Posts Tagged ‘Johannes Prins’

Woensdag, 10 Junie 2009

Wednesday, June 10th, 2009
Steak & Ale, Lyttelton

Steak & Ale, Lyttelton

Op sy blog-inskrywing verlede Vrydag vertel Andries Bezuidenhout van ‘n wonderlike geleentheid môre-aand, 11 Junie, by die Steak & Ale in Lyttelton. ‘n Hele span digters en musikante gaan naamlik die koue aanvat en daarvan iets plesierigs maak. Die digters wat gaan optree, is: HJ Pieterse, Johannes Prins, Ronel Nel, René Bohnen, Braam Smit, Niel van Deventer en Kabous Verwoed (wat gedigte lees op die maat van musiek deur Dawie de Jager) en (dalk) Martjie Bosman. Die musikante is Andries Bezuidenhout, Brixton Barnard, Riku Lätti en Jon-Henry Opperman van Klopjag. Wat ‘n program! En dit alles net vir R60, met kaas en wyn ingesluit. (Kyk hier vir al die inligting.)

Terloops, ons sien uit na jou verslag hieroor, Andries, want hierdie ene gaan ‘n gróóte wees; inderdaad, ‘n bloubulgeleentheid soos min. Sterkte vir julle almal, en ja - ons beny julle dié vreugde; veral om Die Hertog weer in aksie te kan sien! Ai, ai, ai. (As lusmaker kan julle solank Carina Stander se skitterende artikel, Die Heelalburg van Hertog Bloubaard, hier lees.)

Mooi bly.

LE

Maandag, 25 Mei 2009

Monday, May 25th, 2009
Antjie Krog

Antjie Krog

Vandag kan jy jou week begin met sommer ‘n hele klomp móét lees items op die webblad. So kan jy begin met die omvattende gesprek wat met Antjie Krog gevoer is oor ‘n verskeidenheid onderwerpe. Veral haar beskouing van die Nederlandse digkuns en haar opmerkings rondom die belangrikheid van vertaling verdien om deeglik kennis van geneem te word. (Uiteraard sluit hierdie gesprek ten nouste aan by Alfred Schaffer s’n wat reeds verlede week geplaas is.) Voorvloeiend uit hierdie twee gesprekke is daar oorskouende kommentaar wat as Kom ons praat hieroor … by “Wat is nuut?” geplaas is.

Dan wil ek sommer nou al jou aandag vestig op drie digters wie se debuutbundels later vanjaar beskikbaar gaan wees, naamlik Lucie Möller, Johannes Prins en Jelleke Wierenga. Aangesien al drie deel gaan vorm van Versindaba se program later vanjaar is daar reeds gedigtekamers vir hulle ingerig. (Volg die skakels by hul name of gaan kyk onder “Gedigte” en kry solank ‘n voorsmakie van wat ons te wagte kan wees.)

‘n Uiters vermaaklike toevoeging vandeesweek is die videogreep van Philip de Vos en Albie Louw (klavier) se optrede tydens Versindaba 2007. Gaan kyk, luister en geniet!

En onthou ook om ons bloggers se nuwe inskrywings te lees.

‘n Lekker week vir almal.

Mooi bly.

LE