Posts Tagged ‘Ronél Foster’

Yves T’Sjoen. Call for Papers. Nederlandse literatuur in Zuid-Afrika

Friday, February 6th, 2015

Call for Papers. Nederlandse literatuur in Zuid-Afrika

Yves T’Sjoen

In samenwerking met de Vereniging voor Internationale Neerlandistiek wordt een vakspecialistisch boek voorbereid in de reeks Lage Landen Studies (Y. T’Sjoen & R. Foster (eds.), Academia Press, Gent 2015). Het boek presenteert gevalstudies met aandacht voor vertalingen, beschouwingen over en de kritische receptie van moderne Nederlandstalige literatuur in Zuid-Afrika. De aanwezigheid van Nederlandse schrijvers en teksten in het kritische repertoire van Zuid-Afrikaanse auteurs wordt bestudeerd en de manier waarop Nederlandse schrijvers als (strategische) mentions fungeren in receptieteksten over Afrikaanstalige auteurs in Zuid-Afrika.

In het nieuwe boek bestuderen letterkundige, taalkundige en vertaalwetenschappelijke onderzoekers de aanwezigheid van Nederlandse literatuur in Zuid-Afrika. Poëzie van Nederlandse schrijvers onder wie Komrij, Kopland, K. Michel, Rawie, Van Toorn en Schaffer en (fictioneel) proza van Van Dis, Van Woerden, Wieringa en anderen worden, naast werk van Vlaamse auteurs (De Coninck, Holvoet-Hanssen, Lanoye, Nolens, Van hee, Van Reybrouck), naar het Afrikaans vertaald. Onderzoeksvragen zijn in hoeverre deze en andere Nederlandstalige actoren present zijn in het Afrikaanstalige literaire landschap. Welke beelden van (een selectie uit) hun oeuvre worden geconstrueerd? Hoe functioneren Nederlandse schrijvers in de loop van de voorbije eeuw en vandaag in Zuid-Afrika? Niet alleen de wijze waarop teksten worden gepercipieerd staat centraal. Ook de deelname van Nederlandse en Vlaamse schrijvers aan literaire evenementen zoals Woordfees in Stellenbosch, internationale netwerken en gezamenlijke projecten waarin Nederlandstalige en Zuid-Afrikaanse schrijvers participeren (het periodiek Standpunte, het multimediale project E-POS II, de literaire weblog Versindaba etc.) krijgen aandacht. Welke beelden van de moderne Nederlandse literatuur worden aan universiteiten, in cursussen en colleges aan Zuid-Afrikaanse studenten gepresenteerd? Hoe worden beelden van de Nederlandse literatuur in de literaire historiografie geconstrueerd? In welke mate figureert de Nederlandse literatuur in het discours van en over de Afrikaanstalige letteren? Enzovoort. De Nederlandse literatuur is op uiteenlopende manieren aanwezig in Zuid-Afrika en maakt vandaag net zoals de voorbije decennia deel uit van het literaire systeem van het Afrikaans.

Ronel Foster

Olf Praamstra en Eep Francken hebben in 2008 met de bloemlezing Heerengracht, Zuid-Afrika een selectief overzicht gepresenteerd van de Nederlandse literatuur in Zuid-Afrika. Het boek biedt een staalkaart van Nederlandse literatuur die in en over Zuid-Afrika tot stand is gekomen. Het voorstel dat hier wordt toegelicht, vertrekt vanuit een andere onderzoeksvraag en heeft een andere opzet: hoe circuleert en functioneert de Nederlandse literatuur van de Lage Landen gisteren en vandaag in Zuid-Afrika? Deze interactie tussen Nederlandse en Zuid-Afrikaanse literatuur is nauwelijks diepgaand bestudeerd. Voorliggend project wil met aandacht voor twintigste- en vroegeenentwintigste-eeuwse literatuur wetenschappelijk onderbouwde onderzoeksbevindingen presenteren waarin gepeild wordt naar institutionele mechanismen, poëticale overwegingen en esthetische of politiek-ideologische strategieën die hebben bijgedragen tot de aanwezigheid van Nederlandse schrijvers en teksten in het gesprek over literatuur in Zuid-Afrika.

Wie een relevant onderzoekstopic heeft of interesse voor het project, kan contact opnemen met de redacteurs van het boek: Ronel Foster (rf@sun.ac.za) en Yves T’Sjoen (Yves.TSjoen@UGent.be). Het boekproject past binnen de onderzoekssamenwerking tussen het departement Afrikaans en Nederlands (Universiteit Stellenbosch), de Vakgroep Letterkunde/Afdeling Nederlands van de Universiteit Gent.

De boekpublicatie  maakt deel uit van het onderzoeksprogramma van het Gentse Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika van de Universiteit Gent: http://www.afrikaans.ugent.be/.

Onderhoud. Diggesprek: Alfred Schaffer en Ronel Foster gesels oor die digkuns

Tuesday, May 11th, 2010

Ronel Foster stel die vrae en Alfred Schaffer antwoord.

Ronel Foster

Ronel Foster

Alfred Schaffer

Alfred Schaffer

(more…)

Ronel Foster e.a. Over grenzen / Oor grense

Friday, February 26th, 2010
Stefaan Goossens & Ronél Foster

Stefaan Goossens & Ronel Foster

Vanoggend kan ek bekend maak dat “Over grenzen / Oor grense” uiteindelik beskikbaar is by Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Hierdie tweetalige, vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie is die resultaat van ‘n jarelange samewerking tussen letterkundige ondersoekers van die Afrikaanse en Nederlandstalige digkuns, en is die eerste publikasie van sy aard sedert 1945.

En wat ‘n pronkwerk is dit nie!

Onder die redakteurskap van Ronel Foster (Universiteit van Stellenbosch), Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) en Thomas Vaessens (Universiteit van Amsterdam) het hulle nie minder nie as sestien navorsingstukke deur ons vernaamste literatore byeengebring wat op die werk van uiteenlopende digters en ‘n verskeidenheid van temas konsentreer. Op die flapteks word dit soos volg gestel: “De interactie tussen literaire actoren is nog maar zelden supranationaal, grens- en taaloverschrijdend onderzocht. In comparatistische deelstudies wordt ingegaan op de wijze waarop teksten interageren, hoe schrijvers elkaar inspireerden en konden beïnvloeden, en in welke mate vormen van samenwerking en uitwisseling van ideeën heeft plaatsgevonden in de respectieve literairesystemen. Zestien verhalen. Verhalen over Anna Enquist en Antjie Krog, Karel Jonckheere en N.P. van Wyk Louw, M. Vasalis en Elisabeth Eybers, Annie M.G. Schmidt en Philip de Vos, J. Slauerhoff en C. Louis Leipoldt,Mustafa Stitou en Sydda Essop, performances en smartlappoëzie.”

Inderdaad ‘n boek waarop ‘n mens met reg trots kan wees. En teen ‘n verkoopsprys van R660 bly dié knewel van meer as 400 bladsye ‘n winskoop deur en deur. (Terloops, op die meegaande foto oorhandig Ronel Foster ‘n kopie van die boek aan Stefaan Goossens van die Poeziencentrum in Gent.)

Die boekbesonderhede is soos volg:

TITEL:               Over grenzen / Oor Grense

REDAKSIE:      Ronel Foster, Yves T’Sjoen en Thomas Vaessens

UIITGEWER:     Uitgeverij Acco, Leuven

ISBN:                978 90 334 7355 5

***

Sedert gisteroggend het twee nuwe inskrywings bygekom: Hennie Meyer in die Nuwe Stemme-blog en Andries Bezuidenhout wat vertel van ‘n lieflike liriek deur Nick Cave. Dan is daar ook ‘n nuwe toevoeging tot die gedigtekamers gemaak, naamlik gedigte deur Hans Pienaar uit sy pasverskene bundel, Notas uit die empire. ‘n Goeie tyd om jou agterstallige leeswerk in te haal, dus.

En dan is dit boonop vandag Daniel Hugo se verjaarsdag! Lekker verjaar, Daniel. En dankie vir al jou meelewing en ondersteuning.

Mmm, ‘n gróót naweek is op hande. Geniet hom …

Mooi bly.

LE

 

Johann Lodewyk Marais. Voortreflike poësiekritiek

Thursday, October 15th, 2009

Die vraag kom meermale by my op wat die mooiste, insiggewendste of bes geskrewe stuk literêre kritiek in Afrikaans is. ‘n Mens sou natuurlik eers goed moet besin oor die maatstawwe vir jou keuse en net so goed moet motiveer waarom die keuse op ‘n bepaalde stuk val. Hieroor gaan ek nie in soveel besonderhede uitwei nie.

Oor die jare heen was daar in Afrikaans kritici wat met besondere werk vorendag gekom het. Een van dié is Elize Botha, wat met haar voortreflike geselsstyl insiggewend en baie onderhoudend skryf. Dit is ‘n groot vreugde om te sien hoe sy met haar belesenheid, kennis van heersende literêre strominge en benaderings, en met groot respek oor skrywers en boeke skryf. Die leser het ook waardering daarvoor dat sy selde ‘n byl te slyp het, wat so dikwels die bydraes van ander prominente figure met groot gebare kenmerk en vertroebel.

Botha het die beste opstelle oor figure soos Eugène N. Marais, Jochem van Bruggen, Etienne Leroux en Henriette Grové geskryf, wat sedert die 1960’s daartoe bygedra het om aan die Afrikaanse prosakritiek ‘n prominente plek te besorg. Toe ek ‘n keer gekla het omdat ouer kritici kritiekbundels so oorheers, het die oud-Akademieman en -uitgewer Danie van Niekerk tereg opgemerk: “As jy Elize Botha vra, weet jy ten minste dat jy ‘n goeie bydrae gaan kry.” My gunsteling onder Botha se opstelle is haar bespreking van D.J. Opperman se gedig “Blom van die baaierd” in Merwe Scholtz (red.) se Woord en wederwoord: Bundel aangebied aan D.J. Opperman by geleentheid van sy sestigste verjaardag, 29 September 1974 (1974).

Nog kritici wat ek graag lees, is Merwe Scholtz en T.T. Cloete. Scholtz was benewens kritikus ook ‘n digter van onder meer die vernuftige Grimas: 1969-1973 (1976), een van my gunsteling Afrikaanse digbundels. Dit verbaas nie dat Scholtz gedigte geskryf het nie, want sy opstelle is spitsvondig, speels en taalgevoelig. Hy slaag daarin om met verrassende insigte ‘n mens verwonderd te laat oor die werkinge van taal en taalvirtuose. Wie kan ooit sy ontleding van N.P. van Wyk Louw se “Dood in die berge” in Nuwe verse (1954) vergeet? Dit slaan die leser se asem as ‘t ware weg. Cloete weer is doodgewoon een van ons oorspronklikste lesers (kyk byvoorbeeld sy opstel oor “Die taalavontuur van ‘Die swart luiperd'” in Op die woord af: Opstelle oor die poёsie van N.P. van Wyk Louw (1963)).

Ek sou nog die name van, op hulle beste, E. Lindenberg, Louise Viljoen, Daniel Hugo, Joan Hambidge en Charl-Pierre Naudé wou noem, maar oor elkeen van hulle behoort ‘n mens by ‘n later geleentheid te skryf. Hoe veral die Afrikaanse poësiekritiek op die oomblik daar uitsien, is in elk geval ‘n onderwerp om (nog steeds!) oor te besin. Miskien is dit genoeg om te sê dat indien dit nie vir Bernard Odendaal se deeglike en ingeligte oorsig oor die onlangse poësie in Perspektief en profiel: ‘n Afrikaanse literatuurgeskiedenis, Deel 3 (2006), Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort (2009) oor Antjie Krog se poёsie en Ronel Foster, Yves T’Sjoen en Thomas Vaessens (reds.) se Over grenzen: Een vergelijkende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poёzie/Oor grense: ‘n Vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poёsie (2009) was nie, ons vandag veel minder sou gehad het om oor opgewonde te wees.

Maar ek wil eintlik iets sê oor my gunsteling stuk kritiek in Afrikaans! Dit is naamlik drie bladsye in Opperman se Digters van Dertig (1954), spesifiek die inleiding tot “Die hooffiguur van Dertig: N.P. van Wyk Louw”. In hierdie evokatiewe bladsye gee Opperman sketsmatig biografiese inligting oor Van Wyk Louw se jeugjare en maak ‘n byna tasbare voorstelling van hoe die Louws se Rôeveldse wêreld gelyk het. Hy beskryf dit op so ‘n manier dat dit as ‘n sleutel by die interpretasie van Van Wyk Louw se gedigte kan dien. Lees byvoorbeeld hoedat die bokkoppe in die (Lord Milner-)hotel op Matjiesfontein die eerste prikkeling vir Raka (1941) geword het. Min woorde, maar slim!

Nuwe stemme word bekend gemaak

Monday, September 7th, 2009
Tafelberg Uitgewers

Tafelberg Uitgewers

Een van die opwindendste projekte in ons digkuns is sekerlik Tafelberg se Nuwe Stemme-reeks waarmee publikasie-geleentheid gebied word aan jong digters wat nog nie genoeg kwaliteitgedigte het vir ’n eie, selfstandige debuut nie. En vandag kan ons die jong stemme wie se verse moontlik in Nuwe Stemme 4 opgeneem gaan word, bekend maak. In alfabetiese volgorde is hulle Fourie Botha (Kaapstad), Lewies Botha (Beacon Bay), Corné Coetzee (Johannesburg), Jan A.F. du Plessis (Pretoria), Marike Groenewald (Kaapstad), Francilié Hoek (Bryanston), Pieter Hugo (Beaufort-Wes), Willem Jansen (Bellville), Hunter Kennedy (Brackenfell), Annie Klopper (Brackenfell), Hennie Meyer (Pretoria), Heidi Papadopoulos-Pienaar (Johannesburg), Bibi Slippers (New Zealand), Adél Steyn (Stellenbosch), Lou-Ann Stone (Kaapstad), Marius Swart (Stellenbosch), André Trantraal (Matroosfontein), Karlien van der Merwe (Pretoria), Niel van Deventer (Ifafi) en Lize Viljoen (Suid-Korea). Danie Marais en Ronel de Goede (Foster) is die samestellers van dié nuwe bloemlesing. Volgens die inligtingstuk wat ns onvang het, sal hierdie twintigtal nou na slypskole genooi word waarna die finale keuse vir opname deur die samestellers gemaak sal word.

Nuwe Stemme 1 het reeds in 1997 verskyn onder redakteurskap van Anastasia de Vries en George Weideman. Elf aspirant digters se verse was daarin opgeneem. In 2001 is dit opgevolg met Nuwe Stemme 2, met Petra Müller en Nèlleke de Jager as samestellers. Dié bloemlesing het inderdaad ’n besonder indrukwekkende trefrekord, aangesien die volgende digters uit ‘n groep van sestien sedertdien met ’n eie bundel vorendag kon kom: Sarina Dönges, Gilbert Gibson, Bernard Odendaal, Hans Pienaar, Ilse van Staden en Jelleke Wierenga. Van Johannes Prins word daar binnekort ’n bundel verwag en van Melt Myburgh vroeg volgende jaar. Ook Toast Coetzer, Petrus de Kock, George A. Hill, Neels Jackson, Tertius Kapp, Renée Marais en Yolandi Woest is nog aktief betrokke by die digkuns; ‘n eie, volwaardige bundel uit hul geledere is dus nie té onwaarskynlik nie.

Nuwe Stemme 3 het in 2005 verskyn, met Antjie Krog en Alfred Schaffer as samestellers. Nie minder nie as 20 digters se verse is hierin opgeneem, met die volgende debutante wat reeds na vore gebring is: Ronelda S Kamfer, Danie Marais, Loftus Marais en Jasper van Zyl (binnekort).  Van die reaksie in die media rakende Nuwe Stemme 3 was soos volg:  “Dit is duidelik dat hierdie digters wil wegbreek van die tradisie … [h]ier is pragtige verse opgeneem.” (Joan Hambidge, Volksblad); “… van die beste digters in dié bundel skryf met soveel sofistikasie dat ‘n mens verbaas is dat hulle nog nie vantevore die kans gegun is om te debuteer nie.” (Andries Visagie, Beeld) en “… hier is werklik talent.” (George Weideman, Taalgenoot).

Ten slotte – ons is baie jammer om bekend te moet maak dat Johann de Lange hom as blogger aan die webblad onttrek. Sy bydraes was altyd van ‘n hoë gehalte en sy teenwoordigheid sal beslis gemis word. Hopelik sal Johann darem nog sy weg oopsien om op ander maniere tot die webblad by te dra. 

Ons sal so spoedig moontlik Johann se opvolger bekend maak.

Mooi bly.

LE

Essaybundel takel grense af …

Monday, June 29th, 2009
Stefaan Goossens & Ronél Foster

Stefaan Goossens & Ronel Foster

Goeie nuus is dat ‘n nuwe publikasie, Over grenzen – Oor grense, pas in België verskyn het. Hierdie essaybundel is saamgestel deur Ronel Foster (Universiteit Stellenbosch), Yves T’Sjoen (Universiteit Gent) en Thomas Vaessens (Universiteit van Amsterdam) en bevat vergelykende studies oor die Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse poësie. Suid-Afrikaanse medewerkers aan dié publikasie is onder andere Dorothea van Zyl, Lina Spies, Hennie van Coller en Heilna du Plooy. Onder die essays wat hierin vervat is, is daar byvoorbeeld ’n studie oor die verwantskap tussen Elisabeth Eybers en M. Vasalis. Op die foto hiernaas oorhandig prof. Foster ‘n eksemplaar van die boek aan die Poeziecentrum in Gent se Stefaan Goossens, kurator van die Ernst van Heerden-versameling. (Gaan loer gerus by die Poeziecentrum se webblad in vir nog foto’s en ander relevante brokkies nuus.)

Nietemin, met die verskyning van Louise Viljoen se Ons ongehoorde soort – beskouings oor die werk van Antjie Krog onlangs, asook HP van Coller se pasverskene Tussenstand – Letterkundige opstelle, wil dit voorkom asof die bekommernis jeens die tekort aan akademiese besinning oor die letterkunde waartoe die poësieliefhebber toegang het – iets wat onlangs nog op hierdie webblad deur Antjie Krog geopper is – besig is om uit die weg geruim te word.

Ten slotte, gedurende die naweek het ons webmeester sommer heelwat nuwe leesstof op die webblad gelaai: so is daar ‘n vraaggesprek wat dr. Hans Ester met Lina Spies gevoer het; ook is daar ‘n (voorheen as flapteks gepubliseerde) artikel deur Charl-Pierre Naudé en nog ander vele ander lekkerleesstof.

Geniet dit – en mag hierdie week jou buite alle perke verras …

Mooi bly.

LE