Posts Tagged ‘Louis Esterhuizen’

Louis Esterhuizen - vertaling in Nederlands

Monday, November 16th, 2009

Louis Esterhuizen - vertalings deur Chris Coolsma

Gedichten van Louis Esterhuizen, vertaald door Chris Coolsma

{Soos ook verskyn in Meanderkrant}

 

I. Uit: Sloper, Protea Boekhuis, Pretoria, 2007, ISBN 978-1-86919-186-3

 

Lament

 

geen oomblik is meer weerloos

as dié oomblik, soggens, wanneer jy

deur die eerste skrefie lig

 

na jou vrou kyk wat hier langs jou

 

in droomstreke dwaal waar jy

haar nooit kan volg nie-

nogtans, vir ’n wyle hou jy haar

vas, en dan: die opstaan,

die agterlaat

 

terwyl haar hand

afwesig om jou duim bly stulp, want

 

niks is meer blywend

as dié afskeid nie

 

 

Klaagzang

 

geen ogenblik is zo weerloos

als dat ene, ‘s ochtends, wanneer je

in het eerste streepje licht

 

naar je vrouw kijkt die hier naast je

 

in droomstreken dwaalt waar je

haar nooit kunt volgen -

maar toch, je houdt haar een tijdje

vast, en dan: het opstaan,

het achterlaten

 

terwijl haar hand

nog even afwezig om je duim stulpt, want

 

niets is zo blijvend 

als dit afscheid

 

 

 

Lyfkaart

 

Jy ken die geure van haar lyf,

die reuk van perskes

onder borste. Die gewig daarvan

 

in jou hande. Jy ken die klam lower

van nat hare teen jou gesig.

So ook donkertyd se vreugdes

Wat sy oor jou lê.

 

En wanneer jy jou oë toemaak,

vind jy haar telkens weer

in al die voue terug: van agter die knie,

 

tot in die elmboog se waai;

van die voet se spoor, tot die kurwes

om oogbank en neus. Van wimper

tot sool ken jy immers

 

die geluide, die kreun van ‘n lyfkaart

wat behoue, dog bykans

verlore is.

 

 

Lijfkaart

 

Jij kent de geuren van haar lijf,

de reuk van perziken

onder borsten. Het gewicht daarvan

 

in je handen. Jij kent het klamme lover

van natte haren tegen je gezicht.

Zo ook de vreugden van de donkerte

die zij over je legt.

 

En wanneer je je ogen sluit,

vind je haar telkens weer

in al de vouwen terug: van achter de knie,

 

tot de knik van de elleboog; 

van de holte van de voet, tot de kurven 

rond oogkas en neus. Van wimper

tot zool ken jij immers

 

de geluiden, de kreun van een lijfkaart 

die behouden, maar bijkans

verloren is. 

 

 

 

II. Uit: die geduld van water, cyclus van 9 gedichten in ‘wat die water onthou’, 

ongepubliceerd.

 

 

(3) skoling

 

om ’n akwarel te maak moet jy 

water kan beheer, sê sy en plaas 

’n spatsel groen presies

 

waar sy ’n boom vermoed –

ook mag jy nie huiwer nie, want 

anders as met olie 

 

laat waterverf jou nie toe

om te plooi of skik nie: jy moet 

klaar wees vóór 

 

die papier moeg word 

 

en meteens sien jy 

die druppeltjie bruin tussen 

al die groen –

 

verbaas oor hoe vinnig 

die papier dit alles

absorbeer

 

 

(3) scholing

 

om een aquarel te maken moet je

water kunnen beheersen, zegt ze en plaatst 

een spetter groen precies

 

waar zij een boom vermoedt – 

ook mag je niet beven of dralen, want

anders dan met olie

 

staat waterverf geen plooien

of schikken toe: je moet

klaar zijn voordat

 

het papier moe wordt

 

en meteen zie je

het druppeltje bruin tussen

al het groen – 

 

verbaasd hoe snel

het papier dit alles

absorbeert

 

 

(4) oop en bloot

 

ywerig vertel sy jou van verberg 

en vind as verftegniek: die gedeeltes

van ’n muur wat nie geteken

 

word nie, en skielik verskyn daar uit

al die ferm en verbeelde lyne

die suggestie van ’n huis: letterlik

 

oop en bloot, lag sy, maar 

om die oog nie met detail gevange 

te hou nie, word die oordaad 

 

by die agtergrond 

ingesmelt soos in ’n gedig 

 

dit die geval is 

met liefde en ook 

die dood

 

 

(4) open en bloot

 

ijverig vertelt zij je van verbergen

en vinden als verftechniek: de gedeelten

van een muur die niet getekend

 

wordt, en schielijk verschijnt daar uit

al de ferme en verbeelde lijnen

de suggestie van een huis: letterlijk

 

open en bloot, lacht ze, maar

om het oog niet in details gevangen

te houden, wordt de overdaad

 

bij de achtergrond

ingesmolten zoals in een gedicht

 

het geval is met liefde en ook

met de dood 

 

 

 

III. Uit: Amper elders, ’n Reisjoernaal, ongepubliceerd. 

Praag, 28 maart- 2 april 2008 

 

dodestad

 

1

 

diep onder die strate van praag

is daar nóg ’n stad: ’n doolhof van stegies

en geplaveide strate, gange en kamers

van verspoelde lewens

 

toe die vltava nog magtig was

en wild: stom, die ingekelderde stemme 

wat klank verloor het, afgegee aan

die rommel en slik 

 

toe hulle stilweg die nuwe stad

gebou het in barokstyl

bo-oor die verdronke stiltes

ondergronds –

 

intussen is die rivier opgedam,

met sewe brûe bekroon en vele aanslae 

op die stad afgeweer,

intussen is begraafplase ver en wyd gevestig,

monumente gebou en weer

afgebreek, want hoe lank kan ’n grafsteen

staande bly 

 

voor dit gewoon klip word 

met inskripsies wat niemand 

meer wil glo nie

 

 

 

dodenstad (1)

 

diep onder de straten van Praag

ligt nog een stad: een doolhof van steegjes

en geplaveide straten, gangen en kamers

van weggespoelde levens

 

toen de vltava nog machtig was

en wild: verstomd de ingekelderde stemmen

die hun klank verloren, afgegeven

aan rommel en slik

 

toen zij stilaan de nieuwe stad

bouwden in barokstijl

bovenop de verdronken stiltes

ondergronds – 

 

intussen is de rivier ingedamd,

met zeven bruggen bekroond, en zijn vele

aanslagen op de stad afgeweerd,

intussen zijn heinde en ver begraafplaatsen gevestigd,

monumenten gebouwd en weer

afgebroken, want hoe lang kan een grafsteen

staande blijven

 

voor hij gewoon weer steen wordt

met inscripties die niemand

meer wil geloven

 

 

 

Eenmansteeg

 

Verlange is ’n eenmansteeg in die stad

se oudste deel met ’n robot weerskant

om die deurloop te reguleer.

 

En kyk jy terug deur die smal gang,

weet jy: vanoggend is die lug

poeierblou 

bo Jonkershoek.

 

Dit is immers die aard van verlange.

Om só iets te weet. En dié wete

is ‘n straat

 

breed genoeg

 

vir die één voetganger

op ’n keer

 

 

 

Eenmanssteeg

 

Verlangen is een eenmanssteeg

in het oudste stadsdeel met een automaat

aan weerskanten om de doorloop te regelen.

 

En kijk je terug door de smalle gang,

dan weet je: de lucht is vanochtend

poeierblauw

boven Jonkershoek.

 

Het is immers de aard van verlangen

om zoiets te weten. En dát weten

is een straat

 

breed genoeg

 

voor één voetganger

per keer.

 

 

 

Amsterdam, 23-28 maart 2008

 

 

 

Sirkelgang

 

Party sê dié stad is die duimafdruk van God

wat konsentries ingegroef lê teen die stinkende Ij.

Ander reken weer dis eerder Dante se simbool

 

vir die hel wat jou deur etlike dwaalstrate heen

lei na waar die hoop kniediep in flou water staan.

Party sê dié stad is die duimafdruk van God

 

met ’n ingedykte vervlegting van waterkanale

wat kapsie maak teen die tyd se ontydige verloop.

Ander reken weer dis eerder Dante se sirkels 

 

wat jou verlei om dieper in te dwaal na waar

aanwysing en verbod iets is wat nouliks bestaan.

Party sê dié stad is die duimafdruk van God

 

wat deurstraal is met lig en die elegansie

van verdraagsaamheid te midde van oude gang.

Ander reken weer dis eerder Dante se tekens

 

waarmee die mot ingereken word by die vlam –

’n heuningpot van selftevredenheid en eigenwaan

wanneer daar gesê word

dié stad is die duimafdruk van God, rygdrade

 

waarmee jy rigting vind 

en verloor

 

 

 

Cirkelgang

 

Sommigen zeggen dat deze stad een duimafdruk van God is

concentrisch ingegroefd tegen het stinkende IJ.

Anderen vermoeden eerder het symbool van Dante

 

voor de hel die je door ettelijke dwaalstraten

leidt naar waar de hoop kniediep in brak water staat.

Sommigen zeggen dat deze stad een duimafdruk van God is

 

met z’n ingedijkte vlechtwerk van waterkanalen

die protesteren tegen het ontijdige verloop van de tijd.

Anderen vermoeden eerder de cirkels van Dante

 

die je verleiden om dieper te dwalen naar waar

gebod en verbod nauwelijks bestaan.

Sommigen zeggen dat deze stad de duimafdruk van God is

 

die doorstraald is van licht en de elegantie

van verdraagzaamheid waar alles bij het oude blijft.

Anderen vermoeden eerder tekens van Dante

 

waarmee de mot naar de vlam wordt geleid – 

een honingpot van zelfgenoegzaamheid en eigenwaan

wanneer er gezegd wordt

dat deze stad de duimafdruk van God is, rijgdraden

 

waarmee je richting vindt

en verliest

 

 

 

 

 

‘n Ringdig vir Vrouedag!

Monday, August 10th, 2009
Vrouedag

Vrouedag

Nou ja, toe. Gister was Vrouedag en só is dit goed en is dit reg. Ek kan my beswaarlik ’n man indink wat nie met akklamasie die vroue in ons geledere sal wil toejuig (en koester) nie. Soms weliswaar met geknersde kake of bedremmelde gemoed, maar objektief beskou is dit immers vroue wat die aanhou en uithou in hierdie lewe die moeite werd maak. Nietemin, ter viering van vrouedag het ons dit goedgedink om ’n aantal digters te nader met die versoek om elkeen ’n reël tot ‘n ringdig oor vroue by te dra. Liewe hemel, wat ’n gedoente! Uiteraard is dit beslis nié ’n goeie idee om so iets op ’n Vrydag voor ’n langnaweek te probeer nie, want mans werk mos, sien. En natuurlik kan jy nie die vers na ’n volgende persoon aanstuur alvorens jy die reël van die vorige persoon ontvang het nie. Dus - wag en wag. Later bel. En uiteindelik is dit klaar; met gebreke en al.

Laat my nogals dink aan sóveel “manlike” situasies waar die man so dikwels vergewe moet word vir ’n bra gebreklike produk of optrede met dié woorde: “Toe maar, dis tog die idee wat tel.”

As stimulus vir die ringdig het ek die openingsreël uit NP Van Wyk Louw se gedig nr. LXV in Tristia geneem. Waarskynlik was dit nié ’n goeie keuse nie, want die verwagte darteldans van sinne en beelde het helaas nie gematerialiseer nie … Dalk ook maar vanweë die “einde-van-die-week-sindroom”?

In ieder geval, hier onder volg ons poging, met al die gepaste blosings en vroetelings wat ’n groepwoeps so dikwels tot gevolg (behoort) te hê. Die digters wat hieraan deelgeneem het (in streng alfabetiese volgorde ten einde identiteit te verbloem), is: Andries Bezuidenhout, Gerrit Brand, IL de Villiers, Louis Esterhuizen, Daniel Hugo, Danie Marais, Johann Lodewyk Marais, Charl-Pierre Naudé, Bernard Odendaal, Christo van Staden (aka JC Van) en Cas Vos. Veral dankie aan Johann Lodewyk Marais wat darem by wyse van slot die vers op ’n manier tot iets met leesbare potensie kon bekook. Ook - my apologie aan die twee digters wie se reëls liggies aangetas moes word ter wille van die geheel.

Dan is dit ook vir ons besonder aangenaam om bekend te maak dat prof. Bernard Odendaal ingestem het om as residensiële resensent vir die webblad op te tree. Dit beteken dat hy nuwe digbundels eksklusief en uitsluitlik vir Versindaba gaan resenseer. Te midde van die uitgesponne debat oor die stand van ons resensie-bedryf wat die afgelope jaar of wat in die media gevoer word, wil ons glo dat die aanstelling van ‘n vaste resensent voordelig gaan wees ten opsigte van kontinuïteit, gehalte en objektiwiteit. ‘n Verdere voordeel wat dié forum aan prof. Odendaal bied, is dat daar geen lengtebeperking geld ten opsigte van sy resensies nie. Ons glo dat hierdie ‘n uiters belangrike toevoeging tot die funksionaliteit van die webblad is. Intussen kan u prof. Odendaal se resensies oor onlangse bundels lees wat hy goedgunstelik vir plasing deurgestuur het. Sy resensie van Jelleke Wierenga se “Bloot mens” sal eersdaags geplaas word.

Lekker lees aan al die nuwe inhoud op die webblad en geniet die rusdag.

Mooi bly.

LE

 

RINGDIG VIR VROUEDAG

9 Augustus 2009

 

 

Die vrou die word glo magies vasgesnoer
deur die liefde as heilige of as hoer –

altans, sy stel haar in sonlig so voor

en glimlag klandestien van oor tot oor.

           

Maar, ag, sonlig, dis net die duister se verwyl

as sy onder geskroeide vlerke skuil

en hemel toe versug, maar neerwaarts hel

sonder om sente of soentjies te tel.

 

Die vrou, glo gebore om te bekoor,

laat vallend beelde skeur, repe skildery

ontheg: sigself is skoonheid nie genoeg.

O vrou, wat ‘n vreemde vreugde is jy!

 

Ek rond my soet en kortstondige verblyf

af met ’n welgeluksalige en verleё wuif.

Spieëlmaats

Monday, August 3rd, 2009
Die koningrooibekkie

Die koningrooibekkie

Aangesien ons hierdie naweek die derde maand van die webblad gevier het, is ‘n meer persoonlike Nuuswekker seker in orde … En wat ‘n wonderlike 3 maande was dit nie! So is daar die daaglikse besoekerstal wat lag-lag meer is as die gemiddelde oplaag van ‘n digbundel; die entoesiastiese terugvoer vanuit soveel verskillende oorde; die verbysterende gehalte van die bydraes wat ingestuur en/of geplaas word; die bloggers wat ‘n mens telkens stom laat voor die gehalte van hul blogs, ensovoorts. Maar natuurlik, soos dit maar dikwels die geval is, was daar teleurstellings ook. Soos ons onvermoë - tot dusver - om ‘n borg vir die webblad te kan bekom; of ondernemings wat gegee word en dan nie nagekom word nie. Sug. Mens bly maar mens, is dit nie?

En dit bring my by die storie waarmee ek jou vanoggend wil vermaak. Dit handel naamlik oor ‘n allerlieflikste koningrooibekkie wat die afgelope weke die boom reg voor my studeerkamervenster sy tuiste gemaak het. Telkens wanneer ek voor my rekenaar kom sit, sal hy reg voor my kom fladder en saggies teen die ruit pik-pik asof hy na binne wil kom. Andersins sal hy op die tak reg voor my venster sit en my stip dophou, hoe en waar ek ook al beweeg. Pietjan het ek hom gedoop en klaviermusiek is sy ding. Veral Chopin en Schumann. Ons het goeie vriende geword, uiteraard. Aangesien ek egter bekommerd begin raak het oor Pietjan se onnatuurlike fiksasie op my, asook sy beperkte spieruithouvermoë, het ek ‘n spieël in die ruit geplaas met ‘n voetstuk aan die buitekant sodat hy ure daar kan verwyl in ‘n intieme gesprek met sy spieëlbeeld. Ai, mense. Wat ‘n plesier … Maar nou ja, soos in my inleidende paragraaf reeds gesê: té veel vreugde is ook nie goed vir ‘n mens nie. So gebeur dit toe mos dat die mossies óók die spieël ontdek en dit volledig vir hulself toeëien, terwyl Pietjan (wat maar nog ‘n babatjie is) hom ietwat verleë verder agtertoe in die bos skuilhou. O, die teleurstelling.

Nietemin, na drie maande moet ons afskeid neem van een van ons gewaardeerde bloggers. Daniel Hugo het naamlik versoek om vervang te word, aangesien hy dit weens omstandighede moeilik vind om daarmee vol te hou. Ek moet ook erken dat Daniel se onderneming reg van die begin af was om ons net te help om die webblad se blogs van stapel te stuur. Vir sy insette kan ons net dankbaar wees. Dankie daarvoor, Daniel. En wees verseker: ons sal jou wel weer op ánder maniere (probeer) betrek.

Nou ja, so is dit dat ons tans oor ons eerste vakature vir ‘n blogger beskik. Laat weet gerus indien jy sou belangstel.

Maar kom ons eindig dié Nuuswekker op ‘n meer positiewe noot. Een van ons uitgespelde doelwitte met dié webblad is om die Afrikaanssprekende poësieliefhebber ook groter blootstelling aan Internasionale Poësie te bied. Hierin lewer Charl-Pierre Naudé uiteraard ‘n enorme bydrae en sy voorstel onlangs om van “gas-bloggers” gebruik te maak, is ‘n skitterende idee. Breyten Breytenbach se stuk “Klinkdink“, wat al geplaas is, is byvoorbeeld pure leesplesier. En dan laat weet Charl-Pierre dat Valzhyna Mort, oor wie ek in Vrydag se Nuuswekker berig het, se stuk reeds ontvang is en binnekort deur hom geplaas sal word. Sjoe, ‘n mens kan nie wag nie …

Ten slotte, aan almal wat tot die vestiging van hierdie baba-blad meegewerk het: baie, baie dankie. Veral diegene wat tot onderhoude toegestem het en/of artikels gestuur het. En natuurlik: ons bloggers. Ons kan maar net handeklap en juig. Júlle is immers die murg in hierdie gedoente se kuberpype. Om nie van ons geliefde webmeester te vergeet nie: dit is jý wat hierdie hele pypgedoente aan mekaar hou, Marlise. Dankie vir die ure en ure se harde werk.

Vanoggend, by wyse van oordaad, twéé verse. Die eerste deur ‘n meester; die ander ’n geleentheidsvers.

‘n Uiters aangename week word jou toegewens.

Mooi bly.

LE

 

Kontrak

 

U het die wêreld oopgeskiet

tot grot en grammadoela;

 

toe die blaar en riet,

U arbeiders, gestuur; wortels

wat nederig werk, die mier wat stokkies dra

en beitelpunt van die rivier.

 

U droom met dinamiet

en laat aan arbeiders

die besonderhede en verdriet.

 

© DJ Opperman (1945: Heilige beeste)

 

 

 

Spieëlmaats

 

Telkens die koningrooibekkie

se geflitter voor jou studeerkamerruit -

die elegante getjirp waarmee hy  

sy trae refleksie buitentoe roep. En jy

 

plaas ‘n spieël teen die glas vir hom,

met ‘n voetstuk van draad daarby

om knus-intiem in skerper fokus

by ‘n spieëlmaat die dae kop-in-mus

 

te verbly. Maar vanoggend is daar

net ‘n mossie se dom geboggel

by jou ruit: op en af, ure aaneen, op

en af, spring, spring, die waggelende

 

potsierlikheid. Om jou liefbekkie

waarskynlik elders heen

te verwilder.

 

© Louis Esterhuizen

Teen digterlike tangverlossings

Wednesday, July 15th, 2009

(… of dalk eerder narsissistiese notas oor waar my liefde vir poësie miskien vandaan kom, al stel niemand waarskynlik daarin belang nie – and good on them!)

 

‘n Vraag wat Louis Esterhuizen nou die dag vra sit my aan die dink oor waar my liefde vir gedigte vandaan kom. Hoekom koop mense digbundels? Of erger, hoekom lees hulle selfs daardie bundels? Of die alleverskriklikste moontlikheid: Hoekom slaan mense hul eie hande aan gediggies? Hoekom sal énigiemand hom of haar aan iets só pretensieus skuldig maak?

Ek onthou hoe Christo van Staden (Die Perdeby se kunsredakteur in die vroeë 1990s) uitgevaar het teen die Boheme wat in die Universiteit van Pretoria se koffiekroeg sit en “insipid poetgy uitguil” terwyl hulle vir mekaar vra “skgyf jy ook gedigte as jy depgressed is?” Ek hoop nie hy’t na my verwys nie. Ek dink hy het niemand minder as Breyten Breytenbach as ʼn ware digter gereken nie. Helaas, dit laat nie veel mense oor nie. As student het ek meestal geskryf as ek dronk of hoog is, maar danksy Christo sukkel ek nou nog om die term “digter” op myself van toepassing te maak.

Terug by Louis se vraag. Waar kom ʼn mens se liefde vir poësie vandaan? Dis iets wat mense wat hier rond boer as vanselfsprekend aanvaar, maar ek wonder nou al ʼn hele ruk daaroor.

Aanvanklik het ek oor my oupa Andries Rossouw se invloed nagedink. Hy was een van daardie outydse skoolhoofde. Hy was baie lief vir Afrikaans, dalk juis omdat hy amper Engels geword het in die strate van Belgravia en Bedfordview in Johannesburg, waar hy grootgeword het. Hy was in ʼn Engelse laerskool en al sy vriende was Engelssprekend, of van ander Europese lande. Hy is egter Helpmekaar toe vir hoërskool, waar hy vir die taal “gered” is. Soos hy eens geskryf het: “Ons was op pad om Rooinekkies te word, maar my leerlingskap by Helpmekaar was die reddende invloed met die gevolg: O moedertaal, o, soetste taal, jou het ek lief bo alles.” In die laat-20s en vroeë-30s hy aan die Universiteit van die Witwatersrand studeer, met Afrikaans en Duits as hoofvakke.

Gits, as ek nou só na my familiegeskiedenis kyk, lyk dit nogal donker. Duits in die 1930s. Ek het ook Duits as vak op skool gekies. My ma het altyd gesê ʼn mens leer jou eie taal deur ander tale ken. Maar hoekom juis Duits?

Ek onthou hoe my oupa “Der Erlkönig” kon voordra. As hy aan die einde by “In seinen Armen das Kind war tot” kom, was daar trane in sy oë. Ek het ook trane in my oë gehad as hy my hand styf vasdruk, my reguit in die oë kyk en “ek hou van ʼn man wat sy man kan staan” voordra. Tranerigheid is ʼn eienskap wat ek seker van hom geërf het. (Aan die ander kant, hulle sê mense wat met ʼn tangverlossing die lewe ingesleep is, is van nature hartseer.) Nietemin, alhoewel ek nog nooit goed was met die bars kyke en die handdrukke van ware mans nie, moes my oupa se liefde vir digkuns tog iewers spore gelaat het.

Toe, nou die dag in ʼn gesprek met Carina Stander op haar blog, noem sy my “Driesie van die binneland”. En net daar gaan ʼn ou laai van my brein se leggerkas oop en onthou ek ʼn hele aantal “rympies” (“Driesie van die binneland, het gaan kuier by die strand, so sonder broek of sonder baadjie…”). Ek dink dit kom uit die Kleuterverseboek. Ek besef toe dat my ma reeds by ons as kleuters ʼn liefde vir rym en metriese taal gekweek het. Miskien is die Kleuterverseboek die belangrikste boek in enige huishouding met kinders. My ma het ons ook geleer hoe om na musiek te luister, om die verskillende instrumente in ʼn simfonieorkes te identifiseer. Ek het talle kere met klavierlesse met haar as instrukteur begin, maar weer opgehou daarmee. Ek wou komponeer voor ek toonlere kon speel. Ek het note neergeskryf en my ma dan beveel om die komposisies te speel. Helaas, die resultaat was afgryslik.

My ma se wysheid het verder as digkuns en musiek gestrek. Sy het ook gesê ʼn mens moet realisties kan skilder voor jy abstrakte werke aanpak; advies wat ek weereens tot my eie nadeel ignoreer het. (Hier moet ek darem byvoeg dat ek weens my pa se homofobie nie toegelaat is om kuns as vak op hoërskool te neem nie. ʼn Seun met ʼn verfkwas in die hand sukkel blykbaar nog meer om sy man te staan.)

My ma het ons as kinders ook aan die teater voorgestel. Ek onthou hoe ontsteld sy was omdat die gehoor op al die plekke in “Pa, maak vir my ʼn vlieër, Pa” gelag het waar sy gehuil het. Ek het besef my ma kyk anders na toneelstukke as ander mense. Maar dalk het sy nie oor die toneelstuk as sulks gehuil nie. Ek dink ek was te jonk om te besef wat die boodskap van die toneelstuk vir my moes wees.

Ek is nou nog spyt dat ek nooit met klavierlesse volhard het nie. Die kitaar moet instaan as tweede beste. As André Letoit kon komponeer met net vyf akkoorde, kon ek ook mos! Maar dis eers later. Die punt wat ek probeer maak is dat daar belangrike kragte tussen poësie en musiek lê. Teater ook.

Op hoërskool het ek Pink Floyd en Leonard Cohen ontdek. Vir adolessente speel musiek ʼn belangrike rol om ʼn liefde vir digkuns (of ten minste die versvorm) verder te ontwikkel, dink ek. Ek sukkel deesdae om veral na die latere Pink Floyd te luister. Dis net té. Van Wish you were here en Dark side of the moon hou ek egter nou nog. Van Leonard Cohen kan ek steeds nie genoeg kry nie. Goeie wyn. Ek het sy gedigte deur sy musiek leer ken. Vir my was hy was die eerste voorbeeld van iemand wat die grense tussen liriek en poësie kon oorsteek. O ja, dan was daar Koos du Plessis se plate. My pa het hom “vrolike Koos” genoem. Hy bly ʼn meester van die liriek. Hoe kan iemand wat graag na hom luister nie ook van gedigte hou nie?

Ek dink nie die digkuns wat ons op skool gedoen het, het veel gedoen om ʼn liefde vir poësie te kweek nie. Ek weet nie of die skuld voor die deur van die keuse van gedigte gelê moet word nie. Dalk was die probleem die dodelik didaktiese wyse waarvolgens onderwysers gedigte behandel het. Ek hoop dit het verander, maar om een of ander rede twyfel ek.

Na skool en die weermag jou uitspoeg (laasgenoemde gelukkig nou iets van die verlede), ontwikkel jy in elk geval ʼn smaak van jou eie en lees jy self verder. Mense wat teen hierdie tyd nie ʼn oor vir poësie ontwikkel het nie, sal waarskynlik lewenslank doof bly.

Ons alternatiewe tipes is deur André Letoit betower en wou almal met ernstige uitdrukkings op ons gesigte en pette op ons vuil hare deur Pretoria se strate strompel. By Grapevine in Sunnyside is vele pogings aangewend om iets soos “die son loop agter die wolke deur” neer te pen. Ek onthou ook hoe iemand vir my uit Die huis van die dowe uit voorgelees het in ʼn koshuiskamer by die kunsfees in Grahamstad.

ʼn Mens moet André Letoit en Breyten Breytenbach seker nie in dieselfde asem noem nie, maar ek hoop die geskiedenis sal wys hoe belangrik Letoit, of Kombuis, was om ʼn hele generasie gedigte te laat lees. Daarvoor sal ek hom immer dankbaar bly, vir hom en vir Gert Vlok Nel. Hulle het die poësie uit biblioteke gehaal en op die straathoeke gesit.

Vat my opinie hier maar van waar dit kom. Op universiteit het ek nooit ʼn taal as vak geneem nie. Ek bly ʼn poëtiese outodidak, ʼn tref-en-trap skrywer – steeds dalk iemand wat wil komponeer voor hy sy toonlere ken. Maar ek voel nie spyt oor my getas in die donker nie. Ek stamp goeters om en kry lelike houe op my knieë. Maar ek vind my eie pad. Ons tangverlossings is dalk maar so.

Aan die ander kant is daar soveel wat ek as vanselfsprekend aanvaar. Ek het ʼn kollega wat nou nog met haar ma Afrikaans praat, maar Engels met my. Soms sien ek haar met ʼn Afrikaanse boek. Haar ma het haar ook teater toe geneem en hulle was lede van ʼn biblioteek. Tot daardie teater vir hulle toegemaak is en hulle uit die biblioteek geskop is. My oupa het hierdie onvergeeflike dade waarskynlik goedgekeur. Dis hierdie verlede – die vervreemding van meer as die helfte van Afrikaanssprekendes van die taal – wat die grootste enkele struikelblok is vir ʼn lewendige Afrikaanse digkuns. Hoe maak ʼn mens reg wat só verkeerd was? Dis seker onmoontlik. As die Afrikaanse digkuns ʼn stadige dood sterf, verdien dit waarskynlik daardie einde.

Ek het nou vreeslik afgedwaal. Wat sou die antwoord op Louis se vraag wees? Vang hulle vroeg, dink ek. Nie met tange nie. Lees eerder uit die Kleuterverseboek voor. Trek voortdurend verbande tussen musiek en taal. Iewers sal ʼn vermoede dat poësie veel meer as net pretensie is dalk posvat. Hoe kan enigiemand onaangeraak bly as hulle oor Katrina van die Bo-Kaap lees, van Martin, Diana en de lô, van Koichab se water, of van Rick Turner wat vir sy dogter sê om aan die planete te dink voor die veiligheidspolisieman hom doodskiet:

Waar stelsels eens geblink het was skroot en gruis
– ʼn donker sterrewag. Alle denkbeelde
het dié onverdeelbare bestanddele,
uiteindelik: gebreekte lens en koeël; boog, kruis.

Ek kom nou die dag op ʼn opname van Josh Ritter, een van my gunsteling singer-songwriters, af. Dis sy weergawe van Der Erlkönig, wat hy, vreemd genoeg, as “Oak Tree King” vertaal het. Ek hou daarvan, maar voel ongemaklik daaroor. Hoe kan hierdie upstart sangertjie met sy kitaar aanpak, op Amerikaanse Engels nogal, wat Schubert reeds vervolmaak het? Aan die ander kant begin ons almal iewers met ʼn reis deur taal. Ek dink die Kleuterverseboek is waar ek begin het, met iets soos: “Allenig moes ek bed toe gaan dis donker in die gang” tot by “die skelm was my eie jas wat aan die kapstok hang.”

Die bekendstelling van die nuwe uitgawe van die Kleuterverseboek hierdie week in Bloemfontein is iets waarop ons almal maar ʼn glasie absynthe (“die groen feetjie”) kan klink.

‘n Rowwe naweek in Kaapstad

Tuesday, June 2nd, 2009

Wat ʼn wonderlike naweek in die Kaap! En rof.

Ek het Vrydagmiddag klas in Stellenbosch bygewoon en na die tyd ʼn drankie saam met my dosente en klasmaats geniet. Soos ware sosiale vlinders het ek en Irma Saterdagoggend die bekendstelling van Louise Viljoen se boek oor Antjie Krog se werk by Protea Boekhuis op Stellenbosch bygewoon. Dit was baie lekker om ʼn bietjie verlore kuiertyd met Louis Esterhuizen op te vang. Ek is ook bly om te verneem dat ons webmeester, na verskriklike ontbering, binnekort weer op die been gaan wees.

Saterdagaand het in Kaapstad se middestad begin en in die vroeë ure van Sondagoggend op die ritme van Balkan dansmusiek iewers in Woodstock geëindig. Sjoe! En toe is daar Sondagaand se lekker kuier saam met Danie en Clive op die Unhappy Hour. Dankie aan Kabous, Ronelda, Rustum en al die ander mense wat sms’e tydens die show gestuur het!

Vir mense wat in Zilleland woon se part hoop ek nie al die naweke in Kaapstad en omgewing is só wild nie.

Toe ek vanoggend Koos Kombuis se bespreking van my eerste solo-CD “Insomniak se Droomalmanak” lees, kon ek nie anders as om aan 1989 terug te dink nie. Ek was in die weermag in Walvisbaai en het ʼn kopie van “Ver van die ou Kalahari” in die hande gekry. Soms, as ek wonder oor of dit die moeite werd is om gedigte te skryf en musiek te maak, dink ek terug aan wat ander mense se skilderye, romans, gedigte en musiek vir my gedoen het; daardie kere wanneer jy laaie in jou kop oopmaak wat jy nie geweet het bestaan nie.

“Ver van die ou Kalahari” het my die kitaar laat opneem. Dalk moet ek Koos eerder hiervoor kwalik neem! Dit beteken vir my ongelooflik baie dat juis hy die moeite gedoen het om versigtig na Insomniak te gaan luister en iets daaroor te skryf.

Gister weer in Johannesburg geland. Uit die lug kon ek meer as twintig veldbrande tel. Dis lekker om tuis te wees.

Lees Koos se “resensie” op sy blog, Deel 1 hier en Deel 2 hier.

Onderhoud met Luuk Gruwez

Wednesday, April 1st, 2009

Om blare aan ‘n boom te hang

Luuk Gruwez in gesprek met Louis Esterhuizen

 

 

Luuk Gruwez

Luuk Gruwez (gebore in 1953) is tans een van die bekendste (en mees gewilde) digters in Vlaandere en Nederland. In 2007 verskyn Bandelose gedigte: 1977 – 1990 by Praag Uitgewers en bevat ʼn keur uit sy poësie wat deur H.P. van Coller in Afrikaans vertaal is. Ondermeer is drie van hierdie vertaalde verse deur André P. Brink in die Groot Verseboek (Tafelberg, 2008) opgeneem. Aangesien nie baie Afrikaanse poësieliefhebbers vertroud is met hierdie begaafde digter se werk nie, het ons dit goed gedink om via e-pos met hom ʼn onderhoud te voer ten einde ietsie meer omtrent sy ingesteldheid jeens sy ambag vas te kan stel.

 

 

 

1. Luuk, in ’n onlangse onderhoud wat in die Januarie-Februarie uitgawe van Poëziekrant verskyn het, sê jy onder andere: “Ik verfoei de herfst; ik heb een overdreven verwelkingsbesef. Ik begrijp Herman de Coninck, die schreef dat hij elk blad het liefste weer aan de boom had willen hangen.” Verteenwoordig hierdie stelling iets van ’n arse poetica vir jou?

 

Een van mijn talrijke hebbelijkheden is deze: bijna al mijn gedichten zijn ontstaan vanuit de behoefte gebrek en gemis ongedaan te maken. Ik kijk om me heen en ik stel vast dat die zogenaamde schepping die door een zichzelf almacht toedichtende God is geschapen tal van gebreken vertoont. Zelfs in de natuur. In alles is de kiem van het verval geplant. Als dichter voel ik de drang om wat ik de constructiefouten van de schepping noem te herstellen. Dit tegen beter weten in. Ook in mijn houding tegenover mijn medemens speelt dit principe. Ik sta nogal bekend voor gedichten waarin onfortuinlijke naasten worden geportretteerd, mensen die het niet gemaakt hebben, mensen van wie het bestaan niet vanzelfsprekend is en die mij er als het ware toe aanzetten hun bestaan alsnog meer glans te geven. Ik weet wel dat de poëzie niet heel veel vermag, maar ik probeer die mensen in mijn gedichten toch een stem te geven vanuit een omslachtige poging om de spreekbuis van de stemlozen te zijn. Natuurlijk beschouw ik ook mezelf tot op zekere hoogte als een stemloze. Poëzie schrijven is een vorm van alternatief spreken. En ik heb wel eens geschreven dat wie niet langer wil stotteren, moet zingen. Het compensatiegehalte dat in de poëzie aanwezig is, is nauwelijks te onderschatten.

 

2. Dit is egter ook so dat humor ʼn belangrike funksie vervul in jou digkuns. Is humor vir jou ʼn opsetlike en doelbewuste wapen in dié aanslag op verwelking of is dit iets wat spontaan in jou verse na vore kom? (Ek sal bly wees indien jy sommer jou besonderse gebruik van ironie by jou antwoord kan betrek aangesien dié twee dikwels hand-aan-hand loop; veral in jóú poësie …)

 

Mijn poëzie is allicht zoniet humoristischer dan toch ironischer dan ikzelf. Ik sta nogal achter het idee dat ironie het wapen van de lafaard is, al is dit misschien net iets te kras uitgedrukt. Ironie betekent namelijk ook een uiting van twijfel en  houdt in dat men alle dogma’s ondergraaft. Ten slotte is zij het gevolg van een soort nietigheidsbesef: wij stellen niet heel veel voor in de kosmos; waarom zouden wij dan druk doen en de zaken gewichtiger voorstellen dan zij zijn? Je kunt - met enige veralgemening - de lezers van mijn proza en mijn poëzie in twee categorieën indelen: die met zin voor humor en die zonder. De eerste categorie weet mij doorgaans het meest te appreciëren. Mijn classificatie houdt overigens geen veroorde­ling van de humorlozen in: vaak zijn dat juist erg lieve mensen. En God weet dat ik - waar het diegenen met gevoel voor humor betreft - bespaard wil blijven van de platte grapjassen die het medialand beheersen. Trouwens: hebben die wel echt gevoel voor humor?

3. In dieselfde onderhoud sê jy ook: “Ik zou me veel liever willen profileren als ambachtsman dan als kunstenaar.” Wat jy dalk uitbrei op hierdie begrip? Wat beteken dit om as “ambagsman” met die poësie om te gaan eerder as “kunstenaar”?

 

Een ambachtsman probeert middels zijn ambacht tevredenheid te verwerven, een kunstenaar mikt hoger, gaat op zoek naar geluk. Wanneer een ambachtsman mislukt in zijn streven is de frustratie dan ook minder groot dan wanneer een kunstenaar dit doet. Een kunstenaar is namelijk absolutistischer ingesteld. Dat hij niet het opperste bereiken kan, stemt hem niet alleen ontevreden, maar deprimeert hem onophoudelijk. Een van mijn boutades luidt: ‘Claus is ontevreden omdat hij Shakespeare niet is, en Shakespeare omdat hij God niet is.’ Kunstenaars, en dichters par excellence, hebben continu het gevoel dat er in de wereld alleen maar plaats is voor de eerste en de beste. Het is gezonder als je zoals een keurige ambachtsman beseft dat ook de zesendertigste bestaansrecht heeft.

 

4. Impliseer die begrip “ambagsman” vir jou ook dat jy konstant ander digters se werk moet lees ten einde op hoogte te bly van nuwe tendense in jou bedryf? Indien wel – lees jy selektief volgens ʼn vasgestelde program, of lees jy na willekeur? Kan jy miskien so ʼn paar van jou gunsteling digters uit te sonder?

 

 

Het is zo dat ik in mijn hoedanigheid van recensent voor De Standaard der Letteren één keer per maand de dichtbundel  bespreek die mij - in gunstige zin - het meest getroffen heeft. Dit houdt dus in dat ik enkel positieve recensies aflever. Mijn motivatie in dezen is dubbel. Eerst en vooral ben ik van mening dat, wanneer er in de krant helaas maar zo weinig ruimte beschikbaar is voor een genre als de poëzie, wij beter aandacht kunnen schenken aan wat onze waardering verdient. Ten tweede is het zo dat ik het moeilijk heb met het feit dat wij van kindsbeen af het voorwerp van beoordeling zijn. Nooit mag je eens waardenvrij bestaan. Altijd is in dit ondermaanse kennelijk verantwoording vereist. Ik oordeel en veroordeel niet graag, omdat ik niet graag beoordeeld of veroordeeld word. Onder meer om die reden heb ik bijvoorbeeld altijd geweigerd om deel uit te maken van een literaire jury. Als recensent die de nagenoeg volledige poëzieproductie uit Vlaanderen en Nederland ter recensie in zijn brievenbus krijgt, blijf ik dus hoe dan ook op de hoogte van het reilen en het zeilen in het poëzielandschap. Ik probeer mij vanuit mijn ongeloof in één zaligmakende poëtica ruimhartig op te stellen: ook wie anders gebekt is dan ikzelf, moet op grond van zijn metier de aandacht krijgen die hij verdient.  Natuurlijk zijn er dichters die mij beter liggen dan anderen. Ik noem nu maar voor de vuist weg Leonard Nolens, Hugo Claus, Rutger Kopland, Menno Wigman, Hester Knibbe, Miriam Van hee, Gerrit Komrij, Ingmar Heytze en Anton Korteweg. Maar ik zou morgen net zo goed een lijst met evenwaardige andere namen kunnen opsommen.

 

5. Vergewe my as ek dit sê, maar jy is nogals iemand met vreemde skryfgewoontes en –rituele. So weet ek van ’n periode toe jy slegs kon skryf met ’n bandopname van spesifiek ’n Hoover-stofsuier se gedreun in die agtergrond; tans skryf jy egter weer net in absolute stilte met géén musiek in die agtergrond nie. Dan volg jy ook ’n vaste roetine: begin presíés op kwart voor tien in die aand skryf, byvoorbeeld, met presies dié keuse van drankie om jou te ontspan, ens. Enige verduideliking hiervoor?

 

Ongetwijfeld een neurotische, misschien wel autistische trek van me. Ik heb nood aan een gestructureerd bestaan. Dat maniakale streven om een strikt gereguleerde invulling van mijn dag te realiseren, is mijn poging om de chaos op een afstand te houden. Wat die opname van een stofzuiger betreft: ik was niet de eerste om die als een soort achtergrondmuziek te gebruiken. Ook de Nederlandse auteur Vestdijk maakte hier destijds al gebruik van. Maar bij hem kwam het er in eerste instantie op aan zich van alle mogelijke onvertrouwde geluiden af te schermen. Wat mij interesseerde was toch veel meer de louter fysische rilling, een reminiscentie aan prenatale geborgenheid. Maar ik ben vast niet goed snik: mijn punctualiteit, bijvoorbeeld, is ongeëvenaard. Ik ben betrouwbaarder dan een klok.

 

6. Toe ek en Marlise verlede jaar by jou op besoek was, het ek heelwat items in jou woonplek raakgesien wat duidelik baie sentimentele waarde vir jou het; is jy inderdaad sentimenteel gedraad? Ek vra dié vraag aangesien jou verse dikwels ook die opteken van ‘n amperse vergange wêreld en leefwyse is. En hieruit voortvloeiend: hoe omgewingsgerig is jy? Lewer die dorp waarin jy woon (Hasselt) byvoorbeeld ‘n direkte bydrae tot jou skryfwerk of is dit merendeels die (vergange) landskappe van jou jeug wat jou inspireer?

 

Het is waar dat ik von Kopf bis Fuss uit een verboden gevoel als heimwee besta. Ik vertoon een maniakale soort trouw, ben niet in staat tot afscheid. Allicht uit een soort verlatingsangst. Bovendien heb ik het moeilijk met de pretentieuze aspiraties van het heden. Want wat is het heden meer dan een scharniermoment tussen verleden en toekomst. Eén enkel moment is het heden. Het verleden en de toekomst zijn een eindeloze aaneenrijging van momenten. Ik wil niet aanvaarden dat het heden zomaar mag poneren dat men net zoveel waard is als zijn laatste score. En ik vind dat een mens het verdient te worden gezien als de optelsom van al zijn leeftijden. En om op dat andere onderdeel van je vraag te antwoorden: ja, mijn interieur is het museum van mijn verleden, en ja, ik hecht aan omgevingsfactoren; de omgeving is illustratief voor de mens die erin verblijft. Ook aan mijn woonstad Hasselt heb ik in mijn recentste bundel inmiddels een gedicht gewijd. Het gaat mij dus niet uitsluitend om de topoi uit mijn jeugd. Al spelen die uiteraard een grote rol. Het dorp Deerlijk in West-Vlaanderen, bijvoorbeeld, waar ik mijn jeugd heb doorgebracht, speelt in mijn werk een erg belangrijke rol. Men is, vind ik, van de plaats waar men voor het eerst verliefd is geweest.

 

7. Sedert 1994 is jy reeds voltyds digter; iets wat vir ons in Suid-Afrika haas ondenkbaar is. Kan jy dalk ’n aanduiding gee van die verskillende maniere waarop jy – bo en behalwe die verkope van jou bundels – genoegsaame inkomste kan genereer ten einde voltyds te kan skryf?

 

Het is wel waar dat ik voltijds auteur ben, maar eigenlijk is die situatie alleen maar mogelijk door het feit dat de commissie Poëzie van het Vlaams Fonds voor de Letteren (soms ook die van het Nederlands Fonds) mij elk jaar een vrij royale werkbeurs toekent. In Vlaanderen wordt die in maandeenheden uitgedrukt. Een maandeenheid is vergelijkbaar met wat een leraar in het secundair onderwijs elke maand verdient. Ik krijg doorgaans zes maandeenheden. Voor de rest van mijn inkomsten ben ik aangewezen op lezingen en op het schrijven van poëzierecensies voor de Belgische krant De Standaard. Het is dus echt niet zo dat ik van mijn gedichten kan leven: het bedrag dat ik daarvan opstrijk, is verwaarloosbaar, ook al verkoop ik vrij goed.

 

8. Van jou verse is enkele jare gelede deur Hennie van Coller vertaal en van dié vertalings is selfs in die nuwe Groot Verseboek opgeneem. Ook het jy al by verskeie geleenthede deelgeneem aan verskeie feeste (soos die Woordfees, byvoorbeeld) en ander geleenthede in Suid-Afrika. Lees jy dikwels Afrikaanse poësie en kan jy dalk in die breë ’n paar opmerkings maak rakende jou siening van die Afrikaanse digkuns tans?

 

Ik moet tot mijn niet geringe schaamte bekennen dat ik niet echt veel Afrikaanse poëzie lees. Maar mede door mijn contacten met dichtersvrienden en door het bladeren in het Groot Verseboek heb ik toch enig benul van wat zich in de Afrikaanse poëzie afspeelt. En ik moet zeggen dat de kwaliteit daarvan mij, zeker in het licht van de wetenschap dat het om een klein taalgebied gaat, zeer bevalt. Wat telkens weer opvalt, is het feit dat Afrikaanse dichters niet zelden, maar geheel ten onrechte, een minderwaardigheidsgevoel tegenover Nederland en Vlaanderen etaleren. Allicht doordat Nederlandstaligen numeriek in de meerderheid zijn. Laten jullie één ding niet vergeten: dat jullie over een taal beschikken met een groot poëtisch vermogen, een taal die een en al sensualiteit is. Jullie spreken is een soort strelen.

 

 

Publikasies deur Luuk Gruwez

 

 

POEZIE:

 

 

Stofzuigergedichten (1973), Orion-DDB, Brugge.

Ach, wat zacht geliefkoos om een mild verdriet (1977), Orion-DDB, Brugge.

Een huis om dakloos in te zijn (1981), Manteau, Antwerpen-Amsterdam.

De feestelijke verliezer (1985), Manteau, Antwerpen-Amsterdam.

Dikke mensen (1990), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Vuile manieren (1994), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Bandeloze gedichten (1996), bloemlezing uit de poëzie van voor

Vuile manieren, De Arbeiderspers, Amsterdam.

Dieven en geliefden (2000), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Allemansgek (2004), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Psilo (2007), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Lagerwal (2008), De Arbeiderspers, Amsterdam.

 

 

 

PROZA:

 

Onder vier ogen, Siamees dagboek, samen met Eriek Verpale (1992),

De Arbeiderspers, Amsterdam.

Het bal van opa Bing (1994), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Lucky Star (1995), televisiemonoloog voor de IKON en de BRTN.

Een bijzonder bevallig paar (1996), scenario voor de IKON en de BRTN.

Het land van de wangen (1998), Privé-Domein, De Arbeiderspers, Amsterdam.

Slechte gedachten (1999), De Arbeiderspers, Amsterdam.

De maand van Marie (2002), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Een stenen moeder (2004), De Arbeiderspers, Amsterdam.

Pizza Peperkoek (2009), Poëziecentrum, Gent.

 

 

Gedigte - Luuk Gruwez

 

MOEDERS

 

 

Mens herken hul van ver en van vroeër: altyd in rep en roer,

altyd die bekende rumoer. Of ons nie te koud kry nie

miskien, dat ons ons truie toe moet knoop, dat ons

van daardie slegte vriende liewers weg moet bly. Ensovoorts,

 

ensovoorts. Hulle is van oordosisse versigtigheid vervul,

van lewenslange ensovoorts, rare roeringe in buik en boesem.

Opvallende besonderhede, eeueoud van eenvoud: spermavlekke wat hulle

stil, met dromerige oë uit die lakens van hul seuns uitwas,

 

meisies wat hul halsoorkop uit die vroue uit moet vee

wat hulle intussen ook geword het. Dit kan in goeie ma’s

geweldig sneeu, veral wanneer geen mens

dit ooit verwag, begin November, sodra die gestorwenes koning kraai.

 

Hulle gee aan kleuters wolserpe en moffies mee. Piesangs.

lets weerbaars teen trane. En van hul eie ma’s, wat hulle

al hoe meer ontglip, raak hul die laaste moeders. Tot hulle

die hande wantrou wat hul nie langer vas kan hou nie.

 

November word dit nooit nie, November breek aan. Soos aand.

Lug verplaas sy diepste rooi in blare van beuke en eike.

en vanweë alles wat hul nie meer vas kan hou, hou hy op:

hul wêreld van ensovoorts, en so voort tot die dood.

(vertaling: Hennie van Coller)

 

 

 

MOEDERS

 

 

Men herkent ze van ver en van vroeger: altijd in rep en roer,

Altijd dat vertrouwde rumoer. Of wij het niet te koud hebben

misschien, dat onze jas wat hoger moet geknoopt, dat wij

die slechte vrienden beter kunnen mijden. Et cetera,

 

et cetera. Zij zijn van overdosissen voorzichtigheid vervuld,

van levenslang et cetera, stupide stuwingen in buik en boezem.

Fluorescente details, eeuwenoud van eenvoud: spermavlekken die zij

stil, met dromerige ogen uit de lakens van hun zonen wassen,

 

meisjes die zij halsoverkop uit de vrouwen moeten wissen

die zij tussentijds geworden zijn. Het kan in goede moeders

allemachtig sneeuwen, voornamelijk wanneer geen mens

het al verwacht, begin november, zodra de doden victorie kraaien.

 

Zij geven kleuters sjaals en wollen wanten mee. Bananen.

lets dappers tegen tranen. En van hun eigen moeders die hun

meer en meer ontglippen, worden zij de laatste moeders. Tot zij

de handen wantrouwen die hen niet langer vasthouden kunnen.

 

November wordt het niet, november valt. Als avond.

Lucht verplaatst zijn diepste rood in bladeren van beuk en elk.

En wegens alles wat zij niet meer kunnen houden, houdt hij op:

hun wereld vol et cetera, et cetera en totterdood.

 

© Luuk Gruwez

 

Video-snit: Herman De Coninckprijs 2009 - Moeders - Luuk Gruwez

 Webblad http://www.luukgruwez.be

 

 

OMA’S METAFYSICA

 

 

Oma’s fysiek: nooit komt daar eens een barstje in.

Zij drinkt white spirit uit een soepterrine, slurpt

cyaankali met een rietje of propt zich tussendoor

met ijzervijlsel vol. Waarna één boer, en opgelost!

 

Zij zingt ook zelf de lof van heel haar lijf.

Zij hinkt met stoere kuiten door het dorp, bezit

de elegantste kromme neus, het sterkste kunstgebit.

En wie heeft zo’n virtuoze wandelkruk als zij?

 

Eenieder met een beetje mensenkennis

beweert dat ik haar idealiseer. Dat zij bijvoorbeeld

amper weet of het nu eergister of gisteren of morgen is.

En dat zij kaarsen brandt voor een of andere louche Heer.

 

Maar het is heerlijk om haar op te hemelen.

 

© Luuk Gruwez

 

 Terug na bo