Posts Tagged ‘Robert Frost’

Nini Bennett. Desiderata en die populêre kultuur

Tuesday, February 27th, 2018

 

As kind het ek ’n Desiderata-plakkaat begeer. Kompleet in kalligrafie, met die eerste twee woorde “go placidly” in swierige hoofletters geskilder. Nes my vriendin, Michelle teen haar kamermuur gehad het, met A-ha en Duran Duran as bure. Jare later kan ek lag hieroor – maar vir ’n vyftienjarige was dit groot kuns… of lewenswysheid. Dit hang af hoe ’n mens daarna kyk. Vir sommiges is Desiderata ’n cliché wat in dieselfde asem genoem word as The Invitation van Oriah Mountain Dreamer, of Footprints in the Sand van Margaret Fishback Powers. Morele pedanterie in groetekaartstyl. Desiderata word oorhandig aan ’n jongeling saam met ’n silwer plastieksleutel tydens ’n mondigwordingspartytjie. Die populêre kultuur het die vers opgeraap en tot vervelens toe gereproduseer op stortgordyne, in kinderboeke, ’n tatoe op kaptein Jack Sparrow se rug, en vir dekades lank het refreine daarvan weerklink by monde van staatsmanne, hippies, sangers, en Hollywood-akteurs. In ’n artikel oor hierdie bekende vers beweer die skrywer, Daniel Nester: “Alongside rock lyrics, it was one of the first non-biblical texts I took as Bible truth.”

Onlangse soekresultate toon dat dit steeds een van die gewildste verse van ons tyd is. Die titelwoord Desiderata word méér in internetsoekmasjiene getik as The Waste Land van T.S. Eliot, of Robert Frost se The Road Not Taken – dit bly een van die verse wat die heel meeste nagespeur, gelees en aangehaal word. Gelukkig (of ongelukkig) het Desiderata sy wegholsukses aan die mite rondom die gedig te danke.

Die digter, Max Ehrmann het die vers in 1927 geskryf, waarna hy dit as getekende kerskaartjies na vriende uitgestuur het. In 1933 het die vers in die New York Times verskyn. Dis egter eers in 1956 wat die koors posgevat het – Eerwaarde Frederick Kates van die St. Paul’s Episcopal Church in Baltimore het die vers opgeneem in ’n kerkblad as deel van ’n reeks inspirerende skrywes vir Lent. Die drukkersduiwel het sy opwagting gemaak, en in stede van die digter se naam, het “Old St. Paul’s Church A.D. 1692” onder aan die vers verskyn. Duisende kopieë van die kerkblad is versprei, en mense het begeesterd begin verwys na die vers as “found in Old St. Paul’s Church, Baltimore, dated 1692.” Die mite is gebore, en dis hoe die mensdom nou eenmaal is: moenie ’n goeie storie met feite bederf nie. Volgens ‘n berig in die Washington Post het die kerk tot veertig oproepe ‘n week van Jan Publiek ontvang: hulle wou bitter graag die oorspronklike Desiderata sien. Soos oorlewering dit het, was die magiese gedig deur ’n naamlose digter uitgekerf teen die kerk se muur in 1692. Nodeloos om te noem dat die kerk in 1692 nog nie eens bestaan het nie.

14 Julie 1965 kom Adlai Stevenson, voormalige demokratiese presidensiële kandidaat en ambassadeur van die VN, tot sterwe. Die joernalis, Betty Beale, wat in dieselfde gastehuis as Stevenson tuisgegaan het, vind ’n kopie van Desiderata op sy bedkassie. En Beale se eksklusiewe storie is gereed: in ’n huldigingsartikel oor Stevenson skryf sy dat die staatsman dié vers in ’n 1965-kerskaart wou insluit, en dat dit in 1692 in ’n kerk in Baltimore gevind is. In ’n opvolgartikel het die erratum – dat die digter Max Ehrmann is – verskyn, maar die verwarring rondom die magiese gedig is nog lank nie die nek ingeslaan nie. Mense wou glo dat dit ’n sewentiende eeuse Amerikaanse wysheid is. Herdenkingsbylae met Stevenson se Desiderata-weergawe is met die ambassadeur se onderstreepte gedeeltes en al herdruk, en die geld het begin instroom. In die sestiger- en sewentigerjare is duisende plakkate van Desiderata wêreldwyd versprei.

Nie lank nie, of Hollywood het begin inkoop op Desiderata; die vers met die grootste verkoopsyfers nóg, al klink dit vreemd. Leonard Nimoy het laasgenoemde voorgelees en dit “Spock thoughts” genoem op sy 1968-album, Two Sides of Leonard Nimoy. 8 Januarie 1970 het die aktrise, Joan Crawford tydens ’n onderhoud met David Frost aangehaal uit Desiderata. In 1971 het Les Crane ’n oudio-weergawe van die vers vrygestel op ’n langspeelplaat. Die Duitse akteur, Friedrich Schütter het ’n Duitse klankweergawe van die vers die lig laat sien, terwyl ’n Spaanse plaat van die akteur, Arturo Benavides, in 1972 vrygestel is. National Lampoon het egter genoeg gehad van Desiderata, en in 1972 ’n parodie, Deteriorata uitgereik, waarin die reël “you are a fluke of the universe; you have no right to be here” in stede van “you are a child of the universe no less than the trees and the stars; you have a right to be here” gesing word. Maar, soos Tony Hendra in sy 2005-memoir, Father Joe tereg opmerk: “Parody is also a way of owning and containing what you were once in awe of.” In 1972 het minister Pierre Trudeau die Kanadese algemene verkiesing verloor, en in sy toespraak uit Desiderata aangehaal: “The universe is unfolding as it should.” Die Britse popgroep In the Nursery het Desiderata verwerk as ’n liedjie vir hulle album, Duality (1992); en Brian Davison se psigedeliese groep, Every Which Way, het die vers opgeneem met die titel “Glo Placidy”. Die vers is tot satwordens toe voorgelees tydens geselsprogramme – byvoorbeeld ’n Johnny Cash Show (1990); en, soos ’n mens kan verwag, het Desiderata ook vanuit Oprah Winfrey se kletssitkamer weerklink. Gospel-verwerkings (met gevoelige hapsichord-begeleiding) het van die rakke afgevlieg. Terre Haute! Die vers het stratosferiese afmetings begin aanneem. Die lys gebruike en verwerkings binne die populêre kultuur is lank: hierdie is net enkele voorbeelde.

Die digter Max Ehrmann was die seun van Duitse emigrante. Max senior, vader van vyf en oorspronklik van Bavaria, het sy gesin hervestig in Terre Haute, waar die digter die grootse deel van sy lewe woonagtig was. Ehrmann het in die Reg en Filosofie studeer, en tydens ’n onderhoud geborrel: “I contracted a disease which I have never shaken off. The disease was Idealism.” Volgens dagboekinskrywings wou die digter nooit ryk word nie – net “mooi boeke skryf.” (En hy hét, maar dit was sy weduwee wat skatryk geword het uit die royalties en ánder desideratas wat met die outeursreg van haar man se werk verband gehou het.) Ehrmann, ’n sentimentalis, het later jare sy werk as adjunk-staatsaanklaer bedank om voltyds te skryf, en sy broers, almal vermoënde sakemanne, het hom hierin ondersteun. In sy dagboek het hy genoem hoe hy soms tydens werksure al die vensters van sy kantoor oopgemaak en wierook gebrand het, en Emerson, Amiel, en Maurice de Guérin gelees het…of “some other books of sweeter air.” Ehrmann, ’n stoere oujongkêrel, is eers op die ouderdom van 72 getroud. Hy is egter drie maande na sy troue onverwags oorlede in 1945; en sy weduwee, Bertha Pratt King, het die outeursregte en opbrengs uit sy oeuvre geërf. Sy het die res van die lewe daaraan gewy om haar man se digterlike beeld en nalatenskap lewend te hou, maar die bittere twis en hofsake rondom die kopiereg van Desiderata het ook begin. Hierdie reël in die vers lees besonder ironies: “Exercise caution in your business affairs, for the world is full of trickery.” Miljoene dollar se regskoste later het Robert L. Bell in 2009 die kopiereg op Desiderata uitgekoop.

Doen mens ‘n Afrikaanse internetsoektog na Desiderata, duik die mite onmiddellik weer op. Om een blogger op ’n onbekende webblad aan te haal: “Julle moet almal hierdie mooi gedig lees. Dit is in die 1600’s in ’n kerk gevind.” En Facebook-resultate? Daar bestaan ’n legio Desiderata-groepe met duisende volgelinge – asook ’n gelyknamige charismatiese sekte. Vandag nog genees duisende soldate, Desiderata-traktaatjie in die hand. En om nuwe vuur in die mite te blaas, verskyn kaptein Jack Sparrow kaal bolyf in The Pirates of the Carribean – met die hele Desiderata op sy rug getatoeëer. Die minireeks speel af tydens die 1700’s, met ander woorde die seerower het definitief nie die Ehrmann-vers hier beet nie, maar die magiese ene, uitgekrap deur ’n gesiglose digter teen ’n kerkmuur in die 1600’s. Die nuwe generasie bewonderaars het gearriveer; en die populêre kultuur se aanvraag na die “tydlose meesterstuk” duur voort. Iewers het die meeste van ons ’n bittersoet Desiderata agtergelaat. Dinge verander, maar bly tegerlykertyd dieselfde. Heilsame woorde wat mens help om die lewe reg te lei en karakter te bou gaan seker nooit uit die mode nie.

*

Desiderata

Go placidly amid the noise and the haste, and remember what peace there may be in silence. As far as possible, without surrender, be on good terms with all persons.

Speak your truth quietly and clearly; and listen to others, even to the dull and the ignorant; they too have their story.

Avoid loud and aggressive persons; they are vexatious to the spirit. If you compare yourself with others, you may become vain or bitter, for always there will be greater and lesser persons than yourself.

Enjoy your achievements as well as your plans. Keep interested in your own career, however humble; it is a real possession in the changing fortunes of time.

Exercise caution in your business affairs, for the world is full of trickery. But let this not blind you to what virtue there is; many persons strive for high ideals, and everywhere life is full of heroism.

Be yourself. Especially, do not feign affection. Neither be cynical about love; for in the face of all aridity and disenchantment it is as perennial as the grass.

Take kindly the counsel of the years, gracefully surrendering the things of youth.

Nurture strength of spirit to shield you in sudden misfortune. But do not distress yourself with dark imaginings. Many fears are born of fatigue and loneliness.

Beyond a wholesome discipline, be gentle with yourself. You are a child of the universe no less than the trees and the stars; you have a right to be here.

And whether or not it is clear to you, no doubt the universe is unfolding as it should. Therefore be at peace with God, whatever you conceive Him to be. And whatever your labors and aspirations, in the noisy confusion of life, keep peace in your soul. With all its sham, drudgery and broken dreams, it is still a beautiful world. Be cheerful. Strive to be happy.

 

Verwysings: 

 

Grafika: Jack Sparrow/Johnny Depp. https://buckwriter.wordpress.com/2014/10/14/a-legendary-poem-on-the-back-of-legendary-captain-jack-sparrow/

https://en.wikipedia.org/wiki/Max_Ehrmann

https://en.wikipedia.org/wiki/Desiderata

https://www.poetryfoundation.org/articles/70274/in-search-of-desiderata

https://www.desiderata.com/desiderata-history.html

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Louis Esterhuizen. Robert Frost as geleentheidsdigter

Thursday, January 31st, 2013

 

Vroeër vandeesmaand het ek geskryf oor die digter Richard Blanco wat die inwydingsgedig vir president Obama se inhuldigingsseremonie verlede week moes geskryf het. Dié tradisie van ‘n poëtiese inset tydens die inhuldiging dateer terug na Januarie 1961 toe John F. Kennedy vir Robert Frost gevra het om sy beroemde vers, “The Gift Outright” (‘n gedig wat reeds in die 1930s geskryf was), tydens die presidensiële inhuldiging voor te dra (foto).

Op die webblad Brainpickings kan die hele verloop van dié gebeure gelees word.

Hiervolgens het die 86-jarige digter soos volg op die uitnodiging gereageer: “If you can bear at your age the honor of being made president of the United States, I ought to be able at my age to bear the honor of taking some part in your inauguration. I may not be equal to it but I can accept it for my cause — the arts, poetry — now for the first time taken into the affairs of statesmen. … I am glad the invitation pleases your family. It will please my family to the fourth generation and my family of friends and, were they living, it would have pleased inordinately the kind of Grover Cleveland Democrats I had for parents.”

In Washington het Frost egter só meegevoer geraak met die opwelling van entoesiasme jeens Kennedy en die historiese belang van sy naelskraapse oorwinning oor Nixon, dat Frost besluit het om ‘n nuwe gedig met ‘n spesifieke fokus op die ‘nuwe era’ te skryf en voor te dra. Veral die slotreëls, “A golden age of poetry and power / Of which this noonday’s the beginning hour”, dui daarop dat Frost sommer baie opgewonde was oor die gewaande poëtiese handevat met die politiese bestel.

Helaas. Ongelukkig was daar glo nie voldoende tyd vir hom om die gedig, “Dedication”, te memoriseer nie en het hy gevolglik besluit om dit eerder voor te lees. Dog, by die mikrofoon is hy toe só verblind deur die son se refleksie op die sneeu, dat hy dit glad nie gelees kon kry nie. Gevolglik het hy toe wel aan die oorspronklike versoek voldoen en die gedig “The Gift Outright” uit sy geheue voorgedra. (Terloops, op Brainpickings se webblad kan na ‘n klankgreep van dié voordrag geluister word.)

Vir jou leesgerief volg albei gedigte egter hieronder. “Dedication” se titel is later deur Frost gewysig na “For John F. Kennedy His Inauguration”. Sowel dié gedig as “The Gift Outright” is in Robert Frost se versamelde werke opgeneem.

***

The Gift Outright

The land was ours before we were the land’s.
She was our land more than a hundred years
Before we were her people. She was ours
In Massachusetts, in Virginia,
But we were England’s, still colonials,
Possessing what we still were unpossessed by,
Possessed by what we now no more possessed.
Something we were withholding made us weak
Until we found out that it was ourselves
We were withholding from our land of living,
And forthwith found salvation in surrender.
Such as we were we gave ourselves outright
(The deed of gift was many deeds of war)
To the land vaguely realizing westward,
But still unstoried, artless, unenhanced,
Such as she was, such as she would become.

© Robert Frost (Uit: Robert Frost – Collected Poems, Prose, and Plays)

*

DEDICATION

Summoning artists to participate
In the august occasions of the state
Seems something artists ought to celebrate.
Today is for my cause a day of days.
And his be poetry’s old-fashioned praise
Who was the first to think of such a thing.
This verse that in acknowledgement I bring
Goes back to the beginning of the end
Of what had been for centuries the trend;
A turning point in modern history.
Colonial had been the thing to be
As long as the great issue was to see
What country’d be the one to dominate
By character, by tongue, by native trait,
The new world Christopher Columbus found.
The French, the Spanish, and the Dutch were downed
And counted out. Heroic deeds were done.
Elizabeth the First and England won.
Now came on a new order of the ages
That in the Latin of our founding sages
(Is it not written on the dollar bill
We carry in our purse and pocket still?)
God nodded his approval of as good.
So much those heroes knew and understood,
I mean the great four, Washington,
John Adams, Jefferson, and Madison
So much they saw as consecrated seers
They must have seen ahead what not appears,
They would bring empires down about our ears
And by the example of our Declaration
Make everybody want to be a nation.
And this is no aristocratic joke
At the expense of negligible folk.
We see how seriously the races swarm
In their attempts at sovereignty and form.
They are our wards we think to some extent
For the time being and with their consent,
To teach them how Democracy is meant.
“New order of the ages” did they say?
If it looks none too orderly today,
‘Tis a confusion it was ours to start
So in it have to take courageous part.
No one of honest feeling would approve
A ruler who pretended not to love
A turbulence he had the better of.
Everyone knows the glory of the twain
Who gave America the aeroplane
To ride the whirlwind and the hurricane.
Some poor fool has been saying in his heart
Glory is out of date in life and art.
Our venture in revolution and outlawry
Has justified itself in freedom’s story
Right down to now in glory upon glory.
Come fresh from an election like the last,
The greatest vote a people ever cast,
So close yet sure to be abided by,
It is no miracle our mood is high.
Courage is in the air in bracing whiffs
Better than all the stalemate an’s and ifs.
There was the book of profile tales declaring
For the emboldened politicians daring
To break with followers when in the wrong,
A healthy independence of the throng,
A democratic form of right divine
To rule first answerable to high design.
There is a call to life a little sterner,
And braver for the earner, learner, yearner.
Less criticism of the field and court
And more preoccupation with the sport.
It makes the prophet in us all presage
The glory of a next Augustan age
Of a power leading from its strength and pride,
Of young ambition eager to be tried,
Firm in our free beliefs without dismay,
In any game the nations want to play.
A golden age of poetry and power
Of which this noonday’s the beginning hour.

© Robert Frost (Uit: Robert Frost – Collected Poems, Prose, and Plays)