Posts Tagged ‘Sheila Cussons’
Tuesday, March 1st, 2011
In die laaste aflewering in hierdie reeks fokus ek op die twee laaste vensters van die Rooshoek-kerk, naamlik die Verlosser-venster (n.a.v. Sheila Cussons se “Die Verlosser”) en die Nuwe Hemel-venster (n.a.v. Izak de Villiers se liriek). Hierdie twee vensters vertoon bepaalde ooreenkomste met mekaar en werk ook op interessante wyse op mekaar in.

Die Verlosser
Die Verlosser - Sheila Cussons
Hiervoor het die óú wêreld gehunker
na Hom
want sonder Hom
was die hemel slegs ‘n briljante winter
skrynend van afwesige bloeisels
‘n ruimte waar ‘n Tuin was
brandend van engele
maar toe Hy te midde van hulle staan
glansend gevlees
juig skepsel skepsel toe: dié asem
en dié warmte en dié bloedklop
van ‘n Paradys wat sag sy wonde sluit:
O het niemand kon raai toe Hy
deur daardie tóé deur loop
hoedat hulle blóm hulle blóm hulle blóm
hoedat die hemel swaar is van die geur
van die vrugsoet somer wat sal kom.
 Gesang 177
Gesang 177
Ek sien ‘n nuwe hemel kom,
‘n aarde nuut en vry.
Die see en al wat skei verdwyn.
God self kom by ons bly.
Die nuwe stad Jerusalem,
daal uit die hemel neer:
skoon soos ‘n bruid in heerlikheid -
geliefde van die Heer.
Oorwinnaars sal ons alles erf
en drink uit die fontein
van lewenswater, heerlik, rein.
En God sal oor ons skyn.
(Izak de Villiers)
Hierdie is twee baie interessante vensters. Die Verlosser-venster is deur Sophie du Toit gemaak, terwyl die Nuwe Hemel-venster deur Rita Röscher gemaak is. Beide die vensters beeld die verheerlikte Jesus uit in die triomferende posisie . Die boonste twee-derdes van die twee vensters verskil min van mekaar, veral ook wat kleurgebruik en komposisie betref. Dit kan daarop dui dat die persoon wat die vensters ontwerp het (waarskynlik Rita) ‘n besondere verband tussen die gegewens van die verskillende tekste gesien het.
In die Verloosser-venster word die onderste deel van die kunswerk in beslag geneem deur mense wat in donker dog ryk kleure geklee is. Sodoende ontstaan ’n soort spanning tussen die aardse en die hemelse. Die wolke vorm in beide die vensters die skeiding tussen die boonste en die onderste deel van die vensters.
In teenstelling tot die eerste venster, word die onderste deel van die kunswerk in die tweede venster in beslag geneem deur ‘n tuin wat deur rose en ‘n plant met blare gerepresenteer word. Interessant is dat Gesang 177 glad nie melding maak van blomme en plante nie - die naaste verwysing is waarskynlik “skoon soos ‘n bruid”. Daarteenoor verwys die eerste strofe van ”Die Verlosser” direk na blomme: “… want sonder Hom / was die hemel slegs ‘n briljante winter / skrynend van afwesige bloeisels …” Ook in die laaste strofe staan: ” … hoedat hulle blóm hulle blóm hulle blóm / hoedat die hemel swaar is van die geur / van die vrugsoet somer wat sal kom.”
Hier is dus ‘n baie interessante geval van leen uit ander tekste (intertekstualiteit) te bespeur: die kunstenaar wat die vensters geskep het, dui die verband tussen die gegewe in die twee verskillende gedigtekste aan deur sowel ‘n herhaling van tematiese materiaal, as ‘n oordrag van betekenis deur gediggegewens met mekaar te vermeng. Hierdie tegniek is niks anders as hibridisering nie - ‘n tipiese postmodernistiese praktyk! Hoewel die kunswerke dus op die oog af na redelik tradisionele uitbeeldings mag lyk wat poog om die betekenis van bepaalde gedigte deur middel van ‘n ander medium oor te dra, het die Zeitgeist ook op hierdie kunswerkwe sy onontkombare stempel afgedruk!
Thursday, May 13th, 2010
Die digters wie se werk ek bewonder, ontgin albei die bonatuurlike deur middel van woord én beeld. By sowel Breyten Breytenbach (skilderdigter) as Sheila Cussons (digter en etser) vind ons in bundel na bundel ‘n behoefte om in die bo-tydruimtelike in te beweeg.
 Gestaltes 1947
In haar prosabundel, Gestaltes 1947 herroep Cussons ‘n herhaalde kinderdroom: “Dis ‘n brandende see en ek daarin, ‘n klein geparaliseerde liggaam ongeveer ses jaar oud… Ek is, erens in ‘n helder kol binne my paniek, bewus dat die enigste lig in my spartelende liggaam gekonsentreer is, want alleen die vlamme wat naaste aan my beweeg, is ‘n donker deursigtige rooi… Agter strek ‘n waterduisternis of ‘n duisternis van vuur – ‘n swart vuur met ‘n rooi hart en binne die hart my blink sparteling, terwyl ek herhaaldelik na my vader roep” (1982:5).
In 1974, ongeveer 45 jaar ná die vuurdroom, word “’n jarelange vermoede bevestig” toe ‘n gasoond in haar gesig ontplof. Twee jaar van hospitalisasie volg. Veloorplantings. Amputasies. En verse oor verminking en die herskepping van liggaam, siel, gees en aarde.
Ek was veertien jaar oud toe ek “Christ of the Burnt men” vir die eerste keer raakgelees het in haar bundel, Die swart kombuis (1978). Dié gedig gryp my sedertdien aan die hart. Die titel verwys na Thomas Merton: eens Cambridge student en agnostikus, later priester, Trapistemonnik, sosiale aktivis en digter. Cussons is sterk beïnvloed deur sy meditatiewe joernale en boeke oor die kontemplatiewe lewe. In The sign of Jonas skryf Merton: “I know well the burnt faces of the Prophets and Evangelists, transformed by the white-hot dangerous presence of inspiration… they are the burnt men.” (1961:220.)
“Christ of the Burnt Men”
(Thomas Merton)
Jy sal my ook al hoe meer wen, glimlaggende
skerts-oog blink-oog Christus wat my vervaarde jare
op jou afstand gadegeslaan het: jy het
jou hande nie tóé uitgesteek toe ek
jou sengende wonde aan my lyf ontvang het nie
maar fel jou kruis geteken oor my, in hand
en voet en romp en hoof, en deur die beswyming
onder druppende bloedplasma- en soutwatersakke
kom skyn voor my met net die trekking van ‘n glimlag
van uiterste pyn om die mondhoeke, jou oë
blink van ‘n verskriklike akkoord.
En ek begryp, jy het my geteken vir die avontuur
van jóú, ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was -
- O wat is die brand in brein en hart wat brandender brand
as die vlam aan die lyf en wat gaan gloei in klip en sand
onder my eenvoetig-springende begrip agter jou
ságsinnigheid aan?: Nee, iets heerlikers: as jy eindelik
omdraai met oë wit en stip en ver en skouers gemantel
met ‘n verwoede en stormende son: o my kosmiese Christus:
drie-en-dertig jaar verdoesel in die klein en donker vlees
wat jy in een nag oopgevlek het om jóú vir my te bevry
opdat ek jou raak sien, raak weet, raak het, en nog wag jy
dat ek moet sê, heeluit moet sê: gryp my hande dan,
amper sonder vingers vir jou: kundige timmerman.
 Sheila Cussons
Cussons put uit ‘n breë verwysingsveld: skilderkuns, musiek, mitologie, letterkunde en die natuur, maar religie vorm die vernaamste stramien van haar poësie. Regdeur haar oeuvre is daar gesprekke met gelowiges oor eeue en kulture heen. As metafisies-religieuse digter praat sy by monde van mistici soos Franciscus van Assisi, Jan van die Kruis en Teresa van Avila. Mistisisme is ‘n strewe na die innige vereniging van die siel met God; ‘n aanraking tussen mens en God. So is daar byvoorbeeld die aardsmistiek, reismistiek, ligmistiek en die hermetiese wetenskap van Alchemistiese transformasie. “Christ of the burnt men” is ‘n voorbeeld van die bruidsmistiek waar die God-mens-verhouding vergelyk word met ‘n verhouding tussen bruid en bruidegom.
Daar is diep medemenslikheid in die beskrywing van die “skerts-oog blinkoog Christus” wat in ‘n visioen aan haar verskyn “met net die trekking van ‘n glimlag/ van uiterse pyn om die mondhoeke.” Op ‘n paradoksale wyse is Hy intiem betrokke en tog hou Hy haar vir jare op ‘n afstand dop. Waarom die skynbare afwesigheid? Die sleutel is in fragmente versprei oor die gedig: Hy wou haar oorlaat aan haar vrye wil, aan die avontuur om self te kies of sy agter Sy “ságsinnigheid” aan wil kom en “heeluit sê: gryp my hande.”
Vroeër het Hy homself “verdoesel”, maar nou verskyn Hy as ‘n “verwoede, stormende son” - ‘n alomteenwoordige, “kosmiese Christus.” Die verwysings na lig (“sengende”, “blink” , “brand”, “brandender”, “gloei”, “wit” en “son”) dui op wat Cussons elders die “omtoorvuur” noem: simbole van loutering en heiligmaking. Voorts herinner dit aan die vuurtonge van die Heilige Gees ná hemelvaart en aan die offerlewe van die feniks. In ikonografie is die feniks die samebinder van vuur en lug - ‘n vroeë-Christelike simbool van opstanding uit die dood.
Cussons sien haar eie lyding in die vyf kruisigingswonde van Christus: “in hand/ en voet en romp en hoof”. Dis asof die naby-dood-ervaring haar forseer om buite die bewustheidsdimensie te beweeg: eers met ‘n skyndood of introspektiewe afdaling, dan in die opstyging na God. Ná die opstanding uit die onderwêreld of vaevuur, bereik sy ex nihilo – ‘n plek anderkant die dood. Die inisiant word dus ‘n soort bonatuurlike wese – ‘n konsep wat sterk inspeel op onsterflikheid of die ewige lewe.
Digters wat die gees verken, maak graag gebruik van ‘n intuïtiewe skeppingsproses; ‘n misterieuse oriëntasie wat alte maklik in oorvereenvoudiging of newelagtige clichés verval. By Cussson word mistieke ekstase egter in beheersde, weldeurdagte taal weergegee. Elke woord is versigtig in die hand geweeg en trefseker geplant.
“Christ of the burnt men” is aanbiddingspoësie: ‘n beweging van God na mens en mens na God. Vir die digter word God ‘n waaragtige teenwoordigheid - iemand wat sy “raaksien, raak weet, raak het.” Sy, wat “altyd waaghalsig was”, bevind haar midde in ‘n spirituele én skeppende avontuur.
Hierdie essay het oorspronklik in Rapport Boeke van 1 Nov 2009 verskyn.
Wednesday, April 14th, 2010
 Borges: A Life
Ek het Jorge Luis Borges as ‘n kortverhaalskrywer ontdek, en dit nogal in Afrikaans! Ek verwys natuurlik na Sheila Cussons se vertaling, Die vorm van die swaard en ander verhale, wat in 1981 by Tafelberg verskyn het. Seker ook al vir jare uit druk. Ek het dit op skool by die dorpsbiblioteek uitgeneem, en later my eie kopie tweedehands in Langstraat aangeskaf — daar was ‘n wonderlike boekwinkel waar die Longstreet Cafe vandag is: ek het stapels Afrikaanse boeke op uitverkoping daar aangeskaf toe hulle vroeg in die 1990s hulle deure gesluit het.
Cussons se vertalings van ‘n handvol Borges-verhale is regtig uitstekend, net jammer daar was so min van hulle! Wat sou ek nie gee om tien of twintig meer van daardie meester se betowerende prosatekste in Cussons se digterlike Afrikaans te kon lees nie… Sommige van die meer onlangse vertalings van Borges se tekste in Engels is juis by tye ‘n bietjie tam. Die skynbare ’saaklikheid’ van Borges se styl is nie ‘n verskoning vir slap, generiese prosa in die vertaling nie. Hulle is digte tekste, en verlang ‘n soort talige gedrongenheid. Cussons, as digter, het dit uitstekend reggekry.
Borges was natuurlik self ook ‘n produktiewe digter. Trouens, hy het homself eerstens as digter, en dan eers as kortverhaalskrywer gesien. Tans lees ek Edwin Williamson se biografie, Borges: A life (Viking, 2004). Dit is ‘n meeslepende oorsig oor hierdie hierdie briljante skrywer en komplekse individu se loopbaan en lewe. En meer: dit bied ‘n blik op daardie glinsterende maar dikwels gefolterde stad, Buenos Aires, in die twintigste eeu.
Enkele jare gelede het ek die geleentheid gehad om, op pad na ‘n kongres in Kuba, vir twee dae in Buenos Aires rond te dwaal. Nie genoeg tyd nie; dit is ‘n stad om na terug te keer. Natuurlik wou ek ook, soos alle toeriste, La Bocca en die tango sien; maar dit is eintlik Borges se spoor wat ek wou volg. ‘n Volgende keer skryf ek iets daaroor. Vandag volstaan ek met ‘n gedig van Borges (’Limits’) in Engelse vertaling. Dit herinner my aan boeke wat uit druk is, boekwinkels wat nie meer bestaan nie, en stede wat ‘n mens dalk nooit weer sal besoek nie…
Limits - Jorge Luis Borges
Of all the streets that blur in to the sunset,
There must be one (which, I am not sure)
That I by now have walked for the last time
Without guessing it, the pawn of that Someone
Who fixes in advance omnipotent laws,
Sets up a secret and unwavering scale
for all the shadows, dreams, and forms
Woven into the texture of this life.
If there is a limit to all things and a measure
And a last time and nothing more and forgetfulness,
Who will tell us to whom in this house
We without knowing it have said farewell?
Through the dawning window night withdraws
And among the stacked books which throw
Irregular shadows on the dim table,
There must be one which I will never read.
There is in the South more than one worn gate,
With its cement urns and planted cactus,
Which is already forbidden to my entry,
Inaccessible, as in a lithograph.
There is a door you have closed forever
And some mirror is expecting you in vain;
To you the crossroads seem wide open,
Yet watching you, four-faced, is a Janus.
There is among all your memories one
Which has now been lost beyond recall.
You will not be seen going down to that fountain
Neither by white sun nor by yellow moon.
You will never recapture what the Persian
Said in his language woven with birds and roses,
When, in the sunset, before the light disperses,
You wish to give words to unforgettable things.
And the steadily flowing Rhone and the lake,
All that vast yesterday over which today I bend?
They will be as lost as Carthage,
Scourged by the Romans with fire and salt.
At dawn I seem to hear the turbulent
Murmur of crowds milling and fading away;
They are all I have been loved by, forgotten by;
Space, time, and Borges now are leaving me.
Tuesday, April 6th, 2010
My puriteinse siel is in beginsel gekant teen iets wat baie geraas maak, baie geld kos, gevaarlik is en ook dikwels onprakties. Sien my dus nie as ’n groot aanhanger van motorfietse nie. Tog word ek geleidelik gewen vir ’n rit af en toe, solank dit iewers heen is en nie net om draaie te gooi nie. Toe die wolke Saterdagoggend dus ’n bietjie ooptrek, toe vat ons die tweewielpad Vrystaat toe. Dis die middel van Paasnaweek en die paaie is stil. Ek kan maar terugsit en vir die wolke kyk. Parys hier kom ons.
Daar’s ’n liedjie, weet nie wie dit sing nie, The ballad of Lucy Jordan:
… At the age of thirty seven
she realised she’d never ride
in a sports car through Paris
with the warm wind in her hair …
Wel, daar ry ek toe, op die ouderdom van sewe en dertig, deur die strate van Parys.
Ons eintlike bestemming was Vredefort – die meteoriet, die koepel, die klippe. Wat kan ek sê? Ons was in Vredefort. Ons het gedink ons sien die middelpunt van die koepel en die berge daaromheen. Want Vredefort het skynbaar vrede met toeriste. Daar was ’n klein bruin bordjie met ’n i vir informasie…
Om terug te kom na die motorfietse. Dis nou nie iets wat my digterlike wiele laat draai nie, maar twee Afrikaanse digters kry dit goed reg. Hier is Sheila Cussons (uit Die swart kombuis (1978)):
Die motorfiets
Verlepte geel laphoede van pampoene
loer nuuskierig paprand
tussen bebaarde dissels deur
waar honde-pie en kakiebos meteens
orenter staan van voorgevoel:
’n afbeensprinkaan hink die dorpspad
agterna, wat rinkhalsnekgerek
doer in die verte iets bespeur –
en als is stilte, hitte, langoor-husse bang gespits…
en dan, o heerlikheid, dan spat
die lug in bloubordskerwe uitmekaar
en honde-pie, pampoene, dissels gryp
vervaard laphoede, pluime en bosgasies vas
want links, regs, knal – o oordeelsdag –
’n flou-van-word verruklikheid –
dan poep-poep-poep die Ding
al dowwer weg en daal die rus
maar weer half valerig neer soos as.
En meer onlangs, Gilbert Gibson (uit oogensiklopedie (2009)):
hoe ’n motorfiets snags verby
ek luister in die donker hoe ’n
motorfiets op die N1 verby, die nag
om die geluid gehul soos olie om ’n rat.
en ’n pols oor die versneller gebuig, die hand
gesper, die wiele deur hul eie skaduwee gejaag, ’n
veraf lyn uit die horison teen aankomende verkeer geëts,
die roete van hier tot in die uiterste ewigheid en die wind kom
om die lyf soos ’n regverdige regter, in die koue van die ooppad
geknus. die motorfiets raak dan stil. en jaag verder uit die voortslaap
weg, die stippelstreep in die middel van die pad gedwaal tot niks. die rooi
van die remlig swem in donker lugspieëlings, in vals fokus van die onsiende
oog. ek luister in die donker. ek luister die donker. ek luister weer deur donker.
Wednesday, October 7th, 2009
 Die program
Dit is met bruisende (en dankbare) vreugde wat ons vanoggend die program vir vanjaar se Versindaba kan bekend maak. Dié fees, wat op 27 en 28 November by die Oude Libertas Amfiteater by Stellenbosch gaan plaasvind, volg weer die beproefde formaat van 4 sessies van drie ure elk. Die twee aandsessies fokus oudergewoonte op poësie saam met aanvullende musiekitems, terwyl die twee dagsessies, wat in die Oude Libertas Auditorium sal plaasvind, weer met op paneelbesprekings, lesings en onderhoude konsentreer.
Vanjaar is daar nie minder nie as 17 digters betrokke by die fees; almal digters van wie daar onlangs nuwe bundels verskyn het, of wie se bundels binnekort op die rakke sal wees nie. Die digters ter sprake (in alfabetiese volgorde) is: Pirow Bekker, Breyten Breytenbach, Johann de Lange, Gilbert Gibson, Joan Hambidge, Daniel Hugo, Antjie Krog, Danie Marais, Loftus Marais, Lucie Möller, Charl-Pierre Naudé, Johannes Prins, Carina Stander, Piet van Rooyen, Jasper van Zyl, Cas Vos en Jelleke Wierenga. Ongelukkig sal Breyten Breytenbach en Gilbert Gibson nie persoonlik teenwoordig kan wees nie; hulle verse sal onderskeidelik deur Stian Bam en Petrus du Preez voorgedra word.
Waar die Versindaba verlede jaar op die poësie as liriek gefokus het, verskuif die fokus vanjaar na die naasbestaan van poësie en die visuele kunste. Ter ondersteuning hiervan sal daar gelyklopend tot die fees ‘n kunsuitstalling in die Oude Libertas Auditorium te sien wees met kunswerke deur digters wat ook skilder. Digters wie se werke uitgestal gaan word, is: Andries Bezuidenhout, Breyten Breytenbach, Christine Barkhuizen le Roux, Sheila Cussons, Heilna du Plooy, Marlise Joubert, Charl-Pierre Naudé, Rosa Smit, Carina Stander en Ilse van Staden. Die kurator vir dié uitstalling is Johan Myburg. Hierdie besonderse uitstalling open amptelik op Vrydag, 27 November, om 17:00.
Items wat die wisselwerking tussen poësie en die visuele kunste verder belig, is die paneelbespreking Met woord & kwas, waaraan Johan Myburg, Carina Stander en Charl-Pierre Naudé onder voorsitterskap van Ampie Coetzee deelneem, asook Philip de Vos en Tertia Visser-Downie se uitvoering van Modest Moessorgski se Prente by ‘n uitstalling, en die spesiale voordragprogram Geskilderde woorde deur die bekende woordkunstenaars Nic de Jager en Antoinette Kellerman.
‘n Besonderse hoogtepunt tydens die fees gaan Antjie Krog se deelname wees. Saam met haar aanbieding is daar twee musiek-uitvoerings van toonsettings van haar gedigte deur Niel van der Watt, naamlik Die Lady Anne Liedboek, met Renette Bouwer as solis en Elna van der Merwe as begeleier, en die uitvoering van sewe koorstukke deur die Scola Cantorum Kamerkoor onder leiding van Rudolf de Beer. Nog musiekitems wat die aandag gaan trek, is beslis David Kramer se optrede waarmee die Versindaba afskop, asook Laurinda Hofmeyr se toonsettings van gedigte deur Breyten Breytenbach se gedigte waarmee die fees weer afsluit. Tussendeur is daar ook nog Luna Paige se uitvoering van Sappho-gedigte wat deur haar getoonset is.
Inderdaad ‘n fees om oor opgewonde te raak. Altans, so hoop ons. Volg gerus die skakel op die tuisblad vir die volledige program en begin solank planne maak om teenwoordig te wees … Dit gaan immers ‘n grote wees, dié ene. En moenie vergeet om hier te gaan kyk wie almal hierdie besonderse geleentheid met hul finansiële ondersteuning moontlik maak nie. Dankie, dankie, dankie.
***
En die MAN Booker-prys? Nou ja, sy was die beroepswenners se gunsteling, sy was die lesers se gunsteling en gisteraand was sy ook die vyf beoordelaars se gunsteling: Hilary Mantel met haar lywige Tudor-sage, Wolf Hall. “Our decision was based on the sheer bigness of the book, the boldness of its narrative and scene-setting, the gleam that there is in its detail,” het Jim Naughtie, sameroeper van die paneel beoordelaars gisteraand tydens die prysoorhandiging gesê. En Hilary Mantel se reaksie? ”If winning the Booker Prize was like being in a train crash, at this moment I am happily flying through the air.” Die prysgeld beloop £50,000, gepaardgaande natuurlik met ‘n massiewe sprong in boekverkope wêreldwyd. Lees The Guardian se volledige berig hier.
Ten slotte vestig ek graag jou aandag op Desmond Painter se nuwe blog-inskrywing wat ‘n verdere reaksie is op die kwessie van poësie vs politiek; die gedig van WH Auden wat Desmond ter illustrasie aanhaal, is eweneens ‘n móét lees.
Geniet dit en hê ‘n jubilante dag hier in die middel van die week.
Mooi bly.
LE
Tags: Andries Bezuidenhout, Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Carina Stander, Cas Vos., Charl-Pierre Naudé, Christine Barkhuizen le Roux, Danie Marais, Daniel Hugo, David Kramer, Gilbert Gibson, Heilna du Plooy, Hilary Mantel, Ilse van Staden, Jasper van Zyl, Jelleke Wierenga, Joan Hambidge, Johan Myburg, Johannes Prins, Laurinda Hofmeyr, Loftus Marais, Lucie Möller, Luna Paige, marlise joubert, Piet van Rooyen, Pirow Bekker, Program, Rosa Smit, Sheila Cussons, Versindaba 2009 Posted in Nuuswekker | Lewer kommentaar »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Monday, August 24th, 2009
’n Klein seleksie uit my gunsteling verse oor slakke.
 W.H. Auden & Marianne Moore
To A Snail
Marianne Moore
If “compression is the first grace of style”,
you have it. Contractility is a virtue
as modesty is a virtue.
It is not the acquisition of any one thing
that is able to adorn,
or the incidental quality that occurs
as a concomitant of something well said,
that we value in style,
but the principle that is hid:
in the absence of feet, “a method of conclusions”;
“a knowledge of principles”,
in the curious phenomenon of your occipital horn.
(Uit: Observations, 1924)
∞∞∞
 Thom Gunn
Considering the Snail
Thom Gunn
The snail pushes through a green
night, for the grass is heavy
with water and meets over
the bright path he makes, where rain
has darkened the earth’s dark. He
moves in a wood of desire,
pale antlers barely stirring
as he hunts. I cannot tell
what power is at work, drenched there
with purpose, knowing nothing.
What is a snail’s fury? All
I think is that if later
I parted the blades above
the tunnel and saw the thin
trail of broken white across
litter, I would never have
imagined the slow passion
to that deliberate progress.
(Uit: My Sad Captains and Other Poems, 1961)
∞∞∞
 Leslie Monsour
The Snail in the Marigold
Leslie Monsour
I watched, when planting marigolds,
Their colors all afire,
A gorged snail suck amid the folds,
Unfurling with desire -
Its slick and gleaming trail of pleasure
Oozing out behind;
Its rapturous head in worldly leisure,
Oblivious, petal-blind.
The broken bud looked jubilant,
Enravished, vibrant, real,
Infusing animal and plant
With sybaritic zeal.
This seeming drive to be consumed
As wood lit in a stove,
Must be the lavishest, most doomed,
And pure of earthly love.
Come, celebrate the appetite
No science can control,
The wild, ingenious, slippery blight
That incarnates the soul.
∞∞∞
 Vachel Lindsay
The Haughty Snail-King
Vachel Lindsay
Twelve snails went walking after night.
They’d creep an inch or so,
Then stop and bug their eyes
And blow.
Some folks… are… deadly… slow.
Twelve snails went walking yestereve,
Led by their fat old king.
They were so dull their princeling had
No sceptre, robe or ring -
Only a paper cap to wear
When nightly journeying.
This king-snail said: “I feel a thought
Within… It blossoms soon…
O little courtiers of mine, …
I crave a pretty boon…
Oh, yes… (High thoughts with effort come
And well-bred snails are ALMOST dumb.)
“wish I had a yellow crown
As glistering… as… the moon.”
(Uit: Congo and Other Poems, 1919)
∞∞∞
 Elizabeth Bishop
Giant Snail
Elizabeth Bishop
The rain has stopped. The waterfall will roar like that all
night. I have come out to take a walk and feed. My body - foot,
that is - is wet and cold and covered with sharp gravel. It is
white, the size of a dinner plate. I have set myself a goal, a
certain rock, but it may well be dawn before I get there.
Although I move ghostlike and my floating edges barely graze
the ground, I am heavy, heavy, heavy. My white muscles are
already tired. I give the impression of mysterious ease, but it is
only with the greatest effort of my will that I can rise above the
smallest stones and sticks. And I must not let myself be dis-
tracted by those rough spears of grass. Don’t touch them. Draw
back. Withdrawal is always best.
The rain has stopped. The waterfall makes such a noise! (And
what if I fall over it?) The mountains of black rock give off such
clouds of steam! Shiny streamers are hanging down their sides.
When this occurs, we have a saying that the Snail Gods have
come down in haste. I could never descend such steep escarp-
ments, much less dream of climbing them.
That toad was too big, too, like me. His eyes beseeched my
love. Our proportions horrify our neighbors.
Rest a minute; relax. Flattened to the ground, my body is like
a pallid, decomposing leaf. What’s that tapping on my shell?
Nothing. Let’s go on.
My sides move in rhythmic waves, just off the ground, from
front to back, the wake of a ship, wax-white water, or a slowly
melting floe. I am cold, cold, cold as ice. My blind, white bull’s
head was a Cretan scare-head; degenerate, my four horns that
can’t attack. The sides of my mouth are now my hands. They
press the earth and suck it hard. Ah, but I know my shell is
beautiful, and high, and glazed, and shining. I know it well,
although I have not seen it. Its curled white lip is of the finest
enamel. Inside, it is as smooth as silk, and I, I fill it to perfection.
My wide wake shines, now it is growing dark. I leave a lovely
opalescent ribbon: I know this.
But O! I am too big. I feel it. Pity me.
If and when I reach the rock, I shall go into a certain crack
there for the night. The waterfall below will vibrate through
my shell and body all night long. In that steady pulsing I can
rest. All night I shall be like a sleeping ear.
∞∞∞
 Sheila Cussons
Slak
Sheila Cussons
Die mens is ‘n delikate fabel
wat hy vir homself vertel
wanneer hy hom onder die afsydige sterre
weerloos opkrul
in die stomme skulpie van sy skedel
en weet nie dat die Gloed
waarvoor die weke plasma van sy oog
moet wyk
tranend knipper
vir die blindende oordeel van sy feit.
(Uit: Die swart kombuis, 1978)
Monday, June 1st, 2009
Ek skrik nie sommer vir griep nie. Varkgriep, voëlgriep, renostergriep – bring maar die goggas, ek is gewapen met my warmwatersak en my groggie. Suurlemoensap, heuning, gemmer en brandewyn en jy’t hom uitgesweet teen dagbreek. Vir die dinge van die lyf is daar meestal raad. Dis wanneer die kopgriep my tref, dat my ore begin hang en my stert nie meer waai nie.
Ek noem dit maar kreatiewe griep. Daardie griepgevoel in jou lyf van moenie-my-aanraak-nie en maak-my-liewer-dood? Wag tot dit in jou kop gaan sit! En nie daardie kop wat hoofpyne en snotneus kry nie, jou ander kop, jou innerlike kop wat hier by jou hart rond sit of op die krop van jou maag. Dis soos kouekoors in jou siel en jy ril vir alles, gaaf of guur. En jy kan nie skryf nie. Daar’s nie twee woorde wat reg wil lê langs mekaar nie, al skud jy die woordeboek soos ’n kaleidoskoop. Dis nie gewone skrywersblok nie, dié ken jy ook. Dis ’n mislikheid wat deur jou lyf kruip en alles laat vassteek in jou keel, dat dit nie kan in of uit nie. Moenie-my-aanraak-nie. Maak-my-liewer-dood.
Tot dusver het ek nog nie raad daarvoor nie. Mooi goed help soms – blomme, musiek, skilderye. Soos my ma sou sê: dis soos verlief word na vyftig, jy moet net uithou tot dit oor is. Al neem dit dae, weke. Wyse woorde. Want as dit oor is, boetie! Dan kraam jy ’n gedig uit sommer so voor jou tweede koppie oggendtee. En as jy gelukkig is, dalk môre nog een.
My gevolgtrekking? Kreatiewe griep is soos ’n digter se oggendsiekte. En party verse dra ligter en glip net makliker uit as ander. Sê Sheila Cussons:
Vers
Hoe glad glip die vers
uit die moer!
En dan hoe sorgsaam word gelek:
om elke vou van vliese te bevry:
om die jong bloed te laat jaag:
om haar aan die huppel te kry!
(Uit: Die knetterende woord, 1990)
|
|