Posts Tagged ‘Ruth Padel’

Marcelle Olivier. Dit is die maand Augustus…

Tuesday, August 17th, 2010

Nuus uit Brittanje: Dit is die maand Augustus…

 

 

Dit is middel-Augustus, en hier op die Eiland het die nuwe sokkerseisoen sopas begin. En dit is werklik al wat ek daaroor te sê het. Verdere verwikkelinge is dat die goewerment die yskas leeggemaak het, die oond by die muur afgeskakel het, en gesorg het dat die lig by die agterdeur permanent aan is. En aangesien nuus in Brittanje bykans altyd iets met die politiek te doen het, is dit dus nou die sogenaamde silly season – wanneer die koerante enigiets sal publiseer om verkope stabiel te hou terwyl omtrent die hele parlement op vakansie is.

Dis nou die hele parlement behalwe vir Nick Clegg. Want terwyl Herr David Cameron vanjaar op die wit strande van Cornwall rinkink en saam met die gepeupel vis en tjips uit koerantpapier eet (want dit is mos belangrik dat ons kan sien hy is net soos ons, selfs al deel hy sy konserwatiewe bloedlyn met die koningin) moet die arme adjunk op die trappie by die voordeur van No.10 Downingstraat sit om te sorg dat niemand by die land inbreek nie. Vir die volgende maand van huisoppas sluit Clegg se tydverdrywe in: uiters langdradige aanlyn en telefoniese V&A sessies met die publiek; ‘n paar quasi-belangrike aankondigings soos ‘Ons wil meer werk skep!’ wat Cameron hom langtand gegun het; en wegkruipertjie speel met die oorblywende LibDem ondersteuners wat wil weet hoe hulle party uit hierdie koalisie-gemors gaan kom.

Nick Clegg hou homself besig...

Nick Clegg hou homself besig...

Intussen is die silly season in volle swang. Daar is die skokkende nuus dat die frekwensie van hooi-diefstal in Engeland die afgelope paar maande die hoogste ingeskiet het, dat David Beckham se suster £164 (R1870) per week van die regering kry omdat sy kies om werkloos te wees, en dat daar vanjaar ‘n ongeëwenaarde DRIE buiksprekers by die Edinburgse Fringe Festival optree, wat seersekerlik aandui dat die kuns besig is om ‘n herlewing te ondergaan. En wil jy nou meer, ‘n splinternuwe Sherlock Holmes BBC dramareeks hou die Kuns en Vermaak-seksies vol suikerige kommentaar deur kolomnistas wat nie kan ophou skryf oor hoe pragtig Benedict Cumberbatch in sy romantiese bemantelde staat lyk terwyl hy die skuldiges aankeer nie. Dis ook maar net in Engeland waar iemand wat by geboorte met ‘n naam soos Benedict Cumberbatch geskend is ‘n pin-up kan word.

Die BBC se nuwe Holmes en Watson

Die BBC se nuwe Holmes en Watson

Ek moet bieg dat ek nie een van die drie Sherlock-episodes gesien het nie, grotendeels omdat ek nie eintlik baie van Mnr. Cumberbatch óf Sir Conan Doyle hou nie, maar ook omrede ek die eerste program – en dus ‘n hele verwysingsraamwerk en sommer ‘n vet spul leidrade – gemis het. Maar blykbaar was dit ‘n uitstekende reeks, en veral die episode waarin Holmes en Watson die misterieuse verdwyning van ontelbare bale hooi uit ‘n landery in Buckinghamshire ondersoek, ‘n enorme sukses.

Vir diegene hier wat ‘Sherlock’ gemis het omdat hulle net nie televisie kyk nie, of dalk nie die stywe £183 (R2084) kon bekostig om die trein van Londen na Edinburgh toe te neem vir die kunstefees nie (dit is op stuk van sake meer as ‘n hele week se ‘inkomste’ vir Me. Beckham!) is daar darem die Perseids. Die verskyning van duisende meteore wat vir ‘n week of so die somerhemel in die noordelike halfrond opkikker, is elke jaar ‘n belewenis.

'n Sterretjie val oor Stonehenge gedurende die 2010 Perseids

Toe ek jonk was het ek vir ure op my rug in ons agtertuin in Stellenbosch gelê in die hoop om ‘n verskietende ster of twee te sien terwyl ek satelliete en die kleure in pulsarsterre getel het, en baie aande het ek maar koud en teleurgesteld gaan slaap. Nou, jaarliks in Augustusmaand, stap ek buitentoe met ‘n koppie tee en binne vyf minute het daar alreeds tientalle blink strepies voor my oë kom dans; party val so rustig, is so groot en so helder, dat dit voel of jy ‘n vinger kan uitsteek om hulle aan te raak. Ek noem my vriendin se seuntjie wat laasjaar gedurende die vroegoggend-spits van die meteoorstorm gebore is Perseus, maar ek weet nie of hy ooit die mitiese romanse van die naam sal waardeer nie.

Ek plaas hier onder twee uiteenlopende kosmologiese gedigte wat ek dink tog op ‘n tematiese vlak, oor herkoms, met mekaar praat. Die eerste is ‘n vers van Ruth Padel uit die nuutste ‘Poetry Review’ – haar groot-oupagrootjie was Charles Darwin en sy skryf graag oor die natuurwetenskappe; die tweede, ‘reconnaissance,’ is my eie. ‘n Bietjie poësie vir ‘n andersins droë Engelse Augustus.

*

Letter To A Portugese Cosmologist
Ruth Padel

The Universe has no doors and no edges. There is nothing stopping us from seeing what is going on in any direction except the cosmological horizon. – Pedro Ferreira, The State of the Universe

You talk of Godel, truths that can’t be proved,

the surface-of-last-scatter

origins of light. You pit tokens of dark matter,

shrinking us, against a mysterious safety

pushing everything further apart,

but don’t know how to answer where you’re from.

You look for things that do not shine,

mathematics of connectedness

in what the rest of us see as spotted lacquer.

 

Then add in Africa

where your grandfathers were born.

Shanty-towns, streetcorner Kwaito music,

glottal grammar

of too-quick-to-follow

Xhosa chat shows, acacia tines

on sulphurous horizons,

surnames you recognize from Portugal

on fading turquoise petrol-station signs.

 

We don’t know, you say, how the first stars

were born. If the universe wraps round itself

we should see tapestries of repeating lights,

distant copies of ourselves, our galaxy

and neighbours, as they were in the past.

I’m at the kitchen table, moon above my head

and night, pretending to be naked,

is flaunting her dark energy.

All that pushing apart!

 

We close our prayers, most inward when

most looking out, on open numbers, three, five,

seven, nine. We come home to ourselves

following a silver-paper-trail

among elliptic nebulae, light-paths

through strings of misalignment,

rough space that’s never empty.

Fire at the synagogue.

The hot dense core of stars.

 

*

reconnaissance

 

the milky way grows on a finger-tip.

i point to my breast, and the stars spin

hard against the nail, and hard against the heart.

 

i point to my tongue, and a current conquers

the bow of the lip; fracted comets ignite the teeth.

it guts my speech black – and fucks with my mouth.

 

brim over – a fostered bowlful of cosmic ash:

it is difficult to breathe; it is difficult to swallow.

 

i should blame the brevity of life for the morals

of this galaxy. i bename a core: i point to creativity.

 

[© marcelle olivier]

Dinsdag, 26 Mei 2009

Tuesday, May 26th, 2009
Ruth Padel

Ruth Padel

Agge nee, en daar word die Britte se maand van glorie toe ‘n maand van skande! Vroeër vandeesmaand het die ganse poësiewêreld hande geklap toe Carol Ann Duffy as eerste vrou poet laureate aangestel is (Nuuswekker, 1 Mei), en enkele weke later Ruth Padel as eerste vrou in die gesogte pos van Oxford Professor of poetry (Nuuswekker, 18 Mei). Hierdie is die mees invloedryke poste in die Britse poësie-hierargie. Maar gister moes Padel onder groot druk haar pos bedank aangesien dit nou blyk dat sy inderdaad wél betrokke was by die smeerveldtog teen Derek Walcott wat een van die vroeë gunstelinge was vir die betrokke pos. Hy het sy nominasie egter teruggetrek nadat inligting betreffende beweerde seksuele teistering van studente deur ‘n onbekende bron na die media gelek is. “I had absolutely no wish to see him (Walcott) humiliated, and I’m very, very sorry he pulled out,” het sy glo gesê nadat dit bekend geword het dat sy aan twee joernaliste die inligting aangaande die insidente, wat glo in 1984 en 1996 plaasgevind het, verskaf het. Volgens BBC News se berig het Padel haar betrokkendheid by die smeerveldtog probeer regverdig deur te sê dat sy gewoon relevante inligting aan twee verslaggewers verskaf het wat op hoogte wou bly van die verkiesingsveldtog en die betrokke kandidate. Sy het deurentyd in goeder trou opgetree, het sy glo beweer. (Lees ook The Guardian se minder entoesiastiese berig.) Uiteraard sal daar nou weer ‘n verkiesing gehou moet word ten einde die vakature te vul.

Nou ja, soveel dae, soveel dinge. Of wat praat ek alles?

‘n Lekker dag vir almal.

LE

Maandag, 18 Mei 2009

Monday, May 18th, 2009
Derek Wallcott

Derek Wallcott

Hierdie maand is inderdaad ‘n historiese maand vir die Britse letterkunde. Pas is Carol Ann Duffy as eerste vrou in die 341-jaaroue pos van poet laureate aangewys, of Ruth Padel volg haar voorbeeld deur die eerste vrou te word om aangestel te word in die 300-jaaroue pos van Oxford Professor of Poetry. In die proses het sy Arvind Krishna Mehrotra, ‘n relatief onbekende Indiese digter, met 297 stemme teen 129 geklop. Dr Sally Mapstone, voorsitter van die Oxford-kieskollege het haar soos volg oor die aangeleentheid uitgelaat: “It is tremendous that May 2009 has seen the election of the first woman professor of poetry at Oxford and the first woman poet laureate. Ruth Padel will be a dynamic and distinguished professor, and we are very pleased to welcome her.” (Lees hier vir meer inligting.)

Nietemin, ons korrespondent in Cambridge berig dat die aanloop tot Saterdag se verkiesing van die nuwe Oxford Professor of Poetry deur uiterste onaangenaamheid voorafgegaan is. Die 1992 Nobelpryswenner, Derek Walcott, het naamlik sy nominasie teruggetrek weens ‘n smeerveldtog teen hom; ‘n stap wat Ruth Padel as die gunsteling gelaat het. Die basis van dié veldtog was aanklagte van seksuele teistering wat in ‘n dokument vervat en na sowat 200 akademici versprei is. Die twee klaers na wie verwys word, was onderskeidelik in 1984 en 1996 studente van Walcott. Walcott het sy onttrekking soos volg in ‘n verklaring gemotiveer: “While I was happy to be put forward for the post, it has degenerated into a low and degrading attempt at character assassination. I do not want to be part of it.”

Die vraag wat egter steeds onbeantwoord bly, is: Wie was die aanhitser van hierdie smeerveldtog? Volgens ons korrespondent word die vingers gewys na ene John Walsh, wat die eerste persoon was om oor dié aantygings in sy The Independent-rubriek te begin skryf. Blykbaar is Walsh ‘n vorige minnaar van Ruth Padel.

Hemel, en ons het gedink dat óns verwoestende binnegevegte het in ons beskeie letterkundetjie?! Gaan lees gerus The Guardian se berig by hierdie skakel. En – lees sommer ook Joan Hambidge se bespreking van Padel se pragboek The poem and the journey wat hier op die webblad onder Artikels & Lesings geplaas is.

Mag die derde week van ons webblad se bestaan ‘n inspirerende week vir almal wees …

Mooi bly.

LE

Joan Hambidge. Ruth Padel

Wednesday, March 11th, 2009

 

Ruth Padel: The poem and the journey And sixty poems to read along the way

Chatto & Windus, Londen Random House 2007

Flapteks

 

Stel jou voor iemand skryf oor die funksie van die digkuns en analiseer gedigte sodat almal dit kan verstaan en geniet? Camille Paglia se reeks onderhoudende essays Break, Blow, Burn (2005) beleef ‘n Britse pendant, naamlik Ruth Padel se The poem and the journey, ‘n wonderbaarlike reis deur die digkuns. Paglia lees 43 van die beste gedigte, terwyl Padel vir ons agtergronde skets oor die funksie van die digkuns en hoe gedigte werk in ons gemoed. Hoewel mense dalk nie bundels koop nie, praat gedigte deur ons. Hoeveel jongmans het nie al bely dat Antjie Krog se gedigte hul deur die weermag gedra het nie!

Vriend Johann de Lange het The poem and the journey vir my geskenk en Padel analiseer gunstelingdigters soos James Fenton en Craig Raine se gedigte. Hierdie teks vra om ‘n saamlees met haar 52 ways of looking at a poem, wat die leser uiteraard weer herinner aan Wallace Stevens se “Thirteen ways of looking at a blackbird”.

Dit was Auden wat gemeen het “For poetry makes nothing happen” – en dit word dikwels aangehaal sonder die belangrike nagedagte: “it survives / in the valley of its making” (“In memory of W. B. Yeats”). Walter Benjamin het ondert andere insig beskryf as die bliksemstraal en die teks / gedig as die donderslag wat agterna kom.

Die onlangse Versindaba bewys dat die digkuns haar ondersteuners het.

Padel stel die digkuns en reis gelyk. Beide is ‘n beweging, wat sowel tyd as opoffering vereis. Beide laat jou nadink oor ander dinge terwyl jy aan’t beweeg is, skryf sy. Beide kan ontstig en jou laat verwonder. Daar mag selfs vervelige oomblikke wees, maar by nabaat kan jy na sodanige oomblik as belangrik of grensverskuiwend ervaar.

Goeie verse is nooit oor-eksplisiet nie, omdat die leser op ‘n soort ontdekkingsreis moet gaan. En gewildheid is nie noodwendig ‘n goeie teken nie!

‘n Gedig stel ‘n verlies voor; selfs al dig jy oor ‘n boom is dit nie meer daardie boom nie, maar hoe jy die boom onthou in jou gemoed of herinnering.

Elke leser se leeseraring van ‘n gedig is persoonlik, net soos ‘n reis uiteindelik nie vir reisigers dieselfde betekenis of relevansie het nie.

Padel betrek vorme en tegnieke, maar sy skryf oop en eenvoudig hieroor. In hierdie verband is haar lesing van Paula Meehan se gedig oor ‘n kind se begrafnis openbarend, sonder om ooit die digter se lewe te betrek. Sy verwys na die mitologisering wat in die gedig plaasvind en hoe die leser eerder hierop moet fous. By Elizabeth Bishop aksentueer sy haar gewildheid en waar relevant haar stormagtige lewe met drankverslawing en siektes.

Sy leer ons om die gedig as uitgangspunt te neem en dit te verken soos wat ‘n mens ‘n nuwe ruimte probeer verstaan. Daar is veel te sê vir behendige close reading (stiplees) en wat ‘n leser behoort te sien en geniet in ‘n gedig.

Ruth Padel is self ‘n gerekende skrywer en digter en Tigers in Red Weather behandel haar verkennngs deur Asië.

‘n Gedig kan nie ons genees nie; nie die lees of skryf daarvan nie. ‘n Gedig kan wel ons ervaring van verlies of vreugde karteer of ons anders na die lewe laat kyk.

En daar is niks op aarde waarvoor die digter die digkuns sal versaak nie, het Celan geskryf.

Moderne gedigte word teen klassieke verse geplaas in hierdie studie. Sy gebruik die Odusseia en ander bekende reistekste in die letterkunde om die lewe en digkuns te lees.

Want lees, skryf Tsvetajeva, is ‘n medepligtigheid in die kreatiewe proses.

Ons gereelde rubriek in BY waar lesers in leketaal oor gedigte van hul keuse skryf, is ‘n kopknik aan sowel Paglia as Padel.

En Ottone M. Riccio se The intimate art of writing poety (1978).

 

Joan Hambidge

 

[Die artikel het oorspronklik in Die Burger verskyn]