Oopmond in beeld en Facebook
Monday, March 15th, 2010Johannes Prins het ‘n paar foto’s geneem, sommer so op die verhoog, tydens Oopmond by die Woordfees.
Hier bo sit ek (DJ Stotterman) saam met Ronel Nel (Ingrid Dronker). Vroeg reeds word strategie bespreek en logistiek beplan, veral verversings, waarsonder die kreatiewe proses nie kan vloei nie.
Danie Marais (NP van Lykskou) praat oor musiek saam met John-Henry Opperman van Klopjag.
Hier lees Niel van Deventer (Breyten Lykverdag) van sy nuutskeppinge voor.
Laastens, Ingrid Dronker lees ’n gedig voor. Rock ‘n roll!
Nou het Oopmond ‘n gat op Facebook ook. Gaan sluit gerus aan, blaai deur die foto’s, lewer kommentaar.









