Posts Tagged ‘Nobelprys vir Letterkunde’

Nini Bennett. Van afstand en verbintenis

Thursday, June 7th, 2018

 

Ons almal herken die prototipe: hy is ’n Suid-Afrikaanse man, waarkynlik nie meer te jonk nie; en hy lig sy vergrootglas en gesels geesdriftig oor sy eerstedagkoeverte, vastereekse en herdenkingseëls. Hy beduie hoe kosbaar die Kaapse Driehoek of die Penny Black is, en sy gedagtes dwaal na Eeufeesvieringe. Hy kan jou pa, oupa, broer of oom wees: ’n filatelis, of versamelaar van seëls. Dit is ’n stokperdjie wat stadigaan besig is om uit te sterf.

*

Ek lees nou die dag ’n artikel op Literary Hub oor internasionale skrywers en digters wat vereer word op posseëls. In 2011 het die Amerikaanse Posdiens die reël dat ’n skrywer slegs ná sy afsterwe verewig mag word op ’n posseël, gewysig. Hierdie eer val nou lewende digters en skrywers ook te beurt. Die 2016-Nobelpryswenner vir Letterkunde, Bob Dylan, loop al vir dekades onder die posstempel deur, eers as sanger, nou as literêre figuur. Daar sirkuleer meer as 50 seëls met dié legende se gesig op.

Hierdie seël is deur die Sweedse Akademie in 1993 uitgereik, dieselfde jaar wat Toni Morrison die Nobelprys vir Letterkunde verower het.

Wole Soyinka, een van Nigerië se grootste skrywers, is in 2006 vereer. Die Nigeriese Posdiens het ’n nuwe huldigingsreeks bekendgestel as deel van ’n projek om die publiek bewus te maak van hul landsburgers se buitengewone bydraes in die wetenskappe en kunste.

Dan wonder ’n mens onwillekeurig: hoeveel Suid-Afrikaanse skrywers se gesigte pryk op posseëls? Ek kon enkele voorbeelde op die internet opspoor.

Langenhoven

Totius

Nadine Gordimer

…En die gewaarwording dat skrywers ter plaatse veel minder as hulle eweknieë in die buiteland vereer word.

Die literêre studieveld wat hom bemoei met die brief as subgenre word “epistolografie” genoem. Die skryf van briewe is helaas so oud soos die letterkunde self; en die skryf van briewe as literêre medium dateer so ver terug as die Hellenistiese periode in Griekeland. Onder die Romeinse briefskrywers was Cicero waarskynlik die belangrikste eksponent.

In ’n artikel verwys Meghan Forbes na die materialiteit van ’n handgekrewe brief, of na alles wat die kommunikasieproses omring: die tipe skryfpapier en koevert, die sender se handskrif, die noukeurige toevou van die brief binne-in die koevert, die natlek van die seël…In ons moderne tyd waarin elektroniese kommunikasie hoogty vier, raak die brief, die outentieke dokument, weer belangrik. Dit is eklekties. ’n Handgeskrewe brief maak aanspraak op ’n enkelvoudige hier en nou en dit is gestempel deur die geskiedenis self. E-poskommunikasie bestaan in meervoudige rekords: in konsepkopieë of in die inmandjie, of in lêers wat reeds versend is – en die gehoor is nie duidelik gedefinieer nie, byvoorbeeld ’n deurslagkopie van ’n brief kan ook aan ander mense gestuur word (die Cc-funksie), om van die blinde kopie (of Bcc) nie te praat nie – die gesiglose gehoor. Voorts kan ’n e-pos afgelaai, uitgedruk of verder versprei word. E-posse kan geredigeer word en is uitgelewer aan meganiese reproduksie. Handgeskrewe briewe verklap onbetwisbaar die vlek van menswees, soos byvoorbeeld koffiekolle, vingermerke en die moeë skiflyne waar die brief herhaaldelik oop- en toegevou is. Forbes beskryf hoe sy dertig jaar ná ‘n ou skoolkys die Tipp-Ex in ’n ou liefdesbriefie afkrap. En wat sal sy sien? I ♥ U. Jesse Taylor. Die seun, Jesse, het homself kennelik bedink en weer die hartjie toegeverf. Sy moed het hom begewe. En drie dekades later sit die middeljarige blogger en wonder nostalgies: wat het van Jesse geword? Was Jesse regtig lief vir haar? Is Jesse lief vir haar? Dit is moeilik om gekonfronteer te word met jou jonger self. En die ironiese gewaarwording: die hartjie is seker die oudste emoji wat bestaan.

’n Handgeskrewe brief is ’n tydsdokument. ’n Egodokument. Uit die gapings, foute en verlore letters probeer ons ’n narratief saamstel van dit wat behoue gebly het. En binne hierdie narratiewe gapings – of dít wat foutiewelik onthou word – word daar ruimte geskep vir verbeelding. ’n Handgeskrewe brief maak van sekondêre lesers voyeurs: beide die briefskrywer en aangesprokene raak kwesbaar. ’n Posstempel, op sy beurt, is die tussenganger, ’n noodsaaklike hindernis in die kommunikasieproses. Dit dateer die vertraging tussen die versending en die ontvangs van die brief. In sy kortverhaal, The Empties kyk die skrywer Jess Row nostalgies terug:

She had never perfected the trick of moistening the envelope flap with the tip of her tongue so it would stick and lie perfectly flat. In those days, perfect meant as if untouched by hands. Her flaps were always overwet and lumpy; when she pressed them down, she made them worse. Still, she loved folding the paper twice over, into three equal parts; she loved writing addresses, but especially her name and address in the upper-left corner. J. Seiden. 29 Portnock Road. The dignity, the businesslike efficiency of these slim objects, asking nothing, never disclosing more than they needed to. An envelope with only a check inside flapped like a flag, but an envelope containing a two-page letter had a solid integrity on every plane. A writer only in the sense that she loved having written. She slid the envelopes under the metal lid of the mailbox on her parents’ porch and stared at them for a few moments. Proof of her existence in the world. Proof the world existed. You could count on it: someone was coming to take them away. Proof you would be sent, proof you would arrive.

Kan epistolografie elektronies wees? Skryfpapier is in ’n sekere sin ’n bewys van ons realiteit, of dit nou duur Smythson-produkte met ’n watermark is, of die CNA-skryfpapier met prentjies van die Grensoorlog wat skoolmeisies in die tagtigerjare so graag uitgeruil het. Die dialoog tussen posstempels, seëls en ander hanteermerke van possorteerders lewer ’n konkrete bewys dat die brief inderdaad plaasgevind het. Vandag se WhatsApps is die telegramme en poskaarte van gister. Maar virtuele pos is gewigloos, sonder die risiko’s, romantiek of gravitas van handgeskrewe briewe.

So bestel ek vir my Griffen and Sabine: An extraordinary correspondence, die 1991-topverkoper deur Nick Bantock. Dit is méér as ’n briefroman of mooi koffietafelboek: dit is ’n aangrypende werk. Die kunstenaar Griffen Moss woon in Londen en illustreer poskaarte vir ’n lewe. Op ’n dag ontvang hy ’n kriptiese poskaart van Sabine Strohem, ’n kunstenaar wat op haar beurt posseëls ontwerp en illustreer om ‘n inkomste te genereer. Sy woon op ’n fiktiewe eiland iewers suid van die Stille Oseaan, en die twee kunstenaars begin te korrespondeer. Spoedig vind Griffen uit dat Sabine alles van hom weet – selfs wat hy dink. Is dit telepatie? Bestaan sy ooit werklik? Of het hy haar opgetower uit sy eensaamheid? Is Sabine sy alter-ego, of is dit die sielsbeminde waarop hy sy lewe lank nog wag? Stadigaan ontvou die verhaal, ’n narratief wat viervoudig sin maak met kuns, mitologie, moderne filosofie en Jungiaanse sielkunde as onderbou. Hierdie boek is nie net ’n triomf vir die skrywer en kunstenaars betrokke by die projek nie; dit is ook ’n triomf vir die uitgewersbedryf. Die leserskontrak is ’n ouwêreldse een, en die leser volg die verhaal deur die getikte en handgeskrewe briewe versigtig uit die lugposkoeverte te trek, te lees, en weer terug te skuif in die koeverte. Elke koevert en seël is met die grootste sorg en in detail met die hand geïllustreer om epistolografie te laat herleef tot visuele kuns.

Dink mens aan briewe en Afrikaanse digters, dan kom Elisabeth Eybers se naam dadelik op.

*

Blare per pos

Twee herfsblare – gewebde paar

aan één pols vas, doodsbleek deuraar –

het vroeg hul tak tot siens gewenk,

die wind ontwyk met ’n kort swenk,

die suiderkruis gekies tot skyf,

daglank, naglank ’n boog beskryf.

Dor soos die blad waaraan hul kleef

reik hul te voorskyn uit die skreef.

Aan die motief wat ingegrif

bly – vae stempel op die skrif –

mag mens jou weer eens vergewis

van afstand, van verbintenis.

Elisabeth Eybers. Uit: Balans. 1962.

*

Ek gaan maak vir laas ’n draai by ’n internetveiling. “My seëlversameling is baie werd. Kyk hierdie skaars een…” My hart krimp ineen, want ’n bejaarde man plaas met trots ’n foto van sy boekie, Die Filatelieburo. Maar die bod wat toegestaan word, is nie hoog nie. Inteendeel; dit is terleurstellend laag. Die valuta van posseëls verhandel nie goed teen elektroniese briewe nie.

Verwysings

 

https://en.wikipedia.org/wiki/Griffin_and_Sabine

http://users.telenet.be/gaston.d.haese/eybers.html

Bantock, N. 1991, 2016. Griffen & Sabine. San Francisco: Chronicle Books.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Louis Esterhuizen. Twee digters onder gunstelinge vir Nobelprys vir Letterkunde

Tuesday, September 10th, 2013

 

Oor ‘n maand is dit weer tyd vir die aanwys van vanjaar se Nobelpryswenner vir Letterkunde en die jaarlikse raai-raai-riepa-speletjie het reeds begin. So het die beroepswedders verlede week hul loting ten opsigte van gunstelingkandidate bekend gemaak en oudergewoonte wemel die lys met die usual suspects.

Volgens Ladbrokes, wat as die vernaamste van dié speelmaats beskou word, is die Japannese skrywer Haruki Murakami, met ‘n loting van 3 teen 1, die gunsteling om vanjaar vereer te word.  Murakami is al verskeie kere onder die lys uitverkorenes benoem, maar met sy magistrale roman 1Q84 op die tafel, mag dit dalk tog vanjaar sy beurt wees … Ook die keurpaneel vir die Neustad-prys is dié mening toegedaan aangesien Murakami ook prominent figureer op húl lys begunstigdes. (Die Neustadt word as ‘n belangrike voorloper van Nobel-gunstelinge beskou.)

 

Ko Un

Naas Murakami is daar die Amerikaanse gunsteling, Joyce Carol Oates (6 – 1), die Hongaar Peter Nàdas (7 – 1) en die Kanadees kortverhaalskrywer Alice Munro (12 – 1). Die digtersgemeenskap word deur die twee gereelde voorlopers, die Koreaan Ko Un (10 – 1) en die indrukwekkende Siriese digter Adonis (14 – 1) verteenwoordig. En ai, kan dit nie maar vanjaar Adonis se beurt wees nie?

Maar nou ja, op sy beste kan hierdie maar net ‘n prettige speletjie wees, soos The Guardian se beriggewer heel tereg opmerk: “Piecing together the odds is a question of informed guesswork, since the nominations and cogitations of the members of the Nobel Committee for Literature are kept under wraps by the Swedish Academy, which only reveals the conversations of the judicial huddle 50 years after the decision is made.”

 

Adonis

Volgens Alfred Nobel se wens word die Nobelprys vir Letterkunde jaarliks toegeken aan “the person who shall have produced in the field of literature the most outstanding work in an ideal direction”. Vanjaar se totale prysgeld beloop die magtige bedrag van £780,000.

Vir jou leesplesier volg ‘n langerige gedig deur my persoonlike gunstelingkandidaat.

*

 

 

Celebrating Childhood

 

Even the wind wants

to become a cart

pulled by butterflies.

 

I remember madness

leaning for the first time

on the mind’s pillow.

I was talking to my body then

and my body was an idea

I wrote in red.

 

Red is the sun’s most beautiful throne

and all the other colors

worship on red rugs.

 

Night is another candle.

In every branch, an arm,

a message carried in space

echoed by the body of the wind.

 

The sun insists on dressing itself in fog

when it meets me:

Am I being scolded by the light?

 

Oh, my past days—

they used to walk in their sleep

and I used to lean on them.

 

Love and dreams are two parentheses.

Between them I place my body

and discover the world.

 

Many times

I saw the air fly with two grass feet

and the road dance with feet made of air.

 

My wishes are flowers

staining my days.

 

I was wounded early,

and early I learned

that wounds made me.

 

I still follow the child

who still walks inside me.

 

Now he stands at a staircase made of light

searching for a corner to rest in

and to read the face of night again.

 

If the moon were a house,

my feet would refuse to touch its doorstep.

 

They are taken by dust

carrying me to the air of seasons.

 

I walk,

one hand in the air,

the other caressing tresses

that I imagine.

 

A star is also

a pebble in the field of space.

 

He alone

who is joined to the horizon

can build new roads.

 

A moon, an old man,

his seat is night

and light is his walking stick.

 

What shall I say to the body I abandoned

in the rubble of the house

in which I was born?

No one can narrate my childhood

except those stars that flicker above it

and that leave footprints

on the evening’s path.

 

My childhood is still

being born in the palms of a light

whose name I do not know

and who names me.

 

Out of that river he made a mirror

and asked it about his sorrow.

He made rain out of his grief

and imitated the clouds.

 

Your childhood is a village.

You will never cross its boundaries

no matter how far you go.

 

His days are lakes,

his memories floating bodies.

 

You who are descending

from the mountains of the past,

how can you climb them again,

and why?

 

Time is a door

I cannot open.

My magic is worn,

my chants asleep.

 

I was born in a village,

small and secretive like a womb.

I never left it.

I love the ocean not the shores.

 

© Adonis (Uit: Selected Poems, vertaal deur Khaled Mattawa. 2010: Yale University Press.)

 

 

Louis Esterhuizen. Gaan ‘n vroueskrywer vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde wen?

Wednesday, October 10th, 2012

Hierdie week is dit weer tyd vir die Nobelprys-toekennings en môre-oggend (Donderdag, 11 Oktober) is dit die beurt van vanjaar se wenner van die 1.2 miljoen USD-prys vir letterkunde om aangekondig te word. Uiteraard wemel die internet van bespiegelinge oor wie vanjaar se uitverkorene gaan wees. Volgens die beroepswedders blyk dit dat die Japannese skrywer, Haruki Murakami, as gunsteling beskou word. Ander name wat sterk figureer is Bob Dylan (weereens, by wyse van eentonige herhaling aangesien hy die afgelope jare al as gunsteling beskou word) en dan ook nog die Chinese skrywer Mo Yan, saam met die Amerikaner Thomas Pynchon.

Die interessantste besinning het ek egter op The Daily Sun se webblad teëgekom waar die beriggewer van AFP van mening is dat vanjaar se prys aan ‘n vroueskrywer behoort te gaan, aangesien daar maar net 12 vroue-laureates was uit die totaal van 108 pryse wat sedert 1901 vir letterkunde toegeken was: “Stockholm’s literary circles are abuzz with speculation about this year’s Nobel Literature Prize, and while it’s notoriously difficult to predict the laureate, some experts are saying it’s time for a woman,” skryf die beriggewer. “Among the women whose names are making the rounds ahead of the Swedish Academy’s announcement on Thursday are Canadian short story writer Alice Munro, Canadian poet Anne Carson (foto), and Egyptian feminist novelist Nawal el Saadawi.”

Die afgelope dekade was vroueskrywers drie keer vereer: Herta Mueller (Duitsland),Doris Lessing (Groot Brittanje) en Elfriede Jelinek (Oostenryk).

Elisabeth Grate, ‘n bekende Sweedse uitgewer van onder andere Jean-Marie Gustave Le Clezio (wat die prys in 2008 gewen het) se boeke, het soos volg reageer: “I can only guess and speculate, it’s fun and incredibly exciting, One could imagine that it could go to an author from North America, perhaps a man like Don DeLillo or Philip Roth,” het sy aan AFP gesê en bygevoeg: “But ‘it would be nice with a woman’.” Sy is egter van mening dat dit nié ‘n digter gaan wees nie, aangesien die bekende Sweedse digter, Tomas Tranströmer, die prys verlede jaar verower het.

Nog ‘n interessantheid is die Stig Dagerman Society se prys vir letterkunde wat elke jaar enkele dae voor die aankondiging van die Nobelpryswenner, bekend gemaak word, aangesien dié Society die afgelope paar jaar twéé keer in die kol was met hul nominasie: Jelinek (in 2004) en Le Clezio (in 2008). Bengt Soederhaell, voorsitter van die Stig Dagerman Society, het haar soos volg hieromtrent uitgelaat: “I think it’s always time for a woman as there are too few women laureates. Since there are so few women who have won the prize, the male dominance among the laureates could be seen as political, in the same way that very few writers from non-European cultures and languages have won the prize.”

Haar stigting het vanjaar die Egiptiese skrywer Nawal el Saadawi bekroon. “It’s possible (dat el Saadawi die Nobel-laureate gaan wees), it would tie in well with the developments in the Arab world and she’s a woman,” het Grate beaam.

Natasha Trethewey

Natasha Trethewey

Maar kom ons veronderstel dat vanjaar se wenner inderdaad ‘n vrou gaan wees en boonop ‘n digter: Wie sal dan as die vernaamste kandidate gereken kan word? Beslis die reeds genoemde Kanadese digter Anne Carson; veral vanweë haar grensverskuiwende bundel Nox wat verlede jaar verskyn het. Dan sekerlik ook die Amerikaanse poet laureate, Natsha Trethewey (alhoewel haar indrukwekkende nuutste bundel, Thrall,  dalk net-net te laat verskyn het vir beoordeling). Of Rita Dove, dalk? Onder die Britte is daar natuurlik die trio bestaande uit Jo Shapcott, Gillian Clarke en Carol Ann Duffy. Maar my voorkeurkandidaat sal nog altyd die Roemeense digter Nina Cassian wees.

En ons sterkste Suid-Afrikaanse kandidate, sonder inagneming van geslag of genre? Sekerlik die Groot Drie: Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Athol Fugard. Maar, sug … Oor watter verblykte horisonne droom ek nie nou nie!

In iedergeval, teen môremiddag sal ons weet.

Vir jou leesplesier plaas ek (weer) die openingsgedig uit Natsha Trethewey se nuwe bundel, Thrall, hieronder. (En gaan lees gerus die blog wat ek oor haar geskryf het, indien jy dit vroeër gemis het.)

***

Elegy

for my father

I think by now the river must be thick
          with salmon. Late August, I imagine it

as it was that morning: drizzle needling
          the surface, mist at the banks like a net

settling around us-everything damp
          and shining. That morning, awkward

and heavy in our hip waders, we stalked
          into the current and found our places-

you upstream a few yards, and out
          far deeper. You must remember how

the river seeped in over your boots,
          and you grew heavier with that defeat.

All day I kept turning to watch you, how
          first you mimed our guide’s casting,

then cast your invisible line, slicing the sky
          between us; and later, rod in hand, how

you tried-again and again-to find
          that perfect arc, flight of an insect

skimming the river’s surface. Perhaps
          you recall I cast my line and reeled in

two small trout we could not keep.
          Because I had to release them, I confess,

I thought about the past-working
          the hooks loose, the fish writhing

in my hands, each one slipping away
          before I could let go. I can tell you now

that I tried to take it all in, record it
          for an elegy I’d write-one day-

when the time came. Your daughter,
          I was that ruthless. What does it matter

if I tell you I learned to be? You kept casting
          your line, and when it did not come back

empty, it was tangled with mine. Some nights,
          dreaming, I step again into the small boat

that carried us out and watch the bank receding-
          my back to where I know we are headed.

 

© Natasha Trethewey

 

Louis Esterhuizen. Tomas Tranströmer wen die Nobelprys vir Letterkunde

Thursday, October 6th, 2011

Uiteindelik het die Sweedse Akademie hul  legendariese skroomvalligheid oorkom en vir die eerste keer sedert Wislawa Szymborska se bekroning in 1996, nie net ‘n digter met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon nie, maar boonop iemand uit eie geledere, naamlik die Sweedse digter Tomas Tranströmer:  “because, through his condensed, transluscent images, he gives us fresh access to reality”. (Aldus die persverklaring na afloop van die aankodiging vroeër vandag.)

Verlede jaar was die 80-jarige Tranströmer ‘n volslae gunsteling vir dié prys; iets waaroor ek hoeka in ‘n Nuuswekker op 1 Oktober berig het. Volgens die professionele wed-agentskap Ladbrokes was hy ‘n vanselfsprekende gunsteling onder die wedders: “”Tomas Tranströmer must surely be in pole position. He’s long been mentioned for the prize and we feel his work finally deserves this recognition. However, even though we employ a crack team of Nobel specialists, there are always guys out there who know more than us and we’ve always found it tough to make money on it. Professors show no hesitation in showing us up if they think we’ve priced it wrong.”

Maar nou ja, soos ons weet het die prys toe na Mario Vargas Llosa gegaan.

Vanjaar was Tranströmer wéér onder die gunstelinge (saam met die Siriese digter Adonis) en is hy welverdiend pas aangewys as die Nobel laureate vir 2011. Wat ‘n prestasie! Wat ‘n digter!

Vir jou leesplesier plaas ek een van sy gedigte hieronder. Besoek gerus sy persoonlike webtuiste vir nog verse. Ook kan jy by The Guardian die resensie oor Tranströmer se versamelde gedigte te lese kry.

***

The Couple

 

They switch off the light and its white shade

glimmers for a moment before dissolving

like a tablet in a glass of darkness. Then up.

The hotel walls rise into the black sky.

The movements of love have settled, and they sleep

but their most secret thoughts meet as when

two colours meet and flow into each other

on the wet paper of a schoolboy’s painting.

It is dark and silent. But the town has pulled closer

tonight. With quenched windows. The houses have approached.

They stand close up in a throng, waiting,

a crowd whose faces have no expressions.

 

© Tomas Tranströmer (Vertaling deur Robert Bly)

 

Louis Esterhuizen. Dis raai-raai-riepa-tyd vir vanjaar se Nobelprys

Tuesday, September 6th, 2011

Met die bekendmaking van vanjaar se wenner van die Nobelprys vir Letterkunde vroeg volgende maand nader ons sekerlik nou weer die seisoen van raai-raai-riepa oor wie vanjaar bekroon gaan word. En net soos dit die geval is met groot sportgelenthede soos Wimbledon, byvoorbeeld, word daar ook na ander voorafgaande byeenkomste (of in hierdie geval pryse) gekyk ten einde ‘n aanduiding te kry van die wind se geneigdheid.

Daarom dat die Goethe-prys, Duitsland se vernaamste literêre prys wat al om die derde jaar toegeken word, ‘n besonderse gefladder onder die beroepswedders veroorsaak het.  Volgens ‘n berig op Reuters se webblad word dié gesogte prys ten bedrae van 50,000 euro vanjaar aan die Siriese digter Adonis (foto) toegeken: “The selection committee considered Adonis the most important Arab poet of his generation and granted him the prize for his cosmopolitan (work) and contribution to international literature,” het die regering se woordvoerder glo tydens die aankondiging gesê.

Alhoewel Adonis vir etlike jare al as ‘n sterk kandidaat vir die Nobel-prys gereken word, het dié toekening volgens Reuters sommige kenners wel onkant gevang; veral teen die agtergrond van die onrustigheid in die Midde-Ooste en die onlangse geweldpleging in Adonis se geboorteland, Sirië. Alhoewel hy hom van direkte kritiek op sy geboorteland  se regeerders weerhou het, het Adonis hom tog onlangs heftig uitgespreek teen die Arabiese owerhede: “(Adonis) launched a scathing attack three weeks ago on all Arab rulers as ‘leaving behind nothing except breakdown, backwardness, retreat, bitterness and torture. They gathered power. They did not build a society. They turned their countries into a space of slogans without any cultural or human content,'” het hy glo gesê.

Adonis het sy geboorteland reeds in 1982 verlaat ten tye van die Israeliese besetting van Libanon. Hy woon sedertdien voltyds in Parys.

Maar terug na die raai-raai-riepa van die Nobelprys vir Letterkunde.

Volgens die beroepswedders is Cormac McCarthy met ‘n prysgeld van 8 teen 1  vanjaar die gunsteling, gevolg deur Haruki Murakami (9-1), die Algerynse skrywer Assia Djebar (10-1) en Don Delillo (13-1). Adonis beklee tans die agtste plek met ‘n loting van 17 teen 1. (Verlede jaar was sy loting 8-1 wat hom etlike posisies bokant die uiteindelike wenner, Mario Vargas Llosa wat teen 25 – 1 geloot was, geplaas het.

Die volledige lys is soos volg:

  • 1. Cormac McCarthy – 8 teen 1
  • 2. Haruki Murakami – 9 teen 1
  • 3. Assia Djebar – 10 teen 1
  • 4. Don Delillo – 13 teen 1
  • 5. Ko Un – 15 teen 1
  • 6. Amos Oz – 15 teen 1
  • 7. Philip Roth – 15 teen 1
  • 8. Adonis – 17 teen 1
  • 9. Joyce Carol Oates – 17 teen 1
  • 10. Thomas Pynchon – 17 teen 1

 

Ten slotte, ‘n uitspraak wat Adonis gemaak het tydens ‘n onderhoud verlede jaar wat in die New York Times verskyn het: “Poetry cannot change society. Poetry can only change the notion of relationships between things. Culture cannot change without a change in institutions […] Poetry that reaches all the people is essentially superficial. Real poetry requires effort because it requires the reader to become, like the poet, a creator.”

Mmm, laat ‘n mens dink, of hoe?

 

 

Spesiale nuuswekker: Herta Műller wen die Nobelprys

Thursday, October 8th, 2009

Die wenner van die 2009 Nobelprys vir Letterkunde is toe nie Philip Roth, Amoz Oz of selfs Bob Dylan nie, maar die relatief onbekende (ten minste in die Engelstalige wêreld) Herta Műller. Volgens die Sweedse Akademie word hierdie Roemeens-gebore Duitser vereer vir kortverhale en romans wat, “with the concentration of poetry and the frankness of prose, depicts the landscape of the dispossessed.”

Herta Műller

Herta Műller

Ek moet bieg: voor vanmiddag het ek nog nooit van Herta Műller gehoor nie… Daar is, so ver ek kan naspeur, ook nog net vyf van haar boeke in Engels vertaal: The Passport (1989), The Land of Green Plums (1996), Traveling on one leg (1998), Nadirs (1999) en The Appointment (2001).

Műller is in 1953 in Roemenië gebore as deel van die Duitsprekende minderheid in daardie land. Gedurende die 1970s studeer sy Duitse en Roemeense literatuur, en raak betrokke by ‘n groep skrywers wat die Roemeense diktator teenstaan en aandring op spraakvryheid. Haar eerste boek, die kortverhaalbundel Niederungen (1982; in 1999 in Engels uitgegee as Nadirs), is in Roemenië verbied, maar is twee jaar later met groot welslae in Duitsland uitgegee. Nadat sy weens kritiek op die Roemeense regering nie meer in daardie land kon publiseer nie, emigreer sy in 1987 permanent na Duitsland. Sy woon tans in Berlyn.

Haar werke, volgens die Sweedse Akademie se webblad,  “give, with chisseled details, a portrait of daily life in a stagnated dictatorship.” Sy word beskou as een van die belangrikste hedendaagse Duitse skrywers.

 

Desmond Painter

Desmond Painter. Die Nobelprys vir Philip Roth?

Wednesday, September 23rd, 2009
Philip Roth

Philip Roth

Dit is weer sulke tyd: die ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde word binnekort aangekondig. Na my mening behoort 2009 Philip Roth se jaar te wees. Die belangrikste rede is natuurlik dat Roth een van die wêreld se briljantste en mees konsekwente romansiers is. Sy Portnoy’s Complaint, die roman wat hom beroemd gemaak het, is vanjaar 40 jaar gelede gepubliseer. Sedertdien het Roth ‘n majestueuse, oorweldigende oeuvre opgebou. 

Boonop het hy die beste vir sy later jare gelos. Roth is al goed op pad 80 toe (hy is in 1933 gebore), maar sy werk het nog geensins ingeboet aan vitaliteit en dringendheid nie. Boeke soos Sabbath’s Theater, American Pastoral, The Human Stain, The Dying Animal, Everyman en Indignation, wat almal sedert 1993 en dus ná sy 60ste jaar verskyn het, tel onder sy beste werk, en onder die beste romans wat die laaste twee dekades wêreldwyd verskyn het. Is daar trouens enigie ander skrywer wat in die laaste 20 jaar méér klassieke romans geskryf het as Philip Roth? Ek glo nie.

By die toekenning van die Nobelprys vir Letterkunde speel buite-literêre oorwegings natuurlik ook altyd ‘n rol. Ook in hierdie opsig is daar ‘n paar dinge wat myns insiens hierdie jaar in Roth se guns mag tel. Eerstens is die Nobelprys in 1993 laas aan ‘n Amerikaanse skrywer toegeken (Toni Morrison). Tweedens het die oorwinning van Barack Obama die VSA vir ‘n wyle verlos van die politieke muishondstatus wat die land onder George W. Bush se bewind verkry het. Obamanie kan dalk net die ding doen! 

Goed, Roth is sekerlik nie die enigste ernstige Amerikaanse aanspraakmaker op die Nobelprys nie. Die VSA het nog nooit ‘n tekort aan briljante skrywers gehad nie. Die Sweedse Akademie het nou wel die kans om John Updike te vereer deur die vingers laat glip, maar Thomas Pynchon, Cormac McCarthy en Don DeLillo, om dan maar net die romansiers te noem, leef en skryf nog almal, en sou elk ook waardige ontvangers wees.

Tog dink ek Roth, veral oor wat hy die laaste twee dekades vermag het, behoort tans heel voor in die ry te staan.