Posts Tagged ‘Rutger Kopland’

Rutger Kopland - Vertaling in Afrikaans

Thursday, November 19th, 2009

Rutger Kopland - Vertaal deur Daniel Hugo.

 

 

Uit: Rutger Kopland, Toen ik dit zag, Uitgeverij G.A. van Oorschot, Amsterdam, 2008.

 

Wat is poëzie

 

In de verte groeit het geruis

van een trein

 

stopt zegt ze en

ze zet de recorder uit

 

door de ramen stroomt steeds meer

zwart licht de kamer in

 

is er zoiets als zwart licht

zit ik te denken

 

de trein is voorbij en uit de verte

nadert ons langzaam stilte

 

is er zoiets als een stilte die

kan naderen denk ik

 

nog één vraag zegt ze

en ze start de recorder

 

poëzie wat is dat – eigenlijk

ze beweegt de microfoon naar mijn gezicht

 

ik begin te denken tot ik

aan een schilderij denk van Magritte

 

een wolk in de vorm van een rotsblok

een rotsblok in de vorm van een wolk

 

ze zweven samen boven een landschap

is dit een antwoord vraag ik

 


Wat is poësie

 

In die verte groei die geruis

van ’n trein

 

stop sê sy en

sit die bandmasjien af

 

deur die vensters stroom steeds meer

swart lig die kamer in

 

is daar so-iets soos swart lig

sit ek en dink

 

die trein is verby en uit die verte

kom die stilte stadig nader

 

is daar so-iets soos stilte wat

kan naderkom dink ek

 

nog één vraag sê sy

en sit die bandmasjien aan

 

poësie – wat is dit nou eintlik

sy hou die mikrofoon voor my gesig

 

ek begin dink tot ek

aan ’n skildery dink van Magritte

 

’n wolk in die vorm van ’n rotsblok

’n rotsblok in die vorm van ’n wolk

 

hulle sweef saam bo ’n landskap

is dit ’n antwoord vra ek

 


Park

 

We wandelen tot aan de oever

van een vijver – daar stonden we

te luisteren en te kijken.

 

We hoorden de geluiden van de stad

maar het was alsof we daarachter

een grote stilte hoorden.

 

We keken in het water en zagen

ver voorbij de kruinen van de bomen

de lege hemel in de diepte.

 

We liepen terug en wisten waar

we voor gekomen waren.

 


Park

 

Ons wandel tot aan die rand

van ’n visdam – daar gaan staan ons

om te luister en te kyk.

 

Ons hoor die geluide van die stad

maar dit is asof ons daaragter

’n groot stilte hoor.

 

Ons kyk in die water en sien

ver verby die toppe van die bome

die leë hemel in die diepte.

 

Ons loop terug en weet waarom

ons hierheen gekom het.

 


Toen de nacht

 

Toen het licht van de nacht

duisternis was

 

het licht van de nacht

ons onzichtbaar maakte

en wij alleen nog stemmen waren

op een bank in de tuin

 

toen de nacht ons omgaf

en meenam in de duistere vragen

wanneer en waar en wie

 

toen de nacht een geheim was

dat met de nacht verdween

 


Toe die nag

 

Toe die lig van die nag

duisternis word

 

die lig van die nag

ons onsigbaar maak

en ons nog net stemme is

op ’n bank in die tuin

 

toe die nag ons omgeef

en meevoer in die duister vrae

wanneer en waar en wie

 

toe die nag ’n geheim word

wat met die nag verdwyn

 


Een merel

 

Er is iets aan de zang van een merel

het is voorjaar, je wordt wakker

 

je ligt te denken in de nacht

het raam staat open – er is iets

 

waarvan die vogel zingt

en je denkt aan wat je moet opgeven

 

er is iets in je dat leeg is en het stroomt vol

met het zingen van die merel

 


’n Merel

 

Daar is iets in die lied van ’n merel

dit is lente, jy word wakker

 

jy lê en dink in die nag

die venster staan oop – daar is iets

 

waarvan die voël sing

en jy dink aan wat jy moet opgee

 

daar is iets in jou wat leeg is en dit stroom vol

met die lied van die merel

 


Roeiboot

 

Waarom moet ik blijven kijken

naar die ansichtkaart – een roeiboot

 

hij ligt op de rimpelende spiegel

van een avondhemel

verankerd met een dunne lijn

aan iets in de diepte

 

het is een foto maar je ziet hoe

de boot schommelt en

rukt aan zijn anker

 

zo moet het altijd te zien zijn geweest

een boot wachtend op zijn roeier

 

er is gedacht dat wij ooit zouden worden

gehaald en worden gevaren

naar een verre overkant

 

daarom

 


Roeiboot

 

Waarom hou ek aan kyk

na hierdie poskaart – ’n roeiboot

 

wat lê op die rimpelende spieël

van ’n skemer hemel

geanker met ’n dun tou

aan iets in die diepte

 

dit is ’n foto maar jy sien hoe

die boot skommel en

ruk aan sy anker

 

so moes dit altyd gewees het

’n boot wat wag op sy roeier

 

daar is al beweer dat ons eendag

gehaal en oorgeroei sal word

na ’n verre oewer

 

daarom

 

 

(Uit: Rutger Kopland, Toen ik dit zag, Uitgeverij G.A. van Oorschot, Amsterdam, 2008. Vert. deur Daniel Hugo)

 

Rookverslaafde martelaars

Thursday, August 27th, 2009
Lynn Barber

Lynn Barber

Synde ‘n lojale en toegewyde lid van die Nasionale Rokersvereniging, het die volgende berig my omtrent laat regop sit. Lynn Barber, ‘n bekende skrywer en joernalis in Brittanje, het naamlik van die Richmond Book Now-fees in November onttrek nadat die organiseerders daarop aangedring het dat sy ‘n ander foto vir hul promosiemateriaal moet verskaf. Op die foto wat sy vir hul brosjure ingestuur het, teug sy salig aan ‘n sigaret en die organiseerders is van mening dat sy hierdeur ‘n swak voorbeeld stel. “We don’t like to use images of people smoking in our promotional material. As a local authority we are responsible for encouraging good health habits in the area, and to be seen to be endorsing smoking, no matter how unintentional, doesn’t complement this. We asked Miss Barber for an alternative picture but she declined and has withdrawn from the festival, which is a shame given her standing as an author and journalist,” het ‘n segspersoon namens die organiseerders aan The Guardian se verslaggewer gesê.

Lynn Barber se reaksie? “I always wanted to be a Smoking Martyr and obviously this is my opportunity. If a pic of me smoking is such a threat to the good burghers of Richmond, imagine what my presence would do.”

Nou ja, toe. Uiteraard vrees die organiseerder nou ‘n massale ontrekking deur al die ander lojale rokers op hul feesprogram. Gelukkig - soos dit maar alte dikwels die geval is - is daar steeds géén beperking op drank-advertensies of foto’s van mense wat “gesellig verkeer” met ‘n glasie wyn in die hand nie. Die vooruitsig op ‘n ”gesellige fees” - soos dit maar alte dikwels die geval is -  word dus nié hierdeur geaffekteer nie … Solank daar darem drank is.

So, druk dood daardie sigaret en skink ‘n glasie op ‘n gesonde lewensstyl.

Dan is dit vandag die verjaarsdag van een van ons gereelde medewerkers op die webblad, naamlik Charl-Pierre Naudé. Lekker verjaar, Charl-Pierre, en mag die nuwe lewensjaar ‘n vreugdevolle affêre wees … (Gelukkig is Charl-Pierre nié ‘n roker nie; die hoop op nog vele jare beskaam dus nie.)

Nietemin, vir jou leesplesier vanoggend, die onderstaande gedig deur Rutger Kopland.

Mooi bly.

LE

 

Over het verlangen naar een sigaret

 

Ken je het verlangen naar een sigaret,
naar die gelukkig tijd dat je nog rookte?

Niemand begrijpt dit verlangen behalve ik.

Ik herinner mij iemand die altijd
als ik iets zei dat ze niet begreep
antwoordde: op zich is dit heel intrigerend.

En ik herinner mij ook dat ik dan
die uitspraak een aantal malen
in mijn hoofd moest herhalen:
op zich is dit heel intrigerend
totdat de betekenis verdampt was.

God kan ondoorgrondelijke dingen met ons doen
dankzij het feit dat hij niet bestaat

en zo kunnen ook ondoorgrondelijke dingen
worden beweerd dankzij het feit
dat ze nergens over gaan.

Sinds ik dit bedacht begrijp ik veel meer.

Het verlangen naar een sigaret is
het verlangen zelf.

 

© Rutger Kopland

 

Wanneer ‘n skrywer hom vererg …

Tuesday, August 25th, 2009
Alain de Botton

Alain de Botton

Alain de Botton is natuurlik bekend vir vele boeke, waaronder die lieflike The Art of Travel (Penguin, 2003). En elkeen van hulle is heel uniek in opset. So het hy byvoorbeeld vroeër vanjaar vir ‘n ruk voltyds sy intrek by die Heathrow-lughawe buite London geneem ten einde ‘n boek, wat later vanjaar beskikbaar gaan wees, te skryf oor die wel en wee van aankoms en vertrek. Enkele maande gelede was De Botton egter nog in die nuus na ‘n negatiewe resensie van sy boek Pleasures and Sorrows of Work in die New York Times verskyn het. De Botton is van mening dat die resensent, Caleb Crain, sy boek in die VSA met dié resensie “vermoor” het en het soos volg op Crain se webblad gereageer: “So that’s two years of work down the drain in one miserable 900 word review … I will hate you till the day I die and wish you nothing but ill will in every career move you make“.

Volg gerus die skakel na Caleb Crain se webblad en lees die voledige kommentaar. (De Botton s’n is vierdie van bo af.) Lees sommer ook die ander lesers se reaksie. Fassinerend. Maar ai, hoeveel skrywers sal nie al hul ou penne verrruil vir ‘n resensie in die New York Times nie … Selfs ‘n negatiewe een as dit moet. Maar nou ja, ‘n toon wat seer is, is ‘n toon wat seer is.

Dan is dit tog ook vreemd hoe dikwels die soet en die suur van die lewe langsmekaar op dieselfde bord beland. Soos gister, byvoorbeeld. Die soet was beslis Lucie Möller se debuut, Watermerke, wat in die boekwinkels gearriveer het; ‘n besonder afgeronde debuut met kragtige, natuurgerigte verse. (Maak seker dat jy die onderhoud lees wat Marlise Joubert met dié nuwelingdigter gevoer het.) Aan die hartseerkant het ons gister verneem dat Ilse van Staden se ma, die bekende kunstenaar Marcella de Boom, Sondagaand onverwags oorlede is. Enigiemand wat Ilse ken, weet hoe na sy en haar ma aan mekaar was en hoe absoluut tragies hierdie verlies vir haar moet wees. Ons innige simpatie, Ilse; ons dink aan jou in hierdie hartseertye.

Ten slotte herinner ons graag aan Vers & Klank vanaand om 22:00 op RSG. Daniel Hugo gaan dan sy onlangse vertalings van Rutger Kopland se verse voorlees. Gewis iets om na uit te sien.

Mag die son sag op jou skyn vandag; waar jy jou ook al mag bevind.

Mooi bly.

LE

Rutger Kopland 75 jaar oud!

Wednesday, August 5th, 2009
Rutger Kopland

Rutger Kopland

Gister het Rutger Kopland (pseudoniem vir Rutger Hendrik van den Hoofdakker), een van die reuse in wêrelddigkuns, sy 75ste verjaarsdag gevier. Kopland het in 1966 gedebuteer met Onder het vee. Daarna het nog vyftien digbundels gevolg, waarvan Toen ik dit zag (2008: Van Oorschot, Amsterdam) die mees onlangse is. In sy loopbaan het hy vele pryse verower, waaronder die VSB Poësieprys (1988) en die PC Hooft-prys (1988). Kopland, wat hom as psigiater bekwaam het, het hom deur die jare heen gevestig as een van Nederland se mees geliefde digters. Die onveranderlike in die mens se doen en late kan as sentrale motief van Kopland se digwerk beskou word. In vers na vers verset hy hom teen dit wat verbygaan, met die besef dat die mens telkens daarheen terugkeer langs ánder weë. Hierdie teenstrydigheid het hy self treffend saamgevat in ‘n aanhaling op Poetry International se webblad: “Everyone finds a lost paradise in my poetry, a longing for it. I don’t long for the past, I long for experience (…) and experience is new, now.” Net so het hy by geleentheid die teenstelling tussen die nostalgiese toon van sy verse en die nie-nostalgiese betekenis daarvan, beskryf as “memories of the unknown”, ’n uitspraak wat uiteindelik as titel vir Kopland se vertaalde gedigte in Engels gebruik sou word. (Lees gerus die inligtingstuk hier.)

Hieronder volg ’n vers uit die pen van hierdie meester, plus ‘n vertaling daarvan deur Daniel Hugo.

Dan is dit vir my besonder aangenaam om ’n nuwe toevoeging tot ons digkuns te verwelkom, naamlik Jelleke Wierenga met haar debuutbundel, Bloot mens” wat pas by Protea Boekhuis verskyn het. By die eerste deurlees is dit veral die emotiewe lading van die verse en die besonderse gebruik van ironie wat ’n mens met ’n voorhamerslag tref. Ek vermoed dat ’n vergelyking met Jeanne Goosen se “Elders aan diens” en Ronelda S. Kamfer se “Noudat slapende honde” nie onvanpas is nie. (Maak seker dat jy ook die onderhoud lees wat met Jelleke gevoer is en hier op die webblad geplaas is.)

Lekker lees aan alles wat nuut is op die webblad.

LE

 

Oude vrouw met geiten

 

Zij komt terug, met een mand vol gras komt ze

op mij af tussen uitbundige bermen

om haar heen huppelen geiten

 

het is avond, in haar rug zijn de weiden nog

wit van de zomerse dag, zij is oud en klein

maar haar schaduw danst ver voor haar uit

 

zij is swart, om haar kousen, haar jurk,

haar hoedje, ligt een dun laagje licht

van de zon, het silhouet van het meisje

 

ja ze komt terug met zomers gras voor de geiten

 

 

© Rutger Kopland (uit: Verzamelde gedichten, Uitgeverij G.A. van Oorschot, Amsterdam.)

 

 

Ou vrou met bokke

 

Sy kom terug, met ‘n mandjie vol gras kom sy

op my af in die plesierige paadjie,

huppelende bokke om haar heen

 

dit is aand, agter haar is die weivelde nog

wit van die somerse dag, sy is oud en klein

maar haar skadu dans ver voor haar uit

 

sy dra swart, om haar kouse, haar rok,

haar hoedjie lê die son se dun

lagie lig, die silhoeët van die meisie

 

ja, sy kom terug met somerse gras vir die bokke

 

(Vertaling: Daniel Hugo) 

Poetry International ’n groot sukses

Wednesday, June 24th, 2009
Die fees der feeste

Die fees der feeste

De Volkskrant se Peter Swamborn berig dat die pasafgelope Poetry International te Rotterdam ‘n groot sukses was. Dit was naamlik die 40ste jaar waarin dié weeklange poësie-fees plaasgevind het en vanjaar is dit deur 5,500 besoekers bygewoon; aansienlik meer as verlede jaar se 3,400. Nog ‘n belangrike feit is dat geen toegangsgelde gevra word nie; besoekers lewer naamlik ‘n bydrae na gelang van wat ‘n bepaalde item vir hulle werd was. Op dié manier is daar vanjaar 7,850 euro ingevorder. Volgens die beriggewer was ‘n interessante toevoeging vanjaar die 70 studente van die Arnhemse Toneelskool wat gedigte vooraf gememoriseer het en dit dan in die oor van omstanders gefluister het. (Sjoe, wat ‘n briljante idee!) Nietemin, die hooffokus vanjaar was op die 75-jarige Rutger Kopland en sy gedigte wat deur digters uit Swede, Pole, Hongarye, Rusland, Frankryk, China en Australië voorgelees is in hul onderskeie tale. Ook die items wat gerig was op WH Auden en Jan Eijkelboom, het heelwat belangstelling uitgelok; eersgenoemde vanweë die nuwe vertaling wat in Nederland beskikbaar is en laasgenoemde vanweë sy afsterwe verlede jaar. Volgens die organiseerders was die bywoning van die minder bekende oorsese digters egter teleurstellend. ‘n Verdere klagte was gemik teen die parallellopende program wat gemaak het dat die besoekers nie ál die items kon bywoon nie. (De Volkskrant se volledige berig kan hier gelees word.)

Ter afsluiting wil ons jou aandag vestig op Jy het my as drenkeling herken, dr. Hans Ester se briljante artikel oor die korrespondensie tussen Elisabeth Eybers en Chris van Geel. Ook op die woelige gesprek wat onder aan Lucas Malan se artikel Die bruikleen-fenomeen oor intertekstualiteit ontstaan het.

En mag iemand vandag ‘n gedig in jóú oor fluister …

Mooi bly.

LE

Die digter onder die appelboom

Thursday, June 18th, 2009

Die digter onder die appelboom

 

Rutger Kopland (1934) is die skrywersnaam van Rutger H. van den Hoofdakker, emeritus professor in psigiatrie van die Rijksuniversiteit Groningen. Hy het in 1966 as digter gedebuteer en is sedertdien een van die gewildste digters in Nederland. Hy het ook heelwat essays oor die poësie en die psigiatrie gebundel. In 1998 is die P.C. Hooft Prys, die belangrikste eerbewys wat ’n Nederlandse digter kan kry, aan hom toegeken.
 
 
 
 

 

Sy gedigte word gekenmerk deur die eenvoudigste taalgebruik denkbaar waarin hy ’n soort mistieke ervaring van die werklikheid verwoord. Sy poësie is merkwaardig vry van enige psigiatriese vakjargon, hoewel hy die skryf van ’n gedig waarin gevoelens opgeroep en herkenbaar gemaak word, vergelyk met ’n terapeutiese gesprek. Hy skryf ook graag digterlike besinnings oor die mens se belewenis van die tyd.

 

Soos Adam onder die appelboom probeer hy om sin te maak van die sienlike en die onsienlike. En om sin te maak, beteken om presies die regte woorde te vind.

 

Kopland op sy beste kan die ylste natuurindrukke, die vlugtigste gevoelens en gedagtes huiwerend maar suiwer verwoord. ’n Tipiese Kopland sfeer en stelwyse vind ’n mens in die volgende reëls:

 

Ik kijk naar de hei,

naar de mistige, eenzame berkjes en denk hoe

ik het moet zeggen, hoe moet ik het zeggen dat …

 

Sy verse haal emosioneel maar beheersd asem. Die ongewone enjambemente wat versreëls dikwels op lidwoorde, voegwoorde of voornaamwoorde laat eindig, is altyd ritmies gemotiveer.

 

 

Onder de appelboom

 

Ik kwam thuis, het was

een uur of acht en zeldzaam

zacht voor de tijd van het jaar,

de tuinbank stond klaar

onder de appelboom

 

ik ging zitten en ik zat

te kijken hoe de buurman

in zijn tuin nog aan het spitten

was, de nacht kwam uit de aarde

een blauwer wordend licht hing

in de appelboom

 

toen werd het langzaam weer te mooi

om waar te zijn, de dingen

van de dag verdwenen voor de geur

van hooi, er lag weer speelgoed

in het gras en verweg in het huis

lachten de kinderen in het bad

tot waar ik zat, tot

onder de appelboom

 

en later hoorde ik de vleugels

van ganzen in de hemel

hoorde ik hoe stil en leeg

het aan het worden was

 

gelukkig kwam er iemand naast mij

zitten, om precies te zijn jij

was het die naast mij kwam

onder de appelboom, zeldzaam

zacht en dichtbij

voor onze leeftijd.

Onder die appelboom

 

Ek kom tuis, dit is

om en by agtuur en buitengewoon

mild vir die tyd van die jaar,

die tuinbank staan gereed

onder die appelboom

 

ek gaan sit en ek kyk

hoe die buurman

nog in sy tuin aan die spit

is, die nag kom uit die grond

’n blouer wordende lig hang

in die appelboom

 

toe word dit langsamerhand te mooi

om waar te wees, die dinge

van die dag verdwyn voor die geur

van hooi, daar lê weer speelgoed

in die gras en verweg in die huis

lag die kinders in die bad

tot waar ek sit, tot

onder die appelboom

 

en later hoor ek die vlerke

van ganse in die lug

hoor ek hoe stil en leeg

dit word

 

gelukkig kom iemand langs my

sit, om presies te wees jy

is dit hier langes my

onder die appelboom, buitengewoon

mild en naby

vir ons leeftyd.

 

Daniel Hugo

 

Bron

 

Rutger Kopland, 2006, Verzamelde gedichten, Amsterdam: G.A. van Oorschot.

 

Woensdag, 3 Junie 2009

Wednesday, June 3rd, 2009

Rutger Kopland

Rutger Kopland

Jaco Barnard-Naudé se repliek op die tweegesprek tussen Daniel Hugo en Danie Marais (Die Burger, 15 Mei) wat verlede Saterdag in Die BurgerBY verskyn het met “Oneer aan digkuns én filosofie” as opskrif, het my laat dink aan ’n verwysing na Rutger Kopland se nuwe digbundel  Toe ik dit zag (Van Oorschot Uitgeverij, 2008) wat ek enkele weke gelede op Poëzierapport raakgelees het. Kopland is waarskynlik een van die min digters in wêreldliteratuur wat die filosofie suksesvol by die poësie kan betrek; soos byvoorbeeld in hierdie bundel waar dit in hoofsaak gaan oor die gelyktydige saambestaan van teenstrydighede soos werklikheid en waarneming. En wat kan dít beter verwoord as juis die poësie?

 Ter illustrasie die onderstaande vers uit Kopland se bundel.

 Lekker lees en mag die treine saggies neul in jou ore vandag.

 Mooi loop.

 LE

 

 Wat is poëzie

 

In de verte groeit het geruis

van een trein

 

stop zegt ze en

ze zet de recorder uit

 

door de ramen stroomt steeds meer

zwart licht de kamer in

 

is er zoiets als zwart licht

zit ik te denken

 

de trein is voorbij en uit de verte

nadert ons langzaam stilte

 

is er zoiets als een stilte die

kan naderen denk ik

 

nog één vraag zegt ze

en ze start de recorder

 

poëzie wat is dat – eigenlijk

ze beweegt de microfoon naar mijn gezicht

 

ik begin te denken tot ik

aan een schilderij denk van Magritte

 

een wolk in de vorm van een rotsblok

een rotsblok in de vorm van een wolk

 

ze zweven samen boven een landschap

is dit een antwoord vraag ik

 

Toen ik dit zag – Rutger Kopland

Van Oorschot, Amsterdam, 2008

ISBN 978 90 2824 108 4 - € 13,50