Posts Tagged ‘Leonard Cohen’

Andries Bezuidenhout. Then you got away

Friday, November 11th, 2016

songs-of-love-and-hate

Daar is Leonard Cohen toe nou dood. Ek het gister sy nuwe plaat gaan koop en in die kar rondgery om daarna te luister. Dis pragtig. Ek treur nie oor sy dood nie. Almal het dit verwag en hy het dit self voorspel – dis die tema van sy laaste plaat. Op Facebook plak mense memes met aanhalings uit sy musiek en gedigte. Ek plaas self ʼn skakel na ʼn lewendige opname van “Avalanche”, een van sy mooiste en donkerste liedere, asook ʼn blog van lank gelede wat handel oor hoe hy Lorca vertaal het.

Dis eers toe iemand ʼn skakel na ʼn ou, ou opname uit 1970 op Facebook plaas dat ek emosioneel word – “Solidarity forever”, ʼn ou vakbondlied. Toe besef ek hoe verlore daardie wêreld is – in tye van Donald Trump, ons eie Plunderpresident, ʼn homofobiese NG Kerk vol hatige patriarge, studente wat geboue, klaviere en orrels afbrand.

Ek het ʼn paar jaar gelede al die pad Berlyn toe gereis om Leonard Cohen in lewende lywe te kon hoor speel. Hy sou Suid-Afrika toe gekom het, maar toe wil die land nie ʼn visum aan die Dalai Lama toestaan nie. Hy het die geskeduleerde konsert stilweg gekanselleer. As alternatief het ons Berlyn gekies, omdat dit ʼn stad met soveel historiese trauma is en omdat dit dalk juis toepaslik is om na ʼn Joodse sanger in die Waldbühne te luister. First we take Manhattan, then we take Berlin.

Nou is ons terug in die 1930s, aan die einde van Weimar – ter plaatse en elders in die wêreld. Dis dalk goed dat Cohen net die begin van die al die gruwels beleef het en toe besluit het om sy rug op dit als te keer.

Christa Morrison. bewus-syn-stroom

Saturday, June 13th, 2015

Gert Vlok Nel sing van “‘n trein riding into rain”. Ek sien die prentjie van gloeiende kole, die stoker se roetbevlekte vel wat soos water oor bultende rivierklippe span-ontspan-span-ontspan, sweetdruppels wat gly en val, hergebore herrys, en voortstoom. Bondels swart en wit rook wapper en alles word een, ingesluk, verdwyn, in ‘n dik grys gordyn van vallende water.

Dís my ervaring wanneer ek sekere werk van Allen Ginsberg, Jack Kerouac, Federico García Lorca of Leonard Cohen lees/luister, ook Bob Dylan en Nel. Hul gewaarwordinge neem my, sleur my, ek word een, ek behoort (nie meer aan myself nie).

Waar vind mens ’n bewussynstroom – die konstante voortdurende vloei van idees, waarnemings en emosies?

Die wetenskaplike vraag na die bergplek, fontein, en verloop van hierdie stroom gewaarwordinge is onopgeklaar. Waar en hoe in die brein en senuweefsel bestaan dit? Beweeg dit in ‘n stroom? In ‘n stroom neurons? Hou dit ooit op? Hoe bring mens dié kloutjie by die oor?

Ek vermoed dís waar ons die stemme wat in elkeen van ons smeek, troos of woed die helderste hoor. Dís die gang waar ek die son oor ‘n soutpan sien opkom en ondergaan, my doodgebore baba hoor lag of huil, herinneringe troostend of seer vinger teen my wang – dít is waar ervarings soos kunswerke staan en hang.

“The artist, and particularly the poet,…must heed only the call that arises within him from three strong voices:

the voice of death, with all its forboding,

the voice of love and

the voice of art.”

~ Federico García Lorca

Bewussynstroom as literêre styl

Bewussynstroom word op writershistory.com gedefinieer as “a literary style in which the author follows visual, auditory, tactile, associative, and subliminal impressions and expresses them using ‘interior monologue’ of characters either as a writing technique or as a writing style that mingles thoughts and impressions in an illogical order, and violates grammar norms.

The phrase ‘stream of consciousness’ was first used in 1890 by William James in Principles of Psychology. In literature it records character’s feelings and thoughts through stream of consciousness in attempt to capture all the external and internal forces that influence their psychology at a single moment. Any logical or sequential approach is disregarded.”

Hoe bewus is digters (en ander kunstenaars) van mekaar, waar stroom hul temas, tegniek, styl, gedagtes of invloed saam?

Leonard Cohen & Federico García Lorca

Cohen het in ‘n 2011-onderhoud genoem dat hy hordes Engelse digters behoorlik gelees het, maar dat dit die stem is van die Spaanse digter Federico García Lorca wat in sy gedagtegang weerklink. Hy sing onder andere ‘n los Engelse vertaling van Lorca se gedig Pequeño vals viené uit Poeta en Nueva York (A Poet in New York).

Leonard Cohen sing ‘n Engelse vertaling van Lorca se gedig Paqueno Vals Vienes (Take this waltz)

In ‘n Your Flesh Magazine-onderhoud in 1992 verduidelik hy:

“With the Lorca poem, the translation took 150 hours, just to get it into English that resembled – I would never presume to say duplicated – the greatness of Lorca’s poem. It was a long, drawn-out affair, and the only reason I would even attempt it is my love for Lorca. I loved him as a kid; I named my daughter Lorca, so you can see this is not a casual figure in my life.”

Allen Ginsberg & Federico García Lorca

In Ginsberg se gedig A Supermarket in California verewig hy van sy poëtiese gesprekke met onder andere García Lorca: 

          “What thoughts I have of you tonight, Walt Whitman, for

I walked down the sidestreets under the trees with a headache

self-conscious looking at the full moon.

          In my hungry fatigue, and shopping for images, I went

into the neon fruit supermarket, dreaming of your enumerations!

          What peaches and what penumbras!  Whole families

shopping at night!  Aisles full of husbands!  Wives in the

avocados, babies in the tomatoes!–and you, Garcia Lorca, what

were you doing down by the watermelons?…”

 ~ Berkeley, 1955

Allen Ginsberg & Bob Dylan

Ginsberg en Bob Dylan het nie net saam getoer nie, maar ook saam gewerk aan onder andere Vomit Express:

 Bob Dylan & Allen Ginsberg – Vomit Express

Bob Dylan en Allen Ginsberg by Jack Kerouac se graf, 1975
(Foto: Ken Regan via: ginsbergblog.blogspot.ca)

Dylan had come to hear a poetry reading at NYU’s Loeb Auditorium, standing in the back of the crowded hall with David Amram. We were on stage with a gang of musician friends, and Peter improvised, singing, ‘You shouldn’t write poetry down but carol it in the air, because to use paper you have to cut down trees.’ I picked up on that, and we spent a half an hour making up tuneful words on the spot. I didn’t know 12-bar blues, it was just a free-form rhyming extravaganza. We packed up, said goodbye to the musicians, thanked them and gave them a little money, went home, and then the phone rang. 

It was Dylan asking, ‘Do you always improvise like that?’ And I said, ‘Not always, but I can. I used to do that with Kerouac under the Brooklyn Bridge all the time.’ He came to our apartment with Amram and a guitar, we began inventing something about ‘Vomit Express,’ jamming for quite awhile, but didn’t finish it. He said, ‘Oh, we ought to get together in a studio and do it,’ then showed me the three-chord blues pattern on my pump organ. A week later in the studio Dylan actually did the arrangement, told people when to do choruses and when to take breaks, and suggested the musicians cut a few endings on their own to be spliced in.

‘Vomit Express’ was a phrase I got from my friend Lucien Carr, who talked about going to Puerto Rico, went often, and we were planning to take an overnight plane a couple of weeks later, my first trip there. He spoke of it as the ‘vomit express’ – poor people flying at night for cheap fares, not used to airplanes, throwing up airsick.”

Daar is wyd geskryf oor Ginsberg se invloed op die skryf en publikasie van Dylan se eerste boek Tarantula op die jong ouderdom van 23 jaar.

Bob Dylan & Jack Kerouac

In Dylan se outobiografie Chronicles, en die dokumentêre film No Direction Home, beskryf hy Kerouac se invloed op hom: “On the Road had been like a bible for me. I loved the breathless, dynamic bop poetry phrases that flowed from Jack’s pen . . . I fell into that atmosphere of everything Kerouac was saying about the world being completely mad, and the only people for him that were interesting were the mad people, the mad ones, the ones who were mad to live, mad to talk, mad to be saved, desirous of everything at the same time, the ones who never yawn, all of those mad ones, and I felt like I fit right into that bunch.”

Ook: “Someone handed me Mexico City Blues in St. Paul (Minnesota) in 1959 and it blew my mind. It was the first poetry that spoke my own language.”

Gert Vlok Nel (Foto: Tessa Louw)

 

Gert Vlok Nel, Ginsberg, e.a.

In ‘n handgeskrewe brief laat weet Gert Vlok Nel vir my: “Ek is baie lief vir die skrywers wat jy noem, buiten Lorca wat ek nooit gelees het nie. Al die skrywers het seker ‘n invloed gehad op my werk, en in my lewe het hulle werk my getroos in donker tye.

Van Ginsberg het ek Howl gelees en Kaddish. Van Kerouac het ek On the road, The Subterraneans en Dr Sax (my favourite) gelees.

Mr Tambourine Man van Dylan is my gunsteling van alle tye. Dis ‘n song wat duidelik deur Kerouac beïnvloed is, rëels soos ‘though you might hear laughin’ spinnin’ swingin’ madly across the sun, it’s not aimed at anyone, it’s just escapin’ on the run’ en ‘far from the twisted reach of crazy sorrow’ (pure Kerouac).

Cohen is in staat tot suiwer skoonheid.

My invloede is nie Suid-Afrikaans of Afrikaans nie, alhoewel ek in my jonger jare baie lief was vir David Kramer en André le Toit.”

 

Gedigte

“My gedigte en songs verskil heeltemal van mekaar. Ek het my gedigte probeer skryf met groot liefde en groot koudheid.’’

Nadat ek Nel se bundel Om te lewe is onnatuurlik herhaaldelik gelees het en ook die Nederlandse dokumentêre film oor hom Beautiful in Beaufort-Wes gekyk het, begin ek ‘n goeie gevoel kry vir wat hy met “groot liefde” en “groot koudheid” bedoel. Nie net word die gestroopte landskap beklemtoon en baie bedag en vaardig uitgebeeld nie, maar die karakters word ook van hul maskers en hul klere gestroop. Die waarheid word tot op die been oopgekerf, maak nie saak hoe seer dit maak nie.

Tafelberg Uitgewers, 1993/2006

In ‘n Skype-onderhoud met Walter Stokman, die vervaardiger van die dokumetêre film Beautiful in Beaufort-Wes, verduidelik hy waarom die film asook Nel so goed en gul ontvang is en hoog geag word in kuns- en kultuurkringe in Nederland: “Die film en Gert se werk is nie net ‘n portret van Gert en Beaufort-Wes nie, dis ‘n portret van Suid-Afrika, ‘n samespel van alles. Dis romanties, eksoties, hartseer en vol belofte.”

Meer oor Nel se bande met Nederland en ook ‘n paar van sy gedigte.

en

‘n Pragtige animasiefilm van Nel se gedig Timotei Shampoo.

 

Songs

“My songs is warmer en lyk meer ‘stream of conscious’, dalk omdat hulle dikwels in gesprekvorm is met ‘n aangesprokene (‘Gert bo die grond roep na Koos onder die grond kom in Koos, kom in kom in’ – beïnvloed deur die radio-kommunikasie by Kampusbeheer).”

Nel het Waarom ek roep na jou vanaand (op sy Beaufort-Wes se Beautiful woorde CD) geskryf in 1997, die jaar waarin Ginsberg gesterf het. “Dis pure ‘stream of consciousness,” skryf hy: “Ek het vir 2 maande aan die song gewerk tydens nagskofte by Kampusbeheer om daai effort-lose effek te kry. Die song wemel van refleksies na ander skrywers se werk.”

Uit Ginsberg se Howl herken ek:

“’n impulse van winter, midnight street light,
Small-town rain amongst other things”

Uit Claude ‘Curly’ Putman se Green, green grass of home (ek wonder of Nel dit in Tom Jones of Johnny Cash se stem hoor):

“The old hometown look the same
As you step down from the train
En daar’s jou ma en jou pa en Mary down the lane”

en sou

“So sail slowly slowly
All ye ships of the night”

reflekteer na Ovidius, T.S. Eliot of Henry Wadsworth Longfellow? Is beauty en west, selfs Mary ook verwysings na Jack Kerouac?

Temas, tegniek, styl, gedagtes, invloed en verwysings stroom saam – in riviere, treine, die oop pad, uit en in alle windrigtings.

Die suidpunt van Afrika, die uitgestrekte vlaktes van die Karoo, die N1, die treinspoor, Gert Vlok Nel en die taal Afrikaans loop nie afsonderlik of alleen nie, is nie kaal nie, nie onaangeraak deur hierdie digters/sangers nie.

 

When the railroad trains moaned, and river-winds blew, bringing echoes through the vale, it was as if a wild hum of voices, the dear voices of everybody he had known, were crying…”

~

“I hope it is true that a man can die
and yet not only live in others

but give them life,

and not only life,
but that great consciousness

of life.”

~ Jack Kerouac

 

Bedanking:
Baie dankie vir bydraes en hulp aan: Gert Vlok Nel, Walter Stokman, Johann Lodewyk Marais, Piet Croucamp, Annemarie van Niekerk, Ingrid Glorie, David Morrison en Tessa Louw. (Christa Morrison, 13 Junie 2015)

.

Christa Morrison

Christa Morrison het aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer, waar sy ’n M.Phil.-graad in Joernalistiek behaal het. Sedertdien het sy in Botswana en Kanada gewoon. Tans spesialiseer sy in Nuwe Media en is ’n dosent aan die Sheridan Institute of Technology and Advanced Learning. Sy neem deel aan verskeie multikulturele poësiebyeenkomste in die groter Toronto area, onder meer die Lit Café in Oakville, Poetry Salons en Pakaraima in Toronto, en die Indiese/Pakistanse Mushaira in Milton.

Christa is tans een van Versindaba se gasbloggers.  (mj)

Wicus Luwes. Arabica Vs Sigorei Vs Sokker-kwotas

Saturday, August 16th, 2014

Met apologie aan Eminem: Laat die regte koffie die lepel asb regop laat staan in die koppie.

 

Ons kuier onlangs by vriende in ‘n poging om weer op te vang met wat in ons lewens aan die gang is en watter beter manier om dit te doen as met ‘n koppie koffie. (Die wyn en Oros was op.) In die kombuis vertel my vriend my dat sy vrou grootgeword het met een sort kitskoffie, maar nou net ‘n ander (duurder) soort verkies. Snaaks wat mense jou vertel oor ‘n koppie koffie. ‘n Ander vriend van my het weer ‘n lening aangegaan om ‘n R5000 koffiemaker vir homself te koop. Die masjien werk met die nuwe kapsule tegnologie en spuit die koffie teen die regte druk en temperatuur in die koppie.

Elkeen het ‘n opinie oor koffie. Steven Spielberg drink nie koffie nie. (Hoe kan ‘n mens iemand vertrou wat nie koffie drink nie?) Die Nederlanders verwys na Café au Lait as ‘Koffie verkeerd’ – seker te veel melk om dit werklk koffie te noem. Party wil die melk eerste ingooi, ander drink nie melk nie. Party mense drink net koffie in die aand en ander drink weer net filter-koffie as hul koffie sou drink. Mocha Java, Wiener Mischung in klein koppies of met bodemlose variasies.

Menigte skryfsels het al in skrywers se grysstof begin roer met ‘n sluk koffie wat in die mond rondrol. Ons ou ‘Kitchen Dutch’-taal het sy oorsprong in die plek waar koffie gemaak word – geen wonder dat dit so lekker op die tong val nie. Die Arabiere het mos begin met die handel in koffie en ek kan dink dat dit goed afgegaan het saam met die bobotie en koffiekoek, maar ek het nie die geskiedenisboeke genader vir daardie een nie. Blykbaar het die eerste koffiewinkel, Kiva Han, sy deure in 1475 in Konstantinopel ge-open. In 1650 het ‘n Lebanese Jood genaamd Jacobs die eerste koffiehuis in Oxford, Engeland op die been gebring. As ek hierdie datums vergelyk, is dit nie onmoontlik dat daar dalk koffie in die eerste koloniale Kaapse kombuise gedrink is nie.

 

Die kombuis as self

deur Joan Hambidge

 

Die pot koffie trek stadig maar seker;

die moer herinner aan ander kombuise,

ander liefdes.

 

Daar was ’n tyd toe ek moes rissies

kap. Toe oë voltyds traan van uie

en verraad. En skinderknoffel

stinkend aan my hande agterbly.

 

Met jou is dit anders. Dit is asof

ek al die vorige messe skerp

mag ophang. Die ou bekers breek

vanself. Mislikhede word stadig

maar seker opgesuig. Voetjie vir

voetjie word ek heel.

 

Die skottelgoedmasjien reinig

aanklagte, verraad, verlies, dwaashede.

Die vloerteëls is witter, ja witter as Jik …

 

Die stoof kook baie nuwe bredies

met die oond ’n knipperende oog.

 

Net soms, net soms sien

ek weer die moer wat sak.

 

Uit Ruggespraak, Protea: 2002.

 

“As jy koffie wil drink, drink jy filter koffie.

 As jy wortel wil drink, drink dan kitskoffie.”

Dit was die woorde van die toergids op ‘n onlangse besoek aan ‘n koffieplaas by Port Edward. Die wortel verwys natuurlik na sigorei.

 

Sigorei word al jare lank met koffie gemeng. Dit het koffie al vervang in moeilike tye – soos tydens hawesluitings of handelsdispute. (Selfs koffie is al geraak deur politiek.) Party wonder of sigorei se blou blom die oorspronklike Blou Blom kon wees wat in Romantiese volksoorlewering toe deure kon oopsluit. Die blou blom simboliseer ook die metafisiese hunkering na die oneindige of onbereikbare.

Of dit deure oop- of toesluit is ek nie seker nie, maar koffie het nog altyd die manier gehad om mense saam te bring. Dit maak jou hande warm in die winter en haal miskien die blou uit situasies uit. Leonard Cohen skryf van blou koffie in sy ‘Book of Longing’, maar wat dit presies is en of daar ‘n direkte verwantskap tussen die blou blom en blou koffie is, is onduidelik vir my.

 

Better

deur Leonard Cohen

better than darkness
is fake darkness
which swindles you
into necking with
your neighbor´s daughter

better than banks
are false banks
where you put
all your rough money
into legal tender

better than coffee
is blue coffee
which you drink
in your last bath
or sometimes waiting
for your shoes
to be dismantled

better than poetry
is my poetry
which refers
to everything
that is beautiful and
dignified, but is
neither of these itself

better than wild
is secretly wild
as when I am in my car
in the darkness of
a parking space
with a new friend

better than art
is repulsive art
which is shunned
by Hashem
and in the ensuing
hullaballoo
I slip
into broadway theaters
and sit undetected
in the Hadassah section

better than greatness
is silly greatness
which stands me
on the shoulders
of my garage
the better to
drop all the eggs
into one basket

better than memory
is tricky memory
which is the juice
of patriotism and
national interest
and the fall of husbands
and all the Sad Show

better than darkness
is darkless
which is inkier, vaster
more profound
and eerily refrigerated –
filled with caves
and blinding tunnels
in which appear
beckoning dead relatives
and other religious
paraphernalia

better than love
is rove
which is the Japanese
more refined
smoother
strangely erotic-
tiny serene people
with huge genitalia
but lighter than thought
comfortably installed
on an eyelash of mist
and living grimly
ever after
cooking, gardening
and raising kids

better than my mother
is your mother
who is still alive
while mine is dead
as a doornail

better than me
are you
kinder than me
are you
sweeter smarter faster
you you you
prettier than me
stronger than me
lonelier than me
I want to get to know you
better and better

 

Uit: The Book of Longing, Penguin: 2006

 

Die toergids op die koffieplaas het ons vertel van die verskil tussen Arabica- en Robusta-bome. Arabica-bome het hul oorsprong in Etihopië / Abessinië, maar word nou wêreldwyd ingespan om ons koppies te vul (of te vervul).  Arabica is die koffie wat die meeste gebruik word op sy eie of as deel van mengsels. Die wêreld eksperimenteer met verskillende smake en hoeveelhede – bitter smake, aardse geure ens. As my liggaam se filters begin protesteer, drink ek ‘n koppie of twee rooibostee om die ewewig te herstel, maar interessant genoeg is daar nou al rooibos espresso ook ontwerp. Selfs ‘n Rooibos-roete by Clanwilliam.

Oom Jan Spies se Cremora-advertensie het lank gelede gesê dat daar net een ding beter is as die eerste beker ‘sawwe lyf’ – en dit is die twee beker ‘sawwe lyf’.  Koffie is daar om gedrink te word, om wakker te maak  of om rustigheid te induseer. (Alhoewel dit energie verskaf.) Of ek swart koffie uit ‘n fles op ‘n lang pad drink en of ek koffie drink omdat dit teetyd by die werk is, maak seker nie saak nie. Of ek dit met suiker of met kondensmelk versoet, soos by my kindertyd kampe, maak ook nie saak nie. As ek dit as inleiding tot ‘n storie of as sleutel tot die slot wil gebruik, sal ek dit geurig  inspan. Die kommunikasie kan in stilte plaasvind met ‘n teelepel wat teen die beker tik om die oomblik aan te kondig.

As jy dan moet praat, praat dan maar oor sokker-kwotas, want anders gaan niemand daaroor praat nie. Elkeen het ‘n (voor)reg tot ‘n opinie en dis vervelig as almal saamstem. Verder is ek ook al moeg om van rugby-kwotas te hoor. As jy baie melk drink, is dit jou keuse. As jy jou koffie sonder melk wil drink, is dit seker ook jou keuse. Te soet koffie is nie goed vir die suikervlakke nie. As jy twee suikers ingooi, roer dan net die boonste een met ‘n knipoog en ‘n pinkie in die lug. Stuur dan die tweede suiker op wanneer die suiker-vlakke laag is en dinge ‘n bietjie geroer moet word. Kwotas en hoeveelhede is selfs vir koffie ‘n moeilike saak, want eers as jy ‘n sluk neem, besef jy somtyds dat die melk suur was. Dit los dan niks op nie, gee jou ‘n slegte na-smaak en los jou met ‘n Suarez-byt op die skouer.

Koffie-kuns na die maal

Ek het nog maar min  van hierdie espresso kuns gesien, maar daar is heelwat mense wat hierdie kunssoort ernstig opneem. Sien foto’s: (http://www.webdesignerdepot.com/2009/07/50-beautifully-delicious-coffee-designs/)

 

Verdere lees- en luisterstof oor koffie:

* Bob Newhart-skets oor die ontdekking van tabak en koffie: https://www.youtube.com/watch?v=kO1nCuVQIeg

* Maak jou eie Latte Kuns: http://www.wikihow.com/Make-Latte-Art

* http://versindaba.co.za/2010/08/19/vier-koppies-koffie-in-die-vreemde/

* http://versindaba.co.za/2010/05/25/drie-koppies-oggendkoffie/

Andries Bezuidenhout. Doop – ʼn gedig oor hysbakke

Friday, July 5th, 2013

Leonard Cohen vertel graag van die hysbak in die Chelsea Hotel in New York. Die hysbak is ʼn tipe tegnologie waarvan hy baie hou. Dis eenvoudig. Jy druk ʼn knoppie en dit neem jou na die vloer waar jy wil wees. Een keer het hy vir Janis Joplin in die hotel se hysbak raakgeloop. Sy’t gesê sy’s op soek na Kris Kristofferson. Cohen het geantwoord dat sy haarself gelukkig kon ag, want hy is Kris Kristofferson. Al het Janis Joplin geweet Leonard Cohen is nie Kris Kristofferson nie, is die twee toe na ʼn kamer toe waar hulle vir ʼn paar dae lank gebly het. Cohen se lied “Chelsea Hotel nr. 2” bly een van my gunsteling lirieke. Hier is ʼn uittreksel:

I remember you well in the Chelsea Hotel
you were famous, your heart was a legend.
You told me again you preferred handsome men
but for me you would make an exception.
And clenching your fist for the ones like us
who are oppressed by the figures of beauty,
you fixed yourself, you said, “Well never mind,
we are ugly but we have the music.”

Dan is daar Johannes Kerkorrel se verwysing na Hillbrow se Chelsea Hotel in sy lied “Hillbrow”. Ek hou ook van die hysbak as tegnologie. Ek hou egter meer van krane en baddens, veral in die oggend. Jy draai eers die warmkraan oop, laat die bad vol loop. Dan koue water, soos melk in koffie – net genoeg dat jou verhemelte nie brand nie. Doop die lyf soos droë beskuit. Vir ʼn paar dae lank het vriende in my en Irma se woonstel gebly terwyl hulle verhuis. Ons het tydelik in die woonstel wat as my ateljee en Irma se studeerkamer dien, ingetrek. Die badkamervenster is reg oorkant die gebou se hysbak. Elke oggend het ek in die bad gelê en na die klank van die masjien se kabels en katrolle geluister, asook gesprekke van mense wat vir die hysbak wag.

Vyf, dalk reeds sesuur?
Oggendverkeer geparkeer
neffens my badkamervenster,
gepaarde skoene ʼn getytafel
wat wag op die sesde vloer
vir waterpaskatrolle om te draai
en die stiptelike hok
om hulle op te laai.

Ek week my skelet in die bad,
dryf ʼn oomblik langer
van hierdie stroom af weg,
maar voorspelbaar,
soos die son en die maan
se gewedywer oor die see,
dink ek aan water en alles
wat later vandag moet gebeur.

Meestal wag hulle suutjies,
alleen voor die skuifdeur.
Soms flits ʼn selfoonskerm
deur die wasem –
ʼn vuurvlieg wat piep
om teks te suggereer
en dan die hysbakdeur
wat oopkreun om buisligdruppels
teen teëls te laat kondenseer
net om my dan weer
alleen met stoom en stilte te laat.

Seine en golwe, dink ek,
hou almal beskikbaar,
binne bereik –
gepekelde insigte
van badtydfilosofie.

Partykeer wag hulle in pare.
Woorde in wolke,
beneweld bo superheldkoppe
op ʼn comicbladsyruit.
Waaroor praat hulle,
hierdie mense
wat anderkant die venster wag?

Wat maak jy vir aandete?
Sal jy die kinders na skool gaan haal?

Ek salf my met sjampoe,
druk my ore onder die water
as nóg een die hysbak bestyg
om na benede te daal.

Lees gerus meer oor die Chelsea Hotel waaroor Leonard Cohen sing.

Andries Bezuidenhout. ʼn Nuwe plaat van Cohen

Wednesday, January 18th, 2012

Daar kom blykbaar binnekort ʼn nuwe plaat van Leonard Cohen uit – een met tien nuwe oorspronklike lirieke uit sy pen – met die titel Old Ideas. Die New Yorker was so gaaf om eergister een van die tien op hulle werf beskikbaar te stel, “Going Home”. Gaan luister gerus hier.

Andries Bezuidenhout. Poësie en musiek gemeng in ʼn oeuvre van klinkklare meriete

Thursday, June 2nd, 2011

Daar wen Leonard Cohen toe nou die “Prince of Asturias” literêre toekenning in Spanje. Dit word in Oktober aan hom oorhandig, saam met ʼn vuis vol banknote. Volgens die beoordelaars het Cohen drie generasies wêreldwyd beïnvloed “through his creation of emotional imagery in which poetry and music are fused in an oeuvre of immutable merit.”

Lees hier meer daaroor.

‘n Aanhaling vir die dag, dan, uit “Avalanche”:

When I am on a pedestal,
you did not raise me there.
Your laws do not compel me
to kneel grotesque and bare.
I myself am the pedestal
for this ugly hump at which you stare.

Andries Bezuidenhout. Laat ons dan maar dans

Friday, December 31st, 2010

Nog ʼn jaar is verby en almal raak seker dronkverdriet voor of teen middernag. Ek weet nie waar ek vandag gaan wees nie; as alles uitwerk dalk Yzerfontein op die Weskus. Dis goed om te kyk hoe ʼn jaar jou oor die see verlaat, sonder berge of geboue om die pad te versper. Aan al die lesers van Versindaba wens ek ʼn digterlike 2011 toe, maar veral aan onse webmeesters en ligtorings Marlise en Louis.

So op die Oujaar, dus, ʼn halfhartige poging om Leonard Cohen se “The Music Crept By Us” te vertaal. Dis een van my gunsteling gediggies oor die onderwerp:

MUSIEK SLUIP BY ONS VERBY
(ʼn Vrye vertaling van ʼn gedig deur Leonard Cohen)

Ek sou die bestuur se aandag
graag daarop wou vestig
dat die drankies afgewater is
dat die hoedetoonbankmeisie
sifilis het
en dat die musiek georkestreer word
deur voormalige ss monsters
Nietemin aansien
dit Oujaarsaand is
en ek lipkanker het
plaas ek maar my
hoedjie van papier op my
harsingskudding en dans

So van dans gepraat, hier’s ʼn baie mooi weergawe van Antony and the Johnsons se “Epilepsy is Dancing”. Dit kom van hul album The Crying Light, maar hierdie is ʼn ander weergawe.

Epilepsy is dancing
She’s the Christ now departing
And I’m finding my rhythm
As I twist in the snow

All the metal burned in me
Down the brain of my river
That fire was searching
For a waterway home

I cry “glitter is love!”
My eyes pinned inside
With green jewels
Hanging like Christmas stars
From a golden vein

As I came to a screaming
Hold me while I’m dreaming
For my fingers are curling
And I cannot breathe

Then I cried in the kitchen
How I’d seen your ghost witching
As a soldering blue line
Between my eyes

Cut me in quadrants
Leave me in the corner
Oh now it’s passing
Oh now I’m dancing

Antony het al ʼn baie mooi weergawe van die einste Leonard Cohen se “If It Be Your Will” gedoen. Dis ook op YouTube beskikbaar.

Andries Bezuidenhout. Hoe eensaam kan dit word, Hank Williams?

Monday, November 15th, 2010

Hank Williams

Hank Williams

 

“Orals in die strate loop die fans van country plate,” sing Bernoldus Niemand jare gelede oor Pretoria. “Hulle ry ʼn Ford Snortina en hulle eet ʼn Snorgasbord,” spot hy met die mans wat so snorre dra hier rond. Dalk pas ek goed in. Ek het ʼn snor. Darem ook ʼn baard. Onder my enjinkap is ʼn dieselenjin (ek het darem nog nie bloubulballe aangeskaf nie) en in die CD shuttle is daar ʼn versameling countryliedjies. Op die oomblik is my gunsteling een van wyle Hank Williams:

Tonight my heart is bowed in sorrow
I can’t keep the tears from my eyes
My son calls another man Daddy
The right to his love, I’ve been denied.

Hank Williams se stem snik en die Hawaise kitaar ween op daardie rou manier wat net ʼn Hawaise kitaar kan ween. ʼn Akkoordverandering kondig die loeiende refrein aan:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Hank Williams is in 1923 in die Amerikaanse staat Alabama gebore. Sy pa se naam was Elonzo Huble Williams en sy ma was Jessie Lillybelle Skipper. Met ouers se name so dié kan jy óf ʼn countrysanger óf ʼn massamoordenaar word. Gelukkig het Hank Williams ʼn countrysanger geword. Op die oomblik sing hy in my CD shuttle:

Each night I laid there in prison
I pictured a future so bright
For he was the one ray of sunshine
That showed thru the darkest of nights.

Hank Williams se tannie, Alice McNeil, het hom leer kitaar speel. Sy band se naam was die Drifting Cowboys en sy eerste slidekitaarspeler, Jimmy Porter, was dertien jaar oud. Roy Acuff het blykbaar vir Hank Williams gewaarsku: “You’ve got a million-dollar voice, son, but a ten-cent brain.” In my shuttle val Williams weer met die refrein weg:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Hank Williams is op die ouderdom van 29 oorlede, weens ʼn kombinasie van dwelms en alkohol. Hy was agterin ʼn Cadillac op pad na ʼn vertoning toe. Hy’t ʼn hele paar nommer 1 hits agter die rug gehad (elf, om presies te wees), maar sy misbruik van drank en dwelms het reeds gemaak dat hy byvoorbeeld van optredes by die Grand Ole Opry verban is. Sommige mense beweer dis ʼn rugstringsiekte en pyn wat hom tot dwelms en drank gedryf het. Hy sing:

Today his mother shares a new love
She just couldn’t stand my disgrace
My son calls another man Daddy
And longs for the love he can’t replace.

Die instrumentasie op “My son calls another man Daddy” laat my baie aan Frans en Sannie Briel dink. Ek dink aan hul lied vir die mynwerkers wat by Coalbrook dood is, aan “Kom haal my, my pappie,” en aan die hartseer, hartseer trein na Pretoria, waarin daar darem ʼn bietjie hoop aan die einde van die storie is. Maar ook die snik, die Hawaise kitaar:

My son calls another man Daddy
He’ll ne’er know my name nor my face
God only knows how it hurts me
For another to be in my place.

Leonard Cohen sing in sy lied “Tower of Song” oor Hank Williams:

I said to Hank Williams: How lonely does it get?
Hank Williams hasn’t answered yet
but I hear him coughing all night long,
a hundred floors above me in the Tower of Song…

Leonard Cohen het later verduidelik wat hy bedoel het met Hank Williams wat honderd verdiepings bo hom in die “Tower of Song” hoes: “When I wrote about Hank Williams ‘a hundred floors above me in the tower of song’, it’s not some kind of inverse modesty. I know where Hank Williams stands in the history of popular song. ‘Your Cheatin’ Heart’, songs like that, are sublime, in his own tradition, and I feel myself a very minor writer.”