Posts Tagged ‘Loftus Marais’
Tuesday, May 1st, 2012

As daar een woord is wat my irriteer is dit die Engelse woord SMILE. En hier praat ek uit ’n fotograaf se oogpunt. Wie op aarde dink hy gaan beter lyk net omdat hy tande wys? In Prehistoriese tye was dit in elk geval ’n teken van aggressie. En nie dat ons veel verder as destyds gevorder het as ek ons daaglikse koerante lees nie.
Om te glimlag is g’n kuns nie.
Ek ken ’n sangeres – dis altyd tande-wys, maar kyk bietjie na daai oë – dit staan stokstyf van die gebrek aan emosie. En daar is juis ook oor Nancy Reagan gesê: Her smile is a study in frozen insincerity.
Nee, ek hou van foto’s van mense wat smeul. Waar op aarde kry mens ’n foto van ’n glimlaggende James Dean of Marlon Brando of Greta Garbo?
Smile jy, verdwyn alle karakter. Kyk maar net ’n bietjie na die sosiale kolomme in die plaaslike koerant. Hulle lyk almal so dolgelukkig. Meanwhile, back at the ranch …
En wat van foto’s van ons vroeë Afrikaanse digters?
 
Eugène Marais lyk soos Max Collie wat jou wil hipnotiseer met daardie slang-oë van hom terwyl Jan F. E. Celliers daarenteen lyk soos iemand wat ek graag as oupa sou wou hê.
Dan is daar natuurlik dié wat wegkyk van die kamera asof hulle diep, diep woorde uitdink: A.G. Visser en Boerneef.
 
En D.J. Opperman. Met watter foto sou hy wou hê, moet ons hom onthou?
  
En die jonge Loftus Marais? Moet hy smile of smeul?
 
Of is ’n upside-down smile soos dié van Joan Hambidge miskien ’n beter opsie?

Toe ek vandag weer in my bokse rondkrap, ontdek ek ’n Engelse versie wat ek alreeds in 1985 geskryf het, pas ’n jaar nadat my eerste Afrikaanse versies gepubliseer is. En dit was juis deur Roald Dahl se Revolting Rhymes dat hierdie tipe versie geïnspireer is. En ek plaas die versie oor ’n vroumens wat agtergekom het om te smile is beter vir haar image, presies soos dit destyds geskryf is, warts and all:
MOANER LISA
Four centuries or so ago
there lived a maid in Florence.
Her conduct filled the Florentines
with loathing and abhorrence.
Her manners were atrocious.
Her manners were quite vile.
She moaned and scowled
the livelong day
and NEVER gave a smile.
She had a double-decker name:
they called her Moaner-Lisa.
To tell the truth - this was a name
that didn’t really please her.
All that anybody saw,
was just her stern exterior.
And no-one in that city knew
that Moaner felt inferior.
Moaner-Lisa had a dream -
she wished that she had fame.
Then everybody in this world
would talk about her name.
(It really is a pity
how parents sometimes name us.
And with a name like Moaner -
could any girl get famous?)
She was a simple-minded girl
who didn’t want prosperity.
The only thing that mattered
was her wish for some posterity
Then she had a bright idea:
I’ll have my picture painted
by Signor L. da Vinci.
With fame I’ll get acquainted!”
(She didn’t look quite half as good
as Marilyn or Bardot
Yet off she marched with angry scowl
to Artist Leonardo.)
He started in the morning,
and painted her all night
but still poor Moaner Lisa
looked an awful, sorry sight.
The reason was most surely
that nasty horrid scowl
that made her look exactly
like a mean old hooty-owl.
“Miss Moaner,” said Da Vinci then,
“Methinks that you should smile.
Otherwise some gentle folk
would surely run a mile!”
“Heigh ho! Hey nonny no!”
said Moaner with a frown.
“I do not want a grinning face
like joker, fool or clown!”
“Prithee, dearest maiden fair,
Pretty, pretty please!
Stretch those lovely lips of yours,
and then you can say: Cheese!”
“No!” screamed Moaner. “I refuse!
I think that I should go
and find another artist then
called Michael Angelo.
He is such a gentleman.
He’ll paint me on a ceiling
And that’s not all –
He’ll paint my scowl
with reverence and feelingl”
Poor Signor L. da Vinci
felt a little bit upset.
He had a funny feeling
that he’d make her famous yet.
Then he thought he’d tickle her
until she screamed and laughed.
But, with a frown, Miss Moaner said:
“Da Vinci! Are you daft?”
So he stood upon his head
and swung from ev’ry rafter.
Hoping that she would collapse
with giggles and with laughter.
He wore a funny face and hat.
He wore an eiderdown.
But all that he could notice,
was old Moaner-Lisa’s frown.
He told her funny stories.
He told her ev’ry joke.
But not one teeny-weeny smile
did any joke evoke.
Then poor old Leonardo thought:
And now for something worse.
So he recited on the spot
four simple lines of verse:
“Queen Daisy had a daughter.
Queen Daisy had two sons.
Queen Daisy had some apricots.
And then she had t he runs.”
He somehow thought
that Nonsense Verse
was really not her style
But then a great big miracle!
Miss Moaner gave a SMILE.
That smile made her so famous.
and took her to the Louvre,
because of good Queen Daisy
whose bowels once did move.
geskryf: 10 – 11 December 1985
En nou moet onse digters maar self besluit, want soos Shakespeare amper gesê het:
To smile or not to smile.
That is the question.

Monday, April 23rd, 2012
MyCiTi
kan ruimte jou uitsonder? ek
wat vroegoggend staan
en skielik is oranjestraat leeg
en dit voel asof ek iets verbode ervaar
totdat karre weer aankom
of wanneer mens dink dis ‘n soort gelukskoot
dat die straatligte juis nou
hier aanskiet, rare getuie tot iets gewoons
asof een of ander mag
my goedgesind is, en als is ‘n bietjie meer
omlyn deur teenwoordige lig
mens hoef nie eers alleen te wees nie, soos die nag
wat ek en jy gelê het in ‘n kamer
belig deur net ‘n tv se japanese monsterfliek
of nou die aand, in die bus
die kaap gekonsentreer
tot ‘n groep insittendes
generiese donker verbouings in busvensters
die anonimiteit van ‘n stad in die nag
en ek en ‘n ouvrou glimlag vir mekaar
so tussen die vibrasies
sy wat klou aan ‘n hangband, haar ander hand
in die lus van ‘n winkelsak
godweet hoekom, maar
ons bly so glimlag vir mekaar
© Loftus Marais, 2012
Sunday, January 8th, 2012

Nuwe Stemme 5 poësie kompetisie is nou oop vir inskrywings:
Heilna du Plooy en Loftus Marais stel Nuwe Stemme 5 saam. Dit sal die nuutste versameling in hierdie opwindende poësiereeks wees. Alle aspirantdigters word genooi om werk voor te lê vir keuring.
Heilna du Plooy is professor in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy is ‘n gerespekteerde literator en het ook twee digbundels gepubliseer, Die donker is nooit leeg nie (1997) en In die landskap ingelyf (2003).
Loftus Marais het in Nuwe Stemme 3 gedebuteer. Sy eerste bundel, Staan in die algemeen nader aan vensters (2008), is met niks minder nie as vyf letterkundepryse bekroon. Hy het al opgetree by internasionale poësiefeeste soos die Badilisha! Poetry Exchange en Poetry Africa.
Die reeks se geskiedenis
- Nuwe stemme 1 (1997) met George Weideman en Anastasia de Vries as samestellers
- Nuwe stemme 2 (2001) met Petra Müller en Nèlleke de Jager as samestellers
- Nuwe stemme 3 (2005) met Antjie Krog en Alfred Schaffer as samestellers
- Nuwe stemme 4 (2010) met Danie Marais en Ronel Foster as samestellers
Die bundelreeks het met die verloop van slegs ‘n paar jaar reeds ‘n instelling geword, en een waarin verskeie gerekende digters gedebuteer het. Hulle sluit die volgende bekende name in: Martjie Bosman, Ilse van Staden, Gilbert Gibson, Bernard Odendaal, Jo Prins, Melt Myburgh, Danie Marais, Ronelda S. Kamfer, Loftus Marais, Jasper van Zyl en Fourie Botha.
Reëls
- Die sperdatum vir voorleggings is 31 Maart 2012.
- Stuur ‘n manuskrip met sewe ongepubliseerde gedigte wat aan die volgende voorwaardes voldoen:
- Slegs Afrikaanse gedigte sal oorweeg word
- Die manuskrip moet in dubbelspasiëring getik word
- Geen elektroniese weergawes sal in aanmerking kom nie
- Manuskripte moet in drievoud voorgelê word, en ‘n inskrywingsblad moet vooraan elk van die drie stelle voorleggingskopieë vasgekram word - die inskrywingsblad kan by www.tafelberg.com afgelaai word.
- Stuur jou manuskrip na:
Nuwe Stemme 5
Posbus 879
Kaapstad
8000
- Geen manuskripte sal ná die inskrywingsproses aan digters terugbesorg kan word nie. Suksesvolle digters sal deur Tafelberg in kennis gestel word waarna die uitgebreide redigeringsproses in oorleg met die samestellers sal geskied. Ongelukkig sal daar nie verslae of kommentaar aan alle deelnemers gelewer kan word nie. Die finale oordeel berus by die samestellers en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
Nuwe platform op Facebook:
- 1. Hoewel bogenoemde gedrukte inskrywings noodsaaklik is, word alle aspirantdigters ook genooi om reeds vanaf 10 Desember 2011 deel te word van Nuwe stemme 5 se Facebook-groep en drie van hulle beste verse op hierdie blad te plaas. Kommentaar van belangstellendes in die groep kan digters help met die vormgewingsproses voordat hulle finale inskrywings indien.
- 2. Hierdie internet-gespreksruimte, gefasiliteer deur Facebook, sluit op 1 April 2012.
- 3. Die beste digters - nie minder as 15 maar nie meer as 30 individue nie - sal uit die voorlegging van manuskripte aan Tafelberg-Uitgewers geselekteer word. Daar sal direk met hulle in verbinding getree word. Hulle sal dan genooi word om eksklusief lede van ‘n finale Facebook-groep te word. Vanaf 1 Julie tot 31 Augustus 2012 sal die twee samestellers, binne hierdie geslote groep, kommentaar en raad plaas. Hierdie lede word aangemoedig om na aanleiding van kritiek en kommentaar van die samestellers ‘n hersiene weergawe aan Tafelberg voor te lê, sodat die redigeringsproses reeds met hierdie terugvoer begin.
- 4. ‘n Finale, kleiner groep van digters sal dan hierna geselekteer word, en hulle moet verkieslik beskikbaar wees vir ‘n naweekwerkswinkel in September 2012. Insluiting in hierdie groep verseker egter nie opname in die bundel nie. Net die heel beste gedigte sal ná afloop van die werkswinkel geselekteer word vir publikasie.
- 5. Tafelberg beoog om die bundel in die eerste helfte van 2013 te publiseer.
Navrae kan gerig word aan:
Danita van Romburgh
Tel: (021) 406 3412
Faks: 086 531 1609
E-pos: dvanromb@tafelberg.com
NB-skakelbord: (021) 406 3033
Media navrae kan gerig word aan: Eben Pienaar (eben@nb.co.za of 021 406 3450)
Inligting en inskrywingsblad ook beskikbaar by www.tafelberg.com en www.nuwestemme5.com
Thursday, November 24th, 2011

Soos vantevore berig, woed daar tans ‘n nogal venynige debat oor Ann De Cramer se uitlating dat die digkuns geen bydrae te lewer het tot die moderne kultuurbelewenis nie. Pas het niemand minder nie as Brian Eno (foto), suikerpappie van die musikale avantgarde, egter die ongewone stap geneem om ‘n totaal ánder perd met sy nuutste album op te saal. Hy het naamlik ten nouste met die Britse digter, Rick Holland, saamgewerk en laasgenoemde se gedigte met sy musiek verweef. Drums Between the Bells is die album se naam en “poetry music” noem hulle die styl daarvan.
“We are all singing. We call it speech, but we’re singing to each other,” het Eno glo hierdie nuwe insiatief van hom gemotiveer. “I thought, as soon as you put spoken word onto music, you start to hear it like singing anyway. You start to develop musical value and musical weight, and you start to notice how this word falls on that beat, and so on.”
Volgens The Telegraph se Lucy Jones, het dié ingesteldheid gunstige aanklank by Holland gevind aangesien hy klaarblyklik een van die ontnugterdes des poësies is: “I went to a couple of poetry recitals a long time ago and was really turned off by how the thing were run and how they were delivered,” het hy aan Jones gesê. “I didn’t like the formal aspect of sitting down and facing a collection of readers, most of whom weren’t particularly proficient or confident at reading. What they were saying might have been interesting but I found that sitting down and listening to six people pour their heart and soul out is just a bit much.”
Oor Eno het hy hom soos volg uitgelaat: “Eno is like a mad professor. He’s incredibly excitable and excited all the time. The problem is to stop him trying new things and to get the project finished. He liked my image bank, the content of my words and the fact they weren’t too elaborate and long. That meant they were good for him to manipulate in musical terms.”
En net verlede week ontvang ons nuwe voorraad van Breyten Breytenbach se Mondmusiek en Lady One en ek luister weer daarna en ek dink: Liewe magtig! Die res van die literêre wêreld speel nog steeds “catch up”. (Of is dit deesdae gewoon “ketchup”?) Nietemin, of Holland se gedigte Breyten s’n kan oortref, is ernstig te betwyfel en wat Rhythm Records se Albert du Plessis en sy mede-trawante musikaal op hierdie CDs vermag, is inderdaad ‘n kragtoer soos min.
Maar reflekteer die verkope van hierdie ongelooflike (plaaslike) produkte die waagmoed en kwaliteit daarvan? Mmmm … Ernstig te betwyfel.
En dít, geagte leser, is die prys wat ons betaal te midde van die heersende “cult of mediocrity” waarvan ons tragies genoeg óók deel is. Vir die middelmatige, dog kommersieel suksesvolle, word hande geklap, terwyl die werklik briljante verswyg of geïgnoreer word.
Helaas kon ek geen gedigte van Rick Holland opgespoor kry nie, maar aangesien ek op die oomblik só moerig is dat geen Eno’s daarvoor sal help nie, plaas ek sommer Loftus Marais se veelseggende gedig hieronder vir jou leesplesier.
***
Die digter as rockstar
vir Coennie
fok jou, ek pak sportstadions vol
vir my flits paparazzi splitsekonde wit bladsye
ek dra my punctuation as piercings
my woorde trash hotelkamers, fok jou
woofers sidder jambes
en die groupies se sashimi-poesies drup vir my
ek is die digter in ‘n studded leather broek
ek breek my versreëls oor julle koppe soos guitars
lighters swing op my sonette
fok julle almal
gevuisde skares skreeu my koeplette
daar’s stukke wallace stevens op my rug getatoeër
ek is die digter as rockstar
en kyk, nee lees, luister, dammit hóór:
ék is nie ‘n beiteltjie nie
ek is ‘n fokken lugdrukboor
© Loftus Marais (Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters, 2008: Tafelberg Uitgewers)
Monday, October 17th, 2011
Dis nie met groot fanfare afgekondig nie. Die fees se baniere het ʼn underground kwaliteit gehad – dit is nie dwars oor strate opgehang nie, maar tussen die pilare van Melville se 1930s-geboue. Die Facebook-bladsy is eers ʼn week of wat voor die fees opgesit, die program selfs later. Maar nuwe bundels is die wêreld ingestuur (een van Gail Dendy), gesprekke is gevoer (een oor die nalatenskap van Wopko Jensma), gedigte is in binnehowe en restaurante voorgelees, weefwerk tussen beeldende kuns en woordkuns is teen mure opgehang (deur Hans Pienaar en Charl-Pierre Naudé), musiek is in teaters opgevoer, ʼn imbongi het van Melville se dakke af geroep (darem deur luidsprekers, spookagtig in die kalklig), gedigte is sommer op straathoeke voorgelees – enigiemand kon kom luister.
Ek wil nie veel hier sê nie, laat die foto’s eerder praat. Ek wil egter twee punte maak, oor wat die fees vir my besonders gemaak het:
Eerstens, die intieme skaal en aard van die voorlesings. Daar was twee geleenthede vir Afrikaanse gedigte – die een in ʼn restaurant se binnehof (“Melon Courtyard”) en die ander in ʼn aardige kroeg/restaurant (“Love & Revolution”). Daar was nie mikrofone en luidsprekers nie. Hans Pienaar het elke digter op sy rustige manier voorgestel en dan het mense sommer opgestaan waar hulle sit en hul gedigte voorgelees. In Love & Revolution het ek sommer op die vloer gesit, dalk die beste plek in tye van liefdeloosheid en revolusies wat skeef loop. Die spanning tussen van die digters het die geleentheid ʼn vreemde tipe energie gegee.
Tweedens, die ware Johannesburgstyl. Dit was ʼn Suid-Afrikaanse fees, waarin Afrikaans ook verteenwoordig was, as een van baie tale. Op ʼn persoonlike noot was dit vir my lekker om my musiek aan mense te kon voorstel wat nie andersins daarna sou luister nie. Ek het gepraat oor Voëlvry se verbintenis met Johannesburg en die vertoning met Kerkorrel se “Gee jou hart vir Hillbrow” afgeskop; dinge van daar af verder geneem. Al kon sommige van die mense in die gehoor – waarskynlik die meerderheid – nie Afrikaans verstaan nie, was die ontvangs tegemoetkomend en het ek welkom gevoel.
 Gee jou gedigte vir Hillbrow...
 Banier tussen pilare
 Gedigte op straathoeke
 Christo van Staden, ook bekend as Johannes van Jerusalem
 Corné Coetzee lees voor, Hans Pienaar luister
 Toast Coetzer lees: "Die Here is my herderspastei..."
 Loftus Marais lees, Harry Kalmer heel links
 Charl-Pierre Naude lees, Johann Lodewyk Marais in die gehoor
 Rene Bohnen lees
 En Cornel Judels
 Heidi Papadopoulos
 Johann Lodewyk Marais, oor Livingstone en Lamu
Tags: Charl-Pierre Naudé, Christo van Staden, Corné Coetzee, Cornel Judels, Hans Pienaar, Heidi Papadopoulos, Johann Lodewyk Marais, Loftus Marais, Melville Poetry Festival, Rene Bohnen, Toast Coetzer Posted in Andries Bezuidenhout, Binneblik, Blogs | 8 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Wednesday, June 8th, 2011
Hierdie een lees nie so lekker nie, jy moet hom eerder sing. Gebruik sommer die deuntjie wat tydens die skryf deur my kop galop het, Bob Dylan se “Dirt Road Blues”, van die album Time out of Mind. Dit is in elk geval ‘n amper generiese blues ‘riff’, waarskynlik ‘n variasie op iets wat Dylan iewers gehoor het. Terloops, ek het die liriek op ‘n keer vir Loftus Marais gewys. Hy het sy kop meewarig geskud en gesê die verwysing na die blomme in die voorlaaste strofe is gewoon ontoelaatbaar in ‘n hedendaagse Afrikaanse gedig. Hy is natuurlik heeltemal reg.
***
stofpad
.
ek draf met die stofpad langs totdat ek jou sien
ja ek draf met die stofpad langs totdat ek jou sien
o ek draf met die stofpad langs
my hart raas soos ‘n blik kantien
.
jy het my hart gebreek in sewe stukke niks
ja jy het my hart gebreek in sewe stukke niks
o my hart het jy gebreek
my asem jaag in my keel ek is onfiks
.
ek staan op die bult en kyk uit oor die vallei
ja ek staan op die bult en kyk uit oor die vallei
die wolke bo dreig om te val
ek hoop om vanaand nog ‘n lift te kry
.
iewers hoor ek honde blaf die boer sê staan of sterf
ja iewers hoor ek honde blaf die boer sê staan of sterf
ek moet ‘n lang en wye draai draf
maar vat jou spoor weer anderkant die werf
.
ek dra ‘n bossie blomme saam maar die son het dit verwelk
ja ek dra ‘n bossie blomme saam maar die son het dit verwelk
die vergeet-my-nie is vir jou my lief
al weet ek jy verkies die aronskelk
.
eendag sal ek ophou soek ek is seker dat ek sal
ja eendag sal ek ophou soek ek is seker dat ek sal
maar totdat ek eendag ophou soek
draf ek hierdie stofpad tot ek val
Friday, March 18th, 2011
 Daaglikse brood
Vanweë ‘n mens se belangstelling in die breë verhoog van die digkuns, sal ‘n beskouing oor die stand van die digkuns in ‘n bepaalde letterkunde seker altyd jou aandag trek. Toegegee, nie alle beskouings is egter ewe goed of gesaghebbend nie, maar pas het die Vlaamse digters, Bart van der Straeten en Tom Van Imschoot, egter in dié verband ‘n besonder insiggewende rubriek op Rekto:Verso gelewer.
In hul rubriek kyk hulle nie net indringend na die dinamiese aard van die Vlaamse digkuns nie, maar werp hulle ook ‘n ondersoekende kyk na die bydraes van die jonger geslag digters en hoe hulle binne die groter geheel van die lettere hul voete vind. En dit is juis dié gedeeltes wat my op nadenke betrap het, want hoe belangrik is dié aspek nie! Ook spesifiek in ons eie digkuns waar ‘n toenemende hoeveelheid jong(er) digters hul toetrede tot die digkuns maak.
So wat kan ons uit hul betoog op ons eie situasie van toepassing maak?
In hoofsaak het Van der Straeten en Van Imschoot dit teen die jonger generasie se voorkeur aan performance en hul al te dikwels nie-kritiese ingesteldheid teenoor dit wat geproduseer word: “Hoewel het veelvuldige, onderlinge uitwisselen en het populaire gebruik om poëzie op een podium te brengen net te maken hebben met het verlangen om van poëzie een gemeenschappelijke zaak te maken, ontbreekt het de gemeenschap van dichters die net komen kijken aan reflectie en stellingname daarover. Ze mist politiek-poëticaal bewustzijn, kortom. Het jonge dichtersgild mag zich dan wel verheugen over de big happy family die het meent te zijn, de vraag rijst of er buiten de familie iemand luistert naar wat er onder die gezellige stolp gebeurt.”
Volgens hulle is die rede vir dié toedrag die volgende: “Daar is een reden voor. Wie vandaag als jongere in Vlaanderen poëzie begint te schrijven en te publiceren, komt terecht in een gemeenschap die in de eerste plaats een sociologisch netwerk is. Ze hangt aan elkaar van vriendschappen en contacten. Die zijn vast en zeker stimulerend, en er mag veel, wat erg prettig is. Niemand legt een ander een strobreed in de weg om te doen wat hij of zij wil doen. Die vrijheid lijkt mee te brengen dat er geen behoefte meer bestaat om na te denken over de positie die men binnen én buiten de niche inneemt. In bepaalde opzichten komt het voor als een bevrijding dat er bij de jonge generatie geen stromingenstrijd gevoerd hoeft te worden.”
Dit, ten spyte daarvan dat daar wél poëtiese diversiteit bestaan; dié verskillende benaderings word kennelik aanvaar, of verdoesel, en selde oor besin óf gedebateer. “Het anything goes, een afgesleten en verkeerd begrepen erfenis van de postmoderne generatie, lijkt deze dichtersbent te ontheffen van de plicht om zichzelf te legitimeren. Zo doemt op de grote familiefeesten het spook van de vrijblijvendheid op.”
Inderdaad, ‘n sterk pleidooi om die poësie uit sy gemaksone te neem en weer krities-ondersoekend na die samelewing te laat kyk: “We hebben dichters nodig die de poëzie kunnen bevrijden uit de subculturele gevangenis waarin ze gestopt wordt, gezellig maar geneutraliseerd. We hebben dichters nodig die (actief) waken over wat de poëzie werkelijk is: een gemeen goed.”
Hierdie is gewis ‘n rubriek wat deur alle poësieliefhebbers gelees behoort te word; veral die reaksies daarop vind ek uiters sinvol en belangwekkend.
Vir jou leesplesier volg daar ‘n toepaslike gedig deur een van ons eie belowende jong digters onder aan hierdie Nuuswekker.
***
Sedert gister het daar heelwat blogs bygekom: Heilna du Plooy het haar eerste blog, in die vorm van ‘n gedig met ‘n kortverhaal daarby, gelewer; Marius Crous skryf oor voorblaaie en Spivak se bestuurslisensie terwyl Marlies Taljard ‘n gesprek wat sy met Cas Vos oor antieke tekste gevoer het, in haar blogruimte geplaas het. Intussen is daar ook nuwe verskamers vir onlangse debutante ingerig. Gaan kyk gerus en lees solank die eerste verse van Andries Samuel en Louis Jansen van Vuuren.
Ten slotte vra ek by voorbaat om verskoning dat ek nie met Maandag se Nuuswekker die gebruiklike aankondiging oor nuwe bydraes sal kan lewer nie. Dit sal ‘n geskeduleerde plasing wees aangesien ek en ons geliefde webmeester hierdie naweek hopelik nie in die omstreke van rekenaars gaan wees nie.
En daarmee is die iewat langer naweek op hande. Geniet hom!
Mooi bly.
LE
Die digter as rockstar
vir Coennie
fok jou, ek pak sportstadions vol
vir my flits paparazzi splitsekonde wit bladsye
ek dra my punctuation as piercings
my woorde trash hotelkamers, fok jou
woofers sidder jambes
en die groupies se sashimi-poesies drup vir my
ek is die digter in ‘n studded leather broek
ek breek my versreëls oor julle koppe soos guitars
lighters swing op my sonette
fok julle almal
gevuisde skares skreeu my koeplette
daar’s stukke wallace stevens op my rug getatoeër
ek is die digter as rockstar
en kyk, nee lees, luister, dammit hóór:
ék is nie ‘n beiteltjie nie
ek is ‘n fokken lugdrukboor
© Loftus Marais (Uit: Staan in die algemeen nader aan vensters, 2008: Tafelberg Uitgewers)
Tuesday, February 1st, 2011
Elwe & Selwe - En kuier kán die spulletjie!
Louis Esterhuizen gesels met Melt Myburgh, Woordfees se Woordkunsprojekbestuurder
 Melt Myburgh
Melt Myburgh woon op Stellenbosch en werk by Woordfees as Woordkunsprojekbestuurder. Hy het langs die Oranjerivier op Karos naby Upington grootgeword.
Nadat hy in 1992 ‘n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, was hy vir 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels in skole regoor die land.
Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 2 opgeneem. Hy skryf gereeld vir Rapport se boekeblad.
Sy debuurbundel, Oewerbestaan, het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn.
|
Melt, ten eerste veels geluk met ʼn uiters indrukwekkende program. Met die eerste deurkyk wil dit voorkom asof dié program meer omvangryk is en selfs nog meer verskeidenheid bied as wat dit in die verlede was. Is dit so?
Baie dankie, Louis. Die program is inderdaad omvangryker as verlede jaar omdat soveel nuwe uitgewers en belangegroepe met aanbiedings aangesluit het by die Woordfees. Om eerlik te wees, ons wou ʼn kleiner formaat aan feesgangers bied, maar die energie wat die Woordfees oor die afgelope paar jaar laat versnel het, is duidelik nog nie uitgewoed nie.
Hierdie is reeds die tweede Woordfees-program waarby jy betrokke is as Woordkunsprojekbestuurder. In welke mate voldoen vanjaar se fees aan die persoonlike doelwitte wat jy daarvoor in die vooruitsig gestel het?
 Woordwerkers: Dorothea van Zyl & Melt Myburgh
My persoonlike doelwitte stem ooreen met die Woordfees sʼn; juis daarom bly my werk my passie. Ons streef daarna om ʼn platform vir woordkunstenaars te skep sodat die breë publiek kennis kan neem van hul werk en dit geniet. Vir my is dit belangrik dat skrywers en kunstenaars op ʼn fees soos hierdie geakkommodeer word met die respek wat hulle verdien. Daarom lê veral die profielaanbiedings, waar skrywers gehuldig word vir hul bydraes tot ons letterkunde, my na aan die hart.
Melt, ons fokus is uiteraard die teenwoordigheid van digkuns op die program. In dié opsig is daar die spesiale verering van TT Cloete wat vanjaar nie net 86 word nie, maar ons ook met ʼn magtige bundel, Onversadig, verras. Vertel ons ietsie meer oor dié spesifieke item wat op 9 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum plaasvind?
 TT Cloete
Ons is baie gelukkig om vir TT Cloete in hierdie senior lewensjaar van hom vir die eerste keer by die Woordfees te ontvang. By die profielaanbieding lewer Joan Hambidge ʼn oorsig oor Cloete se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Heilna du Plooy praat oor Cloete as mens. André Strijdom het pragtige toonsettings van Cloete se verse gemaak en die sopraan Elizabeth Frandsen sal hiervan sing by die geleentheid. En natuurlik lewer Cloete ʼn wederwoord.
Vir my was dit tot dusver ʼn inspirerende ervaring om met Cloete te skakel om alles gereël te kry.
Nog ʼn besonderse item is die gesprek wat die twee Marais’s, Danie en Loftus, tydens ʼn noenmaal op 8 Maart by De Vette Mossel gaan voer oor die indringende vraag “Hoe vry is die vrye vers?” Wat vermoed jy kan ons van dié gesprek te wagte wees?
Danie en Loftus het ingestem om vanjaar se LitNet-skryfskool, wat moontlik gemaak word deur Sanlam, aan te bied. Tussen die skryfskool-sessies word daar by De Vette Mossel oor middagete gesprek gevoer oor die onderwerp “Hoe vry is die vrye vers?” Ek vermoed dit gaan ʼn baie interessante gesprek wees. Die kwessie van die praatvers, waaroor daar gereeld hier op Versindaba rede gevoer word, sal sekerlik aangeroer word.
Hopelik stik voorstanders van tradisionele vormvaste konstruksies darem nie in die heerlike seekosgeregte wat De Vette Mossel voorsit nie.
 Joke van Leewen
ʼn Groot verrassing op die program vanjaar, is die teenwoordigheid van Antwerpen se voormalige stadsdigter, Joke van Leeuwen. Waarom het julle juis op haar besluit en hoe moeilik (of maklik) was die onderhandelinge om haar in te voer Stellenbosch toe vir dié geleentheid?
Die Woordfees is baie bevoorreg om ʼn vennootskap te hê met organisasies wat skrywers uit die Lae Lande sekondeer vir optrede tydens die fees in Stellenbosch. Danksy die ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, bemiddel deur die Kaapse Forum, kan ons vir Joke, ʼn uitstekende voordragkunstenaar, akkommodeer in die volgende program-items: Poësie: vyf van die beste op 10 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum, Soete Groete op 11 Maart om 19:00 in die Bilton Wynlandgoed en by die Neerlandistiekdag op 12 Maart vanaf 09:00 tot 14:00 in die Lettere-gebou se Lokaal 693.
Dorothea van Zyl het al ʼn optrede van Joke in Nederland meegemaak, en was baie beïndruk met haar. Die korrespondensie tussen die Woordfeeskantoor en Joke was tot dusver joviaal: in terme van toeganklikheid en professionaliteit is sy ʼn engel.
Wat ons die afgelope tyd opval, is dat Nederlandse skrywers ons al hoe meer kontak en aandui dat hulle graag by die Woordfees sou wou optree.
Soos altyd bied die Woordfees ook heelwat vir die jonger, meer avontuurlustige poësieliefhebber. Watter items het julle juis met hierdie oogmerk by die program ingesluit?
Dit is altyd heerlik om debuutdigters by die Woordfees te akkommodeer. Vanjaar bring NB-Uitgewers vir Martina Klopper (Nadoodse ondersoek) en Andries Samuel (wanpraktyk). Hulle tree op 8 Maart om 18:00 in die Erfurthuis in gesprek met Joan Hambidge.
 Oopmonddigters
Oopmond, onder leiding van Ronel Nel, is ook weer op die program. Dié gewilde aanbieding het verlede jaar sy Woordfeesdebuut gemaak. Ek dink die name wat deelnemende digters toe-eien, sê alles oor die gewildheid van dié tradisionele geveg tussen vers-makers: D.J. Stotterman (Andries Bezuidenhout), Breyten Lykverdag, (Niel van Deventer), Joe Moer! (Jo Prins), Ingrid Dronker (Ronel Nel) en NP van Lykskou (Danie Marais). Hulle is op 10 Maart te sien in die nuwe Dorpstraat Teater net buite Stellenbosch.
Die Adam Tas Studentevereniging sorg vir ʼn heerlike opskop by Aan de Braak Teater op 11 Maart om 20:15 met Drink, dig, kuier! Hulle maak spesifiek voorsiening vir studentedigters. En soos jy weet, Louis, is hier baie talent onder die Maties. En kuier kán die spulletjie!
En natuurlik is daar ook heelwat items vir die meer besadigdes onder ons; soos byvoorbeeld Skemerverse (13 Maart, Botaniese Tuin, 18:00) waarmee die fees tradisioneel afsluit. Watter soortgelyke items is daar om na uit te sien?
 Gert Vlok Nel
Skemerverse, wat vanjaar spog met digters soos Gert Vlok Nel, Ronel Nel, Andries Bezuidenhout, Robert Bolton, Johan Myburg, Jo Prins en Ronelda Kamfer, verkoop gewoonlik vroeg-vroeg uit.
Ek is baie opgewonde oor Engelse digters wat onder Leon de Kock se vlerk saamtrek. Hulle word ondersteun deur ProQuest, ʼn maatskappy wat digitale inligtingstelsels verskaf aan opvoedkundige instellings. Op 11 Maart om 17:00 lees Finuala Dowling, Sindiwe Magona, Ari Sitas, Marí Peté en Karin Schimke saam met Leon uit hul werk voor in die Boektent. Die Woordfees verwelkom digters en skrywers in tale waarmee Afrikaans ʼn historiese en geografiese verwantskap deel.
Een van die hoogtepunte op die poësieprogram is Poësie: vyf van die beste op 10 Maart in die Sasol Kunsmuseum. Hier word feesgangers getrakteer op verskuns uit die boonste rakke met T.T. Cloete, Petra Müller, Lina Spies, Danie Marais en Joke van Leeuwen.
Op die NB-program kan ons luister na Mari Grobler oor haar nuwe bundel, Toe dit nog vroeg was (8 Maart om 11:00) en Joan Hambidge oor Visums by verstek (10 Maart om 14:00). Tom Gouws en Marthinus Beukes voer op 12 Maart daar in jou en Marlise se Protea-boekwinkel die woord oor Gouws se Ligloop.
Liefhebbers van die klassieke vers-kuns kan op 12 Maart gaan luister na die US Departement Antieke Studie se aanbieding van ʼn dramatiese voorlesing uit die werk van die Romeinse liefdesdigter Catullus. Ek haat en ek het lief beloof om iets besonders te wees.
Ek is baie bly dat ons die bekendstelling van Adinda Vermaak en Pieter Strauss se Rymreise kan akkommodeer. Dié bloemlesing vir laerskoolleerders word deur Nasou Via Afrika bekend gestel tydens ʼn pragtige geleentheid in die US Kunsgalery op Vrydag 11 Maart om 19:00. Alida Bothma se illustrasies, wat in die bundel opgeneem is, word ook daar uitgestal.
Die ATKV se multimedia-tentoonstelling Skilder met woorde II, waarin gedigte met skilderye en ʼn klankbaan vermeng word, is ʼn ervaring wat nie misgeloop moet word nie. Sewe digters se werk is hierin opgeneem en die tentoonstelling is van 4 tot 13 Maart te sien in die Sasol Kunsmuseum.
Melt, persoonlik vind ek die items wat by die kategorie “Woordmusiek” aangetref word, besonder opwindend; veral omrede so baie van hierdie musiekitems in kombinasie met toonsettings van gedigte en/of voorlesing geskied. Watter van hierdie sou jy as moontlike hoogtepunte uitsonder?
 Petra Müller
Om iets uit te sonder is mos soos om ʼn oupa te dwing om tussen sy kleinkinders te kies. Ek dink egter Boegoe vannie liefde, Witlig en Vergesigte Vermeerder in Vers en Fuga is bo-aan my lysie. Die poësie van Hans du Plessis, Petra Müller en Tom Gouws word in dié pragproduksies omtower tot multimedia-ontploffings van woord, beeld en klank.
Ten slotte - ek vermoed dat daar met die saamstel van so ʼn omvattende program altyd items is wat vir watter rede ook al, nie geakkommodeer kan word nie. Items wat jy besonder graag sou wou betrek, maar helaas nie kon nie. Is ek verkeerd hierin of is daar inderdaad items buite rekening gelaat waaroor jy spyt is?
Ja, daar is items wat nie op die fees geakkommodeer kon word nie omdat daar eenvoudig nie plek op ʼn omvattende program is nie. Of soms is kunstenaars nie beskikbaar nie. Ek mis byvoorbeeld die ASV se bydraes vanjaar. Dit breek altyd mens se hart as iemand weggewys moet word. Maar daar is altyd ander geleenthede waar mens weer kan inhaal, soos met Versindaba later vanjaar.
Baie dankie vir hierdie gesprek, Melt. Mag vanjaar se fees vir jou nie net ʼn kroonfees wees nie, maar ook ʼn persoonlike vreugde.
Baie dankie, Louis; ek hoop woordliefhebbers geniet die fees net soveel soos verlede jaar. By wyse van toegif volg Zandra Bezuidenhout se feesgedig, “Elwe & Selwe“ hieronder.
Elwe & Selwe
Op hierdie Woordfees gaan ons delwe
na die vele elwe en die selwe.
Deur woorde, kuns en die musiek
lig ons die sluiers oor geheime,
en reis ons met die oog en oor
langs al die wonderlike weë
wat die sinne en die hart bekoor.
Eintlik is ons almal elwe,
elkeen anders, elk uniek,
party met een, party met baie selwe.
Die Woordfees wil die pad plavei
vir jou en my om saam te dans
langs duisend kronkels van genot,
waar elf en self, vermom as kunstenaars,
kom goël en smokkel met die kop.
Elke asem, elke elf en self,
kan deelhê aan die spel van twintig-elf.
Die taal se pyl en boog, so word vertel,
is droom en fantasie se metgesel.
Maak dus jou koker vol;
kom jag die storie-bokkies sonder tal.
Ja, ‘n fees wat op die spoor van woorde loop
maak die poorte na ‘n sprokieswêreld oop!
(c) Zandra Bezuidenhout
Tags: Andries Bezuidenhout, Andries Samuel, Danie Marais, Joan Hambidge, Johan Myburg, Johannes Prins, Joke van Leeuwen, Loftus Marais, Martina Klopper, Melt Myburgh, Niel van Deventer, Petra Müller, Ronel Nel, Ronelda Kamfer, Tom Gouws, TT Cloete, Woordfees, Zandra Bezuidenhout Posted in Artikels, essays, e.a. | Lewer kommentaar »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Saturday, January 15th, 2011
Ek het die gesprek oor veral ras in die Suid-Afrikaanse samelewing en denkwêreld na aanleiding van Pieter se blog van 14 Desember met groot belangstelling gevolg. Self is ek in my daaglikse lewe baie bewus van ras, klas en gender, soms in so ’n mate dat ek al gewonder het of ek dit moontlik te ver voer en my as’t ware benadeel deur graag vanuit hierdie perspektief na die lewe en die letterkunde te kyk? Kompliseer ek dinge dalk soms onnodig, deurdat ek dikwels vrae stel oor “onskuldige, alledaagse” situasies?
Antjie Krog is spesifiek ’n digter en skrywer wat dit keer op keer regkry om my eie gedagtes of ervarings trefseker te verwoord, sodat ek my eie belewenisse dikwels beter begryp na ek haar werk gelees het. So vertel sy in Begging to be black hoe sy elke gesinsbesluit oorweeg: Is hierdie spesifieke aksie nie dalk wit-bevoorreg, uitbuitend, onregverdig nie? Sy besluit byvoorbeeld daarteen om na ’n produksie van Lohengrin in Pretoria te gaan kyk – die sopraan se vliegkaartjie alleen kan die plaaslike township ’n jaar lank van elektrisiteit voorsien. Wanneer ek dit lees, wil ek in die strate uithardloop en dit uitbasuin: Iemand, en boonop ’n grande dame van die letterkunde, ervaar dieselfde as ek! Dalk is ek oplaas nie hopeloos stapelgek, soos my hoërmiddelklaskennisse reken ek is nie. Ek wens ek kon op Antjie se voorstoep opdaag en haar vra wat máák ’n mens met jouself as hierdie dinge gereeld by jou spook; hoe leef jy met die konstante vrae oor reg en onreg, oor bevoorregting en skuld?
Dus het spesifiek Wysneus se een stukkie kommentaar my bygebly: “Daar is meer aan die lewe as ras, klas en geslag.” Daarmee saam het ek gewonder: Is dit moontlik vir my en my generasie om ooit verby hierdie werklikhede (of is hulle eerder konstruksies?) te kyk? Ek verstom my dus gereeld aan studente se vryheid van sommige van die obsessies wat my en my tydgenote steeds striem.
Wat gender betref – ’n anekdote. Ek het my studente op ’n slag Krog se “weer eens” (haar intertekstuele gesprek met Eybers se bekende gedig) laat ontleed:
ek kom weer eens nie uit met my budget nie
die suiker en melkkoepons is op
langs my masjien lê stapels stukkende klere
spinnekoppe weef macramé teen die mure
my gesin grawe in leë koekblikke na iets om te eet
my baba het brandboudjies
my dogtertjie swere
my oudste hakkel van een of ander tekort
my man byt op sy tande
stoot die koolbredie agteruit
en druk sy sigaret stadig in die bordjie dood … [...]
Ek het gehoop dat hulle die dwingelandy van die eise wat die (patriargale) samelewing aan ma’s stel, sou raaklees. Die meeste van hulle was egter vas oortuig dat armoede die tema in bostaande uittreksel is. Die “leë koekblikke”en “stukkende klere” is vir hulle nie die vergestalting van die huisvrou se algemene gevoel van ontoereikendheid nie ; hulle herken nie die skuldgevoel van die ma wat voel dat álles wat in die huis verkeerd loop – brandboudjies, swere, ’n gehakkel – haar persoonlike skuld is nie. Miskien is hulle bloot te jonk; dalk het ons verbruikersamelewing hulle gekondisioneer om te dink dat stukkende klere nie heelgemaak kan word nie en dat winkelkoekies die enigste opsie is? Dalk het die nuwe generasie grootgeword sonder die juk van modelle van vroulike huishoudelike perfeksie. (In my studentedae op Tukkies het die meisies nog hulle kêrels se wasgoed in die waskamer staan en stryk, sodat die hele koshuis van hulle status as onderweg-na-mevroue kon kennis neem. Ja, regtig.)
’n Mens sou nog kon redeneer dat vroue van my generasie dalk bloot moet besef ons leef in ’n nuwe eeu, en dat skuldgevoelens oor nie-perfek versorgde huise en spruite maar na hul graf neffens gepermde en gespuite haarkapsels gestuur moet word. (Of is ons in dermate ingeperk, geprogrammeer deur die voorskrifte en modelle van ons jeug dat ons as amper-middeljariges steeds probeer gehoor gee aan die eise van ’n nou minder sigbare sisteem?)
Maar sonder om gender heeltemal saam met die skottelgoedwater uit te gooi, bly ras en klas op ’n meer direkte, en meer ontstellende manier met ons. Sonder ’n bewustheid van of nadenke oor die kwessies van ras en klas en sou die lewe moontlik geriefliker kon wees; ’n verleidelike gedagte, inderdaad. Maar hoe moontlik is dit in die realiteit van ’n Suid-Afrika in 2011 waar verdelings langs hierdie lyne nog vlymskerp in die samelewing loop?
Jare gelede het ek tydens my navorsing vir my meestersgraad afgekom op ’n artikel waarin einste Antjie Krog beskryf hoedat die bevoorregte wit vroue van die tagtigs en negentigs hulle energie kon wy aan hulle tuine, die verfraaiing van hulle huise of aan hulle kinders, terwyl swart vroue húlle kinders elders moes laat om aan wit vroue hierdie vryheid te gee. (Ek kry nie meer die verwysing nie – is daar iemand wat dit dalk onthou?) Self besef sy haar bevoorregte posisie, soos sy dit ook treffend verwoord in ’n sleutelgedig soos “Lady Anne by die mikrogolfoond” (Lady Anne, 1989) wat skerp kritiek lewer teen die oppervlakkige lewens van hoërmiddelklasvroue en wat die ineenstorting van hierdie gerieflike lewenswyse voorspel:
o my susters in kombi’s en stasiewaens
met stylvolle donkerbrille en hare teen die grys getint
liggame wat soggens in fleurige leotards
jog en gym en joga
verbete klou aan soepelheid en Pil
[...]
soos ons op sandersonlinne sit en aai en paai
en die mans by ingeboude kroeë druk drink en desperaat praat oor naai
weet ons ons is die laaste
die laaste wat die kinders teer laat verblond op melk en heuning
ons is die laaste
agter ons onder ons langs ons
stort met die sagte geluid van as
strukture wat ons soort in stand hou
in hulle maai.
In 2011 is die politieke strukture van destyds inderdaad in hulle “maai”, maar die ekonomiese strukture wat ’n voorstedelike lewenstyl ondersteun is tot ’n groot mate nog in plek. Bevoorregte wit vroue is hoegenaamd nie ’n uitgestorwe spesie nie (alhoewel daar gelukkig intussen ’n paar bevoorregte swart vroue tot die geledere toegetree het sodat die wit mevroue hulle wysmaak dat die speelveld nou gelyk is). Die kombi’s en stasiewaens van destyds is weliswaar vervang deur viertrekvoertuie; die leotards en die res van die Body Beat-attire is uit die oude doos, maar daar is steeds geld vir duur oefendrag en gym-ledegeld. En al is ek nie ’n wafferse gymmer nie, is ek steeds skuldig aan die soort gerieflike lewe in die suburbs wat in ’n hoë mate afhanklik is van huis- en tuinhulpe se arbeid.
Ek het toevallig ’n paar jaar gelede navorsing gedoen oor huishulpe se persepsies van opleidingsgidse (kookkuns, kinderversorging ens.) en of hulle dit byvoorbeeld as toeganklik en ontdaan van stereotipes ervaar. Ek het dus gesels met ‘n groep vroue wat as huishulpe werk en deeltyds by ’n nieregeringsorganisasie opleiding ontvang. Groot was my verbasing toe ek moeite ondervind het om die gesprek op die gidse gefokus te hou, en die gesprek beweeg het in die rigting van ’n vergelyking van kantoorwerk teenoor fisiese arbeid. Die meeste van die vroue se mening was onomwonde: Om op ‘n rekenaar te sit en tik, is ’n ydele aktiwiteit, dis nie werk nie. Vloere was en mop, stryk en skottelgoed was is ware werk. Sedert daardie dag kom sit ’n skuldgevoel tussen my blaaie sodra ek my rekenaar aanskakel. Want prakties beteken dit iemand doen daardie “regte werk” vir my, sodat ek die vryheid het om te kan studeer, te kan lees, te kan skryf. (Ook vertel Antjie in Begging to be black : Wat moet haar weeklikse huishulp se gedagtes wees as sy haar werkgewer op haar rekenaar sien tik, en boonop daaruit ’n inkomste genereer vir ’n huis, motor, klere en oorgenoeg kos?)
As ek net verby ras en klas kon kyk en buite daardie parameters my lewe kon lei, sou ek waarskynlik makliker in ’n voortsedelike gemaksone kon leef. Prakties sal dit beteken dat jy skuldgevoelvry kan sit en ‘n digbundel lees terwyl iemand anders jou kroos se wasgoed opvou. Jy sal die spinnekopneste in die hoek kan delegeer en Anna Karenina nadertrek.
Soms lyk dit vir my asof die jonger generasie makliker met hierdie dinge omgaan; asof hulle reken get over it, laat die lewe aangaan, dis dinge van die verlede. (Vergewe tog as ek dalk veralgemeen.) Ek verwonder my aan my kinders se vermoë om verby kleur te kyk en die mens raak te sien; ook aan hoe hulle skynheilige politieke korrektheid nie nodig het nie.
Ek dink tog dat ek nie regtig anders wil of kan dink nie. Ek wil ras, klas en geslag raaksien en ek wil aanhou om dit in tekste te vind, want ek is bloot te diep en te veel daardeur geraak om van die kennis daarvan afstand te kan doen. Dit sal wees om intellektueel en psigies mutton dressed up like lamb te word; om myself te bedrieg dat ek kan deel in my kinders se ligter tred deur ons land.
Miskien, dink ek intussen, het ek bloot ’n ander perspektief op hierdie kwessies nodig; ’n ander bril, ’n ander lens of filter. Hierdie ketting van betekenisse bring my op ’n manier intuïtief by “venster”, sodat ek Loftus Marais se debuut, Staan in die algemeen nader aan vensters, van die rak afhaal en die gedig “Terug op die plaas” opnuut lees:
“daar’s min politiek in jou verse” sê my suster
“die digter het tog ’n verantwoordelikheid”
suster, ons generasie is die wesies van ideologieë
die groot idees staan teen die horison soos bouvalle
beeldskoon en gevaarlik soos dié ou waenhuis
’n karkas met ribbebalke en gate in sinkplate
ons loop in stof tussen blikke, klippe
verby, vermoedelik, ’n bylsteel, ’n pispot
en daardie murasies wat die kroeke was
ons onthou apartheid as alledaagse dinge
enemmelborde, selfgerolde sigarette, ’n aparte kraan
die skok van uitvind grieta het kinders en ’n man
suster, kyk na die leë skure teen die rand
waar destyds skeertyd dertig werkers per saal
geskeer, geëet, gesing, geslaap het
daar lê nou skerwe glas, draad, skerp stukke roes
daar’s ’n waarskuwing op karton
om nabye huise se kinders te verdryf:
“danger gevaar ingozi” – van meer nut
as enige gedig wat ek kan skryf
En sedertdien loop ek rond met hierdie wonderlike gedig wat ek in my skedel van bakboord na stuurboord laat bons in die hoop om die “betekenis” of die “boodskap” te vind. Sou dit kon wees dat die jonger geslag hulle ervaar as diegene vir wie al die ideologieë van twee of drie dekades gelede nie meer ‘n werklikheid is nie, vir wie dit nie ’n verskil gemaak het nie? Of is hulle bloot moeg vir hulle ouers se gewroeg met ideologieë, hulle destydse flirtasies met Marxisme? Sien hulle ‘n meer tasbare werklikheid raak – die praktiese een waarin apartheid die gesig van iets soos afsonderlike eetgerei aangeneem het? Voel hulle dat die literatuur nie veel van ’n verskil kan maak nie en dat ons eerder prakties mense se lewens moet probeer verbeter? Maar hoe verskil dit dan van my eie aan-die-lyf-ervarings van die verlede wat steeds saamleef, selfs in iets so eenvoudig soos die madam wat tik terwyl die huishulp die houtvloere poleer? En watter oplossing, watter venster is daar vir ’n tikkende madam?
Thursday, July 1st, 2010
 Little Caeser
My vorige inskrywing op hierdie blog het gehandel oor die Amerikaanse digter en skrywer Dennis Cooper. Benewens sy eie skryfwerk is Cooper ook bekend vir die tydskrif Little Caeser. Dit word op Cooper se webblad beskryf as ‘n “literary journal with an anarchist, punk rock spirit.”
“From its humble beginnings as a skinny, low-tech zine dominated by poetry, it grew into a book sized magazine featuring poetry, fiction, portfolios of art and photography, essays, special theme issues, and interviews with a wide range of writers, artists, and pop culture figures (ranging from teen idol Leif Garrett to musicians like Johnny Rotten and Gram Parsons to porn director Toby Ross, to name but a few).”
Daar het altesaam twaalf uitgawes van Little Caeser tussen 1976 tot 1982 verskyn. Met bydraers wat Andy Warhol, Lou Reed, Nico, Debbie Harry en Brian Eno ingesluit het, is dit seker nie vreemd dat hierdie uitgawes vandag versamelaarsitems is nie. Volgens Cooper se webblad: ”These days, issues of Little Caesar are highly sought after and have sold on the collector’s market for as much $800.” Cooper se inleiding tot Little Caeser 1 laat my nogal dink aan Loftus Marais se “Die digter as rockster”, en aan die besprekings oor die verhouding tussen die digkuns en rockmusiek in Afrikaans wat daarop gevolg het:
“I have this dream where writers are mobbed everywhere they go, like rock stars and actors. A predilection? You never know. People like Patti Smith are subtly forcing their audiences to become literate, introducing them to Rimbaud, Breton, Burroughs and others. Poetry sales are higher than they’ve been in fifteen years. In Paris ten year old boys clutching well worn copies of Apollonaire’s ALCOOLS put their hands over their mouths in amazement before paintings by Renoir and Monet. Bruce Lee movies close in three days. This could happen here.”
Daar is ook niks nuut onder die son nie! In elk geval, vir diegene wat in kultuurfenomene soos Amerikaanse little mags uit die 1970’s belangstel, is daar goeie nuus: Jy het nie $800 nodig om jou hande op Little Caeser te kry nie. Jy kan ‘n hele paar van hulle in pdf-formaat hier besigtig en aflaai, op Cooper se webblad. Hier is ook sommer nog een van Cooper se gedigte; ‘n heel gepaste een, dink ek, siende ons vanoggend rondgedwaal het in ‘n amper vergete, heel marginale argief:
Time is a construct - Dennis Cooper
Time is a construct.
Invented so we wouldn’t miss
mass and meals,
births and bombing raids,
weddings and wakes,
meetings and monied accounts.
What is time?
A false finite; a blasphemy on forever.
Tuesday, March 30th, 2010
Om my bydrae tot hierdie maand se blogfokus af te sluit - nie ʼn gedig wat op ʼn skildery reageer nie, maar ʼn skildery wat ek in herinnering roep n.a.v. “Kloofstraat, perspektief”, Loftus Marais se nuwe gedig. Dis ʼn skildery deur Walter Meyer.
 Kloofnek deur Walter Meyer
Miskien is Walter Meyer ‘n skilder van anti-landskappe.
Tuesday, March 16th, 2010
Na die afgelope Woordfees begin ek so stadigaan weer my kop bo water lig – my oortjies steek net-net uit.
Louis en Marlise het seker al moed opgegee met my omdat ek die afgelope twee maande so stil was. Ek is jammer daaroor, liewe webmeester en webmeesteres.
Ons is besig om die laaste punte vas te knoop na ʼn heerlike Woordfees waarin ons ʼn rekord aantal kaartjies verkoop het. Ons is ook baie dankbaar oor die bywoningsyfer van 70,72%. Verlede jaar, tydens die elfde US Woordfees, wat toe die grootste was in die elf jaar van die fees se bestaan, was dit net onder 70%.
Sonder ons skrywers en digters sou die fees natuurlik nie kon wees nie. Baie van die digters wat aktief is op hierdie webwerf, het opgetree by die Woordfees. Aan gesprekke en lieflike poësie was daar dus nie ʼn tekort nie.
Ek deel graag ʼn paar foto’s van digters wat gaste was by Skemerverse op die laaste (Sondag-)aand van die Woordfees.
Annie Klopper, van wie se verse in Tafelberg se Nuwe Stemme 4 opgeneem is, het die foto’s geneem.
Abel Kraamsaal het gesorg vir die musiek tussen digters se voorlesings. Sy jongste CD, Die afstand tussen tyd, is onlangs uitgereik na ʼn musikale stilte van drie jaar.

Danie Marais was skitterend, soos altyd. ʼn Lekker verrassing was toe hy vir Rustum Kozain as gas daar aanbring. Ek en Danie kon darem vinnig-vinnig nuus uitruil tydens ʼn kort verposing in die Trumpet Tree se rookkamer.
Twee jongmanne aan wie se lippe Skemerverse se gehoor gehang het, was Jasper van Zyl en Loftus Marais. Loftus het, soos almal weet, nou omtrent al elke literêre prys met sy uitstekende debuutbundel, Staan in die algemeen nader aan vensters, ontvang. Ons sien uit na Jasper se debuut wat later vanjaar verskyn.

Louis Esterhuizen en Marlise Joubert is altyd ʼn wenkombinasie by ʼn geleentheid soos Skemerverse. Die ontstemmende rustigheid en liefde wat straal uit hul aanbiedings bevredig ʼn kritiese gehoor. Oor Louis se Wat die water onthou heers daar groot opgewondenheid.

Diana Ferrus was haar formidabele self. Ek het agterna tot om middernag saam met haar gekuier. Ons verstaan mekaar. Diana, ek hoop jou bril en skoene wat jy vergeet het, het jou bereik daar waar ek dit by UWK laat aflewer het.
Volgende jaar maak ons weer so.
Tags: Abel Kraamsaal, Annie Klopper, Danie Marais, Diana Ferrus, Jasper van Zyl, Loftus Marais, Louis Esterhuizen, marlise joubert, Rustum Kozain, Skemerverse, Woordfees Posted in Uncategorized | 2 Kommentare »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Monday, November 30th, 2009
Dr Zandra Bezuidenhout
Commendatio by die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir 2009
 Loftus Marais
Soos u waarskynlik reeds weet, is Loftus Marais se digbundel Staan in die Algemeen Nader aan Vensters wat in 2009 by Tafelberg-uitgewers verskyn het, vanjaar die wenner van die Ingrid Jonker-prys. Dit gaan jaarliks aan ‘n debuutbundel, en om die beurt vir poësie in Afrikaans en Engels.
Hierdie toekenning het ontstaan uit ‘n prysfonds wat in 1965 ná Jonker se begrafnis deur haar vriende en medeskrywers ingestel is. Weliswaar klink ‘n bedrag van
R3 000 vir skeppende werk nie besonder groot nie, maar saam met die medalje wat deur Bill Davis ontwerp is, en natuurlik die nagedagtenis aan Ingrid Jonker, gee die prys ruim erkenning aan ‘n belowende jong stem in ons poësie. Meer nog, is dit ‘n openbare saluut deur gevestigde digters vir ‘n opkomende digter; ‘n unieke aanmoediging en uitdaging om ernstig aan ‘n digtersloopbaan te begin bou.
Daar was vanjaar vier kandidate. Die beoordelaars het daarop gewys hoe moeilik dit was om ‘n wenner te kies, en beskou Ronelda S. Kamfer se Noudat Slapende Honde wat in 2008 by Kwela verskyn het as ‘n baie sterk naaswenner.
Nietemin is dit Loftus Marais wat vandag as waardige wenner uit die stryd tree. “Dis selde dat ’n letterkunde, enige letterkunde, geseënd is met ’n nuwe stem wat so sterk is soos Loftus Marais s’n”, lui ‘n uittreksel uit die beoordelaarsverslae. Daar word melding gemaak van die buitengewone bundel-afronding en die reeds buitengewone peil van ontwikkeling van Marais se digterseienskappe. Hy betrek onwaarskynlike onderwerpe, en ook daarin skitter hy. “Oorspronklik”, en “Skokkend goed”, beskryf nog ‘n beoordelaar sy gedigte.
Marais se poësie word aangeprys vir die gesofistikeerdheid en vernuf daarvan, asook vir die ironie wat nooit in sarkasme verval nie. Dieselfde beoordelaar sien die spreker as ‘n “geïnspireerde flâneur”, ‘n wandelaar wat aan sy verbeelde gespreksgenoot die onwaarskynlike en absurde in die alledaagse Afrikaanse bestaan uitwys, en ingestel is op ontluistering. Die verse word trouens bestempel as “heilige spot”, maar sterk intellektueel en vormvas. Nietemin, so voel ‘n ander beoordelaar, is dit ‘n bundel wat tot Jan Alleman uitreik vanweë die leesbaarheid van die gedigte, en ook daarmee vernuwing in die Afrikaanse digkuns bring.
“Kyk daar”, sê hierdie digter, “en sien wat jy sien”; en by implikasie: “Staan nader aan die vensters: die weerlig wag op jou.”
Op hierdie onheilspellend-speelse noot oorhandig ek graag namens die komitee die Ingrid Jonker-prys vir 2009 aan Loftus Marais – wat as eerstejaarstudent by my in die groepklas gesit het, en ook daar, so glo ek graag, deur die vonk van die poësie bekoor is.
Veels geluk aan ‘n stoutmoedige en vernuftige wenner.
Dr. Zandra Bezuidenhout
Namens die Ingrid Jonker-pryskomitee
Stellenbosch Versindaba, 28 November 2009
Wednesday, October 21st, 2009
 Loftus Marais (Foto: Michael Hammond)
Ons is omtrent in die seisoen van pryswenners lyk dit my. So is dit pas bekend gemaak dat Loftus Marais vanjaar die Ingrid Jonker-prys ontvang vir sy debuutbundel Staan in die Algemeen Nader aan Vensters (Tafelberg, 2008). Vorige pryse wat hy reeds met dié bundel ingepalm het, is die Eugène Marais-prys (wat hy met Rondelda S. Kamfer deel) en die Universiteit Johannesburg se debuutprys. Die amptelike persverklaring deur die reëlingskomitee lees soos volg:
Marais se poësie word aangeprys vir die gesofistikeerdheid en vernuf daarvan, asook vir die ironie wat terselfdertyd ontdaan is van sarkasme. Een beoordelaar sien die spreker as ‘n ”geïnspireerde flâneur” wat aan ‘n veronderstelde gespreksgenoot die absurde in die alledaagse uitwys. Dieselfde beoordelaar bestempel ook hierdie poësie as sterk intellektueel en vormvas, en as “heilige spot”. Nietemin, soos ‘n ander beoordelaar dit stel, is dit ‘n bundel wat tot Jan Alleman uitreik vanweë die leesbaarheid van die gedigte. Die bundel word ook aangeprys vir die vernuwing wat dit in die Afrikaanse digkuns bring.
Die beoordelaars het ook daarop gewys hoe moeilik dit was om ‘n wenner te kies, en beskou Ronelda S. Kamfer se Noudat Slapende Honde (Kwela, 2008) as ‘n baie sterk naaswenner. Haar poësie, sê een van die beoordelaars, word gekenmerk deur belydenis, “maar dan ‘n belyding wat ‘n gat deur die bladsy brand.” Nog ‘n beoordelaar stel dit so: “‘n Totaal onderbeligte deel van die Afrikaanse taal-demografie praat deur haar in ‘n besondere sterk stem op ‘n manier soos nog nooit tevore nie.”
Die Ingrid Jonker-prys word elke jaar aan ‘n debuutbundel toegeken, alternatiewelik vir poësie in Afrikaans en Engels. Die prys sal op 28 November tydens die jaarlikse Versindaba op Stellenbosch aan Marais oorhandig word.
Trienke Laurie, Petra Müller and Charl-Pierre Naudé was die beoordelaars.
***
Veels geluk, Loftus! Ons klap saam hande. Myns insiens was hierdie groep debutante ‘n besonder sterk groep en om as wenner uit dié besonderse groep aangewys te word, is geen geringe prestasie nie. Die ander bundels wat beoordeel was, (in aflabteiese volgorde, volgens outeur) is: Retoer (Andries Bezuidenhout), Noudat slapende honde (Rondelda S. Kamfer) en Onbedoelde land (Bernard Odendaal). Mag hierdie debutante se loopbaan as digters veelvuldig en roemryk wees.
Ter wille van volledigheid - Vorige wenners (Afrikaanse afdeling) is soos volg: Danie Marais (2006), Ilse van Staden (2004), Martjie Bosman (2002), Zandra Bezuidenhout (2000), Trienke Laurie (1998), Charl-Pierre Naudé (1996), Gert Vlok Nel (1994), PJ Bosman (1992), HJ Pieterse (1990), Rosa Smit (1998), Donald Riekert (1986), Johann Lodewyk Marais (1984), Johann de Lange (1982), TT Cloete (1980), Marlene van Niekerk (1978), JC Steyn (1976), Leon Strydom (1974), Lina Spies (1972), Sheila Cussons (1970), MM Walters (1968) en DPM Botes (1966).
Ander name sluimer nog …
Redaksie
|
|