Posts Tagged ‘Leon Retief blogs’

Leon Retief. Boekhou en poësie

Tuesday, February 16th, 2016

foto 1poetry_competitions

Boekhou en poësie

“The ideal scientist thinks like a poet, works like a bookkeeper, and, all too rarely, writes like a journalist.”

EO Wilson.

 

een plus een …

niks te sê vir hierdie dag
want eintlik het ek deesdae
slegs ’n boekhouerkop
styf vasgeskroef op ’n nek
wat een plus een of twee of drie
se kant toe buig
vingers
wat die in of uit
op rekenaars moet balanseer.

niks te sê nie.
maar ek luister na Chopin.

ja, dit doen ek wel
met my boekhouerkop –
sy nokturnes minuskule kwiltstekies
wat fakture en kwotasies netjies inklavier
wat my dag se payouts so perfek laat klop.

o luister na die ligte
kasregisters van Chopin!

asof son soos klank die bome krediteer
asof hierdie winter sy laaste blare
uit konfetti-kringe waai.
en ek sien die eekhoring op die muur
sy stert wat optel aftrek wip en deel.

daar is wins in die natuur wil ek sing!
voordat ek weer onthuts onthou
van menslike verlies
wat begin by een plus een
dan twee of drie
en later tot die dood toe
geheel en al ’n miljoen te veel.

[Uit: Marlise Joubert, passies en passasies, Protea Boekhuis, 2007]

As ek reg onthou was dit Lina Spies wat gesê het dat daar nie so iets soos swak poësie is nie. Of dan woorde wat min of meer so iets beteken. Ek is nie in staat om daaroor met haar te argumenteer nie alhoewel daar tog seker ’n skeidslyn is waar goeie poësie die grens oorsteek na minder goeie digkuns – maar darem steeds digkuns bly.

Is daar so iets soos swak natuurwetenskap, in die sin dat dit steeds wetenskap is maar nie “goeie” wetenskap nie? Ek bedoel wetenskap hier nie net in die sin van waarnemings wat so korrek is as wat die meetinstrumente toelaat nie maar ook die teorieë wat rondom die waarnemings gebou word. Ptolemeïese kosmologie byvoorbeeld was beslis verkeerd in ag genome wat ons vandag weet maar daar was destyds geen empiriese of selfs eers teoretiese wyse waarop onderskei kon word tussen Ptolemeïese en die later Kopernikaanse sisteem nie. Dit was die beste wat destyds beskikbaar was, het net soos van enige goeie teorie verwag word voorspellings gemaak wat net so akkuraat was soos die Kopernikaanse teorie van eeue later.

Terwyl Ptolemeus se sisteem vandag tereg net as ’n historiese interessantheid beskou word en niks meer nie was dit beslis “goeie” wetenskap vir daardie tyd. Mens moet in ag neem dat daar niks mee verkeerd is as ’n eens algemeen aanvaarde teorie mettertyd verwerp word nie.Dit is per slot van rekening een van die basiese kenmerke van die natuurwetenskappe dat enige en elke teorie voortdurend aan ondersoek onderwerp moet kan word en dat daardie teorieë wat op die lang duur nie die mas opkom nie moet ondergaan.

Ptolemeus het sy teorie geboekstaaf in wat vandag beter bekend is onder die Arabiese titel al-majisṭī (المجسطي), verengels na Almagest, oorspronklik bekend as die Μαθηματικὴ Σύνταξις (nie dat ek nou Grieks of Arabies verstaan nie né, net ingeval iemand gewonder het) of in Latyn as die Syntaxis Mathematica.

Of Ptolemeus soos ’n joernalis geskryf het sal ek nou nie weet nie want ek het nooit sy Almagest gelees nie maar hy het beslis soos ’n boekhouer te werk gegaan met die noukeurige ontwikkeling van sy teorie se besonderhede. Daar was egter meer as net eksakte berekeninge (wat op sig self mooi kan wees) betrokke: ek het ’n sterk vermoede dat hy die siel van ’n digter gehad het: “ Wanneer ek die wentelende sirkels van die sterre opsoek dan raak my voete nie meer grond nie, maar sy aan sy met Zeus drink ek ambrosia, die voedsel van die gode.” Ek dink ek verstaan wat hy bedoel het want wanneer mens ’n wetenskaplike teorie kan begryp dan is dit aansienlik meer as net ’n kille versameling syfers of grafieke op ’n bladsy. ’n Mens (of dan ek in elk geval) kry inderdaad die gevoel dat jy in aanraking is met iets mooi en inspirerend, iets wat mens ’n “high” gee al het jy dit nie self uitgedink nie. En dis nie eers nodig dat so ’n teorie aardskuddend moet wees nie – dit moet maar net “mooi” wees.

Kopernikus, Newton en later Einstein se esteties meer bevredigende teorieë (sien die pas bevestigde gravitasiegolwe)  het Ptolemeus later gedemoveer tot ’n voetnota in die geskiedenis maar dit doen nie noodwendig afbreuk aan die bekoorlikheid van sy kosmologie nie, solank mens dit sien vir wat dit is.

Drie van die simpelste gedigte oor die natuurwetenskappe wat ek ken, tematies gesproke, is diè van Poe, Whitman en Keats.

When I heard the learn’d astronomer

When I heard the learn’d astronomer
When the proofs, the figures, were arranged in columns before me,
When I was shown the charts and diagrams, to add, divide, and measure them,
When I sitting heard the astronomer where he lectured with much applause in the lecture room,
How soon unaccountable I became tired and sick,
Till rising and gliding out I wander’d off by myself,
In the mystical moist night air, and from time to time,
Look’d up in perfect silence at the stars.

Deur Walt Whitman – of dalk moet mens liewer met betrekking tot bostaande gedig sê Walt Shitman. Dieselfde geld vir Poe se Sonnet to Science en Keats se Do Not All Charms Fly. Nie dat John Updike nou juis veel beter is nie:

Cosmic Gall

Neutrinos they are very small.
They have no charge and have no mass
And do not interact at all.
The earth is just a silly ball
To them, through which they simply pass,
Like dustmaids down a drafty hall
Or photons through a sheet of glass.
They snub the most exquisite gas,
Ignore the most substantial wall,
Cold-shoulder steel and sounding brass,
Insult the stallion in his stall,
And, scorning barriers of class,
Infiltrate you and me! Like tall
And painless guillotines, they fall
Down through our heads into the grass.
At night, they enter at Nepal
And pierce the lover and his lass
From underneath the bed – you call
It wonderful; I call it crass.

Bogenoemde gedig moet ek byvoeg is geskryf voordat daar vasgestel is dat neutrinos inderdaad ’n baie klein massa besit.  Dit daar gelaat, so… wat probeer Updike ons nou juis vertel? Dat ’n natuurlike verskynsel kras is?

Terwyl “regte” digters darem (hopelik) meestal goeie poësie lewer is dit nie onbekend dat natuurwetenskaplikes ook hul hand aan die digkuns waag nie – meestal, moet ek ongelukkig byvoeg, met minder as gelukkige gevolge en ek het ’n sterk vermoede dat Lina Spies meeste van hul pogings heel tereg nie as poësie sal beskou nie. Die twee bekendste voorbeelde van beroemde wetenskaplikes waarvan ek weet was fisici: James Clerk Maxwell en Richard Feynman, laasgenoemde beslis een van die grootste teoretiese fisici van die vorige eeu. Hier is een van Feynman se, um, gedigte (ek kan erger voorbeelde noem):

Untitled

Richard Feynman

There are the rushing waves…
mountains of molecules,
each stupidly minding its own business…
trillions apart
…yet forming white surf in unison.

Ages on ages…
before any eyes could see…
year after year…
thunderously pounding the shore as now.
For whom, for what?
…on a dead planet
with no life to entertain.

Never at rest…
tortured by energy…
wasted prodigiously by the sun…
poured into space.
A mite makes the sea roar.

Deep in the sea,
all molecules repeat
the patterns of another
till complex new ones are formed.
They make others like themselves…
and a new dance starts.

Growing in size and complexity…
living things,
masses of atoms,
DNA, protein…
dancing a pattern ever more intricate.

Out of the cradle
onto dry land…
here it is standing…
atoms with consciousness
…matter with curiosity.

Stands at the sea…
wonders at wondering… I…
a universe of atoms…
an atom in the universe.

Ongelukkig is dit so dat sommige waarnemings en teorieë in die natuurwetenskappe so min of meer vergelyk kan word met swak poësie. Daar is heelwat voorbeelde van wetenskaplikes wat teorieë die lig laat sien en wat mens alleen as “batshit crazy” kan beskryf – om nou ’n, vir my baie beskrywende, Engelse uitdrukking te gebruik. Alhoewel hulle in die minderheid is, moet ek regverdigheidshalwe darem seker een voorbeeld noem. Koue fusie sal seker in almal se gedagtes opkom maar na my mening kom die eer vir die beste voorbeeld toe aan professor Prosper-René Blondlot van die universiteit van Nancy in Frankryk.

Blondlot.foto 2

Prosper-René Blondlot

Wetenskaplike navorsing geskied nie in ’n vakuum nie en Blondlot se verbeeldingsvlugte, in konteks gesien, toon dat daar vir hom meer op die spel was as net persoonlike roem. Frankryk moes in die fin de siècle nog die bitter nederlaag van dertig jaar tevore teen Pruise verwerk. Dit, tesame met talle opspraakwekkende bevindings deur veral Duitse en Britse wetenskaplikes, het veroorsaak dat feitlik enige ontdekking deur Franse wetenskaplikes disproporsionele roem in Frankryk geniet het.

Blondlot het tydens sy eksperimente met X-strale klein variasies in die helderheid van boogvonking opgemerk en besluit dat dit te wyte is aan ’n onbekende tipe elektromagnetiese radiasie wat hy ter ere van sy universiteit N-strale gedoop het. Die strale se effek kon op fluoresserende skerms waargeneem word maar die effek was so gering dat die eksperimente in ’n pikdonker kamer gedoen moes word.

Blondlot se eksperimente is deur baie van sy eweknieë herhaal maar in die oorgrote meerderheid van gevalle kon sy resultate nie bevestig word nie. Veral Britse en Duitse navorsers het negatiewe resultate publiseer, terwyl die enkele positiewe bevindings grotendeels uit Franse laboratoriums (en veral uit Nancy) afkomstig was. Die hele aangeleentheid het later chauvinistiese kleure begin kry toe sommige Franse wetenskaplikes snedige opmerkings begin maak het oor Teutone wat weens hul dieet van suurkool en bier nie oor dieselfde diskriminasievermoë beskik as die meer verfynde Franse nie.

Blondlot_N-rays.foto3.

       “Waarnemings” van N-strale

Die dispuut is op ’n komies eenvoudige wyse opgelos deur RW Wood, ’n fisikus van Baltimore. Hy het ’n demonstrasie van N-strale in Blondlot se laboratorium bygewoon. Volgens die Franse wetenskaplikes het die helderheid van die boogvonk gevarieer wanneer een van hulle sy hand tussen die bron van die N-strale en die skerm gehou het. Die Amerikaner kon geen verskil sien nie. Sy oë is nie sensitief genoeg nie het sy gashere verklaar. Wood het voorgestel dat hy sy eie hand gebruik. In die donkerte kon niemand sien waar sy hand is nie en was daar geen ooreenstemming tussen die waargenome helderheid van die boogvonk en sy hand se posisie nie.

’n Demonstrasie van N-strale se “spektrum” het gevolg. Die strale is deur ’n aluminiumprisma gestuur wat dit, volgens Blondlot, opgebreek het in sewe golflengtes wat op ’n fluoresserende skerm sigbaar was. Wood het skelmpies die prisma in sy sak gesteek. Die Franse eksperimenteerders het doodgelukkig voortgegaan om die spektrum van die N-strale aan Wood te beskryf.

Wood het sy bevindings geboekstaaf in ’n brief aan Nature, destyds reeds een van die toonaangewende wetenskaplike joernale in die wêreld. Sy gevolgtrekking was vernietigend: elkeen van die Nancy-eksperimenteerders was “in some way deluded.” N-strale is onmiddelik tot vergetelheid gedoem.

’n Mens moet met Blondlot simpatie hê. Hy was eerlik, maar kon nie aan homself erken dat sy geliefde N-strale slegs ’n hersenskim was nie. Die verhouding tussen hom en sy laboratorium-assistente was een van wedersydse vertroue. Hulle het so vas aan die professor se genialiteit geglo dat hulle onbewustelik die resultate wat hy wou hê gereproduseer het terwyl Blondlot hul resultate (en sy eie idees) sonder enige voorbehoud aanvaar het. Dit is seker maar ook op ander gebiede buite die wetenskappe so.

“The first principle is that you must not fool yourself and you are the easiest person to fool.” Richard Feynman.

Blondlot het in 1909 afgetree. Na sy dood in 1930 het sy dokumente getoon dat hy jare nadat hy amptelik die tuig neergelê het steeds eksperimente op N-strale uitgevoer het. Ek vermoed dat daar nogal ’n ooreenkoms is tussen Blondlot en sommige (meestal selfgepubliseerde) digters…

Wood het belangrike bydraes op die gebied van optika gelewer alhoewel sy naam vandag skaars meer bekend is. Hy het graag die inwoners van Baltimore laat skrik deur na ’n reënbui in waterpoeletjies te spoeg terwyl hy ongesiens ’n stukkie natrium in die water gooi. Suiwer natrium ontplof met ’n helder geel vlam wanneer dit met water in aanraking kom. Hy het ook twee wetenskapfiksie-romans geskryf asook ’n boekie kort versies gepubliseer en self die illustrasies geteken. Hier is een rympie:

The Parrot and the Carrot you may easily confound,
They’re very much alike in looks and similar in sound.
We recognise the Parrot by his clear articulation,
For Carrots are unable to engage in conversation.

Robert_Williams_Wood.foto4

Robert Williams Wood

Physics

How many suns
will cross its coign
before the last
freeze? What
pennywhistle
spun its point
on the glass
breeze? Whose
airs are loosened
in the pane
like miniature
degrees, where
breath condenses
into rain
among the apple
trees? Here
tesserae
have turned to earth,
here blossoms may
attend to birth
as sun becoming
leaves; here
branches seem
to lead the glass,
whose scenes compose
as seasons pass,
the lifetime, piece
by piece…. A sphere

       *

Begins and ends:
suppose, as glaciers
drop their catch,
as memory’s
a ragged seine,
as grain by grain
a dead morraine
the sky is softly
sifting ash,
as constellations
each rescind
to embers, umbral
lees—alas,
the crown lens
will surely tear
to end the long,
sweet refrain
of sun to moon
to sun again,
of E from M
C2—
and then what breath
once shaped the pane
may lose itself
(we pray) in airs
our children, too,
had breathed in time,
and theirs, and theirs.

       *

If oracles
recall in riddles
orreries
in orreries,
the quantum of
the apple’s arc
the piper’s tune,
the dancer’s turning
crown of sonnets
in the dark
by starlight ground
between the querns
spun wither shins
of dawn and dusk
to wreathe a green
and weathered earth—
it’s moonshine, love,
and loneliness.
Do loony jigs
unwind the suns?
Might jugglers drop them
every one?
Are seeds resewn,
or tales respun?
When pipers stop
to play the bones
the very stones
are left undone.

       *

To please the Sphinx
all life unreels
through black magnetic
stone-strewn fields
where pitchblende blinks
its slow decay
tic-tic-tic
de-lightedly
by alpha, beta,
gamma, delta—
time dilates
and starlight bends
in gravity
like roundelays.
All light, partic-
ulate, licks out
one way, in waves;
electric clouds
expand in spheres
whose uncracked shells
concentrically
unrecalled
across the parsecs
and the years
ring out, shift red
(like Hell), disperse
the edges of
the universe—

       *

Eclectic quarks
a dish collects
to parse into
initial text—
miraculous,
exotic sky!—
a Book of Kells
whose quirkish tale
in optical
if stale effects
is mirrored in
the lemur’s eye,
as through the hatchling’s
candled egg
comes first light to
the cockerel—
As Sol dissolves
against the clock,
and seismographic
needles track,
and continents
incline to raft,
uranium
sines off to lead
or raindrops pock
a full carafe
to lilypads
inside the head—

       *

Assymmetries:
no wave contracts—
a tracer’s seam-
less, sequinned O,
or stoned window’s
cataract—
What echoes in
the ears of bats,
frail globes of light
colliding back?
Kaleidoscopes
reshuffle shards,
toc, starred;
tic, intact—
let’s retrodict
the apple’s fall,
the reel’s hiss,
the needle’s spin;
the pin-gears on
the color wheel
feel artificial
after all;
let’s kiss the dice
behind the eyes
and finish this
where it begins—
the empyrean’s
synchesis:

       *

Now ask why seasons
follow sequence,
green to red
or red to blue,
while life re-seeds
back through the snow
like pattern bleeding
into hue;
how particles
of colored sand
sift back a shaman’s
circling fist,
as first riddled
suns-at-seed
spun out this creaking
artifice—
Would sonnets turned
at light speed
cooper square
in their vitrines?
Or meter’s super-
sonics trace
a breath against
a mirrorscape
where starlight’s slow
as clotted cream,
and every scheme
anticipates?

       *

A stich in time:
where earth has cooled,
antique tectonic
shelves awash
in tepid seas
whose milky chyme
has knit such spiral
molecules
as struck off copies
of themselves
(O miracle!)—
and what’s occurred
but stray elec-
trical discharge
between some cloud
and neaping tide
still arcs inside
the notochord….
Who knows when first
aortic arches
registered
an ocean’s surge,
or slipped awake
or stirred asleep;
how many tides
had ebbed until
the tiny seahorse
heart could leap?

       *

And here Odysseus’
dazzled seas,
his charts, his quilled
geodesy:
where suns have fallen
grain by grain—
according to
what codicil?—
like yellow pollens,
sill and pane;
where Coriolis
forces cause
the cosmic dust
to curl down drains
whose gravities
call back for us
across the years,
like sea to rain….
Where, streaming tails
of phosphorus
dead-center through
the Ferris whorls
and net-work of
the window’s seine,
white moons like minnows
slip its sash
into the seiche
inside the brain—

       *

A seer’s odd
sensation: say
why dawn should follow
each saccade,
Charybdis’ widened
irides
contract again
from west to east,
a narrow-waisted
fall of sand
or hollow winestem
once released
between two fingers
of what hand,
its syrinx sounding
centuries….
And here the Masters
of Lascaux
pinched out an earth
and shaped a sky
inside a mountain
years ago—
time out of mind,
we say—just so,
rebounding echoes
fade to rhyme
across an inch,
an age, and die—

       *

Of course he’s blind,
whose achromatic
lenses frame
his myths around
a perfect scale
of azimuths
and measured time—
touch the braille:
a moth wing brushed
to prism’s flame,
a telescope’s
collapsing torch
astronomers
routinely scry,
or pipers, jack-tars,
all the same:
to ask true numbers
of the night,
to know the cauter
of the day—
one star resolving,
silver, high,
another disk,
another, then
a cataract
of viscous light,
a stack of coins
against the eye—

       *

And what attractive
force is this?
Coincidence,
et cetera—
full moons inset
and stacked like plates;
the planets nested
flat as spoons—
a satyr-play.
Ah, love, instead,
let’s study love;
it’s getting late.
As geomantic
curvatures
may cup the clanking
cosmos in,
a sparking censer’s
pendulous
and fragrant arc—
as space depends
on fob-chains which,
if charmed and real
are wholly im-
material—
then we, I think,
are amateurs,
and life a mys-
tery to feel:

*

If jugglers are
geometers
and pennywhistles
cost a dime;
if planets on
their abacus
click back to us,
tic back, because
the open skies
in memory
are perpendic-
ular to time—
one purple night’s
a gemmary
of all nights figured
by design
across our sleep
in ores as rare
as any dust-motes
in the mine
of empty space—
an orrery
whose imperfection
in the mind
of which jongleur
you’ve married (who?)
reflects in these
beriddled lines:

       *

As ephemer-
ides of blue
and red and green
are held apart
caparisoning
simple truth
seen bending through
the prism’s bars—
as light unrav-
elling reveals
such orreries,
ascending, starred,
as unify
into a field
where dream dilates
and glass extrudes
and sonnets draw
like taffy through
a compass-needle’s
eye—this chart
is scanned in light
of you, of you,
the physics he’s
accustomed to,
the gravity
against his heart,
whose art again
begins for you.

 – Richard Kenney

© Leon Retief / 2016

Leon Retief. Die Lewe, Dood en Onsterflikheid van Henrietta Lacks

Wednesday, August 26th, 2015
Henrietta Lacks 

.

Die Lewe, Dood en Onsterflikheid van Henrietta Lacks

 

Ready for Harvest (in memory of Henrietta Lacks)

Shonna

This is not about you.
This is not about
the transmutation
of your jail celled mind
wrapped in self-help
and cellophane.

This is not about
your new found
discovery
discovering me
and my afflictions
according to the
white man’s diction
a dictation
of my past
extracted
and examined
under the microscopic
power of time.

This is not about
your self-defined
enlightenment
when you made
a deal to unearth
the truth of HeLa
coated in dust
covered particles
of HeLa
on your nightstand
and I laid
in a grave
unmarked.

This is not about
my big lips
and thick hips
under dirty covers
running a sweat
fever on my thighs
shaking feet in stirrups
and the pain was rich
after a tight pinch
and I didn’t know
what part of me
had been snipped
to grow cold
and never die.

No, this is not about you.

This is about me.
A historic legacy
left to thrive across the time
less chains of nucleic
tidal waves
Covalent bonds
could never rival
the strides of this soul
miles beyond
the distant
COLORED ENTRANCE
something brewing
inside dividing
inexplicable replication,
readying for harvest
behind a dried tobacco field

Dit is interessant hoe skynbaar nuttelose stukkies informasie vir jare in mens se agterkop kan wegkruip, elke nou en dan uitspring en sê hei, hier is ek, onthou jy my nog? En (vingers al trommelende op die tafel) wanneer gaan jy iets daaromtrent doen?

In die module oor ginekologiese maligniteite tydens my voorgraadse studies, meer jare gelede as wat ek graag sal wil hê, het die dosent tydens ‘n lesing oor servikskarsinoom so half terloops melding gemaak van HeLaselle. Hierdie selle is gekweek van ‘n tumorbiopsie van Henrietta Lacks – die dosent het haar naam verkeerdelik aan ons verstrek as Helena Lacks wat in retrospek nie verbasend is nie want vir ‘n lang tyd was daar verwarring oor Henrietta se regte naam en van. Ons is ook vertel dat daar wêreldwyd soveel kulture van HeLaselle bestaan dat die gewig daarvan etlike tonne beloop. Hmmm, het ek gedink, dit klink interessant, ek moet beslis meer hieroor uitvind.

Al die gewone daaglikse dinge van studeer, werk, familie, ander belangstellings en (met wisselende sukses) probeer om mens te wees, het egter veroorsaak dat dit vir jare en jare slegs ‘n voorneme gebly het totdat ek ‘n paar maande gelede uiteindelik my gat in rat gekry het (moenie my vra waarom juis nou nie, ek weet self nie) en begin het om literatuur oor Helena Lacks en haar selle te versamel. So kom ek toe onverwags af op ‘n fassinerende en eintlik aangrypende verhaal van lief en leed, toeval, wetenskaplike prestasie, verwarring, onkunde, rassediskriminasie, etiese mynvelde, obsessie en mediese paternalisme. Mens kan die verhaal van Henrietta en haar selle uit twee hoeke beskou: eerstens as ‘n toonbeeld van die bekoorlikheid van wat die wetenskap kan vermag en die insigte wat dit ons gee en tweedens hoe pasiënte, en veral swart pasiënte (nie net in die VSA van die vyftigerjare nie, maar ook vandag nog, wêreldwyd) te dikwels verdwyn in die kil labirint van ‘n onpersoonlike mediese masjien.

 *

Henrietta Lacks was ‘n swart Amerikaanse vrou, gebore as Loretta Pleasant, op 1 Augustus 1920 in Roanoke, Virginia. Dis nie bekend waarom of wanneer haar voornaam na Henrietta verander het nie. Volgens alles wat ek oor haar kon uitvind was sy ‘n baie aangename, opgewekte, mensliewende en hardwerkende persoon wat haar bes gedoen het om die nou en reguit paadjie te bewandel en alles feil gehad het vir haar familie en kinders, veral vir haar verstandelike gestremde dogter Elsie. Dieselfde kan nie van al haar familielede, insluitende haar kinders, gesê word nie. Gegewe die sosio-ekonomiese omstandighede waaronder die Pleasants en Lackse moes leef moet hierdie nie as ‘n vingerwysing beskou word nie. There but for the grace of God…

 For My People

Margaret Walker

For my people everywhere singing their slave songs

repeatedly: their dirges and their ditties and their blues

and jubilees, praying their prayers nightly to an

unknown god, bending their knees humbly to an

unseen power;

For my people lending their strength to the years, to the

gone years and the now years and the maybe years,

washing ironing cooking scrubbing sewing mending

hoeing plowing digging planting pruning patching

dragging along never gaining never reaping never

knowing and never understanding;

For my playmates in the clay and dust and sand of Alabama

backyards playing baptizing and preaching and doctor

and jail and soldier and school and mama and cooking

and playhouse and concert and store and hair and

Miss Choomby and company;

For the cramped bewildered years we went to school to learn

to know the reasons why and the answers to and the

people who and the places where and the days when, in

memory of the bitter hours when we discovered we

were black and poor and small and different and nobody

cared and nobody wondered and nobody understood;

For the boys and girls who grew in spite of these things to

be man and woman, to laugh and dance and sing and

play and drink their wine and religion and success, to

marry their playmates and bear children and then die

of consumption and anemia and lynching;

For my people thronging 47th Street in Chicago and Lenox

Avenue in New York and Rampart Street in New

Orleans, lost disinherited dispossessed and happy

people filling the cabarets and taverns and other

people’s pockets and needing bread and shoes and milk and

land and money and something—something all our own;

For my people walking blindly spreading joy, losing time

being lazy, sleeping when hungry, shouting when

burdened, drinking when hopeless, tied, and shackled

and tangled among ourselves by the unseen creatures

who tower over us omnisciently and laugh;

For my people blundering and groping and floundering in

the dark of churches and schools and clubs

and societies, associations and councils and committees and

conventions, distressed and disturbed and deceived and

devoured by money-hungry glory-craving leeches,

preyed on by facile force of state and fad and novelty, by

false prophet and holy believer;

For my people standing staring trying to fashion a better way

from confusion, from hypocrisy and misunderstanding,

trying to fashion a world that will hold all the people,

all the faces, all the adams and eves and their countless generations;

Let a new earth rise. Let another world be born. Let a

bloody peace be written in the sky. Let a second

generation full of courage issue forth; let a people

loving freedom come to growth. Let a beauty full of

healing and a strength of final clenching be the pulsing

in our spirits and our blood. Let the martial songs

be written, let the dirges disappear. Let a race of men now

rise and take control.

Henrietta se ma is oorlede tydens die geboorte van haar tiende kind. Haar pa het nie kans gesien om vir al die kinders te sorg nie en Henrietta het by haar oupa groot geword waar sy ‘n slaapkamer gedeel het met haar neef David “Day” Lacks. In 1935, op veertienjarige ouderdom, het sy geboorte geskenk aan haar eerste kind. Haar dogter Elsie het in 1939 gevolg en in 1941 het sy met Day in die huwelik getree. Henrietta en Day was eers arbeiders op ‘n tabakplaas maar kort na hul huwelik het hulle verhuis na Sparrow’s Point waar Day in ‘n staalfabriek gaan werk het.

Henrietta het slegs graad ses of sewe voltooi en Day net graad drie. Hul kinders het nie juis veel beter gevaar nie. Gesien die rassesituasie in die destydse VSA en die skole wat swart Amerikaners kon bywoon was die opleiding wat hulle wel gehad het na alle waarskynlikheid nie naastenby gelykstaande aan dié van wit Amerikaanse kinders nie. Ek was verstom om uit te vind dat die Lacks-familie nie eers geweet het dat lewende organismes, insluitende mense en dus ook hul ma, uit selle bestaan nie. Hierdie eenvoudige stukkie kennis was vir my vanselfsprekend – ek het gedink almal wat maar net ‘n jaar of twee skoolgegaan het weet dit. Wys jou net hoe onkundig mens kan wees oor ander mense se situasies. Soos een skryfster opgemerk het, die enigste selle waarvan die Lackse wel geweet het was dié wat in polisiestasies en tronke gevind word – miskien verstaanbaar as mens in ag neem dat een van Henrietta se kinders jarelange tronkstraf uitgedien het nadat hy skuldig bevind is aan moord.

Volgens hedendaagse kriteria was Henrietta dus ‘n eenvoudige persoon – eenvoudig in die sin dat sy min skoolopleiding gehad het, min geweet het van politiek, die wetenskappe, letterkunde, kuns of byna enigiets anders. Hierdie “eenvoudige” vrou het egter, deur bloot te leef en te sterf, ‘n enorme bydrae gelewer tot die mediese en biologiese wetenskappe. Sy het haar dood tegemoet gegaan sonder om eers hiervan te weet – ‘n onmerkwaardige en waarskynlik onplesierige lewe gevolg deur ‘n ewe onmerkwaardige maar nogtans onaangename en baie pynlike dood, en daarna ‘n “lewe” wat niemand ooit sou kon voorspel nie.

Henrietta was vir ‘n geruime tyd bewus van ‘n knop in haar binneste – ‘n “knot” soos sy dit genoem het. Sy het egter niks daaromtrent gedoen nie en later swanger geword met haar vyfde kind Joseph. In Januarie 1951, toe die baba sowat vier maande oud was het sy vaginale bloeding opgemerk en ‘n dokter gespreek. Ginekologiese ondersoek het ‘n servikale letsel getoon en die dokter het sifilis vermoed. Dit was heel verstaanbaar want Henrietta is reeds voorheen gediagnoseer met sowel sifilis as gonorree waarvoor sy behandeling geweier het. Hierdie siektes was die gevolg van haar man se buite-egtelike eskapades. Die vermoede dat die letsels sifilities van aard was is na my mening heeltemal redelik gegewe Henrietta se geskiedenis en die feit dat sifilis, soos tuberkulose, bekend is as die groot nabootser – dit kan soos feitlik enige siekte op aarde presenteer. Die biopsie wat tydens daardie besoek geneem is was egter negatief vir sifilis en sy is verwys na die naaste groot hospitaal, Johns Hopkins in Baltimore, wat destyds (soos steeds) een van die toonaangewende hospitale in die VSA was met betrekking tot navorsing en terapie. Anders as sommige hospitale van daardie tyd het Johns Hopkins swart pasiënte behandel maar in aparte sale wat spesiaal vir hulle opsy gesit is.

Johns Hopkins hospitaal soos dit vandag daar uitsien

‘n Biopsie van die tumor is daar geneem en Henrietta is huis toe gestuur in afwagting op die patoloog se verslag wat sowat `n week later gevolg het: epidermoïede karsinoom van die serviks, stadium 1. Interessant genoeg was hierdie diagnose verkeerd, dekades later is Henrietta se histologiese snitte weer ondersoek en is daar vasgestel dat sy in werklikheid adenokarsinoom van die serviks gehad het. Dit was `n verstaanbare fout want in daardie jare was dit nie so maklik om tussen hierdie twee tipes maligniteite te onderskei nie. Dit het ook geen verskil gemaak aan Henrietta se behandeling of prognose nie. Sy is gevra om terug te keer vir behandeling wat aanvanklik daaruit bestaan het dat klein plakette radium oor die tumor vasgewerk is. Voordat dit gedoen is het die chirurg eers twee biopsies van Henrietta se serviks geneem, een van gesonde weefsel en een van die tumor, en dit gestuur na die laboratorium van dr. George Gey in die kelder van die hospitaal.

Histologiese preparaat van servikale adenokarsinoom

 

Alhoewel Henrietta die destydse standaard vorm geteken het om toestemming te gee vir die chirurgiese prosedure is daar geen melding gemaak dat biopsies geneem sou word vir navorsingsdoeleindes nie. Dit was destyds algemene praktyk om pasiënte nie met sulke ou beuselagtigheidjies lastig te val nie.

Die vermoë om standhoudende menslike selle te kweek het wetenskaplikes al vir jare ontwyk. Hul spesifieke begeerte was om kulture van enkel seltipes te vestig want hulle het besef dat dit ‘n haas onuitputlike bron van informasie sou wees oor genetika en selfisiologie asook ‘n uitstekende manier om basiese navorsing oor kanker te doen. Een rede vir die gebrek aan sukses was omdat verreweg die meeste seltipes slegs ‘n sekere aantal seldelings, meestal tussen 20 en 50, in ‘n kultuur kon ondergaan voordat dit doodgaan – die sogenaamde Hayflick limiet. Indien daarin geslaag kon word om enkel seltipes vir lang periodes te laat oorleef was die moontlikhede vir mediese en suiwer biologiese navorsing dus byna onbeperk. Hoe meer kompleks die organisme hoe moeiliker was dit om so ‘n kultuur te vestig. Die eerste oorlewende enkel sellyn (L929) is in 1943 deur Wilton Earle gekweek van ‘n sel verkry vanaf een of ander knaagdier, waarskynlik ‘n rot of muis, ek kon ongelukkig nie vasstel nie. Die werklike baanbrekerswerk is egter deur George Gey gedoen.

Toe Henrietta die dag by Johns Hopkins se afdeling vir gekleurde pasiënte instap was George Gey en sy eggenote Margaret, wat hom bygestaan het, al vir byna dertig jaar besig met navorsing oor selbiologie en onder andere aan die eksperimenteer om ‘n standhoudende, oftewel dan onsterflike, selkultuur te ontwikkel. Sy uitgebreide navorsing oor die regte voedingsmedium en omgewing waarin sulke selle kan groei het op die lang duur sy sukses verseker.

George Gey

Van die twee biopsies wat Gey ontvang het, het die een wat van die gesonde deel van Henrietta se serviks afkomstig was gou tot niet gegaan maar die selle wat van die tumor verkry is het onmiddelik teen ‘n verstommende tempo begin verdeel, weer verdeel en weereens verdeel, sodanig so dat Gey binne ‘n kort tyd ‘n groot aantal kulture tot sy beskikking gehad het. Hierdie kulture, moet ek byvoeg, was nie van ‘n enkel sellyn nie maar het bestaan uit epiteelselle, fibroblaste, maligne selle en dies meer maar nogtans, dit was ‘n begin. Sy ideaal was verwesenlik: hy het daarin geslaag om ‘n onsterflike menslike selkultuur tot stand te bring – nie ‘n kultuur van ‘n knaagdiersel soos L929 nie, maar van ‘n mens. Die selkultuur is HeLa genoem na die eerste letters van Henrietta se naam en van. Ek wens ek kon teenwoordig gewees het toe George en Margaret Gey besef het dat hul kultuur bly leef en vermenigvuldig. Trouens, ek wens ek kon hulle ontmoet het.

Gey was ‘n interessante, monomaniese persoon wat geleef het vir navorsing. Sy grootste begeerte – waarskynlik sy enigste begeerte en eintlik ‘n obsessie – was om ‘n kuur vir kanker te vind, ‘n obsessie gedryf deur die pynlike en onuitwisbare indruk wat die lyding van terminaal siek kankerpasiënte wat hy as jong man gedurende die 1920’s gesien het op hom gelaat het – ‘n indruk en herinnering wat hom sy hele lewe vergesel het. Omdat fondse vir navorsing beperk was het hy so baie van sy salaris bestee om instrumente aan te koop asook onderdele waarmee hy self apparate gebou het dat hy en die ongetwyfeld baie geduldige Margaret (die woord “long-suffering” kom in mens se gedagte op) ‘n armoedige lewenstyl moes handhaaf.  Mens kon hom meermale kort na sonop in skrootwerwe vind waar hy voordat die dag se werk begin het aan die snuffel was vir afvalmateriaal (waarvoor hy uit sy eie sak betaal het) en wat hy dan in sy rammelkas van ‘n kar, al wat hy kon bekostig, na Johns Hopkins vervoer het om daar te sweis, saag, buig en timmer om apparate te bou. Een van sy meer interessante maaksels was ‘n kombinasie mikroskoop en rolprentkamera waarmee hy en een van sy nagraadse studente aspekte van die interne werking van selle wou bestudeer. Dit was ‘n monsteragtige gedoente, sowat vier meter by vier meter wat nie in sy laboratorium sou pas nie aangesien die plafon te laag was. Maar nou ja, waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg en Gey het doodeenvoudig ‘n gat in sy kelder-laboratorium se vloer gekap om sy apparaat te huisves.

Gey sou as miljoenêr gesterf het as hy patente uitgeneem het op uitvindings wat hy gemaak het en apparate wat hy gebou het maar hy het geweier om dit te doen en nóg hy nóg Johns Hopkins het profyt gemaak uit HeLaselle alhoewel heelwat ander mense fortuine daaruit verdien het. Anders as baie navorsers het hy geen begeerte vir roem of selfs eers bekendheid gehad nie en self baie min oor sy navorsing in akademiese joernale gepubliseer. Sy verskoning was dat sy werk hom te besig gehou het. Margaret en van sy nagraadse studente het trouens baie van sy resultate opgeskryf en onder sy naam publiseer. Gey se houding was min of meer: as julle wil weet wat ek doen en hoe ek dit doen, kom besoek my laboratorium en kom kyk self. Nuus oor die ontdekking en potensiaal van HeLaselle het egter vinnig versprei en Gey is deur talle wetenskaplikes besoek wat monsters van die selle na hul eie laboratoriums geneem het – Gey het die selle vrylik uitgedeel aan enigiemand wat dit wou hê en dit het nie lank geneem voordat honderde en later duisende laboratoriums wêreldwyd kulture van HeLaselle besit het nie.

HeLaselle onder die elektronmikroskoop

 

George Gey is op sewentigjarige ouderdom gediagnoseer met pankreaskarsinoom, een van die dodelikste maligniteite wat bestaan. Chirurgie het getoon dat die tumor nie resekteerbaar was nie. Voor die operasie het hy gevra dat monsters van sy tumor geneem moet word sodat daar gepoog kon word om van sy tumor ‘n ewe onsterflike selkultuur te kweek. Daar is nie aan sy versoek voldoen nie en hy was skynbaar dik die donner in toe hy dit na die tyd verneem. Daarna het hy hom vrywillig onderwerp aan eksperimentele chemoterapie met middels wat nog nie voorheen op mense gebruik is nie maar hy is kort daarna oorlede. Wetenskaplike tot op die laaste…

Gey is nog tydens sy leeftyd deur baie mense verkwalik omdat hy nie Henrietta se toestemming gevra het om haar selle te kweek nie. Dit is ‘n geldige beswaar maar ek dink dat wanneer mens deur die retrospektoskoop daarna kyk moet mens, so dink ek, ook in ag neem dat die begrip van ingeligte toestemming destyds skaars bestaan het. Soos byna alle menslike aktiwiteite is medisyne ook maar ‘n produk van die tyd en samelewing waarin dit funksioneer.

Die latere kontroversie rondom HeLaselle het heelwat bygedra om nuwe begrippe in mediese etiek te vestig maar ek gaan nie daaraan aandag gee nie. Volgens sommige mense het Gey nooit eers met Henrietta gepraat nie, maar Gey self het dit ontken en vertel dat hy, toe Henrietta al naastenby op sterwe gelê het, haar meegedeel het dat hy ‘n deurbraak gemaak het deur haar selle te kweek en dat sy wat Henrietta is op daardie manier ‘n onskatbare bydrae tot mediese navorsing gaan lewer. Skynbaar was niemand anders teenwoordig nie en Henrietta het sy mededeling nooit aan haar familie oorgedra nie. Dit mag natuurlik wees dat sy op daardie stadium te siek was om Gey se mededeling te onthou of oor te dra en/of dat haar familie, indien sy dit wel aan hulle vertel het, dit glad nie begryp het nie – per slot van rekening het hulle soveel van biologie en medisyne geweet soos die gemiddelde politikus van etiek. Ek is nogal geneig om Gey se weergawe te glo want alles wat ek oor hom kon uitvind dui daarop dat hy met sy obsessie en al ‘n opregte en eerlike persoon was.

Die radiumplakette is later verwyder en ondersoek het getoon dat die servikale tumor verdwyn het. Henrietta moes wel terugkeer na Johns Hopkins vir ‘n reeks eksterne bestralings soos vereis deur die behandelingsprotokol. Die dokters was optimisties en het na ‘n tyd gevoel dat sy genees was – kliniese ondersoeke kon geen verdagte knoppe of letsels opspoor nie.

Naby die einde van die reeks bestralings wou Henrietta by die dokter weet wanneer sy nou gesond genoeg sal wees om nog ‘n kind die wêreld in te bring. Toe sy verneem dat die bestralings haar infertiel gemaak het was sy baie ontsteld en volgens ‘n nota in haar kliniese legger het sy verklaar dat as sy dit geweet het sou sy nooit ingestem het tot behandeling nie. Sy was ten volle bewus van die feit dat sy kanker gehad het en wat die implikasies van hierdie siekte was. Mens moet wonder of die onvermoë om nog ‘n kind te kry vir haar swaarder geweeg het as haar eie lewe en ook wat sy gedink het die dokters aan haar doen.

Drr. Jones en TeLinde, die ginekoloë wat verantwoordelik was vir haar behandeling, het dit egter herhaaldelik in sowel lesings as akademiese publikasies gestel dat pasiënte wat gevaar loop om infertiel te word as gevolg van terapie altyd daaromtrent ingelig moet word. Dit is natuurlik moontlik dat daar ‘n glips kon gewees het en dat Henrietta inderdaad nie ingelig is nie, maar dis ewe moontlik dat hierdie maar net nog ‘n voorbeeld is van ‘n misverstand tussen Henrietta en haar dokters. Nog misverstande tussen die mediese gemeenskap en Henrietta se familie sou volg.

Ten spyte van die dokters se optimisme het Henrietta se toestand agteruitgegaan alhoewel daar tydens die opvolgondersoeke geen kliniese bewyse van tumore gevind kon word nie. Mens moet in ag neem dat dit voor die tyd van rekenaargerigte skanderings of ultraklank ondersoeke was wat ongetwyfeld sou getoon het dat die tumor aan die versprei is. Sy het toenemende moegheid en al hoe meer pyn ondervind, is tot die hospitaal toegelaat maar het kort daarna, na ‘n periode van intense lyding, gesterf. Haar familie wou aanvanklik nie toestemming gee vir ‘n nadoodse ondersoek nie maar het ingewillig toe die dokters hulle meedeel dat die resultate van die ondersoek dalk eendag vir Henrietta se kinders mag help. Daar is niks aan hulle gesê oor die selkulture wat verkry is nie.

Die nadoodse ondersoek het getoon dat die gewas feitlik elke orgaan van haar liggaam infiltreer het en ook dat dit baie vinnig gebeur het – ooglopend was die tumor besonder aggressief. Die oorsaak van dood is aangegee as uremie, die gevolg van nierversaking wat die lewens eis van meeste pasiënte wat aan servikskarsinoom sterf.

THEIR BODIES

David Wagoner

To the students of anatomy at Indiana University

 

That gaunt old man came first, his hair as white

As your scoured tables. Maybe you’ll recollect him

By the scars of the steelmill burns on the back of his hands,

On the nape of his neck, on his arms and his sinewy legs,

And by the enduring innocence

Of her face, as open to all of you in death

As it would have been in life: she would memorize

Your names and ages and pastimes and hometowns

If she could, but she can’t now, so remember her.

They believed in doctors, listened to their advice,

And followed it faithfully. You should treat them

One last time as they would have treated you.

They had been kind to others all their lives

And believed in being useful. Remember somewhere

Their son is trying hard to believe you’ll learn

As much as possible from them, as he did,

And will do your best to learn politely and truly.

They gave away the gift of those useful bodies

Against his wish. (They had their own ways

Of doing everything, as always.) If you’re not certain

Which ones are theirs, be gentle to everybody.

Dit was onvermydelik dat die opspraakwekkende navorsing wat Gey en daardie kollegas aan wie hy van sy kulture uitgedeel het groot opslae in wetenskaplike kringe sou maak en daarna was dit net ‘n kwessie van tyd voordat dit die populêre media bereik. Almal was gaande – ‘n onsterflike selkultuur wat gebruik word vir navorsing oor kanker! Die einde van die Groot K is in sig! (Was dit maar so…) Talle koerante het berigte geplaas maar die Minneapolis Star was die eerste wat die naam genoem het van die geheimsinnige vrou van wie die selle verkry is – maar hulle het haar naam verkeerdelik gegee as Henrietta Lakes. Dit is nie bekend wie hierdie naam aan die pers verskaf het nie, nie Gey of enige van sy nabye medewerkers was daarvoor verantwoordelik nie. Gey is ‘n paar keer deur joernaliste genader vir onderhoude maar hy het telkens geweier om Henrietta se naam aan hulle te verskaf. ‘n Artikel in Collier’s het haar naam gegee as Helen L, ander publikasies het haar Helen Lane of Helena Larson genoem. Daar word spekuleer dat Gey verantwoordelik was vir hierdie verwarring omdat hy die privaatheid van Henrietta en haar familie wou beskerm. Moontlik was dit die geval maar die gevolg was dat Henrietta se familie, indien hulle hoegenaamd geweet het van Helaselle (wat na my mening onwaarskynlik is), onbewus was van waar hierdie selle verkry is.

Gey het besef dat standaardisering van selkulture nodig is en het ook op hierdie gebied baanbrekerswerk gedoen. Daar is geslaag om HeLaselle te kloon – die eerste keer dat so iets met enige sel gedoen is. Die biopsie van Henrietta se tumor het uit verskeie seltipes bestaan soos ek genoem het. Hierdie tipes is van mekaar geskei en elke seltipe is apart gekweek. Dit het wetenskaplikes in staat gestel om meer noukeurige waarnemings en eksperimente uit te voer.

In die vroeë 1950’s het een van die grootste polio-epidemies in die geskiedenis uitgebreek. Jonas Salk het begin werk aan die ontwikkeling van ‘n polio-entstof en twee miljoen kinders is daarmee immuniseer. Daar moes egter vasgestel word of hierdie entstof in alle kinders effektief was sodat die entstof verder verfyn kon word. Dit het behels dat serum van hierdie kinders aan aapselle blootgestel is. As die entstof effektief was sou die selle niks oorkom nie, so nie sou die aapselle doodgaan. Die probleem was egter dat dit ‘n langdradige en baie duur proses was. Die National Foundation for Infantile Paralysis het die navorsing geborg, vermoed dat selkulture die antwoord mag wees en Gey genader om HeLaselle aan hulle te verskaf. Daar is vasgestel dat Helaselle inderdaad baie vatbaar was vir hierdie virus en dit het verdere ontwikkeling van die entstof versnel en ook goedkoper gemaak.

Groot hoeveelhede selle is natuurlik benodig vir hierdie en ander navorsing en ‘n spesiale eenheid is by Tuskegee universiteit – ‘n meestal swart universiteit – tot stand gebring waar swart navorsers en laboratoriumwerkers ‘n leeue-aandeel gehad het in die kweking, verspreiding van en ook navorsing oor hierdie selle. Die wêreldwye aanvraag was egter so groot dat Tuskegee nie kon byhou nie en ‘n maatskappy genaamd Microbiological Associates het die gaping gesien – hulle het besef dat navorsers nie die tyd het om self selle te kweek nie en dat die mark vir hulle wag. Hulle het ‘n enorme industriële aanleg opgerig waar HeLaselle teen ‘n tempo van triljoene per dag gekweek en verkoop is en ewe enorme hoeveelhede geld gemaak.

Hierdie selle is deur navorsers gebruik om baie van die geheime van selbiologie te ontrafel – byna te veel om te noem, aspekte van virologie, chromosome en chromosomale afwykings, kanker, selbiochemie – noem dit en HeLaselle het ‘n bydrae gelewer. Nobelpryse in medisyne en fisiologie is toegeken aan navorsers wat HeLaselle gebruik het: aan die viroloog Harald zur Hausen wat die verband tussen menslike papilloom virus en servikskarsinoom ontrafel het en aan Elizabeth Blackburn, Carol Greider en Jack Szostak vir hul navorsing oor telomere en telomerase.

Bobette Cooper het getrou met Henrietta se seun Lawrence. ‘n Vriendin van Bobette se swaer het by die National Cancer Institute in Baltimore gewerk en eendag in 1973, tydens ‘n besoek aan haar vriendin waar die swaer ook teenwoordig is vra die swaer aan Bobette wat haar van is. Lacks, antwoord Bobette. Die swaer het HeLa selle in sy navorsing gebruik en dit het nie lank geneem voordat hy en Bobette die verband tussen HeLaselle en die Lacks-familie besef het nie.

Bobette, sowel as die res van die Lacks familie, het geweet van die sifilis eksperimente by Tuskegee en hierdie nuus, sowel as die feit dat hulle nooit meegedeel is oor die gebruik van HeLaselle nie, het hulle heel verstaanbaar geweldig ontstel. Hulle was onder die indruk dat Henrietta, of ten minste ‘n deel van haar, iewers in Johns Hopkins lewend was en glad nie geweet wat om te dink nie. Eweneens was hulle onder die indruk dat normale selle van Henrietta op een of ander wyse, onbekend aan hulle, daar bestaan en nie geweet dat dit slegs die maligne selle is nie.

Lawrence het die hospitaal geskakel maar omdat hy glad nie geweet het hoe om sy navraag te verwoord nie was die telefoniste onder die indruk dat hy wou uitvra oor ‘n pasiënt wat op daardie tydstip in die hospitaal was. Hy kon dus geen antwoord kry nie en dit daar gelaat – ontsteld en die moer in, onder die indruk dat Johns Hopkins vir hulle probeer wegsteek watter aaklige eksperimente op ‘n lewende Henrietta gedoen word. Op hierdie stadium het die toeval weereens ingegryp.

Soos met alle menslike aktiwiteite is daar natuurlik die wet van onbedoelde gevolge (wat my altyd baie amuseer) en HeLaselle was geen uitsondering nie. Selle is baie klein goetertjies, dit sal ‘n hele paar miljoen verg om ‘n speldekop te bedek. Die gevolg is dat mens uiters versigtig moet wees dat enige gegewe selkultuur nie ander kulture kontamineer nie. Selle kan op vingerpunte of apparate wat nie voldoende skoongemaak is nie versprei of selfs op stofpartikels deur die lug dryf en lank genoeg bly leef om ander kulture te besmet. In 1966 is daar tot almal se verbasing en ontsteltenis gevind dat letterlik duisende ander selkulture dwarsoor die wêreld deur HeLaselle kontamineer is en miljoene dollar se navorsing was onbetroubaar en dus tot niet. Baie navorsers was traag om hierdie bevinding te aanvaar maar hierdie slegte nuus kon nie gesystap word nie.

In Junie 1973 is ‘n konferensie by Yale belê om die probleem van kontaminasie van selkulture deur HeLaselle te bespreek. Aangesien HeLaselle en baie ander non-HeLaselle nie mikroskopies van mekaar onderskei kon word nie is daar besluit dat daar net een uitweg is om vas te stel of kontaminasie plaasgevind het: genomiese merkers moes gevind word om die verskillende selle te identifiseer. Om dit te kan doen moes DNA van Henrietta se nabye familie bestudeer word sodat Henrietta se gene karteer kon word. Daarvoor sou bloedmonsters getrek moes word van Henrietta se kinders en haar man.

Die Lackse was steeds pasiënte by Johns Hopkins en dit was dus nie moeilik om hulle op te spoor nie. Susan Hsu is gevra om die bloedmonsters te kry. Sy het nie veel geweet van die hele situasie nie en het dus min inligting aan die Lackse verskaf – trouens, Day was onder die indruk dat Hsu aan hom vertel het dat deel van Henrietta steeds lewend is. Wel, korrek tot ‘n mate natuurlik, maar nie in die sin wat Day dit verstaan het nie. ‘n Verdere probleem was dat Hsu, oorspronklik van China, se Engels nie juis te waffers was nie en dit het allerhande verdere misverstande tot gevolg gehad – des te meer so omdat Day se baie sterk suidelike aksent in elke geval moeilik verstaanbaar was. Die twee kon mekaar byna glad nie verstaan nie. Wat ook al die geval mag wees, toe Hsu die bloed getrek het is daar geen vorm aan die Lackse gegee waarin hulle toestemming gevra is vir die navorsing wat gedoen sou word nie.

Ek kan waarskynlik nog twintig of dertig bladsye skryf oor die verloop van die interaksies tussen die Lackse en die mediese gemeenskap maar ek dink dat meeste lesers van Versindaba dit vervelig sal begin vind. Dus: op die ou end, na die verloop van heelwat jare, het die Lackse besef dat daar slegs maligne selle van Henrietta in kulture bestaan, dat sy nie in een of ander vorm half lewend in laboratoriums bly voortleef nie. Vir my is die baie en groot misverstande tussen dokters en Henrietta se man (onadmireerbaar soos hy was) en haar kinders ‘n aanduiding van hoe maklik sulke wanopvattings en gekruisde lyne kan ontstaan. Hoe min bykans ongeletterde mense weet van kennis wat ons as vanselfsprekend aanvaar en hoe ons wat onsself as opgevoed beskou sulke dinge behoort te besef.

Henrietta? Dis bekend in watter begraafplaas sy begrawe is, maar niemand weet presies watter van die ongemerkte grafte in daardie begraafplaas Henrietta se spreekwoordelike laaste rusplek is nie. Dit is ook ironies dat heelwat ander mense fortuine uit HeLaselle verdien het terwyl die Lackse moes raap en skraap om mediese sorg te kon bekostig. Behandeling by Johns Hopkins was wel gratis, maar alle ander mediese sorg, insluitende roetiene medikasie wat tuis geneem word soos byvoorbeeld behandeling vir hipertensie, moes uit hul eie sakke betaal word.

on caskets

BY NATE MARSHALL

After Suji Kwock Kim

1

decorating the dead is among the most basic

human instincts, to return the borrowed body &

acknowledge Earth as maker & home.

Neanderthals used antlers & flowers. Egyptians

had pyramids with peasants buried in the walls they

built. some niggas just get a pine box. hopefully

you get a hole or a flame. some only get a cold

cabinet in the morgue until somebody or nobody

claims them as a loss.

2

a permanent fixture on my to-do list

is research life insurance plans. pick

a good one with a fair rate & enough

money to buy a nice box.

3

everything gonna be all

right this morning & i contemplate

the implications of the statement for the night.

everything in Mississippi is too cruel to bury.

i wonder what that means if every body in Chicago

has red clay in its lineage. Chief Keef must know

in his bones ball like it’s no tomorrow from what

Muddy time-capsuled into the South Side ground.

4

when grandma died she left mama a notepad

with instructions. the one i remember was get

the casket you want. what you like. don’t be

pressured.

we wore blue at the service. we matched

the box & its glossy painted ribbons,

gold-flecked & light.

5

house slaves are responsible for preparing

the dead of the master’s house. they clean

& clothe. they dig the hole. they don’t

bury any black body really, only dispose.

one of the concessions won by slave riots

was the right to a funeral. whitefolk were

confused at how the Africans sometimes

wore white, smiled, shouted like joy.

they seen funerals. not homegoings.

6

my mother used to say my father loved

funerals. he worked graveyard shift & spent

the days & weekends visiting bodies.

running his finger alongside the box

& signing the greeting book.

the most decent thing you

can do is visit the funeral of

someone you didn’t know

for someone you do: sister’s coworker, lover’s friend

accountant’s mother, your aunt’s

high school rival.

7

black churches formed burial societies

after slavery. every week you chipped

off a piece of your pay to save for the shovel

& the rough hands that would lower you.

i know some black folks now buying

their plot foot-by-foot. saving for a

final mortgage.

8

it is día de los muertos & i have a check

folded in between the pages of a book about

genocide. i will send the money next week

to the other side of my family

& help bury grandma’s sister.

9

i can’t think of a black rapper who hasn’t

contemplated their own death on record.

ready to die, life after death, death is certain,

do or die, get rich or die tryin’, death certificate.

this is natural.

all my verses mention

boxes or holes.

10

once we lay this brother

down in the ground

we got work to do.

 

when i was a young boy

at the age of five

my mama said i gon’ be

the greatest man alive.

 

these children don’t

expect to live past 30.

they come to these funerals

& they represent.

they put themselves in

the place of the person

in the casket.

My besondere dank aan Rebecca Skloot vir baie inligting. Ander informasie is verkry uit akademiese publikasies oor HeLaselle en die Lackse. Dankie ook aan Joan van Zyl wat my gehelp het met spelling wat nie my sterk punt is nie.

(© Leon Retief)

Leon Retief. Oor kerke en ikone

Friday, March 7th, 2014

про церкви і Ікони

(PRO TSRKVEH E IKONEH)

OFTEWEL: OOR KERKE EN IKONE

[Foto bo: Oekraïnse kerk in Saskatoon, Kanada]
 

The Master Builder 1926

“Unless the Lord built the house,

they labour in vain who built it.” (Psalm 127)

 

How lovely is your dwelling place

O Lord of hosts!

Like those Ukrainian churches of northern Alberta

that stand on high places in the countryside,

their great domes gleaming quicksilver in the sun;

a confirmation of

a thousand years of

Byzantine Christian tradition.

 

White, orange, yellow,

they stand out against the cobalt prairie sky,

brilliant as Christ,

the Light of the World.

Like great ships they cruise

toward eternity.

 

Their builder was an unlettered man and a drunk.

He had no blueprints,

so he stowed the plan for each church in his head.

 

Every morning

he’d arrive at the building site with a jar of moonshine.

And taking a smooth scrap of lumber

he’d sketch out the day’s work

for his carpenters.

Then he’d fade into the woods

for a ration of homebrew.

 

Emerging at lunch,

he’d assess the work, encourage his crew

and recede back into the bush

for a further sip and a nap;

after which he’d work with his men

till quitting time.

 

Though he worked by eye,

never measuring

and mostly drunk,

he cut the flawless circle for the central dome,

launched the cooperage for its windowed drum,

and formed the ribs for its hemisphere

of heavenly space.

All these he set over the perfect cube

of the New Jerusalem

coming down out of heaven from God

prepared as a bride adorned for her husband.

 

Now when we enter these tabernacles

framed by that drunkard

we’re heartened to ask

to dwell in the house of the Lord

all the days of our lives

that we might gaze upon the beauty of the Lord

and contemplate his temple.

 

© Harvey Spak

Smith, Brown, Jones, Campbell en O’Brien is sulke algemene vanne, nie net in die prêries nie maar ook elders in Kanada dat mens nie eers twee keer daaroor nadink nie. Dan is daar natuurlik ook vanne soos Majid, Ramadan, El-Hadi, Mandalupa, Carretero, Cheddie, Oyenubi, Adewumi, Li, Yip, Botha en van der Merwe (wat hier uitgespreek word as van de Meeh) en so voorts. Hierdie land is ʼn ware hutspot van nasionaliteite en kulture – en dan praat ek nie eers van Frans-Kanadese nie – en is waarskynlik een van die beste voorbeelde van multikulturalisme in die Weste, ʼn fenomeen wat na my mening nie sonder sy probleme is nie maar dit nou daar gelaat. Nie lank na ons aankoms in 2008 het ek dikwels ook in aanraking gekom met mense met vanne soos Sevchenko, Boyko, Shevchuk, Bondarchuk, Yatsenko, Yuzuk, Radiuk en so aan. By navraag het ek vasgestel dat al hierdie vanne, en baie wat soortgelyk is, hul oorsprong in die Oekraïne het, ʼn land waarvan ek maar bitter min geweet het.

Oekraïnse immigrante, op soek na vryheid en ekonomiese welvaart, het in die 1890’s in betekenisvolle getalle in Kanada begin arriveer alhoewel daar onbevestigde gerugte is dat die eerste mense vanaf hierdie land reeds hier arriveer het na die oorlog tussen Amerika en Kanada in 1812. Arm, dikwels ongeletterd maar harde werkers en destyds meestal landbouers het baie van hulle aanvanklik in die prêries met sy wrede klimaat gaan vestig. Volgehoue immigrasie oor die daaropvolgende dekades het meegebring dat hul getalle gegroei het tot sowat 1 200 000 en hul invloed is deesdae te sien in elke sfeer van die Kanadese samelewing. Vandag is hulle die derde grootste etniese groep in Kanada en hierdie land huisves tans die grootste populasie Oekraïnsprekendes buite die Oekraïne self en Rusland.

Dit wil my voorkom asof immigrante vanaf Engelssprekende lande baie vinnig in die groter Engels-Kanadese gemeenskap verdwyn en min oorhou van die spesifieke kultuur van die land van herkoms van hul ouers of grootouers. Ongetwyfeld hang dit af van die land van waar hulle vandaan kom, hoe lank hul ouers of voorouers al hier is sowel as die mate van ooreenstemming tussen die religieuse en sosiale struktuur in die land van herkoms en die situasie in Kanada. Ten spyte van die verskille in taal en kultuur tussen Kanada en die Oekraïne het immigrante van daardie land egter baie goed aangepas en is daar op die oog af nie enige merkbare verskil tussen hulle en Kanadese wat uit huis uit Engelssprekend is. Nogtans, in hul binnekamers het baie van hulle ʼn sterk band met hul kulturele agtergrond – hul taal, die Oekraïnse Katolieke en Ortodokse kerke (meer daaroor later) sowel as ander kulturele aktiwiteite soos danse en letterkunde.

Oekraïnse kerk interieur

Oekraïnse kerk interieur

Die trajek van mens se lewe kan soms onverwagte en aangename interseksies tot gevolg hê.  So ʼn jaar of drie gelede het ek ʼn inskrywing vir Versindaba gelewer oor die prêriedigter Andy Suknaski, die kind van Pools en Oekraïnse ouers. Ek het die stuk vertaal en gestuur aan Glen Sorestad, wie se gedigte ek ook al hier geplaas het. Later ontvang ek heel onverwags ʼn e-pos van Harvey Spak, dokumentêre filmmaker, digter, jagter, skrywer van ikone en gemeenskaplike vriend van Glen en Andy Suknaski.

Harvey Spak

The Field

 

To live your life is not as simple as to cross a field.

And to cross a field is to die.

Every death is of consequence.

Notice its legalities.

A doctor must pronounce a person dead

to make it legal.

A suspicious death must be

investigated by police.

A coroner must call an inquest.

Human death is cloaked in officiousness.

But the death of a deer

crossing Adam’s pea field

and felled by a shot

from my rifle

is of no import;

except for the deer

and for me.

To the deer it was the substance

of searing pain from a torn heart and lungs.

For me it signified a sense of

accomplishment.

It added up to the sweet smell

of thick yellow fat

beneath the skin of the doe’s belly;

the earthy perfume

of blood and viscera

spilled out on yellow stubble.

All these things accompanied

by a musical score

of croaking ravens and

yapping coyotes who’ve

smelled the deer’s blood

on the sharp morning air.

How sweet the flesh of this

elegant creature

slain

in a pea field.

To live your life is not as simple as to cross a field.

Soos Harvey  aan my verduidelik  het, mense wat ikone maak verkies om te sê dat hulle dit skryf en nie skilder nie omdat die agtervoegsel “grafie” in die woord ikonografie afgelei is van die Griekse woord vir skryf. Nou ja, wie is ek om te stry? Spak is in aanvraag as ikoonskrywer en het al 123 ikone geskryf. Hier is twee.

Ikoon van die profeet Elia

Ikoon van St. Michael

Dalk net eers ʼn kort stukkie oor die geskiedenis van die Oekraïne. In 988 het Vladimir die Grote, die prins van Kyiv, in die huwelik getree met die dogter (of moontlik suster) van die Bisantynse keiser Basil II, op voorwaarde dat hy en die hele populasie van Rus Oekraïne tot die Christendom bekeer. Vladimir het sy woord gestand gedoen maar in die elfde eeu het daar ʼn skeuring plaasgevind. Christene in die ooste het hulself as Ortodoks bestempel en hulle onder die beskerming van die patriarg van Konstantinopel geplaas. Christene in die weste het getrou gebly aan die pous en hulself Katolieke Oekraïniërs genoem alhoewel die liturgie, tradisies, kuns en argitektuur van beide groepe steeds teruggevoer kan word na Bisantium, die Oostelike Romeinse ryk wat in die vierde eeu deur Konstantyn die Grote tot stand gebring is.

Toe Konstantinopel in 1453 deur die Turke ingeneem is het die patriarg van Moskou sy stad as die nuwe Rome proklameer, die Tsaar beskou as die nuwe Christelike keiser en die Rooms-Katolieke kerk en pous bestempel as die hoer van Babilon. Baie Oekraïnse Christene het egter getrou gebly aan Rome en was glad nie daarmee gediend om onder die hiel van die Russiese patriarg hul godsdiens te beoefen nie. Rome het dit besef en in die ooreenkoms van Brest-Litovsk in 1596 (dit moet nie verwar word met die ooreenkoms van Brest-Litovsk van 1917 nie) is hulle uitgenooi om weer met Rome te herenig. Rusland het net mooi niks hiervan gehou nie en hul militêre mag gebruik om meeste biskoppe te dwing om aan die Russies-Ortodokse kerk getrou te bly. ʼn Paar dosyn biskoppe in die Westerse deel van die Oekraïne het egter voet by stuk gehou en hul nasate is vandag versprei deur die wêreld, bekend as die Oekraïnse Katolieke kerk.

Hierdie Katolieke kerk het natuurlik ook in die Oekraïne bly voortbestaan maar in 1944 het Stalin die Oekraïnse Katolieke biskoppe en hul volgelinge begin uitmoor omdat hy als wat Westers was wantrou het en hul kerkgeboue is aan die Russiese Ortodokse kerk oorhandig. Diegene wat gelukkig genoeg was om te oorleef is ʼn eenvoudige keuse gegee: sluit aan by die Russiese Ortodokse kerk of word tereggestel. Dit het natuurlik gebeur nadat Stalin tussen 1934-1936 ongeveer sewe miljoen mense in die Oekraïne doelbewus aan verhongering laat sterf het. Tussen 1944 en 1989 het die Oekraïnse Katolieke kerk net ondergronds bestaan en tot vandag nog weier die patriarg van Moskou om daardie kerk te erken. Mens kan dus verstaan dat baie Oekraïniërs nie juis lief vir die Russe is nie en dat hulle in groot getalle hul land verlaat het. Meeste van die wat verhuis het na Kanada, die VSA en Brasilië was afkomstig van die Westerse deel van hul land, dus Katolieke Oekraïniërs en hul kerk het in daardie lande floreer. Omdat die Oekraïne op ʼn stadium van haar geskiedenis deel was van Austro-Hongaarse ryk was hierdie kerk in die diaspora ironies genoeg tot aan die einde van die Eerste Wêreld-Oorlog onder die beskerming van keiser Franz Josef.

Hier is Harvey in sy eie woorde aan my: “Where do I stand in all of this? My grandparents emigrated from Western Ukraine in 1900. They took homesteads in northern Alberta. They wanted woodland for fuel and timber. Thus they had to clear and burn before they could cultivate the land. It was a hard life, but better than life in Ukraine. My mother and father were born in Canada. I remember life on the homesteads from when I was a boy. I grew up in a village in northern Alberta. My father was a sheet metal worker and a plumber. My mother kept house. We lived a rural life and we were poor for starters, but life became financially better as the years went by. We spoke Ukrainian at home and I learned English when I went to school. I think my poems speak of my origins and the people and the situations I knew. We were and are Christian people tied to the religion, traditions, language and art of our forefathers; in spite of ourselves. We are tied inexorably to our geography, to the land, the seasons, seeking beauty and love in all things.”

 

Some Thoughts in the Two Hills Country Cemetery

“Eternal Memory!

Dream comrade dream

About a better life and freedom

About a victorious battle

A dream of working people.”

 

This is the epitaph of a young man

from a local communist family

who was accidentally shot.

It happened in 1934

while he was playing

in some Marxist amateur theatrical

at the Labour Temple.

The property master made a mistake.

He removed the lead shot

from a 12 gauge cartridge and replaced it

with a wad of crumpled newspaper.

When another actor levelled the shotgun

at the young man and fired,

the wad of newspaper

tore a hole in his stomach.

Ihor, a TV cameraman, who was born and raised

in the Soviet Ukraine, laughs at the epitaph.

“What nonsense! Only Marxists could write such nonsense!

These atheists pretend there’s an after-life.

Look here, etched in the headstone,

The Gates of Paradise opening to reveal a Red Star

with Hammer and Sickle in its bosom.

Absurd! Marxists bleating about Eternal Memory.

Eternal Nothingness might be more their style.”

Me, I rather liked the epitaph,

and the iconography

Perhaps the Marxists didn’t abandon hope after all.

There’s an apocryphal story

in contemporary Orthodox Tradition

which says that Stalin on his death bed,

summoned a holy priest

to hear his confession.

Sadly, after the priest granted absolution

to the man of steel, Beria had him shot.

I like this story.

It teaches us something

about the ineffable mercy of God.

Egypt

Accordingly, task masters were set over the Israelites to oppress them with forced labour. The Egyptians reduced them to cruel slavery making life bitter for them… (Ex 1.11)

 

We were deer hunting that November morning,

in the sand hills and jack pine

somewhere south of the river

and our old 1972 Plymouth Fury

hit a rough patch in the dunes and began to spin out.

And you said: “Son, we’re in the desert here

just like the Israelites in Egypt.

Get us out!”

I’ve been watching your body come apart.

Four years ago, when you were 86,

gangrene blackened your toes

and your right leg was taken off below the knee,

then two weeks later, because the circulation

could not be restored, the surgeons

cut once more, this time at mid-thigh.

But you came back with resolve.

After four months of physiotherapy

you gained weight and got stronger.

And they strapped on a stainless steel leg

and you began to walk.

First with the help of a walker

while Ibo, the Nigerian physiotherapist

with the ritual scars on his cheeks,

urged you on.

“Now I’m the slave driver,” he said

as he made you sweat up and down

the corridors of the long term care wing.

Then Mother died in her bed

while you were in the cafeteria having lunch,

and a black cloud of grief overtook you,

setting the course for your dissolution.

You spurned Ibo’s therapy sessions.

Your eyes began to fail.

One by one your gold crowned teeth broke away.

When your one good knee failed

and you could no longer transfer yourself

from bed to wheelchair without falling

they nailed you to your hospital bed,

and you entered into the bitterness of captivity

and the slavery of a new Egypt.

One day just before Christmas,

when we were in the cafeteria for lunch,

you confessed that food

had acquired the taste of ashes.

So your body instinctively began to feed on itself,

reducing the muscles of your arms, legs and pelvis

until you looked like an Auschwitz man.

A skeleton with skin.

A skeleton with fire in its eyes

forced to depend on others

for a sip of water or a spoonful of food.

A skeleton whose face I’d shave each morning

and anoint with Aqua-Velva.

A skeleton who in a hushed voice

would ask the day of the week.

On one such day while I read to you from

the Easter Liturgy in Old Slavonic:

“All who have been baptised into Christ

have put on Christ”

you leaned forward on your elbows

took three breaths and were taken out of

the bitter captivity of Egypt.

And at that moment, the demented woman

in the wheelchair outside your room

began to sing:
“Alleluia! Alleluia! Alleluia!”

The nurses hurried to take your pulse

and found none.

With great kindness

they cleaned you up and wrapped you

in a fresh hospital gown.

When they left, a profound silence

filled the room and an inexplicable peace

settled upon you.

So I lit a candle before your icon of Christ

and read the psalms.

And as the word of your death spread

the housekeeping ladies and the maintenance men

came into your room to embrace me

and pay their respects.

“Your dad was a great man,” said one.

“He was my buddy,” I answered.

So I waited for my sister and her husband to come

To see you once more before the undertaker arrived.

“When Israel was a child I loved him

and I called my son out of Egypt.

He will follow behind the Lord;

he will be roaring like a lion –

how he will roar

and his sons shall come speeding from the west;

they will come speeding from Egypt like a bird

speeding from Assyria like a dove,

and I will settle them in their homes

it is the Lord who speaks.” (Hosea 11:1, 10-11)

 

The Black Prince (Uittreksel)

You heard about that guy in Andrew, Jackson’s his name.

He had a girlfriend, a half breed girl from Mundare.

Blond hair, nice boobs.

Well, Jackson finds out she’s entertaining in her bed,

that young Perpeletza.

He’s the one recently charged with impaired driving.

His court dates were in Vegreville but he didn’t show up

because he was in hospital with ammonia.

Now Jackson’s pissed about Perpeletza’s

visits so he rigs a booby trap: a loaded shotgun at his front door

with a string and pulley system leading to the door knob.

Perpeletza means partridge in Ukrainian,

so you could say Jackson’s partridge hunting.

Now when Jackson’s gone, the half breed girl, she lets Perpeletza

into the house through the bedroom window.

They have a good fuck and call the police.

The Mounties charge Jackson with attempted murder.

That Jackson’s a two time loser ain’t he?

Harvey het ʼn baie treffende dokumentêre film oor Andy Suknaski gemaak. Dit is die moeite werd om te kyk en nie te lank nie. Dit is te vinde by onderstaande skakel, maar net eers ʼn woord van waarskuwing: die skakel lei nie direk na die film nie maar na die webwerf van die National Film Board of Canada. Om die film te sien, tik “Wood Mountain Poems” in die hokkie maar moet dan nie op die vergrootglasteken kliek nie, druk net “enter” op jou rekenaar.

www.nfb.ca

My thanks to Harvey Spak for the information about the Ukraine and the Ukrainian community in Canada.

(© Leon Retief)

Leon Retief. Winter in Saskatchewan

Wednesday, January 15th, 2014

 

Hold my coffee and watch this… Kanadese is verslaaf aan koffie. Tim Horton’s is ʼn Kanadese ketting “restaurant” (let asseblief tog op die aanhalingstekens) beroemd vir sy koffie, met meer as 3 000 takke. Wanneer mens hier praat van “a Tim Horton’s” is dit sinoniem met koffie. Elke oggend wanneer ek by die werk aankom sien ek hoe baie van my medewerkers – dokters, klerke, verpleegsters en so voorts, selfs ook pasiënte – opdaag met ʼn beker Tim Horton’s in die hand – wat meer is, mens sien dikwels hoe motorbestuurders met ʼn beker koffie in die hand die gladde strate navigeer. Interessant genoeg is daar wetgewing wat belet dat mens ʼn selfoon gebruik wanneer jy in beheer van ʼn voertuig is maar as jy ʼn Tim Horton’s in die hand het is dit nie ʼn oortreding nie. En op pad huis toe na werk word weereens ʼn Tim Horton’s gekoop. Ek moet sê dat ek nou nie juis dooi oor daai koffie nie maar nou ja, Kanadese drink al van kleins af Tim Horton’s se koffie en weet seker nie van beter nie.

Soos alle ander lande het Kanada vier seisoene maar hier het die seisoene ander name: amper winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk. Winters in Saskatchewan, dit wil sê die prêries, is moer lank en moer koud. Ons het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar maar die winter van 2012-2013 was langer, dit het ses maande geneem voordat die laaste bietjie sneeu gesmelt het. Dan het mens nog ʼn maand lank ʼn lelike bruin, modderige pappery voordat als sommer net so somer word. Jirre, ek begin nou klink soos ʼn Kanadees wat aanhoudend wroeg oor die winter…

 Hoe dit ook al sy, wanneer mens hier woon moet jy in die winters aanpas by ʼn hele nuwe lewenswyse. Daar is twee temperature waarop mens ag slaan: die absolute temperatuur, oftewel dit wat die termometer aandui en dan die aanvoelingstemperatuur (wind chill). Laasgenoemde is die belangrikste want dit is wat mens aan jou bas voel wanneer jy buite jou knus, sentraal verwarmde huis of woonstel is. In die winter wissel absolute temperature hier meestal tussen ongeveer -15°C en -35°C, met ekskursies na ʼn soms byna subtropiese +1°C tot -1°C, maar die teenoorgestelde is ook waar en dis veral dan wanneer mens ag slaan op daai aanvoelingstemperatuur. As jy wil weet wat die situasie dan is, dan kyk jy na die verslag van CFB (Canadian Forces Base) Moose Jaw waar 15 Vleuel van die Kanadese lugmag gestasioneer is.

 

Observed at:

CFB Moose Jaw

Date: 8:00 AM CST Sunday 5 January 2014

Condition:

Not observed

Pressure:

104.4 kPa

Tendency:

rising

Temperature:

-33.1°C

Dewpoint:

-37.3°C

Humidity:

66%

Wind: WNW 34 km/h

Wind Chill:

-51°C

 

As mens dus wil uitgaan trek jy maar soos ʼn Eskimo aan en as jy dom genoeg is om nie handskoene te dra nie is jy by -50°C binne drie tot vyf minute jou vingers permanent kwyt weens vriesbrand. Kanadese haat die winter maar na byna ses jaar hier is dit steeds vir ons ʼn avontuur. My vrou Lesli en ek stap gewoonlik na waar ons wil wees – ek moet byvoeg dat dit maklik is want ons woonstel is baie naby downtown Moose Jaw. Nogtans, wanneer die temperature hier by -40°C is, dan raak dit onplesierig wanneer mens langer as sowat 15 minute buite is.

Mens kan spesiale winterbande aanskaf (sagter rubber met dieper en breër  groewe) en dit help inderdaad wanneer mens op sneeu ry. Die ding is egter dat verkeer die sneeu op die strate kompakteer tot ys en dan kan mens net sowel skaatse onder jou kar hê – maak nie saak watse bande jy het nie, die kar glip en gly en volg soms sy eie neus. Dit kan nogal opwindend word…

Ek het al voorheen gedigte van Glen Sorestad van Saskatoon, ook in Saskatchewan, geplaas. Elke winter met die sonstilstand stuur hy ʼn gedig aan sy vriende en hier is drie van vier wat ek van hom ontvang het. Ek deel sy sentimente oor bestuur op ʼn “ice-caked city” alhoewel ek nou nie so gatvol oor die winter word soos hy nie. Die small ghosties and goblins waarna hy verwys is Halloween.

 

Upon Reaching the First Day of Winter

 

So now we have reached the first day of Winter,

why am I already so tired of it? I’m serious.

Can it be because here we’ve been treated to ice

and snow since before the night small ghosties

and goblins stuffed their gobs from their sacks?

Or has it something to do with my undiagnosed

but well advanced  Shoveller’s Back Syndrome?

I have moved greater snow volume this autumn

than an Inuit construction crew at hunting camp.

Yes, I know, I’m sounding like a crabby senior,

one of those forever-carpers everyone ignores.

But this morning when the rising sun cracked

the eggshell crust of snow, off to the southeast

in the general direction of Miami, I’ll confess

my thoughts honed in on sand, sea and sun,

not on a set of practical snow tires to navigate

the banana-peel perils of an ice-caked city.

I had no thoughts – nada — about longest night

ushering in a new season, as if it were an occasion

I would want to celebrate.  It is only a reminder.

Though coming days will mete new light in minutes,

we have learned to be realistic – key to survival.

Three months down, three more months to go.

 

Die prêries, winter en somer, het hul eie bekoring alhoewel dit dikwels afgemaak word as maar net plat en eentonig . Wanneer mens op die hoofweë ry is dit dikwels die geval maar as mens bietjie van die gebaande weë afwyk vind mens soms landskappe wat jy nie sommer verwag nie en waarna mens lank kan staan en kyk. Geen hoë berge of indrukwekkende kranse nie maar in die somer ʼn bekoorlike spel van lig en kleur, opeengestapelde wolke en son, skakerings van groen (koring) en geel (canola), die landskap se sagte groen rondings en die glinster van son op water is byna oral. In die winters ʼn strak, onvergewende wit verlatenheid van horison tot horison, kaal swart boomtakke wat skerp afets teen die sneeu, ʼn waterige sonnetjie na aan die horison – en tog ʼn vreemde bekoring wat tot ons spreek.

George Ault (1891-1948) was ʼn Amerikaanse skilder en alhoewel die prêries in die VSA nie naastenby so koud word soos in Kanada nie het dit net soveel sneeu. Drie van sy skilderye vat vir my die gees van die prêries vas soos geen ander werk waarvan ek weet nie.

 

 Daylight at Russell’s Corner

 

Poem for the Winter Solstice

 

One morning you raise the east window blinds

and there is the sun, hunched on the horizon,

doing its best to break free, shunting aside

a few clouds as it hoists itself in readiness to skate

a frigid rink of sky, firing that cloud layer

with deceptive warmth, an intense roseate glow.

 

This is winter morning, you say to yourself,

but then you realise – and it comes as a shock –

that the sun has risen so far south, you feel

your house has been wrenched a quarter-twist

to the right while you slept. You check your watch –

migod, it’s coming nine o’clock.

When did this happen?

 

The wall calendar tells you it’s December,

but something deep within you has clung

to the lingering warmth of snowless autumn.

The body deplores this retreat towards the dark,

the dimming days, the physical affront of cold.

Already, unseen cervices within us are busy

re-programming the spirit for spring.

Bright Light at Russell’s Corner

 

When Darkness Comes

 

The looming of another winter gnaws

at me like an unwanted appointment.

Each year the condition worsens

and I know darkness is the root

of this malaise, the virus that erodes

and breaks down my spirit.

 

Perhaps it’s the metaphor in all of this

that’s bothering me. Did I fear the dark

as a child? As the sun slinks further south

and sunset plunges us closer to the gloom

of longest night, I watch daylight fade

by four and I feel the familiar dismay.

 

Only the promise of turnaround,

that longest night, after which light,

ever so cautiously, snails its way back,

is a rejuvenating tonic, an intravenous

sufficient to launch the cure, drip by drip,

as minute by minute, the migrant sun

seeks out and finds a fissure in the dark,

enough to usher a return of light.

 

January Full Moon
 
© Leon Retief / 2014 
 

Leon Retief. Die prins van Venosa

Thursday, October 31st, 2013

 DIE PRINS VAN VENOSA

Carlo Gesualdo ( 1566-1613) word vandag saam met Claudio Monteverdi beskou as een van die toonaangewende en innoverende komponiste van die laat Renaissance. Toe ek toentertyd die eerste keer na sy Miserere geluister het was die musiek vir my so treffend dat ek mettertyd ook sy ander werke begin verken het en vandag is hy een van my geliefkoosde komponiste uit daardie tydperk. Sy musiek het harmonie verder geneem as enigeen totdat Wagner op die toneel verskyn het en sy innoverende gebruik van chromatisme en dissonansie is betowerend. Hy was finansieel onafhanklik en kon hy sy eie paadjie loop, anders as wat die geval was met so baie komponiste van daardie tydperk en ook vir eeue daarna.

Hier is sy Miserere:  http://www.youtube.com/watch?v=i3JwLnK6Efw

Gesualdo was egter meer as net ʼn ryk, eksentrieke  edelman wat die tyd gehad het om musiek volgens sy eie smaak te skryf sonder om hom te steur aan heersende modes. Hy was ook ʼn moordenaar en die dubbele moord waarvoor hy verantwoordelik was het die res van sy lewe beïnvloed. Om meer oor die moord te wete te kom, kliek op die skakel na Werner Herzog se film wat ek na aan die einde plaas. Demone oor die dood en sonde het hom geteister, sy musiek het net soos die van ander komponiste van die tyd uiterstes van emosie uitgebeeld en dit met religieuse ekstase en na my mening ook met seksuele ekstase in verband gebring maar Gesualdo het hierdie emosies tot ekstreme grense gevoer. Na sy dood het sy musiek grotendeels in die vergetelheid verval totdat die Britse komponis Michael Heseltine (wat onder dis naam Peter Warlock geskryf het) en Igor Stravinsky sy musiek herontdek het. Sedertdien is verskeie operas oor sy werk en lewe gekomponeer en aspekte van sy musiek het baie ander belangrike komponiste beïnvloed.

“He creeps inside and grabs your soul and is in no hurry to let go,” het die komponis Brett Dean gesê en hy is reg. Ek moet byvoeg dat sy musiek vir my soms so intens is dat ek dikwels nie na meer as een werk op ʼn keer kan luister nie, die enigste komponis wat so iets aan my doen.

Carlo Gesualdo het op ʼn eienaardige wyse in my gedagtes opgeduik toe ek onlangs weer gedigte gelees het deur die  Kanadese digter Jan Zwicky oor wie ek al voorheen ʼn bydrae gelewer het. Sy is skynbaar ʼn goeie violis en duidelik ook goed onderleg in filosofie en die natuurwetenskappe.

 

OPEN STRINGS

 

E, laser of the ear, ear’s

vinegar, bagpipes

in a tux, the sky’s blue, pointed;

 

A, youngest of the four, cocksure

and vulnerable, the white kid

on the basketball team – immature,

ambitious, charming,

indispensable, apprenticed

to desire;

 

D is the taylor

who sewed the note “I shall always love you”

into the hem of the village belle’s wedding dress,

a note not discovered until ten years later in New York

where, poor and abandoned, she was ripping uop the skirt

for curtains, and he came,

and he married her;

 

G, cathedral of the breastbone,

Oak-light, earth;

 

it’s air they offer us,

but not the cool draught of their half-brothers

the harmonics, no,

a bigger wind, the body,

snapped out like a towel, air

like the sky above the foothills,

like the desire to drown,

 

 a place of worship,

a laying down of arms.

                                               Open strings

are ambassadors from the republic of silence.

They are the name of that moment when you realize

clearly, for the first time,

you will die. After illness,

the first startled breath.

 

Uit deel 2 van Beethoven Op. 127, Adagio:

 

The rise of the rib-cage,

           its fall: how unlikely this slight

  

shift of fabric: A tea cup,

           a music box.

  

 Air enters, air flows away:

             How this simple thing

 

 goes on and on, cannot

            help itself, on and on.

 

 A-flat: cream’s richness,

           like a good field in April, a blackness

                      you wanted to eat,

 

  or in August, the string’s breath thick

          with heat and dust, like

                   being able to breathe weight,

 

 stoking, to have felt the chest thicken with brightness.

                 as though light were substance, as though it

                              carried the dark field inside itself, gleaming

                                         to have breathed that brightness, have become

 

weight, that roll of hills

          their brocade of wheat and barley.

                    To have lifted to the horizon

  

like earth, fallen

             like a rib-cage, stillness,

 

 a long sigh of dust.

 Werner Herzog  het in ek dink 1995 ʼn ietwat fantasieryke film (slegs ʼn uur lank) oor Gesualdo gemaak. Nie als in hierdie film is die waarheid, die hele waarheid en niks anders as die waarheid nie maar dis tog insiggewend vir sowel die musiek wat uitgevoer word, die kommentaar wat gelewer word en as voorbeeld van die folklore wat rondom hierdie komponis ontstaan het. Enkele opmerkings: 1) dis onwaarskynlik dat Gesualdo sy jongste seun om die lewe gebring het. 2) Ek betwyfel dit baie sterk dat die twee kadawers wat op ʼn stadium getoon word wel die van Gesualdo se vrou en haar minnaar was – as mens na die manlike kadawer kyk dan het hy ooglopend ʼn taamlik vergrote hart wat na my mening liewer dui op kongestiewe hartversaking as oorsaak van dood as moord, mens verwag nie sulke patologie by ʼn jong man nie. 3) Navorsing wat gedoen is nadat die film gemaak is het bevind dat die gebou wat Herzog aandui as die toneel van die moord inderdaad nie korrek is nie alhoewel dit op daardie tydstip as sulks aanvaar is. 4) Die bed waarin Gesualdo glo sy vrou en haar minnaar vermoor het is nié die een waar die daad gepleeg is nie. 5) Gesualdo se kasteel is in 1980 baie erg beskadig tydens ʼn Aardbewing en restourasie is nog baie ver van voltooi.

http://www.youtube.com/watch?v=B6iaghGYSjc