Posts Tagged ‘Philip Larkin’

Andries Bezuidenhout. Larkin: Selected, Collected en Complete

Friday, January 27th, 2012

“A ‘Complete Poems’ is a death certificate and memorial combined. After the Selected and the Collected, the Complete marks the poet’s official demise and at the same time erects a carven monument designed to outlast the ages.”

Hoe’s daai vir die eerste sin van ʼn boekresensie? Dit kom uit John Banville se resensie van ‘n nuwe versameling Philip Larkin-gedigte deur Archie Burnett. Die uitvoerige en onderhoudende resensie is Woensdag in die Guardian gepubliseer. Ek hou ook hiérvan:

“Larkin himself would have made merciless fun of it, but the poet, and the librarian, in him would have been immensely pleased and proud.”

Lees die volledige resensie hier.

Louis Esterhuizen. Die vroue in Larkin se lewe

Thursday, January 5th, 2012

Philip Larkin was nou nie juis bekend vir sy romantiese inklinasie nie; trouens, die beeld van die asketiese digter is die een wat meestal met Larkin in verband gebring word. Tog wil dit nou voorkom, danksy die publikasie van Letters to Monica  (2011: Faber & faber) – sy  korrespondensie in die periode 1945 tot 1970 met Monica Jones (foto), dat ons hier eerder te make het met ‘n geval van stille waters, diepe grond.

Luidens Martin Amis se essay op The Guardian se webtuiste was Larkin in sy lewe by veral twee vroue betrokke: Ruth Bowman by wie hy vir agt jaar betrokke was en einste Monica, ‘n akademikus wat hy in die laat 1940s leer ken het en wie vir die volgende 35 jaar sy metgesel was … In sy inleiding beskryf Amis die verskil tussen die twee dames soos volg: “Ruth’s frail yet defiant homeliness can only be described as quite extraordinarily dated. Monica was a robust and comparatively worldly blonde, with well-shaped bones (but ogreish teeth). A lecturer in English at Leicester, she was a small-community ‘character’: she wore tartan when she discussed Macbeth, and in general favoured dirndl skirts, low-cut tops and markedly cumbrous jewellery. But her defining characteristic was her voice – or, rather, her overpowering idiolect.”

‘n Kostelike aanhaling is juis uit ‘n brief wat Larkin in Oktober 1952 aan Jones geskryf het waarin hy haar wenke gee ten opsigte van haar ‘overpowering idiolect”, soos Amis dit stel: “Dear, I must sound very pompous & huffy . . . It’s simply that in my view you would do much better to revise, drastically, the amount you say and the intensity with which you say it . . . I do want to urge you, with all love & kindness, to think about how much you say & how you say it. I’d even go so far as to make 3 rules: One, Never say more than two sentences, or very rarely three, without waiting for an answer or comment from whoever you’re talking to; Two, abandon altogether your harsh didactic voice, & use only the soft musical one (except in special cases); & Three, don’t do more than glance at your interlocutor (wrong word?) once or twice while speaking. You’re getting a habit of boring your face up or round into the features of your listener – don’t do it! It’s most trying.”

Oor die kwessie van seksuele intimiteit tussen Larkin en Jones is die briewe egter besonder vaag; die vermoede bestaan dat Larkin nou nie juis ‘n persoon was by wie jy ‘wilde passie’ te wagte sou wees nie. Veral nie indien die volgende siening van hom ter harte geneem word nie: “I think . . . someone might do a little research on some of the inherent qualities of sex – its cruelty, its bullyingness, for instance. It seems to me that bending someone else to your will is the very stuff of sex, by force or neglect if you are male, by spitefulness or nagging or scenes if you are female. And what’s more, both sides would sooner have it that way than not at all. I wouldn’t. And I suspect that means not that I can enjoy sex in my own quiet way but that I can’t enjoy it at all. It’s like rugby football: either you like kicking & being kicked, or your soul cringes away from the whole affair. There’s no way of quietly enjoying rugby football.”

Mmmm, nou ja toe. Inderdaad ‘n insiggewende essay waarin Amis onder andere uitvoerig skryf oor die verhouding tussen Larkin en sy eie pa, Kingsley Amis; oor Larkin se jeugjare en vele meer. Gaan lees gerus die essay.

Ten slotte, die volgende aanhaling oor hoekom Monica Jones vir Larkin so ‘n belangrike persoon was, ten spyte van die onderliggende krapperigheid tussen hulle: “Still, one way or another, Monica enabled Larkin to cherish his crucial essences – and to turn them into immortal poetry. ‘I am sure you are the one of this generation!’ she wrote in 1955. ‘I like your poetry better than any that I ever see – oh, I am sure you will make yr name! yr mark, do I mean – really be a real poet, I feel more sure of it than ever before, it is you who are the one . . .’ Many a muse, no doubt, has murmured these words to many a poet. But Monica happened to be right. Larkin’s life was a failure; his work was a triumph. That is all that matters. Because the work, unlike the life, lives on.”

Sela.

 

Letters to Monica

Letters to Monica

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Andries Bezuidenhout. Gedigte in die lug

Monday, October 25th, 2010

Sitkamerstelle. Dat ek vandag aan sitkamerstelle moet dink. Hoe voorstedelik! Dalk gaan dit oor vertraagde reaksie en trauma wat ek nie netnou onmiddellik kon verwerk nie.

Vroeër vandag Eastgate-winkelsentrum toe. Verkeersknope van inkopietrollies in die gange tussen winkels. Winkelsentrum het kerk voorwaar vervang as middelpunt van die dorp. Sondae ook. ʼn Mens sou sweer die globale resessie is verby. Ons trek volgende naweek en kyk rond vir goeters soos skottelgoedwassers, leeslampe, dalk ʼn nuwe bank vir die sitkamer. O, so voorstedelik!

So van sit gepraat. Ek lees op die oomblik om die beurt Ari Sitas se digbundel Slave Trades en weer die versamelde werke van Philip Larkin op die toilet. Sitas se bundel is moeilik en obskuur. Ek skat ʼn mens benodig meer agtergrond om die diepte van waarmee hy besig is te verstaan; oor Rimbaud se besoeke aan Siprus en Ethiopië, die slawehandel. Of dalk ʼn meer gekonsentreerde studie as bloot sit-sit-so. Larkin seker ook.

ʼn Paar jaar gelede het ons ʼn pragtige sitkamerstelletjie gesien in Le Corbusier-styl – LC2, dink ek. Lieflike hoekige lyne met chroom en wit leer. Hoekom het ons nie destyds maar ons maandelikse uitgawes op sjampanje gesny en die ding gekoop nie?

Uit Larkin se versamelde werke:

Shine out, my sudden angel,
Break fear with breast and brow,
I take you now and for always,
For always is always now.

Deesdae is al die sitkamerstelle lelik; sulke ronde lyne, bonkige, opgestopte, pofferige, poeferige, powwerige gestoeltes, soos die pensvelle van speenvarkies, met handvatsels en knoppies om die goed te stel sodat die “sitter” kan skuinslê, dwarslê, op die maag lê, rondlê, of soos ʼn vampier onderstebo plaasneem – alles behalwe sit.

Hoekom, o hoekom? Wat het geword van die revival in modernistiese ontwerp van ʼn paar jaar gelede? Nou’s ons weer terug by die gomma gomma, die bomma bomma, die lazy ronde skommel van die tagtigs, toe stoele soos Margaret Thatcher se haredos gelyk het.

Lees later vandag ʼn onderhoud met Keith Richards in ʼn Engelse Sondagkoerant. Die onderhoudvoerder wil weet of hy weer heroïen sal doen. Richards se antwoord:

“Oh yes. Yes. There’s a lot of experience in there. You meet a lot of weird people, different takes on life that you’re not going to find if you don’t go there. I loved a good high. And if you stay up, you get the songs that everyone else misses because they’re asleep… There’s songs zooming around everywhere. There’s songs zooming through here right now, in the air… You’ve just got to put your hand out and catch them.”

Ek blaai ook deur bladsye en bladsye advertensies van winkelsentrums wat saam met die Sondagkoerant kom. Ek kyk na sitkamerstelle. Ewe skielik besef ek hoekom die ontwerp daarvan so verander het. Dit gaan oor die flat screen TV-skerm. Op die foto’s is al die sitkamerstelle gerangskik soos in filmteaters. As mense daarop sou sit, kyk hulle nie na mekaar nie, maar na ʼn flat screen TV-skerm.

Volgens die artikel in die Engelse Sondagkoerant het Keith Richards in die werkersklaswoonbuurt Dartford grootgeword. Sy ouers was boheemse malkoppe. Die enigste goeie ding wat hy by hulle geleer het, is respek vir musiek en vir die biblioteek.

Ook uit Larkin, toe hy ouer was:

But superstition, like belief, must die,
And what remains when disbelief has gone?
Grass, weedy pavement, brambles, buttress, sky,

And shape less recognisable each week,
A purpose more obscure…

(Uit “Church Going”.)

Dis seker dan ook die tipe besluit wat ʼn mens moet neem as jy by ʼn nuwe ruimte jou intrek neem: Of jy ʼn TV gaan aanskaf. Ek wonder. Dalk eerder nie. Daar’s ook gedigte wat in die lug ronddryf. Dalk mis ek te veel van hulle as ek in ʼn opgestopte sitkamerstoel sit en na ʼn skerm kyk.

Zoom gedigte deur die voorstede ook?

LC2

Aanhalings uit:

Philip Larkin. Collected Poems (2003, Marvell).

Ari Sitas. Slave Trades and an Artist’s Notebook (2000, Deep South).

Caitlin Morgan se onderhoud met Keith Richards: “I don’t want to see my old friend Lucifer just yet.” Sunday Times Lifestyle Magazine (24 Oktober 2010, pp 34-36).

Verering vir Philip Larkin

Wednesday, February 3rd, 2010
Philip Larkin

Philip Larkin

Vyf-en-twintig jaar na sy dood in 1985 gaan Philip Larkin vereer word deur die stad waar hy (teësinnig) vir die laaste drie dekades van sy lewe werksaam was as bibliotekaris. Die herdenkingsfees wat deur Hull in Oos-Yorkshire beoog word, sal van Augustus tot Desember duur en ‘n hoogtepunt bereik met die onthulling van ‘n standbeeld van die digter by Paragon-stasie; ‘n beeld soortgelyk aan dié van sy vriend, Sir John Betjeman by London se King’s Cross. 

Dat hierdie verering sonder kontroversie gaan wees, is egter te betwyfel. Veral vanweë die onthullings na Larkin se dood met die publikasie van sy briewe en biografie deur Andrew Motion waarin die digter uitgebeeld word as die hater van bykans alle dinge: “misanthrophist”, “racist” en “misogynist” is die etikette wat met eentonige reëlmaat om sy nek gehang is.

Tom Paulin, gewaardeerde akademikus en selwers digter, het Larkin se briewe byvoorbeeld beskryf as “a distressing and in many ways revolting compilation which imperfectly reveals and conceals the sewer under the national monument Larkin became”.

Aangesien Larkin ‘n uiters geslote en nie-sosiale persoon was, en beslis nié een van Hull se entoesiastiese inwoners nie (Larkin het onder andere na Hull verwys as die “end of the line sense of freedom”), ontglip juis dié ironie ook nie die organiseerders nie. “I suspect he would be relatively unimpressed by the idea and that is a question we have been asking ourselves,” het Graham Chesters, voorsitter van die Philip Larkin Society gesê. “He didn’t have much time for anywhere and in his correspondence he does wonder why he is in Hull. But in many ways it was ideal for a poet.”

Hierteenoor het Jean Hartley, sy uitgewer by The Marvell Press en jarelange vriendin, weer die volgende te sê gehad: “He was the funniest man that I have ever known. He was hugely entertaining. He used to cycle up to our house most Saturday afternoons having done a great big shop with this great haversack on his back and we would spend the afternoon in uproarious laughter before he would cycle home. He liked the place because it was a bustling town but also very remote with all this lovely countryside around. He had some very meaningful relationships and a very big circle of friends.”

Mmm, wys jou net: teen die uitgestelde verering staan selfs die gestorwenes magteloos. Nietemin, die volledige berig kan op The Independent se webblad gelees word. Vir jou leesplesier plaas ek Philip Larkin se beroemde gedig “Here“, wat júís oor Hull handel, onder aan vanoggend se Nuuswekker.

***

Na die kraglopie van nuwe plasings aan die begin van die week was dit gister maar bra stil op die webblad. Nuwe toevoegings is Ilse van Staden se inskrywing oor hoe ‘n nuwe vers van haar tot stand gekom het en Johann de Lange wat twee van sy vertalings geplaas het: Sylvia Plath se “Dame Lasarus” en Allen Ginsberg se gedig “Sfinkter“.

Lekker lees, en onthou – skryf ‘n brief aan die Brieweboks oor jou gunsteling liefdesvers of – bundel!

Mooi bly.

LE

 

Here

Swerving east, from rich industrial shadows
And traffic all night north; swerving through fields
Too thin and thistled to be called meadows,
And now and then a harsh-named halt, that shields
Workmen at dawn; swerving to solitude
Of skies and scarecrows, haystacks, hares and pheasants,
And the widening river’s slow presence,
The piled gold clouds, the shining gull-marked mud,

Gathers to the surprise of a large town:
Here domes and statues, spires and cranes cluster
Beside grain-scattered streets, barge-crowded water,
And residents from raw estates, brought down
The dead straight miles by stealing flat-faced trolleys,
Push through plate-glass swing doors to their desires –
Cheap suits, red kitchen-ware, sharp shoes, iced lollies,
Electric mixers, toasters, washers, driers –

A cut-price crowd, urban yet simple, dwelling
Where only salesmen and relations come
Within a terminate and fishy-smelling
Pastoral of ships up streets, the slave museum,
Tattoo-shops, consulates, grim head-scarfed wives;
And out beyond its mortgaged half-built edges
Fast-shadowed wheat-fields, running high as hedges,
Isolate villages, where removed lives

Loneliness clarifies. Here silence stands
Like heat. Here leaves unnoticed thicken,
Hidden weeds flower, neglected waters quicken,
Luminously-peopled air ascends;
And past the poppies bluish neutral distance
Ends the land suddenly beyond a beach
Of shapes and shingle. Here is unfenced existence:
Facing the sun, untalkative, out of reach.

© Philip Larkin

 

 

 

Philip Larkin – vertaling in Afrikaans

Thursday, November 19th, 2009

Philip Larkin – vertaal deur Lina Spies, Marlene van Niekerk

 

 

Die bome

Philip Larkin

 

 

Aan die bome begin die blare glim

soos woorde wat net-net versweë bly;

die loof deur nuwe botsels stilweg uitgespin

se prilgroen is om byna van seer te kry.

 

Is dit so omdat hulle herbore word

en ons verouder? Nee, hul sterwe ook.

Die truuk van hulle jaarlikse verjonging

is opgeteken in die ringe van hul grein.

 

Tog soos kastele in hul lugtige luister

is dit asof in hul diggedorste lowerkleed,

hul elke lente fluister: verlede jaar is dood,

begin opnuut, opnuut, opnuut.

 

(Vertaal deur Lina Spies)

 

Die bome 
Philip Larkin
 

 

Die bome wil in blad uitskiet,

 

 

‘n Geheim nog net weerhou;

Die prille bot ontspan, ontvou,

Die groen daarvan ‘n soort verdriet.

 

Is dit dat ons een leeftyd dien

En hul herbore word? Hul moet ook sterf.

Hul voorjaarstruuk van nuut uitsien

Staan ringsom in die grein gekerf.

 

Tog, onbedaarlik bries en bruis

Die blaarkastele elke jaar.

Verby’s verby, wil hul verklaar,

Begin van voor, herrys, herrys.

 

 

©  Vertaling van The Trees [Philip Larkin] deur Marlene van Niekerk

Brittanje se gunstelingdigters

Monday, October 12th, 2009
TS Eliot

TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (‘n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte – nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah

 

Andries Bezuidenhout. Ons ouers se melankolie

Monday, July 27th, 2009

Dis so koud in die woonstel dat ek in die bed sit en lees.

Ek lees verlede week weer Harry Kalmer se X-Ray Visagie en die vingers van God, asook Die man met die dertien kinders. Ek dink laasgenoemde bly Harry se beste boek. Dis ʼn storie met soveel menslikheid en diepte. Dit boul my van voor af om. Ek hou ook van die verwysings na die gedigte van Philip Larkin (“They fuck you up, your mum and dad./ They may not mean to, but they do./ They fill you with the faults they had/ And add some extra, just for you.”) en Michael Ondaatje. Ek lees nou al vir maande lank aan die gedigte in The Cinnamon Peeler.

Al verskil ek en Hennie van Coller oor die relatiewe gewig wat Karel Schoeman se romans in die letterkunde dra (sien eerskomende Sondag se Boeke-Rapport), weet ek darem dat ons albei Harry Kalmer se werk waardeer. (Ek weet nie wat my besiel het om my vingers aan die sleutelbord te waag oor sulke sake nie, maar nou ja. Die bylae vir volgende week is seker al uitgelê en wag om gedruk te word. Ek is voortvarend en die koeël is deur die pers.)

X-Ray waardeer ek met hierdie keer se lees op ʼn ander manier. Ek ken die omgewing waar die boek afspeel soveel beter as toe ek dit destyds gelees het – Burgersdorp en dele van Johannesburg. En dan is daar Baader-Meinhof, wat so ʼn belangrike verwysingspunt vir die storie is.

Hoekom is daar juis nou weer ʼn herondersoek na die rol van Andreas Baader en Ulrike Meinhof en die geslag na hulle? Ek dink aan die onlangse film daaroor. Dalk omdat baie van die repertoires van terreur tóé uitgevind is. Dalk omdat regerings steeds nie (wil) verstaan hoekom mense hul tot geweld wend nie.

Ek dink weer aan die punkband Koos se musiek uit die tyd wat die boek afspeel. En aan Marcel van Heerden se liriek “Die Suid-Afrikaanse herfs”, met sy verwysings na die Baader-Meinhof-hofsaak. Dis die 1980s. In Yeoville is daar ʼn hele scene met rebelse Afrikaners. Terwyl ek X-Ray lees, draai die liriek deur my kop: “Wie is hierdie kinders met die toekoms in hulle oë… Wat hul ouers se melankolie wil verlig in die Suid-Afrikaanse herfs…”