Posts Tagged ‘Ronelda Kamfer’

Pieter Odendaal. Oor Kamfer, Van Zyl en kleur wat nooit alleen kom nie

Friday, January 13th, 2012

Hierdie blog het aanvanklik as ’n kommentaar op Charl-Pierre Naudé se kommentaar op Yves T’Sjoen se essay oor die resepsie van Ronelda Kamfer in die Lae Lande begin. Hoe meer ek getik het, hoe meer het ek egter besef dat my kommentaar die konvensies van die genre van aanlynkommentare begin oorskry – ek wou te veel sê en later het dit nie meer soseer oor Charl-Pierre Naudé se kommentaar gegaan nie – daarom die blog.  Naudé het onder andere verwys na die sogenaamde “sosiale en kulturele buiteliterêre oorwegings” wat dikwels die ontvangs van ’n bepaalde digter se werk beïnvloed. Ek stem saam wat betref sy opmerking oor die behoefte aan ’n meta-kritiese blik op literêre kritiek in Suid-Afrika wat fokus op die wyses waarop die identiteit van die outeur dikwels ’n deurslaggewende invloed het op die resepsie van sy/haar werk. Ek dink dit is die geval in beide die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse Engelse literatuursisteme (ek weet nie genoeg van wat in die Xhosa en Zulu letterkunde op die oomblik aangaan nie, maar hierdie afgeskeepte poeletjies loop net soveel gevaar). Dit is seker iets waarvoor enige letterkunde versigtig moet wees.

noudat slapende honde

noudat slapende honde

Waaroor ek wonder, is die “sosiale en kulturele buiteliterêre oorwegings” waarna Naudé verwys (en ek neem aan dat dit juis hierdie oorwegings is wat Naudé meen veroorsaak dat Ronelda Kamfer eerder as Jasper van Zyl se werk aansien in Nederland geniet). Bedoel hy dat Kamfer ’n “kleurling” is en Jasper ’n “whitey” (ek plaas hierdie etikette in aanhalings om hulle as etikette te merk)? Indien dit die geval is, verstaan ek nie hoekom Naudé dit nie net sê nie – dit voel of hy heeltemal te versigtig is. En ek verstaan dat mense skrikkerig is om prontuit oor etikette te praat, maar dit is presies hierdie soort dapper gesprekke wat Kamfer, glo ek, oopskryf in haar poësie.

 

Ek dink hier ook aan die gedempte menings wat sekere mense het rakende die gedeelde toekenning van die Jonker-prys aan Kamfer én Marais – dat dit ’n soort troosprys vir Kamfer is, dat Marais dit glo eintlik meer verdien het en dat hierdie gebaar herinner aan die jaarlikse top matriekpresteerder-toekennings waar “voorheen benadeeldes” dieselfde erkenning geniet (met swakker uitslae) as die wit uitblinkers van privaatskole. Ek wonder soms hoeveel lesers agter bleek en geslote deure voel dat Marais die Jonker-prys meer as Kamfer verdien het.

Maar terug by Naudé se kommentaar en sy voorstel om te kyk na die verskil in resepsies van Kamfer en Van Zyl se werk in Nederland. Ek is ’n bloeitjie wat die poësie aanbetref, maar ek dink tog dat ek ’n opinie wil waag. Ek het reikhalsend na Jasper se bundel uitgesien nadat ek hier en daar van sy verse te lese gekry het, maar die bundel het my so ’n bietjie teleurgestel. Dit het onder andere vir my gevoel of daar min gegewens in die bundel is wat die gedigte anker in ’n Suid-Afrikaanse werklikheid en wanneer daar wél ‘n eksplisiete verwysing na hierdie plek en tyd is, is dit na my mening ’n redelik eendimensionele en beperkte werklikheid wat beskryf word.

Die lewe tussen pikkewyne

Die lewe tussen pikkewyne

Maar waarteen ek dit eintlik het, is die bundelomslag. Ek weet dat die bundelomslag nie altyd in die digter se hande is nie, maar ’n goeie omslag spreek letterlik boekdele – dit berei die leser voor op dit wat gaan volg. Die enkeling in volkleur bell-bottoms wat omring word deur grys sakemanne (die enkeling wat tussen pikkewyne probeer leef) vergestalt vir my Van Zyl se mymerende individualisme en gedeeltelike opgesmuktheid. Nie dat daar enigiets verkeerd is met ’n ek-gesentreerde digter nie – een van die wonderlike aspekte van die poësie is juis die rare toegang wat dit ons tot die binnekamer van ’n ander mens bied.

 

Hierteenoor skryf Ronelda Kamfer oor alles behalwe haarself – sy skryf buitentoe. En ek dink dat dit presies om hierdie rede is dat haar werk soveel aandag in die Lae Lande geniet. Sy skryf verskeie onsigbares se werklikhede oop (onsigbaar in die Afrikaanse letterkunde, onsigbaar in die daaglikse gestamp en gestoot) en dien dus as ’n soort optekenaar van die onopgetekendes. Beide Noudat slapende honde en grond/Santekraam dien as poëtikale argiewe van die hede en is daarom ook veral relevant vir buitestaanders wat (nes ons) probeer om hierdie vreemde land te verstaan – hierom, dink ek, dat Kamfer ook in die Lae Lande gelees word. Derek Walcott stel dit die beste in ’n aanhaling wat ook as motto vir Kamfer se debuutbundel dien:

[she’s] just a red nigger, who love the sea,
[she] had a sound colonial education,
[she has] Dutch, nigger and English in [her],
and either [she’s] nobody, or [she’s] a nation …

 - The Schooner Flight, Derek Walcott

Laastens wil ek reageer op T’Sjoen se observasie (en Naudé se beaming) dat Alfred Schaffer & kie ’n groot invloed op Kamfer se resepsie in Nederland gehad het. Schaffer & kie kan ook net soveel doen om Kamfer se werk oorsee te herlei – daarna moet haar gedigte self die praatwerk doen. En hulle is besig om ’n helse bohaai op te skop, as ek die saak so kyk. Dis ook goed so: dis hoog tyd dat ons ’n jong Afrikaanse digter kry wat so wyd en presies oor die vreemde hede kan skryf.  En in hierdie sin is die inhoud van haar verse, tesame met die off-hand delivery, vuishou laaste reëls en sonoriteit van haar poësie, presies die literêre oorwegings (en nie die sosiale en kulturele buiteliterêre oorwegings waarna Naudé verwys nie) wat maak dat Kamfer vertaal word en dat haar verse so geredelik op beide Suid-Afrikaners en Nederlanders se lippe gaan lê. Sy, meer as Jasper van Zyl, is besig om ons te leer om onsself en die mense om ons wyer en presieser te verstaan.

Digstring

Thursday, February 10th, 2011

Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en gedig leersaam (en hopelik inspirerend) sal vind.

Digstring

Digstring

 

 

Inhoud

 

A-B 

Andries Bezuidenhout. Taxi-rit ná die aand. Mei 2010

Zandra Bezuidenhout. Moderne Psalm. Mei 2010

Fourie Botha. My eerste Bybel. Augustus 2011

C, D, E

TT Cloete. Swerwende verse

Toast Coetzer. geluk

Marius Crous. Die ander man

Anne-Ghrett ErasmusSkilder 

Sydda Essop. Ek lewe in stilswye

Louis Esterhuizen. Melopee

F, G

Gilbert Gibson. Another roadside attraction

Melanie Grobler. Die Eerste Vrees Is Hier.

H, I, J

Joan Hambidge. In die skadu van Machu Picchu. Mei 2010

Joan Hambidge. Parys

Daniel Hugo. Ontnugterde digter. Junie 2010

Pieter Hugo. Honde

Marlise Joubert. waarskuwings. Mei 2010

K, L

Ronelda KamferStof. Junie 2010

Annie Klopper. ‘n Deurnagbraai in Oranjezicht

Martine Klopper. Kwatryn

Antjie Krog. Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg/Winter. Mei 2010

Kobus Lombard. Kameeldoring

M, N

Johann Lodewyk Marais. Richard E. Leakey 

Lucie Möller. Kortstondige kalligrafie

Melt Myburgh. Toeval

Charl-Pierre Naudé. Twee diewe. Mei 2010

O, P, Q

Pieter Odendaal. die eerste steen.

Johannes Prins. Man diesel

R, S

Andries Samuel. All god’s children took their toll

Carina Stander. Lima

Marius Swart. liefdes-e-pos. Mei 2010

T, U

V, W

Marlene van Niekerk. Poets van ons vaderland unite

Ilse van Staden. Fluistering

Cas Vos. Kersrook

Jelleke Wierenga. Reënboognasie: Fear dot com

 

 

Thomas Möhlmann. Nu de slapende honden

Wednesday, February 9th, 2011

 

Nu de slapende honden, Ronelda S. Kamfer, Vertaling Alfred Schaffer, Podium, 2010, 82 pagina’s, € 17,50

 

ek staan nog steeds

Nu de slapende honden

Nu de slapende honden

 

Ruim twee jaar geleden debuteerde de jonge Zuid-Afrikaanse Ronelda S. Kamfer in eigen land met de bundel Noudat slapende honde, bekroond met de prestigieuze Eugene Marais prijs in 2009. Op poëziesite Meander schreef Joop Leibbrand destijds al een fraaie recensie, waarin hij Kamfer prees als ‘een onconventionele nieuwe vrouwelijke Zuid-Afrikaanse stem om met aandacht te blijven volgen’. Voor het Nederlandse publiek is dat volgen vergemakkelijkt dankzij Alfred Schaffer, die de 34 gedichten uit de bundel vertaalde en tweetalig bijeenbracht in Nu de slapende honden. Een fascinerende bundeling levensberichten van een scherp talent, dat zich nauw op de omringende werkelijkheid betrokken weet, maar zich er niet veel illusies over lijkt te maken. De toon is vanaf het openingsgedicht, ‘Waar ik sta’, gezet:

 

 

 

Nu zit ik aan tafel

met de vijanden van mijn voorvaderen

Ik knik en groet beleefd

maar

ergens diep van binnen

weet ik waar ik sta

 

Mijn hart en hoofd staan open

en zoals welopgevoede mensen

lachen en eten we samen

maar

ergens diep van binnen

weet ik waar ik sta

 

Kamfers stem is een directe en heldere stem, die niet tot de maan of de sterren gericht is, maar onmiskenbaar gewoonweg tot jou, de lezer. Ook als ze ‘lieve ooms met enge, lange grijze baarden’ aanspreekt, of een gedicht ‘To all the boys I loved before’ noemt, blijft het klinken alsof ze aan een kleine tafel haar verhalen aan je opdist. Niet te lyrisch, maar wel vloeiend, op het ene moment iets gevoeliger dan op het andere, in een Afrikaans dat organisch doorspekt is met Engelse woorden en uitdrukkingen. Het is aan Schaffers vertaling te prijzen dat hij afziet van enige opsmuk: de oorspronkelijke woorden en grammatica vinden schijnbaar moeiteloos pendanten in het Nederlands en voor het overige volstaat een kleine verklarende woordenlijst achterin de bundel. Het registrerende karakter van Kamfers regels blijft tierelantijnloos gehandhaafd, slechts af en toe lijkt er op klankniveau iets verloren gegaan. Zo rijmen de eerste drie regels van het korte ‘hoe seer is seer’, wat in ‘hoeveel pijn doet pijn’ niet probleemloos vol te houden bleek: ‘een oggend het ek opgestaan/ en badkamer toe gegaan/ my pa het buite die deur gestaan’ werd ‘op een ochtend stond ik op/ en liep naar de badkamer/ mijn vader stond buiten voor de deur’. De toon van simpele registratie prevaleert hier boven de samenhang in klank.

Het is een taaie en gewelddadige werkelijkheid die Kamfer registreert. Een overdosis wordt tot twee keer toe ternauwernood overleefd, een kind sterft in het spervuur van jeugdbendes, een welopgevoed klasgenootje verdrinkt, tieners worden zwanger, stiefopa’s zuipen hun pijn weg. Door de hele bundel heen zijn het juist de laconieke bewoordingen die indruk maken, omdat ze voorkomen dat de boel te sentimenteel of kunstmatig wordt: ze tonen de kracht van show don’t tell en verraden daarmee juist Kamfers diepe betrokkenheid met haar ouders, haar buurt, haar landgenoten. Een vertelling als ‘een gewone blauwe maandagochtend’ mag in dat opzicht exemplarisch heten:

 

het was een gewone blauwe maandagochtend

ergens moest een moeder het lijk van haar kind identificeren

ik waste me, poetste mijn tanden en maakte mijn opdracht voor biologie af

op de koelkast zat een briefje van mijn moeder

die vroeg of ik de biryani alsjeblieft niet zo pittig wilde maken vanavond

mijn zusje zocht haar kousen en tegen half acht deed ik de voordeur achter me dicht

en verstopte de sleutel op de vaste plek

in het buurtwinkeltje kocht ik twee losse sigaretten

en stopte die in mijn kous

op de hoek van de Wildflower- en de Rosestraat

stond een meisje grapjes te maken met haar toekomstige moordenaars

in mijn hoofd schreeuwde Dylan Thomas

do not go gentle into that good night, rage, rage against the dying of the light

tijdens de voorlichtingsles begon mijn hoogzwangere beste vriendin te bloeden

buiten op straat klonken enkele pistoolschoten

 

tegen de eerste pauze was er een lijk in de Skoolstraat

een miskraam in mijn klas

uitstel voor de biologieopdracht

en een vrouw die gillend door de straat rende

en God vroeg

‘waar was Jozef toen Jezus werd gekruisigd?’

 

Een volle en toch volgbare dagboekbladzijde bijna, waarbij tussen de verschillende gebeurtenissen geen noodzakelijke hiërarchie is aangebracht. De schijnbare achteloosheid van de eerste drie regels wordt volgehouden en juist de vermelding van het ‘uitstel voor de biologieopdracht’ in de opsomming op het eind geeft dit gedicht zijn sterke effect. Huiswerk en tandenpoetsen nemen nou eenmaal een zelfde plaats in de werkelijkheid in als een afgedreven vrucht of een ontredderde moeder.

Nadat Kamfer zo in haar soepele taal alles tussen existentiële isolatie en etnische identiteit de revue heeft laten passeren, eindigt ze haar laatste gedicht met strijdbare regels:

 

elke hond wat my sy pispaal

gemaak het

raai wat

 

ek staan nog steeds

 

(‘iedere hond die mij tot zijn pispaal/ heeft gemaakt/ raad eens// ik sta nog steeds overeind’) Wat mij betreft: als een huis.

 

Bronvermelding:
Poëzietijdschrift Awater, nummer 29, januari 2011.

 

Thomas Möhlmann

Thomas Möhlmann

Thomas Möhlmann (1975) studeerde moderne Nederlandse letterkunde aan de Universiteit van Amsterdam, organiseerde programma’s in literair theater Perdu en was medeoprichter van poëzietijdschrift Zanzibar, poëzieprogrammareeks Vadem en literatuursite www.literairnederland.nl. Hij is dichter, beleidsmedewerker poëzie van het Nederlands Letterenfonds en redacteur van poëzietijdschrift Awater. Zijn debuutbundel De vloeibare jongen verscheen in september 2005 bij Uitgeverij Prometheus (tweede druk in 2006) en werd in 2006 genomineerd voor de C. Buddingh’-prijs voor het beste Nederlandstalige poëziedebuut en in 2007 bekroond met de Lucy B. & C.W. van der Hoogt-prijs. In mei 2008 verscheen de kleine bibliofiele bundel Een draad die alles heel houdt bij Uitgeverij 69. In het najaar van 2009 verscheen zijn volgende reguliere bundel bij Prometheus: Kranen open, gekozen als Aanbeveling van de Poëzieclub voor najaar 2009 en genomineerd voor de Jo Peters Poëzieprijs 2010.

In 2003 won hij de Dunya Poëzieprijs. Zijn gedichten word ook opgenomen in meerdere bloemlezingen. Zelf stelde hij meerdere bloemlezingen samen. Met Joost Baars bracht hij Nederlandse en buitenlandse poëzie bijeen in 30 + 30. Zestig gedichten uit binnen- en buitenland (Prometheus, 2008).

 

Onderhoud met Melt Myburgh oor die komende Woordfees

Tuesday, February 1st, 2011

Elwe & Selwe - En kuier kán die spulletjie!

Louis Esterhuizen gesels met Melt Myburgh, Woordfees se Woordkunsprojekbestuurder

Melt Myburgh

Melt Myburgh

Melt Myburgh woon op Stellenbosch en werk by Woordfees as Woordkunsprojekbestuurder. Hy het langs die Oranjerivier op Karos naby Upington grootgeword.

Nadat hy in 1992 ‘n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, was hy vir 15 jaar lank onderwyser in Afrikaans en Engels in skole regoor die land.

Van sy gedigte is in Nuwe Stemme 2 opgeneem. Hy skryf gereeld vir Rapport se boekeblad.

 

Sy debuurbundel, Oewerbestaan, het verlede jaar by Protea Boekhuis verskyn.

 

Melt, ten eerste veels geluk met ʼn uiters indrukwekkende program. Met die eerste deurkyk wil dit voorkom asof dié program meer omvangryk is en selfs nog meer verskeidenheid bied as wat dit in die verlede was. Is dit so?

Baie dankie, Louis. Die program is inderdaad omvangryker as verlede jaar omdat soveel nuwe uitgewers en belangegroepe met aanbiedings aangesluit het by die Woordfees. Om eerlik te wees, ons wou ʼn kleiner formaat aan feesgangers bied, maar die energie wat die Woordfees oor die afgelope paar jaar laat versnel het, is duidelik nog nie uitgewoed nie.

Hierdie is reeds die tweede Woordfees-program waarby jy betrokke is as Woordkunsprojekbestuurder. In welke mate voldoen vanjaar se fees aan die persoonlike doelwitte wat jy daarvoor in die vooruitsig gestel het?

Woordwerkers: Dorothea van Zyl & Melt Myburgh

Woordwerkers: Dorothea van Zyl & Melt Myburgh

My persoonlike doelwitte stem ooreen met die Woordfees sʼn; juis daarom bly my werk my passie. Ons streef daarna om ʼn platform vir woordkunstenaars te skep sodat die breë publiek kennis kan neem van hul werk en dit geniet. Vir my is dit belangrik dat skrywers en kunstenaars op ʼn fees soos hierdie geakkommodeer word met die respek wat hulle verdien. Daarom lê veral die profielaanbiedings, waar skrywers gehuldig word vir hul bydraes tot ons letterkunde, my na aan die hart.

Melt, ons fokus is uiteraard die teenwoordigheid van digkuns op die program. In dié opsig is daar die spesiale verering van TT Cloete wat vanjaar nie net 86 word nie, maar ons ook met ʼn magtige bundel, Onversadig, verras. Vertel ons ietsie meer oor dié spesifieke item wat op 9 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum plaasvind?

TT Cloete

TT Cloete

Ons is baie gelukkig om vir TT Cloete in hierdie senior lewensjaar van hom vir die eerste keer by die Woordfees te ontvang. By die profielaanbieding lewer Joan Hambidge ʼn oorsig oor Cloete se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Heilna du Plooy praat oor Cloete as mens. André Strijdom het pragtige toonsettings van Cloete se verse gemaak en die sopraan Elizabeth Frandsen sal hiervan sing by die geleentheid. En natuurlik lewer Cloete ʼn wederwoord.

Vir my was dit tot dusver ʼn inspirerende ervaring om met Cloete te skakel om alles gereël te kry.

Nog ʼn besonderse item is die gesprek wat die twee Marais’s, Danie en Loftus, tydens ʼn noenmaal op 8 Maart by De Vette Mossel gaan voer oor die indringende vraag “Hoe vry is die vrye vers?” Wat vermoed jy kan ons van dié gesprek te wagte wees?

Danie en Loftus het ingestem om vanjaar se LitNet-skryfskool, wat moontlik gemaak word deur Sanlam, aan te bied. Tussen die skryfskool-sessies word daar by De Vette Mossel oor middagete gesprek gevoer oor die onderwerp “Hoe vry is die vrye vers?” Ek vermoed dit gaan ʼn baie interessante gesprek wees. Die kwessie van die praatvers, waaroor daar gereeld hier op Versindaba rede gevoer word, sal sekerlik aangeroer word.

Hopelik stik voorstanders van tradisionele vormvaste konstruksies darem nie in die heerlike seekosgeregte wat De Vette Mossel voorsit nie.

Joke van Leewen

Joke van Leewen

ʼn Groot verrassing op die program vanjaar, is die teenwoordigheid van Antwerpen se voormalige stadsdigter, Joke van Leeuwen. Waarom het julle juis op haar besluit en hoe moeilik (of maklik) was die onderhandelinge om haar in te voer Stellenbosch toe vir dié geleentheid?

Die Woordfees is baie bevoorreg om ʼn vennootskap te hê met organisasies wat skrywers uit die Lae Lande sekondeer vir optrede tydens die fees in Stellenbosch. Danksy die ondersteuning van die Nederlandse Taalunie, bemiddel deur die Kaapse Forum, kan ons vir Joke, ʼn uitstekende voordragkunstenaar, akkommodeer in die volgende program-items: Poësie: vyf van die beste op 10 Maart om 19:00 in die Sasol Kunsmuseum, Soete Groete op 11 Maart om 19:00 in die Bilton Wynlandgoed en by die Neerlandistiekdag op 12 Maart vanaf 09:00 tot 14:00 in die Lettere-gebou se Lokaal 693. 

Dorothea van Zyl het al ʼn optrede van Joke in Nederland meegemaak, en was baie beïndruk met haar. Die korrespondensie tussen die Woordfeeskantoor en Joke was tot dusver joviaal: in terme van toeganklikheid en professionaliteit is sy ʼn engel.

Wat ons die afgelope tyd opval, is dat Nederlandse skrywers ons al hoe meer kontak en aandui dat hulle graag by die Woordfees sou wou optree.

Soos altyd bied die Woordfees ook heelwat vir die jonger, meer avontuurlustige poësieliefhebber. Watter items het julle juis met hierdie oogmerk by die program ingesluit?

Dit is altyd heerlik om debuutdigters by die Woordfees te akkommodeer. Vanjaar bring NB-Uitgewers vir Martina Klopper (Nadoodse ondersoek) en Andries Samuel (wanpraktyk). Hulle tree op 8 Maart om 18:00 in die Erfurthuis in gesprek met Joan Hambidge.

Oopmonddigters

Oopmond, onder leiding van Ronel Nel, is ook weer op die program. Dié gewilde aanbieding het verlede jaar sy Woordfeesdebuut gemaak. Ek dink die name wat deelnemende digters toe-eien, sê alles oor die gewildheid van dié tradisionele geveg tussen vers-makers: D.J. Stotterman (Andries Bezuidenhout), Breyten Lykverdag, (Niel van Deventer), Joe Moer! (Jo Prins), Ingrid Dronker (Ronel Nel) en NP van Lykskou (Danie Marais). Hulle is op 10 Maart te sien in die nuwe Dorpstraat Teater net buite Stellenbosch.

Die Adam Tas Studentevereniging sorg vir ʼn heerlike opskop by Aan de Braak Teater op 11 Maart om 20:15 met Drink, dig, kuier! Hulle maak spesifiek voorsiening vir studentedigters. En soos jy weet, Louis, is hier baie talent onder die Maties. En kuier kán die spulletjie!

En natuurlik is daar ook heelwat items vir die meer besadigdes onder ons; soos byvoorbeeld Skemerverse (13 Maart, Botaniese Tuin, 18:00) waarmee die fees tradisioneel afsluit. Watter soortgelyke items is daar om na uit te sien?

Gert Vlok Nel

Gert Vlok Nel

Skemerverse, wat vanjaar spog met digters soos Gert Vlok Nel, Ronel Nel, Andries Bezuidenhout, Robert Bolton, Johan Myburg, Jo Prins en Ronelda Kamfer, verkoop gewoonlik vroeg-vroeg uit.

Ek is baie opgewonde oor Engelse digters wat onder Leon de Kock se vlerk saamtrek. Hulle word ondersteun deur ProQuest, ʼn maatskappy wat digitale inligtingstelsels verskaf aan opvoedkundige instellings. Op 11 Maart om 17:00 lees Finuala Dowling, Sindiwe Magona, Ari Sitas, Marí Peté en Karin Schimke saam met Leon uit hul werk voor in die Boektent. Die Woordfees verwelkom digters en skrywers in tale waarmee Afrikaans ʼn historiese en geografiese verwantskap deel.

Een van die hoogtepunte op die poësieprogram is Poësie: vyf van die beste op 10 Maart in die Sasol Kunsmuseum. Hier word feesgangers getrakteer op verskuns uit die boonste rakke met T.T. Cloete, Petra Müller, Lina Spies, Danie Marais en Joke van Leeuwen.

Op die NB-program kan ons luister na Mari Grobler oor haar nuwe bundel, Toe dit nog vroeg was (8 Maart om 11:00) en Joan Hambidge oor Visums by verstek (10 Maart om 14:00). Tom Gouws en Marthinus Beukes voer op 12 Maart daar in jou en Marlise se Protea-boekwinkel die woord oor Gouws se Ligloop.

Liefhebbers van die klassieke vers-kuns kan op 12 Maart gaan luister na die US Departement Antieke Studie se aanbieding van ʼn dramatiese voorlesing uit die werk van die Romeinse liefdesdigter Catullus. Ek haat en ek het lief beloof om iets besonders te wees.

Ek is baie bly dat ons die bekendstelling van Adinda Vermaak en Pieter Strauss se Rymreise kan akkommodeer. Dié bloemlesing vir laerskoolleerders word deur Nasou Via Afrika bekend gestel tydens ʼn pragtige geleentheid in die US Kunsgalery op Vrydag 11 Maart om 19:00. Alida Bothma se illustrasies, wat in die bundel opgeneem is, word ook daar uitgestal.

Die ATKV se multimedia-tentoonstelling Skilder met woorde II, waarin gedigte met skilderye en ʼn klankbaan vermeng word, is ʼn ervaring wat nie misgeloop moet word nie. Sewe digters se werk is hierin opgeneem en die tentoonstelling is van 4 tot 13 Maart te sien in die Sasol Kunsmuseum.

Melt, persoonlik vind ek die items wat by die kategorie “Woordmusiek” aangetref word, besonder opwindend; veral omrede so baie van hierdie musiekitems in kombinasie met toonsettings van gedigte en/of voorlesing geskied. Watter van hierdie sou jy as moontlike hoogtepunte uitsonder?

Petra Müller

Petra Müller

Om iets uit te sonder is mos soos om ʼn oupa te dwing om tussen sy kleinkinders te kies. Ek dink egter Boegoe vannie liefde, Witlig en Vergesigte Vermeerder in Vers en Fuga is bo-aan my lysie. Die poësie van Hans du Plessis, Petra Müller en Tom Gouws word in dié pragproduksies omtower tot multimedia-ontploffings van woord, beeld en klank.

Ten slotte - ek vermoed dat daar met die saamstel van so ʼn omvattende program altyd items is wat vir watter rede ook al, nie geakkommodeer kan word nie. Items wat jy besonder graag sou wou betrek, maar helaas nie kon nie. Is ek verkeerd hierin of is daar inderdaad items buite rekening gelaat waaroor jy spyt is?

Ja, daar is items wat nie op die fees geakkommodeer kon word nie omdat daar eenvoudig nie plek op ʼn omvattende program is nie. Of soms is kunstenaars nie beskikbaar nie. Ek mis byvoorbeeld die ASV se bydraes vanjaar. Dit breek altyd mens se hart as iemand weggewys moet word. Maar daar is altyd ander geleenthede waar mens weer kan inhaal, soos met Versindaba later vanjaar.

Baie dankie vir hierdie gesprek, Melt. Mag vanjaar se fees vir jou nie net ʼn kroonfees wees nie, maar ook ʼn persoonlike vreugde.

Baie dankie, Louis; ek hoop woordliefhebbers geniet die fees net soveel soos verlede jaar. By wyse van toegif volg Zandra Bezuidenhout se feesgedig, “Elwe & Selwe“ hieronder.

 

Elwe & Selwe

 

Op hierdie Woordfees gaan ons delwe

na die vele elwe en die selwe.

Deur woorde, kuns en die musiek

lig ons die sluiers oor geheime,

en reis ons met die oog en oor

langs al die wonderlike weë

wat die sinne en die hart bekoor.

 

Eintlik is ons almal elwe,

elkeen anders, elk uniek,

party met een, party met baie selwe.

Die Woordfees wil die pad plavei

vir jou en my om saam te dans

langs duisend kronkels van genot,

waar elf en self, vermom as kunstenaars,

kom goël en smokkel met die kop.

 

Elke asem, elke elf en self,

kan deelhê aan die spel van twintig-elf.

Die taal se pyl en boog, so word vertel,

is droom en fantasie se metgesel.

Maak dus jou koker vol;

kom jag die storie-bokkies sonder tal.

Ja, ‘n fees wat op die spoor van woorde loop

maak die poorte na ‘n sprokieswêreld oop!

 

(c) Zandra Bezuidenhout

 

 

Rockers en digters, vervolg…

Thursday, July 22nd, 2010

ʼn Rukkie gelede het ek ʼn paar eiers gelê oor rockers wat digters wil word. Dis nou nadat Hunter Kennedy (Fokofpolisiekar, aKing, Die Heuwels Fantasties) as digter in Nuwe Stemme gepubliseer is. Dit lyk asof Antjie Krog nie meer bekommerd hoef te wees oor die feit dat digters nou eerder rockers wil wees nie. Woorde vloei in die ander rigting ook.

En nou kom Opppikoppi met grofgeskut om poësie heeltemal op die voorgrond te plaas by hulle jaarlikse rock festival. In plaas van advertensies, gaan die speaker towers wat weerskante van die verhoë staan met gedigte opgevrolik word. Mense wie se gedigte op die torings gaan pryk is, Lesego Rampolokeng, Danie Marais, Gabeba Baderoon, Mbongeni Khumalo, Nadine Botha, Siphiwe Ka Ngwenya, Richard Fox, Donald Parenzee, Ingrid de Kok en ekke.

Hoe’s daai?

In ʼn persverklaring sê die mense van Oppikoppi: “Instead of just staring at the wall of sound: we thought you might as well read something.” ‘n Mens sou dit seker “wall of words” kon noem.

Maar dis nie al nie. Die musiekkanaal MK op DSTV het ʼn aantal “picture poems” gemaak, wat op die skerms agter die verhoë gewys gaan word, met kunswerke van mense soos Ronelda Kamfer, Toast Coetzer se The Buckfever Underground, Jax Panik, Straatligkinders, Sean Brand, Fokofpolisiekar, Tamara Dey, Liam Lynch en ʼn paar ander.

Ek het die mense van Oppikoppi gevra of ek ʼn voorskou hier kan plaas, so hier is twee van die panele wat teen die speaker towers gaan hang.

Klik op die prente om dit vergroot. Ek hoop dit werk.

Ja, dis reg, die gulsige Danie Marais kry sowaar sy eie toring!

Besoek Oppikoppi hier. Daar’s baie meer inligting oor die festival - die naweek van 6-8 Augustus. Hierdie jaar se plakkaat is deur Anton Kannemeyer ontwerp.

Ronelda S. Kamfer. Stof

Sunday, May 30th, 2010

Digstring

 

 stof   

die aanklag kantoor het geruik na stof

die juffrou wat my gebring het se kar het ook so geruik -

stof

die hoof se kantoor

die maatskaplike werker met die sweterige hande

die pastorie

die verbeteringskool se siekeboeg

alles het na stof geruik

maar die aanklagkantoor se stof was anders

dit het geruik soos stof wat kleintjies gekry het

en almal het gevrek

die polisieman wat net verklarings doen

het nie in my oë gekyk nie.

hy’t gesê dat ek hom enigiets kan vra

toe vra ek hom wat hy van stof dink?

stof?

het hy gevra

ja, stof, het ek sy oë gekry

hy kyk my toe stip en sê

dat hy nie regtig aan stof dink nie

ek sê toe dat ek altyd aan stof dink

dat stof oral is dat stof groot geheime ken

dat ek sommige dae stof soek dat ek weet dat stof ruik

dat stof die dood beteken en dat ek wens ek was stof

 

ek het hom vertel dat stof nie tot stof kan gaan nie

maar mens kan tot stof gaan

het hy vinnig bygevoeg

ja, wys jou net hoe nikswerd mens is

 

wat nooit eens aan stof dink nie

 

© Ronelda Kamfer (Uit: Noudat slapende honde, 2008: Kwela Boeke)

 

 

Wanneer het jy die gedig geskryf, Ronelda. Hoe het dit ontstaan?

Stof“‘ is een van die gedigte wat ek as tiener geskryf het, ek was sewentien. Ek het nooit geskryf met die doel vir publikasie nie, maar na Nuwe Stemme 3, het ek terug gegaan na my dagboeke, skoolboeke, note pads, voorgeskrewe handboeke, skoolboeke se agterblaaie, oral gaan soek vir enigiets wat soos ‘n gedig klink. ‘Stof’, was in agter in my Aardrykskunde-boek geskryf. My skool, Eersterivier Sekondêr, is naby ‘n verbeteringskool geleë, ‘n paar van die ‘reformed’ meisies was in my klas. Dis die konneksie en ontstaan.

Kon jy die bepaalde gedig vinnig tot in sy finale vorm afrond, of het dit deur verskeie weergawes na sy finale vorm ontwikkel?

Dit is een van die gedigte wat ek met die eerste keer eenkeer kon skryf.

Hoeveel van die vers is aan jou “gegee” en hoeveel daarvan was die resultaat van wroeg en sweet?

Ek probeer so min as moontlik wroeg en sweet. Ek het die vers redelik maklik geskryf. 

In welke mate het die vers sy finale vorm bereik? Het jy byvoorbeeld die een of ander ordeningsbeginsel toegepas?

Ek was baie jonk en wou net vreeslik besig lyk in my Aardklas.

Het jy die vers gedurende sy vormingsproses aan iemand gewys en of mee bespreek? Is daar iemand (of instansie) wat jy as klankbord gebruik terwyl jy aan ʼn vers werk?

Niemand het regtig geweet ek skryf nie, ek het dit self nie geweet nie. Ek wys nie regtig een vers vir mense nie. My suster Allisen was glad nie lief vir lees nie en om haar te martel moes sy my goed lees.  Na Nuwe Stemme 3 het ek en Danie Marais goeie vriende geword en hy het altyd alles eerste gelees, deesdae is dit ‘n kombinasie van vriende en dosente.

Hoe lank na die vers voltooi is, het jy dit laat publiseer? Waar het die betrokke vers die eerste keer verskyn?

2007, in die Nederlandse publikasie Bunker Hill, 8 jaar na ek dit geskryf het.

Kan jy ietsie sê oor die kwessie van “feit” en “fiksie” in die vers?

Daar is altyd ‘n bietjie feit in my fiksie.

Kan jy kortliks sê waaroor die vers, volgens jou, handel?

Ag, i guess, ek wou die hele onsigbaarheidsgevoel wat tieners ervaar vasvang, so vir my gaan dit daaroor.

Was daar dalk iets (boek/musiek/film/skildery) wat ʼn bepaalde invloed op die tot standkoming van dié betrokke vers gelei het?

Nee, nie vir die vers nie.

Het jy ʼn bepaalde leser, of gehoor, in gedagte wanneer jy aan ʼn vers werk?

Nie terwyl ek skryf nie, ek dink nie ek sou kon skryf as ek aan die leser moes dink nie, baie selfsugtig, dink net aan my self.

In welke mate verskil hierdie vers van jou ander gedigte?

Ek weet nie, ek vergelyk nie verse teenmekaar nie, ek kan nog nie, moontlik as ek ouer is sal ek verskille kan sien.

Is daar iets in dié vers wat jy as tipies “Suid-Afrikaans” sal beskou?

Eish, dis Afrikaans, wat is nou meer tipies as dit?

Kon jy dié vers tot ʼn bevredigende punt afhandel, of het jy dit maar ten einde laas versaak?

Ek dink ek het, ek is nooit heeltemal tevrede met wat ek skryf nie, maar ek probeer.

Was jy tevrede met die lesers se reaksie na die skryf (of publikasie) daarvan?

Ja, baie, en verbaas. Dit is een van die verse in die bundel Noudat Slapende Honde wat ek nog net goeie terugvoer ontvang het.

ʼn Laaste vraag, ter wille van die interessantheid: Kan jy nog die eerste vers wat jy ooit geskryf het, onthou? Indien wel, vertel ons ietsie daarvan?

Ja, dit was vir graad 11 Engels en ons moes ‘n gedig oor LOVE skryf. Ek het ‘n sonnet geskryf, wat my onderwyser, Mr. Wayne Erasmus, hardop vir die klas gelees het. Ek het dit nog steeds maar niemand het nodig om dit te sien nie. Ek was sestien, het gehou van Shakespeare en my gunsteling song was Semisonic se ‘closing time’. Ek vat dit saam graf toe.

 

Ronelda Kamfer

Ronelda Kamfer

Ronelda S. Kamfer is in 1981 in Kaapstad gebore. Sy bring haar grootwordjare in Blackheath en Grabouw deur. Sy matrikuleer in 1999 aan Eersterivier Sekondêre Skool. Sy was al verpleegster, kelner en administratiewe assistent by ‘n bemarkingsmaatskappy. Van haar gedigte verskyn in Nuwe Stemme 3, My ousie is ‘n blom en Bunker Hill. Haar debuutbundel, Noudat slapende honde verskyn in 2008 by Kwela. Die bundel is 2009 bekroon met die Eugène Marais-prys.

 

 

 Erkenning: Die konsep van Digstring is ingegee deur Brian Brodeur se benadering op sy weblog

How a poem happens“.

 

Edwin Fagel. Boos

Wednesday, January 20th, 2010

Op de dag dat ik toezegde aan dit blog mee te werken maakte ik kennis met het werk van Ronelda Kamfer. Dat was tijdens Winternachten in Den Haag. Ze las voor uit haar bundel Noudat slapende honde en haar voordracht maakte grote indruk. Omdat het – bij alle gelaagdheid - zulke boze gedichten zijn.

Daar is sekere dinge

Daar is sekere dinge

wat ’n mens kan vergewe en vergeet

dan is daar sekere dinge

wat jy altyd moet haat en onthou

ek dra swaar aan my ma

sy’s die een wat my nie gekies het nie

sy’t gesê dis fine

en as jy ’n dochter is en jou ma glo jou nie

kan die Here afkom aarde toe

en vir jou ’n kroon op jou kop sit

dit sal fokkol beteken nie

jy is die dogter

en jou ma glo jou nie

 

Noudat slapende honde

 Boosheid is, vind ik, in poëtisch opzicht erg mooi. De schrik van het moment waarop je merkt dat de ander boos is, de terugwerkende kracht waarmee alles wat je zei tot de ander boos werd in een ander daglicht komt te staan. Je merkt het aan de stemverheffing, maar vooral aan wat hij of zij zegt, en hoe degene die boos is zijn of haar zinnen maakt. Ik heb vaak geprobeerd echt verschrikkelijk boze regels te schrijven, want ik zou die schrik ook bij de lezer teweeg willen brengen. Maar tevergeefs.

 

Nu ben ik met enige regelmaat boos, en er zijn met enige regelmaat mensen boos op mij, maar het blijkt nog niet zo gemakkelijk die boosheid in een gedicht onder te brengen. Want op de momenten dat ik boos word, of iemand boos wordt op mij, schrijf ik geen gedichten. En op de momenten dat ik wél gedichten schrijf, ben ik niet (meer) boos. Ik weet dat die boosheid in dichtregels te reconstrueren moet zijn, maar hoe ik ook probeer, ik eindig altijd met een bedaarde, halfbakken boosheid, aangevuld met een krachtterm om het nog wat te laten lijken. Erg jammer, maar ik zal ermee moeten leren leven. De grondtoon van waaruit ik gedichten schrijf is kennelijk geen boze.

Ik weet niet of de boosheid van Ronelda Kamfer iets te maken heeft met het land Zuid-Afrika. Net zoals ik niet weet of mijn gebrek aan boosheid iets te maken heeft met het land waar ik zelf in woon. Maar de gedachte is verleidelijk. Tijdens hetzelfde uur waarin Kamfer voordroeg, zette Alfred Schaffer, die negen jaar in Kaapstad heeft gewoond, uiteen dat het schrijven van poëzie hem zwaarder valt nu hij weer in Nederland woont. De ‘noodzaak’ poëzie te schrijven was in Zuid-Afrika veel groter, vertelde hij, omdat voortdurend alles gedefinieerd dient te worden: ras, klasse, sekse, taal.

In datzelfde gesprek noemde Hagar Peeters Nederland -in vergelijking met veel andere landen, waaronder Zuid-Afrika- een braaf en keurig aangeharkt hoekje van de wereld. Hoewel iemand uit het publiek op het moment dat ze dat zei ‘Oei, oei!’ begon te roepen (ten teken dat hij het er niet mee eens was), zit er natuurlijk wel een kern van waarheid in die opmerking. Er zijn politici die ons willen doen geloven dat Nederland een land is met scherpe sociale tegenstellingen. Dat het Nederlandse volk een boos volk is. Dat valt volgens mij wel mee. Boosheid is in Nederland een miezerbuitje. Als de wind verkeerd staat wil dat buitje nog wel eens uitgroeien tot een flinke regenbui. Maar voordat men de paraplu op heeft kunnen steken is die doorgaans alweer voorbij.

 (Edwin Fagel)

Wat kan jy doen met ‘n $200 miljoen skenking?

Monday, January 11th, 2010
Ruth Lilly (1916-2009)

Ruth Lilly (1916-2009)

Kom ons droom so bietjie vanoggend. Dit is die jaar 2002 en jy bedryf etlike jare reeds ‘n klein, esoteriese tydskriffie in - kom ons sê maar Chicago - met die naam Poetry. Jy sukkel jou ook maar disnis om die tydskrif van uitgawe tot uitgawe te laat oorleef. Die meeste van die materiaal wat jy ontvang, kan jy nie plaas nie; enersyds vanweë beperkte fondse, maar andersyds ook as gevolg van die benede-standaard gehalte daarvan.

Veral een vrou - sê maar ene Katherine Blackstone - dryf jou teen die mure uit. Week na week lê die ligblou koevertjie met twee of drie gedigte in jou brieweboks en week na week stuur jy dit terug.

En toe, op ‘n dag ontvang jy besoek van haar prokureur.

Katherine Blackstone se regte naam is Ruth Lilly en sy is die enigste oorlewende erfgenaam van rykdom wat deur haar pa in die farmasetiese bedryf vergader is, vertel die prokureur jou …

En sy wil graag ‘n bedrag skenk ten gunste van jou sukkelende tydskrif.

Verbaas kyk jy na die prokureur. Hoeveel, vra jy ongemaklik. Die prokureur stoot die dokumentasie oor jou lessenaar na jou toe. Jou oog vang die bedrag wat in rooi, vetgedrukte letters na jou toe spring. Jy besef dit nog nie heeltemal nie, maar jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want die bedrag is $200 miljoen.

Feit of fiksie?

Inderdaad “feit”, liewe leser. Elke woord. (Behalwe die naam “Katherine Blackstone”. Dit is nie bekend onder watter naam Ruth Lilly haar gedigte ingestuur het nie …)

Maar, hemel, wat dóén jy met soveel geld?! Wel, jy ontwikkel jou beskeie tydskrif tot die mees gesaghebbende in die VSA, want jy kan top dollar betaal vir bydraes. En jy begin ‘n organisasie met die naam The Poetry Foundation wat nie net die vernaamste digters betrek nie, maar ook bykans alle poësie-produksie in die VSA koördineer; gerugsteun deur een van die mees indrukwekkende webtuistes van enige letterkunde ter wêreld. Jy bring ’n instituut vir poësie-navorsing tot stand. Jy stel die Ruth Lilly Poetry Prize in met $100,000 as prysgeld, asook vyf Ruth Lilly Fellowships wat jaarliks aan 5 aspirant digters toegeken word ten einde hulle in staat te stel om in ‘n geluksalige staat van finansiële onafhanklikheid hul kuns te kan bedryf. En ja, jy verduur maar die kritiek, want te midde van soveel ander afgunstiges, weet jy dat niks wat jy met dié nalatenskap verrig óóit algemene byval sal vind nie.

Tragies genoeg is Ruth Lilly op Woensdag, 30 Desember 2009, in die ouderdom van 94 oorlede. In haar leeftyd kon dit haar nie geluk om haar gedigte vir publikasie in Poetry aanvaar te kry nie. Maar dit was immers ook nooit haar oogmerk nie. “Poetry has no greater friend than Ruth Lilly,” het John Barr, hoofdirekteur van die Poetry Foundation in sy huldeblyk gesê. “Her historic gift is notable not only for its size-that part of her largesse is known to every corner of the poetry world-but also because it was made with no conditions or restrictions of any kind as to how it should be used for the benefit of poetry. In that, it was the purest expression of her love for the art that meant so much to her as poet herself, and as benefactor.”

Ja, liewe leser. So is dit. Droomwerke gebeur wel nog steeds vandag.

*

Dan wil dit voorkom asof ons Blogfokus vir Januarie nou op dreef begin kom. Drie van ons bloggers het hul fokusstukke geplaas, te wete Andries Bezuidenhout, Philip de Vos en Carina Stander. Plus nog drie briewe in die Brieweboks deur lesers wat vertel waar hul entoesiasme jeens die poësie vandaan kom. Baie dankie daarvoor, julle!

Ten slotte - Antjie Krog en Ronelda Kamfer vertrek hierdie week noordwaarts ten einde aan die Winternachten-fees in Den Haag deel te neem eerskomende naweek. Uiteraard wens ons hul ‘n aangename ervaring toe. Ter ondersteuning hiervan is ‘n onderhoud met Ronelda Kamfer gevoer en gister geplaas.

Lekker lees aan alles en voorspoed met die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

 

 

 

Ronelda Kamfer - vertaling in Frans

Thursday, December 31st, 2009

Ronelda Kamfer - vertaal deur Pierre-Marie Finkelstein

 

 

Ma place

(Waar ek staan)

 

Me voici assise à table

avec les ennemis de mes ancêtres.

Je hoche la tête et salue avec circonspection

mais

quelque part, tout au fond de moi

je sais où est ma place.

 

Mon cœur et ma tête sont ouverts

et, en personnes bien élevées,

nous rions et mangeons ensemble

mais

quelque part, tout au fond de moi

je sais où est ma place.

 

*

 

le maître de la ferme

(Die baas van die plaas)

 

Pour maman

 

j’ai une grand-mère

qui ne parle qu’une seule langue

elle me raconte les histoires de monsieur Willem

et du docteur Metzler

 

combien monsieur Willem était bon pour elle

et comment il la laissait toujours choisir la première

les vieux vêtements qu’il lui donnait

elle me raconte les kilomètres à pied pour aller en ville

et comment monsieur Willem l’avait fait monter devant avec lui

dans la camionnette-plateau

monsieur Willem disait que ce n’était pas la peine que ses enfants

aillent jusqu’au bac

puisque de toute façon ils travailleraient à la ferme

et aideraient à élever les enfants

 

le docteur Metzler disait

que les enfants de ma grand-mère le mettaient mal à l’aise

qu’ils avaient dans les yeux une immoralité

il disait que ma grand-mère pouvait s’estimer heureuse

que le dernier soit mort-né

 

celui-là

on devait l’appeler Judas

 

*

 

 

La femme au foyer

(die huisvrou)

 

Tantie Doris était l’archétype de la femme au foyer

le matin elle emmenait ses enfants à l’école

vêtue d’une salopette rose, des bigoudis verts sur la tête

elle passait la journée à faire le ménage, la lessive et la cuisine

elle était femme au foyer

un jour de juin où il pleuvait des cordes

Tantie Doris étendait son linge, lavait ses vitres

et arrosait ses plantes sous la véranda

lorsque soudain, une voiture de police et deux corbillards de l’hôpital de Tygerberg[1]

se sont arrêtés devant chez elle

ils sont ressortis en poussant devant eux sur des brancards trois maccabées dans des sacs plastique

un grand et deux petits

Tantie Doris, pour la première fois depuis des années

portait une robe à fleurs et ses cheveux défaits

retombaient en longues boucles sur ses épaules

on lui passa les menottes, elle grimpa à l’arrière du panier à salade

et lança aux badauds : Allez-y, vous pouvez fouiner partout,

chez moi tout est propre.

 

*

 

 

La foire aux pères

(Pick n Pa)

 

Des pères, j’en connais des tas

 

des qui bossent pas

des qui passent leur temps dans la cour

des qui sont en taule à Pollsmoor[2]

des qui pioncent dans les caniveaux

des qui dorment le jour et qui travaillent la nuit

 

Des pères, j’en connais des tas

 

des qui détestent leurs enfants

des qui aiment un peu trop leurs filles

des qui battent leur femme

des qui sont malades quand ils n’ont pas de vin

des qui n’ouvrent presque jamais la bouche

 

Des pères, j’en connais des tas

 

sauf un : celui que

je n’ai jamais vu

 

*

 

 

poussière

(stof)

 

le bureau des plaintes sentait la poussière

la voiture de la fille qui m’avait amenée aussi –

la poussière

le bureau du chef

le travailleur social aux mains moites

le presbytère

l’infirmerie de la maison de correction

tout sentait la poussière

mais la poussière du bureau des plaintes était différente

ça sentait comme de la poussière qui aurait fait des petits

et tout le monde en crevait

le policier qui prenait les dépositions

ne m’a pas regardée dans les yeux

il a dit que je pouvais lui demander tout ce que je voulais

alors je lui ai demandé ce qu’il pensait de la poussière

la poussière ?

m’a-t-il dit

oui, la poussière, ai-je répondu en attrapant son regard

alors il m’a regardée bien droit dans les yeux et m’a dit

que la poussière, il n’y pensait pas vraiment 

alors je lui ai dit que moi, la poussière, j’y pensais tout le temps

que la poussière était partout que la poussière connaissait les secrets les mieux gardés

que certains jours je cherchais la poussière, que je savais que la poussière avait une odeur

que la poussière c’était la mort et que j’aurais voulu être poussière

 

je lui ai dit que la poussière ne peut redevenir poussière

contrairement à l’être humain

a-t-il ajouté très vite

oui, c’est bien la preuve que l’être humain ne vaut pas grand-chose

 

lui qui jamais ne pense à la poussière

 

*

  

Boire

(Drink)

 

Certains jours je bois trop

certains autres trop peu

mais

jamais je ne bois juste ce qu’il faut

quand je suis saoule je parle trop

quand je suis sobre j’écris trop

jamais je ne parle ni n’écris juste ce qu’il faut

 

Je sais bien que si j’arrivais à faire correctement ne serait-ce qu’une chose, une seule

je ne me sentirais pas aussi nulle à cause du reste

Gentilles filles

 

*

 

 

(goeie meisies)

 

les gentilles filles ne sont pas dans des bandes

elles ne tombent pas enceintes à treize ans

elles ne se font pas faire des tatouages de gangs

elles ne fument pas d’herbe

elles ne se défoncent pas au crystal meth

elles ne se font pas tringler par les profs

et les chauffeurs de taxi

elles ne travaillent pas chez Shoprite[5]

elles ne sont pas femmes de ménage

les gentilles filles n’habitent pas les townships des Cape Flats

 

*

 

Attention à la dépression

(Pasop vir depressie)

 

Si on t’a agressée

violée, si on t’a piqué ta bagnole, si on t’a kidnappée, séquestrée

surtout

va voir un psychiatre

tout ça peut causer des dépressions

ce sont de bonnes raisons de déprimer

 

Des parents de merde

des profs de merde

des églises de merde

de la bouffe de merde

des gens de merde

des fringues de merde

des règles de merde

des lois de merde

de la musique de merde

un temps de merde

des horaires de merde

des poètes de merde

et une pensée de merde

ce ne sont pas des causes de dépression

 

Ca fait partie de la vie

 

Nee! Plagiaat in tronke?! Kan nie wees nie.

Friday, August 21st, 2009
Tronkvoëlverse

Gedigte agter tralies

Ai, hoe dikwels gebeur dit tog nie dat iemand ‘n goeie idee het en dan ontspoor dit nie? So het die Britse Gevangenisdiens dit goedgedink om ‘n gedigteblad in hul interne publikasie, Inside Time, te skep met ‘n £25 prysgeld vir die beste gedig wat elke maand ontvang word. Spoedig het dié onderneming alle verwagting oortref. Lucy Forde, samsteller van die poësieblad, het aan The Telegraph se verslaggewer gesê dat hulle sowat 3,000 gedigte binne ‘n jaar vir plasing ontvang het en dat hulle vroeër vanjaar selfs ‘n bloemlesing uit dié tronkverse kon saamstel.

Ongelukkig blyk dit nou dat die gevangenes hulle aan grootskaalse plagiaat skuldig maak deur gedigte en lirieke van bekendes soos Robert Frost en James Brown onder hul eie name in te stuur. “We now check every poem selected before going to print,” het die redakteur in vandeesmaand se uitgawe gewaarsku en bygevoeg: “By cheating you are spoiling it for those that submit genuine pieces of poetry. Not only that, you are laying yourselves and Inside Time open to possible law suits. This would ultimately finish the poetry pages, one of the most popular sections of the paper.”

Nou ja, toe. Waarskynlik net nog ‘n voorbeeld van ‘rhyme does not pay’, of wat praat ek alles?

In nog ‘n koddige geval uit Inside Time het ‘n gevangene ‘n klagte oor die laat aflewering van sy pos in versvorm aan die tronkowerheid gestuur. Heel gepas was die amptenaar, ene M Brennan, se antwoord óók in versvorm.

Vir jou naweekplesier kopieer ek laasgenoemde se vers hieronder. (Terloops, indien jy die gevangene se klagvers wil lees, is dit hier te vinde.)

Ten slotte - ons moet ongelukkig bekend maak dat Ronelda Kamfer se entoesiastiese bereidwilligheid om as blogger aan die webblad deel te neem, nié gaan materialiseer nie. Studiedruk weerhou haar tans daarvan. Dit is inderdaad baie jammer aangesien haar bydraes beslis ‘n waardevolle toevoeging tot ons arsenaal van bloggers sou wees. Dit beteken egter dat daar tans weer ‘n vakature bestaan; so laat weet gerus indien dit jóú sou interesseer.

Geniet die naweek wat op hande is en mag jou passie onbelemmerd wees. Nuuswekker hervat weer op Maandag.

Mooi bly.

LE

 

Having considered your prose

It’s as clear as your nose

Some of your lines don’t meter

But alas, I digress

There’s more to address

To make communication sweeter.

Always try and refrain

From causing disdain

When composing your poetic reply

In stating concerns

Steer away from terms

Such as “which was a blatant lie”.

Now before I close

My reply to your prose

I note you’ve withdrawn your request

Your opinions you’ve floated

Your views have been noted

This matter can be put to rest.

 

© M Brennan

Ons verwelkom twéé nuwe bloggers!

Thursday, August 6th, 2009

Philip de Vos

Rondelda Kamfer

Ronelda Kamfer

Soos die Kaapse winterreën hier voor my studeerkamervenster neersif, sif die vreugde hierdie week ook omtrent onverpoos deur hierdie webblad. Bykans elke bydrae laat ‘n mens tonekrul kry van plesier. En vanoggend is geen uitsondering nie … Dit is vir ons besonder aangenaam om nie net een nie, maar twéé nuwe bloggers te verwelkom, naamlik Philip de Vos en Ronelda Kamfer. Wat ‘n aanwins! Philip is natuurlik alombekend vir sy aweregse en unieke sin vir humor en sy eerste bloginskrywing is sommer van meet af aan trefseker en sekuur. Ronelda, wat eers op ‘n latere stadium haar eerste blog-inskrywing sal plaas, is natuurlik bekend vir “Noudat slapende honde”, haar digdebuut waarmee sy ons behoorlik wakker gegrom het. Ons wil graag glo dat haar blog ‘n voorsetting hiervan sal wees … Aan julle albei: Baie welkom en hê sommer boordensvol pret hiermee!

Terloops, blogruimtes is een van die mees belangrike funksies op hierdie (en waarskynlik enige ander) webblad. Deur middel van blog-inskrywings word nie net die interaktiewe komponent verhoog nie, maar dit dien ook as gedagteprikkels wat gesprek kan inisieer of in ‘n bepaalde rigting kan stuur. Daarom dat ons die bestaande bloggers direk en persoonlik uitgenooi het om op hierdie webblad te blog vanweë hul spesifieke  belangstellings, sienings en voorkeure ten opsigte van tema en aanbod. Verdermeer is verskeidenheid in hierdie opsig van kardinale belang. Daarom is daar seker nie één liefhebber van poësie wat nie by ten minste een blogger aanklank gaan vind nie. So - snuffel rond en geniet die stukke wat hulle op so ‘n gereelde basis en met soveel toegewyde ywer vir jóú leesplesier op hierdie webblad plaas. En - indien jy lus voel daarvoor - lewer kommentaar. Waar anders gaan jy die geleentheid kry om met persone van hierdie formaat in gesprek te kan tree? Maak gerus gebruik daarvan.

Soos al vantevore gesê: Hierdie webblad het géén ander oogmerk as om die Afrikaanse digkuns en haar ondersteuners tot diens te wees nie.

Ten slotte wil ek net noem dat Pietjan, die koningrooibekkie, waaroor ek in Maandag se Nuuswekker berig het, darem weer terug is op sy pos voor my ruit. Die vermoede bestaan dat hy inderhaas elders moes heen vanweë ‘n hardnekkige gerug van ‘n verdwaalde wyfie verder af in die straat. Lyk nie of sy dwaalvlug suksesvol was nie; hy’s steeds stoksielalleen. Maar nou só vasgegom aan sy spieël dat g’n mossie hom vandaar kan skorriemorrie nie.

Mooi bly. En spesiaal vanoggend, ‘n vers van die nimlike De Vos. Geniet dit.

LE

 

Jy moet áltyd

in jou spoor trap,

voor jy dalkies

in iets goor trap.

Want lê daar hondebollie

is jou dag nie meer so jollie.

 

(c) Philip de Vos (Uit: Nuwe Kinderverseboek, Tafelberg, 2009)

Sleepvoetverse

Tuesday, August 4th, 2009
Gestadigde poësie

Gestadigde poësie

In die modewêreld hoor ‘n mens vry algemeen die opmerking dat indien jy ‘n modegier lank genoeg bly navolg, dit uiteindelik weer hóógmode sal word; soos byvoorbeeld die mini-romp se terugkeer tans na hóéveel dekades … Dit wil my voorkom asof dié tendens ook vir die letterkunde, en meer spesifiek die digkuns geld. Soos het die digter-akademikus, Dale Smith, van die Universiteit Texas in Austen ‘n hele beweging van stapel gestuur wat hy Slow poetry noem. Dit is na analogie van die slow food beweging in die tagtigerjare wat in Italië as verset teen die toenemende fast food-kultuur gemik was. Slow food het dan kultuur-gebaseerde geregte, met gesonde plaaslik-geproduseerde  vrugte, kase, wyn en groentes as basis. Smith maak dié benadering van toepassing op die digkuns. “While conceptual poetry and flarf provide contemporary approaches to poetry, it seems that more radical uses of the poem could be theorized,” het Smith se benadering einde verlede jaar aangekondig. “The slow food and slow biking movements offer possible models. By turning away from innovations that increase the speed of production, poets could rediscover valuable skills from older methods. Pace in this slow poetry sense becomes a greater concern. Value could be placed on the withholding of vital details and the slow release of vivid particulars within rhetorical situations driven by a desire to disclose new knowledge. Such disclosures of knowledge, feeling, and perceptions help expand capacities for living in contemporary cultures, empowering potential agents for other forms of disruptive acts. Poetry, if concentrated on plausible conjectures of reality, can help transform other conjectural definitions of it.” ‘n Volledige berig oor dié nuwe tendens is hier op The Buffalo News se webblad te lees. ‘n Webblad, met die naam Slow poetry - An introduction is hier te vind. Gaan lees gerus Dale Smith se volledige betoog. Veral die slotsin lewer interessante kommentaar op ons situasie hier ter plaatse: ” … , it is the position of Slow Poetry that we must learn to once again inhabit the local, and to abide by its claims, if we are to avert catastrophe.”

Waarom dié onderwerp vanoggend as Nuuswekker betrek? Wel, omrede ons digkuns eintlik nog nooit werklik die era van fast poetry betree het nie. Die sogenaamde performance poetry en gepaardgaande bewegings soos Flarf en konseptuale digkuns was nooit régtig deel van ons spyskaart nie. Die debat rondom toeganklike en/of hermetiese verse, asook die tema wat Charl-Pierre Naudé aan sy gas-blogggers voorgestel het, hou alles hiermee verband. Waar ons tans besig is om na oorsese modelle te kyk vir “vernuwing” is die teenreaksie reeds aan die uitbroei aan daardie kant, lyk dit my. Ons moet net geduldig wees: Binne enkele jare is ons enigsins “verouderde” digpatrone weer hoogmode!

Ten slotte, nog ‘n aanhaling uit Dale Smith se betoog: “If Flarf and conceptual poetry perform a kind of critique of information culture that is focused in its excesses and feeds off of them, Slow Poetry aims to be nothing less than a reinvention of how poetry is read and written in a post-consumer culture.  If Flarf sets its sights low and relishes in its degradations, Slow Poetry aims to reclaim small, integral parts of the world.”

Mmm, laat my nogals dink aan iets wat my Ouma altyd gesê het: Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.

Kyk om jou heen vandag en neem dinge rustig. Of dalk in Engels? Go with the slow! En onthou om vanaand om 22:00 op RSG te luister na Vers & Klank. Ronelda Kamfer lees dan van haar gedigte voor.

Mooi bly.

LE