Posts Tagged ‘Leonard Cohen’

Andries Bezuidenhout. Woestyn, water, verdamp

Wednesday, June 2nd, 2010

The rain falls down on last year’s man,
that’s a jew’s harp on the table,
that’s a crayon in his hand.

Hierdie is ʼn reeks prente wat ek in 1989 in Walvisbaai geteken het. Ek was toe 19 jaar oud. Bruin vetkryt iewers in die hande gekry en sommer op tikpapier gekrabbel. Ek kan my ouderdom in die prente sien. Te veel gedrink. Die woestyn is ʼn droë plek. Seker ook te veel Pink Floyd geluister, iets wat negentienjariges maar doen. Ook Leonard Cohen. Ek luister steeds na Cohen.

And the skylight is like skin for a drum I’ll never mend
and all the rain falls down amen
on the works of last year’s man.

Ek onthou hoe die reën een naweek in Windhoek geruik het, na ek vir maande in die woestyn nie reën beleef het nie. Water en stof. Water en stof. Jakarandabome by die tuin van die Tintenpalast. Mense by Klein Windhoek se openbare swembad. Ons ry deur Windhoek, Cohen in die kassetspeler. Na die naweek terug kus toe, woestyn toe.

And though I wear a uniform I was not born to fight;
all these wounded boys you lie beside,
goodnight, my friends, goodnight.

Ek hou nou meer van “Last year’s man” as destyds. Dit was my laaste dae in die weermag. Die prente nou die dag onder stof in ʼn laai ontdek en toe maar op die scanner gesit. Ek hang hulle hier op vir as my rekenaar weer gesteel word, of die prente tydens die trek uit Johannesburg wegraak.

Leonard Cohen se “Last year’s man” kom van sy album Songs of love and hate (1971). Luister hier daarna.

Andries Bezuidenhout. Die spanning tussen blow en puff

Friday, May 21st, 2010

Vreemd dat Amy Winehouse my vanoggend by Gershwin uitbring. Ook Leonard Cohen en Jack Parow. Wat ʼn kombinasie!

Ek luister na “Back to black”, titelsnit van haar album met dieselfde naam. Dis ʼn hartseer, sordid, grafiese weergawe van die einde van ʼn verhouding:

He left no time to regret
Kept his dick wet
With his same old safe bet
Me and my head high
And my tears dry
Get on without my guy
You went back to what you knew
So far removed from all that we went through
And I tread a troubled track
My odds are stacked
I’ll go back to black

Dan is daar die deel van die liriek wat my die meeste intrigeer:

I love you much
It’s not enough
You love blow and I love puff
And life is like a pipe
And I’m a tiny penny rolling up the walls inside

“Blow” is natuurlik kokaïen en “puff” is dagga. Nogal ʼn goeie beskrywing vir die verskille tussen twee mense. Die een is vinnig en selfversekerd, die ander is stadig en paranoïes. Heel poëties. Hierdie latere deel van die liriek gee ook die lyn (no pun intended) “Me and my head high” ʼn ander betekenis.

Amy Winehouse se grinterige lirieke staan in teenstelling met die gesofistikeerde soul en Motown-klank van die verwerkings, asook die tegniese kwaliteit van haar sangstem. Maar ek begin dink daar is dalk meer aan haar lirieke as wat ʼn mens op die oppervlak raakluister. Blow en puff klink vir my na ʼn verwysing van ʼn klassieke liriek deur George en Ira Gershwin – gesing deur onder andere Louis Armstrong en Ella Fitzgerald, asook Fred Astaire en Ginger Rogers – genaamd “Let’s call the whole thing off”:

Things have come to a pretty pass
Our romance is growing flat,
For you like this and the other
While I go for this and that,
Goodness knows what the end will be
Oh I don’t know where I’m at
It looks as if we two will never be one
Something must be done

En dan die klassieke lyne wat almal ken:

You like potato and I like potahto,
You like tomato and I like tomahto
Potato, potahto, Tomato, tomahto,
Let’s call the whole thing off

Indien Amy Winehouse die verwysing na die Gershwin classic bedoel (en haar musikale kennis van die genre maak dat dit nie onwaarskynlik is nie), is haar liriek nogal ʼn siniese stukkie kommentaar op die oorspronklike, met Britse slang wat die opstuur van plaaslike Amerikaanse aksente in die oorspronklike vervang.

En nou kom my eie vrye assosiasie. Bogenoemde laat my weer aan Leonard Cohen se “Is this what you wanted” dink, van sy album New skin for the old ceremony:

You were the promise at dawn,
I was the morning after.
You were Jesus Christ my Lord,
I was the money lender.
You were the sensitive woman,
I was the very reverend Freud.
You were the manual orgasm,
I was the dirty little boy.

You were Marlon Brando,
I was Steve McQueen.
You were K.Y. Jelly,
I was Vaseline.
You were the father of modern medicine,
I was Mr. Clean.
You where the whore and the beast of Babylon,
I was Rin Tin Tin.

And is this what you wanted
to live in a house that is haunted
by the ghost of you and me?

Die teenstellings tog. Ek skat opposites attract, maar dalk net aan die begin. Laastens, dalk maar net om by die sordid dele van Amy Winehouse aan te sluit (en seker om iets Afrikaans in die mix te gooi), niemand anders as Jack Parow nie. En as iemand “rap” weer “kletsrym” noem, ry ek met ʼn gepimpde bling-bling blooming Hummer oor die mens.

Ek drink Klipdrif, jy drink Peroni
Jy’t vriende in Swede, ek het vriende in Benoni
Ek koop al my klere by die local Pep Stores save more
Jy koop al jou fokken klere by a store
Jy’s too cool for school, ek’s mos kief
Ek’s grasshopper, jy’s Lacoste sportief
Jy lat die koek flop, ek lat die huis rys…

Lees die hele liriek maar self hier – op eie risiko vir sensitiewe lesers. Ja wel, Parow se liriek gaan seker nie oor die einde van ʼn verhouding nie, maar die man weet hoe om te rym. Dis waar vanoggend se vrye assosiasie my uitgebring het. Van blow en puff, na tomato en tomahto, na KY Jelly en Vaseline, tot by Klipdrift en Peroni.

Jack Parow op watkykjy.co.za

Andries Bezuidenhout. Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate

Friday, April 23rd, 2010

Vlieswolke vanoggend, regte Hoëveldherfs. Iemand stuur ʼn link aan na ʼn video van Leonard Cohen – ʼn lied oor die Chelsea Hotel in New York wat hy vir Janis Joplin geskryf het.

Ek dink weer oor die Chelsea Hotel waaroor Johannes Kerkorrel geskryf het. Die een in Hillbrow. Ek het onlangs daaroor in ʼn rubriek geskryf:

Reg van onder lyk die Hillbrow-toring spookagtig vreemd.

Dis skemer en dit reën onophoudelik. ‘n Mens kan wilde reënvlae sien in die spreiligte se strale wat die groot sokkerbal om die toring se skag verlig. Dit lyk soos iets uit ‘n futuristiese fliek.

Ek wou my vriend Denver, wat op besoek is van Namibië, wys hoe lyk Hillbrow; gedink ons kan vinnig deur ry op pad Melville toe. Johannesburg se donderbuie het egter ander planne gehad.

Iewers het afvoerpype verstop en kitsriviere het van die strate onbegaanbaar gemaak. Nou sit ons in die verkeer vas tussen toetende taxi’s se aggressie en luierende busse se dieseldampe. Niemand beweeg nie, slegs voetgangers wat deur stilstaande voertuie vleg.

Die petroltenk se liggie begin flikker. Ek skakel die kar af om brandstof te bespaar.

“Weet jy darem waar ons is?” wil Denver weet. “Ja,” lieg ek, “moenie bekommerd wees nie.”

Dis dié dat ek die toring soek. As jy in Johannesburg verdwaal sê die torings vir jou waar jy is. Wel, dink ek, ons is iewers rég onder die toring.

Hillbrow voel soos ‘n vreemde land. So min van die ou landmerke is oor. Fontana is ‘n franchise in die voorstede. Estoril Books het elders heen getrek.

“Die ligte gaan aan in die Chelsea Hotel en stemme en musiek klink in elke woonstel,” hoor ek Johannes Kerkorrel in my kop sing. “Gee jou hart vir Hillbrow…”

Ek dink aan ‘n tydjie gelede toe ek en Irma ná ‘n begrafnis in Venda te kapot was om terug te ry Johannesburg toe. Net noord van Louis Trichardt het ons ‘n ouwêreldse hotel opgespoor en besluit om oor te bly.

Die kamers het ‘n mens laat voel of jy steeds in die 1970s is. Kelners in outydse uniforms het maaltye in die eetsaal bedien. Aandete het uit vyf gange bestaan: Sop, vis, ‘n hoofgereg met groente uit skottels van vlekvrye staal, nagereg, en dan kaas, beskuitjies en koffie.

Ons het gelag en gewonder of hierdie tradisionele benadering nog in Engeland bestaan. In Londen eet meer mense Sondae Indiese hoender tikka as die tradisionele “roast beef”. ‘n Mens moet deesdae Louis Trichardt toe kom vir ‘n outentieke Engelse hotelaandmaal, of dalk vele ander plekke in die voormalige kolonies.

Een van die kelners wou weet waar ons vandaan kom. Hy’t ook in Johannesburg gebly, het hy gesê. Hy’t sy oë gerek toe hy oor Hillbrow praat: “Yes, Hillbrow, that’s where all the ducktails are…”

Denver pomp my met sy elmboog. Die verkeer het weer begin beweeg. Ek skakel die kar aan en ons ry verby die Chelsea Hotel, waaroor Johannes Kerkorrel gesing het. Ek kan onthou hoe ek in die vroeë 1990s bier op die stoep gedrink het.

Vir ‘n tyd lank was die gebou stukkend; slierte verf het aan die mure gehang en die vensters is met plate saamgeperste hout toegespyker. Nou is dit weer in mooi skakerings geel en beige oorgeverf. Dis nie meer ‘n boheemse hotel nie, maar ‘n gewone woonstelblok. Die art deco-styl het darem behoue gebly.

Dinge verander so vinnig. Daar is soveel wat verval, of sommer in duie stort. Soms word daar weer opgebou, oorgeverf. Ek slaan my oë op na die sokkerbal teen die toring. Hel, dink ek, is dít waar ons hulp vandaan moet kom?

Op die sypaadjie stap ‘n vrou met ‘n baba op haar rug. Haar gesig blink in die reën. Sy weet dit nie, maar iewers is daar nog ‘n Hillbrow met ducktails. Hulle herkou steeds aan taai stukkies kougom en spin wheelies met Sheilas agterop hulle motorfietse.

Maar dis nie in Hillbrow nie. Dis in die geheue van ‘n kelner by ‘n hotel net noord van Louis Trichardt.

Lees die oorspronklike rubriek hier.

Andries Bezuidenhout. Die Johannesburg wat ek verloor het

Thursday, March 18th, 2010

Uit pure frustrasie pluk ek gisteraand ʼn reeks ou vertalings (deur Edmund Keely en Philip Sherrard) van Griekse digters van die rak af. Ek lees “Waiting for the Barbarians,” ʼn ou gunsteling. Ook “The God Abandons Antony”:

When suddenly at midnight you hear
an invisible company pass
with exquisite music, voices –
do not lament your luck that now gives out, your work
that has failed, schemes of your life
all proved to be false – do not lament these uselessly.
Like one for long prepared, like a courageous man,
say good-bye to her, to the Alexandria who is leaving.
Above all, do not deceive yourself, do not say
it was a dream, your hearing was mistaken:
do not condescend to such vain hopes as these.
Like one for long prepared, like a courageous man,
as it becomes you who have had the honour of such a city,
go firmly to the window
and listen, with feeling but not
with a coward’s supplication and complaint –
listen as the final enjoyment to the music,
to the exquisite instruments of the mysterious company,
and say goodbye to her, to the Alexandria you are losing.

Dis pragtig. Ek besluit dis tyd om ʼn ander werk te soek. Dit herinner my aan iets anders, haal ʼn Leonard Cohen CD van die rak en kry die volgende liriek:

Suddenly the night has grown colder.
Some deity preparing to depart.
Alexandra hoisted on his shoulder,
they slip between the sentries of your heart.

Upheld by the simplicities of pleasure,
they gain the light, they formlessly entwine;
and radiant beyond your widest measure
they fall among the voices and the wine.

lt’s not a trick, your senses all deceiving,
a fitful dream the morning will exhaust –
Say goodbye to Alexandra leaving,
Then say goodbye to Alexandra lost.

Even though she sleeps upon your satin.
Even though she wakes you with a kiss.
Do not say the moment was imagined,
Do not stoop to strategies like this.

As someone long prepared for this to happen,
Go firmly to the window. Drink it in.
Exquisite music, Alexandra laughing.
Your first commitments tangible again.

You who had the honour of her evening,
And by that honour had your own restored –
Say goodbye to Alexandra leaving.
Alexandra leaving with her lord.

As someone long prepared for the occasion;
In full command of every plan you wrecked –
Do not choose a coward’s explanation
that hides behind the cause and the effect,

You who were bewildered by a meaning,
whose code was broken, crucifix uncrossed –
Say goodbye to Alexandra leaving.
Then say goodbye to Alexandra lost.

So word ʼn stad ʼn vrou…

Andries Bezuidenhout. Om nie oor liefde te skryf nie

Monday, February 15th, 2010

Self kon ek nog nooit ʼn liefdesgedig of -lied skryf nie. Gaan dit oor die feit dat dit so maklik soetsappig klink in Afrikaans? Miskien is ek net nie ʼn ware digter nie. Die stomme Aphrodite se ruggraat het in elk geval lankal geknak onder die gewig van elke tweede (of dalk eerder elke) wannabe popster wat haar opsaal en laat rym met “you”, “blue”, “true”, “do” en “doobee doobee dooohooo”. In Afrikaans is dit “jaai”, “blaai”, “baai”, “maai” (“jy”, “bly”, “by”,  “my”, maar dis nie hoe sangers dit deesdae uitspreek nie; die “s” word ook as “sh” uitgespreek).

Soos met populêre lirieke, is die liefde seker die onderwerp waaroor die meeste gedigte geskryf is. Dis waarskynlik ook die onderwerp waaroor die meeste swak gedigte geskryf is. Dit is dus juis ʼn onderwerp waarvoor ek besonders lugtig is, deels omdat daar reeds so tussen al die suiker en pienk blommetjies deur sulke mooi liefdespoësie geskryf is.

Ek lees op die oomblik terug. Sondag was Abjater wat so lag se dag. Dis seker nie die tipe boek wat ʼn mens op Valentynsdag moet lees nie. Pluk later ewe lukraak bundels van die rak af, blaai rond.

Een van die eerstes wat ek raakvat is Jeanne Goosen se bundel, ʼn Uil vlieg weg. Natuurlik blaai ʼn mens eerste na “ons huil nooit nie/ ons twee huil nooit nie…” tot by “snags lê ons lywe inmekaar/ en ons vra nie vrae nie/ ons is mekaar se droefnis”. In Elders aan diens is daar ʼn lieflike, dubbelsinnige gedig wat Jeanne Goosen aan die waitress wat een aand vir haar kabeljou gebraai het in Stellenbosch skryf:

Sweetness
kom bly by my vannag
dan leer ek jou die rumba
die Charleston en die samba
Ek leer jou die jitterbug
die hush hush en die cha cha cha
en dan
daarna?
Dan croon ons tot dagbreek
Only the lonely

Hoe kan ʼn mens dan ook nie Die huis van die dowe raakvat nie? Veral die eerste afdeling; “Eet my woorde, trooswoorde”. Ag, hoe kry Breyten Breytenbach dit net so reg?

In teenstelling met Breytenbach se volmaakte liefdesgedigte staan Gert Vlok Nel s’n op krukke op ʼn perron iewers in die Karoo. Maar dis ewe mooi. Kan ʼn mens dit gedigte oor die liefde noem? Ek praat nou nie van die een met die lang titel waarin daar onder andere na “hart” en “smart” verwys word nie. Of sy tannie Rita, met haar “3 kinders en i treindrywerman met i wrok” en geloof, hoop en liefde wat oorbly, “maar die grootste hiervan was die hoop”. Of “nee nee nie dit nie, nie noodwendig dít nie”:

dertig die dag toe hy laaste uit die kerk kom.
vaag in die wete en volop in vermoedens soos die confetti.
hoekom so? vra sy vrou, hoekom so donkerder in jou oë.
is my rok dan nie wit nie? en sy lag die vraag die mense in.
mens kan nooit van mense werklik weet nie.
wát weet nie? of hulle groei-of-nut-het-of-goed-is nie?
nee nee nie dit nie, nie noodwendig dít nie

Dalk is dit anti-liefdesgedigte. Selfs in “die koms van Ligia” is sy “donker & lig & lieg ineen”. Maar dit praat met ʼn mens op ʼn sekere vlak. Ek weet nie. Dalk is dit maar na Abjater wat so lag dat ek ʼn behoefte gehad het om weer Gert Vlok Nel te lees.

Gepraat van geloof, hoop, liefde en Gert Vlok Nel. Daar is natuurlik Raymond Carver se gedig “Hope”. Sjoe! Dalk kan ʼn mens dit ʼn haatgedig noem. Heel aan die einde van sy lewe kon hy darem skryf:

And did you get what
you wanted from this life, even so?
I did.
And what did you want?
To call myself beloved, to feel myself
beloved on the earth.

Ek weet die idee is vir ons om oor een gedig te skryf. Ek kan nie kies nie. Daar is te veel en elke week voel ek anders daaroor. Dalk moet ek maar afsluit met Leonard Cohen, die digter-musikant wat skynbaar nog nooit Die Liefde kon vind nie, maar op so ʼn onthutsende manier oor liefde en woorde kan skryf:

I heard of a man
who says words so beautifully
that if he only speaks their name
women give themselves to him.

If I am dumb beside your body
while silence blossoms like tumours on our lips
it is because I hear a man climb the stairs
and clear his throat outside our door.

Van een ding is ek seker: Daardie man op die trap is nie ek nie.

Andries Bezuidenhout. My aansoek om vlugtelingstatus in Kanada

Thursday, September 3rd, 2009

Ons trek by ʼn nuwe woonstel in. Ons vriende Tertius en Philanie bring pizza en sjampoe. Eet tussen bokse en boeke. Die borrels gaan vinnig kop toe. Philanie deel my liefde vir Leonard Cohen se musiek. Hulle is pas terug uit Italië, waar hulle Cohen se vertoning in Venesië bygewoon het. Sommer op ʼn stadsplein, waar Cohen hier bo staan. Tertius wys foto’s op sy rekenaar en ʼn video wat hy by die konsert geneem het. Cohen sing “Famous Blue Raincoat” op die skerm.

Ek wens Cohen wil hier ook ʼn draai kom gooi. My broer Nick was by sy konsert in Melbourne. Ek wens ek was ryk. Dan kon ek ook iewers heen vlieg vir ʼn konsert.

Ek dink ek gaan by die Kanadese regering aansoek doen om asiel: “Help my ouens. Ek wil ʼn Leonard Cohen-konsert bywoon voor hy doodgaan. Maar hy wil nie Afrika toe kom nie. My menseregte word daardeur geskend. Asseblief ouens, gee my asiel. Ek sal in Montreal kom woon, waar ek by die kafee kan verbystap waar hy sy croissants eet. Ek sal my hoed vir hom lig en hom nooit vir ʼn handtekening pla nie. Ek belowe.”

Andries Bezuidenhout. Om Lorca musikaal te vertaal

Tuesday, September 1st, 2009

Ek skoffel in Melbourne se boekwinkels rond; spoor ʼn bundel op met vertalings van Federico García Lorca op – spesifiek sy gedigte oor New York. Die bundel het die oorspronklike Spaanse gedigte aan die linkerkant met vertalings in Engels deur Pablo Medina en Mark Statman aan die regterkant. Alhoewel my ouer broer Nick sopas van Suid-Amerika teruggekeer het, waar hy leer Spaans praat het, is ek heel in die duister as dit by hierdie taal kom. As ʼn mens egter die gedigte lees (in my geval waarskynlik met ʼn swaar Afrikaanse aksent), kan jy die musikaliteit hoor.

Toevallig spoor ek ook ʼn boek met Leonard Cohen se lirieke en kitaarakkoorde op – The Little Black Songbook. Een van die lirieke, “Take this Waltz”, is natuurlik op ʼn gedig van Lorca gebaseer. Hier onder is Pequeño Vals Vienés – Klein Weense Walsie – in Spaans, met Medina en Statman se vertaling daarvan, asook Leonard Cohen se “Take this Waltz”.

Cohen se aanslag is uit die aard van die saak meer musikaal. Die direkte vertaling verloor die rym, terwyl Cohen daarin slaag om sy liriek in rymwoorde te laat sing. Cohen vertaal ook die metafore metafories, in plaas van letterlik. Is dit oor Jennifer Warnes se pragtige stem in die opname dat ek so daarvan hou?

PEQUEÑO VALS VIENÉS
Federico García Lorca

En Viena hay diez muchachas,
un hombro donde solloza la muerte
y un bosque de palomas disecadas.
Hay un fragmento de la mañana
en el museo de la escarcha.
Hay un salón con mil ventanas.
     ¡Ay, ay, ay, ay!
Toma este vals con la boca cerrada.

Este vals, este vals, este vals, este vals,
de sí, de muerte y de coñac
que moja su cola en el mar.

Te quiero, te quiero, te quiero,
con la butaca y el libro muerto,
por el melancólico pasillo,
en el oscuro desván del lirio,
en nuestra cama de la luna
y en la danza que sueña la tortuga.
     ¡Ay, ay, ay, ay!
Toma este vals de quebrada cintura.

En Viena hay cuatro espejos
donde juegan tu boca y los ecos.
Hay una muerte para piano
que pinta de azul a los muchachos.
Hay mendigos por los tejados,
hay frescas guirnaldas de llanto.
     ¡Ay, ay, ay, ay!
Toma este vals que se muere en mis brazos.

Porque te quiero, te quiero, amor mío,
en el desván donde juegan los niños,
soñando viejas luces de Hungría
por los rumores de la tarde tibia,
viendo ovejas y lirios de nieve
por el silencio oscuro de tu frente.
     ¡Ay, ay, ay, ay!
Toma este vals, este vals del “Te quiero siempre”.

En Viena bailaré contigo
con un disfraz que tenga
cabeza de río.
¡Mira qué orillas tengo de jacintos!
Dejaré mi boca entre tus piernas,
mi alma en fotografías y azucenas,
y en las ondas oscuras de tu andar
quiero, amor mío, amor mío, dejar,
violín y sepulcro, las cintas del vals. 

SMALL VIENNESE WALTZ
Federico García Lorca, soos vertaal deur Pablo Medina en Mark Statman.

In Vienna there are ten girls,
a shoulder on which death is sobbing
and a forest of dried-out pigeons.
There is a fragment of morning
in the museum of frost.
There is a salon with a thousand windows.
     Ay!
Take this waltz with your mouth closed.

This waltz, this waltz,
about itself, about death and cognac
that wets its tail in the sea.

I love you, I love you,
with the armchair and the dead book,
through the melancholy hallway,
in the dark attic of lilies,
on our bed of the moon
and the dance dreamed by the tortoise.
     Ay!
Take this waltz of the broken waist.

In Vienna there are four mirrors
where your mouth and the echoes play.
There is death for the piano
that paints the boys blue.
There are beggars on rooftops.
There are fresh garlands of weeping.
     Ay!
Take this waltz that dies in my arms.

Because I want you, my love,
in the attic where the children play,
dreaming of the old lights of Hungary
through the rumours of the warm afternoon,
seeing lambs and lilies of snow,
in the dark silence of your forehead.
     Ay!
Take this waltz called “I love you always.”

In Vienna I’ll dance with you
wearing a disguise
with the head of a river.
Look at the hyacinth shores I wear!
I will leave my mouth between your legs,
my soul in photographs and white lilies.
In the dark waves of your journey
I want, my love, to leave
– violin and tomb – the ribbons of waltz.

 

TAKE THIS WALTZ
Leonard Cohen se verwerking van Federico García Lorca se “Pequeño Vals Vienés.”

Now in Vienna there’s ten pretty women
There’s a shoulder where Death comes to cry
There’s a lobby with nine hundred windows
There’s a tree where the doves go to die
There’s a piece that was torn from the morning
And it hangs in the Gallery of Frost
Ay, Ay, Ay, Ay
Take this waltz, take this waltz
Take this waltz with the clamp on its jawsOh I want you, I want you, I want you
On a chair with a dead magazine
In the cave at the tip of the lily
In some hallways where love’s never been
On a bed where the moon has been sweating
In a cry filled with footsteps and sand
Ay, Ay, Ay, Ay

Take this waltz, take this waltz
Take its broken waist in your handThis waltz, this waltz, this waltz, this waltz
With its very own breath of brandy and Death
Dragging its tail in the sea

There’s a concert hall in Vienna
Where your mouth had a thousand reviews
There’s a bar where the boys have stopped talking
They’ve been sentenced to death by the blues
Ah, but who is it climbs to your picture
With a garland of freshly cut tears?
Ay, Ay, Ay, Ay
Take this waltz, take this waltz
Take this waltz it’s been dying for years

There’s an attic where children are playing
Where I’ve got to lie down with you soon
In a dream of Hungarian lanterns
In the mist of some sweet afternoon
And I’ll see what you’ve chained to your sorrow
All your sheep and your lilies of snow
Ay, Ay, Ay, Ay
Take this waltz, take this waltz
With its “I’ll never forget you, you know!”

This waltz, this waltz, this waltz, this waltz …

And I’ll dance with you in Vienna
I’ll be wearing a river’s disguise
The hyacinth wild on my shoulder,
My mouth on the dew of your thighs
And I’ll bury my soul in a scrapbook,
With the photographs there, and the moss
And I’ll yield to the flood of your beauty
My cheap violin and my cross
And you’ll carry me down on your dancing
To the pools that you lift on your wrist
Oh my love, Oh my love
Take this waltz, take this waltz
It’s yours now. It’s all that there is 

Andries Bezuidenhout. Rit deur koorsige Hoëveld

Tuesday, August 11th, 2009

Nou ja toe. Ek moes verlede week Ladysmith toe ry, verby Warden, Harrismith, Drakensberge met sneeu regs. Ek luister Radiohead se “Hail to the Thief” kliphard in die huurkar, voel bevoorreg omdat my eie kar se radio nou al vir meer as ʼn jaar stukkend is:

In pitch dark I go walking in your landscape
Broken branches trip me as I speak
Just cos you feel it doesn’t mean it’s there
Just cos you feel it doesn’t mean it’s there…

In Ladysmith se Royal Hotel oorgeslaap. Darem tyd gekry vir ʼn paar honderd bladsye uit Titaan voor ek aan die slaap raak. Die volgende oggend weer terug Johannesburg toe gekom. Luister Leonard Cohen, sy plaat “New Skin for the Old Ceremony”:

There is a war between the rich and poor,
a war between the man and the woman.
There is a war between the left and right,
a war between the black and white,
a war between the odd and the even.

Why don’t you come on back to the war, pick up your tiny burden,
why don’t you come on back to the war, let’s all get even,
why don’t you come on back to the war, can’t you hear me speaking?

Die stuk hier onder is my eerste poging om van die dinge langs die pad en in die nuus vas te probeer vat. Dalk ook maar na ek Toast Coetzer se donker boek gelees het. Nog steeds besig met Titaan. Kommentaar baie welkom!

KOORSIGE LAND
(Winter 2009, naby Harrismith of Piet Retief)

Die Grootrivier is elders groot,
hier’s dit bloot ʼn sloot met gal
wat koud die grond in sypel.
Iemand brand ʼn bondel blare,
rook wat eenbeen regop staan
word deur wind geamputeer
en bloei dan uit die truspieëlraam.
Kaal drom populiere saam
om by are onderaards in te naald,
bloekoms krukke vir die koorsige lug,
mielielande swere wat skurf uitskif.
Deur die township se dampe is sneeu
hospitaallakens smerig op die berg se eelt.
In fondamente smeul kliniek en biblioteek.
Iemand soebat in Frans en Lingala.
Koolstowe, motorbande, brandende plastiek.
Hou hierdie landskap wat agtertoe verdwyn
vir nog ʼn ruk in kwarantyn –
dit het winter onderlede en is siek siek siek.