Posts Tagged ‘Nathan Trantaal onderhoud’

Onderhoud met Nathan Trantaal (Alles het niet kom wôd)

Thursday, February 23rd, 2017

trantraal

Gisela Ullyatt gesels met Nathan Trantraal

oor sy nuwe bundel, Alles het niet kom wôd

 

Nathan, baie geluk met jou tweede bundel.

Die omslagontwerp is deur die Trantraal broers en Mike Cruywagen gedoen en staan uit: ’n Engelfiguur met ’n spies en ontblote regterbors wat lyk of hy ’n (slapende of dooie) vroulike figuur in ’n swart kleed leed aangedoen het of leed gaan aandoen. Tog lyk dit of hy medelye het met die figuur in swart wat op ’n wolk onder haar dryf.  Kan jy ons meer vertel oor dié omslagkuns?

Die boek se omslag is based op ’n element van die Italian sculptor Gian Lorenzo Bernini se sculptural ensemble: The Ecstasy of St. Theresa wat based was op ’n diary entry van St.Teresa of Avila wat rondom 1582 geskryf was. Die sculpture is ’n depiction van wat in catholic mythology transverberation genoem wôd. It is, roughly speaking, ’n meeting tussen hemel en aarde. In St.Theresa se diaries describe sy it:

I saw an angel beside me toward the left side, in bodily form. He was not very large, but small, very beautiful; his face so blazing with light that he seemed to be one of the very highest angels, who appear all on fire. They must be those they call Cherubim…I saw in his hands a long dart of gold, and at the end of the iron there seemed to me to be a little fire. This I thought he thrust through my heart several times, and that it reached my very entrails. As he withdrew it, I thought it brought them with it, and left me all burning with a great love of God. So great was the pain, that it made me give those moans; and so utter the sweetness that this sharpest of pains gave me, that there was no wanting it to stop, nor is there any contenting of the soul with less than God.

Bernini wassie die eeste pesoon om die transverberation te depict ie, maa die sensual, ampe transgressive dynamic innie sculpture tussen St.Theresa ennie engel was uniquely Bernini. Ek het die sculpture inne artbook innie library gesien toe ek tussen sestien of sewentien was. Ek moes my gesig en my arms oppie boek lê, ek was soe overwhelmed deu die power vannie image en die craftsmanship involved. Ek het jare geliede al beslyt ek gannit eendag teken. En ek kannie gesien et hoe daa ooit ’n bieter tyd sal wies as met Alles het niet kom wôd, waa die search vi spiritual fulfillment ’n central theme is.

 

Wanneer ‘n mens na die bundeltitel, Alles het niet kom wôd, kyk, het dit ten minste twee betekenismoontlikhede: ‘niet’ wat ‘niks’ beteken, maar ook ‘nuut’ wat op ‘vars’ dui. Toe jy op die titel besluit het, het jy aan hierdie betekenisse gedink of is daar iets anders wat jy hier bedoel het?

Die duality is definitely deliberate.

Ek dink it is ’n sentiment wat ienagge iemand in hulle early thirties goed sal vestaan.

It gan oo dai gevoel wanne jy jou thirties reach, en jy maak ie fridge oep, en realize die is MY melk, die is man vannie hys melk, maa more importantly it is MY fridge, ek own ’n fridge. My liewe het finally begin. En op dieselfde tyd is daa vriende met wie jy skool gegan et wie doodgan van groot mens siektes soes heart disease en hoë bloed. Vriende begin nou een vi een gradually hulle parents veloo. Oppie selfde tyd het ôs nou parents gewôd. Soe isse brave new world vi ôs. Maa it is difficult omdat it gebeu alles onne ’n cloud van dinge wat einde. Ek is lucky om my ma nog te het, maa Ronelda se ma is klaa weg, en sy is weg twie maande voo my dogte gebore was, ’n maand voo ek en Ronelda getrou et, voo ôs liewens saam begin et, dai begin en einde, ek dra swaa an it, dai heavy weightlessness. Tewyl ekkie boek geskryf et het ek often die sensation gekry van iemand wie inne diep sea staan met swaa klere an.

 

Jou debuutbundel is van die begin af uitstekend ontvang en twee groot literêre pryse is daaraan toegeken. Ironies genoeg word ’n digter se tweede bundel tot ’n groter mate as die ‘waterskeidende’ oomblik gesien, veral deur kritici. Talle digters voel baie onder druk met sulke verwagtings, selfs dié met baie ervaring: lank nadat die Hertzogprys aan Petra Müller toegeken is vir Die aandag om jou oë, het sy in ’n onderhoud op Vers en Klank gesê dat sy ‘haar melk weggeskrik het’ en daarom só lank geneem het om weer ’n bundel (om die gedagte van geel) te publiseer.

Nou wil ek dit aan jou stel: Het Nathan Trantraal ook sy melk weggeskrik nadat hy die Ingrid Jonkerprys gewen het? Of het jy heel gemaklik, met geen vrees, jou tweede bundel na die drukkers laat gaan?

Die ding is as jy na ’n critic lyste as hy jou praise en as jy dai pryse kop toe vat, dan wanne die critics jou next boek haat en jy kry niks pryse dan gan jy dai oek kop toe vat. En neither critics of pryse isse goeie barometer virrie quality van ’n piece of artwork ie. As ek excited wil raak oo pryse remind ek myself altyd dat Kevin Costner ’n Oscar gewen et vi Dances with wolves in 1991 ’n film wat my lat puke met the greatest of ease whenever ek unfortunate genoeg is om daa an te dink, incidentally het hy gewen vi best director, best adapted screenplay en best picture, dai film wassie dieselfde jaa released soes Martin Scorsese se Goodfellas. Dan kry jy ’n writer soes Céline, wie nie pryse gekry et soe vê ek kan onthou nie.

As daa pressure was het it gekom van mense wie nie poetry lies ie, wie vi my sê hulle het Chokers en survivors in een sitting gelies en toe onmiddellik trug gegan et virre twiede serving. Loit Sols wat my vetel et hoe ’n tjommie van hom sy boek gelien et en refuse et ommit trug te gie. Die filmmaker Nadine Cloete het vi my iets gesê wat vi my baie bedoel et, maa is personal soe ek gannie sê wat it wassie, maa dai was pressure. En dan is daa of course die fact dat ek self van Chokers gehourit, toe ekkie boek die eeste kee lies na it vannie printers gekom et, toe het ek nogal my melk weggeskrik. En dai isse burden, om jouself twie kee te surprise.

 

Jou gedig, “Boatjie” ontleen sy motto van The Verve, ’n groep wat ek al van skooljare af na luister (“Grey Skies” uit A Northern Soul):

In comes the rest of my life

The road was hot

We were so high we’d give NASA a fright

Hul derde album, Urban Hymns (1997) is urban poetry oor die hemel en hel van dwelms maar ook net oor die lewe en hoe dit erge draaie met ’n mens loop: “Bittersweet symphony”; “Catching the butterfly”.

Watter ander musiek het jy veral na geluister terwyl jy aan jou tweede bundel gewerk het?

Daa was baie meer music wat ek probably gelyste et, maa hie onne is ampe soese  playlist van wat ek die meeste gelyste et in no particuliar order.

Bob Marley  Survivors

                     Zimbabwe

The Hold Steady – The cattle and the creeping things

Kendrick Lamar – Dying of thirst

Killer Mike – Ghetto gospel

Run the jewels – Job well done

                           Sea legs

Richard Ashcroft – This thing called life

Vampire Weekend – Don’t lie

                                Hannah Hunt

Johnny Cash  God’s gonna cut you down

Arctic Monkeys – R U Mine

                             I wanna be yours

                            No.1 Party Anthem

Matthew E. White – Fruit trees

                               One of these days

Happy Mondays – Deviants

Frank Ocean – Bad religion

 

Alles het niet kom wôd grens aan Urban Hymns omdat dit ook die ‘engel’ en ‘duiwel’ in elke persoon saamvat: dus ’n persoonlike hemel én hel wat Richard Ashcroft so briljant mee omgaan in sy lirieke. 

Daarmee saam verken jou bundel die tema van Pentecostal godsdiens. Die gedigte met hierdie tema het my vreeslik ontroer maar die black humour daarvan het my ook vreeslik laat lag, soos byvoorbeeld in die gedig, ‘Alles het niet kom wôd’ (11).

Een gravely overweight suste

collapse oppie sand

soese anaesthetized olifant

inne wildlife documentary

“Hallelujah! Thank you Jesus!

Lord we praise you!”

Ammel dink

issie gies wat haa omgestootet,

maa as ôs honest was, sal ôs gesienet

die regte miracle was

dat sy nie gesinkte innie sea

soese ancient city nie

Watter rol het religion in jou lewe as digter gespeel? Hoe het dit jou gevorm en hoe het dit gekom dat dit een van die hooftemas van jou tweede bundel geword het? En sien jy jouself as spiritual oor die algemeen?

Is vi my die beste compliment wat iemand my kan gie om my boek te compare met Urban Hymns.  Dai album het my lat besef jy hoefie kêk toe te gan, om dai experience te kry wat kêk music jou gie as jy innie kêk groot gewôd et ie. My eeste poetry collection wassie lyrics van Urban Hymns, wat ek vi meisies gewys et, gelieg et en gesêrit ek het it geskryf.  And yet was daa altyd ’n conflict in my waa music concern was, wan in ôs kêk het hulle gegloe alle music wat oppie radio speel is wêreldse musiek, wêreldse musiek wassie little cousin van dywelse musiek. Oppie selfde tyd issit omdat ekkie kan sing ie, dat ek begin gedigte geskryf et, wan ek het gevoel ek het music in my wat ek moet ytkry voo ek vesmoor daavan. In dai sense issit poetry wat my gefree et van religion, wan ek het gedink jy kannie van kêk en music hou nie, en later besef wat it was, was ek kannie nie ’n poet wies en religious wies ie. Wan ek het te veel music in my en nie die soot wat hulle speel op Radio 2000 ie.

Oppie vraag van whether ek spiritual is, Yeats het gesê: ‘There is another world but it is in this one.’ Ek wiettie wat hy bedoel et daamee nie, maa wat it vi my bedoel is daa is soe baie wat breathtakingly mooi en mysterious is innie natural wêreld, soe baie wat ekkie vestaan ie, hoekom sal ek heeltyd binne toe kyk ommie mystery te soek wanne ek byte toe kan kyk en is als daa reg voo my, en jy kannit admire sône ommit te worship en enslaved te wies daa an.

 

In “Die man wat ie kinnes vang” (40) waarsku die Nathan-spreker van die gedig sy Seymour-dogter soos volg:

Die regte man wat jy moet

ytkyk voo issie white man

Rondom hom moet jy

nooit jouself gedra nie

en moet na niks lyste

wat hy vi jou sê nie

Rondom hom moet

jy jou siel vashou

Wan as jy hom ie kans gie

sal hy jou siel steel

en virrie dywel offer

as nogge down payment

vi sy hemel op aarde

Dis nie moeilik om af te lei dat die spreker nie tyd het vir die ‘white man’ nie en wat hy simboliseer nie. Sien Nathan Trantraal alle wit mans as die bogey man of is dit gemik teen ’n spesifieke tipe?

It gan meer oo ’n certain soot individual wie die embodiment is vanne system wat deeply corrupted is, die soot wie Capitalism internalize soese religion en subsequently mense ankyk vi commodities. It issie ees oo jou garden variety racist ie, die soot van pesoon wie ek van praat isse enemy vi alle mense, ek praat van bankers, presidents, ceos van multinationals. Ek praat van dai institutions en hulle acolytes wie rondbeweeg tussen ôs asof hulle en ôs dieselfde is, maa hulle is altyd biesag om math te doen, altyd biesag om te try om te calculate hoeveel siele hulle sal moet brand as fuel vi hulle next holiday trip na die Seychelles toe. Ek sien ie die average wit middle class man of vrou as my enemy nie, ek sien baie in dai klas van mense wat sal benefit vanne healthy dose of reformation, en ek praat of skryf somtyds daaoo, en dan dink mense ek haat wit mense, die irony of course is dat ek byrie hys sit met my vriende wie sal qualify as wit en ôs sit en praat oorie selfde goed, maa it isse conversation dan omdat hulle nie defensive issie sien hulle nie vi my as ’n enemy nie ie, hulle vestaan dat ôs ammel maa net try om ôsself te disentangle vanne political system wat mense in opposition gesit et based op iets soe arbitrary soes hulle skin colour. Die white man issie ees racist homself ie, wan hy gloe in niks ie, net in geld. Racism is maa net nogge tool wat hy gebryk om dom mense sy wêk vi hom te lat doen.

 

’n Vraag wat by bogenoemde aansluit kom uit jou tweeweeklikse rubriek in Rapport van 5 Februarie 2017:

Maa fokkit, ôs moet begin lief raak vi mekaar. Wan daa is mense met klomp geld, wat die reënwate ennie damme wil koep en dai mense sal jou laat doodgaan vannie dôs as jy nie jou R10 hettie.

Ek sien somtyds ma’s en pa’s innie winkel en hulle hou dai klein pakkie vleis en ry ommie prys se label te lies asof dit die Rosetta Stone is. Met dai confused expressions, asof hulle hieroglyphics ankyk, soes mense wattie taal vestaan waa-in dai kospryse geskryf issie.

Ek issie skaam om it te sê nie, ek voel somtyds intense liefde vi anne mense, mense wat ekkie kennie, mense wat veby my stap sone om op te kyk van hulle phones af, mense wat maa net wil doen wat anne mense doen en mense soes my at all costs avoid.

Aansluitend hierby, jou gedig, “Fiction en estrangement” (39):

Na apartheid was daa

gesê, as ôs wil bewys

dat ôs rêrag Christene is

moet ôs vegiewe

En ôs, omdat ôs rêrag

Christene wil gewieset

het ôs vegiewe

Hulle het vi ôs gesê

Jesus issie Vriedemaker

en as jy lief vi Jesus is

sal jy jou weapons neesit

En ôs, omdat ôs lief vi

Jesus was, het ôs ôs klippe neegesit

Ammel hystoe gegan

Hulle na hulle huise langsie sea

ôs na ôs shacks

langs poeletjies stagnant wate

waa die gif in vergifnis

ôs ammel

siek gemaak et

Skryf jy meestal gedigte uit liefde uit of meestal uit die ‘gif’ van vergifnis? Of uit die paradoksale verhouding tussen die twee?

Ek skryf yt gevoelens yt ie, nie liefde of haat ie. TS Eliot het gesê: Poetry is not a turning loose of emotion, but an escape from emotion; it is not the expression of personality, but an escape from personality. But, of course, only those who have personality and emotions know what it means to want to escape from these things.’ Dai is more or less hoe it is vi my as ek skryf, waavoo ek attempt as ek skryf.

 

’n Gedig wat my slapelose nagte gegee het, is “Cash for Gold” (42):

 

Ek wonne of ekkie ienagste

prize-winning poet is

wat copper wire

vi kosgeld moet strip

Ek is possibly die ienagste een

wattie ’n lift kan kry of afford ie

en Lavis toe loep, hystoe

loep, vanaf Cape Town

International Airport af

narie literary festival in Potch veby is

Ek issie een wat in Amsterdam bly

writer-in-residence

en as ek hystoe kom

die goue kettangs moet gan pan

wat my vrou by Annemarie

as presents gekry et

 

My naam lê innie monne van

Cash for Gold se mense

ennit lê oppie koffietafels

van ryk mense in Oranjezicht

My naam is innie koerant

en oppie receipts van Cash Crusaders

 

Ek kry respect en awards

wat vi genoeg mense baie beteken

en dan oppe Woensdag

wat niks beteken ie

staan ek innie voorhys en wieg

ie award in my hand

en vra my ma: “Wat dink Mammie,

is dié bronze of copper?”

Assit copper is issit ’n paa dae se kos

assit bronze is beteken it niks vi my nie

 

Eerstens: stem jy saam met WH Auden se aanname “For poetry makes nothing happen”?

Tweedens: moet “Cash for gold” letterlik gelees word?

Ek dink wat Auden sê is meestal waa vi ienagge art form. Is waa van films, ek dink it is especially waa van dai groot concerts waa al die most famous musicians saamkom om te protest. Noel Gallagher het it die beste gestel vi my: “Are they hoping one of these guys from the G8 … sees Annie Lennox singing ‘Sweet Dreams’ and thinks, “Fuck me, she might have a point there, you know.” It’s not going to fucking happen, is it?”

Ek dink dai count quadruple vi poetry. Dai issie waavoo ek skryf ie, ek skryf om vi myself relief te bring, en vi iemand annes wat it lies en kan relate ’n moment se relief te bring. Whether it deu humour of empathy is.

Cash for gold is literal ja, maa ek dink is open vi misinterpretation, wanit issie ek wat sê ek appreciate ie die mense wie beslyt et ek moet die Ingrid Jonker prys en die ATKV woordveertjie wen ie, ek appreciate it meer as wat ek kan sê, ek dink die Ingrid Jonker prys wassie net vi my nie, it was ’n nice little victory vi Kaaps asse taal, en virrie mense vi wie it matter maa nie vi my dankie gesêrit ie, julle is welcome anyway.

Die gedig gan oorie irony daavan as jy in een reality ’n belangrike prize-winning poet is, en inne anne een, jou regte reality is jy maa net nogge prick wie try om impossibly wide ends te lat meet. It gan oorie fact dat mense desperate is omme celebrity culture te create orals, wat ridiculous is, as helfte van jou celebrities nog in squalor liewe asse result van Apartheid. It gan oorie fact dat jy nie awards en respect inne pot kos kan gooi nie.

Maa anyway, dai is nou ampe drie jaa geliede, baie het ve anne in dai tyd, poetry incidentally het min te doen gehad daamee. Moenie worry nie though, my awards is safe it staan comfortably oppe book shelf in my flat innie nice kant van Grahamstown, in no foreseeable danger.

 

Jy en Ronelda het onlangs Grahamstad toe verhuis. Hoekom hierdie groot skuif? Dink jy dat hierdie verandering van omgewing jou poësie gaan beïnvloed of gaan jy steeds vanuit die Bishop Lavis-bril dig?

Ôs het Grahamstown toe getrek om ôs MA’s te doen by Rhodes University. Ôs het vroeër ’n paa maande in Grahamstown gebly, Ronelda was die MACW Melon writer in residence by Rhodes, ôs het maa net gou besef Grahamstown issie soot plek waa mense jou allien los. En ek was in serious need daavan om allien gelos te wôd. Die ding wat ek hou van Grahamstown is dat alle plekke oo trap eventually maa Grahamstown se footprint voel ligter, ek kannie imagine dat ek oo die plek ooit sal skryf ie it los niks impression op my.

Maa ek dink ek is more or less klaa met Bishop Lavis anyway,  dai is iets wat ek beslyt et lank voo ôs Grahamstown toe getrek et. Ek bly al soe lank nou al nie mee in Bishop Lavis ie, ek gannie ees ooit daantoe om mense te visit ie. Even Alles het niet kom wôd is ’n paa steps removed daavan. Ek kannie pretend ek is nog daa in the thick of it saam ie homies ie. Annes begin ek die risk te run daavan om oo dai mense te skryf instead van oo ôs. You know, dai ding wat jy ’n stem annie arms gie tewyl jy sit en coca-mocha drink by Seattle’s oppe Maandag oggend. Ek dink wat ek nou in interested is om te explore, is om te sien wat gebeu met Kaaps as my skryftaal as ek die link met poverty sever. Ek wil sien wat oobly. Ek wil kyk of ek oo my twie katte kan skryf en my neighbour langsan wie se boeme se blare heeltyd val in ôs agtejaat.

 

Nathan, is daar ’n gedig uit Alles het niet kom wôd wat jy graag met Versindaba-lesers wil deel?

Hoekie vir eensames

     (met Ronelda S. Kamfer)

TONY SOPRANO, 22, BISHOP LAVIS

Ek het altyd

drie rubber bands om my wrist

enne crucifix om my nek

Ek sit heeldag

soes Picasso se Blind Man’s Meal

Ek is vel en bien

al my sweaters hang op my

soes drapery

Ek is broke, lonely en emasculated

Ek speel heeldag I Ching

wan dié groot oë kan fokkel sien

behalwe vyl sand

en vrouens wat veby my stap

soes boeme

Daa is twie hammocks onne my oë

waa al my dywels heeldag rus

SONNET, 24, STELLENBOSCH

Ek het altyd

twaalf rubber bands om my wrist

in die colours van Jah People

Ek is elke dag in eyeliner in die pub

soos Edward Hopper se clown

besig om truth or dare met myself te speel

Want met my groot oë

kan ek fokkol sien

behalwe die mense wat besig is om voor my

in vlieë te verander

en ek wat besig is om

in ’n praying mantis te verander

’n Paar oë op ’n stokkie

My vision word duideliker

terwyl die res van my wegfade

soos ou swart jeans

met goue knope