Nuusvrystelling. ATKV-Mediaprys vir Poësie
Friday, May 14th, 2010
ATKV-MEDIAVEERTJIES 2010
Die ATKV het besluit om van vanjaar af ‘n Prys vir Poësie by hulle lys van toekennings vir die jaarlikse ATKV-Woordveertjies, wat in samewerking met Sanlam aangebied word, te voeg.
Poësie vorm ‘n onmisbare deel van die Afrikaanse letterkunde. Daar is soveel opwindende en uitmuntende bydraes wat in hierdie genre gelewer word, dat dit die nodige erkenning en verering verdien.
Die ATKV ondersteun kreatiwiteit en uitnemendheid rondom die Afrikaanse woord.
Nita Cronjé: Organiseerder - ATKV Woordveertjies
Jeanné Naudé: Organiseerder - ATKV Projekte
NUUSVRYSTELLING
SAAMGESTEL EN UITGESTUUR DEUR DIE ATKV SE HOOFKANTOOR IN RANDBURG
| Posbus 4586 RANDBURG 2125 atkv@atkv.org.zawww.atkv.org.za |
PROJEKORGANISEERDERS : Jeanné Naudé en Nita Cronjé
TELEFOONNOMMERS : (011) 919 9088 en (011) 919 9087
BLADSYE : 01
DATUM : 14 Mei 2010
EMBARGO : Onmiddellik
ATKV-WOORDVEERTJIES INSKRYWINGS WORD INGEWAG
Alle uitgewers word genooi om in te skryf vir vanjaar se ATKV-Woordveertjies.
Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 11 Junie 2010 en die reglemente en inskrywingsvorms is beskikbaar by http://atkvprojekte.co.za/images/woordveertjies/2010/poesie_regl.pdf
Daar kan in die volgende kategorieë ingeskryf word:
- ATKV-Prosaprys
- Prys vir Dramateks
- Prys vir Liefdesroman
- Prys vir Poësie
- Prys vir Spanningslektuur
Wenners word tydens ‘n glansryke toekenningsgeleentheid in Stellenbosch op 10 September bekroon. Die ATKV-Woordveertjies word in samewerking met Sanlam aangebied.
Vir navrae oor inskrywings kontak: Jeanné Naudé by 011 919 9088
EINDE





