Posts Tagged ‘John Betjeman’

Louis Esterhuizen. Sir John Betjeman se woelinge onthul in liefdesbriewe

Friday, September 7th, 2012

Sir John Betjeman was sekerlik een van Brittanje se mees geliefde poet laureates ooit en as sulks ook ‘n uiters geliefde televisie-persoonlikheid. Hy is in Augustus 1906 gebore en in 1969 tot ridder geslaan en in 1972 tot poet laureate verkies. Op 19 Mei 1984 is hy oorlede.

Sir John Betjeman

Sir John Betjeman

Onlangs het die Daily Mail egter berig dat dié geliefde digter se verwikkelde liefdeslewe aan die lig gekom het na aanleiding van 100de liefdesbriewe wat uit kartonhouers onder ene Margie Geddes se bed na haar afsterwe in 2006. Hiervolgens blyk dit dat Betjemans heel bedrywig was aan die romantiese kant van sake deurdat hy nie net 53 jaar lank getroud was met sy vrou Penelope nie, maar ook dekades lank verhoudings gehad het met twee ander vroue, te wete Lady Elizabeth Cavendish en die reeds genoemde Geddes.

Dié briewe gaan nou vanaf 27 Oktober in Uffington, Oxfordshire, ten toon gestel word en een van sy twee kinders by Penelope, Candida,  is verantwoordelik vir die redigering van dié briewe.

Nietemin, volgens die Daily Mail se berig het Betjeman aan die einde van sy lewe die opmerking gemaak dat al waaroor hy berou het, is dat hy nie meer seks gehad het in sy leeftyd nie … Iets hiervan skemer deur in die volgende opmerking van me. Geddes: “‘He was a highly sexed man, practically to his death. To be with John B was to enter another world – a more scintillating world, with the freshness of a child’s outlook, where everything is a discovery, nothing taken for granted, things seen not with the sight but with his vision and enhanced by his imagination.”

Margie Geddes

Margie Geddes

Betjeman het Geddes, wat in 2006 op 98 jarige ouderdom oorlede is, nog voor sy troue in 1929 ontmoet. En die vonke het gespat, aldus me. Geddes: “Quite suddenly in a flash I was aware that this was no ordinary person, but someone very special. No, it wasn’t love, it was just an awareness of potential greatness.” Drie jaar later is die verhouding egter beëindig toe sy verneem het van Betjeman se huwelik met Penelope Chetwode.

Daarna het sy haar self in ‘n huwelik begewe; ‘n huwelik wat reeds op die rotse was toe haar paadjies wéér met die heer Betjeman s’n kruis in 1960 en ten spyte daarvan dat hy reeds Lady Elizabeth Cavendish as minnares vertroetel het, het hy sonder enige skroom sy verhouding met me. Geddes hervat.

‘n Verhouding wat na haar dood deur haar seun, Andrew, bekend gemaak is: “The affair was revealed by her son Andrew, who said it was her wish that, once she was gone, the world should learn the truth.” Aldus die Daily Mail se beriggewer.

Hieronder volg een van Sir John Betjeman se meer kontroversiële gedigte soos dit deur die Daily Mail in ‘n verkorte weergawe gepubliseer is, gevolg deur Luuk Gruwez se heerlike parodie daarop.

 

***

Slough

Come, friendly bombs, and fall on Slough!
It isn’t fit for humans now,
There isn’t grass to graze a cow.
Swarm over, Death!

Come, bombs and blow to smithereens
Those air -conditioned, bright canteens,
Tinned fruit, tinned meat, tinned milk, tinned beans,
Tinned minds, tinned breath.

Mess up the mess they call a town-
A house for ninety-seven down
And once a week a half a crown
For twenty years.

And get that man with double chin
Who’ll always cheat and always win,
Who washes his repulsive skin
In women’s tears:

And smash his desk of polished oak
And smash his hands so used to stroke
And stop his boring dirty joke
And make him yell.

But spare the bald young clerks who add

The profits of the stinking cad;
It’s not their fault that they are mad,
They’ve tasted Hell.

© Sir John Betjeman

***

Kortrijk

‘Come friendly bombs, and fall on Slough’ (J, Betjeman)

 

Kom, lieve bommen, val op Kortrijk.
Niet omdat ik daar ontstond
tussen Walle en station,
uitgerust om op te krassen,

maar daar in Kortrijk wezens wonen
met trage tranen en met snelle winden,
muffer dan – eertijds- het rotend vlas
in het gouden water van de Leie.
En daar in Kortrijk mannen wonen
met schuine moppen, met centen die kloppen
in hun te diepe, haast diepzinnige zakken.

Kom, lieve bommen, donder neer, verpletter Kortrijk.
Maar spaar de kinderen van Stella Maris,
de sullen van de Pottelberg,
de hoeren van de Papenstraat.

En o, voordat ik het vergeet,
spaar ook mijn tante en de haren.
Spaar toch vooral mijn malle nicht
die dertig is en aan een telraam zit
en telt en telt en nooit iets vindt dat klopt.
Kortom, spaar Kortrijk maar.

© Luuk Gruwez (Uit: Vuile manieren, 1994: Uitgeverij De Arbeiderspers)

 

Brittanje se gunstelingdigters

Monday, October 12th, 2009
TS Eliot

TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (‘n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte – nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah