Posts Tagged ‘Pussy Riot’

Waldemar Gouws. Putin en Zuma en nog ander kaalkoppe eet saam

Sunday, September 6th, 2015

p9752014_p_v7_aa

Putin en Zuma en nog ander kaalkoppe eet saam

As ek Zuma en Putin wil plaas in die sikliese konteks van Jan Rabie se surrealistiese poёtiese gelykenis “Drie kaalkoppe eet tesame” (21, 1956) kan enigeen van ons sekerlik dink aan die naam van ‘n derde ene, ‘n politiese, of finansiёle figuur – een wat politici kan manipuleer – om vandag ‘n (eietydse) Rabie-opset mee te voltooi. Die restauranttoneel van die verhaal is welbekend: drie baie dik kaalkopmans by ‘n tafel verorber gereg na gereg, wat algaande almal in die eetplek verstom. Hul mega-aptyt, gepaard met woeste ongeduld, oortref die Gargantuaanse speel-speel. Mettertyd word dit duidelik dat daar menslike snitte vleis op hulle borde is.

“Die omstanders hyg van walging, maar die drie kaalkoppe gewaar daar niks van nie. Hulle eet met ontstellende wellus, en vergeet selfs [soos wat my ma ook eerste sou gemerk het] om die strome vet wat oor hulle wange loop, af te vee. Hulle gun hulself geen verposing tussen elke nuwe stuk mensvleis nie; hulle monde maal soos groot vleismeulens.”

Uiteindelik verorber die drie mekaar ook en ‘n volgende sessie is Nietzscheaans in die vooruitsig.

Dis opmerklik hoeveel ram- en ooipokkers hul grafies skaamteloos gedra in die politieke magsgestoeltes. Met skaamteloos betrek ek implisiet ‘n veronderstelde etiese samelewingsnorm. Maar nieteenstaande sulke verwagtings, bly die spieёls, geproduseer uit die gekniehalterde lewenskwaliteit, die kortgeknipte vryhede en selfs uit hele verlore lewens van medeburgers, besig aan die mure en teen die plafonne van die selfsugtigstes om beeld na selftevrede beeld vol gloriestories op te gooi. Die baie selfbewuste kykers het mos gearriveer!

Twee verwysings wat ek opgemerk het verlede week in die koerant na Putin se Rusland, kan ons ongemak met Suid-Afrika se om-die-harde-hals-val verhouding met Moskou nog ‘n verdere paar menslike kerwe verhoog. Eerstens is berig dat twee Oekraïners, Oleg Sentsov en Alexander Kolchenko, in Rostov deur ‘n Russiese militȇre hof tot onderskeidelik twintig jaar (in ‘n hoё-sekuriteitsstrafkolonie) en tien jaar gevangenisstraf gevonnis is vir “terreuraanvalle” in die Krim. Die Krim is die Oekraïnse skiereiland in die Swart See wat laas jaar deur Rusland geannekseer is. Dat die aanklag teen die twee polities van aard is, en nie krimineel gegrond nie, lyk onbetwisbaar. Sentsov is ‘n bekende Oekraïnse filmregisseur. Hy en Kolchenko het saam in die traliehofhok met die arm om mekaar se skouers die Oekraïnse volkslied aangehef tydens vonnisoplegging. “’n Verhoor deur die besetter kan per definisie nie regverdig wees nie,” het die president van Oekraïne, Poroshenko, ter ondersteuning van die twee aangeklaagdes gesȇ.

Dancing in Odessa

Sȇ Oekraïne en jy sȇ ook Odessa. Die Odessa van die digter Ilya Kaminsky en sy bundel Dancing in Odessa, (2004) met hier een van sy tekste:

Dancing in Odessa

   In a city ruled jointly by doves and crows, doves covered the main district, and crows the market. A deaf boy counted how many birds there were in his neighbour’s backyard, producing a four-digit number. He dialled the number and confessed his love to the voice on the line.

   My secret: at the age of four I became deaf. When I lost my hearing, I began to see voices. On a crowded trolley, a one-armed man said that my life would be mysteriously linked to the history of my country. Yet my country cannot be found, its citizens meet in a dream to conduct elections. He did not describe their faces, only a few names: Roland, Aladdin, Sinbad.

Is dit in Odessa waar Putin die een of ander tyd met ‘n jakkalsdraffiedans trag te spog, soos wat Hitler sy triomfantelike baltshop (glad nie hopscotch nie) gedans het destyds in Parys na die Nazi-besetting van Frankryk? Teoreties kan Putin aan bewind bly tot in 2024 (d.w.s. twee sesjaartermyne na 2010) met baie tyd vir sy diep-skadelike magsmanewales. En hy kan met reg die “Neighbourhood Bully” genoem word, om ‘n satiriese Bob Dylan lied se titel van sy Infidels album (1983) te gebruik.

Dat Oleg Sentsov sy vonnis in ‘n Russiese strafkolonie moet uitdien, herroep die plek waar Nadezhda Tolokonnikova haar tweejaar-vonnis in Strafkolonie 14, by Partsa in Mordoviё, duisende kilometer van Moskou, moes uitdien, nadat sy en Maria Alyokhina in Augustus 2012 skuldig bevind is aan “vandalisme” en “opstokery van godsdienstige haat” na ‘n veertig sekonde betoging in Rusland se beroemdste katedraal van die Ortodokse Kerk (die Patriarg van Moskou is ook ‘n oud KGB-medewerker en ondersteuner van Putin). Tolokonnikova is lid van Pussy Riot, die aktivistiese groep wat teen Putin se outokratiese regeerstyl en sy derde termyn as president van ‘n outoritȇre Rusland , asook teen globale kapitalisme optree. Gevra oor Pussy Riot se vonnis, het Putin op 12 Oktober 2012 gesȇ: “Die hof het hulle ‘n dubbeltjie gegee. Ek het niks hiermee te doen nie. Hulle het daarvoor gevra, en dit gekry.” Hierdie versetsgroep het ook die huidige verskynsel van globale kapitalisme gedekonstrueer en die lewendige verband met Stalinisme blootgelȇ. (Anders as die onvertaalbare name van The Beatles en die Rolling Stones, kan mens seker probeer om Pussy Riot as Koekie Oproer [of Uitspattigheid] te vertaal. Koekie Onlus is regtig oksimoronies benard). As ek self ‘n band op die been sou bring, sal die band se naam dooier wees – die verset teen onreg moet openlik op die verhoog uitbroei. Met elke optrede dus nóg opstandelinge.

Waarvoor beywer Pussy Riot hulle? “We’re on the side of those who don’t offer final answers or transcendent truths. Our mission rather, is the asking of questions… We count ourselves among those rebels … who hold that the only truth lies in perpetual seeking,” het Tolokonnikova in ‘n brief aan Slavoj Zizek geskryf. En verder haal sy die Russiese denker uit die negentiende eeu, Berdyaev, aan: “… truth is no extraneous thing; it is the way and the life. Truth is spiritual conquest; it is known in and through freedom.” Teenoor hierdie idee staan die geloof van die onderhoofbewaarder van Strafkolonie 14, Lt.-Kol. Kupriyanov: “You should know that when it comes to politics, I am a Stalinist” (in Comradely Greetings: The Prison Letters of Nadya and Slavoj, 2014). “So ‘n bek moet blue label kry. En ‘n vakansie in die wildtuin. Stryk die renostervelle vir spesiale gaste oop vir sy helikopter,” sal lede van die Nasionale Uitvoerende Komitee sekerlik sȇ.

Tweedens (die eerstens is so belangwekkend, en uitgerek, dat ek amper van die tweedens vergeet het) dus waaroor ek tweedens verlede week in die koerant gelees het, is dat ‘n ekonomienavorser dit bevestig het (28 Augustus vanjaar) dat elke enkele Russiese ministeriёle aankondiging en vooruitskatting sedert Desember 2014 m.b.t. die stand van Rusland se ekonomie heeltemal verkeerd was, d.w.s. pure bog. Die krisis is nou hoёr as die geїdealiseerde Kremlinmure, want dis die dat Putin sy biljoenȇrvriend, Timchenko (een van die min of meer tien vertrouelinge van Putin wat die land feodaal regeer volgens Nadezhda Tolokonnikova) afgevaardig het om by die Chinese om ekonomiese hulp te gaan vra ten spyte van lg. se geregverdigde wantroue in die spekskiet Russiese regering. Nou, my eerste kennismaking met ‘n miljoenȇrfiguur en die se voorgestelde oormaat aan lewensmiddele, was danksy Peter Blum se uitwysing van ‘n ou miljoenȇr in sy gedig “Die miljenȇr se kombuis” (Steenbok tot Poolsee: Verse, 1955). Hierdie ou miljoenȇr is klaarblyklik nie deel van die kaalkopkliek onderdrukkers nie. ‘n Kaapse kok beskryf sy werkgewer se kombuis aan ‘n vriend:

Tsaaina en messegoed tot anie nok,

Fridzidȇrs volgaprop met piekfyn vleis,

Eiers, vrugta en groentes oppie ys,

En die jele karkas van ‘n soort bok.

 

… Ennie kjeller’s die ena kroeg –

whisky en brannewyn, dzien en muskedil.

Toe sȇ ek, “Wragtie, dié baas is gaseёn!

 

Ga’ hy nou patie skop? Daa’s oorganoeg

om twintag ouens ‘n week lank te laat smul.”

“Nei,” sȇ hy, “Die baas eet altyd alleen.”

‘n Mens wonder oor die moontlike eksklusiewe verstandhouding tussen die plesierige landsleier Jakob (Boggelkop) Zuma en Putin t.o.v. die oprigting van R-triljoen se kernkragsentrales hier te lande. (Ek het die boggelkopwoord in Breyten Breytenbach se bundel Lotus, 3.13 [1970] gevind, in ‘n on-Zuma verband, bygesȇ. Die Engelse ekwivalent, “hunchhead,” slaan wel ‘n semantiese slaggie, maar dis al, qua Zuma).

Kyk mens kursories na Zuma se kop, selfs by fakkellig saans, of m.b.v. die ekonomiese LED’s, is die duimafdrukke van Putin daarop duidelik merkbaar – die Suid-Afrikaanse leier is dus (frenologies?) onder die invloed van Putin, sowel as almal van ons, Suid-Afrikaners, by implikasie (Putin-pionnetjies, wat iets heel anders as bv. Giotto se bruin monnikkies is).

Waldemar Gouws

Waldemar Gouws

Louis Esterhuizen. Poësie geblameer vir die Russiese kattebasaar

Wednesday, August 29th, 2012

Vroeër vandeesmaand is drie lede van die Russiese punk band Pussy Riot (foto) tot twee jaar gevangenisskap gevonnis nadat hulle in ‘n Moskouse katedraal teen Vladimir Putin en sy regering betoog het; gebeure wat wêreldwyd opslae veroorsaak het.

Na afloop van die vonnisoplegging het die drie feministiese punk rockers, synde Maria Alyokhina, Yekaterina Samutsevich en Nadezhda Tolokonnikova, roerende vertoë gelewer ten einde hul optrede in die Ortodokse katedraal te verduidelik en te regverdig. En in al drie se verklarings is die digkuns uitgesonder as bron van inspirasie en beïnvloeding.

Alexander Vvedensky

Tolokonnikova  het veral die digtersgroep OBERIU uitgesonder as rolmodelle. Op die webblad GalleyCat word sy soos volg aangehaal: “Katya, Masha and I may be in prison, but I do not consider us defeated. Just as the dissidents were not defeated; although they disappeared into mental institutions and prisons, they pronounced their verdict upon the regime. The art of creating the image of an epoch does not know winners or losers. It was the same with the OBERIU poets, who remained artists until the end, inexplicable and incomprehensible … Pussy Riot are Alexander Vvedensky’s students and heirs. His principle of the bad rhyme is dear to us. He wrote, ‘Occasionally, I think of two different rhymes, a good one and a bad one, and I always choose the bad one because it is always the right one’.” (Vvedensky was die hoofman van vele tydens OBERIU se heerskappy.)

Daarteenoor het Alyokhina weer inspirasie vir hul optrede gevind by die Nobel-pryswenner Josep Brodsky: “I would like to point out that very similar methods were used during the trial of the poet Joseph Brodsky. His poems were defined as ‘so-called’ poems; the witnesses for the prosecution hadn’t actually read them-just as a number of the witnesses in our case didn’t see the performance itself and only watched the clip online. Our apologies, it seems, are also being defined by the collective prosecuting body as ‘so-called’ apologies. Even though this is offensive […] This freedom goes on living with every person who is not indifferent, who hears us in this country […] I believe that I have honesty and openness, I thirst for the truth; and these things will make all of us just a little bit more free. We will see this yet.”

Nou ja, toe. Vir jou leesplesier volg een van Alexander Vvedensky se gedigte hieronder.

***

An Invitation for Me To Think

Let us think on a clear day
sitting down on stump and stone.
Us around flowers grew,
stars, people, homes.
From the mountains tall and steep,
water fell at breakneck speed.
We were sitting at the moment,
we kept our eyes on them.
Us around the day shines bright,
underneath us stump and stone.
Us around the birds fluttered,
the blue maidens puttered.
But where oh where us all around
is thunder’s now absent sound.
We perceive the river partially,
we’ll tell the stone contrarily:
Night, where are you in your absence
at this hour, on this day?
Art, what is it that you feel or sense,
being there without us?
Government, where do you stay?
Foxes and bugs are in the woods,
concepts in the sky above-
Come closer God and ask the fox:
so, fox, is it far from dawn to dusk?
will the stream run a long distance
from the word understood to the word flower?
The fox will reply to God:
it’s all a disappearing road.
You or he or I, we’ve gone but a hair,
we hadn’t even time to see that minute,
and look God, fish and sky, that part has vanished
forever, it would seem, from our planet.
We said: yes, it’s apparent,
we can’t see the hour ago.
We thought-we’re
very lonely.
In a moment our
eye covers a little only.
And our hearing, down and out,
senses only one sound.
And our soul
knows but a sad snippet of science’s whole.
We said: yes, it’s obvious,
it’s all very upsetting to us.
And that’s when we flew.
And I flew like a cuckoo
imagining my lightness.
A passerby thought: He’s coo-coo,
he’s made in a screech-owl’s likeness.
Passerby, forget your stupid gloom,
look, all around putter maidens blue,
like angels, dogs run smartly round,
why is it all boring and dark for you.
We’re tickled by what is unknown,
the inexplicable’s our friend,
we see the forest walking backward,
yesterday stands all around today.
The star changes in volume,
the world grows old, the moose grows old.
We once happened to be
in the saltwater body of the seas,
where the waves let out a squeak,
we monitored the proud fish:
the fish floated like oil
on the surface of the water,
we understood, life was burning out everywhere
from the fish to God and the star.
And the feeling of calm
caressed everybody with its arm.
But noticing music’s body
you did not burst into tears.
The passerby addresses us:
Hasn’t grief taken hold of you completely?
Yes, music’s magic beacon
burned out, evoking pity.
The ruling night was just beginning,
we cried a century.

1931-1934

(c) Alexander Vvedensky
Uit Russies vertaal deur Matvei Yankelevich