 

 

Joan Hambidge – Vertaling in Engels

Monday, November 23rd, 2009

Joan Hambidge - Vertaal deur Johann de Lange, Jo Nel & Joan Hambidge

 

 

 

T.M.T.L.T.B.M.G.

Joan Hambidge

 

 There’s more to love

than patterns: boy meets girl,

buying a Sterns ring, etcetera.

There’s more to love

than a beginning, middle or end.

Because you (and me) refuse to accept it.

 

Oh, meeting at first (let’s call it: exposition)

always rather briskly spills over into the highlight

(i.e.: climax of consummation,

coming without qualms). Both: trapped.

 

Who wants to hazard a further guess?

Since what goes up, must come down.

Ecstasy only lasts as long as sending flowers

or the sweet deceit of romance.

 

Dénouement: vide the glossary, an “unknotting

of complications”. A discovery that passion

- by one? or both? - is running out.

Our dénouement thus: discovery of your deceit.

 

There’s more to love

than patterns: girl meets girl,

invests in love, togetherness, understanding.

There’s more to love

than a beginning, middle or end.

Because you (and I) are caught up in symbols.

 

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

 

Ariel

Joan Hambidge

 

To write poetry: you have
to be prepared to die.
- Theodore Roethke

  

The brilliant girl

of Smith College

Phi Beta Kappa

(later on even 

in the editorial

of Mademoiselle)

silently screams

her life frozen

in a bell jar.

 

The charming wife

of Ted Hughes

writes verses

 

before feeding

her little morningsong

- becomes inex-

plicably nauseous

cabbage burning

on her gas stove.

 

How bright the shards

of a broken jar; how

distant a finger

slashed open

by a knife; flowers

spurting blood

in the garden.

 

“Dying,

Is an art, like everything else.

I do it exceptionally well.”

Thus the intellect

dissects after yet another

frustrated suicide attempt

poplars are trees of death…

copes with everyday tasks

an over-excited metronome.

 

Death an art

studied in its fibre and vein

- life the groundless

rhyme and reason

heartless copy cat.

 

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

 

Arte poetica

Joan Hambidge

 

Homage à Neruda

 

In the afternoons when the bodies

of lovers become one in holy host,

whores pawn their bodies,

priests lose their faith slowly but surely,

women lament over abortions or children signed away,

mothers sigh over rebellious kin,

young sons strive against the father’s power,

and activists move underground,

the poet becomes one with the sacrament

of the word. Or not so?

No, the poet experiences something of the ecstasy

of love, the unscrupulousness of a whore

(anything but anything for the poem’s sake),

the desperation of the once oh so religious

person calling His God but hearing Him

no more (like a poem in a desert),

the lonely lament of a woman,

for whom the bell tolls annually, reminded

of a non-commemorative, non-happy birthday

moment (a voice smothered in a plastic bag),

a child who ends up on the front-page

or in a cell, a father who is listening,

but fails to hear, and the activist

calling out: “A luta continua!”

A lifeless poem commits suicide.

  

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

My mannequin

Joan Hambidge

  

My mannequin

flaunts her emotions

prettily: she laughs, she pouts,

she’s always happy - as long as nobody

gets too close - and looking for more luck.

 

Moving mechanically, stiffly,

some notice - those who really look - that she

is sexless, frigid and dead:

marble eyes, fake eyelashes

and cold hands.

 

Do I imagine it, or is her mouth

at times defenseless like a bleeding wound.

 

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

 

Programme verse

Joan Hambidge

  

The swallows are departing:

the souls of the dead;

silently, surely they leave

to an unknown, quiet imaginative place,

a region where the dead, according

to spiritualists, judge themselves;

the suicides and murderers

slowly, if ever, find peace

or come to terms with their deeds.

Clairvoyants can call them up;

highly sensitive mediums can sense their roaming

presence in old ransacked, spooky houses,

like trapped swallows in an airport terminal

flapping their wings searching for an exit,

blinded by damp, frozen windows,

anxious, panicky because this unknown area

restricts and fails to release

them on this obligatory journey without a passport

or an endorsed, special visa,

hand luggage or a heavy, overloaded bag.

Susceptible youths also have the ability to see:

set an extra place at the table

for the imaginary, roaming friend;

a messenger from the unreachable other side,

comforts a suffering person.

Mediums translate the oh so longed for

message to a guilt-ridden family member.

And us? The ones left behind? The mourners?

The inheritors of quiet, undecodable postcards?

They leave us with the seed

of what we wanted to feed, with the crumbs

of remorse, of I still-wanted-to-say, make amends;

closed off from this mysterious winter journey.

 

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

 

Ode to her

Joan Hambidge

 

Homage à the poetry of Erica Jong

  

I cannot forget you    your breasts

above all

haunt me   like two headstrong detectives

in pursuit of a culprit throughout the night

never-ceasing   until I turn on the light

       merely a phantom experience

                                 yet

I cannot forgive you    how you deliver

my body to another

above all your eyes   everything begins with the eyes   your laughter

        the crow’s feet

around the corners

                  that

I cannot forget     your tongue   why

didn’t I steal your tongue  tiny

oyster    now available to everybody

like canned fruit at the local supermarkets

                         at night

your sweater touches my shoulders   the same one

which used to hug my body   I write messages

like I love you need you    suddenly the sweater

escapes my arms

 

                      to return

free of any further claims return  return

to forgive or forget   is in vain.

  

(Vertaal deur Johann de Lange)    

 

My sweet old etcetera

Joan Hambidge

 

It’s through Latin

Etruscan becomes comprehensible -

and even Egyptian hieroglyphics

are effortlessly deciphered

by experts; now explicable.

But who will someday grasp

the alphabet of our ruins?

 

Mysteriously you construct

a plastic model ship

of the Titanic - while I drift

on the Dead Sea

anticipating deliverance.

Archaelogical research

cannot simplify

the destruction

which you multiply.

 

(Vertaal deur Jo Nel)

 

 

 One night-stand

Joan Hambidge

  

The scène is always the same:

intro-drink-seduction-bed.

 

The next day constantly a mind fuck:

guilt-silence-longing

and regret.

 

To fall in love is like placing a bet.

 

(Vertaal deur Joan Hambidge)

 

 

 Writing as fucking

Joan Hambidge

 

To write a sapphic verse

close before midnight

leads to many problems

(ignoring “vicious mathematics” …)

to find a non-off-beat image

for our for(ever)ness:

the pen is mightier than the sword:

does not work; too phallic, sexist,

sounds like penis-envy…

when two lips speak together:

does not reveal much of our softness/tenderness;

rubyfruit jungle:

is false, fruit-

less romanticism;

dark labyrinth:

too desperately literary;

bitter lemons:

cute poetic cunninglingus.

 

To write a (love)poem

like this, creates

coldness/logic/guilt

about that which merely is.

  

(Vertaal deur Joan Hambidge)

 

  

Domanda

Joan Hambidge

 

For Margaret Rosabel Mezzabotta

  

Untimely, premature your exit

to an unknown region.

The soul, I remember this morning,

needs the slow maturation of wine.

If hastily uncorked or poured

wine suffers bottle shock.

You would have been able to verify

this for me: an obscure reference

to the Egyptian Book of the Dead.

But to comprehend your death

is an undecodable hieroglyphic

in a dark impassable alleyway.

Death reverses the order of words,

it makes us look back, remember, even

seize small moments of chance -

like my cleaning your glasses once,

discussing dark symbols with you.

For this funeral oration, or rather declamation –

as a poet I am completely unprepared,

no, undeclared, undeserving…

The so-called consolatio or comfort

of a medium (Look, she sends you a rose)

or the flickering of a candle,

undoes nothing. What does “passing away”

mean? That you had to leave - in my book

anyway - far too rapidly

for heaven? That your soul was forced out

seemingly without warning. That roses fade,

candles cease to flicker…

Still I wanted to ask:

“Who scratched out Nefertiti’s one eye

so that she was blinded on the other side?”

 

 (Vertaal deur Joan Hambidge)

 

 

My parents

Joan Hambidge

  

i

 

From my birdlike mother,

I inherited my unhappy, dissatisfied, unpleasing nature:

Yesterday, was a better day.

From my forceful, burly father,

my dreamy, romantic, undaunted disposition.

 

The one can place words like blocks;

the other’s dreamy nature almost blocked

by others…

 

And me?

Their heirloom?

The one part of the Janus head

looks back to what was;

the other half to what words

may unblock.

 

ii

 

Oh it was always so effortless, so easy

to turn away from you my parents,

the eternal addressees

of this poem and my prayers.

 

This is an elegy

before you leave for the other side

and because a funereal poem might be inappropriate

at this time of deadly silence.

 

For her my crooked old mother

for him my burly father

something which is shorter than a letter

worthier than a legacy

more lasting than a gravestone

more reliable than an insurance policy

more worthy than a family ring.

 

Every poem which stems

from me with affection

due to them.

 

Her voice the metre of my verses

his hand the form of my words.

 

iii

 

They are the salt of the earth

yes, the salt of the earth

because their tears

their tears

stream like salt

like salt

over their cheeks

They are the salt of the earth

my parents

lamenting in silence

over their children’s tears

streaming like salt

like salt

over their cheeks

 

iv

 

Mother:

tonight I recall a letter to you

written in my niggling handwriting

from a faraway country:

 

It is winter in New Haven

at night I hear the silence

of the snow falling

like the wings of departing swallows

 

O Mother

I carry the heavy burden

of feeling the descending words

the feathers of a departing swallow

 

O Mother

O Mother

I carry the heavy burden

of words descending on me

like black swallows.

 

v

 

Tonight I suddenly recall

how you called

out: “Everything is against me!”

and about three decades later

I realise

Dad

how you struggled

to fit us all in

on your 30 Day Old Mutual

calendar.

 

Another policy

another late shift

an extra work load.

 

And I?

 

I keep myself busy with a policy

with almost no investment value.

It fails to fit on a normal calender,

it prefers the unpredictable hour

and yes, it does not protect you

against disillusion

or similar feelings

as a published poem betraying the poet.

 

vi

 

When I was younger

and oh so unsure

 

they were merely in the way

 

but now I return

incessantly to them

my parents so sure

and understanding,

prepared to stand surety

 

Does a pun lurks there

in being “sure” and “stand surety”

if merely in a poem?

 

vii

 

Dad

I carry you

a graft on my body.

I dreamt of you last night:

you are playing in an orchestra

with your old cronies

at a small, village wedding

with many dirty, stacked plates.

You hand me a glass of wine…

 

How real, tangible

the dream feels which according to Cirlot

might indicate an approaching death.

Yes, my father presents me with a glass

from which I pour life

with full abundance.

 

viii

 

My mother prefers

Not to be mentioned in my verses.

Yet my first searching, rambling poem

written in a faraway USA

in cold winter snow, was addressed to her.

 

Previously I spoke to her through

other woman poets in my letters.

Poetry learnt by heart

now written from the heart.

My mother prefers

not to be mentioned in my verses.

Yet all words stem

from the restrained, confined mother womb.

 

Oh mother forgive me this tres-

pass, this intrusion

of your privacy,

due to the unsevered umbilical cord.

 

ix

 

Look at them, my parents,

sitting as a young engaged couple

on a sofa in a Jewish studio.

You smile with a little hat on your head

holding Dad’s hand.

Many decades later I realise:

we choose undoubtedly our parents

prenatal and astral.

 

Here they are, my parents,

waiting

the two old wrecks

in a poem by their second eldest.

I see them after being 50 years together:

on that day I phone them up

from a faraway place.

 

I place them neatly

- as if for a photo shoot -

for a final analysis,

for an unharmed version,

in a thankful cadeau.

A coup de chapeau!

 

(Vertaal deur Joan Hambidge)

 

 

Rome

Joan Hambidge

 

Although I lost my religion long before my virginity

 

yes it was traumatic   to copy others

in this process   me I copycat    could I understand in Rome

the first original shall we say, most original city

of the arts understand why artists create

represent passion in a painting hanging upside

down from roofs   everything for art’s sake

I must confess: I even cried

 

when I saw Michelangelo’s Pieta

 

as it becomes more than a mother

not comprehending the death

of her beloved firstborn   look at the fingers

they are stretched out   searching    

the son’s cold broken knee

the head backwards   the loin cloth unravel-

ling  how long will it take before the body de-

composes?  the muscles breaking down

  

Even the holes in hand and foot

recalled in breathtaking detail

(Remember: He was pierced)

 

For me death here becomes colder than marble

 

(Vertaal deur Joan Hambidge)

 

 

W. H. Auden – Vertaling in Afrikaans

Friday, November 20th, 2009

W. H. Auden – Vertaal deur Johann de Lange

 

 

Stop alle horlosies

W. H. Auden

 

 

Stop alle horlosies, diskonnekteer die foon,

keer dat die hond blaf met ‘n sappige been,

maak stil die klaviere en met gedempte trom

bring uit die kis, en laat die roubeklaers kom.

 

Laat vliegtuige oorhoofs kermend sirkel in hul nood

en skryf teen die lug die boodskap Hy is dood,

sit papierstrikkies om die wit nekke van openbare duiwe,

gee die verkeerspolisie handskoene van swart katoen.

 

Hy was my Noord, my Suid, my Oos en Wes,

my werksweek en my Sondagreses,

my noen, my middernag, my spraak, my lied;

ek dag die liefde duur vir ewig: dit het nie geskied.

 

Die sterre is onnodig nou: doof iedereen uit;

pak weg die maan en breek af die son;

giet uit die oseaan en vee op die woud.

Alles wat goed was, is nou klatergoud.

 

 

 

T. S. Eliot – Vertaling in Afrikaans

Friday, November 20th, 2009

T. S. Eliot – Vertaal deur Johann de Lange & Andries Wessels

 

 

Minnesang van J Alfred Prufrock

T. S. Eliot

 

S’io credesse che mia risposta fosse

A persona che mai tornasse al mondo,

Questa fiamma staria senza piu scosse.

Ma perciocche giammai di questo fondo

Non torno vivo alcun, s’i’odo il vero,

Senza tema d’infamia ti rispondo.1

 

- Inferno XXVII, 61 – 66

 

Kom laat ons uitstap, ek en jy

Terwyl die vroegaand uitgestrek lê teen die lug

Soos ‘n pasiënt verdoof op die operasietafel;

Laat ons uitstap, deur sekere halfverlate strate,

Die mompelende toevlug

Van rustelose nagte in goedkoop oornag-motelle

En saagselvloer-restourante met oesterskulpe:

Strate wat aandrentel soos ’n seurderige argument

Met verraderlike bedoelings

En jou voorgaan tot by die oorrompelende vraag…

Moet net nie vra nie: “Wat is dit?”

Laat ons gaan besoek aflê.

 

Die vroue kom en gaan in die vertrek

En voer oor Michelangelo gesprek.

 

Die geel mis wat sy rug skuur teen die vensterglas

Die geel rook wat sy snorbaard skuur teen die vensterglas

Het sy tong in die uithoeke van die aand ingelek,

Getalm bo poele wat oor riole opdam,

Die roet wat van skoorstene op sy rug laat stuif,

Verby ’n terras geglip, meteens opgespring,

En toe hy sien dit was ‘n knus Oktobernag

Een keer om die huis gekrul, en ingeslaap.

 

En inderdaad sal daar tyd wees

Vir die geel rook wat straatlangs gly,

En sy rug skuur teen vensterglas;

Daar sal tyd wees, daar sal tyd wees

Om ’n gesig gereed te hê vir die gesigte wat jy teenkom;

Daar sal tyd wees om te moor en te skep

En tyd vir al die werke en dae van hande

Wat lig en ‘n vraag op jou bord laat val;

Tyd vir jou en tyd vir my,

En tyd nog vir ‘n honderd weifelings,

En vir ‘n honderd sienings en hersienings,

Voor dit tyd is vir roosterbrood en tee.

 

Die vroue kom en gaan in die vertrek

En voer oor Michelangelo gesprek.

 

En inderdaad sal daar tyd wees

Om te wonder: “Durf ek?” en: “Durf ek?”

Tyd om terug te draai en die trappe af te klim,

Met ’n kaal kol in die middel van my kop –

(Hulle sal sê: “Sy hare raak nou regtig dun!”)

My oggendjas, my kraag styf opgeknoop tot onder my ken,

My strikdas duur dog beskeie, maar laat geld deur ‘n eenvoudige speld –

(Hulle sal sê: “Maar hoe dun is sy arms en bene dan!”)

Durf ek

Die heelal steur?

In ’n minuut is daar tyd genoeg

Vir besluite en besinnings wat in ‘n minuut weer om kan keer.

 

Want ek het hulle almal reeds geken, die hele spul: –

Die aande, oggende, middae,

Ek het my lewe uitgemeet met koffielepels;

Ek ken die stemme wat wegsterf met die sterwende herfs

Onder die musiek wat opklink uit ‘n veraf vertrek.

So hoe kan ek my aanstel?

 

En ek het alreeds die oë geken, almal van hulle –

Die oë wat jou vaspen met ’n geformuleerde frase,

En wanneer ek geformuleer is, en uitgestrek lê onder ‘n speld,

Wanneer ek vasgespeld en spartelend wriemel teen ’n muur,

Hoe sal ek dan begin

Om al die stompies van my dae & grille uit te spoeg?

     En hoe kan ek my aanstel?

 

En ek het alreeds die arms geken, elke iedereen –

Arms wat omarmband is en wit en naak

(maar in die lamplig, donsig met ligbruin haartjies!)

Is dit parfuum van ’n rok

Wat my so laat afdwaal?

Arms wat uitgestrek lê op ’n tafel, of gedraai is om ’n sjaal.

     En hoe kan ek my aanstel?

     En hoe sal ek begin?

 

Sal ek sê, ek het teen skemer deur smal strate geloop

En gekyk na die rook wat opstyg uit die pype

Van eensame mans in hempsmoue, wat by vensters uitleun …?

 

Ek behoort te wees: twee knoesterige knypers

Wat skarrel oor die bodems van stil oseane.

. . . . .

 

En die middag, die nanag, slaap so rustig.

Gesus deur lang vingers,

Slapend … moeg … of dit is skynsiek,

Uitgestrek op die vloer, hier neffens jou en my.

Sou ek, na tee en koekies en waterys,

Die krag hê om die oomblik tot sy krisis te dwing?

En hoewel ek gehuil en gevas het, gehuil en gebid het,

Hoewel ek my kop (al effens bles) sien ingedra word op ’n skinkbord,

Is ek geen profeet – en dis van geen groot belang nie;

Ek het die oomblik van my grootsheid sien flikker,

Ek het die ewige Lakei my jas sien uithou, en giggel,

En om kort te gaan, ek was beangs.

 

En sou dit die moeite werd wees, na dit als,

Na die koppies, die marmelade, die tee,

Tussen die porselein, tussen gesprekke oor jou en my,

Sou dit die moeite werd wees

Om die aangeleentheid af te byt met ’n glimlag,

Om die heelal saam te pers in ’n bal

Wat jy rol in die rigting van die een of ander oorweldigende vraag,

Om te sê: “Ek is Lasarus, wat teruggekeer het uit die dood,

Teruggekeer het om julle te vertel, ek sal julle almal vertel” –

As een, terwyl sy ’n kussing reg skik onder haar kop,

Sou sê: “Dis glad nie wat ek bedoel het nie.

Jy het dit heeltemal mis.”

 

En sou dit die moeite werd wees, na dit als,

Sou dit die moeite werd wees,

Na die sonsondergange en die agterplase en die besprinkelde strate,

Na die romans, na die teekoppies, na die rompe wat oor die vloer sleep –

En dié, en soveel meer? –

Dis onmoontlik om te sê presies wat ek bedoel!

Maar byna soos ‘n toorlantern wat die senuwees in patrone op die skerm gooi:

Sou dit die moeite werd wees

As een, wat ‘n kussing skik of ‘n sjaal afgooi,

En na die venster draai, sou sê:

    “Jy het dit heeltemal mis.

Dis glad nie wat ek bedoel het nie.”

. . . . .

 

Nee! Ek is geen prins Hamlet, wou nooit een wees;

Net ’n ondergeskikte heer, een wat sal deug

Om ’n vooruitgang aan te help, ‘n debakel of twee te begin,

Die prins te adviseer; sonder twyfel bruikbaar,

Onderdanig, bly om van nut te wees,

polities, versigtig, en deeglik;

Breedsprakig, maar ietwat stoets;

By tye, inderdaad, belaglik –

Byna, soms, die Dwaas.

 

Ek word oud … Ek word oud …

Ek gaan die some van my broekspype omslaan.

 

Sal ek my hare middelpaadjie kam? Durf ek ‘n perske eet?

Ek sal wit flenniebroeke dra, en op die strand gaan stap.

Ek het die meerminne hoor sing, elk vir die ander.

 

Ek dink nie hulle sal vir my sing nie.

 

Ek het hulle see-in sien ry op die golwe

Terwyl hulle die see se wit teruggewaaide hare kam

As die wind die water wit en swart waai.

 

Ons het getalm in kamers van die see

By see-meisies gekroon met seewier rooi en bruin

Tot mensestemme ons wek, en ons verdrink.

 

(Vertaal deur Johann de Lange)

 

*

 

  

Dorsland

T. S. Eliot

 

‘Nam Sibyllam quidem Cumis ego ipse oculis meis

vidi in ampulla pendere,  et cum illi pueri dicerent:

Σιβυλλα τι Θελεζ; respondebat illa; απ Θανετν Θελω.’

 

 

I. Teraardebestelling

 

   April is steeds die wreedste maand, as

Lilas uit die droogland dring, as

Begeerte syfer deur herinnering, as

Lentereën die trae wortels dwing.

Die winter het ons gekoester, die aarde knus

Bedek met vergetelheidsneeu, ’n sprankie lewe knap

gevoed met droë knolle.

Die somer het ons verras met ’n bui oor die

Starnbergersee: ons het in die suilegang vertoef,

Toe die sonlig ingetree, tot in die Hofgarten,

Bin gar keine Russin, stamm’ aus Litauen, echt deutsch.

En toe ons kinders was, en by die aartshertog, my neef,

kuier, het hy my op ’n slee uitgeneem,

En ek was bang. Marie, roep hy,

Marie, hou vas! En daar trek ons.

In die berge, ja daar voel ek vry.

Ek lees, soms heelnag lank, en trek suid in die winter.

 

    Watter wortels reik, watter takke groei

Uit hierdie klippepuin? Seun van die mens,

Jy kan nóg antwoord, nóg selfs raai, want al wat jy ken

Is ’n stapel gebreekte beelde, waar die son neerskroei,

En die dooie boom geen skuiling bied, die kriek ook geen verligting,

En die droë klip geen waterklank. Tog

Is daar skadu onder hierdie rooi rots

(Kom in onder die skadu van hierdie rooi rots)

En ek wys jou iets in die halflig stuif,

nié jou skadu wat jou soggens volg,

nóg jou skadu wat jou saans ontmoet,

Ek wys jou vrees in ’n hand vol stof.

    Frisch weht der Wind

    Der Heimat zu

    Mein Irisch Kind,

    Wo weilest du?

‘Jy het my ook ’n jaar gelede hiasinte gegee;

‘Hulle noem my die hiasintenooi.’

– Tog, toe ons terugkeer, laat uit die hiasintetuin,

Jou arms vol, en jou hare nat, was ek

Sprakeloos, en my oë verblind, was ek

Nóg lewend, nóg dood, en onwetend kon ek

Slegs die hart van lig, die stilte in staar.

Oed’ und leer das Meer.

 

    Madame Sosostris, die beroemde waarsegster,

Het swaar verkoue, maar is steeds vermaard;

Sy’s bekend as die wysste vrou in Europa,

het ’n duiwelse slag met ’n kaart. Hier sê sy

Is jóu kaart, die drenkeling-matroos,

(Kyk, daar is pêrels waar sy oë eens was!)

Hier’s die Belladonna, Onse Vrou van die Gesteente,

die vrou van situasies.

Hier is die man met drie strawwe, en hier die Wiel,

En hier is die eenoog-koopman, en dié kaart,

Wat blanko is, is iets wat hy op sy rug karwei,

Wat ek nie mag sien nie. Ek kan

Die Gehangde Man nie vind nie. Vrees ’n waterdood.

Ek sien skares mense, wat in ’n kring rondmaal.

Dankie. As jy dalk vir Mevrou Equitone raakloop,

Sê vir haar, ek bring self die horoskoop.

’n Mens moet deesdae só versigtig loop.

 

    Onwenslike Stad,

In die bruin mis van ’n winterdaeraad

Vloei ’n skare oor Londen-brug, soveel –

Ek sou nie kon dink dat die dood soveel sou maai,

Sugte word nou en dan kortweg geslaak,

En elke man se blik bly oor sy eie voetstap waak.

Die stroom vloei heuwel-op, en af na King Williamstraat,

Tot waar St Mary Woolnoth die ure laat weergalm

En met ’n dooie klank op die nege-uurslag bly talm.

Daar tref ek ’n bekende aan, en roep hom: ‘Stetson!

‘Jy wat met my in die seeslag by Mylae beland het,

‘Het die lyk wat jy laasjaar in jou tuin geplant het,

‘Begin bot? Gaan hy hierdie jaar blom?

Of het die skielike ryp die bedding versteur?

‘O, die Hond, die mensevriend, moet jy vér weghou,

‘Of met sy naels sal hy dit weer uitgrou!

‘Jy! hypocrite lecteur! – mon semblable, – mon frère!

 

 

II. Skaakspel

 

    Die Stoel waarop sy sit, gloei op die marmer

Soos ’n glimmende troon, en die spieël,

Tussen pilare omrank met wingerdblare

waardeur ’n goue engeltjie loer

(Nog een skuil skaam agter ’n vlerk)

Verdubbel die vlamme van sewe-kerskandelare

En weerkaats die lig op die tafelblad

waarop skitter-juwele reik na die lig,

Ryklik peul uit satyngevoerde kiste.

In oopgelate flessies van ivoor en glas in kleure

lê haar vreemde, vals parfuum verskuil

In poeier, salf of sap – en kwel, verwar,

Verdrink die neus in geure; die vars lug

Deur die venster druk stygend dié na bo,

Verdik verlengde vlamme,

Slinger rook in die laquearia,

Laat vervloei die beeld in die plafonvernis.

Groot stompe opgestop met koper,

Brand groen-oranje; daarnaas in helder klip

Se droewe lig swem ’n gekerfde dolfyn.

Bo die kaggelrak antiek, pryk –

Soos ’n vensterblik op woud en plant –

Die treurmare van Philomel, wreed aangerand

Deur die koning, die barbaar; tog spoel

die nagtegaal se lied onaantasbaar deur woestyn,

Vertolk steeds haar pyn, en steeds verkies die wêreld

Die vuil ‘neuk, neuk’-refrein.

En ander uitgedorde tydsoorblyfsels

Versier verslae die muur; starende gedaantes

Beur uit, leun uit, verstom omsingelend die vertrek.

Voetstappe skuifel op die trap.

In die gloed van die vuur, onder haar borsel

Vertak haar hare in punte wat gloei,

Ontbrand in woorde wat spoedig tot woedende stilte verskroei.

 

    ‘My senuwees is gedaan. Gedaan! Bly by my.

Praat met my. Hoekom praat jy nooit nie? Praat.

    Waaraan dink jy? Wat dink jy? Wat?

Ek weet nooit wat jy dink nie. Dink.’

 

    Ek dink ons is in rotsteeg

Waar dooies hul beendere laat bly het.

 

    ‘Watse geluid is dit?’

                    Die wind onder die deur.

‘Watse geluid is dit nou? Wat maak die wind?’

                    Niks nie, steeds niks nie.

                                        ‘Weet

Jy niks nie? Sien jy niks nie? Onthou jy

‘Niks nie?’

 

    Ek onthou

Daar is pêrels waar sy oë eens was.

‘Is jy lewendig of dood? Gaan daar niks in jou kop aan nie?’

 

                                        Maar

O O O O die Shakespeheriese sinkopasie –

Dis elegant,

Intelligent

‘Wat moet ek nou doen? Wat moet ek doen?

Ek gaan uithardloop soos ek is, en in die straat loop

Met my hare los, só. Wat gaan ons môre doen?

Wat gaan ons ooit weer doen?’

                    Warm water om tienuur.

En as dit reën, ’n motorrit om vier.

En ons sal skaak speel,

En ledelose oë knip terwyl ons wag vir ’n klop aan die deur.

 

Toe Lil se man uit die army kom, het ek gesê –

Ek het nie doekies omgedraai nie, ek het self vir haar gesê

LAASTE RONDTE ASSEBLIEF

Jong, Albert is op pad terug, maak jouself ’n bietjie smart.

Hy sal wil weet wat van die geld geword het

Wat hy vir jou nuwe tande gestuur het. Hy het, ek was by.

Laat die hele lot trek, Lil; jy kan vir jou ’n nice stel kry,

Sê hy nog, ek sweer, ek kan nie eers vir jou kyk nie,

En ek ôk nie, sê ek, en dink tog aan die arme ou,

Hy was vier jaar in die army, hy wil ’n lekker tyd hê,

En as jy dit nie wil gee nie, sê ek vir haar, ander sal wel,

Dan sal ek weet wie om te bedank, sê sy toe, en kyk my beskuldigend aan.

LAASTE RONDTE ASSEBLIEF

Kyk, as jy nie daarvan hou nie, kan jy dit los,

Party van ons kan pick en choose al kan jy nie.

Maar as Albert jou los, moenie sê ek het nie gepraat nie.

Jy behoort jou te skaam, sê ek nog, jy lyk stokoud.

(Sy’s nog maar een-en-dertig.)

Ek kan nie help nie, sê sy toe, en begin tjank,

Dis daai pille wat ek gedrink het, om dit af te bring, sê sy,

(Sy’t al vyf gehad, en is byna dood met die laaste een)

Die apteker het gesê dit behoort ôraait te wees, maar ek was nooit weer dieselle nie.

Jy is wragtigwaar onnosel, sê ek.

Wel, as Albert jou nie kan uitlos nie, dan gaan dit maar so, sê ek.

Hoekom trou jy as jy nie kinders wil hê nie? Waarvoor?

LAASTE RONDTE ASSEBLIEF

Wel, toe Albert die Sondag by die huis was, het hulle ’n heerlike varkboud gebraai,

toe vra hulle my vir ete, en ek’s mos mal daaroor –

LAASTE RONDTE ASSEBLIEF

LAASTE RONDTE ASSEBLIEF

Goeienag Bill. Goeienag Lou. Goeienag May. Goeienag.

Ta-ta. Goeienag. Goeienag.

Goeienag dames, goeienag my liewe dames, goeienag, goeienag.

 

 

III. Vuurpredikasie

 

    Die rivier se tent is stukkend; die laaste blarevingers

Gryp en sink weg in die deurdrenkte wal; die wind

Deurkruis die bruin land ongehoor. Die nimfe het vertrek.

Soete Theems, vloei saggies tot ek ophou sing.

Die rivier lewer geen leë bottels of servette,

Geen sysakdoeke, kartondose, stompiesigarette,

Of ander getuienis van somernagte. Die nimfe het vertrek,

En hul vriende, die dralende seuns van maatskappydirekteure,

is weg sonder om ’n adres te verstrek.

By die waters van Leman het ek gesit en geween …

Soete Theems, vloei saggies tot ek ophou sing,

Soete Theems, vloei saggies want my stem is sag en woorde min.

Maar agter my in ’n rukwind kan ek hoor

Hoe bene ratel, en ’n grynslag strek van oor tot oor.

 

’n Rot kruip saggies deur die plantekors

En sleep slymerig sy pens voort oor die wal

Waar ek visvang in die sloom kanaal

Een winteraand, agter die kragstasie,

Terwyl ek peins oor die skipbreuk van my broer, die vors,

En die dood van my vader, die vors, daarvoor.

Wit lyke nakend op die lae nat grond

En bene gewerp in ’n klein droë solder,

Wat jaar vir jaar deur die rot versteur word.

Maar agter my kan ek nou en dan hoor

Hoe die motors toet en kling

En Sweeney na mevrou Porter toe bring.

O die maan skyn hoe later al hoe kwater

Op die Porter-dogter en haar mater

Wat hul voete was in sodawater.

Et O ces voix d’enfants, chantant dans la coupole!

 

Twiet twiet twiet

Neuk neuk neuk neuk neuk neuk

Wreed aangerand.

Tereu.

 

    Onwesenlike stad

Onder die bruin mis van ’n winterdag

het mnr. Eugenides, die koopman uit Smirna,

ongeskeerd, met ’n sak vol korente,

k.v.v. Londen: ter-hand-dokumente,

my uitgenooi in vulgêre Frans,

om hom na ’n ete by die Cannonstraat-hotel

en ’n naweek by die Metropole te vergesel.

 

    In die skemerpers-uur, as die oë en rug

Hul uit die lessenaar lig, as die mensmasjien hyg,

soos ’n huurmotor luierend wag,

Kan ek, Tiresias, dog blind, waar ek tussen twee lewens luier,

Ou man met verrimpelde vroueborste, kan ek tog

In die skemerpers-uur, die aanduur wat tuiswaarts neig,

En die seeman tuis van die see besorg,

En die tikster tuis vir tee, sien hoe sy tafel afdek,

Vuur in die stoof aansteek, en kos uit blikkies skep.

Gevaarlik ver by die venster uit hang

Haar onderklere, om die son se laaste strale te vang;

En uitgestrek oor die divan (saans haar bed)

Lê kouse, pantoffels, onderrok, korset.

Ek, Tiresias, ou man met verrimpelde pramme,

Het die toneel gesien, die res voorspel –

Ek het ook die sekondes tot sy koms afgetel.

Hy arriveer, die jong man met puisies, voor op die wa.

’n klerk wat by ’n kleinskaalse huisagent werk,

met die vertroue van die laer klas aan sy bas,

Soos ’n Bedford-miljoenêr wat ’n syhoed dra.

Die tyd is nou gunstig, besluit hy verlig

Die maaltyd verby, sy verveeld en vermoeid,

Hy probeer haar liefkoos;

word nóg begeer, nóg betig.

Aangevuur, vasbeslote, val hy onmiddellik aan,

Verkennende hande kom voor geen teenstand te staan;

Sy eiewaan vereis geen toegeneentheid,

Gebruik die gaping van onverskilligheid.

(En ek, Tiresias, het alles vooruit gely,

Afgespeel op dieselfde divan of bed,

Ek wat by Thebes onder die muur gesit

En saam met die laagste dooies gewandel het.)

Hy gee haar ’n laaste neerbuigende kus,

En strompel voel-voel teen die donker trap af…

 

    Sy draai na die spieël en betrag haar beeld,

Skaars bewus van haar minnaar wat ry;

Half-bewustelik dink sy verveeld:

‘Wel, nou’s dit klaar en ek’s bly dis verby.’

As ’n lieflike vrou haar met stommiteit ophou,

Stap sy weer alleen deur haar kamer,

Druk sy haar kapsel reg met haar mou

En laat ’n plaat deur die kamer dawer.

 

    ‘Dié musiek sluip om my oor die water’

Al langs die Strand, met Queen Victoriastraat op.

O my Stad, my stad, soms hoor ek –

Langs ’n kroeg in Onder-Theemsstraat –

hoe ’n mandolien heerlik huil

En hoe die gekletter en gesels binne skuil

Waar vistermanne smiddae kuier: die mure

Van Magnus Martyr verskans

Ioniese wit en goud, onverklaarbare glans.

 

    Die rivier sweet

    Olie en teer

    Die bote drywe

    As die gety draai

    Rooi seile

    Swaai

    Aan die swaar mas, lywaarts.

    Die bote dryf

    Stompe wat gly

    Al langs die bo-loop by Greenwich

    By die Eiland van Honde verby.

        Weialala leia

        Wallala leialala

 

    Elizabeth en Leicester

    Spane wat roei

    Die agterstewe

    ’n Vergulde skulp

    Goud en rooi

    Die snelle deining

    Kabbel teen beide walle

    Die suidwestewind

    Dra die gebeier van klokke

    Stroomaf

    Wit torings

        Weialala leia

        Wallala leialala

 

‘Busse en bome onder die stof.

Highbury het my gedra. Richmond en Kew

was my ondergang. By Richmond lig ek my bene

Op die vloer van ’n nou kano.’

 

‘My voete is by Moorgate, en my hart

Is onder my voete. Na die insident

Huil hy, maak beloftes heel verward.

Ek sou dit daar wou laat. Wat sou wrewel baat?’

‘Op Margate-strand

kan ek niks met niks

Verbind.

Gebreekte naels – ’n vuil hand.

My volk, beskeie volk wat

Niks verwag.’

    la la

 

Na Karthago het ek toe gekom

 

Brandend brandend brandend brandend

O Heer U pluk my daaruit

O Heer U pluk

 

brandend

 

 

IV. Waterdood

 

Phlebas, die Feniciër, veertien dae dood,

Vergeet die skreeu van meeue, die deining van die diepsee

En wins en verlies.

                    ’n Ondersese stroom

Vreet fluisterend sy bene af. Terwyl hy dein en val

Deurreis hy weer die fases van ouderdom en jeug

Tot die draaikolk met hom maal.

                    Vreemdeling of Jood

O jy wat aan die roer staan en loefwaarts staar,

Onthou vir Phlebas, soos jy, eens skoon en rysig daar.

 

 

V. Die Woorde van die Donder

 

Na die rooi glans van fakkels op sweet

Na die koue stilte in die tuin

Na die doodsangs en klipplek-leed,

Die geskreeu en die geween

Tronk en paleis en die galm

Van lentedonder oor verre berge

Is hy wat geleef het nou dood

Ons wat geleef het nou sterwend

Met ’n bietjie geduld.

 

Hier is geen water slegs klip

Klip en geen water en die sandpad

Die pad wat slinger tussen hoë berge

Berge van klip sonder water

As daar water was kon ons stop en drink

Tussen die klip kan jy nie stop en dink

Sweet is droog en voete in die sand

As daar net water was tussen die klip

Dooie bergmond met vrot tande waar geen spoegkrag bestaan

Hier kan jy nóg lê nóg staan

Tussen die berge is daar selfs nie eens stilte

Maar droë dorre donder sonder reën

Tussen die berge is daar selfs nie eens eensaamte

Maar nors rooi gesigte snou en hoon

Uit deure van moddergekraakte wonings

                    As daar water was

En geen klip

As daar klip was

En ook water

En water

’n Fontein

’n Kuil tussen klippe

As daar maar net die klank van water was

Nie die sonbesie

En die droë gras wat sing nie

Maar die klank van water oor klip

Waar die lyster sing in die dennebome

Drip drup drip drup drup drup drup

Maar daar is geen water

 

    Wie is die derde wat langs jou bly loop?

As ek tel, is dit maar ek en jy

Maar as ek in die wit pad vorentoe tuur

Is daar ’n ander wat langs jou bly loop

In ’n bruin mantel en mus bly gly

’n Man of ’n vrou dis vir my onbekend

– Maar wie is dit dié aan jou anderkant?

 

    Wat is die klank hoog in die lug

Geklaag van moeders wat ween

Wie is die hordes wat swerm verskuil

Oor eindelose vlaktes, wat strompel deur slote

Omsingel deur slegs die horisonlyn

Wat is die stad oor die berge

Wat kraak en vervorm en in die pers lug ontplof

torings wat val

Jerusalem Athene Alexandrië

Wene Londen

Onwesenlik

 

    Styf span ’n vrou haar lang swart hare

En stryk fluistermusiek op dié snare

En vlermuise wat na babas in die pers lig lyk

Fluit en laat hul vlerke fladderend reik

En kruip onderstebo af teen ’n swart muur

En onderstebo in die lug hang torings

wat herinneringsklokke lui op die uur

En stemme sing uit droë bakke en uitgeputte putte.

 

    In hierdie vervalle oopte tussen die berge

In die dowwe maanlig, is die gras aan ’t sing

Oor die gebuitelde grafte, rondom die kapel

Daar is die leë kapel waar net die wind woon

Dit het geen vensters en die deur hel,

Droë bene kan niemand verloën.

Slegs ’n haan staan op die nok

Koe-ke-le-koe-koe-ke-le-koe                        

In ’n bliksemstraal. Dan bring ’n klam vlaag

Reën.

 

    Ganga’s versonke, en die slap blare

Wag vir reën, terwyl die swart wolke

Veraf vergader, oor die Himavant

Die oerwoud hurk, in stilte geboë.

Dan spreek die donder

DA

Datta:   wat het ons gegee?

My vriend, bloed wat die hart ruk

Die ontsettende waagmoed van ’n oomblik se oorgee

Wat ’n ewigheidswysheid nooit kan herroep

Hierdeur en hierdeur alleen het ons bestaan

Wat nie in ons doodsberigte gevind sal word

Of in herinnerings deur die weldadige spinnekop bedek

Of onder seëls deur die maer prokureur gebreek

In ons leë kamers nie

DA

Dayadhvam: Ek hoor die sleutel

Eenmaal in die deur draai, net eenmaal

Ons bedink die sleutel, elkeen in sy sel

Denkend aan die sleutel, bevestig elk sy sel

Slegs sawens, herleef ’n gebroke Coriolanus

Vir ’n wyle in vlugtige gerugte.

DA

Damyata: Die boot antwoord

Vrolik op hand en seil en spaan

Die see is kalm, jou hart sou ook

Vrolik antwoord, klop, uitgenooi

Deur hande wat beherend maan.

 

                    Ek sit op die strand

en visvang, met die droë vlakte agter my

Sal ek ten minste my lande in orde kry?

Londen-brug is aan die val aan die val aan die val

Poi s’ascose nel foco che gli affina

Quando fiam uit chelidon – O swawel swawel

Le Prince d’Aquitaine à la tour abolie

Hierdie brokke dam ek teen my ondergang op

Goed dan pas ek julle maar in. Hieronymo is al weer mal.

Datta. Dayadhvam. Damyata.

                    Shantih   shantih   shantih

 

 

 

(Vertaal deur Andries Wessels)

 

[Ter viering van die sewentigste herdenking van die publikasie van T.S. Elliot se The Waste Land in 1922, ’n vertaling van die gedig in Afrikaans.]

 

 

lucebert – Vertaling in Afrikaans

Friday, November 20th, 2009

lucebert – Vertaal deur Johann de Lange

 

 

XV

lucebert

 

 

oorhandig my brekend

jou peillose blom jou kus

 

nes ‘n hommelby dolsinnig dryf ek

op die akwarel van die dors

 

van oe en a staan jou ruimte

deur my gehyg versadig

 

van styg en asemhaal

is my liggaam opgestapel

 

en my stem hy dartel en klapwiek

soos ‘n donker boom langs ‘n bron

 

hoor dan met jou hande haas dan jou hartklop

ek is ‘n donker droom in die son

is die omarmende honderdman

is ‘n oogwink in die wolke