Posts Tagged ‘Leon Retief’

Leon Retief. Seisoene in die Prêrie

Sunday, June 27th, 2010
karre in die sneeu

karre in die sneeu

Om in die winter in die prêrie te bestuur kan nogal ʼn aardige ondervinding wees, selfs vir gebore Kanadese. Daar is nie genoeg sneeuploeë om alle strate gereeld skoon te maak nie en die munisipaliteit strooi dus na elke sneeuval sand op die sneeu wat die strate bedek. So ʼn sand-sneeu mengsel verskaf wel bietjie ekstra traksie, maar ook maar net totdat dit deur die karre se wiele gekompakteer word tot ʼn glibberige, smerige, gladde bruin oppervlak. Mens kan voel hoe jou kar se traksiebeheer oortyd werk maar ʼn viertrekvoertuig is ook nie die allerantwoord nie en botsings is redelik algemeen in die winter. Gelukkig besef meeste bestuurders darem dat mens op sulke oppervlaktes stadig moet ry en is die skade meestal nie groot nie.

Karre met agterwielaandrywing word hier maar op blokke gesit tot die winter verby is en van motorfietsry is daar geen sprake nie - om met sulke voertuie op die ys te ry is moeilikheid soek.

Een van die mees irriterende dinge vir ʼn motoris is om ys aan die binnekant van jou kar se vensters te kry en dit gebeur maklik wanneer mens nie ʼn verhitte motorhuis het nie en soos ons onder ʼn afdak parkeer. Elke keer wanneer mens in jou kar inklim beland ʼn bietjie sneeu wat op jou skoensole vasgesit het onvermydelik op die kar se vloer. Hierdie sneeu smelt natuurlik elke keer wanneer die kar gebruik word en die water wat so gevorm het verdamp sodat mens nie eintlik weet hoeveel sneeu al gedurende die afgelope paar weke in die kar ingedra is nie. Wanneer daar nou al genoeg ys in die kar beland het en mens ry ʼn paar kilometer (natuurlik met die verwarmer voluit aan want buite is dit -30°C) dan parkeer mens jou kar ewe niksvermoedend, prop die enjin in sodat die olie nie vries nie en gaan slaap. Die volgende oggend is die binnekante van al die ruite bedek met ʼn dun yslaag en moet mens die enjin eers vir tien minute laat luier sodat dit warm genoeg word, dan die verwarmer aanskakel en dit vir nog tien minute voluit laat loop sodat die ys kan smelt.

Swart ys is nog ʼn kalant waarvoor mens op die uitkyk moet wees. Die ys is nie werklik swart nie maar deurskynend en lyk dus dieselfde kleur as die teer. Dis vir alle praktiese doeleindes onsigbaar en mens kom eers agter dat jy op swart ys ry wanneer jou kar meteens onbeheerbaar word, en dan help vierwielaandrywing niks. Wanneer jy briek trap gly die kar stadig en elegant oor die stopstraat en jy hoop maar net dat niemand anders in aantog is nie.

toegesneeu

toegesneeu

Ook voetgangers val dikwels op swart ys en dit gebeur vroeër of later met almal. Mens voel nogal ʼn taamlike gat wanneer jy die eerste keer neerslaan maar jy besef gou dat die Moose Javians dit aanvaar as maar net nog een van die dinge wat in die winter gebeur en sommige mense raak heeltemal blasé daaroor. Die eggenote van een van my kollegas het een dag in die middel van die straat geval en die ys was net te glad om te kon opstaan - toe beweeg sy maar so op haar sitvlak tot by die naaste lamppaal, trek haarself daaraan op en stap ewe doodluiters verder.

Om in ʼn sneeustorm (”blizzard” of “white-out” op syn Kanadees) te bestuur is ʼn gebedsaak vir diegene wat daaraan glo. “White-out” is ʼn baie beskrywende term, mens sien werklik niks anders as net wit deur jou kar se vooruit en truspieëltjies nie, net-net die kar se neus en jy wonder hoe jy nog op die pad gaan bly want dit is nie meer sigbaar nie. Ry maar voort, hoop jy bly op die pad is al raad want as jy stilhou gaan die sneeu jou kar binne minute begrawe en/of iemand gaan in jou vasry.

Wanneer die wintermaande aanbreek word motoriste gewaarsku om nooit ʼn dorp te verlaat sonder ʼn vol petroltenk, ʼn space blanket, sterk flitslig en proviand nie. Elke jaar verkluim ʼn paar mense op afgeleë paaie wanneer hul die pad verlaat en in die sneeu vassit.

 

When the World Disappears

 

Driving through a flat-out prairie

blizzard is a classic struggle between

terror and faith. Between Paynton and

the Battlefords the world disappears -

horizon, buildings, trees, traffic,

the road itself, all gone. Snow, 

blasted by a fierce south-easter,

obliterates equally land and sky.

 

On this two-way stretch of highway

we drive into the snow cloud.

As vehicles behind and in front

vanish from my sight, so too have I

from them, my hands iron vises

clinging to the steering wheel,

clinging to frail threads of reason,

clinging to little more than blind hope

as the white-out erodes confidence

and panic probes below

the thin skin of logic.

 

We hurtle through nothingness,

my silent prayer willing that whatever

lies on the other side of this void,

whatever other drivers are steering

the margins of their own misery,

their paths do not intersect mine.

We are, all of us, blind pilgrims

groping for some distant shrine

lost from our view, alive only

in the minds that will them.

 

Glen Sorestad

 

Uit Blood & Bone, Ice & Stone (Thistledown Press, 2005)

 

Sorestad is na my mening by uitstek die digter van die prêries: die landskap, die seisoene en die mense vind almal neerslag in sy verse, alhoewel nie al sy bundels oor hierdie onderwerpe handel nie. Hy dig dikwels oor die alledaagse, gewone dinge soos ʼn wandeling in ʼn park of in ‘n sneeulandskap, maar hy slaag daarin om dit te beklee met ʼn perspektief wat ander mense dikwels nie raaksien nie, sowel as ʼn besef van ons almal se sterflikheid. Ek dink nie dat hy as Kanada se grootste digter beskou kan word nie, maar tog is sy verse vir my die beste poëtiese beskrywings van die omgewing waar ons woon.

Glen Sorestad
Glen Sorestad

 

Lente in Saskatchewan herinner my aan wat Lenin geskryf het in “The Crisis in Our Party: One Step Forward, Two Steps Back” want hierdie seisoen benader ons op dieselfde manier, so suutjies, voetjie vir voetjie, nes mens dink nou is dit uiteindelik lente dan deins dit terug, val die sneeu en is dit weer bibberend koud. Nie verniet dat Kanada se vier seisoene bekend staan as alreeds winter, winter, nog steeds winter en padherstelwerk.

 

SPRING IN SASKATCHEWAN

 

is mercurial. One day

the ogling sun blows

kisses at young women

flaunting halter tops and shorts;

the next day snow sneaks back in

and crashes the party.

 

Spring comes here

whenever it damn well wants:

some time between April and June.

It may even alternate days.

Predicting its arrival or its presence

is a foolish game:

animals and birds get confused.

Canada Geese picking sprigs on the golf course

in the heavy snowfall complain

to anyone who will listen.

 

The pumpkin-breasted Robin

that just yesterday dazzled

from its song-full rooftop perch

huddles today, a forlorn puff

of feathers tucked in the lee

of a spruce bough cluster.

 

With growing impatience we

await its arrival, but Spring marches

to its own eccentric beat

and nothing we can do

will speed it a single day.

 

Here in Saskatchewan we learn

to hold our tongues.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010)

 

NOVEMBER HERON

 

November and snow flakes like leaflets

fall soft as breath as we tread the path

between the park’s two ponds. Motionless

 

beside the only open water stands

a Great Blue Heron, forlorn in the soft

flutter of wet flakes. Does the bird know

 

it is an anachronism of the month,

obtrusive against a wintry backdrop?

Perhaps it is wounded; or old and weak

 

it sees its fate reflected in the cold water

and simply waits out its remaining time -

falling prey to sharp teeth or winter chill.

 

Its kin, long flown to warmer waters,

are receding memories of what once was.

Silent snow falls on the heron, falls on us.

 

Uit What We Miss (Thistledown Press, 2010).

 

In die volgende gedig beskryf Sorestad die stadige verval van die honderde klein nedersettinkies wat oor die prêrie versprei is.

 

AN ABSENCE OF BIRDS

 

Summer is hot and dry. Not unusual.

The ambient sounds are here: wind

in old elm trees, grasshoppers buzz

the daylight. Sounds of farms -

tractors, road and field sounds.

A chatter of sparrows in carraganas.

At night the long quaver of coyotes,

A yapping of foxes.

 

                                  But something is missing.

Some remembered sounds, no longer there.

Where is the soft call of mourning doves?

What has happened to the nighthawk’s cry

Balancing on the margin of day and night?

 

The hamlet shrivels like droughted wheat.

Someone else dies, houses empty mourners.

Fewer gardens echo the sounds of spring,

Fewer hoes at war with weeds.

Fewer pails of water hauled from the well.

Ebbing sounds.

 

An absence of birds is its own sadness:

Each year another sound heard no more.

Who will restore the chorus to what memory

Desires, what the spirit demands?

 

 Uit WEST INTO NIGHT Thistledown Press, 1991)

 

Ek kan nie die versoeking weerstaan om ʼn voorbeeld te plaas van die humor wat soms in Sorestad se gedigte voorkom nie.

 

SOME MORNINGS

 

when I unfold

from sleep and struggle

upright from the bed

to the edge of the world,

I am overwhelmed by

an acute palimpsest of time:

this body: its creaks and groans,

its under-used muscles bitching,

joints complaining,

whereas once they moved,

silent and precise

as doors on a Mercedes-Benz.

 

It’s not that I didn’t

see it coming. But most

mornings when I rise

I emerge from a world

in which the body was

young and strong and lithe,

brimming with confidence

this present weary round-up

of bones, ligaments, muscles

have apparently forgotten.

 

Just wait, just wait,

The body cautions me,

give me a moment,

maybe two or three

and I’ll be ready…

you can’t expect

miracles you know…

 

I totter, one tentative

footstep following the other,

to the bathroom and deal with

another prescient symptom

of this depressing morning

mortality check: a bladder

that insists it’s twenty years older

than the rest of me.

 

Uit What We Miss

 

As daar twee dinge is waarin Kanadese uitblink dan is dit politieke korrektheid en self-flagellasie. Ek sal die flagellasie los vir anderdag, maar die PK hier laat soms my mond oophang. Die Junior Soccer League van Ontario het pas ʼn nuwe reël daargestel: wanneer een span tydens ʼn wedstryd met vyf doele voorloop, dan verbeur daardie span onmiddellik die wedstryd. Dis nie goeie sportmanskap om ʼn ander span so in die grond in te spele nie sien.

Tydens die Winter Olimpiese Spele wat Februariemaand in Vancouver plaasgevind het, het die Kanadese regering ʼn “Own the Podium” reklameveldtog geloods waarin die publiek aangemoedig is Kanadese atlete sterk en ondubbelsinnig te ondersteun om soveel goue medaljes te wen as moontlik. Heelwat stemme van protes het opgegaan - dis glo “un-Canadian” om so graag te wil wen, hoe moet die ander atlete dan nou voel?

Die seun van een van my kollegas is ʼn hardwerkende en intelligente kind wat uitstekend vaar op skool. Eendag roep sy onderwyseres die seun se ma in en vra dat hy tog asseblief nie so hard moet leer nie, sy punte is te hoog en dit laat die ander kinders afsteek en seker nog sleg voel ook. By skoolsportbyeenkomste kry elke iedere kind ʼn prys, selfs al kom hy of sy laaste - “for participation”.

 

Nja.

 

Leon Retief. Moose Jaw

Monday, June 14th, 2010

Takbokkakebeen …

 

Moose Jaw?

 

Moose Jaw? And they attempt to hide
derision. How can anyone claim
this Podunk, Hicksburgh, Blahville
place home? Wasn’t this the place named
after former Prime Minister Brian Mulroney?

The Name: the Moose Jaw river
is shaped like the jawbone of a moose.
Not.

Rich Little once got a laugh saying
“Moose Jaw is so small they don’t have
weather there.” People with names like
Rich Little shouldn’t make jokes about
the size of anything.

Comic Strip artists can’t keep their pens
off Moose Jaw: Broomhilda, Get Fuzzy,
even Marvel Comics released a special
Wolverine and Cable comic in which
the superheroes battle with a gross mutant
on the streets of Moose Jaw, a town
just outside civilization.

The name: the place where Lord Dunmore,
Earl of Mulberry, fixed his cart
with the jawbone of a moose.
Not.

When they want to designate nowhere
important, unendurable plainness,
or a certain weird quaintness
authors summon the name-
Murder in Moose Jaw; Still Circling
Moose Jaw; All the Moose, All the Jaw;
The Moose Jaw Book

The Name: from the Cree Moosoochapiskun
meaning Moose Jaw.
Not.

When they want a comic-exotic touch
authors site Moose Jaw. J. K. Rowling
in Quidditch Through the Ages names
one of the world’s top teams the Moose
Jaw Meteorites. Homer Simpson conjures
a Moose Jaw baseball team as the bottom
of bottom rungs. Atomic Betty, Teletoon
defender of the universe, resides in
Moose Jaw Heights

Hollywood dumps on Moose Jaw.
In Slap Shot an incredibly
dumb and violent defenceman hails
from Moose Jaw. In Atlantic City
a florist asks repulsed lover
Burt Lancaster where to send
the flowers now. Hurt, disgusted
Burt replies, “Moose Jaw.”

The name: from the Cree moscatstani-sipy
“river of warm breezes.”
Now you’re talking.

 

© Gary Hyland.

 

Mulroney, eerste minister van Kanada tussen 1984 en 1993, tans in skande gedompel nadat sy gekonkel met die Duitse wapenhandelaar Karlheinz Schreiber op die lappe gekom het, het ‘n taamlike prominente onderkaak en ‘n Kanadese TV-komedie in die negentigerjare het spottend na hom verwys as “Moose Jaw Mulroney”.

Meeste non-Kanadese beskou Moose Jaw as ‘n effens eienaardige naam vir ‘n dorp, maar in Kanada is hierdie naam doodgewoon in vergelyking met ander Kanadese dorpsname: Sexsmith, WaWa, Climax, Forget, Comebychance, Dildo, Eyebrow, Elbow, Ecum Secum en Mushaboom.

Nogtans het die naam Moose Jaw ‘n soort van lewe van sy eie gekry en is dit waarskynlik een van die bekendste onbekende dorpe in die wêreld - feitlik niemand wat die naam ken het dit al besoek nie. Dit is ook een van die koudste plekke in die prêrie en temperature van -40°C is nie buitengewoon nie. Met die wind chill bygereken het ek al -54°C beleef en by daardie temperatuur maak dit nie saak hoe warm mens aantrek nie, die koue sny deur elke liggaamsdeel, jou klere vries stokstyf rondom jou liggaam en jy kan voel hoe jou knieë jou broek moet buig om te kan loop. Dankie tog vir binnenshuise verhitting! Mens sien nie joggers in die winter nie omdat die koue lug wat hulle inasem hipotermie sal veroorsaak.

Om ‘n kar in Moose Jaw se winters te onderhou is, wel, so ietwat anders as in SA. Wonings het meestal verhitte motorhuise, parkeerplekke wat nie onderdak is nie het kragproppe waar mens jou kar inprop om te verseker dat die olie nie vries nie. Wanneer ons by -20°C of kouer gaan inkopies doen skakel jy nie jou kar af wanneer jy parkeer nie en dis ‘n algemene gesig om dosyne luierende karre in winkelsentrums se parkeerareas te sien. En nee, die karre word nie gesteel nie.

(Darem net om te sê: dis nie ons kar op die foto nie, ons het beter smaak in karre as ‘n Buick!)

 

 

 

Natuurlik is daar mense wat selfs in die winter buite moet werk of wil gaan jag en hulle koop beskermende kleredrag by Mark’s Work Wearhouse, ‘n interessante winkel wat ek graag besoek sommer net om te snuffel. Dis ook die beste plek om ordentlike handskoene en kouse te kry wat hande en voete darem redelik warm hou wanneer my vrou en ek in die sneeulandskap gaan stap soos ons graag doen.

Een van die kledingstukke wat daar te koop aangebied word is dik, warm long johns wat met antibiotika geïmpregneer is. Dit laat mens wonder hoe dikwels sulke onderklere nou eintlik omgeruil word. Ek het maar liewer nie gevra nie. The mind boggles…

 

Die “river of warm breezes” is die Moose Jaw River aan die buitewyke van die dorp, met Wakamow Park langs die oewers. In die somermaande is dit ‘n gewilde uitspanplek vir Moose Javians en wemel dit van spelende kinders, kanovaarders en piekniekgangers. Daar is ook braaigeriewe, maar die enigste mense wat eintlik daarvan gebruik maak is ekspat Suid-Afrikaners, waarvan daar sowat veertig in Moose Jaw is. Meeste is dokters of eggenote(s) van dokters, die hele Kanada wemel van sogenaamde IMGs (International Medical Graduates) en ‘n baie groot persentasie van hierdie medici is van Suid-Afrika. Meeste Kanadese dokters verkies heel verstaanbaar om in groter sentra te praktiseer, sou daar ‘n wegraping van IMGs wees sal feitlik alle mediese dienste in plattelandse Kanada in duie stort en hiervan is Moose Jaw Union Hospital is ‘n goeie voorbeeld. Van die 21 spesialiste is slegs twee gebore Kanadese. Van die oorblywende negentien is agt ekspat Suid-Afrikaners, die res is van Mexiko, Ghana, die Soedan, Nigerië, Sri Lanka, Libië en Egipte.

Ek wonder oor sommige van my Suid-Afrikaanse kollegas hier. Wanneer hulle in Kanada is verlang hulle na Suid-Afrika, wanneer hulle terugkeer van ‘n vakansie in SA dan vertel hulle weer hoeveel hulle na Kanada verlang het. So asof hulle nêrens tuis voel nie.

Oorkant ons woonstel is Crescent Park waar ook die biblioteek en een van die twee kunsgalerye is - ja, Moose Jaw het sowaar twee kunsgalerye en ‘n aktiewe kunsvereniging, maar ek dink die gehalte van hul skrywers is beter as dié van hul beeldende kunstenaars, alhoewel Moose Jaw darem ook die tuiste is van Ken Dalgarno, ‘n bibliotekaris en een van Saskatchewan se opkomende skilders.

 

Rust. Ken Dalgarno

Rust. Ken Dalgarno

 

Aan die agterkant van die biblioteek is ‘n ruimte waar takbokkies elke somer kom huis opsit en dis niks snaaks om te sien hoe die bokkies nou en dan ewe ongeërg deur die dorp draf nie, so asof Moose Jaw aan hulle behoort. Ons het ook al een of twee coyotes gesien, maar hulle waag dit net snags in die dorpsgebied. 

 

 

Net buite Moose Jaw is die basis van 15 Vleuel van die Kanadese lugmag, dit is ook die tuiste van die Snowbirds, die lugmag se kunsvlieg eskader, wat van die begin van Junie ‘n vroulike vlieënier as bevelvoerder het. Kanada is baie gesteld op gelykheid van geslagte maar die downside daarvan is dat dit vinnig besig is om dieselfde nanny state as Brittanje te word.

 

Kunsvlieg

Kunsvlieg

 

Ek probeer Moose Jaw nie as ‘n Eden op aarde voorstel nie - die werkloosheidsyfer is hoër as die Kanadese gemiddelde, hier is baie dwelmmisbruik en tienerswangerskappe is meer algemeen as wat dit behoort te wees, maar ten spyte hiervan het ons ‘n rustige lewe tussen vriendelike mense en het my vrou en ek baie meer tyd vir mekaar as wat ons ooit in SA gehad het.

Moose Jaw het twee bekende digters opgelewer. Ek het Robert Currie reeds in my vorige blog bespreek, die ander digter is Gary Hyland, ‘n stigterslid is van die jaarlikse Festival of Words wat elke Juliemaand in Moose Jaw plaasvind. In 2007 is hy benoem as een van die honderd mees invloedryke graduandi wat die Universiteit van Saskatchewan die voorafgaande eeu gelewer het. Mens moet wonder hoeveel digters al ‘n soortgelyke eer te beurt geval het want dit word meestal toegeken aan sakemanne of politici.

 

Gary Hyland

Gary Hyland

Hyland het ongelukkig amiotrofiese laterale sklerose, dieselfde siekte as Stephen Hawking maar net in ‘n baie erger graad. Tans word hy meganies geventileer en is geheel en al nie in staat om te kommunikeer nie. Vir ‘n digter moet dit ‘n besonder aaklige lot wees.

Onderstaande gedigte is uit sy jongste (en waarskynlik laaste) bundel, You.

 

ACKOWLEDGEMENT

 

We’ve been together over fifty years,

turned into each other’s clichés,

not even aware we compensate

for the other’s deficiencies.

When I tire, you provide a yawn.

When I pine, you sigh.

I’ve grown to accept your losses,

your skin eruptions, your chronic

insomnia, your creaky hinges.

And you, old friend, no longer

ulcerate over my insecurities,

my routine mismanagement

of your essential regimens.

 

I appreciate that you

have all but stopped expecting

expensive lathers and lotions,

swank accessories and fashions,

daily walks, high-fibre snacks,

a ban on chocolate and beer,

that you now tolerate seeing

and hearing less and the strain

when the handles fall off

the names we used to heft with ease.

 

This accord is our triumph,

not to rile each other too much

before the certain sundering.

 

 

THIS THEN

 

That you will die. That it will be soon.

Death’s branch operation in your head

pumps invisible agents to swallow your days.

 

That no one cares much. Not even you.

That pills cannot restore you. Nothing

you do will change anything.

 

That up to the moment the door closes

you will drudge at inconsequential tasks

while your true devotions starve in cells.

 

Angels will not sing you to rest.

What angels have you feathered? The angel

of self-interest? The wings of contrary affections?

 

Your angels tried but could not love you.

They sleep in the vestibule of grace,

sickly spirits, psoriatic, carbuncled.

 

That the white drifts on your wished for slopes

are the bones of misshapen animals

that foraged on your meagre underbrush.

 

That you will stumble there like a pilot

downed, nose dribbling, mind drivelling,

while the search teams stay home.

 

 

NO POEM

 

A thunk, a surge of muffled sobs,

mother crumpled on the floor,

father hulking over her, me

white knuckled to the headboard.

 

And some constipated academic wimp

in his cushy office with his zippy

new computer writes all this

into a poem - po-em, for fucksakes.

 

He takes a pack of dainty words,

tarts them up with sprinklies

and confettis them on a page

for all the other little pinky people

 

to do those things they do

when they think they’re into

whatever they think life is

after they’ve turned it milky

 

safe and oh so nice.

                                  No poem

ever grabs your arm and whacks

you with a razor strap till you’ve got

white welts on your red welts.

 

No pretty bunch of words stops you

shrieking or gets into your guts

good enough so you don’t become

your mother and your father.

 

{Uit: You. Gary Hyland}