Posts Tagged ‘Leon Retief’

Leon Retief. Gedigte en gedagtes by Kanadese skilderye

Monday, February 20th, 2017

 

Gedigte en gedagtes by Kanadese skilderye

 

“I know it when I see it” het regter Potter Stewart van Ohio glo gesê tydens ʼn hofsaak waar pornografie ter sprake was. Dis so min of meer dieselfde met my en kuns: ek ken iets waarvan ek hou wanneer ek dit sien al is ek geen kunskenner nie. En dalk is dit ook nie eers altyd kuns nie.

Ten spyte van my onkunde kon ek sedert ons aankoms nege jaar gelede hier in Canuckistan nie anders nie as om op te merk dat die kunstetoneel in die Suid-Afrika van destyds veel meer vitaliteit en verskeidenheid gehad het, dat dit dieper sny, as wat ek al hier gesien het en ek kry die indruk dat dit steeds die geval is. Mens sal nie maklik iets ekwivalent aan Jane Alexander se Butcher Boys hier aantref nie. As daardie werk ooit hier uitgestal sou word dan, met die tere psiges van baie Kanadese in ag genome, sal die betrokke museum of galery ʼn “trigger warning” by die voordeur moet aanbring want sommige kykers sal berading benodig as hulle onverwags op hierdie werk afkom. (Grappie. Maar ook nie heeltemal nie.)

As ek moet spekuleer sou ek reken dat Suid-Afrika se turbulente geskiedenis en hede ʼn impak gehad het en steeds het op kunstenaars se kreatiwiteit en dat hierdie impak ʼn positiewe invloed aan kuns gegee wat ek meestal nie hier vind nie. Kanada het natuurlik ook maar ʼn minder as bewonderenswaardige verlede en hede ten opsigte van die behandeling van eerste nasies, maar dit wil my voorkom asof Kanadese kuns in hierdie opsig byna as beleefd bestempel kan word in vergelyking met wat ek in Suid-Afrika gevind het.

Die ander ding met Kanada is dat die klimaat plein donners wreed is en mens moet hier leef om dit te besef. Wanneer ek my vriende in Suid-Afrika daarvan vertel dan kyk hulle my skeef aan en ek vermoed hulle dink ek lieg.

Brits-Columbië het ʼn redelik gematigde klimaat (in Kanadese terme) maar die drie Noordelike Gebiede (nie provinsies nie, Territories in Engels, dit wil sê Yukon, die Noordwestelike Gebied en Nunavut) het afgryslike winters, die Atlantiese provinsies het geweldige storms en wavragte sneeu in die winter (en storms in die somer ook) en die prêries, waar ons woon, het sneeu op die grond vir vyf maande van die jaar.

Naas die Noordelike Gebiede is die prêries die koudste streke in hierdie land. Laat Desember verlede jaar was die temperatuur hier in Takbokkakebeen om 10h30 in die oggend -30°C, die aanvoelingstemperatuur (wind chill) was -40°C en dis wat mens ondervind wanneer jy buite jou lekker warm, snoesige woonstel of huis is.

MUNCHAUSEN IN ALBERTA

Our first winter in the settlement,

the old man said,

January was so cold

the flames in the lamp froze.

The women picked them like strawberries

and gave them to the children to eat.

That’s the only time

I was ever a fire-eater.

© Elizabeth Brewster

Wat het hierdie jeremiade nou eintlik met die beeldende kunste te doen? Goeie vraag. Tot sowat ʼn eeu gelede het Kanadese nie juis van hul landskap gehou nie en die klimaat is tot ʼn groot mate daarvoor verantwoordelik – vir wat my opinie nou werd is. ʼn Ou tannie het eenkeer aan die skilder A. Y. Jackson gesê: “It’s bad enough to have to live in this country without having pictures of it in your home.”

Dit het Kanadese ʼn lang tyd geneem om van hul land te begin hou, of so wil dit vir my voorkom en ek vermoed dat die wydverspreide beskikbaarheid van elektrisiteit daarmee te doen het. Sekerlik ʼn banale observasie maar darem: huise en ander geboue het nou sentrale verhitting, motorkarre het oop waens en perdekarre onnodig gemaak, niemand het meer nodig om in die winter lang afstande te stap nie, vars groente en vrugte in verbasende verskeidenheid word van oorsee ingevoer en is dwarsdeur die jaar beskikbaar, afgetrede Kanadese spandeer winters in Arizona, Florida of Meksiko en so voorts. Die ervaring van winter het verander. Storms is nie meer so gevaarlik soos ʼn eeu gelede nie. Bosbrande wel.

Ek vermoed dat die ekstreme klimaat, die storms, ongerief en gevaar die skoonheid van al vier seisoene in hierdie land tot so ʼn mate vir die inwoners oorskadu het dat meeste mense, of dan ten minste baie, dit nie in die verlede opgelet het nie. Selfs die wreedheid van die winter het sy eie skoonheid.

FEAR OF THE LANDSCAPE

 

On a hot morning

walking through the thicket,

bushes and rocks

close to the bluffs

I was uneasy and clung to things.

The sound of a cricket

or the calls of birds were shrill

lesions in the quiet air

around me, sweltering and still.

The leaves hung from the trees

dangling on thin stems.

I am walking quickly and the land

stops. The ground

drops to a beach of stones

where a silent boat leans at the shore

into a sandy mound,

its stiff poled oars

outstretched.

The lake gulls circling it

cry out in the heat.

The sound of dry breath clings to me.

I hear the sun’s core burn.

Have I been too long in cities

that I have such fear

of the landscape?

© Ian Young

Tot so in die eerste ongeveer twee dekades van die vorige eeu was Kanadese skilderkuns, of dan skilderkuns deur wit Kanadese, maar blekerige nabootsings van wat in Europa gevind kon word. Koekblikkuns tot ‘n groot mate na my mening. En rye en rye portrette van politici, magnate en inheemse Indiane wat in allerhande geboue hang en waarna min mense kyk.

Teen ongeveer 1920 het die situasie begin verander. Die Groep van Sewe (Group of Seven) het op die toneel verskyn. Hulle was van mening dat Kanadese landskappe ʼn eie, kenmerkende styl benodig het en het dit in hul skilderye tot uiting gebring. Streng gesproke kan mens sê dat hierdie groep elf lede gehad: Tom Thomson, Lawren Harris, JEH MacDonald, Arthur Lismer, Frederick Varley, Frank Johnston, Franklin Carmichael, AY Jackson, Edwin Holgateen en LL Fitzgerald.

https://en.wikipedia.org/wiki/Group_of_Seven_(artists)

Tom Thomson (1877-1917), van wie se werk ek baie hou, kan beskou word as ʼn voorganger van die groep en as hy lank genoeg geleef het sou hy beslis deur die ander skilders as lid aanvaar gewees het. ʼn Honderd jaar gelede het hy verdrink, volgens sommige skrywers onder geheimsinnige omstandighede.

Foto: Bateaux, Tom Thomson

 

 

NOTES ON A NORTHERN LAKE

 

1.

We freeze in our beds

The wind sends shivers down the lake

 

2.

We swelter in the open air

The sun sends lava across the lake

 

3.

We move among the trees

And through the wood the lake moves too

 

© John Robert Colombo

 

Foto: SNOW II, LAWREN S HARRIS

 

WINTER WALK IN FOREST

 

All else

is so

perfectly still

my breathing sounds

like gusts of wind

my joints

like frozen branches

cracking

 

All around me

invisible animals

must also be listening

 

But only

to how close

my boots

snap the snowcrust

 

© George Swede

 

Foto: SUMMER DAY, TOM THOMSON

 

THE EARTH AND THE PEOPLE

 

The earth was here before the people.

The very first people

came out of the ground.

Everything came from the ground,

even caribou.

Children once grew

out of the ground

just as flowers do.

Women out wandering

found them sprawling on the grass

and took them home and nursed them.

That way people multiplied.

 

This land of ours

has become habitable

because we came here

and learned how to hunt.

 

© Tradisonele Inuit Lied

 

Foto: MIRROR LAKE, FRANKLIN CARMICHAEL

 

EIGHT MILES FROM ESTEN LAKE

 

5.45 a.m.

eight miles down the trail

lakes stand still

silence and mist

unbearably close to breathing

 

two loons

methodically at work

the south shore of the pond,

dive and break surface

forty feet away and appear nervous,

but continue feeding

 

6.45 a.m.

return to town

soaking in the sound of birds,

the dank smell of morning,

trying to bring it all back

to where it just doesn’t belong

 

© Wayne Nixon

 

Vandag se interessante maar nuttelose stukkie informasie: ‘n “loon” is ‘n kleinerige watervoëltjie (Gavia spp) wat wyd in Noord-Amerika en ook Eurasië voorkom. Die Kanadese dollarmunt het ʼn afbeelding van hierdie voëltjie op een kant en dit staan dus in die volksmond bekend as ʼn “loonie.” Die voëltjies het die mooiste roep, byna spookagtig, ek gee ʼn skakel heel aan die einde indien enigeen belangstel om te luister.

 

SUMMER HAIKU

For Frank and Marian Scott

 

Silence

and a deeper silence

when the crickets

hesitate

 

© Leonard Cohen

 

Foto: RED TREES REFLECTED IN LAKE, AY JACKSON

 

FALL

 

Winter broke over the hill with ice on its breath

Gripped and choked the corn stubble in October.

(“Early,” she said.)

A beaver’s shadow stealthily shrank into the rushes

Shivering and lost.

(“Where is the warm rain

For soaking and filling the lake?”)

 

Snow! Snow high in the dead fir’s fork.

Flies wild, swirls on the wind’s bite

Grating the teeth and the chilled nerve’s end.

(“Will there be time

For a walk before dark?”)

 

A last grey goose fluttered its white wings spliced

with frost

To fall back squawking in a flurry of sleet.

(“It’s late!”)

 

It’s late on the bitter wind

in the fall of this year.

 

© Richard Courtney

 

Die roep van die “loon:”

https://www.youtube.com/watch?v=Hnlze_cIYZs

 

 

*

 

 

Leon Retief. Fossiele: Oor vis en vlees

Tuesday, January 3rd, 2017

foto-1

 

Fossiel van T. rex, Royal Tyrrell Museum in Drumheller, Alberta

 

FOSSILS

At midnight in the museum hall
The fossils gathered for a ball
There were no drums or saxophones,
But just the clatter of their bones,
A rolling, rattling, carefree circus
Of mammoth polkas and mazurkas.
Pterodactyls and brontosauruses
Sang ghostly prehistoric choruses.
Amid the mastodontic wassail
I caught the eye of one small fossil.
“Cheer up, sad world,” he said, and winked-
“It’s kind of fun to be extinct.”

(c) Ogden Nash

‘n Kykie na die fossielrekord toon dat die ouer rotslae fossiele bevat van organismes met koppe (bv. visse), gevolg deur organismes met koppe, nekke en bene (bv. reptiele) in jonger lae, dan diere met koppe, nekke, bene, hare en melkkliere (katte) terwyl ons in die jongste lae fossiele vind van organismes met koppe, nekke, hare en melkkliere wat op twee bene loop en opponerende duime het: mense.

 

Ecce homo

 

Wat het hom tog besiel om te wil

regop staan? Kierts! Tog nie net

dors na kennis, die bykom van ‘n appel

boaan ‘n baie groot, sugtende boom nie?

Hande-viervoet sou hy ook, op ‘n lei,

kon leer lees en skryf het, later

die relatiwiteitsteorie vinger-in-die-sand

kon uitgewerk het, en uitgevee het

(want waarvoor?) met minder rugkwale.

Hande-viervoet kan jy godsdiens beoefen,

loer in ‘n mikroskoop, klavier speel,

beeld boetseer, op jou rug rol om plafonne

te beskilder, weer omrol en van jou steiers

afklouter, fronsend, ingedagte, honger.

Hande-viervoet is eet en drink speletjies,

paring vanselfsprekend. Alles gaan.

Net toneel speel, lyk dit my, sou bedenklik

Ingewikkeld, haas onmoontlik en regtig

lagwekkend wees. Regtig. ‘n Kruipende

Faust. ‘n Klutaimnestra met swengelende

borste. Nee! Drama wil hoog reik!

Daar staan hy nou met sy weekdele bloot,

die mens, die sot, die groot toneelspeler.

 

(c) Wilma Stockenström

 

Die bouplanne (meer oor hierdie woord later) van al hierdie organismes hierbo genoem het met verloop van tyd veranderings ondergaan, maar die anatomiese kenmerke van voorgangers het nie sommer net verdwyn nie – oorblyfsels (ja Maria, spore J ) van voorouers word steeds in die anatomie van elkeen van ons gevind. Hierdie spore kan vergelyk word met ‘n palimpsest – omdat dit in die jaar toet te duur was om elke keer ‘n nuwe stuk perkament te gebruik is die bestaande skrif dikwels afgekrap en die skrywer se gedagtes is dan op die tweedehandse dokument neergeskryf. Hierdie hersirkuleerde manuskripte is palimpseste genoem, na die Griekse woord palimpsestos, wat “weer geskraap” beteken.

Net soos moderne tegnieke ons in staat stel om die teks van sommige van hierdie manuskripte te ontsyfer kan ons al geruime tyd, meer as ‘n eeu om die waarheid te sê, met toenemende akkuraatheid waarneem wat in die verre verlede in die liggame van ons voorouers “geskryf” was. Namate ons kennis toeneem verskaf hierdie palimpseste ‘n al duideliker en al meer fassinerende beeld van ons evolusionêre verlede.

Die meeste fossiele word gevorm uit relatief harde weefsel soos been of kraakbeen maar van tyd tot tyd word oorblyfsels van sagte weefsels, miljoene jare oud, ook in fossiele gevind. Die eerste en bekendste voorbeeld is die kollageen in ‘n T. rex fossiel van 68 miljoen jaar gelede wat in 2005 deur Mary Schweitzer beskryf is. Interessant genoeg toon daardie fragmente van die dinosouriër-kollageen wat analiseer kon word duidelike ooreenkomste met die kollageen wat in hedendaagse voëls gevind word –  verstaanbaar, aangesien dit algemeen aanvaar word dat dinosouriërs aan voëls oorsprong gegee het. Baie fossiele word egter elders as in die grond aangetref: elkeen van ons, elke lid van H. sapiens en elke leser van Versindaba is tjok-en-blok vol fossiele van ons evolusionêre verlede, sagte sowel as harde weefsel.

In ‘n brief aan Asa Gray skryf Darwin: “…embryology is to me by far the strongest single class of facts in favour of change of form…” Ek dink dat die liewe oom Charles hartkloppings van plesier sou kry as mens hom uit die dode kon opwek en hom bekend stel aan molekulêre genetika, ‘n studieveld wat byna ‘n eeu na publikasie van sy Origin of Species eers begin ontwikkel het. Hierdie vakgebied het sedertdien nog veel meer fassinerende feite aan die lig gebring wat die evolusieteorie nog stewiger gevestig het en dalk sal dit vir beide lesers van hierdie inskrywing interessant wees as ek kortliks kyk na ‘n voorbeeld of twee uit elk van hierdie vakgebiede.

‘n Mooi palimpses van ons visvoorouers wat in ons binneste skuil is die anatomie van die rekurrente laringeale senuwee. Die basiese patroon van bloedvate en senuwees in visse en die vroeë menslike embrio stem verbasend baie ooreen soos in die illustrasie onder gesien kan word.

 

figuur-1

 

 

Vergelykende anatomie van ‘n vis (in hierdie geval ‘n haai maar dit is dieselfde by ander visse) en ‘n amniotiese embrio soos by mense aangetref. Die aortaboë by menslike embrios is voorheen brangiale boë of brangiale arteries genoem en is ekwivalente strukture by mense en visse.

Namate die menslike embrio (en dié van ander vertebrate) verder in die uterus ontwikkel, verby die visstadium, verander die bloedvate en senuwees van posisie en sommige word absorbeer. Die proses is in detail beskryf maar ek gaan nie afbeeldings daarvan plaas nie. Die hele evolusionêre volgorde kan tydens hierdie veranderinge in utero waargeneem word, na ons visagtige voorkoms neem menslike embrios die kenmerke van embrioniese amfibieërs aan, gevolg deur die kenmerke van embrioniese reptiele. Eventueel bly net drie van die ses vate in soogdiere oor en op die ou end ontstaan ‘n volledig volwasse soogdieragtige sisteem met ‘n asimmetriese rangskikking van die aorta, karotis- en pulmonale arteries en pulmonale venes.

Die gevolg van al hierdie gewoel is ‘n interessante en kenmerkende anatomie van twee van die senuwees (die rekurrente laringeale senuwees) wat die larinks van soogdiere voorsien, met die langer linkerkantste senuwee wat vanuit die vagussenuwee ontspring en rondom die aortaboog haak voordat dit omdraai en na die larinks loop, terwyl die korter regtekantste senuwee sy draai rondom die regter subklaviese arterie maak soos onder gesien kan word.

 

figuur-2

Hierdie suboptimale ontwerp is die direkte gevolg van ons evolusie van visse na soogdiere. In visse bly die dorsale aorta waar dit is met die vagussenuwee (nie aangedui in figuur 1 nie) min of meer parallel daarmee maar by soogdiere beweeg die bloedvate van die vierde en sesde brangiale arteries/aortaboë na onder om die aorta te vorm. Die laringeale senuwees moet natuurlik steeds gekonnekteer bly aan die embrioniese strukture wat later die larinks gaan word en namate die hart en aorta in die toekomstige toraks in beweeg laat dit hierdie senuwees met geen ander keuse nie as om rondom die genoemde bloedvate te krul.

Die menslike werwelkolom, ook ‘n oorblyfsel van ons verlede as viervoetige primate, is onderworpe aan meer stress as gevolg van swaartekrag weens ons regop posisie en die manier waarop ons loop. Intervertebrale skywe is by mense meer geneig om te hernieer en kan soms druk op senuwees uitoefen. Dit kan nogal ongemaklike, pynlike en soms vreesaanjaende situasies tot gevolg hê.

 

lumbale mikrodiskektomie

 

by Bakoven staan die rooi stoel leeg

ek sit nie meer daar in my hart nie

 

ek kyk nie vorentoe nie

die rooi ritme spat uiteen

 

ek kyk nie na die see nie

of ‘n boot se skuimsleep

in die baai nie

 

die stoel sit hoog op hierdie

brokkelrots van pyn

 

ek het nooit gedink aan die stroom

die onbewuste vloed van

nek na stuitjie nie

ruggraatrivier van bloed en murg

waar visse swem

 

bodems wit met spoelklip

perfek soos pêrels ingeryg

 

trap o trap

versigtig

stoor die asem vir later

steur geen vis

hulle broei op druppeltjie-eiers

en migreer vogtig deur elke seisoen

 

die rooi stoel is leeg

toegerank met pompende buise

van suurstof en bloed

 

hoekom sit ek nie daar nie

vra ek die neurochirurg

vra ek die narkotiseur

die suster die skoonmakers

 

die pype die drup

hoekom klop die rooi alleen

hoe keer ek terug

hoe keer ek om

 

slapend mompel ek kinderryme

toegeswel soos alikruik

onthou dan dat ‘n kraakbeenskyf

net voor die uitloop

in die delta verkrummel het

 

my pols skuif agtertoe

soek die antwoord ruglangs

 

diep in die fasetblok

klop die vier ontsteekte vlerkies

vlak bo die boud se naat

 

my palms balanseer die gewig

van ‘n ganse lewensloop

werwel stadig om

en om

en

 

die rooi stoel

wag my bakhand in

 

(c) Marlise Joubert

 

*

 

A Short History of the Back

 

Against the wall, upright on chairs, supine

on beds, the back is settlement and return,

a way to silence, rest. Be warned it can shout,

in sudden pain, a syntax of pops and yelps,

lumbar region in revolt, extra vertebrae

trumpet their right to curve the spine. Sciatica

stings a column of ivory, squeezes vortex into

sculpture, balanced on a twist, a thoracic

tower of Babel and bone threaded through

the trunk. Walking upright is hazardous. We

pay the price to be taller than orangutans

in their monks’ robes, to move in a straight line

away from the chimpanzee’s amble, gorilla’s

hump and heavy mastoid process. Remember

how the dorsal fin that served as our rudder

shrank down to muscle? Trapezius. Intercostal.

Back to back they faced each other.

 

(c) Tanis MacDonald

 

Nog meer (en meer interessante) fossiele is in ons gene vasgelê. Meer as negentig persent van die menslike genoom bestaan uit rommel-DNA (junk DNA) wat nie funksioneel is nie – “dooie” DNA, onder andere gene afkomstig van ons voorouers en ook heeltemal ander spesies soos virusse. Hierdie DNA is nutteloos sowel as skadeloos, dit kan dus in die genoom bly voortbestaan – trouens, rommel-DNA word deur die evolusieteorie voorspel.

Retrovirusse plaas hul DNA in die genome van die organismes wat hulle infekteer en word dan endogene retrovirusse genoem. As hierdie genetiese materiaal te lande kom in die selle wat sperms and ova maak dan word hierdie DNA deur die nageslag geërf. Elkeen van ons se genome bevat die DNA van duisende sulke virusse, meeste is onaktief as gevolg van mutasies maar daar is al meer aanduidings dat virusse ‘n betekenisvolle rol gespeel het in die evolusie van mense en ons voorouers.

Nog ‘n voorbeeld van die hele aantal verskillende soorte rommel-DNA is pseudogene. Wanneer een of ander eienskap nie meer deur ‘n organisme gebruik word nie of wanneer daardie eienskap verander word dan sal die gene wat vir daardie eienskap kodeer nie sommer so ewe netjies uit die genoom verwyder word nie. Daardie DNA-oorblyfsels staan bekend as pseudogene, oftewel gene wat nonfunksioneel geword het en nie meer vir proteïne kodeer nie.

Die evolusieteorie, soos mens van enige ordentlike natuurwetenskaplike teorie verwag, moet nie net ooreenstem met feite nie maar moet ook toetsbare voorspellings kan maak: ons verwag dat die menslike genoom (en ander genome) talryke voorbeelde sal bevat van pseudogene wat van voorouers afkomstig is en dit is dan ook die geval – ons genoom is in der waarheid ‘n ware begraafplaas van voorouerlike pseudogene.

Ek het nog nooit gesien dat ‘n hond lemoene eet of lemoensap drink nie, maar selfs al sou hulle dit doen sou dit onnodig wees. Mense daarenteen benodig ‘n bron van vitamien C. In meeste soogdiere word vitamien C in vier stappe vanaf glukose gesintetiseer, vir elke stap is ‘n ensiem nodig en vir elke ensiem is daar ‘n geen wat vir daardie betrokke ensiem kodeer. Die heel laaste ensiem in hierdie metaboliese weg staan bekend as L-gulono-ɤ-laktoon oksidase, afgekort as GLO of GULO, afhangende van wie mens lees.

In primate (dus ook by mense), vrugtevlermuise en marmotte het die geen wat vir GLO kodeer ‘n mutasie ondergaan, by mense het ‘n enkele nukleotied verdwyn en dit is nou ‘n onaktiewe pseudogeen bekend as ΨGLO. Presies dieselfde nukleotied is ook by ander primate afwesig. Dit toon dat die mutasie wat die GLO-geen onaktief gemaak het plaasgevind het in die gemeenskaplike voorouer wat ons met ander primate deel. Die inaktivering van hierdie geen by marmotte en vrugtevlermuise het onafhanklik gebeur omdat die mutasies in hul gene van primate s’n verskil. But wait, there’s more, soos die advertensie ons vertel. Die aminosuurvolgorde van ΨGLO in mense en sjimpansees, ons naaste familielid, toon noue ooreenstemming met mekaar maar meer verskille met dié van oerangoetangs, wat nie so naby verwant is nie, terwyl die volgorde in marmotte weer heeltemal verskillend van dié van primate is omdat die geen onafhanklik inaktiveer is in ‘n stamboom wat lank gelede reeds van dié van primate divergeer het.

Dit is dus ooglopend dat ons en ander primate ‘n gemeenskaplike voorouer deel – hierdie verskynsel kan op geen ander manier verklaar word nie. Molekulêre biologie is besaai met geweldig baie sulke voorbeelde, nie net in primate nie maar ook ander organismes.

Dit behoort uit bostaande duidelik te wees dat die mens (en organismes oor die algemeen) nie optimaal “ontwerp” is nie. Dit beteken weliswaar nie dat hulle noodwendig wanaangepas by hul omgewings nie – meeste lewende wesens kom baie goed klaar ten spyte van minder as perfekte “bouplanne.” Soogdiere sien heeltemal goed alhoewel hul oë (anders as seekatte) ‘n blinde kol het, meeste mans kry nie beklemde liesbreuke nie en meeste vroue kan geboorte skenk ten spyte van die wanproporsie tussen die fetale skedel en die vroulike bekkenuitgang. Al bogenoemde is die gevolg van fossiele wat ons in ons liggame dra.

Evolusie gaan nie te werk soos ‘n gesofistikeerde ingenieur wat in ‘n gevorderde werkswinkel of laboratorium sit nie – die proses behoort liewer vergelyk te word met ‘n outydse agterplaasmekkêniek wat met ‘n tang, ‘n stuk draad en ‘n pot koue lym te werk gaan om iets aanmekaar te timmer of te herstel. “Survival of the fittest” kan ewe goed vervang word met “survival of the good enough” of “survival of the somewhat better” aangesien die oorlewing van ‘n spesie eintlik maar net beteken dat ‘n organisme in staat moet wees om meer nasate as sy buurman te lewer wat op hulle beurt weer meer suksesvol kan voortplant as hulle bure.

Om hierdie redes het ek besware teen die gebruik van metafore soos bouplan, bloudruk, ontwerp en dies meer, sowel as die begrip dat iedere en elke eienskap wat ‘n organisme besit die gevolg is van een of ander adaptasie wat deur evolusie tot stand gebring is – dit is nie soos hierdie proses werk nie. Evolusie “muddles through” soos die rooinekke sê, maar natuurlik ook nie altyd nie soos die talle en talle uitgestorwe spesies in die fossielrekord toon. Dit lewer nie perfekte produkte, bouplanne of ontwerpe nie. Daar is twee artikels wat hierdie standpunt beter en in meer besonderhede bespreek: die beroemde een deur Stephen Jay Gould en Richard Lewontin oor die booghoekmure van San Marco en een deur Massimo Pigliucci en Maarten Boudry, dus gaan ek nie verder daaroor uitwei nie. Pigliucci is ‘n bioloog wat ‘n mutasie ondergaan en ‘n filosoof geword het (ek weet nie of dit hom in staat gestel het om meer nasate te produseer nie) en na my mening behoort die kring van filosowe wat hulle oor die biologie uitspreek meer sulke mense te bevat. Indien enigeen nog na my relaas wakker is en genoeg belangstel, die verwysings word aan die einde verskaf.

 

Making Do

 

Who can forget the ripple of disgust

that twisted the piano tuner’s lip

on viewing the repair some former owner

(oh no, not us) had made with a bootlace?

It did the job, holding the pedal up.

But who could fault his scandalized recoil?

By now we ought to be familiar with

that look of flouted, outraged expertise

surveying the offense of ignorant

contrivances, cheap shortcuts, slovenly

expedients only a manic devotee

of puttering could approve or even think of.

Just so, when we moved in, the electrician

stared at the spiderweb of circuitry

some tinkering precursor hooked on wiring

trellised the basement with. And the house painter

almost swallowed his cigarette when he saw

the alligatoring my hapless, hand-done

sanding had left sitting on the clapboards.

 

Inured to such embarrassments, I grant

their right to be disgruntled: well-equipped

professionals are honor bound to scorn

the botch and haste of clueless amateurs.

(Although, come to think of it, a major

part of their living comes from cleaning up

our mean shifts or mad ambitious messes.)

I envy their straight saw-cuts, their rock-steady

hands with a ruler, fully furnished toolkits,

top grade hardware, knowing just how poorly

versed and outfitted most are doomed to be.

When shall I ever use the right length nail,

or hang a picture not a smidge too high?

Don’t we, most of us, mince up an onion

to take the place of seldom-bought shallots?

 

(c) Robert B. Shaw

 

http://georgealozano.com/teach/evolution-UNBC/papers/Gould1979.pdf

En:

https://www.dropbox.com/s/3wf2k1fia6v2ygt/2013-Pigliucci-The%20mismeasure%20of%20machine-%20synthetic%20biology%20and%20the%20trouble%20with%20engineering%20metaphors-Studies%20in%20History%20and%20Philosophy%20of%20Biological%20and%20Biomedical%20Sciences.pdf?dl=0

 

 

Leon Retief. Twee Kanadese digters: Dave Margoshes & Jan Zwicky

Sunday, October 30th, 2016

dave-at-plymouth-e1325790303746

 

TWEE KANADESE DIGTERS

Hendrik Botha se inskrywing oor dokter-digters en sy opmerkings oor mediese poësie in die besonder het my herinner aan die onderstaande gedig deur Dave Margoshes. Die intense situasies waarin dokters in sommige dissiplines hulself van tyd tot tyd bevind, sowel as die interaksies met pasiënte en hul families – soms amusant, soms gespanne, soms aangrypend – moet beslis ryk stof vir skrywers en digters bied. Margoshes laat die digkuns dalk makliker lyk as wat dit is – almal van ons, nie net dokters en digters nie, het ondervindings en gedagtes in ons koppe en harte wat kan oorsprong gee aan romans, gedigte of fabels maar om dit op papier neer te skryf is natuurlik iets anders.

 

BECOMING A WRITER

 

What could be easier than learning to write?

Novels, poems, fables with and without morals,

they’re all within you, in the heart, the head,

the bowel, the tip of a pen a diviner’s rod.

Reach inside and there they are, the people

one knows, their scandalous comments,

the silly things they do, the unforgettable feeling

of a wet eyelash on your burning cheek.

This moment, that, an eruption of violence,

a glancing away, the grandest of entrances,

the telling gesture, the banal and the beautiful,

all conspire with feeling and passion to transport,

to deliver, to inspire. Story emerges

from this cocoon, a crystalline moment, epiphanies

flashing like lightbulbs above the heads

of cartoon characters. All this within you

where you least expect it, not so much in the head

as under the arms, glistening with sweat, stinking

with the knowledge of the body, the writer

neither practitioner nor artisan but miner, digging

within himself for riches unimagined, for salt.

 

(c) Dave Margoshes

 

Dit herinner my ook aan Octavio Paz: “The gush. A mouthful of health. A girl lying on her past. Wine, fire, the guitar, tablecloth. A red plush wall in a village square. Cheers, glittering cavalry that enter the city, the people in flight: hymns! Eruption of white, green, fiery. The easiest thing, that which writes itself: poetry!”

Jan Zwicky

Jan Zwicky

Jan Zwicky het die volgende geskryf: “the nature poet is not simply one whose subject matter lies out of doors. The nature poet is, first and foremost, someone who does not doubt that the world is real – or, more precisely, someone who would resist the suggestion that the world is a human construct, a thing that depends on humans speaking or knowing to exist.”

 

 

PRACTISING BACH

For performance with Bach’s E Minor Partita for Solo Violin, BWV 1006

 

Prelude

 

There is, said Pythagoras, a sound

the planet makes, a kind of music

just outside our hearing, the proportion

and the resonance of things – not

the clang of theory or the wuthering

of human speech, not even

the bright song of sex or hunger, but

the unrung ringing that

supports them all.

 

The wife, no warning, dead

when you come home. Ducats

in the fishheads that you salvage

from the rubbish heap. Is the cosmos

laughing at us? No. It’s saying

 

improvise. Everywhere you look

there’s beauty, and it’s rimed

with death. If you find injustice

you’ll find humans, and this means

that if you listen, you’ll find love.

The substance of the world is light,

is water: here, clear

even when it’s dying; even when the dying

seems unbearable, it runs.

 

Loure

 

Why is Bach’s music more like speech than any other? Because of

its wisdom, I think. Which means its tempering of lyric passion by

domesticity, its grounding of the flash of lyric insight in domestic

earth, the turf of dailiness.

 

Let us think of music as a geometry of the emotions. Bach’s

practice, then, resembles that of the Egyptians: earth’s measure as a

way of charting the bottomlands of the Nile, the floodwaters of the

heart, as a way of charting life. Opera, Greek tragedy, Romantic poetry

tell us that sex and death are what we have to focus on if we want to

understand any of the rest. Bach’s music, by contrast, speaks directly

to, and of, life itself – the resonant ground of sex and death.

 

And it does this not without ornamentation, but without fuss:

the golden ratio in which the whelk shell lying on the beach, the leaf whorl

opening to sun, the presence of the divine in the chipped dish drying

in the rack, that miracle: good days, bad days, a sick kid, a shaft of

sunlight om the organ bench. Talk to me, I’m listening.

 

Gavotte

 

E major: June wind

in the buttercups, wild

and bright and tough.

Like luck – a truth

that’s on the surface of a thing,

not because it’s shallow, but because

it’s open: overtoned.

Because it rings.

Fate, too

Is character. But it’s

the shape – the cadence

and the counterpoint. Luck

lives in the moment, and it

looks at you: the clear eye,

gold, when being sings.

 

Menuet I & II

 

There’s nothing special in it. All you have to do

is hit the right key at the right time. Time:

that stream in which we do and do not,

live, just practice diligently, it will all go well. You have

five fingers on each hand, just as healthy as my own.

Unison, the octave; the fifth, the fourth, the third.

Of the strings? The viola, if I have a choice.

At the keyboard, don’t forget to use your thumb.

God’s glory and the recreation of the mind.

What I really need to know:

Does the organ have good lungs?

The partita of the world, the dance of being: everything

has to be possible.

 

Bourée

 

Partita, partie – a whole of many parts. Pythagoras, who is said to have studied with the Egyptians, is also said to have taught that enlightenment meant solving the problem of the One and the Many, of coming to grasp the divine unity of the world through its bits and pieces, as these come to us in language.

This may also be thought of as the problem of metaphor: that metaphor’s truth, its charge of meaning, depends on assertion of identity and difference, on erotic coherence and referential strife, on meaning as resonance and meaning revealed through analysis.

Lyric poets are always trying to approach the issue by forcing speech to aspire to the condition of music. Bach comes at it from the other end: he infuses music with a sense of the terrible concreteness, the particularity, of the world. And enlightenment? – Acceptance of, delight in, the mystery of incarnation.

 

Gigue

 

There is a sound

that is a whole of many parts,

a sorrowless transparency, like luck,

that opens in the centre of a thing.

An eye, a river, fishheads, death,

gold in your pocket, and a half-wit

son: the substance of the world

is light and blindness and the measure

of our wisdom is our love.

Our diligence: ten fingers and

a healthy set of lungs. Practice

ceaselessly: there is

one art: wind

in the open spaces

grieving, laughing

with us, saying

improvise.

 

(c) Jan Zwicky

 

 

Leon Retief. Minder bekende digters van Canuckistan, deel 3

Wednesday, November 11th, 2015
DON DOMANSKI

Windfall crab apples in ons buurman se tuin

MINDER BEKENDE DIGTERS VAN CANUCKISTAN DEEL 3

DON DOMANSKI

Jammer maar ek het geen idee wat “windfall crab apples” in Afrikaans is nie, maar makie sakie – gesien die laaste sin van die eerste gedig gaan ek dit net so los.

Domanski kan nie juis beskryf word as ’n onbekende digter in sy eie vaderland nie, maar dit wil my voorkom asof hy buite Kanada se landsgrense minder bekend is as wat hy behoort te wees. Aangesien ek voorheen reeds biografiese besonderhede van hom hier geplaas het, gaan ek dit nie weer doen nie.

.

BARDO

first light of day inscribed on night’s gravity
sweet breath of noumena between the pines
this is the path of the unconverted
the unwashed
its pentimento showing through
the blood      showing through grass and weeds
briar and brush
I made camp just beyond the pond
where algae live happily in the continuous
loop of their wedding nights
just south of where the ravens are already flensing
bodies of the departed      and crickets live
with their glassine eyes      their lidless black paper
watching the world
all the night shinings go out like candles
two by two      certain eyes close while
others open      as a breeze braids through
the old growth of this hour      sun rising
ur-light giving the sense that everything
is in holy orders      that we all live
in the guise of ourselves      in a measure
of space under a monk’s cowl
pampered bacteria in the leaf mould
dead foxes in their vestments
the grasses’ heart stretching on for miles
swamp water living the life of tea steeped
to intelligence
the cursive pulse of everything in synch
like a geothermal cipher      warm as a deer’s core
and every footstep we take is just where
the world’s edge dips into infinite space
this morning I walk carefully there      knowing
that the husks of dead flies and twigs dust
all the rooms of Paradise      that every windfall
apple has come to change the world.

.

A BRIGHT FABLE IN A DARK WOOD

what we were meant to see we’ve seen ten thousand times
sunlight falling on its sword in a hayfield      a craze
of birdmaking in the trees
taxonomy of the sadhus drifting by cloud-like and deathless
white pebbles and dandelion globes      little fetishes
and their interwork      carrying our lives on their
small shoulders      those lives we build beyond the event
horizon      so no light or sound escapes from our desires
those contemplative days wrapped around our bodies
stellar hours leaning upon us
from out of the blue      from out of the Great Dissolve
what we have longed for we’ve longed for ten thousand times
no words for this weight upon our hearts
no name for this hospice which has taken us in
its gallery of illuminations opened wide
to our gaze      its rooms filled with inklings and quantum fields
our lodgings occupied and shining forth
out of a meadow’s breath      where we live in the ecstasy
of asterisms      in the accidental bliss of space-time
woolgathering flesh to bone      holding tight
to elementary particles      to remnants of thought scattered over
the circumference of a blood drop      over the mete of a vein.
whatever we’ve done will never be finished      whatever is named
is unnamed as soon as we turn away
beneath the sky’s sketchbook
we make our own plans      we imagine the future under the flyover of stars
lifting their names from a page      chandeliered high above our bodies
we are nothing more than brushwork and pillow talk
living beside the stone’s perpetual ascension       beside the moonlight
sipping water from the roots of things
lying down our heads to dream of stones and moonlight      every day
collecting dust on our sleeves      every night shaking dirt off our shoes.
we’d like to be a new parable      we’d like to be a bright fable in a dark
wood      to deepen the range and pulse of our lives      like shadows do
by merely tissuing radiance       colour-coordinated all the way
down to the river
unlike the revealed we burrow into our hiding places     unlike
the hidden we draw attention to ourselves      trying to find a niche
in the diminishing circles of our beliefs      following an apparition’s
prosthetic light just above the trees
we are beautiful and lost      our unknowing raising its hands in prayer
the scriptures of our bodies slowly peeling away in whispers      our words
like the secretive cries of grass torn over and over by the wind
always returning to our sorrow
always about to address it but only miming
those hieroglyphics      that melancholic scrawl half erased
those eroded depictions of our grief.

.

IN THE DOORYARD

current of air stirring the hostas      cat asleep beneath
the warmth of a star      bees flying about with bouquets
and hypodermics      lazy hours spread out on the grass
like a thin green blanket      discoloured with minor
activities      with my thoughts and their moving pictures
this would be a good day for dogs to finally stand on their
hind legs and speak       for Fate to answer our questions
for the rapture of childhood to occur again      for God to
lift the veil and show us the inner workings of a stone
like I said lazy hours      nothing much happening      so I do
what I always do       watch things get on with their lives
a young sparrow circling the plastic red birdfeeder
toad on the uncut lawn      carrying its underlife and ashes
a millipede performing its custodial duties in the mulch
its legs in Times Roman       typing its message
into the earth as it walks along      always the same one
for over 400 million years      keep your feet on the ground
                                               keep your feet on the ground

© Don Domanski

Leon Retief. 1914

Thursday, January 8th, 2015

 Papawers by die Toring van Londen

Die Eerste Wêreldoorlog het net meer as ‘n honderd jaar gelede uitgebreek. Om hierdie gebeurtenis te herdenk het die kunstenaar Paul Cummins 888 246 keramiekpapawers laat maak vir ‘n installasie by die Toring van Londen. Die blomme vloei soos ‘n stroom bloed by die toring af en bedek die omringende gronde soos ‘n groot bloedplas. Elke papawer is met die hand gemaak, dus uniek en verteenwoordig ‘n soldaat van die Britse Gemenebes wat gesneuwel het.

‘n Voorkomende oorlog is soos om selfmoord te pleeg uit vrees vir die dood. Otto von Bismarck

Vir my is daar ‘n groot ironie in die feit dat die vonk in die kruitvat juis die sluipmoord op Aartshertog Franz Ferdinand was. Hy was ‘n baie liberale persoon vir sy tyd (moontlik as gevolg van die feit dat hy heel tereg geaffronteer was oor hoe sy vrou as gevolg van hul morganatiese huwelik behandel is), het besef dat baie van die magshebbers in sowel Duitsland as Oostenryk ‘n voorkomende oorlog begeer het en was sterk gekant teen enige wapenstryd tussen die betrokke moondhede. As hy nie om die lewe gebring was nie sou hy heel moontlik, met ‘n bietjie geluk, dalk sy oom, die Oostenrykse keiser Franz Josef I, kon oortuig het (al was hulle nie op goeie voet nie) om die opperbevelhebber van die Oostenrykse weermag, generaalveldmaarskalk Franz Xaver Josef Conrad Graf von Hötzendorf se oorlogsugtigheid teen te staan. Conrad was na my mening een van die mees inkompetente veldhere van die vorige eeu maar dit nou daar gelaat, genoeg om te sê dat sy onbeteuelde krygslus tot ‘n groot mate verantwoordelik was vir WOI.

Dit is niks. Dit is niks. Franz Ferdinand net nadat hy geskiet is.

Die omvang van die slagting slaan mens se asem weg: 1,8 miljoen Russiese soldate het in die oorlog gesterf, 1,4 miljoen Franse, 800 000 Turke, 723 000 uit Brittanje alleen, 578 000 Italianers, 114 000 Amerikaners, 2 000 000 Duitsers, nagenoeg 1 000 000 Oostenrykers. Duitsland het 55 dooies vir elke uur verloor, 1330 elke dag vir die hele 52 maande wat hierdie oorlog geduur het. As mens Roemenië en Serbië insluit is sowat 9,5 miljoen jong soldate gedood. ‘n Ietwat makabere stukkie rekenkunde toon dat daar meer as vier dooies elke minuut was, oftewel dan nagenoeg een elke 13 of 14 sekondes. Dan was daar meer as 15 miljoen gewondes, sommige met breinbeserings, blind, kakebene en ledemate afgeskiet, post-traumatiese stress sindroom (wat destyds nie ‘n erkende siekte was nie en waarvoor talle soldate tereggestel is), nagenoeg nege miljoen wat gevange geneem is en dan praat ek nie eers van die dermiljoene burgerlikes wat gedood of verhonger is nie.

Ek beveel julle nie om aan te val nie. Ek beveel julle om te sterf. Mustafa Kemal.

Tydens ons besoek aan België in 2000 het ek ons vriende in Gent, Paul de Rijke en Rita de Caluwe, gevra om ons na Ieper te neem, die enigste slagveld waarvoor ons tyd kon inruim – al het ek ‘n aktiewe belangstelling in militêre geskiedenis het besoeke aan talle bierbrouerye om hul produkte te proe te veel tyd in beslag geneem want Paul, Rita en ek moes gedurig sorg dat ons bloed se hopsvlakke binne normale perke bly – hipohopsemie kan lewensgevaarlik wees sien. Nie veel is nog sigbaar van die loopgrawe van destyds nie. Ek dink ek het ‘n redelike kennis van strategie, taktiek en hoe daar van terrein gebruik gemaak word maar België is nou nie juis ‘n bergagtige land nie en ek moes lank rondloop, rondkyk en dink om te probeer vasstel hoe die soldate van destyds elke klein golwing in die landskap moes aanwend.

Ieper… rye en rye wit kruise op groen gras, elkeen ‘n simbool van ‘n jong man wat daar sy dood tegemoet gegaan het. By die ingang van die begraafplaas is ‘n groot monument met die name van daardie soldate wie se oorskot nie identifiseer kon word nie of van wie niks, nie eers ‘n flentertjie vleis, gevind is wat herken kon word of eers begrawe kon word nie. Die name van sommige van die vermistes en onbekendes is daar gegraveer, vier-en-vyftig duisend name. Vier-en-vyftig duisend… en dis nie eers al nie, toe die monument voltooi is sou daar vasgestel word daar nie genoeg plek is vir al die vermiste soldate se name nie en nog 34 000 se name is elders aangebring.

Een gevegsplan na die ander is deur die generaals uitgedink, meeste – hoewel nie almal nie – so futiel soos die voriges. Die enkele soldate of politici wat besef het dat die wyse waarop die oorlog gevoer word honderdduisende jong mans na hul dood stuur was meestal magteloos om iets betekenisvol te uit te rig teen die greep wat generaals en oorlogsugtige bewindhebbers gehad het.

Hierdie is ‘n plan vir die leër van die Gravin van Gerolstein! Generaal Louis Lyautey, kortstondig (om die rede hier bo genoem) een van ‘n hele paar Franse ministers van oorlog, toe hy uitvind wat sy landgenoot generaal Nivelle beplan. Die Gravin van Gerolstein was ‘n destyds populêre operette.

Die masjiengeweer is ‘n hoogs oorskatte wapen. Generaal Douglas Haig, kavalleris en vas oortuig dat ‘n aanval deur berede soldate enige verdediging deur masjiengewere te bowe sou kom.

Toe ons begin vuur het ons net nodig gehad om te laai en te herlaai. Hulle het in hul honderde geval. Dit was nie eers nodig om te mik nie, ons het net in hulle in geskiet. Anonieme Duitse masjiengeweerskut in ‘n brief aan sy familie na ‘n slag by die Somme.

Die groot aantal dooies kan verstaan word as mens in ag neem dat daar soms soveel soos 250 000 kanonskote per dag afgevuur is en dat in sommige kampanjes daar elke sewe meter van ‘n front wat oor kilometers gestrek het ‘n kanon staangemaak is. Tydens die gevegte by die Somme het 1 000 ton plofstof op elke vierkante meter van die Duitse posisies beland. By die gedenkteken wat die veldslagte daar herdenk is die name van meer as 72 000 vermiste soldate gegraveer.

Dit is nie verbasend nie dat daar by sommige intelligente manne ‘n bitter oortuiging posgevat het dat hulle nodeloos opgeoffer word. Uittreksel uit die amptelike Australiese geskiedenis van die gevegte by Somme.

 

Monument by Ieper

 

Bloed en modder, bloed en modder, hulle kan aan niks beter dink nie. Lloyd George met verwysing na die generaals.

Soos dit maar nou met oorloë gaan was daar ‘n groot opwelling van patriotisme en derduisende gedigte en ander geskrifte het in elke land se koerante en ander publikasies verskyn. Nie al die gedigte was van hoogstaande gehalte nie om dit saggies te stel. Die dag nadat Engeland oorlog verklaar het is die volgende gedig deur Sir Henry Newbolt in die Times gepubliseer:

 

The Vigil

 

England: where the sacred flame

Burns before the innermost shrine,

Where the lips that love thy name

Consecrate their hopes and thine,

Where the banners of thy dead

Weave their shadows overhead,

Watch beside their arms tonight

Pray that God defend the Right.

Baie van Engeland se vooraanstaande letterkundiges het hul gewig agter die oorlogspoging ingegooi: Robert Bridges, James Barrie, Arnold Bennett, GK Chesterton, Conan Doyle, John Galsworthy, Rider Haggard, Thomas Hardy, John Masefield en HG Wells. Duitse skrywers, kunstenaars en intellektuele, onder wie Thomas Mann, het ‘n verklaring onderteken waarin hulle hul vaderland se saak ondersteun het. Mann het geskryf oor die oorlog as ‘n versuiwerende vlam wat die verrotte dele van ‘n siek kultuur kan kouteriseer.

Twee gedigte versinnebeeld WOI steeds vir baie mense. Die eerste is In Flanders Fields deur die Kanadese militêre dokter John McCrae, wat ook in die Anglo-Boere-oorlog diens gedoen het. Dat papawers ‘n soort van ikoon van hierdie oorlog geword het is aan McCrae se gedig te wyte:

 

In Flanders Fields

 

Die eerste twee verse is vir my betekenisvol, maar die laaste een, nee dankie.

Dan is daar Rupert Brooke se ewe bekende gedig wat so begin:

 

If I should die, think only this of me

That there is some corner of a foreign field

That is forever England. …

En so eindig:

 

And think, this heart, all evil shed away,

A pulse in this eternal mind, no less

Gives somewhere back the thoughts of England given,

Her sights and sounds, dreams happy as her day;

And laughter, learnt of friends; and gentleness,

In hearts at peace, under an English heaven.

Ars poetica? Ars siropus, as ek nou my matriek Latyn van jare en jare gelede reg onthou. Nietemin, Brooke en ander soos hy se gedigte is deur die Engelse verslind. Dit is heeltemal moontlik dat Brooke verwag het dat hy as ‘n dapper kryger in ‘n veldslag sal sterf, ironies dus dat hy oorlede is aan septisemie na (van alle dinge) ‘n muskietbyt en dat sy stukkie van ‘n “foreign field” in die Griekse eiland Skyros is. And he never even fired a shot in anger…

Die siviele bevolkings van ten minste Frankryk, Engeland en Duitsland is vertel dat die oorlog binne maande verby sou wees. “Home by Christmas…” Klink dit dalk bekend? Dapper soldate, gewapen met geregtigheid (sowel as masjiengewere, artillerie, gifgas, landmyne en later tenks) sou die magte van die bose moeiteloos oorwin. Of so het almal gedink. Namate ‘n besef by die burgerlike bevolking begin posvat het van die wreedhede van die medoeënlose loopgraaf-oorlog, die steeds stygende aantal gesneuweldes en verminktes, die feit dat derduisende soldate hul lewens moes opoffer om ‘n paar honderd meter veld te wen net om dit die volgende dag te verloor en die algemene ondenkbare onmenslikheid van hierdie oorlog het mense se menings mettertyd begin verander en het die stemme van skrywers en intellektuele wat die oorlog ondersteun stil geword. Briewe van soldate aan die front, sowel as hul vertellings aan familie en vriende wanneer hulle op verlof was het ‘n groot invloed op openbare mening gehad maar nogtans het die oorlog onstuitbaar voortgeduur.

Roland Leighton, ‘n jong infanterie-offisier, se verloofde het ‘n bundel van Rupert Brooke se gedigte aan hom gestuur terwyl hy aan die front was. Ek vermoed dat sy nie die volgende antwoord verwag het nie: “Let him who thinks that War is a glorious golden thing, who loves to roll forth stirring words of exhortation, invoking Honour and Praise and Valour and Love of Country with as thoughtless and fervid a faith as inspired by the priests of Baal to call on their own lumbering deity, let him look at a little pile of sodden grey rags that cover half a skull and a shin bone and what might have been its ribs, or at this skeleton lying on its side, resting half-crouching as it fell, supported on one arm, perfect but that it is headless, and with the tattered clothing still draped around it; and let him realise that how grand & glorious a thing it is to have distilled all Youth and Joy and Life into a foetid heap of hideous putrescence. Who is there who has known and seen this who can say that Victory is worth the death of even one of these?

Hierdie is nie hiperbool nie. Soldate in die loopgrawe moes dikwels leef tussen stinkende, verrottende lyke wat al dae of weke dood was, rotte wat aan die kadawers kom vreet het (rotte, soos politici, is orals waar daar iets te aas is), die stank van ontbinding. Reën, dikwels vir weke aaneen, vrees, uitputting en siektes.

 

IRON

Guns,

Long, steel guns,

Pointed from the war ships

In the name of the war god.

Straight, shining, polished guns,

Clambered over with jackies in white blouses,

Glory of tan faces, tousled hair, white teeth,

Laughing lithe jackies in white blouses,

Sitting on the guns, singing war songs, war chanties.

Shovels, broad, iron shovels,

Scooping out oblong vaults,

Loosening turf and leveling sod.

        I ask you

        To witness –

        The shovel is brother to the gun.

Carl Sanburg

 *

Anthem for a Doomed Youth

 

What passing-bells for those who die as cattle?

Only the monstrous anger of the guns.

Only the stuttering rifle’s rapid rattle

Can patter out their hasty orisons.

No mockeries nor for them; no prayers nor bells;

Nor any voice of mourning save the choirs –

The shrill, demented choirs of wailing shells;

And bugles calling them from sad shires,

What candles may be held to speed them all?

Not in the hands of boys but in their eyes

Shall shine the holy glimmers of goodbyes.

The pallor of girls’ brows shall be their pall;

Their flowers the tenderness of patient minds,

And each slow dusk a drawing-down of blinds.

Wilfred Owen

In vredestyd behoort ‘n wetenskaplike aan die wêreld. In ‘n tyd van oorlog behoort hy aan sy land. Fritz Haber.

Om te sê dat Duitsland se vermoë om ‘n oorlog te voer grotendeels aan twee mense te wyte was is nie om die waarheid aan te dik nie. Die vervaardiging van beide kunsmis en plofstof benodig nitraat en aangesien Duitsland nie neerslae van hierdie stof gehad het nie moes dit vanaf Suid-Amerika ingevoer word. Duitsland kon nie sonder nitraat bly voortbestaan nie. Die Suid-Amerikaanse myne was meestal in Britse besit en dit, tesame met die feit dat die Britse vloot die Atlantiese oseaan oorheers het sou beteken dat Duitsland in geval van oorlog nie nitraat sou kon bekom nie.

Duitse nyweraars, sowel as keiser Wilhelm, het dus daadwerklike pogings aangewend om ‘n alternatiewe proses vir die verkryging of vervaardiging van nitraat te bevorder. Die werklik briljante fisiese chemikus Fritz Haber het in 1909 daarin geslaag om ammoniak uit die atmosfeer te berei. Om daarna nitraat uit ammoniak te sintetiseer was ‘n maklike stap. Haber se metode was egter net op klein skaal suksesvol en die chemiese ingenieur Carl Bosch het daarin geslaag om dit verder te ontwikkel sodat ammoniak op industriële skaal vervaardig kon word.

Die aanvanklike navorsing was daarop gemik om aan Duitsland ‘n onafhanklike bron van kunsmis te verskaf maar daar is in werklikheid uit ‘n chemiese oogpunt nie ‘n groot verskil tussen kunsmis en militêre graad plofstof nie. Dit is uitstekend en baie doeltreffend in 1995 deur Timothy McVeigh in Oklahoma City demonstreer toe hy sy bakkie vol ammoniumnitraat gelaai het – al wat nodig was om sy voertuig in ‘n dodelike wapen te omskep was die byvoeging van die baie eenvoudige verbinding nitrometaan en daardie een ontploffing het die dood van 168 mense tot gevolg gehad.

Haber het in 1918 die Nobelprys vir chemie ontvang, nie weens die feit dat Duitsland plofstof kon maak nie maar omdat kunsmis nou maklik en goedkoop vervaardig kon word. Bosch is in 1931 die Nobelprys toegeken. Met enkele modifikasies word die Haber- Bosch proses steeds wêreldwyd in die chemiese industrie gebruik.

Dit was egter nie Haber se enigste bydrae tot Duitsland se oorlogspoging nie. Hy was onder andere (en baie entoesiasties) betrokke by die Duitse gasoorlog en was instrumenteel in die vervaardiging en gebruik op die slagveld van chloor. Hy het ook navorsing gedoen oor ander gifgasse en teen die einde van die oorlog is hy beskou as ‘n outoriteit oor die gebruik van gifgas. Dat hy ‘n briljante wetenskaplike was is nie te betwyfel nie maar hy het die morele spoor so iewat byster geraak.

 

Dulce et Decorum est

 

Bent double, like old beggars under sacks,

Knock-kneed, coughing like hags, we cursed through our sludge,

Till on the haunting flares we turned out backs

And towards our distant rest began to trudge.

Men marched asleep. Many had lost their boots

But limped on, blood-shod. All went lame; all blind;

Drunk with fatigue; deaf even to the hoots

Of tired, outstripped Five-Nines that dropped behind.

Gas! Gas! Quick boys! – An ecstasy of fumbling,

Fitting the clumsy helmets just in time;

But someone still was yelling out and stumbling,

And flound’ring like a man in fire or lime…

Dim, through the misty panes and thick green light,

As under a green sea, I saw him drowning.

In all my dreams, before my helpless sight,

He plunges at me, guttering, choking, drowning.

If in some smothering dreams you too could pace

Behind the wagon that we flung him on,

And watch the white eyes writhing in his face,

His hanging face, like devil’s sick of sin;

If you could hear, at every jolt, the blood

Come gargling from the froth-corrupted lungs,

Obscene as cancer, bitter as the cud

Of vile. Incurable sores on innocent tongues,

My friend, you would not tell with such high zest

To children ardent for some desperate glory,

The old Lie: Dulce et Decorum est

Pro patria mori.

Wilfred Owen

 *

The Next War

War’s a joke for me and you,

   While we know such dreams are true.

– Siegfried Sassoon

 

Out there, we’ve walked quite friendly up to Death, –

Sat down and eaten with him, cool and bland, –

Pardoned his spilling mess-tins in our hand,

We’ve suffered the green thick odour of his breath, –

Our eyes wept, but our courage didn’t writhe,

He’s spat at us with bullets and he’s coughed

Shrapnel. We chorused when he sang aloft,

We whistled while he shaved us with his scythe.

Oh, death was never enemy of ours!

We laughed at him, we leagued with him, old chum.

No soldier’s paid to kick against His powers.

We laughed, – knowing that better men would come,

And greater wars: when each proud fighter brags

He wars on Death, for lives; not men, for flags.

Wilfred Owen

Wilfred Owen het gesneuwel op 4 November 1918, presies een week voordat vrede gesluit is. Die telegram wat sy dood aan sy familie meegedeel het is afgelewer terwyl kerkklokke wat die vrede verkondig het dwarsdeur Engeland gelui het.

Daar is baie goeie boeke wat die verloop van WOI en\of veldslagte beskryf maar twee wat ek baie sterk kan aanbeveel maar wat nie oor die oorlog as sulks handel nie is deur die vermaarde Kanadese geskiedkundige Margaret Macmillan. Die eerste een is: The War that ended Peace wat die aanloop tot WOI beskryf, die tweede is Paris 1919 wat die vredesonderhandelinge na die oorlog breedvoerig beskryf. Beide boeke bevat digte hoeveelhede informasie soos mens van ‘n historikus sou verwag maar is dubbel en dwars die moeite werd.

 

(c) Leon Retief / Januarie 2015

 

 

Leon Retief. Waarheen gehasi?

Monday, December 1st, 2014

Die Large Hadron Collider

 

Matter and God Are not to be Trusted

 

Most of my time, now, I spend on

Useless pursuits of vanity.

Like probing the structure of matter

And the mind of God.

 

Whiskey was better for me.

An honest man’s devil.

I miss it most when Jesus soothes my souls…

The clattering and clamour, you know?

 

Matter and God are fickle friends not to be trusted

Whiskey though, deals a straight hand.

 

(c) chris icarus

 

In die laat negentiende eeu het die hoof van die Amerikaanse patentekantoor glo bedank omdat hy van mening was dat niks nuuts meer ontdek, uitgevind of gepatenteer kon word nie. Die storie is nie waar nie maar ek begin wonder of teoretiese fisika deesdae nie tot ‘n mate in ‘n soortgelyke situasie is nie. En dalk ook baie aspekte van neurobiologie. Ek bedoel nie dat daar niks meer uitgevind kan word nie (verre daarvandaan, daar is altyd iemand wat iets nuuts en meestal nutteloos sal patenteer en vir ‘n paar miljoen of blljoen dollar sal verkoop) en vanselfsprekend is daar nog geweldig baie wat ontdek (en patenteer) kan word maar ek begin die ongemaklike gevoel kry dat eietydse teoretiese fisika stoom verloor het en nie meer aan ons dieselfde insigte kan gee as wat so tot die laat 1990’s die geval was nie.

Dis vir my asof moderne fisika ‘n grens oorgesteek het, ‘n gebied binnegegaan het waarvandaan dit nie maklik sal kan terugkeer nie – ‘n gedagtewêreld in sommige opsigte net so vol fantasievlugte soos dié wat die afgelope ongeveer honderd jaar deur psigoanaliste tot stand gebring is. Wel, darem nie heeltemal nie, teoretiese fisika het darem hier en daar, gering soos dit mag wees, tekens, van raakpunte met empiriese data.

 

Verafgeleë Sterrestelsels soos afgeneem deur die Hubble Teleskoop

 

Moontlik is daar rede vir my twyfel, moontlik ook nie, daar is gerekende fisici aan beide kante van die loopgrawe en ek sal poog om vlugtig altwee kante van die argument weer te gee – en ek weet nie of daar ‘n antwoord is nie maar dit maak dalk nie so baie saak nie, wat tel is om die vraag te vra.

 

A Bright Fable in a Dark Wood

 

what we were meant to see we’ve seen ten thousand times

sunlight falling on its sword in a hayfield    a craze

                                                            of birdmaking in the trees

taxonomy of the sadhus drifting by cloud-like and deathless

white pebbles and dandelion globes     little fetishes

and their interwork    carrying our lives on their

small shoulders     those lives we build beyond the event

horizon     so no light or sound escapes from our desires

 those contemplative days wrapped around our bodies

                                               stellar hours leaning upon us

from out of the blue     from out of the Great Dissolve

 what we have longed for we’ve longed for ten thousand times

no word for this weight upon our hearts

no name for this hospice which has taken us in

                                     its gallery of illuminations opened wide

to our gaze    its rooms filled with inklings and quantum fields

our lodgings occupied and shining forth

out of a meadow’s breath    where we live in the ecstasy

of asterisms     in the accidental bliss of space-time

woolgathering flesh to bone   holding tight

to elementary particles    to remnants of thought scattered over

the circumference of a blood drop    over the mete of a vein.

whatever we’ve done will never be finished    whatever is named

                                                is unnamed as soon as we turn away

 beneath the sky’s sketchbook

we make our plans     we imagine the future under the flyover of stars

lifting their names from a page     chandeliered high above our bodies

we are nothing more than brushwork and pillow talk

living beside the stone’s perpetual ascension    beside the moonlight

                                                sipping water from the roots of things

lying down our heads to dream of stones and moonlight   every day

collecting dust on our sleeves    every night shaking dirt off our shoes.

we’d like to be a new parable    we’d like to be a bright fable in a dark

wood    to deepen the range and pulse of our lives   like shadows do

by merely tissuing radiance   colour-coordinated all the way

                                                                             down to the river

unlike the revealed we burrow into our hiding places   unlike

the hidden we draw attention to ourselves    trying to find a niche

in the diminishing circles of our beliefs    following an apparition’s

                                                            prosthetic light just above the trees

we are beautiful and lost    our unknowing raising its hands in prayer

the scriptures of our bodies slowly peeling away in whispers    our words

like the secretive cries of grass torn over and over by the wind

always returning to our sorrow

                                                    always about to address it but only miming

those hieroglyphics    that melancholic scrawl half erased

                                      those eroded depictions of our grief.

(c) Don Domanski

As mens by wiskunde begin want hierdie vakgebied was nog altyd die penwortel van alle vertakkings van die natuurwetenskappe, alhoewel mens natuurlik kan argumenteer dat wiskunde op sig self nie ‘n natuurwetenskap is nie maar dit nou daar gelaat. Baie mense het die indruk dat suiwer wiskundiges nie veel meer benodig as ‘n pen en papier nie. Dit is geruime tyd nie meer heeltemal die geval nie. Wiskundiges begin al meer gebruik maak van bewyse wat gebaseer is op rekenaarprogramme wat vir my byna ‘n teken is van wat iemand, ek vergeet nou wie, bestempel het as “a loss of certainty and the end of conviction”. Daar word tans gewerk aan verdere programme om rekenaarbaseerde algortimes te ontwikkel wat op hul beurt weer die ander rekenaarprogramme se korrektheid of akkuraatheid al dan nie moet bewys. Mens begin wonder of menslike wiskundiges ooit nog nodig is.

Teoretiese fisika, so lyk dit vir my, is besig om ‘n grens oor te steek waarvan terugkeer moeilik mag wees in die opsig dat teoretici ly aan wat genoem is ‘n “grand delusion”, te wete dat hulle die fisiese werklikheid wat ons omring en waarvan ons ook deel is met wiskunde en wiskunde alleen kan beskryf met geen fondament in wat ons as empiriese bewyse kan bestempel nie.

Die ontdekking van die Higgs boson wat reeds dekades gelede voorspel is was ‘n triomf vir teoretiese fisika want dit het aspekte van fisiese realiteit beskryf in terme van die massa wat hierdie boson aan partikels gee. Die opwinding wat heel tereg met hierdie ontdekking gepaard gegaan het is egter getemper deur die besef dat die standaard model van partikelfisika nie allesomvattend is nie – ons het steeds geen verklaring waarom partikels die massas het wat hulle wel besit nie, ons weet eintlik maar niks van donker materie of donker energie nie en ons kan kwantumfisika steeds nie met gravitasie versoen nie. Fisika staar tans na my mening ‘n groot probleem in die gesig: ons weet dat die teorieë, alhoewel akkuraat, onvoldoende en/ of onvolledig is. Daar is niks daarmee verkeerd is nie – trouens, mens behoort dit te beskou as ‘n goeie ding want dis juis hierdie besef wat tot verdere ontdekkings lei maar daar is tans geen data hoegenaamd wat aandui hoe hierdie teorieë verbeter of uitgebou kan word nie. Die lyk lê daar met ‘n mes in sy hart, daar is vingerafdrukke op die hef, bloedspatsels oral en genoeg DNA om te analiseer – baie informasie maar die motief is duister- waarom is die moord gepleeg? Oftewel, waarom lyk elementêre partikels soos hulle lyk?

Teoretici is dus lekker aan die spekuleer en dis waar ek dink die grens oorgesteek is: snaarteorie, versteekte dimensies, ‘n multi-heelal (multiverse) en tot ‘n groot mate supersimmetrie is nie gevestig op empiriese bewyse nie en behalwe vir supersimmetrie word daar nie toetsbare voorspellings gemaak nie. Mens kan tot ‘n groot mate beweer dat hierdie teorieë nie wetenskap is nie.

Einstein het so lank terug soos 1950 in ‘n artikel in die Scientific American geskryf: “Time and again the passion for understanding has led to the illusion that man is able to comprehend the objective world rationally by pure thought without any empirical foundations – in short, by metaphysics.” Sy bedoeling was dat daar geen wetenskap kan wees sonder bewyse of ten minste die belofte van moontlike bewyse nie.

Die Higgs boson is ‘n uitstekende voorbeeld van ‘n toetsbare teorie. Toe Peter Higgs en sy medewerkers hierdie partikel in 1964 voorspel het is dit deur Steven Weinberg gebruik om die massas van die W en Z partikels te bereken. Hierdie deeltjies is in 1993 eksperimenteel gevind en die Higgs boson is inkorporeer in die standaard model van kernfisika. Mens moet egter soos Einstein vra: is daar onder hierdie empiriese werklikheid ‘n onafhanklike realiteit van “dinge op sig self”? So ‘n onafhanklike realiteit is noodgedwonge heeltemal metafisies want ons kan nie ‘n werklikheid waarneem of meet wat buite observasie of meting geleë is nie. Werner Heisenberg het geskryf dat ons altyd moet onthou dat dit wat ons waarneem nie die natuur op sig self is nie maar die natuur soos blootgelê deur ons manier van ondersoek en hy was heeltemal reg.

Om snaarteorie eksperimenteel te kan ondersoek sal ‘n versneller benodig wat ongeveer so groot soos die melkweg is. Ek het ‘n sterk vermoede dat ek nie so ‘n apparaat in my leeftyd sal sien nie.

‘n Onafhanklike metafisiese werklikheid is iets wat filosowe probeer ondersoek maar filosowe is nie wetenskaplikes nie. Hulle benodig nie bewyse nie, vir hulle is dit voldoende as hul interpretasies rasioneel gevestig, logies gestruktureerd en samehangend is. By gebrek aan empiriese onderbou het teoretiese fisici al meer oor die grens van empirisisme na metafisika begin beweeg – nie dat daar noodwendig iets mee verkeerd is nie, dis wat teoretici al eeue lank doen maar met dié voorbehoud: hulle probeer om so gou moontlik weer terug emigreer vanuit die land van metafisika na hul vaderland van empiriese wetenskap. Mens kan argumenteer dat Einstein se twee relatiwiteitsteorieë hul oorsprong gehad het in metafisiese spekulasie oor die aard van ruimte en tyd, maar hy het baie seker gemaak dat hy gou weer die grens terug oorgesteek het.

Eietydse teoretici het hulle egter in die metafisika-landskap gevestig en die terrein so matematies gedefinieer, omgedolwe en verwerk dat hulle dit moeilik vind om hul komplekse strukture te verlaat. Elementêre partikels het snare of membrane geword, volgens supersimmetrie het elke partikel ‘n “metgesel” partikel, daar moet ses (of meer) ekstra dimensies te wees wat sodanig gekompakteer is dat ons hulle nooit sal kan waarneem nie, daar is 10500 verskillende maniere waarin hierdie dimensies kompakteer kan word en elkeen beskryf ‘n verskillende tipe heelal. En so voorts en so voorts. My punt is dat al bogenoemde geheel en al op wiskundige modelle berus en dat dit nie op enige selfs eers moontlik empiriese onderbou kan staatmaak nie.

Aanhangers van snaarteorie en die veelvuldige heelal-teorie maak bogenoemde besware af. Nee wat seg hulle, die moontlikheid van veelvuldige heelalle is inherent aan kwantumfisika. Ons ken almal Schrödinger se kat wat sowel lewend as dood is (oftewel, die kat is in ‘n staat van superposisie) totdat die boks oopgemaak word, dan kollabeer die golffunksie en die kat leef of is dood. Dieselfde geld vir elementêre partikels onder andere met betrekking tot ‘n eienskap bekend as spin wat in superposisie kan wees: spin op of spin af.

Elektron spin

Die apparaat waarmee gemeet word wat die staat van die elektron is kan ook in superposisie wees en volgens hulle ook die omringende materie – die aarde self en die res van die heelal. Om hul standpunt meer as net ietwat te vereenvoudig kan al hierdie superposisies dus tot gevolg hê dat al hierdie superposisies onafhanklik van mekaar kan evolueer en is veelvuldige wêrelde dus nie net moontlik nie maar onafwendbaar. Ummm…

Daar is ook ander opinies wat mens kan beskryf as post-empiries. Richard Dawid, ‘n fisikus wat later filosoof geword het (en mens behoort net aandag te skenk aan filosowe van die natuurwetenskappe wat voorheen wetenskaplikes was) skryf:

I think that those critics (van snaarteorie) make two mistakes. First, they implicitly presume that there is an unchanging conception of theory confirmation that can serve as an eternal criterion for sound scientific reasoning. If this were the case, showing that a certain group violates that criterion would per se refute that group’s line of reasoning. But we have no god-given principles of theory confirmation. The principles we have are themselves a product of the scientific process. They vary from context to context and they change with time based on scientific progress. This means that, in order to criticize a strategy of theory assessment, it’s not enough to point out that the strategy doesn’t agree with a particular more traditional notion.

Second, the fundamental critics of string theory misunderstand the nature of the arguments which support the theory. Those arguments are neither arbitrarily chosen nor uncritical. And they are not decoupled from observation. String theory is indirectly based on the empirical data that drove the development of those theories string theory aims to unify. But more importantly for our discussion, the arguments for the viability of string theory are based on meta-level observations about the research process. As described before, one argument uses the observation that no-one has found a good alternative to string theory. Another one uses the observation that theories without alternatives tended to be viable in the past.

Die beste wat mens tot op hede kan sê – vir wat my mening werd is – is dat teorieë wat op ‘n betekenisvolle wyse bydraes lewer tot ons kennis oor die fisiese werklikheid en wat nie duidelik tot teenstrydighede lei nie beslis aandag verdien. Snaarteorie gaan beslis mank aan verskeie gebreke maar het tog baie interessante stof tot nadenke gelewer. Die groot vraag vir my is of teoretiese fisika en kosmologie ons enigsins nader gaan bring aan ‘n begrip van die materiële werklikheid wat ons omring en waarvan ons self deel is – en dan praat ek nie eers van neurobiologie nie. Ek hou nie my asem op nie.

Om een of ander rede laat hierdie betoog my dink aan ‘n skildery deur Vilhelm Hammershøi. Die leë vertrek met oop deure wat lei na wie weet wat…

Vilhelm Hammershøi

 

Biodiversity is the Mother of All Beauty

 

in memory of Judy Davis

 

when I think of blood drops and little hurts

entering a field    filling the field

when I think of dandelions off their leashes

and the Noh play of dragonflies    airborne

red and metallic blue    light as silk

 

when I think that one sigh was the progenitor

of all life    that the binding of oxygen

and hydrogen is the most erotic calligraphy

that every thought    human and otherwise

is an astronomical unit

that each is star-laced to its very core

 

when I think that inside every genome there

is a line of sight that surrounds the earth

that perception holds the evanescence

of all things within itself

that atoms are in a perpetual state of bliss

 

when I think that deer move elegantly between

trees like the great tea master Rikyū

did among his bowls    that a deep sea coral

off the Hawaiian Islands is 4000 years old

 

when I think of parallel universes colonizing

the edges of birdsong    when I think that

synaesthesia is the language of God

that flesh covers a wider and deeper pilgrimage

 

when I sit here knowing this is a dying world

nothing could be more effortless    more sacred

than this sleepy forest at dawn.

 

(c) Don Domanski

 

Fragment uit ‘n gedig wat binnekort in Domanski se jongste bundel gaan verskyn:

 

we are raised among lupines and atrocities

among insects and their lamentations

where there are no gods left in the clouds

no darkness apart from darkness

Leon Retief. Glen Sorestad in Kuba

Tuesday, October 14th, 2014

GLEN SORESTAD IN KUBA

 

Ter inligting aan nuwe lesers van Versindaba en om moontlik ‘n paar geheues te verfris: Glen Sorestad is ‘n Saskatoonse digter en een van die leidende figure van die prêrie-digkuns. Ek is al ‘n paar jaar met hom bevriend en van sy gedigte het al op hierdie webwerf verskyn. Na ‘n onlangse besoek aan Kuba het ek die volgende van hom ontvang:

 Cuba is one of the many small islands in the Caribbean Sea lying between North and South America and as such, it is a popular tourist destination, especially for Canadians who have had an interesting historical attachment to Cuba since 1959 when Fidel Castro took over control of the island. Canada has been a supporter of the island nation, whose north shore lies only fifty miles or so south of the southern tip of Florida, a nation which has been almost peevishly blockaded by the U.S. since 1960. My wife and I have made three trips to Cuba and have come to be fascinated with the island and its people, so much so that I fear we have both fallen in love with the Cuban people. Despite the incredible hardships ordinary Cubans have faced for over 50 years as a people blockaded by the world’s most powerful nation, the Cubans have proved themselves a most remarkable people. One of the most highly educated nations in the world, Cuba and its people are also among the most talented artistically and nowhere is that more evident than in their completely remarkable musical scene. We immensely enjoy our time in Cuba with these friendly, hospitable and unusually gifted people. I hope my poems are a reflection of how highly we regard the Cuban people we’ve met and how privileged we feel to be welcomed into their midst.

Glen beplan om ten minste sommige van hierdie gedigte, heel moontlik in verwerkte vorm, in te sluit in ‘n bundel wat voorlopig die titel het van Dancing with Dinosaurs: Cuban Poems.

It All Began With 82

 

It’s all so utterly preposterous.

Really, just think about it.

Can anything be more brash,

more completely outrageous?

Imagine what Clint Eastwood

could do with a story like this!

Start with a small armed force —

a rag-tag army, aiming to overthrow

a firmly entrenched dictator

with an assault from the sea

in a single landing craft

(named Granma, for pity’s sake!),

an invading army of 82 men!

Look, I’m not making this up –

it’s a matter of public record.

Can you imagine an invasion

less likely to succeed? Then,

when the attacking force lacks

the element of total surprise

in the face of daunting odds,

and when the eighty-two are

summarily reduced to nineteen,

who flee to the rugged heights

of the Sierra Maestras, that fiasco

should have written finis

to such an ill-conceived scene.

Had Fidel and Raul and Che

been among the initial fallen,

the story would have ended

in the bloody streets of Santiago.

But the trio was of the nineteen

and they wrote a different ending –

one even Eastwood would

never get away with..

*

The Gracious Waiter

 

Osmani is a tall Cuban whose lineage appears rooted

in the Middle East. A most gentle, gracious soul,

he lacks the ebullience of his fellow waiters.

Quiet and efficient, Osmani glides about his job,

with neither fuss nor favour, serene, as if serving

a host of angels. How could anyone not like him?

Like most dining room servers he was here two years ago,

likely much longer. Such positions are sinecures

for Cubans.  Easy to imagine the senior waiters having

spent their entire working lives here.

Osmani, the gracious waiter, offends no one.

Wrapped in his distinct aura of silent warmth,

he returns home each night better off than when

he began the day, thankful for this tired crumbling

resort hotel and its ongoing life as winter home

for hosts of geriatric Canadian sun-seekers.

*

How Day Unfolds on the Playas

Each morning after the sun lights the sands,

young men who work the tourist-only beach

begin their job of hauling out of night storage

the white plastic chairs, matching tables,

large green parasols to shade the mostly white

sun-bathers from omnipotent sun. They set

everything out on the manicured sand for tourists

to loll away their day according to their desires.

Before sundown, these same young workers will

begin the process of undoing, of deconstruction.

One by one, two by two, they stack and hoist

and tote all the paraphernalia away from the sand,

back into the security of the night storage shed.

This Sisyphusan task must and will be repeated,

day after day; it is the bloodstream that feeds

daily life on the groomed sand of the Playas.

*

Afternoon Seminar

 

Around 2:00 in the afternoon a half dozen or more taxis

pull up alongside our Cuban hotel and park. They are

ready for fares, of course, but this is the slow time

at this beachfront hotel, so the cabbies all clamber out,

exchange greetings, handshakes or high fives,

then sit together on the grass to talk. They become

vociferous, animated, and though I know little Spanish,

I imagine they are chewing on the very same bones

workers on a break would be gnawing in my country,

or any other – local politics, sports, families, and sex.

Occasionally a fare shows up and one of them returns

to the reality of work, but chances are another cab arrives

and a new driver is welcomed to the ongoing deliberations.

Afternoon wanes and one by one, each cab driver leaves,

but the next day some combination of them will reassemble

alongside the hotel and the seminar of Cuban taxi drivers

will reconvene to continue their search for enlightenment.

*

Looking North

Here on Playas del Este, popular beaches east of Havana

on Cuba’s northern shore, from our window I look north

across the moving Gulf waters to where America,

in all its might and fervour, its zeal and self-proclaimed rightness,

is not even the faintest outline, an incomplete thought.

The most powerful nation on earth — invisible to the eye

as I gaze across this ceaseless sea, waves that crashed here

before all nations, large and small, that will in the end

outlast them all. The Gulf keeps things in perspective.

Here, its hue might even be a Cuban shade of blue.

I am just reporting to you what I see.

                    *

© Poems: Glen Sorestad. 2014

(deur Leon Retief)

Leon Retief. Die fout, liewe Brutus, is nie in die sterre te vinde nie…

Thursday, August 7th, 2014

Die fout, liewe Brutus, is nie in die sterre te vinde nie…

Menslike kariotipe

“Het hulle jou nooit gekul deur plekke te ruil nie?” is ‘n algemene vraag wanneer iemand verneem dat ek met een van ‘n identiese tweeling getroud is. My vrou en haar suster verseker my dat dit nooit gebeur het nie maar sedert ek hulle leer ken het en tot vandag toe lyk hulle verstommend eenders, sodanig so dat ek eenkeer in ‘n oomblik van verstrooidheid die verkeerde een totsiens gesoen het – eers toe hulle begin lag het ek my fout agtergekom.

THE TWINS

 

In form and feature, face and limb,

I grew so like my brother,

That folks got taking me for him,

And each for one another.

It puzzled all out kith and kin,

It reached a fearful pitch;

For one of us was born a twin,

Yet not a soul knew which.

One day, to make matters worse,

Before our names were fixed,

As we were washed by nurse,

We got completely mixed;

And thus, you see, by fate’s decree,

Or rather nurse’s whim,

My brother John got christened me,

And I got christened him.

This fatal likeness even dogged

My footsteps when at school,

And I was always getting flogged,

For John turned out a fool.

I put this question, fruitlessly,

To everyone I knew.

‘What would you do, if you were me,

To prove that you were you?’

Our close resemblance turned the tide

Of my domestic life,

For somehow, my intended bride

Became my brother’s wife.

In fact, year after year the same

Absurd mistakes went on,

And when I died the neighbors came

And buried brother John.

— Henry Sambrooke Leigh —

Identiese tweelinge is meestal natuurlike klone met dieselfde genetiese materiaal. Meestal, maar nie altyd nie – daar mag nou en dan genetiese verskille wees, gewoonlik te wyte aan “copy number variants” (wat dit ook al in Afrikaans mag wees) en epigenetiese faktore wat fenotipiese ekspressie mag beïnvloed, maar sulke verskille is nie baie algemeen nie en ek gaan dit daar laat – genoeg om te sê dat identiese tweelinge in enkele gevalle aansienlik mag verskil met betrekking tot gedrag en voorkoms maar dat die uiters opmerklike ooreenkomste die verskille by meeste identiese tweelinge heeltemal oorheers.

MY TWINS

 

Of twin daughters I’m the mother –

Lord! how I was proud of them;

Each the image of the other,

Like two lilies on one stem;

But while May, my first-born daughter,

Was angelic from the first,

Different as wine and water,

Maude, my second, seemed accurst.

I’m a tender-hearted dame,

Military is my bent;

Thus my pretty dears can claim

For their Pa the Regiment.

As they say, to err is human;

But though lots of love I’ve had,

I’m an ordinary woman,

Just as good as I’m bad.

Good and bad should find their level,

So I often wonder why

May was angel, Maude was devil,

Yet between the two was I.

May, they say, has taken vows –

Sister May, pure and sweet;

Maudie’s in a bawdy house,

Down in Mariposa Street.

It’s not natural I’m thinking,

One should pray, the other curse;

I’m so worried I am drinking,

Which is making matters worse.

Yet my daughters love each other,

And I love them equally well;

Saint and sinner call me mother…

Ain’t heredity just hell?

— Robert William Service.–

Ons het heel verstaanbaar ‘n intense belangstelling in identiese tweelinge ontwikkel en gou vasgestel dat daar inderdaad geweldig baie navorsing op hierdie gebied gedoen word – nie net op indentiese tweelinge op sig self nie maar ook, en dit is wat ons uiters interessant gevind het, op sulke tweelinge wat by geboorte geskei is en apart grootgeword het. In die VSA is daar ten minste twee eenhede waar tweeling-navorsing gedoen word, by die universiteite van Minnesota en Kalifornië onder leiding van onderskeidelik proff. Matt McGue en Nancy Segal.

Hierdie eenhede bestaan nie net omdat mense nuuskierig is oor identiese tweelingskap nie maar hoofsaaklik omdat sulke tweelinge uitstekende materiaal is vir navorsing oor die invloed van genetiese faktore op gedrag, oftewel die nature-nurture debat. Tot relatief onlangs was sulke navorsing meer as net ietwat on-PK, die gevolg van die lang, donker skaduwee wat eugenetika (afgelei van woorde wat beteken “goed gebore”) oor hierdie vakgebied gewerp het – op sig self interessant, dis wonderlik watter fassinerende dinge mens oor allerlei verwante onderwerpe uitvind as jy eers op half toegegroeide sypaadjies begin afdwaal en dis presies wat ek kortstondig gaan doen. Dit het my ook weereens daarvan bewus gemaak dat die natuurwetenskappe nie gladweg, ongestoord en eweredig sy gang gaan nie, “soos strome kalm en breed” soos die psalm (of gesang?) sê, maar met rukke en stote, twee stappies vorentoe en een agteruit soos Lenin geskryf het.

Eugenetika is ‘n baie ou begrip, Plato en Aristoteles het reeds geskryf dat die “regte” mans en vroue kinders moet hê om die “beste” nasate te lewer. Hierdie begrip is uitgebrei deur Francis Galton (1822-1911) wat sy familielid Charles Darwin se Origin beskou het as die grondslag vir sy lewenstaak. Hy het Darwinistiese beginsels toegepas op sielkunde en ook baie daartoe bygedra dat hierdie vakgebied van filosofie begin differensieer het. Die ongelukkige gevolge van Galton se beweging ten spyt, hy het darem een uiters belangrike beginsel vir die sielkunde en die natuurwetenskappe oor die algemeen daar gestel: “Whenever you can, count.” Die belang van hierdie begrip vir die lewenswetenskappe kan byna nie oorskat word nie

In 1869 publiseer hy Hereditary Genius, die eerste grootskaalse studie oor gedragsgenetika, waarin hy ‘n groot aantal vooraanstaande mans bestudeer het. Sy bevindings was dat daar ‘n sterk familieverwantskap bestaan wat predisponeer vir prestasie in verskeie rigtings. Galton was natuurlik bewus daarvan dat omgewing wel ‘n rol kan speel maar het verskeie argumente geopper om sy sienswyse oor die belang van genetiese faktore te ondersteun. Hy het onder andere verwys na Michael Faraday wat byna geen formele opleiding gehad het nie maar tog een van die mees invloedryke fisici van sy era (en in die geskiedenis van fisika oor die algemeen) geword het. Hoe verklaar mens dit op grond van omgewing wou hy weet. Sy gevolgtrekking was: “There is no escaping from the conclusion that nature prevails enormously over nurture when the differences of nurture do not exceed what is commonly to be found among persons of the same rank in society and in the same country.”

Galton het waarskynlik nie voorsien watter gevolge sy nuwe vakgebied tot gevolg sou hê nie en dit is inderdaad ‘n donker hoofstuk in die geskiedenis van nie net die wetenskappe nie maar ook van medisyne. Pogings om te verseker dat diegene wat deur die gemeenskap beskou is as onbevoeg om voort te plant het met rasse skrede toegeneem. Die situasie is vergerger deur toenemende armoede, misdaad en prostitusie in Victoriaanse Engeland op ‘n skaal soos nog nooit tevore gesien is nie.

Die meer welgestelde strata van daardie samelewing het met kommer toegekyk hoe die hoi polloi al meer aanteel, ‘n hoë kindersterftesyfer ten spyt en was van mening dat iets aan die saak gedoen moet word. Ethel Elderton, ‘n gesiene amateur statistikus, het geskryf: “Improvements in social conditions will not compensate for bad hereditary influence” en “The only way to keep a nation strong mentally and physically is to see that each new generation is derived chiefly from the fittest members of the generation before.” Vooraanstaande mense soos H G Wells, George Bernard Shaw, Churchill, John Maynard Keynes, Teddy Rooseveldt en selfs Margaret Sanger van Planned Parenthood faam het haar sienwyse gedeel. Sanger het geskryf: “Birth control… is nothing more or less than the facilitation of the process of weeding out the unfit, of preventing the birth of those who will become defectives.”

Eugenetika het nie net in Engeland posgevat nie maar ook in die VSA en Skandinawiese lande. Studies van “defekte” families is gepubliseer waarvan dié van die bekende/berugte Kallikak familie van New Jersey waarskynlik die bekendste is – sien die skakel aan die einde. Studies wat die koste vergelyk van sterilisasie teenoor langtermyn versorging is gepubliseer om die standpunt van eugenetici te ondersteun.

Bell vs Buck (1927) is ‘n hofsaak wat na my mening toon hoe algemeen die beginsels van eugenetika destyds aanvaar is. Carrie Buck is op 17-jarige ouderdom deur ‘n familielid verkrag en ‘n kind Vivian is gebore. Die staat Virginia het besluit dat sowel Carrie, haar ma en haar ses-maande oue kind intellektueel gestrem is en wou Carrie steriliseer. Carrie het regsverteenwoordiging verkry maar het die saak in die Amerikaanse Appelhof verloor. Regter Oliver Wendell Holmes het gesê: “Three generations of imbeciles is enough!” Soos ek verstaan was Holmes eintlik ‘n baie liberale regter maar ons is almal maar produkte van ons tyd, net soos Holmes, GB Shaw, Sanger en andere. Terwyl mens sulke standpunte vandag kan kritiseer moet mens die retrospektoskoop dalk nie te kwistig gebruik nie. Maar darem en nogtans.

Die VSA het “Fitter Family Contests” en “Better Baby Contests” geloods om die doelwitte van eugenetika te bevorder.

‘n Gesin in ‘n Amerikaanse “Fitter Family Contest”, Texas State Fair, 1927

Deelnemers aan ‘n “Better Baby Contest” maak hul kinders gereed vir beoordeling

Korrelasie beteken natuurlik nie kausaliteit nie maar dit is wel interessant om te sien hoe die populariteit van die naam Eugene die gewildheid van die eugenetika-beweging moontlik weerkaats. In 1900 het sowat vier seuns per duisend hierdie naam gekry, dit het gestyg tot 7,5/1000 in die 1920’s toe eugenetika op sy hoogtepunt was, tydens die 1970’s toe “nurture” hoogty gevier het is slegs een seun uit ‘n duisend met hierdie naam gedoop.

Die populariteit van eugenetika het gelukkig redelik vinnig getaan onder andere danksy Nazi-Duitsland se toepassing van hierdie beginsel – moontlik die enigste min of meer “goeie” gevolg van hierdie monsteragtige bewind, alhoewel tallose onskuldige slagoffers daarvoor met hul lewens moes boet. Die begrip dat genetika verantwoordelik is vir gedrag het derhalwe in onguns verval en is tot ‘n groot mate vervang deur die “blank slate” hipotese, iets wat in werklikheid nooit iets anders as ‘n hipotese was nie maar blote refleksiewe PK. Navorsing oor die erflike aspekte van gedrag het afgeneem van ‘n hoogtepunt in 1930 toe agt uit elke honderd akademiese publikasies in sielkunde hierdie aspek aangespreek het tot ‘n laagtepunt van twee per honderd in die 1950’s. Dit was net eenvoudig uit die bose om te beweer dat gene gedrag kan beïnvloed, die pendulum het grootliks na die ander kant geswaai en die heersende mening was dat kinders as ‘n tabula rasa gebore word, sodanig so dat selfs seksuele identiteit na willekeur manipuleer kan word.

As ek nog ‘n interessante maar ietwat grusame ompaadjie mag loop: die blank slate word uitstekend geïllustreer deur die nou berugte John/Joan geval. Bruce Reimer (hy het later sy naam na David verander) en sy tweelingbroer Brian is in 1965 in Winnipeg, Kanada gebore. Omdat hulle fimose gehad het is daar besluit om hulle op die ouderdom van ses maande te besny. Die uroloog het ‘n nuwe koutermasjien gebruik, iets het daarmee verkeerd gegaan en die arme David se hele tottertjie is verkool. Soos mens goed kan verstaan was die ouers ten einde raad, per slot van sake, hoe de hel maak mens met ‘n seuntjie groot wat twee testikels het maar geen penis nie en hoe pas daai kind in die samelewing in?

Redding het gekom – of so het Bruce en Brian se ouers gedink – toe hulle ‘n TV-program sien waarin die sielkundige John Money opgetree het. Money was van mening dat mense gender-neutraal gebore word en dat seksuele identiteit geheel en al die gevolg is van sosiaal aangeleerde faktore. Die blote feit dat ‘n XX of XY genotipe noodwendig ‘n impak op seksuele gedrag en identiteit mag hê (sekerlik tot ‘n wisselende mate maar dit het beslis in verreweg die oorgrote meerderheid van mense ‘n baie betekenisvolle invloed) het skynbaar by hom geen gewig gedra nie.

Toe Bruce se ouers hom kontak het hy onderneem om hul seuntjie te behandel. Sy raad was dat hulle hom as ‘n dogtertjie moet grootmaak en dat niemand, ook nie Bruce of sy broer, mag weet wat gebeur het nie en dat hy later “korrektiewe” chirurgie moet ondergaan. Op die ouderdom van 22 maande is die eerste van die voorgenome chirurgiese prosedures uitgevoer toe Bruce (teen daardie tyd herdoop na Brenda) ‘n orgidektomie ondergaan het. Oftewel, die arme seuntjie se knatertjies is verwyder.

Vir jare het die tweeling en hul ouers Money elke jaar besoek vir evaluasie en verdere beplanning van hul hantering. Dit is moeilik om akkurate informasie oor hierdie tydperk te verkry maar terwyl ek dit nie betwyfel dat Money suiwer motiewe gehad het nie is ek wel van mening dat ten minste sommige aspekte van sy optrede uiters oneties was maar ek gaan dit nie bespreek nie. Een van sy studente het ook beweer dat die tweeling se ouers aan hom gelieg het maar ek kon nie vasstel op grond waarvan die bewering gemaak is en of dit korrek is nie. Dit klink vir my onwaarskynlik dat hulle aan Money een ding sou vertel en aan die student ‘n ander want hulle moes beslis besef het dat die student dit aan Money sou meedeel, maar wie sal weet? Daar is beweer dat Money sy notas oor die geval (dit wil nou sê sy persoonlike notas en nie dit wat hy in akademiese joernale publiseer het nie) onder embargo geplaas het maar ek kon ook in hierdie geval nie die waarheid van die bewering vasstel nie.

Wat die geval ook al mag wees, Money het gedurende hierdie tydperk artikels in die akademiese literatuur publiseer waarin hy die “vordering” van sy terapie beskryf het as ondersteuning van sy hipotese oor genderneutraliteit. Om hul identiteit te beskerm is na hulle verwys as John en Joan. Hy het Bruce/Brenda beskryf as ‘n tipiese aktiewe jong dogtertjie wat nie die die seuntjie-agtige gedrag van sy/haar broer toon nie. Dit was egter alles behalwe die geval: sedert die ouderdom van ongeveer 8 of 9 jaar het Bruce/Brenda al die kenmerke van ‘n aktiewe jong seuntjie begin vertoon. Hy was intens ongelukkig met die rol wat aan hom toegeken is maar het nie die vaagste benul gehad van die oorsprong van hierdie diepe ongelukkigheid nie.

Toe Money druk begin uitoefen op Bruce/Brenda se ouers vir meer radikale chirurgie wat aan hul seun ‘n vagina sou gee het hulle verdere kontak met Money gestaak, heel moontlik omdat hulle agtergekom hoe ongelukkig hul seun is. Destyds, en tot ‘n groot mate steeds, word mense wat seksuele hertoewysing-chirurgie benodig meer dikwels van vaginas voorsien as van penisse, ietwat lighartig maar tog korrek beskryf deur Milton Diamond as “it’s easier to dig a hole than to build a pole.”

Diamond, ‘n anatoom en seksuoloog van Hawaii het baie daartoe bygedra om die sluier te lig wat Money (soos dit vir my voorkom) later oor die John/Joan geval gewerp het. Hy het ook ‘n interessante opmerking gemaak: mense wat met anomaleuse seksorgane gebore is maar chromosomaal manlik was en wat seksuele hertoewysing-chirurgie ondergaan het om vroulik te word was baie dikwels ongelukkig met hul nuwe anatomie.

Ek het die John/Joan geval genoem nie omdat ek dink dat mens se chromosome die alfa en omega van seksuele identiteit is nie (of van meeste ander dinge) maar bloot as aanduiding van hoe ver die pendulum destyds weggeswaai het van die “nature” kant van die debat. Nogtans was daar aspekte van gedragsgenetika wat nie misgekyk kon word nie en navorsing daaroor het weer stadig begin toeneem, sodanig so dat gemiddeld twaalf uit elke honderd publikasies in die 1970’s daaroor gehandel het. Deesdae is dit ‘n gevestigde onderafdeling van die sielkunde waartoe nie net sielkundiges bydraes lewer nie maar ook psigiaters, neurobioloë en genetici. In 2011 is meer as 1200 artikels in akademiese joernale oor die interaksie tussen gene en die omgewing gepubliseer.

Toe die menslike genoom in die vroeë 2000’s ontrafel is het baie mense (ek ook) gedink dat daar ‘n korrelasie sal wees tussen een of enkele gene en een gedragspatroon, iets waarteen sielkundiges en baie medici heel tereg skepties gestaan het. Dat daar wel ‘n verband is tussen ons gene en ons gedrag is natuurlik nie te betwyfel nie maar die verwantskap is nie so eenvoudig nie, die interaksie tussen gene en gedrag is baie, baie meer kompleks as wat aanvanklik vermoed is.

BODY AND SOUL

 

They grow up together

but they aren’t even fraternal

twins, they quarrel a lot

about where to go and what

to do, the body complains

about having to carry

the soul everywhere as if

it were some helpless cripple,

and the soul snipe that it can go

places the body never dreamed of,

then they quarrel over which of them

does the dreaming, but the truth is,

they can’t live without each other and

they both know it, anima, animosity,

 

the diaphragm pumps like a bellows

and the soul pulls out all the stops –

sings at the top of its lungs, laughs

and can leave whenever it wants –

but only as long as it knows

the door will be unlocked

when it sneaks back home before

the sun comes up, and when the body

says where have you been, the soul

says, with a smirk, I was at the end

 

of my tether, and it was, like a diver

on the ocean floor or an astronaut

admiring the view from outside

the mother ship, and like them

it would be lost without its air

supply and protective clothing,

the body knows that and begins

to hum, I get along without you

 

very well, and the soul says, Listen

to that, you can’t sing worth a lick

 

without me, they’ll go on bickering

like this until death do them part –

and then, even if the soul seem to float

above the body for a moment,

like a flame above a candle, pinch

the wick and it disappears.

Sharon Bryan

Die MAO-A geen, bekend as die “warrior gene” is ‘n goeie voorbeeld. ‘n Mutasie in hierdie geen wat verantwoordelik is vir die metabolisme van neuro-oordragstowwe soos serotonien, noradrenalien, adrenalien, melatonien, dopamien, tiramien en triptamien veroorsaak antisosiale en aggressiewe gedrag maar dit kom slegs tot uiting in mense wat as kinders mishandel is – mense met dieselfde mutasie maar wat grootgeword het in huise waar hulle die normale liefdevolle ouer-kind verhouding gehad het toon nie sulke gedrag nie.

Dit is juis hier waar identiese tweelinge die verhoog betree en navorsing oor sulke tweelinge wat by geboorte geskei is, hul genetiese samestelling en hul gedrag lewer werklik fassinerende leesstof. Onbewus van hul tweelingskap het hierdie mense vir dekades, in een geval vir sewentig jaar, apart en onder verskillende omstandighede grootgeword en geleef. Hulle is dus uitstekende proefkonyne om aspekte van “nature” versus “nurture” te ondersoek. Resultate van gedragsgenetiese navorsing van identiese tweelinge wat saam grootgeword het (soos “my” tweeling) kan gekritiseer word omdat die eenderse omstandighede, beginnende by hul uteriene omgewing, eenderse behandeling deur hul ouers en so voorts vanselfsprekend eenderse gedragspatrone tot gevolg kan hê. Studies van identiese tweelinge wat onder verskillende omstandighede grootword systap hierdie beswaar netjies.

Herenigde tweelinge ondergaan intensiewe ondersoeke wat diepgaande kennis van hul gedrag en persoonlikhede verskaf. Dat sulke tweelinge merkwaardige ooreenkomste toon kon ek (en seker ook ouers en gades van identiese tweelinge) voorspel het, maar die graad van ooreenkoms is soms verstommend. Een voorbeeld is die identiese tweeling Jim Springer en Jim Lewis, beskryf deur prof. Nancy Segal. Hulle is by geboorte geskei en na 39 jaar herenig. Beide Jims se eerste twee eggenotes was genaamd Linda en Betty. Elkeen het ‘n seun genaamd James Allen, as kind had elkeen ‘n hond met die naam “Toy”. ‘n Blou Chevrolet het hulle na hul jaarlikse vakansie in dieselfde paar straatblokke in Florida vervoer (waar hulle nooit ontmoet het nie), beide het Salems gerook, hul naels gekou, aan migraine gely en liefdesbriefies aan hul gades in die huis gelos.

Daar was natuurlik ook verskille: een Jim kon sy gedagtes beter in die geskrewe woord uitdruk en die ander in spraak. Hul haarstyle was heeltemal anders en een Jim was ten tye van die ondersoek reeds drie keer getroud.

Ek het sulke ooreenstemmings ook in “my” tweeling ondervind. My vrou en haar sus is altwee baie bysiende en dra al van kleintyd af bril. Om dus so elke paar jaar nuwe lense en soms ‘n nuwe raam te moet kry is dus vir hulle algemeen. Telkens kies hulle dieselfde raam of een wat baie eenders lyk sonder dat vooraf daaroor beraadslaag word. Wanneer hulle terugkeer van hul haarkapster is hul haarstyle dieselfde of amper so. My skoonsus is getroud met ‘n wewenaar wat twee dogters uit sy eerste huwelik het. Toe ons nog in Kaapstad gewoon het en hulle in Kimberley het die oudste stiefdogter Karen om een of ander rede na Kaapstad gevlieg en ons het haar by die lughawe gaan haal. Toe Karen ons sien het sy so ‘n tree agteruit gegee van verbasing. My skoonsus het haar in Kimberley gaan afsien geklee in blou jeans, ‘n blou en wit gestreepte t-hemp en wit tekkies, en hier kom haal ons haar en my vrou dra dieselfde klere. Dit was nie vooraf so afgespreek nie maar vir Karen het dit gelyk asof haar ma haar in Kimberley gaan aflaai het en weer in Kaapstad kom haal het.

Verskynsels soos hierdie is wel baie interessant en mens kan meer sulke voorbeelde noem maar dit is toevallighede wat slegs van triviale belang is. Daar is nie spesifieke gene wat kodeer vir hondename, blou Chevvies, vakansieplekke of gestreepte t-hemde nie en alhoewel ooreenkomste in aspekte van gedrag meer dikwels gevind word by identiese tweelinge (saam grootgeword of by geboorte geskei) suggereer dit dat dit die gevolg is van komplekse geenkombinasies wat kodeer vir gedragspatrone wat ‘n sterk waarskynlikheid het om tot uiting te kom en sekere aspekte in gemeen te hê. Hierdie gedrag is op sig self nie buitengewoon nie maar is opvallend bloot omdat dit in twee naverwante individue sigbaar is. Alle ander mense besit ook komplekse geenkombinasies maar omdat die gevolglike gedragspatrone slegs in enkelinge voorkom, of so nie in twee individue wat dalk nie eers in dieselfde vasteland woon nie vind niemand dit buitengewoon nie.

Behalwe die idiosinkrasieë hierbo genoem, toon identiese tweelinge wat by geboorte geskei is en onder verskillende omstandighede grootgeword het, ook baie ander ooreenkomste in gedrag sowel as persoonlikheidskenmerke, baie meer so as nie-identiese tweelinge wat saam grootgeword het – ‘n duidelike voorbeeld van die invloed van gene op gedrag. ‘n Goeie voorbeeld is IK: identiese tweelinge wat apart grootgeword het, se IK’s toon ‘n gemiddelde korrelasiekoëffisiënt van 0.85. Nie-identiese tweelinge wat saam grootgeword het, se IK’s korreleer met slegs 0,60. ‘n Verdere interessante bevinding was dat die effek van gene op gedrag by geskeide identiese tweelinge al sterker tot uiting begin kom het met toenemende ouderdom, dit wil sê namate die invloed van nie-gedeelde omgewingsfaktore (non-shared environment) getaan het.

Studies van persoonlikheidskenmerke soos ontvanklikheid vir nuwe ervarings, introversie of ekstroversie, emosionele stabiliteit en pligsbesef of onverantwoordelikheid toon eweneens ‘n veel groter korrelasie in identiese tweelinge as in hul nie-identiese eweknieë.

Ouers en lewensmaats van identiese tweelinge sal sonder huiwering die besondere hegte verhouding tussen identiese tweelinge bevestig – iets wat ek al telkemale met verwondering waargeneem het. Navorsing oor identiese tweelinge het ongeveer gelyktydig met teoretiese en empiriese studies van evolusionêre psigologie (oftewel sosiobiologie) begin ontwikkel. Ten spyte van soms geregverdigde kritiek het hierdie vakgebied onteenseglik getoon dat organismes se gedrag sodanig is dat dit die voortplanting van hul gene sal bevoordeel. Navorsing oor altruïstiese gedrag in sosiale insekte en verskeie ander organismes, insluitende primate, het hierdie beginsel gevestig as een van die grondbeginsels van sosiobiologie. Die gedrag van identiese tweelinge teenoor die kinders van hul identiese tweelingmaats bevestig die beginsel dat organismes (mense inkluis) sodanig optree dat hulle Richard Dawkins se “selfsugtige geen”-beginsel handhaaf: identiese tweelinge is veel meer besorg oor die kinders van hul tweelingmaats as oor kinders van ander sibbe. Dit het ek self in “my” tweeling waargeneem in hul optrede jeens hulle kinders en die van hul ouer suster.

Nagenoeg een geboorte uit elke 250 het ‘n identiese tweeling tot gevolg, dus is dit moontlik dat ‘n paar lesers van Versindaba ook met een van ‘n identiese tweeling getroud is. Indien so iemand hierdie lees, herkou gerus hieraan: baie lede van identiese tweelinge rou meer intens by die afsterwe van ‘n tweelingmaat as wanneer hulle gade hulle ontval.

Baie lewensmaats van een van ‘n identiese tweeling vind dit moeilik om die hegte verhouding tussen sy/haar lewensmaat en die ander een van die tweeling te aanvaar en dit wil my voorkom asof dit veral mans, selfsugtige wesens wat ons nou maar eenmaal is, wat hiermee probleme ondervind. Wat myself betref, ek ondervind dit as ‘n lewenslange avontuur om die interaksie tussen my vrou en haar sus dop te hou.

DANCERS EXCERCISING

 

Frame within frame, the evolving conversation

is dancelike, as though two could play

at improvising snowflakes’

six-feather-vaned evanescence,

no two ever alike. All process

and no arrival, the happier we are,

the less there is for memory to take hold of,

or – memory being so largely a predilection

for the exceptional – come to a halt

in front of. But finding, one evening

on a street not quite familiar,

inside a gatedit would seem,

November-sodden garden, a building

of uncertain provenance,

peering into whose vestibule we were

arrested – a frame within a frame,

a lozenge of impeccable clarity –

by the reflection, no, not

of our two selves, but of

dancers exercising in a mirror,

at the center

of that clarity, what we saw

was not stillness

but movement: the perfection

of memory consisting, it would seem,

in the never-to-be-completed.

We saw them mirroring themselves,

never guessing the vestibule

that defined them, frame within frame

contained two other mirrors.

— Amy Clampitt–

Baie van die inligting oor identiese tweelinge is danksy prof. Nancy Segal van die universiteit van Kalifornië, Fullerton, voorheen van die universiteit van Minnesota, asook prof. Matt McGue van Minnesota en dan moet ek natuurlik spesifiek en in die besonder my dank betuig aan die identiese tweeling Lesli Retief en Lynnette Botha, “womb mates and bosom friends” by wie ek so baie geleer het.

Die Kallikak familie: http://psychclassics.yorku.ca/Goddard/

(© Leon Retief)