Posts Tagged ‘Leon Retief’

Leon Retief. Om te kan onthou

Tuesday, February 28th, 2012

 

Menswees behels ‘n komplekse samespel van neurologiese prosesse wat ons interaksie met die omgewing (wat natuurlik ander mense insluit) bepaal. So deur die jare het ek in my daaglikse doen en late agtergekom hoe belangrik geheue is en hoe ons dit as vanselfsprekend ervaar, iets waaraan ons eintlik nooit dink nie - ‘n modaliteit van ons menslikheid, integraal tot dit wat ons is en hoe ons ons lewens ervaar. Sonder geheue is ons niks, ‘n blote versameling selle wat nog doelloos bly metaboliseer sonder dat die: “eienaar” van die selle enigiets onthou van die verlede, al die vreugde en verdriet, die hoop en wanhoop, die geselskap van ‘n geliefde, die omhelsing van ‘n kind, die skoonheid van ‘n sonsondergang of die sensuele genot van die liefdespel.

Ek sien ten minste een of twee keer per week pasiënte wat nie weet wie hulle is of waar hulle is nie, mense wat hul gades en kinders nie herken nie, verwese ou mense in die greep van Alzheimer se siekte. Soms is hulle aggressief, soms skytbang vir als wat rondom hulle gebeur. Ek onthou die tannie wat ‘n paar weke gelede, toe ek haar pre-operatief wou ondersoek, my met haar dun, beaarde vuisies geslaan het sodat ek nie eers naby aan haar kon kom nie. Vir mense soos hierdie is die lewe iets afgrysliks - en vir ons wat hulle moet behandel, is sulke situasies nie juis veel beter nie. Wanneer ek ‘n tannie van 92 met Alzheimers, iskhemiese hartsiekte, hartversaking, hoë bloeddruk, diabetes en nierversaking veilig deur haar narkose en chirurgie kry is dit wel uit ‘n professionele oogpunt ‘n uitdaging wat my satisfaksie gee maar ek kan nie juis sê dat ek aan die einde voel dat ek iets betekenisvol uitgerig het nie. Niks wat ons vir haar gedoen het gaan haar geheue terugbring nie, haar lewe gaan na die tyd net so leeg, betekenisloos en sonder herinneringe wees soos voorheen. Studies het getoon dat sulke pasiënte wat major chirurgie ondergaan oor die algemeen binne ses tot nege maande na sulke chirurgie sterf, en dan nie weens die gevolge van die siekte waarvoor hulle geopereer is nie.

My eerste kennismaking met geheueverlies was in my vyfde jaar as mediese student toe ek my psigiatrie-inwoning by die Oranje Hospitaal, die psigiatriese opleidingshospitaal in Bloemfontein, gedoen het. Een van die eerste pasiënte wat aan my toegeken is, was ‘n baie aangename omie wie se naam ek nou nie meer kan onthou nie - ‘n afgetrede jokkie met Korsakov-sindroom. Hierdie toestand is ‘n onomkeerbare breinsiekte wat die gevolg is van alkoholverslawing, essensieel te wyte aan ‘n gebrek aan tiamien (vitamien B1). ‘n Baie aangename oom, maar hy het geen, soos in geen, korttermyngeheue gehad nie. Hy kon als onthou tot min of meer die tyd toe die siekte sowat dertig jaar tevore toegeslaan het, maar het geen benul gehad van wat gister gebeur het nie.

Ek dink dat meeste besoekers en bydraers tot Versindaba seker al Oliver Sacks se boek The Man Who Mistook His Wife for a Hat gelees het. Ek het nie die boek byderhand nie, maar ek onthou dat hy in daardie boek iemand met korttermyngeheueverlies beskryf het en dat die persoon by navraag aan hom iets gesê het soos: ek voel al vir baie jare asof ek nie leef nie.

‘n Familielid van my - kom ons noem haar A - het Januarie verlede jaar ‘n breingewas ontwikkel. Haar langtermyn geheue is intak en sy onthou als tot en met Januarie 2011. Haar korttermyngeheue is egter daarmee heen. Haar suster - kom ons noem haar B - het my die volgende vertel: B gaan besoek A en hulle sit en gesels. Na ‘n tyd staan A op en sê sy gaan gou badkamer toe. Twee minute later keer sy terug, sien haar sussie B op die bank sit en sê jislaaik B, ek is so bly dat jy kom kuier het, wanneer het jy opgedaag? Sy kan nie eers onthou dat sy haar sussie twee minute tevore gesien het nie.

Die neurobiologie van geheue is besonder interessant maar ek gaan nie daaroor uitwei nie want ek dink nie dat die lesers van Versindaba dit so boeiend soos ek sal vind  nie. Laat ek volstaan met ‘n gedig deur Wislawa Szymborska wat als oor geheue vertel, net so indringend soos enige neurobioloog.

 

Hard Life with Memory

I’m a poor audience for my memory.
She wants me to attend her voice nonstop,
but I fidget, fuss,
listen and don’t,
step out, come back, then leave again.

She wants all my time and attention.
She’s got no problem when I sleep.
The day’s a different matter, which upsets her.

She thrusts old letters, snapshots at me eagerly,
stirs up events both important and un-,
turns my eyes to overlooked views,
peoples them with my dead.

In her stories I’m always younger.
Which is nice, but why always the same story.
Every mirror holds different news for me.

She gets angry when I shrug my shoulders.
And takes revenge by hauling out old errors,
weighty, but easily forgotten.
Looks into my eyes, checks my reaction.
Then comforts me, it could be worse.

She wants me to live only for her and with her.
Ideally in a dark, locked room,
but my plans still feature today’s sun,
clouds in progress, ongoing roads.

At times I get fed up with her.
I suggest a separation. From now to eternity.
Then she smiles at me with pity,
since she knows it would be the end of me too.

 

(Wislawa Szymborska. Vertaal deur Clare Cavanagh en Stanislaw Baranczak)

Leon Retief. Kerke en ander dinge in Kanada

Wednesday, January 18th, 2012

Soos die geval is met baie Westerse lande is Kanada taamlik sekulêr alhoewel ek nie daarin kon slaag om betroubare onlangse syfers te kry nie. Dit wil my voorkom asof ongeveer 18-20% Kanadese hulself bestempel as behorende tot geen geloof nie, maar dit is moeilik om vas te stel hoeveel van die res van die Kanadese bevolking gereelde kerkgangers is. Wat die geval ook al mag wees, wanneer mens deur die land reis en dan veral buite die prêries word dit gou opvallend hoeveel kerkgeboue in onbruik staan of baie min gebruik word.

Alhoewel ek self godsdiens beskou as nie veel anders as ‘n kindersiekte nie is daar tog iets aan ‘n mooi kerkgebou wat vir my ‘n soort van viscerale bekoring het, soortgelyk aan kerkmusiek - ‘n waardering vir sowel die onderliggende religieuse emosie, die struktuur van die werk en die blote sensuele skoonheid van die gebou/komposisie self. Wat kerke betref is my gevoel waarskynlik ten dele te wyte aan my vrou Lesli omdat ek kan sien wat haar geloof vir haar beteken. Sedert 2001, die jaar toe ons oudste dogter Liezl oorlede is het ons telkens, waar in die wêreld ons ook al ‘n Katolieke kerk teengekom het, dit binnegegaan en ‘n kers in haar nagedagtenis aangesteek. Vir my is dit ook ‘n betekenisvolle gebaar al deel ek nie Lesli se sienswyse daaromtrent nie. En soos dit nou maar in politiek korrekte Kanada gaan en met die dat baie kerkgeboue van hout of ander vlambare materiaal gemaak is, is die aansteek van kerse in baie kerke verbied omdat die gebou kwansuis kan afbrand, gevolglik het ons sedert ons aankoms hier vier jaar gelede net twee keer kerse kon aansteek.

Ek het nie Andries se kennis van argitekte of boustyle nie, al wat ek kan bied is enkele foto’s van kerke wat vir my nogal treffend was, sowel as een of twee foto’s oor dinge waarvoor ek nie ‘n ander rede kan kry om te skryf nie maar wat ek tog graag wil plaas.

In September verlede jaar was Lesli en ek in Victoria, die hoofstad van British Columbia, waar ek ‘n kongres bygewoon het. Ons was net tien dae daar en benewens die feit dat ek natuurlik die kongres moes bywoon het ons ook baie tyd spandeer in die wêreldberoemde Butchart Gardens (google dit gerus), restaurante, boekwinkels, vlugte in “seaplanes” (dalk kan iemand help - wat is ‘n goeie Afrikaanse woord hiervoor, “vliegboot” klink nie vir my reg nie) en doodgewone rondwandel en dus net twee kerke gesien. Een was sigbaar uit ons hotelkamer en was regtig niks noemenswaardig nie, die ander een was die kapel van St. Anne’s Academy, Victoria BC,  in ‘n nabygeleë klooster. (Kyk foto hier bo). As ek reg onthou dateer dit uit 1871.

Julie verlede jaar het ons twee weke lank deur Newfoundland getoer en dadelik op daardie provinsie verlief geraak, agterlik soos dit weliswaar deur baie Kanadese beskou word. Die Anglikaanse kerk, The Cathedral of St. John the Baptist, in St. John’s, hoofstad van die provinsie Newfoundland en Labrador, het ‘n besondere orrel, gebou deur die Engelsman Robert Hope-Jones in 1904 en in 1927 gemodifiseer deur die orrelbouer Casavant Frères van St. Hyacinthe in Quebec. Hope-Jones, wat in 1914 (as ek reg onthou) selfmoord gepleeg het, was ‘n baie innoverende orrelbouer, moeilik om mee klaar te kom maar sy baanbrekerswerk het na sy dood gelei tot die Wurlitzer orrel. Die orrel in St. John’s het ‘n besonder indrukwekkende klank alhoewel die uitstekende akoestiek van die kerk natuurlik ook ‘n bydrae lewer. Dit het vier klawerborde vir hande, een vir voete, 52 “speaking stops” (weet nie wat dit in Afrikaans is nie) en nagenoeg 3 600 pype. Ons het een van die gereelde Woensdagmiddag-uitvoerings bygewoon en na die tyd met die orrelis, David Drinkell, gaan gesels. Die uitvoering was werklik ‘n besondere ondervinding en die gemeente kan homself gelukkig ag met so ‘n goeie en begeesterde musikus.

 

 

Orrel van die Cathedral of St. John the Baptist in St. John’s, Newfoundland.

St. John’s is ook die tuiste van die Rooms-Katolieke Basilica of St. John the Baptist (twee katedrale van verskillende denominasies maar dieselfde naam - dalk ‘n soort van wedywering?) waarvan ek ongelukkig nie ‘n goeie naby-foto kon neem nie, maar ek skat dat hierdie foto, geneem vanaf Signal Hill, ‘n goeie idee sal gee van hoe hierdie kerk bo die stadjie uittroon sowel as van die argitektuur van die gebou. Dit is nogal ‘n indrukwekkend van binne sowel as buite.

 

 

Basilica of St. John the Baptist, ook in St. John’s.

 

 

Binnekant van die basilika.

Deel van ons reis het ‘n besoek aan die klein dorpie Cow Head in die Gros Morne National Park in die noordelike skiereiland van Newfoundland ingesluit en alhoewel die plaaslike Anglikaanse kerkie eintlik maar net ‘n soort van opslaangebou is, nie die moeite werd om af te neem nie, kan ek nie die versoeking weerstaan om hierdie foto te plaas nie.

 

 

Anglikaanse kerkie in Cow Head.

Ek het die foto hier onder geneem terwyl ons op ‘n bootrit in die Golf van St. Lawrence verby ‘n klein vissersdorpie gevaar het, die kerkie was hoog op teen ‘n berghang, geïsoleer van die dorpie self, dalkies tekenend van die algemene stand van godsdiens in Kanada as geheel?

Ons het die effens skewe kruis op die toring nogal amusant gevind en het gewonder: is hierdie kerkie die gemeente se religieuse en/of sosiale swaartepunt? Hoeveel mense in ‘n streek wat oor die algemeen as konserwatief beskou word woon nog kerkdienste by? Gesien die skynbare goeie toestand van die gebou mag daar dalk heelwat getroue kerkgangers wees, wie weet.

 

 

Kerkie in die Golf van St. Lawrence.

 

Christ Church Cathedral in Montreal se neogotiese styl het vir ons ‘n mooi kontras gevorm met die pienk gebou in die agtergrond. Die gebou is deur Frank Wills ontwerp en in 1859 voltooi. Dis nou die kerk, nie die pienk gebou nie…

 

 

Christ Church Cathedral, Montreal.

Die volgende twee foto’s is nie van ‘n kerk nie maar wel van ‘n tempel - een gewy aan Mammon.

 

Binnekant van die Royal Bank of Canada, Montreal.

Is daar iewers in die wêreld selfs ‘n middelmatige groot Franssprekende stad wat nie ‘n Notre Dame katedraal het nie? Montreal is geen uitsondering nie maar die Notre Dame katedraal aldaar het ons nie juis besonder beïndruk nie. Nogtans, hier is soos dit lyk - ongelukkig kon ek nie ‘n foto vanuit ‘n goeie perspektief neem nie want oral rondom die katedraal was werkers besig om strate, sypaadjies en parkeerterreine op te kap en als was afgesper.

 

Notre Dame katedraal, Montreal.

 

Die klein en pragtige dorpie Mahone Bay in Nova Scotia het drie werklik mooi kerke (Anglikaans, Luthers en United)  aan die dorp se waterfront in Edgewater Street, almal binne sowat 300 meter van mekaar. Elkeen is grootliks van hout gebou en daar word dikwels musiekuitvoerings aangebied. Hierdie drie kerke is dwarsdeur Kanada bekend en waar mens ook al in Nova Scotia reis kan mens poskaarte koop met foto’s van die kerke langs die waterfront.

Ons het Mahone Bay oor ‘n naweek besoek en elke Saterdag is daar oorkant die kerke ‘n straatmark wat ons natuurlik besoek het. Ons het elkeen ‘n sny vars brood en ‘n Tim Horton’s koffie gaan koop en op ‘n bank langs die waterfront gaan sit en om die beurt na die kerke en die baai gekyk. Toe dink ek onwillekeurig aan oom Simon Uys, ‘n nou al lank oorlede algemene praktisyn in Bellville wat dikwels geassisteer het by operasies waarvoor ek narkose gegee het. Benewens ‘n pragtige bry het hy ook ‘n klein wynplasie besit en eendag vertel hy my hoe hy die Saterdagmiddag op sy stoep gesit het met ‘n glas wyn in een hand en ‘n sny vars, warm brood in die ander, en aan homself gesê het “Jiggghe, Simon, jy is dagghem gghyk!” Hy het nie van geld gepraat nie. Op daardie dag in Mahone Bay het ek ook so gedink.

 

Drie kerke in Mahone Bay. 

Ons het ‘n onbeplande naweek in Antigonish (uitgespreek as AntIgonish) deurgebring, bloot omdat ons iewers vir ‘n paar dae wou ontspan en Antigonish was die naaste dorp vir hierdie doel. Ek het eers later uitgevind dat dit die tuiste is van die digteres Anne Simpson.

Seksuele molestering van seuntjies deur priesters het natuurlik ook in Kanada plaasgevind en skynbaar veral in Nova Scotia. Die voormalige biskop van daardie provinsie, biskop Raymond Lahey, is baie lof toegeswaai toe hy ruiterlik erken het dat hierdie skandale plaasgevind het en ‘n skriftelike verskoning sowel as ‘n skikking ter waarde van $15 miljoen bewerkstellig het om die slagoffers te vergoed.  En sowaar, net ‘n paar maande later is hy betrap met kinderpornografie op sy rekenaar. Hier is St. Ninian’s katedraal waar Lahey gesetel was.

 

St. Ninian’s in Antigonish.

Nova Scotia het waarskynlik meer kerke per honderd vierkante kilometer as enige ander gebied wat ons nog besoek het. Dikwels kom mens ‘n kerk sommer in die middel van nêrens teen, soos die kerke in die onderstaande twee foto’s. Meestal is die geboue goed versorg maar dit was moeilik om te oordeel of dit wel nog vir dienste gebruik word. Plattelandse Nova Scotia en Newfoundland se kerke is oor die algemeen strak, wit en eenvoudig.

Twee kerke in Nova Scotia.

Gravelbourg is ‘n kleinerige dorpie in die suide van Saskatchewan en die tuiste van die Cathedral of our Lady of the Assumption wat in 1919 voltooi is. Gravelbourg was tot redelik onlangs een van die min Franssprekende enklaves in Saskatchewan en die katedraal het in 1930 die setel van ‘n Katolieke biskop geword. Die dorp het sedertdien al meer verengels en die Katolieke populasie het tot so ‘n mate afgeneem dat daar nie meer ‘n biskop is nie en deesdae is die gebou bekend as ‘n ko-katedraal, wat dit ook al mag beteken. Die gebou self is taamlik onaansienlik van buite maar die binnekant, geskilder deur Monsignor Charles Maillard, is ‘n fees vir die oog en is ‘n uitbeelding van die sondes van die wêreld, die veertien stasies van die kruis (ek hoop dis die korrekte Afrikaans vir stations of the cross) en die dood van St. Philemon - voordat die kerk ‘n katedraal geword het is dit vernoem na St. Philemon, wie hy ook al was. Ek kon nie vasstel wanneer Maillard die interieur geskilder het nie maar dit was waarskynlik in die vroeë 1920’s.

Wanneer mens Gravelbourg se buitewyke benader is een van die eerste sowat ses dinge wat mens opval die reklameborde (as dit nou in hierdie geval die regte woord is) wat aborsie afkeur. Die afname in die Katolieke populasie ten spyt het dit skynbaar nie die sienswyse van die inwoners verander nie. Nogtans is dit ‘n dorpie met ‘n taamlike kosmopolitaanse atmosfeer (wel, kosmopolitaans vir die prêries) en met ‘n paar lekker restaurante.

 

Katedraal in Gravelbourg. 

Hierdie is waarskynlik die kleinste kerkie in Kanada, net buite Drumheller in Alberta se Badlands. Plek vir drie, die prediker en nog twee mense.

Kerkie in die Badlands.

 

 

Die Badlands.

 

Die rede vir ons besoek aan Drumheller was nie om die Badlands of Drumheller self te sien nie want dis maar ‘n redelik mistroostige dorpie - ons motivering was die Royal Tyrrell Museum net buite die dorp. Die Badlands het een van die rykste bronne van dinosouriërfossiele wat bekend is en hierdie museum is die enigste ter wêreld wat net aan paleontologie gewy is. Dit is ook ‘n “werkende” museum in die sin dat daar aktiewe navorsing gedoen word en van die uitstallings was werklik asemrowend. ‘n Verdere bydrae tot ons opwinding was ‘n uitstalling van Kambriese fossiele uit die Burgess-skalie wat in British Columbia se Rockies te vinde is, fossiele wat meer as 500 miljoen jaar oud is. Dit was die eerste keer dat ek van aangesig tot aangesig gekom het met onder andere Anomalocarus en Opabinia. Hier staan Lesli by die been van ‘n uitgestorwe dinosouriër.

 

Lesli in die Royal Tyrrell Museum

 

Andries het in sy uitstekende inskrywing oor kerke genoem dat toenemende ontkerstening tot gevolg het dat baie mense nie meer verwysings na die Bybel in letterkunde sal verstaan nie. Hy is waarskynlik korrek. Die King James weergawe van die Bybel, saam met Shakespeare se werke is sekerlik die twee geskrifte wat die grootste bydrae ooit tot die Engelse taal gelewer het. Dit bly vir my interessant hoe lank sulke kennis by mens bly voortbestaan. Ek het laas ‘n Bybel oopgemaak toe ek sestien was en moes katkiseer, maar steeds verstaan ek baie sulke verwysings - hoeveel by my verbyglip weet ek weliswaar nie. Dit laat my beslis armer - en nie net vir my nie maar ook daardie mense wat van kindsbeen af geen sulke kennis het nie.

 

In the secular night

In the secular night you wander around
alone in your house. It’s two-thirty.
Everyone has deserted you,
or this is your story;
you remember it from being sixteen,
when the others were out somewhere, having a good time,
or so you suspected,
and you had to baby-sit.
You took a large scoop of vanilla ice-cream
and filled up the glass with grapejuice
and ginger ale, and put on Glenn Miller
with his big-band sound,
and lit a cigarette and blew the smoke up the chimney,
and cried for a while because you were not dancing,
and then danced, by yourself, your mouth circled with purple.

Now, forty years later, things have changed,
and it’s baby lima beans.
It’s necessary to reserve a secret vice.
This is what comes from forgetting to eat
at the stated mealtimes. You simmer them carefully,
drain, add cream and pepper,
and amble up and down the stairs,
scooping them up with your fingers right out of the bowl,
talking to yourself out loud.
You’d be surprised if you got an answer,
but that part will come later.

There is so much silence between the words,
you say. You say, The sensed absence
of God and the sensed presence
amount to much the same thing,
only in reverse.
You say, I have too much white clothing.
You start to hum.
Several hundred years ago
this could have been mysticism
or heresy. It isn’t now.
Outside there are sirens.
Someone’s been run over.
The century grinds on.

© Margaret Atwood

 

 

Leon Retief. Surrealisme en die Black Dahlia moord

Monday, November 28th, 2011

Life imitates art far more than art imitates life - Oscar Wilde.

There is every reason to believe that (surrealism) acts on the mind very much as drugs do; like drugs it creates a certain state of need and can push man to frightful deeds - Andre Breton, Manifesto of Surrealism.

Sedert my skooldae het ek ʼn belangstelling in die beeldende aspekte van surrealisme gehad nadat ek ʼn boek daaroor in ons dorpsbiblioteek op Wepener ontdek het. Hoe op aarde die boek daar beland en op die rakke gebly het weet ek nie want met die politieke en godsdienstige klimaat van daardie tyd was omtrent enigiets anders as Pierneef en Hugo Naude beskou as uit die bose. Dit was die sestigerjare, die era van Verwoerd, John en Koot Vorster en Herman Strauss van Christelike Nasionale Onderwys-faam. (Ek het ook Darwin se Origin of Species en The Descent of Man in dieselfde biblioteek ontdek. Dalk was die destydse bibliotekaresse, tannie Mattie Geyer, meer liberaal as wat ek vermoed het, dalk was sy maar net nalatig, maar hoe dit ook al sy, ek dink steeds met nostalgie terug aan die ure wat ek in daardie baie goed toegeruste biblioteek deurgebring het.)

Sowat ʼn jaar of wat gelede het ek, terwyl ek meer oor surrealisme gelees het, toevallig afgekom op die vreemde verhaal van wat bekend staan as die Black Dahlia Murder. Die ietwat makabere vonds het my belangstelling geprikkel en ek het meer daaroor begin navors.

Wilde se stelling is waarskynlik taamlik aanvegbaar, maar die ontdekking van die verminkte liggaam van Elizabeth Short (haar foto hier bo) op 15 Januarie 1947 langs ʼn straat in Los Angeles toon dalk dat hy moontlik ʼn punt beet gehad het.

Short was tydens haar dood ʼn werklose jong dame wat gehoop het om ʼn Hollywood-ster te word. Nieteenstaande die sensasionele berigte wat die Hearst koerantketting destyds oor haar gepubliseer het is daar geen aanduiding dat sy ooit by prostitusie betrokke was nie. Hierdie koerante het aan haar die naam van Black Dahlia gegee omdat sy in swart geklee was toe sy die laaste keer lewend gesien is sowat ʼn week voordat haar lyk gevind is. Dis waarskynlik nie nodig om veel meer besonderhede oor haar agtergrond te verskaf nie aangesien dit nie relevant is tot die gebeure nie - hoe en waar sy haar moordenaar ontmoet het is steeds onbekend.

Ek gaan ook nie veel sê oor die surrealisme op sig self nie - beide lesers van hierdie bydrae is na alle waarskynlikheid goed daarmee bekend en soos hulle beslis weet het hierdie rigting in die beeldende kunste liggame - en veral vroueliggame - dikwels in vreemde en soms gemutileerde omstandighede uitgebeeld. Soos die kunshistorikus Sidra Stich opgemerk het “The recurring inclusion of images pointedly allied with death as integral body parts (eg skulls, a gun, a bottle of poison) locate destruction within the very core of the figure.”

Ek wonder soms nogal daaroor en moet erken dat dit my nie aanstaan nie, al het Dorothea Tanning geskryf “The millions of words they (dit wil nou sê die surrealiste) lavished on her (vroue) were not diagrams for degradation… They were disguised hymns to her mystery. I don’t believe that even in the most romantic moments of literary history have writing men so adored the idea of women.”

Ja well no fine - disguised inderdaad. Ek het steeds my voorbehoude, maar moet byvoeg dat daar na die beste van my wete geen verhoogde insidensie van maritale of ander geweld by surrealiste te bespeur is nie, een van die min uitsonderinge waarmee ek bekend is was toe Oscar Dominguez in ek dink 1938 tydens ʼn dronk meningsverskil ʼn bottel na Victor Brauner gegooi het en hom blind in een oog gelaat het.

Terug na Elizabeth Short. Haar liggaam was in twee gesny bokant haar naeltjie, netjies gewas en al die bloed was gedreineer, wat daarop dui dat sy elders vermoor is en dat haar lyk na die moord op die betrokke plek geplaas is. Dit was duidelik dat die moordenaar haar liggaam as’t ware uitgestal het. Haar bene was oopgesprei, een been se knie gebuig en haar arms was bo haar kop uitgestrek. Die posisie herinner aan ʼn foto deur Man Ray, Juliet on the Couch (ca 1945). Ongelukkig kon ek nie ʼn weergawe van hierdie foto op die internet vind nie - en hier het ek olliewhaail gedink mens kans absoluut als op die internet kry. Man Ray se foto toon sy eggenote Juliet Browner wat uitgestrek op ʼn rusbank lê, een been opgetrek, beide arms bo haar kop gestrek - tot ʼn baie groot mate dieselfde posisie waarin Short se lyk gevind is. In die foto is Juliet Browner natuurlik lewend en in een stuk. Daar is eweneens ooreenstemminge met ʼn foto deur Man Ray, Primacy of matter over Thought.

primacy of matter over thought. Man Ray

Primacy of matter over thought. Man Ray

In nog ʼn werk van Man Ray, La Jumelle (Die Tweeling) - hierdie keer ʼn skilderye en nie ʼn foto nie -, word ʼn vroulike liggaam uitgebeeld asof sy in twee geklief word deur wat lyk na ʼn glas- of metaalplaat.

Die posisie waarin Short se liggaam gerangskik is toon ook ooreenstemming met ʼn werk van Hans Bellmer, wie se vasgemaakte en soms verminkte poppe en mannekyne taamlik onthutsend is. Alyce Mahon het Bellmer se bydrae tot ʼn uitstalling van surrealistiese kuns beskryf as “…inject(ing) a note of death and sinister violence - the doll’s grotesque imperfection contrasting starkly with the mass-produced beauty of the mannequins.”

Hans Bellmer se Pop

Hans Bellmer se Pop

Daar is ook segmente weefsel uit beide van Short se borste gesny wat herinner aan ʼn Exquisite Corpse tekening deur André Breton, Nusch Éluard, Paul Éluard en Valentine Hugo, waar ʼn vroulike figuur uitgebeeld word met arms uitgestrek in min of meer dieselfde posisie as waarin Short se liggaam gevind is en met segmente van beide borste ingekleur asof dit uitgesny kon wees. Ongelukkig kon ek ook nie van hierdie werk ʼn afbeelding op die internet opspoor nie.

Daar is ook ʼn segment spier uit een van Short se bobene verwyder wat herinner aan Salvador Dali se Minotaure.

Salvador Dali se Minotaure.

In sy geheel laat die moordtoneel mens dink aan Dali se Art of Radio.

Art of radio. Salvador Dali

Art of radio - Salvador Dali

Alhoewel verskeie verdagtes deur die polisie ondervra is het geen arres gevolg nie en is die moord vandag nog amptelik onopgelos.

Dit is onwaarskynlik dat die ooreenkomste tussen hierdie moord en surrealisme aan blote toeval te wyte is. Met Hitler se oorname van mag in Duitsland in die dertigerjare en nog later met die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het baie surrealiste na die VSA uitgewyk, net soos talle ander kunstenaars, akademici, sakemanne en dies meer. Sommige het ʼn tuiste in New York gevind, ander in Kalifornië en meer spesifiek in Hollywood en Los Angeles en teen 1947 was hierdie kunsrigting goed gevestig in Amerikaanse kunskringe, hul werke gesog onder versamelaars.

Die moordenaar het beslis kennis gedra van surrealisme en daar word skynbaar algemeen aanvaar dat die surrealistiese gemeenskap ʼn vermoede gehad het wie die moordenaar was. Van hul latere werke het op hierdie moord gesinspeel, meer daaroor later.

George Hodel

George Hodel

George Hodel (1907-1999) was ʼn randfiguur in die surrealistiese dampkring, ʼn dokter met vele belangstellings, onder andere die kunste en psigoanalise, maar ook ʼn ietwat eienaardige persoonlikheid om dit saggies te stel. Hy was hoof van die veneriese siekte afdeling van die Los Angeles County Health Department gedurende die 1940s en het ook ʼn privaat kliniek besit. Sy sekretaresse het selfmoord gepleeg deur ʼn oordosis barbiturate te neem, maar wat mens laat wonder of dit inderdaad selfmoord was is die feit dat hy teenwoordig was toe sy oorlede is en dat hy van haar dokumente na haar dood verbrand het voordat die polisie ontbied is. Skynbaar wou sy hom gaan aankla omdat hy rekeninge vervals het. Dalk is hierdie vervalste rekeninge die rede waarom hy dit kon bekostig om ʼn huis te laat oprig wat deur Frank Lloyd Wright se seun ontwerp is en ʼn groot kunsversameling op te bou.

Hodel en sy vrou was bevriend met Man Ray en sy eggenote Juliet Browner, sodanig so dat Man Ray foto’s van Hodel se kinders geneem het en ook van sy boeke aan Hodel geskenk het. Hodel was dus baie goed bekend met surrealisme in die algemeen en met Man Ray se werk in die besonder

Hodel se dogter het in 1949 ʼn aanklag van bloedskande teen haar pa aanhangig gemaak maar hy is vrygespreek alhoewel dit vir my wil voorkom asof hy inderdaad skuldig was. Hierdie klag het die polisie laat besluit dat hy ʼn verdagte in die moord op Elizabeth Short is - ek moet byvoeg dat ek self geen sodanige verband sou vermoed nie maar nou ja, ek is nie ʼn speurder nie.

Die polisie het skelmpies mikrofone in Hodel se huis laat installeer en sommige van die dinge wat hy kwytgeraak het klink inderdaad inkriminerend vir iemand soos ek wat nie weet watter soort stellings in ʼn hof as bewyse aanvaar sal word nie.

“Supposin’ I did kill the Black Dahlia. They couldn’t prove it now. They can’t talk to my secretary anymore because she’s dead. They thought there was something fishy. Anyway, now they may have figured it out. Killed her. Maybe I did kill my secretary…”

Hieronder is ʼn uittreksel uit die polisie se verslag aan die jurie.

Doctor George Hodel, MD… at the time of this murder had a clinic at East First Street near Alameda. Lillian DeNorak… who lived with this doctor said he spent some time around the Biltmore Hotel (dieselfde hotel waar Short laas lewend gesien is) and identified the photo of the victim Short as one of the doctor’s girlfriends. Tamar Hodel… daughter, stated that her mother, Dorothy Hodel, has told her that her father had been out all night on a party the night of the murder and said, “They’ll never be able to prove that I did that murder.”

Nou moet ek byvoeg dat Lillian DeNorak later in ʼn psigiatriese hospitaal opgeneem is (ek weet nie waarom nie en ook nie wie haar laat opneem het nie) en dat verskeie ander getuies die polisie vertel het dat hulle nooit vir Short en Hodel saam gesien het nie.

In 2003 het Steve Hodel, seun van George en op daardie stadium ʼn afgetrede speurder by Los Angeles se moordafdeling, ʼn boek gepubliseer waarin hy beweer dat sy vader die Black Dahlia moordenaar is. Na George Hodel se dood het hy afgekom op twee foto’s van Short wat deur sy vader geneem is - George was ʼn entoesiastiese fotograaf. Short se familie ontken dat hierdie foto’s van Elizabeth is en ek self sien geen ooreenstemming nie. Steve Hodel beweer voorts in sy boek dat George ook verantwoordelik is vir verskeie ander onopgelosde moorde, bewerings wat sedertdien deur ander skrywers in vlamme afgeskiet is.

Die tergende vraag bly dus: was George Hodel die Black Dahlia moordenaar? Hy het beslis ʼn eienaardige persoonlikheid gehad, het baie belang gestel in die surrealisme en gesien sy kontakte met surrealiste en Man Ray se werk in die besonder is daar ooreenstemmings wat beslis verdag lyk. Was hierdie moord die poging van ʼn gefrustreerde kunstenaar wat Elizabeth Short om die lewe gebring het om sodoende ʼn “kunswerk” in vlees en bloed te skep wat alle ander surrealistiese skeppings sou oortref? Wie weet…

Wie die moordenaar ook al was, surrealiste het onmiddellik besef dat daar ʼn verwantskap is tussen hierdie grusame daad en hul kunsvorm en verskeie van hul latere werke het daarna verwys. Die belangrikste is waarskynlik Duchamp se Étant donnés waarvan ek nie ʼn afbeelding gaan plaas nie maar wat in Wikipedia te sien is.

Alhoewel die Black Dahlia moord nou al grootliks in die vergetelheid verval het is daar tog in heavy metal rock-groep met dieselfde naam wat na die beste van my wete steeds aktief is.

Naskrif: jare nadat ek klaar met skool was het Lesli en ek weer eenkeer by my ouers op Wepener gaan kuier. Toevallig was daar ʼn uitverkoping van ou biblioteekboeke en ek het groot plesier daaruit gekry toe ek die twee boeke deur Charles Darwin kon aankoop, sowel as Erich Maria Remarque se All Quiet on the Western Front. Ek het daai boek uitgeneem toe ek in standerd agt en veertien jaar oud was en ek onthou dat tannie Mattie so bietjie gefrons het toe sy die boek stempel en my nog gesê het sy dink nie hierdie boek is geskik vir kinders nie maar toemaar, ek kan dit maar huis toe neem en lees. Dus was sy dalk wel ʼn soort van in-die-kas liberaal.

 

Free Union 
 

My wife with the hair of a wood fire
With the thoughts of heat lightning
With the waist of an hourglass
With the waist of an otter in the teeth of a tiger
My wife with her rosette mouth and a bouquet of stars of the last magnitude
With the teeth of tracks of white mice on the white earth
With the tongue of rubbed amber and glass
My wife with the tongue of a stabbed host
With the tongue of a doll that opens and closes its eyes
With the tongue of an unbelievable stone
My wife with her eyelashes in the strokes of a child’s writing
With eyebrows from the edge of a swallow’s nest
My wife with brows of slates on a hothouse roof
And with steam on the windowpanes
My wife with shoulders of champagne
And of a fountain with dolphin heads beneath the ice
My wife with wrists of matches
My wife with fingers of luck and the ace of hearts
With fingers of mown hay
My wife with armpits of marten and of beechnut
And of Midsummer Night
Of privet and of an angelfish nest
With arms of seafoam and of riverlocks
And of a mingling of the wheat and the mill
My wife with legs of flares
With the movements of clockwork and despair
My wife with calves of eldertree pith
My wife with feet of initials
With feet of rings of keys and Java sparrows drinking
My wife with a neck of unpearled barley
My wife with a throat of the valley of gold
Of a tryst in the very bed of the torrent
With breasts of night
My wife with her undersea molehill breasts
My wife with breasts of the ruby’s crucible
With breasts of the spectre of the rose beneath the dew
My wife with the belly of an unfolding of the fan of days
With the belly of a gigantic claw
My wife with the back of a bird fleeing vertically
With a back of quicksilver
With a back of light
With a nape of rolled stone and wet chalk
And of the drop of a glass where one has just been drinking
My wife with hips of a skiff
With hips of a chandelier and of arrow-feathers
And of shafts of white peacock plumes
Of an insensible pendulum
My wife with buttocks of sandstone and asbestos
My wife with buttocks of swans’ backs
My wife with buttocks of spring
With the sex of an iris
My wife with the sex of placer and platypus
My wife with a sex of seaweed and ancient sweetmeat
My wife with a sex of mirror
My wife with eyes full of tears
With eyes of purple panoply and of a magnetic needle
My wife with savanna eyes
My wife with eyes of water to be drunk in prison
My wife with eyes of wood always under the axe
My wife with eyes of water-level air-level earth and fire

1931

André Breton

***

Dark Poet 

Dark Poet, a maid’s breast
Haunts you,
Embittered poet, life seethes
And life burns,
And the sky reabsorbs itself in rain,
Your pen scratches at the heart of life.

Forest, forest, alive with your eyes,
On multiple pinions;
With storm-bound hair,
The poets mount horses, dogs.

Eyes fume, tongues stir,
The heavens surge into our senses
Like blue mother’s milk;
Women, harsh vinegar hearts,
I hang suspended from your mouths.

Umbilical Limbo 1926

Antonin Artaud

Leon Retief. Musiek so in die verbygaan

Monday, November 21st, 2011

 BUSKER

I strum hymns

as an offering

while they trudge seriously

up Golgotha’s slope

each with a briefcase crucifix

and no smile for the minstrel

(Graeme King)

Straatmusikante het my nog altyd geïnteresseer. Dit moet seker ʼn redelike raap-en-skraap manier wees om ʼn lewe te maak. Waarom doen hulle dit? Gaan dit om den brode of hou hulle van die feit dat hierdie leefwyse hulle minder gebonde maak aan die daaglikse roetine wat meeste mense maar noodgedwonge moet volg?

Ek kan my nie herinner dat ons veel sulke musikante in Suid-Afrika gesien het nie maar hulle is nogal volop in die groter stede van Kanada.

Hierdie man is afgeneem in Victoria, British Columbia, ʼn stad met besonder baie sulke musiekmakers, waarskynlik omdat dit so ʼn gewilde toeriste-bestemming is. Soos mens min of meer uit sy voorkoms kan aflei sing hy Country and Western. Nie juis een van my geliefkoosde genres nie om dit saggies te stel. Sulke musiek is nogal baie gewild dwarsdeur Kanada, selfs in kosmopolitaanse plekke soos Victoria. Mens raak later gewoond daaraan, byna soos die staaltjie van die padda wat in ʼn pot koue water gesit word wat dan baie stadig verhit word sodat die arme dier doodgaan voordat hy agterkom die water word nou ongemaklik warm. Ek is so effens bevrees dat ek later dalk selfs van Country and Western gaan hou…

Hierdie vrolike drietal het natuurlik ook Country and Western gesing (If you wanna play in Texas, you gotta have a fiddle in the band…) maar hulle was sonder twyfel die swakste straatmusici wat ons nog teengekom het - en sou betaal om hulle nie te hoor nie.

Hierdie kêrel, ook in Victoria, is ʼn gebore showman. Sy musiek? Moeilik om te beskryf. Dink aan Barok ontmoet Ierse volksmusiek…

Die volgende oggend was hy weer op sy plek, hierdie keer met sy Darth Vader masker, tot groot vermaak van verbygaande kinders. Sy musiek was steeds dieselfde.

Tydens ons besoek aan Victoria het Lesli en ek soos gewoonlik elke oggend vroeg ʼn ent gaan stap en later in ʼn verlate deel van die hawe beland - verlate in die sin dat daar geen ander mense in die omgewing was nie, slegs ‘n klompie seil- en motorjagte wat oënskynlik sonder bemanning aan boord vasgemeer was. Terwyl ons so aanstap het ons veraf musiek gehoor. Na ʼn tydjie se rondkyk het Lesli hom gewaar: die eienaar of skipper van ʼn groterige motorjag so 300 meter van ons, besig om op die boonste dek musiek te maak, net vir homself. Ek het hom ʼn hele tyd deur my kamera se lens dopgehou terwyl hy sing, mondfluitjie speel en so af en toe ʼn sluk bier neem. (The beer I had for breakfast tasted good so I had one more for desert…) Die klank was bietjie te sag teen die tyd dat dit ons ore bereik het maar dit het vir my geklink of hy sowel Bob Dylan en Kris Kristofferson sing. Dit was sommer so ʼn onverwagse lekker ondervinding, hierdie allenige sanger wat sonder enige gehoor sing, mondfluitjie speel en die helder sonskyn van ʼn wolklose herfsdag so op sy eentjie geniet.

Ons het Nova Scotia verlede jaar in Augustus besoek, ongelukkig moes ons vertrek kort voordat die jaarlikse Busker Festival die hoofstad Halifax plaasgevind het. Nietemin, al kon ons nie tydens die fees self daar wees nie kon ons darem heelwat van die straatmusikante sien wat al begin saamtrek het. Hierdie duo het ʼn bejaarde tannie tot danspassies geïnspireer.

Hierdie jong dametjie was nou wel nie ʼn straatmusikante nie, die foto is geneem by Peggy’s Cove in Nova Scotia. Ek dooi nie juis oor doedelsakmusiek nie maar sy was nogal heeltemal behendig en ons hoop dat sy vanjaar darem in een of ander universiteit of kollege is.

Laaste maar nie die minste nie, ons tuisdorp Moose Jaw. Hierdie is die Band City Dance Band, ʼn propperse big band jazz ensemble wat van tyd tot tyd hier optree. (Let op die spelling van Players Newstand in die agtergrond.) Net om die straathoek regs agter is die Band City Beauty & Barber Shop en heel voor aan die linkerkant speel tannie Fairlye Justason, wat omtrent tagtig jaar oud lyk en so elke ses weke of wat my hare in daai barbierwinkel knip.

 

Leon Retief. Die Occupy Movements

Wednesday, November 16th, 2011

Met die dat Wysneus se opvattings oor die politieke ekonomie deur Desmond as “vreesaanjaend” bestempel is kan ek nie anders as om ʼn klip in die bos te gooi oor die “Occupy Movements” nie, deels omdat ek vermoed dat Wysneus grootliks met my gaan saamstem en dat Desmond (onder andere) gaan verskil. En dis beslis ʼn versoeking wat ek nie kan weerstaan nie.

Soos almal weet het die “Occupy” bewegings min of meer dwarsdeur die Weste versprei nadat dit in New York begin het. Gesien die aard van die Amerikaanse ekonomiese stelsel het die besetters daar beslis ʼn paar geldige punte beet en dat hul motiewe suiwer is betwyfel ek nie, maar helaas, hul greep op die werklikheid is maar swak en hulle mik beslis soms op die verkeerde teikens, alhoewel ek met hulle eens is oor die onverantwoordelike optrede van Amerikaanse banke. En nou moet ek byvoeg - was ek ʼn 20-jaar-oue student sou ek na alle waarskynlikheid ook iewers op ʼn plein of park gaan plak het, nie noodwendig omdat ek saamstem met die protesteerders se agenda nie, maar omdat ek ʼn gulde geleentheid sou sien om my slaapsak met ʼn mooi jong dingetjie te deel.

Die Amerikaanse occupy movement is die gevolg van ʼn sisteem waar baie mense (jong mense nogal!) ʼn diep en geregverdige kommer het oor hul toekoms, oor hul kanse om ooit weer ʼn voltydse werk te hê en of hulle ooit eendag met rus in hul harte sal kan aftree. Amerikaanse bankiers verdien deur middel van doodgewone swendelary reuse-bedrae geld terwyl die werkloosheidsyfer in die VSA die hoogste in dekades is. Als heeltemal geregverdige klagtes teen die huidige sisteem.

Terwyl baie van die besetters se klagtes oor die vrye mark soos dit in die VSA gesien word geregverdig is spreek dit nie tot sommige van die heel fundamentele gebreke in die Amerikaanse finansiële sisteem nie. Om net een voorbeeld te noem, korporatiewe belasting in die VSA is van die hoogste in die Westerse wêreld, voorts word Amerikaanse maatskappye ook belas op winste wat hulle buite die VSA maak. Na die beste van my wete is dit nie die geval in enige ander land nie. Dit beteken dat geen Amerikaanse maatskappy geld wat hulle buite die VSA verdien na Amerika kan bring sonder om ook daarop belas te word nie en die logiese gevolg hiervan is dat sulke maatskappye hul geld maar doodeenvoudig in die buiteland hou en daardeur werk verskaf aan mense in Indië, Mexiko of waar ook al en dat Amerikaners daardie werk kwyt is.

Als goed en wel, maar wat is die situasie in Kanada? Die Occupy movement het natuurlik ook hier posgevat. Toronto, Ottawa, Vancouver en Halifax se parke word tans beset deur protesteerders wat hul tente opgeslaan het, luidkeels hul misnoeë met die Kanadese ekonomiese opset te kenne gee en een of ander ongedefinieerde Utopia voorstaan wat op en of ander ewe ongedefinieerde wyse tot stand gebring moet word.

Als goed en wel, maar gesien die hemelsbreë verskille tussen Kanada en die VSA, het die Kanadese occupy movement hoegenaamd ʼn punt beet? Ek dink nie so nie. Trouens, ek dink die Kanadese occupy movement is plein en simpel… wel, simpel.

Om mee te begin. Kanada het nie ʼn “housing bubble” gehad soos wat in die VSA gesien is nie. Kanadese banke het nie hulp van die regering benodig nie en is in der waarheid tans van die sterkste banke ter wêreld. Werkloosheid in Kanada is al die afgelope twee jaar besig om te daal en is tans laer as byna enige tydperk sedert die 1960s. Wanneer mens na armoede in Kanada kyk is die situasie dieselfde - ten spyte van die feit dat die inkomsteperk waar iemand amptelik as arm beskou word die afgelope paar dekades voortdurend opwaarts aangepas is, word slegs ongeveer 10% van Kanadese huishoudings as arm beskou, die laagste syfer in byna veertig jaar. Die mediane inkomste het tussen 1993 en 2008 met 21% gestyg nadat vir inflasie aangepas is.

Saam met die verhoging in mediane inkomste het vanselfsprekend ook ʼn verhoging in lewenstandaard gekom. In 1980 het slegs 30% van Kanadese huishoudings ʼn skottelgoedwasser besit, vandag is die syfer ongeveer 60%, terwyl die eienaarskap van mikrogolfoonde toegeneem het van 10% tot meer as 90%, terwyl dieselfde tendens gesien kan word by alle ander elektroniese apparate soos grootskerm TV’s, selfone en wat ook al.

Die groot en groeiende gaping in inkomste tussen die boonste een persent van die bevolking, die sogenaamde superrykes, en gewone burgers, die 99% soos die occupiers hulself noem, is natuurlik vir hulle ʼn groot bron van ergenis. Byna elke keer wanneer daar televisiedekking van die protes is sien mens ʼn plakkaat wat die regte van die 99% bepleit.

Om in Kanada as lid van die een persent te kwalifiseer moet iemand meer as Kanadese $170 000 verdien het. Hierdie syfer is verkry by Statistics Canada en dateer uit 2007. Dit sluit weliswaar nie inkomste wat uit kapitaal winste verkry is in nie. Die vergelykbare syfer in die VSA is sowat $400 000.

In die VSA verdien die top een persent sowat 20% van al die inkomste in daardie land terwyl daardie groep in Kanada ongeveer 11% van alle inkomste in hul sakke steek. Dit is naastenby dieselfde persentasie as in 1945.

Hierdie groot gaping tussen die inkomstes van die top een persent en die ander 99% word gewoonlik met groot verontwaardiging aangehaal, so asof dit vanselfsprekend skandalig is dat sommige mense sulke groot bedrae geld verdien. Daar word egter baie selde gekyk na hoe hierdie mense hul geld verdien en wat hulle daarmee maak. Soos Paul Wells tereg opgemerk het, as die aandeelhouers van ʼn maatskappy besluit om die direkteure van die betrokke maatskappy ʼn stewige salaris te betaal dan is dit ʼn saak tussen die aandeelhouers en die direkteure en niemand anders nie - die salarisse van die direkteure kom per slot van rekening uit die aandeelhouers se sakke.

Voorts betaal die top een persent in die VSA sowat 38% van alle persoonlike inkomstebelasting, in Kanada nagenoeg 25%. As die bevolking volgens inkomste verdeel word in groepe van 20% sal mens vind dat die presentasie inkomste wat deur die boonste 20% verdien word gestyg het van 45% in die vyftigerjare van die vorige eeu tot ongeveer 52% tans. Dertig jaar gelede was die bruto inkomste van die boonste 20% naastenby 33 keer meer as dié van die onderste 20%, maar wanneer die effek van belasting nou in 2011 in ag geneem word dan is die verskil nie naastenby so groot nie en is die salaristjek van ʼn lid van die top 20% nege keer groter.

Wanneer mens hierdie top 20% se inkomste verder ontleed kom mens op ʼn interessante verskynsel af: die groei in inkomste het byna uitsluitlik in die boonste een persent van daardie 20% plaasgevind, oftewel, die onderste 19% se sny van die koek het min of meer konstant gebly. Die ekonoom Mike Veall het hierdie groepie mense verder bekyk en gevind dat die toename in inkomste meestal by die boonste 0,1% lê, oftewel diegene wat meer as nagenoeg $600 000 per jaar huis toe neem. En in daardie 0,1% is weer ʼn meer uitgelese groepie. Te wete die heel boonste 0,01% wat meer as $1 800 000 per jaar verdien. Oftewel, daar is in Kanada geen sprake van ʼn bevolking wat in twee groot groepe, naamlik die haves en die have-nots verdeel is nie - daar is bloot ʼn paar duisend besonder stinkryk mense wie se inkomste baie meer is as die ander 34 miljoen Kanadese, daardie groep hoi polloi wat 99,99% van die bevolking beslaan.

Wie is hierdie mense? Sonder twyfel is daar heelwat sakemanne en vroue (onder andere Arlene Dickinson, ʼn Suid-Afrikaans gebore bemarkingsdeskundige), maar daar is vanselfsprekend ook ʼn hele aantal sportsterre (veral yshokkiespelers) en natuurlik popsangers.

Dit is natuurlik nie net in die VSA en Kanada waar ʼn klein presentasie mense wegstap met ʼn oënskynlik buitensporige deel van die bevolking se totale inkomste nie - dieselfde situasie word gevind in baie lande met ander ekonomiese en politieke omgewings, selfs ook in Swede.

Iets wat wel anders is as ʼn aantal dekades gelede is dat mense wat hierdie hoë inkomstes het dit uit salarisse verdien. Veall se navorsing toon dat welgestelde Kanadese van sestig of sewentig jaar gelede die meeste van hul inkomste verkry het uit die besit van kapitaal terwyl meer as 70% van vandag se superrykes se inkomste uit salarisse afkomstig is.

Nog ʼn bevinding deur Veall toon dat Franssprekende Kanadese se salarisse nie so vinnig gestyg het as dié van hul Engelssprekende landgenote nie. Trouens, daar is ʼn wêreldwye tendens dat salarisse in lande waar Engels algemeen gepraat of verstaan word oor die algemeen hoër is as elders, waarskynlik omdat mense wat hierdie taal magtig is makliker tussen verskeie lande kan beweeg en oral werk kry. Wat dit eintlik beteken is dat daar strawwe kompetisie in die sakewêreld is vir die kundigste Engelssprekendes. Oftewel, meritokrasie. Is daar iets verkeerd wanneer die VSA die beste mense in verskeie vakgebiede lok - hetsy die natuurwetenskappe, ekonomie, die sakewêreld en ja, selfs die geesteswetenskappe?

Die volgende vraag wat natuurlik opduik is: wat kan mens daaromtrent doen, dit wil nou sê as mens van mening sou wees dat dit onaanvaarbaar is vir ʼn klein groepie mense om soveel geld te verdien. Moet die superrykes (en selfs die wat nie so superryk is nie maar wat nog in die boonste twintigste persentiel val) meer belasting betaal? Die occupiers in Kanada vind hierdie opsie natuurlik baie aantreklik. Maar teen hierdie tyd is die gevolge van ʼn buitensporige hoë belastingkoers al goed bekend. Die huidige marginale belastingkoers hier 44%, wat federale belasting, Provincial Sales Tax (PST) en General Sales Tax (GST insluit, alhoewel PST verskil van provinsie tot provinsie. Na my mening is dit omtrent so hoog as wat ʼn regering kan hef sonder om inisiatief te onderdruk. Die hoogste marginale koers was veertig jaar gelede twee keer hoër as tans en toe het die superrykes inderdaad minder belasting betaal as nou. Stephen Gordon het bereken dat ʼn 10% toename in die marginale belastingkoers op inkomste van meer as $500 000 hoogstens $4 biljoen aan die staatskas sal lewer en waarskynlik minder. Dit is in terme van die Kanadese begroting as geheel in baie klein bedrag.

Ek begryp steeds nie waarom soveel mense so ontsteld daaroor is dat ʼn klein aantal mense so baie geld maak nie. Mens het net nodig om sowat $70 000 te verdien om as een van die top 10% in Kanada gereken te word, en ek het geen twyfel nie dat baie van die joernaliste wat simpatiek staan teenoor die occupiers jaarliks soveel geld verdien nie, en ook dat heelwat van die protesteerders en beslis ook hulle ouers in daardie groep val.

Ek ontken nie dat daar baie ongelykhede in die Kanadese samelewing is nie, ook nie dat baie meer gedoen kan word om hierdie ongelykhede uit te wis nie. Maar die Kanadese occupiers se standpunte is doodeenvoudig nie gegrond op enige rasionele begrip van die harde werklikhede nie. Na my mening is hulle oningelig - en dan stel ek dit baie sag.

Baie van die informasie het ek verkry van artikels deur Paul Wells en Andrew Coyne, sowel as uit die webwerf van Statistics Canada.

 

You can talk about the pain and the struggle
You can discuss hard times or life in a nutshell
Or (a hunger) because Momma took the welfare (and bailed?)
Then you don’t know how it is.
They are fighting addiction while providing for four kids
The definition of a true man,
He never let the world get in the way of him being a dad
So tell me where have you been?
I’ll tell you right now,
Until you crawl under that bridge and huddle up against the wall
Take off them busted-ass shoes, feet riding the railroad
Then you don’t know what I been through or where I’ve been
Knowing that tomorrow I’ll be in the same place again
Dry my tears in the wind
You say you feel my pain
But you don’t even know what pain is.

© Louis Cameron Rodriguez

[‘n Transkripsie van ‘n gedig wat Rodriguez weergegee het tydens die Occupy OKC rally.]

Leon Retief. Die Gros Morne Theatre Festival

Friday, August 19th, 2011

 

Ou Newfoundland vlag

Ou Newfoundland vlag

 

OM IN NEWFOUNDLAND GESCREECH TE WORD

Newfoundland is ‘n eiland so bietjie kleiner as die Vrystaat aan die Atlantiese kus van Kanada. Tot 1948 was dit ‘n Britse dominion, waarna dit by Kanada aangesluit het (of, soos die Newfies verkies om te sê, toe Kanada by Newfoundland aangesluit het) en vandag staan dit saam met die naasliggende Labrador bekend as die provinsie van Newfoundland en Labrador.

Voor 1948 het Newfoundland sy eie regering, monetêre stelsel en posseëls gehad, en natuurlik ook sy eie vlag. Vandag se brokkie nuttelose maar interessante informasie: dit was ook die enigste land ter wêreld wat pienk in sy landsvlag gehad het.

Hierdie vlag wapper nog steeds baie prominent by menige privaat huis, hotel, sakeonderneming, B&B en dies meer, soms met of soms sonder die nuwe vlag langsaan. Dikwels is die Union Jack ook langs die ander twee vlae te sien.

Newfoundlanders is ‘n spesie so ietwat anders as die res van Kanada, met ‘n baie kenmerkende aksent - hulle praat onder andere van “dis”, “dat”, “dem” en “titty” (ipv “thirty”) en mens het soms moeite om hulle te verstaan omdat hulle woorde aaneen vloei en meer binnensmonds is. Hulle verwys graag na hul provinsie as “the Island” en nie as Newfoundland nie. Ons het hulle baie vriendelik en hulpvaardig gevind, altyd bereid om te help en gretig om sommer ook ‘n geselsie aan te knoop. Die mense het ‘n ryk kulturele verlede, nie van hogere kuns nie maar van volkskos, volksmusiek, -letterkunde en -geskiedenis, wat ons tot ‘n mate herinner het aan Herman Charles Bosman se verhale uit die Groot Marico - wel, die Newfies is nou nie heeltemal so sal ek maar sê agterlik soos Jurie Steyn en sy trawante nie, maar darem.

Daar is ‘n sterk Ierse agtergrond en een van die enigste twee dinge van Newfoundland wat my irriteer het is die aanhoudende getjommel van Ierse volksmusiek wat mens oral hoor - in hysers, kroeë, oraloor.

As ek nooit, soos in nooit weer daardie aanhoudende tjierietjierietjieriedaadiedaadiedaaithierietjieriedaaidaadjiedaai hoor nie sal ek gelukkig sterwe! Die ander irriterende ding was die gebrek aan ordentlike roete-aanwysings, mens sien soms ‘n padpredikant wat jou vertel dat Gander tien kilometer weg is - en twee kilometer verder kom jy by ‘n T-aansluiting uit wat nie op die kaart is nie en geen aanduiding of mens links of regs moet draai nie. Ek is iemand wat in ‘n telefoonhokkie verdwaal, gevolglik het ons ‘n hele paar keer op die verkeerde roete beland.

St John’s, die provinsiale hoofstad, het sowat 100 000 inwoners en is die oudste stad in Noord-Amerika, alhoewel nie die oudste nedersetting nie. Saam met Halifax in Nova Scotia is dit die stad waarvan my vrou Lesli en ek tot op hede nog die meeste hou.

Huis in St John's

Huis in St John

 

Straat in St John's

Straat in St John

St John's vanaf Signal Hill

St John's vanaf Signal Hill

 

Aan die bokant van ‘n taamlik steil heuwel is ‘n St John’s landmerk: The Rooms, ‘n museum/kunsgalery/argief met ‘n besonderse argitektuur en boeiende uitstallings.

The rooms

The rooms

The Rooms

The Rooms

 

Na ‘n paar dae se rondwandeling in St John’s, heuwel op en heuwel af, het ons ‘n kar gehuur en koers gekies na Gros Morne Park aan die teenoorgestelde kant van die eiland, aan die kus van die Golf van St Lawrence. Ons het besluit om maar ‘n redelike middelslag kar te bespreek - ‘n Dodge Avenger - bloot om persoonlike veiligheid. Newfoundland het ongeveer 125 000 moose en verlede jaar was daar meer as 600 motorongelukke waar moose betrokke was. ‘n Volwasse moose-bul weeg ongeveer soveel soos ‘n Honda Jazz (hier bekend as ‘n Honda Fit - wat ‘n simpel naam maar toemaar)- en as mens in so ‘n bul sou vasry in ‘n Fit sal jy beslis tweede kom. En soos dit nou maar gaan het ons taamlik amper in drie moose vasgery wat probeer het om die pad oor te steek.

 In die proses het ons deur ‘n paar pragtige klein dorpies gery, onder andere Heart’s Content, Heart’s Desire en Heart’s Delight in die Conception Bay area. Kanada is natuurlik bekend vir die ietwat eienaardige name wat dorpe soms het, waarvan ons tuiste Moose Jaw maar een voorbeeld is. Twee van die dorpe wat ons aangedoen het verdien egter spesiale melding:

Come by Chance

Come by Chance

En dan die een wat die spreekwoordelike koek vat (pun intended, verskoon tog maar asseblief, maar ek kon nog altyd als weerstaan behalwe versoeking):

Dildo

Dildo

Sowel Lesli as ek het gewonder of die afbeelding van ‘n inkvis langs die dorp se naam blote toeval of opsetlik was….

Die inkvis by Dildo

Die inkvis by Dildo

Kanada is ‘n baie waterryke land, maar die hoeveelheid mere en baaie in Newfoundland is besonder opvallend. Waar mens ook al ry of stap, jy is byna nooit buite sig van ‘n meer of baai nie - en as jy nie water sien nie, stap of ry maar net vyf minute en daar is ‘n meer of baai. Die ekonomie was tot onlangs baie afhanklik van die visbedryf, maar die ontdekking van olievelde langs die kus is besig om ‘n hupstoot aan die ekonomie van hierdie betreklik arm provinsie te gee wat ook maar ‘n goeie ding is omdat die visvelde tot ‘n groot mate uitgeput is. Cod is die mees algemene vis, wanneer ‘n Newfie praat van “fish” dan bedoel hulle cod, na alle ander vis soos byvoorbeeld salm, halibut en dies meer word by naam verwys, maar “fish” in Newfoundland is cod, uit en gedaan. Skynbaar is cod kabeljou in Afrikaans, maar die Atlantiese cod en Suid-Afrikaanse kabeljou is nie eers dieselfde genus nie, laat staan nog dieselfde spesies, dus weet ek nie of dit werklik die korrekte benaming is nie.

Vis is dus ‘n stapelvoedsel en ons het dit in alle kleure en geure geëet, onder andere “fisherman’s brewis” - ‘n interessante tradisionele dis bestaande uit gedroogde soutvis en “hard bread” - en glo my, daai brood is so hard soos ‘n krieketbal! Die vis en brood word die aand vooraf apart in gaas toegedraai en in water geweek, so bietjie gedroog, gevlok en dan gemeng sodat dit so ietwat soos mieliepap lyk. Dit word dan met melasse geëet - die Newfies eet enigiets met melasse! Nogtans, ten spyte van hoe hierdie dis klink smaak dit nogal nie te sleg nie. Iets waarvan ek heeltemal niks gehou het nie is cod tongue - ‘n Newfoundland lekkerny wat op byna elke spyskaart te sien is. Vir my het dit geproe soos kraakbeen omhul deur snot.

My tong hang al vir ‘n jaar lank uit van lus om Gros Morne Park te besoek en sowel die geologie (waaroor ek nie gaan uitwei nie) as die natuurskoon is verstommend. Ons het tot by die noordelike grens van die park gereis en beide Lesli en ek het gedink dat dit gepas is dat ons met vakansie vertrek het vanaf Moose Jaw en dat ons verste bestemming ‘n dorpie met die naam Cow Head was.

Tot ons verrassing vind ons uit dat Cow Head die tuiste is van die jaarlikse Gros Morne Theatre Festival. Langsaan ons hotel is ‘n klein teater met sowat 80 sitplekke.

Teater by cowhead

Teater by Cow Head

Ons kon vier van die sewe opvoerings bywoon. Ek haal aan uit die artistieke direkteur se notas: “The plays are written expressly for a Newfoundland audience so we can experience our culture in all its glory (and foibles)! We can laugh, we can cry but most importantly we can feel proud of the people and ideas that make up the stories. I believe… this is a unique opportunity to see the Newfoundland culture up close and personal, you get to observe this professional Newfoundland theatre producing stories and you get to observe our own our own people reacting in an emotional way. This is a cultural experience just as much as it is a theatrical experience - the two together make up what we do at the Gros Morne Theatre Festival.”

Die Royal Shakespeare Company was dit nie, maar dit was nogtans baie genotvol. Elke toneelstuk is spesiaal vir die fees geskryf. Tempting Providence was een van twee uit die vier stukke wat beide van ons geboei het. Dit het bestaan uit verwerkte grepe uit die joernaal van Myra Bennett, ‘n verpleegster met ‘n besondere hardegat persoonlikheid (soos baie verpleegsters nou maar is!) wat kort na die eerste wêreldoorlog van Brittanje na Newfoundland gestuur is om in afgeleë dorpies te gaan werk. Te oordeel aan die dialoog en haar eie mymeringe het sy ‘n besondere literêre talent gehad en ek sal nogal graag haar joernaal in die oorspronklike vorm in die hande wil kry. Gedurende haar verblyf het sy onder andere sowat 5 000 tande getrek en nagenoeg 700 bevallings waargeneem. Aanvanklik was sy net vir twee jaar aangestel, maar toe haar kontrak verstryk het sy doodeenvoudig aangehou met werk en vir baie jare menslike lyding verlig - ek weet, dit klink na een van daai Hollywood-stories, maar hierdie een is toevallig waar. Sy is in 1990 op die rype ouderdom van 100 jaar oorlede en ek gaan beslis moeite doen om meer oor haar te lees.

Stones in His Pockets was die tweede toneelstuk wat ons beïndruk het en die enigste een wat nie in Newfoundland afspeel nie - dit het gehandel oor die invloed wat ‘n Hollywood-filmspan gehad het op die doen en late van ‘n klein Ierse dorpie. Net twee akteurs wat elkeen sowat 4 rolle (manlik en vroulik) vertolk het, met geen rekwisiete nie, nie eers toepaslike kostuums nie.

Een van die dinge wat mens in Newfoundland kan doen is om ‘n “screech-in” seremonie te ondergaan waar mens ‘n ere-Newfoundlander kan word. So nou is ek inderdaad ‘n ere-Newfie en het die sertifikaat om dit te bewys! Die seremonie behels dat mens eers ‘n dop Screech (Newfoundland rum) wegslaan, dan word jy gevra “Is ye an honourary Newfoundlander?” (met daardie spelling), dan moet mens of ‘n vis op sy bek soen of ‘n puffin op sy agterwêreld, daarna moet jy sonder huiwering of ‘n sweem van aarseling of aksent antwoord: “Indeed I is me ol’ cock, and long may your big jib draw.” Dit het drie doppe Screech gekos voordat die Screechmaster tevrede was met my uitspraak. Dan kry jy ‘n tik op die skouer met ‘n swaard en ‘n sertifikaat. Die taal op die dokument is inderdaad soos die newfies praat.

My ere-Newfoundland sertifikaat

My ere-Newfoundland sertifikaat

Puffins… Lesli en ek het al lankal die begeerte om hierdie voëltjies te sien. Net buite Elliston op die Bona Vista skiereiland is ‘n kolonie wat ons natuurlik besoek het en ek was gelukkig genoeg om naby genoeg aan drie van hierdie voëltjies te kom om ‘n paar goeie foto’s te neem

Puffins

Puffins

Alle goeie dinge kom tot ‘n einde. Ons het met ‘n swaar hart van Newfoundland afskeid geneem - dis ‘n provinsie waar ons baie maklik sal kan woon as ons die geleentheid sou kry.

Diegene wat al “The Shipping News” gelees het sal dalk onthou dat die roman in Newfoundland afspeel. Die tonele, mense en omgewing in daardie boek is baie getrou aan die werklikheid, ek kan nie nou onthou of Annie Proulx inderdaad daar gewoon het nie, maar ons kon menige situasie en skets van die omgewing as eg ervaar.

Ons het tot op hede nog nie spesifiek probeer uitvind oor digters van “the Island” nie. Die enigste digbundel deur ‘n Newfoundland digter wat ons in ‘n tweedehandse boekwinkel kon opspoor was deur Al Pittman (1940-2001). Pittman het jaarliks “The March Hare”, ‘n fees van poësie en musiek in Corner Brook, Newfoundland georganiseer en dit duur steeds voort. Sy poësie is direk en ongekompliseerd, ek dink dat mens nie sommer soortgelyke digkuns elders in Kanada sal aantref nie. Onderstaande kom uit sy bundel “Thirty-for-Sixty”.

 

ANOTHER NIGHT IN CRAWLEY’S COVE

 

The accordion considers the tunes it knows best.

The conversation, although incoherent, is congenial.

 

Outside, the balsams are dancing in the wind.

(The branches, an orchestra of castanets.)

Somewhere in the sky, the birds are sound asleep.

 

The giddy dancers are stepping

Out on the floorboards of their spindrift dreams.

 

Tomorrow, the music will be still, the sky quiet

and the birds will be back in the backyard woods.

 

The day will pass without measure until

night falls and time begins again. The birds

will take to the sky, the dreamers to their feet

and the floor will endure or enjoy another night

of jigs, reels, knee-slapping yarns, out-of-tune

tunes and foot-stomping songs.

 

Elsewhere in the cove there are people asleep.

They’ll be up and about before dawn, long before

the last lie has bene told and we’ve all gone

to rest in peace.

 

The old Waterford wood stove has grown cold.

But there’s no discomfort here in this elderly house

on the hill. We are contentedly tired and ready

to creep or crawl to our makeshift beds to await

this day’s dawning.

 

The water, lapping at the landwash, will lull us

to sleep until the birds in the balsam wake us

to another day in Crawley’s Cove and another night

close to the floor, well removed from the lives

we live when here is far away. And we are elsewhere.

 

Where we are the most we have of ourselves.

And the least we have of each other.

 

 

BRIMSTONE HEAD

 

From here, looking north, there’s nothing

to see but the sea. And in winter, nothing

but blue-white ice glowing and flowing

from here to the polar ocean. It’s a sight

to behold and a long way from here to

nowhere north of here.

 

A lot of lives have been lost out there.

 

The North Atlantic (as majestic as it is)

has a grim history. But now, in the safety of

the sun, we lie here on this headland

in a patch of partridge berry leaves

and behold the wonder we behold

as we hold each other with no end

in sight and all the world stretching north

to nowhere we shall ever go, ever stay, or

ever have to come home from.

 

 

HOMECOMING

 

You are too lately biorn

To know where you are.

 

Arkansas! Newfoundland!

What’s the difference but for

the immediacy of the floor

beneath your face, the familiar

comfort of the foreign bed

you share, always aware

of what’s within your ever groping grasp?

 

One day you’ll know all you want

to know about Newfoundland. And

maybe, some other day, you’ll return.

Your Arkansas firnd may ask

“Where y’all going?”

 

“Newfoundland!”, you’ll reply

as though it were somewhere

just up there in The Ozarks.

 

“It’s and island in the sky

just north of the Northern Star

and it’s full of fairies, ghosts

and goblins. It’s as old as the stars

(as cold as ice) and warm as embers.

 

“When will you be back?”

 

“Sometime! Soon! But I gotta go now

and ask my mom if she’ll wrap and roll

my carpet. I’m off to Newfoundland

first thing in the morning.”

 

“See ya!”

 

“See y’all soon.”

 

Then you take off and land nowhere

on Earth and feel whatever you feel

at home on a starlit beach dancing

with the fairies, the ghosts and goblins

by the slap-happy sea as the Blomindon Mountains

dive deep down to the water’s edge

and the Northern Lights sing in the sky

to welcome you, as we do now and will

whenever youy return here to here.

 

To the fairies, the ghosts, the goblins. And to us.

 

 

 

THIRTY-FOR-SIXTY

 

My father was a man of metaphors.

When he said to me, “Don’t wait

until you have the five in your hand

before you go thirty-for-sixty”

he wasn’t talking about cards.

 

Newfoundland’s national pastime

is a game of Growl (otherwise called

Auction or A Hundred and Twenties).

Thirty-for-sixty is the ultimate bid.

To make that bid without the five

of trumps in your hand is a foolish

thing to do. Chances are (nine times

out of ten) you’ll end up in the hole.

 

So what! When it’s just a game.

A bit of fun. What the hell!

 

But that night as he lay dying

he wasn’t talking about cards.

No overdose of morphine

could diminish his need to leave

his son one last word of wisdom.

 

I listened and took him to heart.

 

I’ve bene going thirty-for sixty

Without the five ever since.

 

The hole grows deeper and deeper.

 

And now it’s my turn to bid again.

 

I don’t have he five in my hand

and I’ve little else to go on.

 

But what the hell!

 

Thirty-for-sixty!

 

 

 

A RIVER RUNS THROUGH HER

 

Coming on dark, the loons lament

the slow closing of he sky. And she’s

out there having one more flick.

 

The rod, the reel, the line

are extensions of her self.

 

Here (hidden in twilight)

I watch from the river bank

and wonder what some stranger

might think if she were his mother

out there in that current

going for the legal limit

at age eighty-three.

 

Would he stand here in the shelter

of these trees where I stand safe

on shore shielding myself from the realities

that surround me, and think “That’s my mother.

She’s the flow my father swam in”?

 

The last cast. The feathered fly afloat.

The sudden splash. The leap of the heart.

The frantic landing.

 

She rows ashore in the dawn of dark.

 

I leave the trees, the loons and the river

and slip away in the sudden comfort

of darkness.

 

I am the stranger.

 

Though she is my mother

I know nothing of this woman.

I know only that a river runs through her.

 

And I splash in her blood like a fish.

 

© Al Pittman

Leon Retief. Anton Bruckner en Immanuel Kant

Tuesday, May 24th, 2011

Dit klink na ‘n vreeslike geleerde betoog hierdie, maar is darem nie. Ek het nog altyd van Anton Bruckner se simfonieë gehou, al het Brahms hulle bestempel as simfoniese boa konstriktors en al het Eduard Hanslick hom telkens in vlamme afgeskiet. Kant? Jawellnofine, ek is meer as so effens skepties oor die dinge wat filosowe soms kwytraak, maar gelukkig was Kant darem nie ‘n postmodernis nie - iets wat beslis in sy guns tel. (koes… )

Jan Zwicky

Jan Zwicky

Hoe dit ook al sy, ek het onlangs ‘n digbundel deur Jan Zwicky gekoop. Zwicky (ongelukkig kon ek haar nie kontak nie, sy skyn ‘n baie private persoon te wees) lyk na ‘n baie interessante persoon - filosoof, digter en violis. Die betrokke bundel, Songs for Relinquishing the Earth, is aanvanklik deur Zwicky self uitgegee, elke kopie met die hand gebind en op aanvraag aan lesers gepos. In haar “Note on the Text” skryf sy die volgende: “Part of (my wish) for having the author be the maker and distributor of the book was a desire to connect the acts of publication and publicity with the initial act of composition, to have a book whose public gestures were in keeping with the intimacy of the art”

Hieronder dan haar gedigte oor Bruckner en Kant, sowel as haar gedagtes wat dit voorafgaan. Of haar mening dat die ooreenstemmings tussen Kant en Bruckner meer as toeval is - nou ja, dis miskien nie ter sake nie, (persoonlik verskil ek van haar mening) maar dit is nogtans interessant.

KANT AND BRUCKNER: TWELVE VARIATIONS

The set of variations that follows grows out of a long-standing conviction that the number and sort (haar kursief) of echoes in the lives of Immanuel Kant and Anton Bruckner have to be more than coincidental. Not least striking among the correspondences is the fact that there are few biographies of either, those that exist are slim, aand many open with apologies for the ‘boring’ character of their subjects’ lives. - Yet the lives were extraordinary. Neither man produced much of anything until middle or late-middle age, and then what each produced was massive, dense, huge, and astonishingly intricate. Both were, by contrast with their work, naifs: devoutly religious, devoted to their mothers, anxious not to offend. Both were virgins, although apparently heterosexual and eccentric - Bruckner liked to go around looking at people’s corpses, and to collect as many certificates of competence as he could get people to examine for him. Kant ate one meal a day, at one o’clock, which was always attended by guests he had his manservant invite that morning; he was renowned as a conversationalist, possibly in part because he believed one had a moral duty to tell genuinely funny after-dinner jokes, laughter being an aid to digestion. The housewives of Konigsberg set their clocks by his daily walk - a solitary walk, as Kant had some unusual notions about the transmission of germs.

Kant didn’t like music, except for brass bands - the basis of Bruckner’s orchestral palette. Both were early risers (Bruckner wrote a fugue every morning before breakfast) and extremely popular as teachers. Both were obsessive revisers. Although the documentation is not very explicit, it appears that Bruckner had a nervous breakdown during which his numeromanic tendencies became very pronounced. His own instruments were the country fiddle, and the organ. On the latter, he was one of the century’s great virtuosi, though he wrote little music for it, preferring to improvise in concert. His favourite musical interval, the key to the architectonic of his symphonies and masses, is the semi-tone. Despite its chromaticism, however, his music remains profoundly diatonic in organization and inspiration.

At the centre of Kant’s thought is his debate with Hume, whose sceptical arguments concerning the nature of our apprehension of causal relations, Kant tells us, first interrupted his ‘dogmatic slumber’. By the time he was fully awake, Kant had extended the scope of the discussion to embrace much of the history of modern western European philosophy. Kant’s Transcendental Deduction aims, among other things, to hook the solipsistic interior that idealism gives us back up to the real world. If it fails, then the skeptics are right: we can’t get from ‘in here’ to ‘out there’ (or to there even being an ‘out there’) by rational reflection alone. And this, of course, would make for some serious problems in a discipline defined by the thought that ‘to know’ means to know rationality.

Bruckner had career troubles of his own. His work was frequently the object of savage attacks by the powerful Viennese critic Eduard Hanslick. In the hopes of reconciling Hanslick to Bruckner, Bruckner’s friends arranged a meeting - but Bruckner was so nervous, he was unable to enter the building where Hanslick was waiting for him. Even after many years in Vienna, his manners retained an old-fashioned and provincial cast, and to the end of his life, he was regarded by Viennese society as something of a country bumpkin. He was, in addition, absent-minded, and is reported on at least one crucial occasion to have worn mismatched socks.

Material in italics in Variation 7 is taken from Norman Kemp Smith’s translation of the first Critique. The quotation in Variation 5 is from Scruton’s biographical sketch at the beginning of his book, Kant. The Latin in Variation 2 is a tag from Virgil, Kant’s favourite poet: They keep out of the hives the drones, an indolent bunch (Geotgics IV, 168). Kant quotes it at the conclusion of the Preface to the Prolegomena, using it to commend ‘sound critical principles.’ His view is that difficult and obscure though the Critique may seem in places, the project of modern metaphysics stands or falls with the comprehension of its arguments. This is not, in my view, an exaggerated assessment.

The voice, to use a highfalutin term, is polyphonic - it moves around a lot. Sometimes it is Kant’s sometimes Bruckner’s sometimes that of both, sometimes that of an observer. Among the observer-voices there is one that deserves special mention in connection with the conventions governing the composition of sets of classical variations. Not infrequently, especially in the works of Haydn and Beethoven, the sublime and the ridiculous are deliberately juxtaposed - the meditative tension is relieved by a scherzo.  This goofing-off usually occurs about two-thirds or three-quarters of the way through. It appears here in Variation 8.

(Nota: in Zwicky se boek verskyn elke Variasie op ‘n aparte bladsy en word hulle nie genommer nie. Om die lees en identifikasie te vergemaklik het ek aan elkeen ‘n nommer gegee.)

 

1

 

What did they want of me?

What’s worth saying?

 

A terrible thing, always losing your socks.

God is everywhere, everywhere.

 

This is the shortest path

there is only one. Listen.

 

Clouds above the western mountains:

A good laugh.

 

Close your eyes. Not what you knew then.

Not even what you know now.

 

2

 

If reason cannot do it, what then?

Don’t care for music, never have.

 

How is pure math possible? Turn inward: you will

see the left hand’s glove can never fit the right.

 

Love your mother. Love the moral law,

the path up and the path down. Lieber Gott,

 

we cannot touch a hair

without affecting all the rest.

 

Bees of the invisible. Ignavum

faces pecus a praesepibus arcent.

 

 

3

 

Gesture unhurried.

The shoe that’s on the right foot

 

will not fit the left.

The way is clear.

 

Organ lofts: in Linz, Kremsmünster, Steyr.

If the practice is coherent, we are free.

 

Improvise? St. Epvre, the Crystal Palace, Notre Dame: there’s

                                                                                         Bach

For those who need to see it written down.

 

Step by step, semitone by semitone.

The bishop, listening, too moved to pray.

 

 

4

 

Schonberg will be wrong. Yes, even now

It’s everywhere and every second

 

thundering, erupting home. Hume saw.

Without synthetic a priori

 

we are lost. The size of it!

You think the Dutch might understand?

 

A rainbow arched across the canyon. Bridge

of stone. No wonder you are blind.

 

Something brushes past your head.

God’s claw.

 

 

5

 

A terrible thing, always losing your socks.

Scratches on the handles of the bureau drawer.

 

Mass in D Minor. 40 years old. Critique

of Pure Reason: 57. Lively lecture styles.

 

You can determine everything. Or nothing.

What’s to tell? “His blameless life….”

 

The path has no algebra. Its geometry

is perfect.

 

Walk alone. Breathe through your nose.

Converse with no one out of doors.

 

 

6

 

One meal a day at, exactly one. Death’s face

is numberless and duty means a good joke.

 

Static, they say, and repetitious, set

your clock: but look, they haven’t seen what I have:

 

it’s the size of Texas! Listen:

safety lies in numbers. Sicherheit

 

and certainty. Oh father, count them! - stars, leaves, pearls, the Danube

 

swelling, flashing, thundering and plunging,

glittering , it swallows us.

 

 

7

 

A good laugh aids digestion. Add

the practical necessity of freedom

 

and you get a knock-down argument

for telling after-dinner jokes. Yet

 

the soul, like noumena,

unknowable -

 

out past the last outpost of reason.

We yet comprehend it is

 

Incomprehensible. Open the door.

Sunlight and singing. All that we may ask.

 

 

8

 

“Forms of nutrition”, “categories

of the understanding” - nah,

 

forget the prose: the argument’s

built like a Rolls. That Hume, see,

 

he weren’t taken with the view, so

when the rad blew,

 

quit. Thing was, he saw you just can’t get

from here to there by car.

 

(Walked out with his pool cue, so they say.

Don’t meet a mind like his just every day.)

 

 

9

 

The pale brown of the lilac hedge grows paler.

Tinier and tinier, the stitches in the quilt.

 

Finches, too, a singular array

on the pocked February snow. It’s all

 

you see, or nothing.

Hume, that acute man.

 

A fugue a day keeps god’s

claws at bay. Routine

 

can render one invisible. It’s true.

There’s no place safe.

 

 

10

 

We have searched, sir. No sign

of early talent, never could conduct. His first

 

Beethoven concert failed to stand him

on his ear. (In Linz, sir: No. 4; apparently

 

a fine performance.) couldn’t sight-read. Desperate

for approval (quite pathetic, really, sir) but

 

never thought to mend his overcoat. Wore baggy pants,

liked sauerkraut. Numeromaniac. A virgin.

 

Nothing else, sir. We’re afraid

that’s it.

 

 

11

 

What did they want of me?

Terror, beauty; heaven, and the moral

 

law,; the angels’ hot chromatic breath

Or symphonies, critique unfurling

 

like an amaryllis on its leafless stalk.

I’ve seen Beethoven’s corpse, believe me

 

genius will not save you. Schonberg

will be wrong. But Hume?

 

God’s hand in the bureau drawer:

One sock, two sock, red sock, blue sock.

 

 

12

 

Rainbow arch of stone across the canyon.

Sun cascading through the pass.

 

Water, light: that’s the shape of it:

silence.

 

Love the countryside. Your mother.

Brass bands. Exactitude.

 

It’s not about music or ideas.

E both knew you couldn’t be too careful.

 

Close your eyes.

The bridge is exactly as wide as your foot.

 

Leon Retief. Voëlkyk in Saskatchewan

Tuesday, May 3rd, 2011

Lente het hier amptelik op 20 Maart aangebreek. Nou goed, ons weet almal dat die klimaat wat mens met ʼn spesifieke seisoen assosieer nie altyd op die amptelike eerste dag van daardie seisoen begin nie, maar hier daag die lente beslis maar sleepvoet op…

 

Eerste dag van die lente in nabygeleë Regina

Eerste dag van die lente in nabygeleë Regina

  

ʼn Beter aanduiding van die wisseling van seisoene hier is die kom en gaan van voëls, waarvan daar meer as 270 spesies in die prêrie is. Wanneer die bome se eerste blare begin verkleur is dit asof daar ʼn onrustigheid by die voëls begin posvat. Seemeeue, waarvan daar baie in Moose Jaw is (1400 km van die naaste oseaan) kry gewoonlik eerste die wanderlust en sommer vroeg in die herfs sien mens hulle in hul derduisende op die groter winkels se parkeerterreine saamdrom. Eendag is hulle net eenvoudig weg, elke iedere een van hulle, al wat oorbly is ʼn parkeerterrein vol voëlmis en ʼn paar wit vere wat lusteloos in die herfswind rondwaai.

Volgende om te vertrek is die Kanadese ganse (seker die regte Afrikaans vir Canadian geese, Branta canadensis) en sneeuganse (Chen caerulescens).

 

Sneeuganse

Kanadese ganse

Sneeuganse

Sneeuganse

 

Hierdie is natuurlik watervoëls en wanneer die winter naderkom begin hulle ook in groot troppe vergader. Anders as die seemeeue besoek hulle nie parkeerterreine nie maar vorm groot troppe in die nabygeleë mere waar hulle druk vlugplanne en weersomstandighede bespreek. Kort daarna begin hulle vertrek, anders as die meeue is hulle nie eensklaps weg nie, hulle vertrek so stuk-stuk in enorme groot V-formasies wat soms duisende voëls bevat en wat al snaterend oor Moose Jaw vlieg.

Die mees verstommende migreerders is die suikerbekkies (hummingbirds). Hierdie klein voëltjies, waarvan daar verskeie spesies in Saskatchewan is, oorwinter so ver suid as Panama en sommige oorkruis selfs die Golf van Mexiko, ʼn ononderbroke vlug van ongeveer 800 kilometer. Voor hul migrasie begin eet hulle soveel moontlik sodat hulle gewig toeneem tot ongeveer 6 gram, wanneer hulle hul suidelike bestemming bereik het hul gewig afgeneem tot ʼn skrale 2,5 gram.

Die enigste voëls wat nie migreer nie is die LBJ’s (Little Brown Jobs soos hulle deur voëlkykers genoem word). Hulle is die hele winter hier teenwoordig, waarvan op aarde hulle leef weet ek nie. Al wat ek kan dink is dat hulle skuiling en voedsel vind in die Jackson Pines, nie-bladwisselende bome waarvan daar  baie in die omgewing is. Geen Kanadees kon my nog hieroor inlig nie.

Little Brown Jobs

Little Brown Jobs

Die omgekeerde is natuurlik ook waar - wanneer die lente sy stadige aantog begin sien mens die eerste ganse oor die dorp vlieg, aanvanklik net in klein groepies van vier of vyf, later weer die massiewe troppe wat ʼn paar maande gelede suidwaarts vertrek het. Die eerste aankomelinge se gedrag is altyd vir my so effens komies - hulle gaan land in nabygeleë Buffalo Pound Lake en in Nicolle Flats, ʼn natuurreservaat ʼn ent buite Moose Jaw. Met hul aankoms het die wateroppervlak nog nie ontdooi nie en hulle trap so half vererg op die ys rond en snater asof hulle hoogs geïrriteerd is omdat hulle nog nie kan begin seem en nes bou nie.

En dit gee aan my die verskoning om een van Glen Sorestad se gedigte te plaas.

 

Early Arrivals

 

Look at them standing there. Even from this distance

observe the sheer puzzlement in their demeanour.

 

Two stand together there, another pair close at hand;

farther away, a straggler wandering off by itself,

 

lost in its own soliloquy. They all inch along,

tentative as octogenarians, carping, no doubt

 

concerning the pond’s unacceptable condition,

the thick ice layer beneath their webbed feet.

 

It is March and the Canada Geese are back,

prepared to get on with their life work of nests,

 

eggs, and the raising of goslings, who will,

in turn, take their place here a future March.

 

The essential ingredient lacking from their

home-making agenda — water. So here they stand,

 

muttering to one another, perhaps discussing

alternative strategies, possible new nest locations.

 

They edge out across the ice, purposeless

as movie extras shown up on the wrong set.

 

 

 

Leon Retief. Die espebome van Alticane

Friday, April 8th, 2011

Espebome, ook bekend as trilpopuliere of in Engels “shaking or quaking aspens” is ongetwyfeld van die mooiste bome in die wêreld en kom wydverspreid voor in Europa, die VSA en Kanada.

Die bome word so genoem omdat hul blare selfs in die ligste briesie ‘n bekoorlike bewende dans uitvoer. In die herfs verkleur die blare na geel en rooi en ‘n espewoud daardie tyd van die jaar is werklik ‘n besondere gesig. Die blare voer hierdie bewegings uit omdat die elliptiese vorm van die petioles (stingels) ‘n spesiale aërodinamiese eienskap tot gevolg het. Soos byna alles in die natuur het hierdie trilbewegings ‘n oorlewingsvoordeel - in eksperimente waar die blare meganies gestabiliseer is, is gevind dat insekte gemiddeld sowat 27% minder skade aangerig het by blare wat wel toegelaat is om in die wind te tril.

Net buite Alticane, so ‘n ent noord van Saskatoon, is ‘n bos besondere espebome, enig in die wêreld. Hierdie bome het nie regop stamme soos gewone espe nie, maar is gekronkel en inmekaar verwronge in fantasmagoriese vorms.

 

 

Die oorsaak van hierdie vreemde morfologie is nog nie bekend nie, waarskynlik is dit die resultaat van ‘n mutasie maar die genoom van hierdie bome is nog nie gekarteer nie. Dit is ook moontlik dat al hierdie bome naby Alticane een enkele organisme is. Espe plant dikwels aseksueel voort, dit wil sê hulle wortels gee oorsprong aan ander espe wat weer aan ander espe oorsprong gee ensovoorts - in werklikheid ‘n versameling klone van die “moederboom”. Die bome bly ondergronds aan mekaar verbind en die grootste enkele lewende organisme op ons planeet in ‘n espewoud in Utah wat uit nagenoeg 47 000 bome bestaan en ongeveer 6 miljoen kilogram weeg.

 *

Ken Dalgarno is ‘n bibliotekaris in Moose Jaw en in sy vrye tyd ‘n skilder wat besig is om met sy landskappe bekendheid in Kanadese kunskringe te verwerf. Hy gebruik die afgelope paar jaar ‘n indrukwekkende en flambojante impasto-tegniek met ‘n taktiele bekoring wat mens laat voel dat jy jou hand oor die oppervlak van die verf wil streel. Onlangs het hy so half tong in die kies teenoor my opgemerk dat noudat sy skilderye begin verkoop hy genoeg geld het om al die verf te bekostig wat hy so kwistig aanwend.

Met sy eerste besoek het die bome Dalgarno gefassineer en hy het ‘n reeks skilderye met hierdie tema voltooi. Na ‘n uitgebreide reis deur Kanada is die skilderye terug in Moose Jaw waar hulle waarskynlik ten minste vir ‘n tyd lank sal bly want verdere tentoonstellings is nie uitgesluit nie. Nie een van die werke is te koop nie.

In hierdie skilderye, asook ander landskappe van Saskatchewan, gee Dalgarno ‘n ander perspektief op die tonele van hierdie provinsie. Tradisioneel word Saskatchewan beskou as ‘n ietwat vervelige prêrielandskap. Oftewel, dis plat. In die winter is dit wit, in die somer sien mens die groen koring, die geel canola en die blou lug en dit is dit. Dalgarno sien dit anders. “In Saskatchewan, the more you look, the more impressed you become” en sy skilderye forseer die kyker om kompleksiteit raak te sien, te ondervind.

 

Robert Kroesch het geskryf dat Kanadese nie ‘n minderwaardigheidskompleks het nie maar liewer wat hy noem ‘n “invisibility complex” en ek dink dit geld nie net vir Kanadese nie - dat mens ‘n refleksie van jouself moet sien in die kuns en letterkunde wat jou omring, dat mense kuns in al sy vorms nodig het om ons volledig van ons menswees bewus te maak.

Baie van wat bekend staan as “Western Canadian Landscape Art” behels die Rockies, woude, mere, watervalle, riviere en dierelewe. Sommige daarvan is wel na my mening goeie kuns maar die meeste is maar taamlik koekblikkerig. Dalgarno daarenteen werp ‘n geheel nuwe lig op hoe ons hierdie omgewing evalueer en ervaar, dit word byna ‘n meditasie oor wat die landskap doen en hoe dit voel as bloot hoe dit lyk.

Die reeks skilderye produseer meer vrae as antwoorde, uitlokkend eerder as dekoratief, die kyker bly nooit passief nie, vol teenstrydighede oor mooi, lelik, sensueel en siek of gesond. Elke skildery is vernoem na ‘n werk deur Margaret Atwood. Het dit te doen met Atwood se pre-okkupasie met oorlewing as tema? Haar ekologiese bewustheid?

Die afbeeldings van Dalgarno se skilderye sal noodwendig nie dieselfde impak hê as wanneer mens dit as’t ware in lewende lywe sien nie maar ek hoop dit gee darem ‘n idee.

Songs of the transformed. Ken Dalgarno

 

Failed sacrifices. Ken Dalgarno

 

Death by Landscape. Ken Dalgarno

 

 

 

 

Leon Retief. Oor katderms, vernis en boomringe

Sunday, April 3rd, 2011
Stradivarius
Stradivarius

Stradivarius, Guarneri, Amati… die legendariese viooldinastieë van Cremona, makers van gesogte instrumente (ook altviole en tjello’s) wat al vir eeue deur virtuose bespeel word.

Intensiewe navorsing is al gedoen oor elke denkbare aspek van hierdie instrumente - wat is dit wat bydra tot hulle klank? Wat behalwe die vorm speel ‘n rol, is dit die vernis, die onderlaag of die hout? Talle teorieë het al die lig gesien.

Wanneer die hout wat ‘n viool gaan vorm klaar gesny is word dit aan sonlig blootgestel sodat die son se ultravioletstrale dit kan oksideer en verdonker. Sommige moderne vioolmakers gebruik ultravioletligte om die proses te versnel. Daarna word ‘n grondlaag oor die hout geverf voordat die finale laag of twee vernis aangewend word. Vele gesofistikeerde ondersoeke is al uitgevoer om te probeer vasstel waarom hierdie instrumente so ‘n wonderlike klank het, onder andere skandeer-elektronmikroskopie en X-straal ondersoeke van die vernis en die onderlaag, asook dendrochronologiese inspeksie van die jaarringe in die instrumente se hout.

Daar is al baie bespiegel oor die vernis wat Stradivarius gebruik het en meeste mense dink dat sy resep verlore is - in werklikheid is die bestanddele baie goed bekend.

Hierdie strykinstrumente word al eeue lank beskou as die maatstaf waarteen alle ander instrumente gemeet word en mens lees telkens in koerante en tydskrifte dat een of ander viool teen ‘n astronomiese bedrag verkoop is, maar het die viole, altviole en tjello’s uit Cremona inderdaad so ‘n uitsonderlike klank of is dit maar net nog ‘n stadslegende?

Ongelukkig is daar geen oortuigende bewyse vir hierdie gewaande superioriteit nie.

So wat beteken dit wanneer mens praat van ‘n Stradivarius of enige van die ander Cremona-instrumente? Enige artefak wat al vir eeue in gebruik is het deur die jare verander en elke Stradivarius wat steeds bespeel word het al ‘n paar honderdduisend speelure agter die rug. Voortdurende onderhoud en veranderende musikale gebruike het ‘n groot invloed op hierdie instrumente se toonkwaliteit gehad.

 

Viole

Viole

Die aanvang van die Romantiese era in musiek het strykinstrumente radikaal beïnvloedtoe groter konsertsale ‘n luider klank vereis het. Viole se nekke en vingerborde is verleng, brûe is hoër gemaak en metaalsnare is in gebruik geneem. Cremona-viole het toevallig baie goed aangepas by hierdie veranderings en het gedurende daardie tydperk begin om bekendheid te verwerf. Nog net een Stradivarius het nog sy oorspronklike nek, die Messias (le Messie) maar ongelukkig mag hierdie viool hoegenaamd nie bespeel word nie en weet niemand dus hoe dit klink nie.

Mens kry ‘n idee van hoeveel restourasie ‘n viool kan verander in die volgende beskrywing deur Dom Vincenzo Ascensio wat reeds in 1783 een van Stradivarius se viole restoureer het: “I (patched the belly) and replaced the bar by one adjusted to mathematical proportions based on that of Stradivari. I corrected the thicknesses, pierced the four corner-blocks, took the back off and inserted a piece in the centre as it was too thin. I had to replace the neck… (and) then adjusted the instrument, the tone of which was rendered excellent by all these changes.”

Daar kan min twyfel wees dat die klank van hierdie gerestoureerde viool aansienlik anders was as toe dit die maker se werkswinkel verlaat het en dit is beslis ook die geval met alle ander Stradivarii wat al deur restoureerders onder hande geneem is - en dis byna almal.

Ten spyte hiervan het allerhande legendes oor hierdie viole ontstaan en is byna mistieke eienskappe aan hulle toegedig. Die ietwat eksentrieke Britse geestelike H.R. Hawes skryf in sy boek Old Violins (1898) “It is never fit for death, it survives a thousand calamities; nay, even when cut up and dismembered, its several parts, scattered through a dozen workshops and three hundred years, live on with a kind of metempsychosis in new forms, and still cling strangely to their individuality.” En ook: “The grace of the curves… full of a variety of levels like the satiny surface of a fine human body. You might almost believe that a whole system of muscle - a very living organism - lay beneath the “back” and belly, which to his eyes are alive with swelling and undulating grace.”

Dit is natuurlik goed bekend dat mense klank baie subjektief beoordeel en inderdaad maklik om die bos gelei kan word. Die einste eerwaarde Hawes het aan die destyds bekende violis Ede Reményi (wat die Kaap in 1860 op ‘n konsertreis besoek het) ‘n viool gegee om te bespeel en hom onder die indruk gelaat dat dit ‘n Stradivarius was. Reményi was hoogs beïndruk. Die feit dat hy gedink het dat hy ‘n Strad bespeel het ongetwyfeld sy oordeel beïnvloed.

Die fisikus Carleen Hutchins het ‘n goedkoop viool verbeter en ‘n bekende violis gevra om dit sowel as ‘n Cremona-instrument agter ‘n skerm te speel sodat die gehoor nie kon sien watter instrument gebruik word nie. Haar bevinding? “The two were voted equal in tone by a college music department audience.” Die violis het wel geweet watter instrument hy speel en interessant genoeg kon die gehoor die violis identifiseer maar nie die viool nie!

James Beament (The Violin Explained - dalk ‘n titel met bietjie te veel hubris na my smaak maar toemaar) skryf: “When (the violin) is played, what we perceive and how we characterize the sound are entirely dominated by how the particular player bows it.” Ons persepsie van klankkwaliteit is geheel en al die resultaat van prosesse in die luisteraars se breine en nie afhanklik van die materiaal waarvan die instrument gemaak is nie - binne die perke van redelikheid natuurlik, ‘n instrument wat deur ‘n palooka gemaak is sal ook so klink.

 

Verskeie dubbelblinde studies van viole se klankkwaliteit is al gedoen (dit wil sê waar nog die violis nog die luisteraars weet watter instrument bespeel word) en volgens RL Barclay, ‘n bekende restoureerder van strykinstrumente en skrywer van The Conservation, Restoration, and Repair of Stringed Instruments and Their Bows, kan die bevindings as volg opgesom word:

 

  • 1) It is impossible to distinguish an old instrument from a new one by listening.
  • 2) The superior sonority of the Stradivarius and other old violins is a myth.
  • 3) There are good and bad instruments from every period.
  • 4) Sonority depends on the player, and particularly on the bowing technique
  • 5) The supposed superiority of Stradivarius violins is based on their exorbitant prices.
  • 6) When played by an inferior violinist a Stradivarius sounds inferior.

 

Antonio Stradivari meng vernis

Antonio Stradivari meng vernis

Die feit is dat baie moderne viole wat deur kundige vakmanne gemaak word net so goed klink soos enige instrument wat van Cremona afkomstig is, en dikwels beter. Die verhouding tussen ‘n violis en sy viool is egter baie interessant. Terwyl ons nog in SA was het my vrou Lesli en ek aan ‘n musiekklub behoort en een aand het ons die voorreg gehad om te hoor wat Gerhard Korsten aan ons kon vertel oor viole en strykstokke. Hy het sy viool en twee strykstokke saamgebring. Interessant genoeg is daar mense wat ook strykstokke versamel, net soos ander mense viole bymekaarmaak - ek reken dat mense met werklik baie geld viole versamel en dat diegene wat finansieel nie so goed bedeeld is nie dan maar moet klaarkom met strykstokke. Een van Gerhard se strykstokke het behoort aan ‘n Japannese versamelaar wat dit op bruikleen aan hom beskikbaar gestel het. Hy het daardie aand dieselfde werke gespeel en om die beurt die verskillende strykstokke gebruik. Kan julle die verskil hoor het hy entoesiasties aan ons gevra en almal het instemmend geknik, maar nou moet ek erken: nee, vir my het beide strykstokke presies dieselfde geklink. Nou ja. Dalk lê die fout by my…

 

Ek is gelukkig genoeg om ‘n jong professionele violis as kennis te hê, iemand wat as vryskut in SA en Europa optree. Hy stem saam dat die klankkwaliteit van Stradivarii oorskat word, maar hy het ook eenkeer ‘n interessante opmerking gemaak: wanneer ‘n violis ‘n nuwe instrument begin bespeel kan dit selfs ‘n jaar neem voordat hy/sy daaraan gewoond raak. Geen twyfel nie - daar is meer as net die hout, vernis en snare.

 

Violin
Sheila Black

You must use the body - its curves,
its hollows, the spring of the sound, which
brings back what is absent, what has
been and is now gone, fading. Cat-gut,
fret, the busy machinery of longing,
which takes its strength from the
presence of absence, the body’s darkness,
the wood carved out, thinned and
made to flex. There is a pain at the
source of it - so easily broken, this tree
without a heart, the sap dried to amber
patina. Only in the sound can you
hear it move, the veins in the blood of
the body that is no more. The bow pulled
along the taut strings, a pitch that
is all but unbearable.

 

 

The Violin-Maker
Michael Cope, from Some Examples of Silence

Joey Finkl calls himself the last anarchist in town.
He’s been here over fifty years, making fiddles,
right here (except the wars) six days each week,
sometimes seven. “I don’t go with religion.
I work when I like. That’s most of the time,
because, you see, I love to make them,
my babies, hmmm.” He reaches among
the shavings and tools and dried out glue pots
and oil rags for a block of wood on which
is drawn the fine curved outline of a violin.

He holds the block up to his ear, knocks
with a knuckle whose backlit white hairs
make lines of light. He says, “Listen to that.
With care it will sing. You can hear it. Listen.”

He says, “Most people don’t take care,
and you know why? Because they don’t care.
Look at it for yourself: Apartheid, the rich
robbing the poor, the poor, they rob each other.
Sure, some people fight for them, and a few
of the poor fight too, but that’s not enough,
all of the people must care enough
to stand up for themselves. I fought in Spain,
and against Hitler, in Africa.
Then I got tired of fighting.
It has no heart. Music is better.”

He tucks the block of wood under his chin
and humming, bows the air left-handed. He says:
“We can live without money, without nations,”
and he spits into the shavings,
“without rabbis and priests,”
he moves his hand to pat his heart
and the block falls to the dust and he ignores it,
touching his breast: “But without this heart
we are nothing, and less than nothing.”

 

Leon Retief. Stede in die winter

Sunday, February 20th, 2011

 

Die Kanadese spot dat hulle land vier seisoene het: amper winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk. Ons is tans so tussen winter en nog steeds winter maar ek moet byvoeg dat hierdie seisoen tot dusver darem baie gematig is in vergelyking met die vorige winters wat ons hier ondervind het. Die laagste temperatuur in Moose Jaw hierdie jaar was -44°C, in vergelyking met -54°C in Januarie 2008 en meeste van die tyd het temperature so tussen -10°C en -25°C gefluktueer, wat eintlik heel draaglik is vir hierdie geweste. Natuurlik waag mens dit steeds nie buite sonder ‘n parka, serp, dik handskoene en balaklawa nie en selfs dan word dit, wel, baie koud om te gaan stap, iets wat my vrou Lesli en ek graag doen, want eienaardig genoeg hou ons van die winter. Die enigste irritasie is dat die koue mens se neus laat loop en jou snot laat vries as jy nie gereeld jou neus afvee nie.

Winters in die prêrie het sy eie bekoring - ‘n strak, skoon wit landskap wat kilometers weerskante van die pad strek, so rein asof daar geen kwaad in die wêreld is nie, met net die gitswart kaal boomstamme en -takke wat kontrasteer met die wit skerpte van die sneeu. Hier en daar sien mens plaaswerwe half begrawe deur ‘n meter of meer sneeu, verlate want die gesin het die Kanadese winter in Arizona of Florida gaan deurbring - daar is niks wat hulle wintermaande op ‘n prêrie plaas kan doen nie en dus gaan hou hulle maar vakansie. Die meeste bome in die prêrie is bladwisselend, maar baie opstalle is omring deur Jack Pines (Pinus banksiana) wat nie bladwisselend is nie en wintermaande swaar dra aan die sentimeters sneeu op elke tak.

Jack Pine in Crescent Park, Moose Jaw

Jack Pine in Crescent Park, Moose Jaw

Wanneer die son uit ‘n wolklose lug skyn, soos wat dikwels die geval is, smokkel dit met jou kop - sou jy uit jou kar klim om die toneel te bewonder vind jy meteens uit dat, sonskyn of te not, dit steeds -25°C buite jou kar se verwarmde kajuit is.

In Moose Jaw self is die winter ongelukkig nie so skoon soos buite die dorp nie. Karre moet die strate gebruik en omdat die stadjie nie genoeg sneeuploeë het om elke straat daagliks skoon te skraap nie, word sand na elke sneeuval op die nuwe sneeu gestrooi. Dit help tot ‘n mate om traksie te verbeter, maar na slegs ‘n paar uur verander die strate na ‘n bruin, glibberige pappery en selfs ek, wat daarvan hou om te alle tye my kar spiekeries blink te hou, het al moed opgegee - mens kan net eenvoudig nie ‘n kar in die wintermaande skoon hou nie.

‘n "skoon" kar in die winter ;-)

‘n "skoon" kar in die winter ;-)

Om op sypaadjies te loop of ‘n straat oor te steek word ‘n waagstuk - die sneeu word platgetrap tot ‘n spieëlgladde oppervlak en mens moet baie, baie versigtig loop om nie te val nie. Elke nou en dan sien ek ‘n pasiënt wat iets gebreek het nadat hulle op die ys gegly en geval het. Meestal is dit ‘n bejaarde tannie met ‘n heup of polsgewrig fraktuur, maar selfs tieners val soms en breek ‘n elmboog of ‘n skouer (gelukkig darem selde ‘n heup - hulle het nog die ouderdom aan hulle kant). ‘n Mens leer gou die “newfie shuffle” aan (genoem na Newfoundland waar dit nog meer sneeu as hier): jy loop met sulke kort pikkewyntreetjies, sit nooit jou hande in jou sakke nie en kyk die heeltyd na waar jy jou voete volgende gaan sit. Ten spyte hiervan val mens tog en soos ek hier sit, troetel ek ‘n seer skouer, elmboog en polsgewrig na ‘n onlangse harde kennismaking met die sypaadjie.

Die meganisme van so ‘n val op die ys is nogal interessant: Dit wil vir my voorkom asof die meeste valle sywaarts is. ‘n Mens se voet gly net onbeheerbaar na binne en dan val jy sydelings. Jy steek dan refleksief jou arm uit met die gevolglike mooi (vir my) akroniem FOOSH (Fall On OutStretched Hand), wat jou polsgewrig beseer, waarna die gladde ys jou arm lateraal laat gly sodat jy ewe hard op jou elmboog te lande kom. Dit veroorsaak ‘n harde impak op jou skouer wat meteens die hele gewig van jou bolyf moet ontvang met gevolglike skade aan die skouer se rotatorkraag. So hier sit ek met drie pynlike gewrigte, alhoewel die skade aan my trots waarskynlik erger is.

Ek stap elke oggend die sowat 400 meter werk toe en dikwels sien ek die spore wat takbokkies (en af en toe ‘n coyote) die vorige nag in die sneeu gemaak het. Hierdie diere kom wandel dikwels snags in die dorp rond en selfs bedags sien mens van tyd tot tyd ‘n takbok wat ewe ongeërg deur Moose Jaw se downtown drentel.

In die prêrie is die ses maande-lange winter nie net ‘n seisoen nie, maar ‘n leefwyse.

Verlede jaar Januarie was ons in Ottawa waar ek ‘n kongres bygewoon het en toe ‘n paar dae langer gebly het om die stad beter te verken. Die Kanadese weet hoe om ‘n kongres te organiseer, anders as die Amerikaners of Suid-Afrikaners: Daar is voldoende geleentheid om die stad te eksploreer en as jy nog ‘n paar dae verlof kan byvoeg, dan kry mens genoeg tyd om rond te loop en te snuffel en die vibes van die stad te ervaar.

Die Rideau-kanaal vloei deur die middestad en in die somer is dit ‘n gewilde bymekaarkomplek vir kanovaarders. Gedurende die wintermaande vries dit solied, dik genoeg om ‘n sedanmotor te dra, en is dit weer vol skaatsers wat dit elke dag gebruik, nie net vir ontspanning nie maar ook as ‘n manier om by die werk te kom - dis niks snaaks om iemand soggens met ‘n aktetas in die hand werk toe te sien skaats nie.

Rideau-kanaal op ‘n Saterdagmiddag. Ignoreer die datum, die koue het ons kamera se kalender heeltemal deurmekaargekrap.

Rideau-kanaal op ‘n Saterdagmiddag. Ignoreer die datum, die koue het ons kamera se kalender heeltemal deurmekaargekrap.

Met die dat Ottawa die Kanadese hoofstad is, word die middestad natuurlik spiksplinterskoon gehou en is daar nie ‘n enkele vlokkie sneeu te bespeur binne ure na ‘n sneeuval nie. Nogtans is die sypaadjies so koud dat honde steweltjies moet dra - en Phillip, na jou pragtige inskrywings oor jou honde is hierdie foto spesiaal vir jou.

Hond in Ottawa

Hond in Ottawa

Ek het per e-pos met Glen Sorestad van Saskatoon bevriend geraak. Hy het onlangs twee gedigte oor die winter aan my gestuur. Beide is nog “works in progress” en sal beslis veranderinge ondergaan voordat hulle gepubliseer word, maar met sy toestemming plaas ek dit op Versindaba.

Just Another Winter Storm

A friend tells me this Monday morning

she has been snowbound in her home

since Saturday. As I write this poem

she could be gazing out her window,

as the snow pack rises foot by foot

in a cloistered valley somewhere

tucked deep into the Rocky Mountains;

or perhaps in Corner Brook, Newfoundland,

where winter and heavy snow are synonyms.

She lives in neither of these locations,

nor in Orillia, Antigonish, nor Rimouski;

neither Inuvik, Churchill, nor Prince Albert,

places for whom the season’s snows are

a regular annoyance but an expectation.

No, my friend has been winter-marooned

this weekend at her home in Greenville -

a name that bespeaks warmth and sun -

in South Carolina. She probably does not believe

such a thing has actually happened, nor do I.

Just one storm with arctic breath has swept

away my images of the South: how can

one even begin to conceive of magnolias

and cypresses laden with snow? Or Southerners

shut behind their windows, their baleful stares

at the unaccustomed white, this cold affront.

 

Winter Window

Snow overnight. Fresh rabbit tracks

in early light. Buildings rise from dawn

like sleepers from their blankets.

Wind wakens, shifts its shoulders,

stretches itself and goes to work,

sandpapering shadows on new drifts.

A tuxedoed Magpie flaps by, silent -

going or coming? Hard to say.

The cold air opens for its passage.

 

Leon Retief. Die Maritimes

Monday, October 4th, 2010

Die Maritimes (Nova Scotia, New Brunswick en Prince Edward Island) is drie klein provinsies aan die Atlantiese kus van Kanada en met reg gewilde bestemmings vir vakansiegangers. My vrou Lesli en ek het onlangs vir twee weke in Nova Scotia vakansie gehou.

Halifax, die hoofstad van Nova Scotia, is ʼn besonder aangename stad, ryk aan geskiedenis en besienswaardighede. Halifax en Kaapstad het ʼn paar dinge in gemeen: beide het ʼn fort, alhoewel Kaapstad praat van ʼn kasteel en Halifax van ʼn “Citadel”, in al twee stede word ʼn kanon om 12h00 afgevuur en beide het ʼn hotel met “Nelson” in die naam - onderskeidelik die Mount Nelson en die Lord Nelson. Halifax het die tweede grootste natuurlike hawe in die wêreld naas Sydney in Australië en ʼn waterfront wat minder gerig is op die verkoop van allerhande kaggelkakkies as dié van Kaapstad.

Halifax vanaf 'n veerboot

Halifax vanaf 'n veerboot

 

Die Fairview Lawn Cemetery het meer as ʼn honderd grafte van drenkelinge wat omgekom het toe die Titanic gesink het. ʼn Besoek aan hierdie begraafplaas is besonder interessant want die gids is ʼn fanatiese Titanic historikus. Het julle geweet dat die Titanic 36 000 lemoene aan boord gehad het toe dit uit Engeland vertrek het? Nee, ek ook nie.

Die grafte is almal genommer in die volgorde waarin die lyke uit die see gehaal is. Daardie lyke wat nooit geïdentifiseer is nie se grafte het net nommers, ander het name en nommers. Graf nommer 227 is dié van J. Dawson en soos ek van die gids verstaan was Jack Dawson een van die karakters in die fliek oor die Titanic. Dit is blote toeval, maar sedert die verskyning van die film word Dawson se graf byna elke dag bedek met ruikers. Die werklike Joseph Dawson was ʼn “coal trimmer” - wat sou dit in Afrikaans wees? (ʼn Coal trimmer is iemand wat steenkool in die ruim moet verskuif om die skip se balans konstant te hou namate die steenkool verbruik word). Vreemd dat die graf van so ʼn totaal onbekende persoon, al byna ʼn eeu onder die grond, nou deur fliekvlooie met blomme versier word.

Nog ʼn graf is die van die violis in die orkes wat op die Titanic gespeel het en ook sy graf het ʼn ruiker gehad. Hume se werkgewer was nie die eienaars van die Titanic nie maar ʼn maatskappy wat musici aan passasierskepe verskaf het. ʼn Paar maande na sy dood het sy pa ʼn rekening van sowat £14 ontvang omdat sy seun nie sy uniform aan die betrokke maatskappy terug besorg het nie.

Hume se graf

Hume se graf

 

Nova Scotia het waarskynlik die meeste kerke per honderd vierkante kilometer van enige gebied wat ons nog besoek het, meestal Presbiteriaans, ʼn oorblyfsel van die talle Skotte wat in die provinsie destyds bevolk het.

Die argitektuur van die kerke het my fassineer - op een uitsondering na was almal van hout gebou. Daar was darem hier en daar ʼn Katolieke kerk en met die dat Lesli ʼn goeie en getroue Katoliek is het ons die gewoonte om elke keer wanneer ons ʼn Katolieke kerk besoek, waar in die wêreld ook al, ʼn kersie aan te steek ter herinnering aan ons oorlede dogter Liezl. In Nova Scotia kon ons dit egter nie doen nie want die bouregulasies verbied dit - die kerke is van hout en dus mag die gebou aan die brand raak. Burokrasie….

Die drie bekendste kerke in Nova Scotia is waarskynlik in Mahone Bay en hierdie een was vir ons die mooiste.

Kerk in Mahone Bay
Kerk in Mahone Bay

 

Ons het twee nagte in Grand Pré vertoef. Die naam het ʼn klokkie gelui en na ʼn paar uur se rondkrap in my gedagtes het ek onthou: Longfellow en sy lang, baie lang gedig Evangeline wat onder andere afspeel in die omgewing van Grand Pré:

 

THIS is the forest primeval. The murmuring pines and the hemlocks,

Bearded with moss, and in garments green, indistinct in the twilight,

Stand like Druids of eld, with voices sad and prophetic,

Stand like harpers hoar, with beards that rest on their bosoms.

Loud from its rocky caverns, the deep-voiced neighboring ocean

Speaks, and in accents disconsolate answers the wail of the forest.

This is the forest primeval; but where are the hearts that beneath it

Leaped like the roe, when he hears in the woodland the voice of the huntsman?

Where is the thatch-roofed village, the home of Acadian farmers —

Men whose lives glided on like rivers that water the woodlands,

Darkened by shadows of earth, but reflecting an image of heaven?

Waste are those pleasant farms, and the farmers forever departed!

Scattered like dust and leaves, when the mighty blasts of October

Seize them, and whirl them aloft, and sprinkle them far o’er the ocean.

Naught but tradition remains of the beautiful village of Grand-Pré.

Ye who believe in affection that hopes, and endures, and is patient,

Ye who believe in the beauty and strength of woman’s devotion,

List to the mournful tradition still sung by the pines of the forest;

List to a Tale of Love in Acadie, home of the happy.

 

 

Die enigste karakter in hierdie gedig wat werklik geleef het is René Leblanc. Ek weet nie of hy werklik twintig kinders en honderd kleinkinders gehad het soos wat Longfellow ons vertel nie.

Grand Pré is vandag ʼn dorpie van sowat vyftig huise, ʼn hotel, garage, restaurant en twee wynplase. Dit is ook na aan die Bay of Fundy waar die grootste getye ter wêreld voorkom - die water styg en daal tot 17 meter. Die see in daardie omgewing is besonder kalm, trouens, die wateroppervlak lyk meer soos ʼn plaasdam. As mens met laagwater daar aankom dan lê die see seker so 2 kilometer weg agter ʼn groot moddervlakte. In stede van die skuimende, spattende en donderende branders wat ons verwag het, het die water so soetjies en byna ongemerk nadergekruip totdat dit teen ons voete was. Nie so ʼn aanskoulike skouspel soos ons gedink het nie, maar die stilte en rustigheid van die proses het ons bekoor.

Aan die noordekant van Nova Scotia is Cape Breton Island, yl bevolk, met die Cabot Trail, ʼn heel aanskoulike kusroete wat mens in twee dae kan aflê as jy nie haastig is nie. Daar is allerhande kronkelpaadjies en so in die middel van nêrens kom mens op interessante winkeltjies af wat als verkoop van vars vis, kreef en jerky tot gedroogde seewier.

Winkeltjie
Winkeltjie

 

ʼn Hele paar bekende digters woon in die Maritimes. Ek was gelukkig genoeg om ʼn ondertekende kopie van Anne Compton van New Brunswick se bundel Processional vir ʼn skamele $15 aan te skaf. Sy het ʼn paar jaar gelede die Goewerneur-Generaal Prys vir digkuns ontvang en in hierdie bundel beskryf sy die daaglikse doen en late van ʼn huishouding, die wisseling van die seisoene, lewe en dood, die geluk en droefheid wat met menswees saamgaan.

 

Obiter Dicta, While Spring Housecleaning

 

Words are like windows, unremarkable if clean. Vinegar works best.

 

Working away wood smoke and rain smear. Hank Williams crooning ‘bout love.

 

A chronic wasting disease that affects men handling six-wheelers and sonnets.

 

What I wouldn’t do for a Glenfiddy just now.

 

Once more the windows are full of leaves.

 

All the white in the world is in the ditches: Yarrow in bloom.

 

Achilles millefolium, its proper name. Achilles ook an arrow in the heel. The heart hurts worse, according to Hank.

 

At play in the fields of the Lord: I wish.

 

If here was a gazebo in the garden, we’d go there.

 

Shall we, I’d say, finish up with fruit in the garden?

Strengthen me with raisins/refresh me with apples: The Song of Songs, and isn’t it?

 

At the border, a sign: Honeybee Importation Not Allowed. Armed guards, by God, combing.

 

Some sweetness made it over. The noblest of things, Sweetness & Light, improve with acidic age.

 

On the East Coast, we’re shutting down the lights, the better to see the stars: Dark Sky Reserve.

 

A moony night could follow a sunny day: Chances are one in four.

 

Life is like malt, the single is better.

 

 

A Death in March

 

       Even so the Spring goes forward

The rind of the trees weepy with sap. No spigot to carry it off.

From here to the other side, ice is motley. The river’s current

expression: a stutter of ice cakes on the shore. Fret of spume.

        Some days, though, we waken to snow,

fugacious erasure of mud and broken branches.

We feel the setback. Want the spectacular squalor

of spring: its colourless smear: There’s no word for that.

For snow falling, fugue slow, through fog. Earth and air

unable to settle what it’s to be. Now is after. Or, ahead?

Interregnum: It’s beauty is brutal. A raw wind through bereft.

 

My geliefkoosde Kanadese digter bly steeds Don Domanski van Halifax, van wie ek voorheen al gedigte geplaas het. In die volgende gedig verwys hy na die Victoriaanse gewoonte om suikerbekkies (hummingbirds) soos blomme in hul Bybels saam te pers.

 

 

A HUMMINGBIRD’S HEART BEATS 1260 TIMES A MINUTE

for Julia

 

This man will sit in his chair till sunrise. It’s been a long day, and

now the conversations of the day will separate the blades of grass to

lie down. Now the pauses between words possess everything. The

diligence of emptiness knowing no end that he can see, ecstasy of

blank spaces between the stones, and all thoughts out of the stones,

allowed to wander till morning. There’s a sadness about him that

he can’t interpret, like streamlets carrying strokes of blood back

to a source it doesn’t understand. Like all the little sibyls under the

floorboards that can’t speak a word, and the books on the shelves

that can’t read themselves. In his room only the hummingbird

understands, pressed between the pages of the family bible in the

1850’s, like a rose that understood flight, pushed flatly, woefully

against all the words of God. A flower where the darkness gathers

in the shape of a bird, where death gathers 1260 times a minute.

That’s enough sorrow for even a man to understand, to find his

place, the weight of his unhappiness, that feather falling inside

himself, where there are no wings, no flying into light, not a

flutter, no answers coming from motion.

 

 

Mere

 

I lie beside a pond     hidden by weeds

the nearest things are approaching

a hush is like a place

shining water and shining stones

homecoming is an ever-receding will

then a breeze outstretched to clouds

then a sparrow carried on a stranger’s wings

Leon Retief. Om in Moose Jaw oud te word

Monday, August 23rd, 2010

Om een of ander rede is Moose Jaw ʼn gewilde aftreeplek. Moenie my vra waarom nie want dis nou nie juis asof ons ʼn subtropiese klimaat het nie. Die dorp is vol ouetehuise, die hoogste gebou in Moose Jaw (15 verdiepings) is ʼn ouetehuis skuins agter ons woonstelgebou.

Saam met ouderdom kom ook die onvermydelike aftakeling en ek sien elke week twee of drie pasiënte wat nie weet waar of wie hulle is nie. Ek staan soms verstom oor die handevol pille wat hierdie ou mense gebruik - en dan nie oor-die-toonbank pille nie maar medisyne wat net op voorskrif beskikbaar is. Dit wil my voorkom asof Kanadese dokters refleksief na die voorskrifboekie gryp wanneer ʼn pasiënt ʼn klagte het. Of Kanadese so oud word as gevolg van al die pille of te spyte daarvan weet ek nie…

Selfs in die middel van die winter sien mens soms ou mense stap met daardie looprame op wieletjies, hul emfisemateuse asems wat wit wolke voor hul gesigte blaas. Meestal word hulle deur die provinsiale departement van gesondheid se “Home Care Department” versorg en ek moet sê dat Saskatchewan baie goed na hul oumense omsien maar dit plaas natuurlik ʼn geweldige las op die provinsiale begroting. As die huidige tendense voortduur sal mediese sorg van die bevolking as geheel teen 2030 sowat 70% van die beskikbare finansies opslurp - ooglopend ʼn onhoudbare situasie.

Glen Sorestad, die Saskatoonse digter wie se verse ek al voorheen hier geplaas het, beskryf in sy bundel Today I belong to Agnes hoe hy sy moeder se stadige aftakeling beleef het.

 

Care Assessment

 

 The woman from Home Care talks with Mother,

asks her various questions; Mother proffers

quite credible replies and everything is well

until the assessor asks how old Mother is.

“Oh, I’m a hundred years old,” Mother says

without the slightest hesitation; she’s eleven years

off the mark this time. “Really? One hundred?”

“Oh, yes,” Mother smiles her sweetest affirmation

 as the other seeks corroboration in her files.

 

Now why has Mother decided that today

she will be a hundred years old? Was she

thinking of her favourite aunt who lived

to her hundredth birthday? Has she decided

if her aunt could do it why not she? Or is

Mother engaging in a bit of harmless sport

with this earnest woman, leading her on

before her laughter lets the other know

she’s been duped by an eighty-nine year old?

 

I’m leaning towards the latter when the woman

asks Mother to tell her what time it is. “Why?”

Mother wants to know, “Can’t you tell time?”

I sense a caginess from Mother that is beyond

the game she may be playing with her opponent.

 

“Yes, I can. What I want is for you to look

at that clock,” and she points to the wall,

“and tell me what time it is right now.”

Mother looks at the clock for a few seconds,

then turns to woman and says, “I don’t see

why I should tell you the time, if you can see

the clock perfectly well yourself.” Then she refuses

to play the match further. But perhaps she knows,

even at this moment, that time has made

an unexpected turn, one she’ll not set right,

no matter how she plays the game.

 

 

Gatherings

 

It’s been weeks, but seems years now

that we’ve been cleaning Mother’s apartment.

Now that she’s moved to a private care home

she has no need and less room for all

these possessions that have surrounded her -

reminders of who she is, where she’s lived.

At times these comfort objects become puzzles

she’d pick up and stare at: tangible links

to fading times, the confusion of years.

 

This burden of survival to her tenth decade

is that she sees parts of herself fall away

like dead skin: two husbands, a succession

of homes in different places, two children,

grandchildren, great-grandchildren - all

become many-faceted pieces grown

harder to fit in the jigsaw puzzle

that her life has now become.

 

But what are we to do with all these things?

At times despair mounts that I must be

the one to decide what shall be kept,

what discarded of this, my mother’s life,

part of me in the history of these keepsakes.

Of course, we too have gathered our own,

the incriminating evidence of a lifetime,

plot details of a fiction all too real.

Are we to leave four decades worth

of our own packratting to our children

so that they too must someday

lift and hold each item and agonize

over what has meaning or worth,

what is treasure and what is trash?

 

Dit is natuurlik nie net die bejaardes wat deur ouderdom en aftakeling geraak word nie maar ook hul kinders.

 

Visitors

 

1.

 

Each Thursday the tall

immaculate man arrives

without fail to visit

his mother, but only Thursdays.

 

Newly retired he now

looks for meaning in life

without work,

an organisation man

who has lived

a structured life

and will never

bend to chaos.

 

Still, I’d like to ask

him why it must be

Thursday only;

his mother would

be pleased to see him

any day, frequency

would do no harm,

especially since her days

are swiftly moving

to that moment when

one Thursday she

will no longer give

his afternoon its purpose

and the neat order

of his week will

collapse upon him.

 

 

2.

 

This woman must be a school teacher

because she wants to scold her mother:

 

sit up straight now! Where’s your hankie?

Tuck in your blouse! Are you listening?

 

Is this a daughter’s revenge on her mother?

Must it come to this? The daughter can

 

not help herself, it seems. No matter how

warm her greetings, no matter how much

 

or little they have to say to each other,

at some point the visit always comes to this.

 

Perhaps it is a kind of love, the only kind

These two have ever known, or ever shown.

 

 

4.

 

Each time this woman comes

she works so hard to hide

how her mother’s falling back

to childhood upsets her -

as if somehow this should

not be so, as if someone here

must be responsible for

what she sees happening.

She is not yet ready

to see herself

in her mother’s place,

refuses to see

what each of us must see.

 

Ou mense het nou maar eenmaal die manier om dood te gaan en baie sterftes beteken noodwendig baie begrafnisse. Die kombinasie van ysige winters en teraardebestellings kan soms nogal problematies wees. Sommige bejaardes stipuleer in hul testamente dat hulle nie veras moet word nie en dat hulle op die konvensionele manier ter aarde bestel moet word. Nou is dit so dat die grond hier in die winter sowat twee meter diep vries en dus lol dit maar om grafte te grawe. Niemand wil ʼn lyk maande lank in ʼn koelkas laat lê tot die grond ontdooi het nie, dus het die munisipaliteit van Moose Jaw ʼn spesiale apparaat aangeskaf wat die grond oor ʼn tydperk van ʼn paar dae ontvries sodat ʼn meganiese graaf dan die graf kan kom grawe.

Rosedale Cemetery, die eerste begraafplaas in Moose Jaw, is in die 1880’s in gebruik geneem en in daardie tyd was daar natuurlik nie sulke moderne gedoentes soos krematoria of meganiese grawe nie. Die Moose Javians van daardie tyd het ʼn eenvoudige en baie praktiese oplossing gevind: ʼn kapel is in die gronde van die begraafplaas gebou en van ʼn groot kelder voorsien. Voor die preekstoel was ʼn groot luik waarmee die kis na die roudiens tot in die kelder laat sak is. Wintermaande was die kelder koud genoeg om die lyke bevrore te hou totdat die grond genoegsaam ontdooi het om grafte te grawe. Ek neem aan dat daar destyds nie so baie bejaardes in Moose Jaw was as tans nie want vandag sal die kelder beslis nie groot genoeg wees nie.

  

Een van die grafte is dié van ʼn jong lid van die Heilsleër-orkes wat tydens die Titanic-ramp omgekom het en om een of ander onbekende rede in Moose Jaw sy laaste rusplek gevind het.

Soos die gewoonte destyds was kon net blanke Kanadese in Rosedale Begraafplaas begrawe word. Hierdie tradisie is in 1910 verbreek toe die eerste inheemse Indiaanse vrou, Tasinaskawin Brule (Kombersvrou van die Wit Maan) daar begrawe is. Of dalk klink dit beter in Engels: Blanket Woman of the White Moon.

Sy was lid van die Lakota-stam, wat tesame met die Santee en Yankton-groepe die Sioux-nasie gevorm het wat kolonel Custer in 1876 by Little Big Horn verslaan het. Na die veldslag het die Indiane na Kanada gevlug en in die omgewing van Moose Jaw gevestig. Tasinaskawin was die eggenote van Swart Bul, die plaaslike opperhoof. Toe sy besef dat sy sterwend is het sy versoek dat die flap van haar tepee oopgemaak moet word sodat sy vir die laaste keer die son kon sien opkom. Sy het al haar besittings (sewe ponies, ʼn wa, die tepee en ʼn kombers) bemaak aan ʼn blanke Kanadese vrou met wie sy bevriend was. Sy het ook versoek dat sy in Rosedale Begraafplaas ter ruste gelê moet word. Haar graf is die enigste een bekend van al die inheemse Indiaanse vroue wat sowat ʼn eeu gelede hier geleef en gesterf het.

 

 

 

 

 

Leon Retief. L’inconnue de la Seine

Wednesday, July 7th, 2010

Soos die geval is met elke rivier wat deur ‘n groot stad loop is die Seine ‘n laaste toevlug vir eensame en desperate mense wat nie verder kans sien vir die ondermaanse nie. Laat in die negentiende eeu, waarskynlik in die 1880’s, het die lewe te veel geword vir ‘n jong vrou en het sy haarself in die Seine verdrink.

Haar lyk is uit die rivier gevis en na die Paryse lykshuis geneem. Daar was geen tekens van geweld aan haar te bespeur nie en dit is algemeen aanvaar dat sy selfmoord gepleeg het. Saam met die liggame van ander onbekende afgestorwenes is sy op een van twaalf swart marmertafels agter ‘n venster uitgestal in die hoop dat iemand haar sou kon eien. In daardie jare was besoeke aan die lykshuis om die kadawers te besigtig ‘n gewilde vorm van vermaak onder Parysenaars, byna soos die Londenaars se uitstappies na Bedlam.

Die meisie is nooit geïdentifiseer nie en sy is in ‘n anonieme graf begrawe. Haar gesig het een van die assistente by die lykshuis egter so aangegryp dat hy ‘n dodemasker daarvan gemaak het. Presies hoe hierdie masker bekendheid verwerf het is onseker, maar talle kopieë is gemaak en met die naam “L’inconnue de la Seine” het dit tydens die 1920’s en 1930’s later ‘n soort van ikoniese status in Frankryk en ook elders in Europa verwerf, byna soos afdrukke van Dürer se Biddende Hande wat in my prille jeug teen talle mure gepryk het. Of natuurlik die drie eendjies…

Foto’s van hierdie masker (ek het dit nie in “lewende lywe” gesien nie) toon inderdaad ‘n gesig met ‘n vreemde bekoring, ‘n geheimsinnige, Mona Lisa-agtige glimlag en ‘n uitdrukking van stille geluk.

Foto deur Man Ray

Foto deur Man Ray

 

Skrywers soos Anaïs Nin, Camus, Nabokov, Rilke en ander is deur hierdie dodemasker geïnspireer en meer as een roman of gedig is geskryf wat op haar geskiedenis gebaseer is.

 

 

 

L’Inconnue de la Seine
Vladimir Nabokov

Urging on this life’s denouement,
loving nothing upon this earth,
I keep staring at the white mask
of your lifeless face.

Strings, vibrating and endlessly dying,
with the voice of your beauty call.
Amidst pale crowds of drowned young maidens
you’re the palest and sweetest of all.

In music at least linger with me!
Your lot was chary of bliss.
Oh, reply with posthumous half-smile
of your charmed gypsum lips!

Immobile and convex the eyelids.
Thickly matted the lashes.  Reply-
can this be for ever, for ever?
Ah, the way they could glance, those eyes!

Touchingly frail young shoulders,
the black cross of a woolen shawl,
the streetlights, the wind, the night clouds,
the harsh river dappled with dark.

Who was he, I beseech you, tell me,
your mysterious seducer?  Was he
some neighbor’s curly-locked nephew
of the loud tie and gold-capped tooth?

Or a client of star-dusted heavens,
friend of bottle, billiards, and dice,
the same sort of accursed man of pleasure
and bankrupt dreamer as I?

And right now, his whole body heaving,
he, like me, on the edge of his bed,
in a black world long empty, sits staring
      at a white mask?

-Berlin, 1934

 

Rilke het die masker in ‘n Paryse winkel raakgesien terwyl hy die beeldhouer August Rodin se sekretaris was en dit beskryf as “…die gesig van ‘n jong vrou waarvan ‘n afgietsel in die lykshuis gemaak is omdat dit so mooi was, omdat dit geglimlag het, so misleidend geglimlag het, asof dit weet.”

Drie jaar later het hy “Washing the Corpse” geskryf oor die uitlê van die lyk van ‘n onbekende jong vrou:

 

They washed her neck

And because they know nothing of

Her fate,

They made another one up together,

Washing all the while…

 

As die verhaal hier geëindig het sou dit maar net ‘n vergete voetnota in die geskiedenis van Parys gewees het wat enkele mindere werke deur bekende en onbekende skrywers tot gevolg gehad het. ‘n Verstommende toeloop van omstandighede het egter verseker dat l’inconnue bly voortleef het, al is dit dan onder ‘n ander naam en eintlik dus maar net so anoniem as die dag toe sy uit die Seine gehaal is.

Kardiopulmonêre resussitasie (KPR) soos ons dit vandag ken behels onder andere mond-tot-mond asemhaling wanneer geen mediese toerusting byderhand is nie. Alhoewel hierdie begrip vandag vir ons vanselfsprekend klink was dit nie altyd die geval nie en selfs die ontdekking dat ‘n pasiënt se onderkaak opgelig moet word om ‘n oop lugweg te verseker is ‘n relatief nuwe verskynsel. In ‘n ietwat bisarre agtiende-eeuse metode om drenkelinge te probeer resussiteer is tabakrook in die slagoffer se rektum ingeblaas - die rook is darem eers in ‘n ballon geblaas voordat dit na die rektum oorgedra is sodat mond-tot-rektum asemhaling nie nodig was nie. Hierdie metode was nie juis baie suksesvol nie.

Mond-tot-mond asemhaling is reeds in 1773 gepropageer maar het skynbaar nie algemeen gewild geword nie. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog het dit bekendheid begin verwerf toe die Amerikaanse weermag dit aan sy soldate geleer het. Dokters het besef dat baie lewens gered kon word as dit op ‘n gestruktureerde wyse aan mediese en paramediese personeel onderrig kon word. Die vraag was hoe, want mens kan nie so iets op vrywilligers oefen nie en soos ons almal weet, practice makes perfect.

Peter Safar was ‘n narkotiseur wat baanbrekerswerk gedoen het oor intensiewe sorg oor die algemeen en KPR in die besonder - hy het byvoorbeeld die eerste intensiewe sorg eenheid in die VSA tot stand gebring. Tydens die vyftigerjare van die vorige eeu het hy en die Noorweegse narkotiseur Bjorn Lind by ‘n narkosekongres in Stavanger aan die gesels geraak en saamgestem dat ‘n pop waarskynlik die beste uitweg sal wees om sulke opleiding te verskaf.

Lind het die Noorweegse speelgoedvervaardiger Asmud Laerdal genader. Een van Laerdal se gewildste produkte was ‘n pop genaamd “Anne”, maar hy het ook nagemaakte plastiekwonde gemaak wat deur die Noorweegse weermag gebruik is om paramedici op te lei. Kort tevore het hy sy tweejarige seun van verdrinking gered en dit het sy entoesiasme vir hierdie projek aangevuur.

Safar, Lind en Laerdal het aan die werk gespring en in 1960 het Laerdal sy eerste pop bekend gestel - Resusci-Anne, so genoem na die speelgoedpop wat hy vervaardig het. Hoe moet die pop se gesig lyk het hy gewonder. Destyds was meeste medici mans en hy het besluit dat hulle nie daarvan sou hou om mond-tot-mond op ‘n manlike pop te oefen nie.

Tydens ‘n besoek aan sy skoonouers het hy l’inconnue se masker gesien en besluit dat hy haar gesig sou gebruik. Ek weet nie of hy bewus was van die geskiedenis van die masker nie.

Resusci-Anne

Resusci-Anne

 

 

Hoe dit ook al sy, Resusci-Anne is bekend gestel met l’inconnue se gesig en dit het mettertyd wêreldwye bekendheid verwerf. Honderdduisende mense het KPR op Resusci-Anne geleer.

‘n Aantreklike storie, maar daar is mense wat die egtheid van die verhaal betwyfel. Die Lorenzi-familie is al vir meer as 140 jaar modelmakers in Parys en Claire Forrestier, ‘n afstammeling van die oorspronklike Lorenzi, is nie seker dat die masker wel van ‘n lyk afkomstig is nie. Volgens haar is die masker se vel te glad vir iemand wat in die water gedryf het. Nogtans, as die meisie se lyk uit die water gehaal is binne ‘n paar uur na haar verdrinking sou haar vel waarskynlik nie makroskopiese tekens van nadoodse veranderinge begin toon het nie.

Wie weet… Wat die geval ook al is, ‘n onbekende meisie se gesig het op ‘n onverwagte wyse bly voortleef lank na haar dood en ongetwyfeld baie lewens gered.

My dank aan Marlise Joubert wat die gedigte van Nabokov en Rilke opgespoor het.