Posts Tagged ‘Karen Kuhn’

Karen Kuhn. Różewicz – ‘n Getuie

Wednesday, October 12th, 2016
rozewicz

http://polskiwdwunastce.edu.pl/tadeusz-rozewicz

Die Poolse digter Tadeusz Różewicz (9 Oktober 1921 – 24 April 2014) se digkuns lewer kommentaar oor van die mees grusame gebeurtenisse van die twintigste eeu met die toevoeging van menslikheid en simpatie. Tereg word daar na hom verwys as een van Europa se grootste ‘getuie’ digters. As dramaturg, digter en skrywer vorm Różewich deel van ‘n eerste generasie digters na Pole weer in 1918 onafhanklikheid verkry het. Sy broer, ook ‘n digter, word in 1944 deur Gestapo tereggestel. Na die val van die Berlynse muur lewer Różewicz die volgende kommentaar: “My decimated generation is now departed and dying, duped and disillusioned”. Ongeag die vreeslose weergee van ‘n (meestal) skokkende realiteit, behou Różewicz se digkuns ‘n element van hoop:

the reality

I had observed

through a smeared window

of a waiting room

I saw

face to face

weak

I turned away

from my weakness

I turned away

from illusions

upon the sands

of my words

someone drew the sign

of a fish

and walked away

Buiten Różewicz se bekroonde poëtiese oeuvre, debuteer hy in 1960 met die drama: The Card Index (Kartoteka) en skryf ook heelwat draaiboeke waarvan Birth Certificate (Świadectwo urodzenia) in 1961 en The White Wedding (Białe małżeństwo) in 1975, mees bekend is. Mother Departs (2013) is ‘n unieke vermenging van prosa en poësie oor vreugde en verlies, met fragmente uit sy persoonlike dagboeke en herinneringe as oorsprong. Różewicz skep ook ‘n ryk en komplekse beeld van sy ma Stefania en die impak wat sy op hom gehad het. Die rol van die vrou en feminisme staan verder sentraal in Różewicz se werke. Hierdie anti-digter soos daar ook na hom verwys word het grense binne letterkunde verskuif en oortree. As wenner van o.a. die 2000 Nike Prys (mees gesogde Letterkunde prys in Pole) sterf hy op die ouderdom van 92. Hy word onthou as ‘n digter wat met gevoel, simplisiteit en moderne tegniek, die mees donkerste gevolgtrekkings maak.

Sy vers: “Witness” sluit af:

Do not suddenly

enter my room

You will see

a dumb and bound

witness to love

being conquered by death

Poolse vrouens het ‘n komplekse geskiedenis waar hul dikwels argetipies diverse en veeleisende rolle in die samelewing moes vertolk, hetsy na ‘n oorlog of besetting.

Wat sou Różewicz skryf oor verlede Maandag, 3 Oktober ‘16? ‘Swart Maandag’ (Czarny protest) waar (veral) vrouens in swart regoor Pole in duisende bymekaar gekom het, in opstand teen die regering se voorgestelde totale verbanning van aborsie. ‘n Protes wat geïnspireer is deur sowel die 1863 Poolse opstand, as die vroue staking in Ysland in 1975.

57f2848cc361889f058b45cf

Janek Skarzynski / AFP

Oortree

In Pole

in protes

en stil net staan

terselfdertyd

in pole

en woorde afkap

in betoog

teen net nie opleef

terselfdertyd

staak

teen ‘n definisie

vir ‘n roos

In Pole

op ‘n swart Maandag

in opstand

terselfdertyd

soos in Różewicz

so saggies

hekse aankondig

as meeste nog aan rose dink

en oortree

terselfdertyd

as vrouens gewoonlik

saam in pole

afgepis raak.

image

AP Photo/Czarek Sokolowski

Dit was grys en swart en nat hier in Poznań, maar Różewicz, vandag het ek weer ‘n vrou in wit sien loop en smile, byna soos ‘n roos.

IMG_5207 copy

Róża Guźniczak

Bibliografie:

http://www.bookinstitute.pl/autorzy-detal,literatura-polska,3086,rozewicz-tadeusz.html

https://www.theguardian.com/books/booksblog/2014/apr/25/tadeusz-rozewicz-poet-polish-died-92

Różewicz, T. 2014. Selected Poems – Translated by Adam Czerniawski, Richard Sokoloski, Barbara Bogoczek and Tony Howard. Kraków: Wydawnictwo Literackie.

Karen Kuhn. The Great Escape – Die SA Vlieëniers

Tuesday, July 24th, 2012

Vroeër die maand neem ’n kollega my na die Citadel Park waar ons die Old Garrison begraafplaas hier in Poznan, Pole besoek. Slagoffers van sowel die Eerste as Tweede Wêreldoorlog is hier finaal te ruste gelê. So dwaal ons tussen die grafte deur tot ons eindelik stilstaan by die slagoffers wat vermoor is deur die Duitse SS en Gestapo in 1944 na hul probeer ontsnap het uit die Stalag Luft III kamp.

Stalag Luft III is deur die Duitse Luftwaffe in 1942 geopen, waar hoofsaaklik lugmag offisiere van onder andere Engeland, die VSA, Australië en Pole aangehou is. Die kamp was geleë naby die dorpie Sagan, vandag Żagań as deel van Pole, omtrent 160km van Berlyn en die ligging is gekies juis vanweë die sanderige aard van die grond om enige moontlike poging tot ontsnapping te probeer verhoed. Die kamp en die ontsnappings verhaal het veral bekendheid verwerf na die verskyning van Eric Williams se boek: The Wooden Horse (1949) en Paul Brickhill se boek: The Great Escape (1950). ’n Verwerking van hierdie twee boeke lewer dan ook die Amerikaanse film: The Great Escape, met regisseur John Sturges in 1963 op.

Maar dit is veral die vier Suid-Afrikaners se grafte wat my aandag trek. Roger Bushell is in Springs op 30 August 1910 gebore, maar emigreer na Engeland op die ouderdom van 14. Dit is juis hy wat die meesterbrein agter die ‘great escape’ is en in die lente van 1943 motiveer hy die ontsnappings geselskap met sy woorde:

Everyone here in this room is living on borrowed time. By rights we should all be dead! The only reason that God allowed us this extra ration of life is so we can make life hell for the Hun… In North Compound we are concentrating our efforts on completing and escaping through one master tunnel. No private-enterprise tunnels allowed. Three bloody deep, bloody long tunnels will be dug – Tom, Dick, and Harry. One will succeed!”

 

Die woord ‘Hun’ is afkomstig van die Eerste Wêreldoorlog en verwys na ’n Duitse soldaat of offisier. So word daar drie tonnels gebou met die oog daarop om 200 manne die kans tot vryheid te bied. Tonnel ‘Tom’ word deur die Nazi’s ontdek en ‘Dick’ dien later as stoorplek vir vervalste identiteitsdokumente, ander klere, maar ook vir die oortollige sand.

Dit is dan Harry wat uitkoms bied. Die tonnel is 102m lank en byna 9m diep. Houtplanke is gebruik om die sand uit die tonnel te hou, ’n pomp is gebou om vars lug in die tonnel in te blaas, ’n spoor met ’n waentjie daarop is aangebring, gereedskap, ventilasie pype en ook lamp houers is van die metaal van Klim poeiermelk gemaak (Klim is ‘milk’ agterstevoor, die Rooikruis het dit verskaf). Daar het ook heelwat onderhandelings tussen die ‘kriegies’ en Duitse soldate plaasgevind en so kon die vlugtelinge later elektriese drade met gloeilampe in Harry aanbring. ‘Kriegies’ afkomstig van die Duitse woord: Kriegsgefangene, krygsgevangene.

Hier is ’n vers wat in Leland Potter se joernaal gevind is, terwyl hy in gevangenskap was:

 

 

It’s In The Cards

 

 

You may belong to many Clubs,

You may have a big Heart,

You may wear many Diamonds,

But it takes more than a Spade,

To dig out of a Kriegie camp.

 

 

Op ’n ietwat maanlose aand, Vrydag 24 Maart 1944 begin die ‘great escape’. ’n Paar faktore sorg vir vertraging: met lugaanvalle oor die kamp word die krag vir ’n ruk afgeskakel, die ontsnappings uitgang is vasgevries en die opening van Harry het nie tot in die digte woud langsaan die kamp gestrek nie, wat die situasie uiters gevaarlik gemaak het. Saterdag, 25 Maart om 4:55 die oggend word die 77e vlugteling, Leonard Henry Trent van Nieu-Seeland betrap. Die 76 vlugtelinge sukkel om in die donker die treinstasie se ingang te vind en dié Maart was die koudste in 30 jaar, so vlugteling moes die sneeubedekte woude vermy. Op die ou end slaag slegs drie daarin om suksesvol te ontsnap: Per Bergsland en Jens Müller van Noorweë maak dit veilig tot in Swede en die Hollander Bram van der Stok vlug via Frankryk tot in Spanje waar hy veiligheid by die Britse konsulaat vind.

Hitler gee opdrag dat 50 van die vlugtelinge dood gemaak moet word.

 

’n Vers deur ’n anonieme gevangene:

 

 

One has gone

 

 

We drink to him as comrade must

But it is still the same old story

A coward goes from dust to dust

A gunner from dust to glory.

 

 

Die oorblywende gevangenes word teruggestuur na onderskeie kampe.

 

Nog ’n vers van ’n anonieme lugmag soldaat vasgevang in ’n kamp. ‘Uncle Joe’ is die naam wat gegee is vir Stalin van die Sowjet-Unie.

 

 

The Underground Army Air Corps

 

 

With our hands on the Klim can

As we dig thru the mire,

We will go eight feet down men,

And then head straight for the wire,

And when the good work is finished

And we leave one hour hence.

You can bet the way is clear men,

From the barracks to the fence.

 

 

As I sit in the cooler

Filled with dust, dirt and grime,

Just two weeks to sweat out man,

Bet I’ll escape for sure next time

With no food or zigaretten

The time does move so slowly

So t’hell with the diggin
I’ll just wait for Uncle Joe.

 

Die ‘cooler’ waarna daar in die gedig verwys word was ’n klein vertrek wat gedien het as ’n soort ‘straf’ waar soldate in afsondering aangehou is.

 

En so is dit dat ek vassteek voor die drie Suid-Afrikaners se grafte wat names die Suid-Afrikaanse Lugdiens geveg het. Luitenant Johannes S. Gouws is op 13 Augustus 1919 gebore. Hy is vasgetrek by Lindau in Duitsland en op 29 Maart 1944 deur Gestapo lid Johan Schneider op die ouderdom van 24 vermoor.

 

Rupert J. Stevens is gebore op 21 Februarie 1919, hy is vasgekeer by Rosenheim en ook op 24 Maart 1944 deur Schneider vermoor. Net bietjie meer as ’n maand na sy 25e verjaarsdag. Beide Suid-Afrikaners word in München veras.

Luitenant Clement A. N. McGarr is op 24 November 1917 gebore. Hy word naby Sagan gevang en was 6 April 1944 vir die laaste keer lewend gesien. Daar word vermoed dat hy deur Gestapo lid Lux vermoor is en is in Breslau veras.

 

Die urns van 49 uit die 50 slagoffers is na die oorlog na Poznan Old Garrison begraafplaas verskuif.

 

 

Vir die SA Vlieëniers

(Stalag Luft III)

 

 

Op vreemde grond agter skokdraad

voor geweerlope en blaffende honde.

Wie het saam met julle oor Suid-Afrika gevlieg?

Maande en maande ondergronds gegrawe

om eindelik weer bogronds te sweef.

Koudmoedig het jul braaf deur herinneringe

opgestyg om tydelik te ontsnap.

 

 

Op vreemde grond tydelik op vrye voet

geweerlope en blaffende honde ontsnap.

Waar in Suid-Afrika wou julle land?

Etlike dae en minute op vlug

eindelik tot stilstand voor ’n doodloop.

Koelbloedig het jul braaf opgestyg

en vir ewig tydelikheid ontsnap.

 

 

Bibliografie: (Nageslaan Julie 2012)

 

http://en.wikipedia.org/wiki/Stalag_Luft_III

 

http://therealgreatescape.com/

http://www.b24.net/pow/greatescape.htm

 

http://www.elsham.pwp.blueyonder.co.uk/gt_esc/

 

http://www.findagrave.com/cgi-bin/fg.cgi?page=vcsr&GSsr=1&GSvcid=51774&

 

http://www.merkki.com/poetry.htm

 

http://www.stephen-stratford.co.uk/the_50.htm

 

http://www.ww2talk.com/forum/prisoners-war/12757-50-victims-great-escape.html

Digstring. Karen Kuhn. Taalles

Tuesday, May 22nd, 2012

Taalles

 

Moet haar nie so styf

vashou nie, sy versmoor:

Stuur haar terug

om die wêreld

te herinner sy lê

tussen almal se lakens.

So kom sy van orals

na haar Afrikabed:

Excuse-moi, moet haar

nie so styf vashou

nie, sy krimp. 

 

Kyk hoe sexy is sy,

as sy so suutjies

almal met hul eie

woorde verlei.

Onthou: Sy lê

tussen alle lakens.

 

Tula-tula, tula-tula.

So kom hulle van oral

na haar Afrikabed:

Gesundheit én ينمو

 

 

(c) Karen Kuhn (Uit: Ingeboek, 2012: Griffdel Media)

Nota:  ينمو is Arabies vir “groei”

 

***

 

Wanneer het jy dié gedig geskryf, Karen? Hoe het dit ontstaan?

Die gedig is in 2009 gedurende my MA in Kreatiewe skryf studies geskryf. Ek het heelwat kontak met buitelanders gehad en veral bewus geword van die invloede van ander tale op Afrikaans.

Kon jy dié bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Die gedig het lank geprut voordat dit gestalte op papier gekry het.

Hoeveel van dié vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Dink die twee prosesse werk in simbiose met mekaar.

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Jeanette Ferreira het ‘n leesverslag oor my verse geskryf en het helaas die laaste waarde tot die vers gevoeg.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as klankbord gebruik terwyl jy aan ‘n vers werk?

Joan Hambidge en my klasmaats het hul waardevolle insette gelewer.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

Die vers het vir die eerste keer in die Versindaba 2010 bundel verskyn.

Kan jy ietsie sê oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in dié vers?

Die feit dat Afrikaans uit soveel ander tale spruit is feitelik en dit speel af teen die metaforiek van ‘n begeerlike minnares.

Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?

Die vers handel oor die voortbestaan van die Afrikaanse Taal en die aantreklikheid van die taal weens die diverse invloede.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skildery) wat ‘n bepaalde invloed op die tot standkoming van dié betrokke vers gelei het?

Die gesprekke met mense wat ander tale praat: sowel ‘n Afrika taal as Europese taal en die herkenning en ooreenkomste van woorde of uitdrukkings in beide tale.

Het jy ‘n bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan ‘n vers werk?

Nee nie as eerste prioriteit nie, maar ek dink op ‘n tweede betekenisvlak speel die gehoor wel ‘n groot rol.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Die vers handel oor Afrikaans, wat aansluit by ‘n paar ander verse met dieselfde tematiek.

Is daar iets in dié vers wat jy as tipies “Suid-Afrikaans” sal beskou?

Tipies Suid-Afrikaans’ is die verwysing na Afrikaans en die taal se voortbestaan.

Kon jy dié vers tot ‘n bevredigende punt afhandel, of het jy dit maar ten einde laas “versaak”?

Is ‘n vers ooit klaar?

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Ek glo so.

‘n Laaste vraag, ter wille van die interessantheid: Kan jy nog die eerste vers wat jy ooit geskryf het, onthou? Indien wel, vertel ons ietsie daarvan?

Oh nee, ek dink die laaste vers wat ooit geskryf gaan word, gaan die finale weergawe wees van die heel eerste poging.

*** 

Erkenning: Die konsep van Digstring is ingegee deur Brian Brodeur se benadering op sy weblog “How a poem happens“.

 

(c) Karen Kuhn