Posts Tagged ‘Ted Hughes’

Louis Jansen van Vuuren. Kantlynkernkyk

Sunday, April 10th, 2011
Selfportret in die Apriltuin
Selfportret in die Apriltuin

                           

( met verlof en dank aan Breyten Breytenbach)

 

Paginering van ‘n Aprilpsalter

April is ‘n boek met dertig jubbelbloublaaie. Elkeen is genommer en getitel vir die spesiale dag se gang. Op die eerste blad is ‘n vreugdelied opgeteken wat in golwende verse hulde bring aan die natuur se oopmaakeskepades.

April is ook ‘n maand van dinge doen. Uitgooi, oopgooi, opbind en oplei.  Plant en saai en van feesvier. Aan die gewyde kant is daar Paasfees met ‘n hoofletter  geskryf. Lekker ou tradisies en heerlike familie-etes. Lentelam, wilde aspersies en eiergeregte. Sedert die 12de eeu word alle kerkklokke stil gemaak op Goeie Vrydagoggend…les cloches volent en  gaan weer op Paas-Sondag  aan’t luie…les cloches de Pâques . Hierdie beierende klokkespel is veronderstel om ‘n magdom heerlikhede vir die kinders oop te lui, soos sjokelade-eiers, soetkoekies en versuikerde vrugtelekkers….  Daar is ook guitige feeste soos die Grande Eaux Musical de Versailles wat ‘n skouspelagtige fonteinfees is waar als wat kan spuit en babbel wyd oopgedraai  word. April is ook die verjaardagmaand van Boeddha en van Vryheidsdag in Suid Afrika.      

                                                      

Aprilis is die Romeinse vierde maand en groei etimologies van die Latynse woord  aperire  wat om oop te maak, beteken. Seker verwysend na die magdom blare en blomme wat nou deur die lenteson ‘oop’ gemaak word. Dit laat my ook dink aan die oopmaak of oopslaan van enige klapper met  ‘n blaai of pagina. Wees dit ‘n versbundel, ‘n sakboek, ‘n leenboek, ‘n ruilboek, ‘n kladboek, ‘n dagboek, ‘n handboek, ‘n memorieboek, ‘n notaboek, ‘n sketsboek, ‘n reisjoernaal of ‘n notaboek. Of sommer net ‘n boek. Daar’s altyd iets Aprils aan ‘n boek vir my. Dis nie net die oopmaak daarvan en die rondblaai in die boek nie, maar dis ook die wyse waarop ‘n boek dit regkry om dinge in jou oop te maak.

Dis offisieel lentemaand In Frankryk en als word met geesdrif aangepak. Hope vol gees en baie vol drif. Energieke jaagtogte deur doekse eekhoringpaartjies weerspieël die ander sy van drif. Op en af hol hulle teen  mosbegroeide boomstamme. Ogies onnatuurlik blink. Als wat tjilp, kloek en koer, krys en kwaak, doen dit met  rekbekoorgawe. In die groentetuin is die oopmaakproses (wat later die inmaakproses word) ook ‘n vrolike gebeurtenis. Mooi om byvoorbeeld te sien hoedat die rubarbersteeltjies  hulself ligroos uit ‘n donkergroen krul oopvou. Die  kleurskakerings van die stele lyk presies soos hulle proe… Sag en soet en suur tegelyk.

Ek wou sonder hullaballoo ‘n rubarbertert-resep tussen die skryfsels inglip maar het myself betyds bedink.

Die brokante is in April reeds in volle swang en winskopiejag word ‘n groot tydverdryf oor naweke in die platteland. Elke dorp kry een Sondag per jaar die geleentheid om so ‘n feesdag aan te bied. Antieke handelaars kom van heinde en verre met hulle ware en dan kry die dorpenaars ook ‘n beurt vir spring cleaning… ‘n vide grenier of solderskoonmaakdag. Daar loop alewig gerugte rond dat iemand pas ‘n rol Picassotekeninge of ‘n raar Lalique-vaas vir ‘n appel en ‘n ui opgetel het. Dit sorg ook vir gees en drif.

Verlede week het ek op ‘n buurdorpie ‘n houtkissie met drie  swart notaboekies daarin gekoop.  Ek was eintlik net agter die kissie aan maar  by aanskoue van die boekies het iets in my  oopgegaan. Soos ‘n  venstertjie wat op ‘n lewe inkyk. Kantlynkyk.  ‘n  Oomblik, gelaai met ‘n terugblik in die lewe van ‘n kleindorpse  meisie. In die binneblad van elke boekie is haar naam netjies in sierletters opgeskryf. Inéz Clairefontaine.1972. En die dorpie se naam, Saint- Severe. Daaronder en onderlyn staan geskrywe:

Publius Ovid Naso

Amores

Dié boekie was vir  haar skoolwerk gebruik.  Lang Latynse vertalings in haar netjiese handskrif. Plek-plek in rooi  deur ‘n onderwyser  reggemaak. Wat my opgeval het is ‘n  byskriffie in groen ink. ‘n Ander handskrif. Iemand anders, of miskien geskryf met ‘n sterker emosie daaragter.  Iets so diep dat dit jou kan transformeer. Laat beef en brand.  Meer drif en baie gees. Wie weet?  Sappig groen is die ink soos dié van ‘n blaar wat wil oop krul van genot…Me miserum! Certas habuit puer ille sagittas. Uror et in vacuo pectore regnat Amor.

Vrylik en lossies uit die Franse vertaal : “Ek is Misrabel! Die jong man se pyle tref sekuur. Ek brand van die liefde wat seëvier in my eens leë bors.”

Wandskilderye, getitled Amores

Wandskilderye, getitled Amores

Die liefdessug uit ‘n veraf gister het soos ‘n donker voël op my skouer kom sit…  die verganklikheid van dae en dinge ….  ‘n plat gedrukte sakdoekie wat uit die boekie val het my nog ‘n entjie verder laat kantel. Ek dog ek  kan nog ‘n sweempie Shalimar daarop ruik. Verbeel ek my? Vol lentegeure en die belofte van metamorfoseer? 

Hier volg ‘n paar reëls uit Meneer Ted  Hughes(1930-1998) se verwerking  van  Ovidius se Metamorfose.

Now I am ready to tell how bodies are changed
Into different bodies.

I summon the supernatural beings
Who first contrived
The transmogrifications
In the stuff of life.
You did it for your own amusement.
Descend again, be pleased to reanimate
This revival of those marvels.
Reveal, now, exactly
How they were performed
From the beginning
Up to this moment 

Tales from Ovid

(24 Passages from the Metamorphoses. Ted Hughes:

Farrar, Straus and Giroux 1999)

 

Die Morgan Library and Museum in New York bied tans ‘n opwindende tentoonstelling van notaboekies en joernale aan: Diary: Three centuries of  Private Lives. Dis ‘n keur uit die Morganbiblioteek se verstommende versameling. Daar is notaboekies van Charlotte Bronte (1816-1855), John Newton(1725-1807), Tennessee Williams (1911-1983),  John Steinbeck(1902-1968), Albert Einstein (1879-1955), Bob Dylan (1941-) en ook ‘n dagboek van Napoleon (1796-1821).

Mark Twain -1835-1910, notaboek

Mark Twain (1835 - 1910). Notaboek

 

Ernst Hemmingway (1899-1961). Notaboek

Ernst Hemmingway (1899-1961). Notaboek

 

Hector  Louis Berlioz (1803-1869) was ‘n seun van elf jaar toe Napoleon op ‘n triomftog deur sy geboortedorpie beweeg het. Hy het die skouspel in sy sakboekie aangeteken en die inskrywing het hom later geinspireer om die tafereel in musiek om te sit. Le Nuits d’eté, (H.81,op 7.) is ‘n reeks gedigte wat  hy getoonset het en waarvan die eerste van die reeks lieder Villanelle genoem word. Die lied is op die oorspronklike model van ‘n villanelle geskoei: ‘n landelike danslied met geen vaste vorm nie. Die boerelieder is uit volle bors deur Renaissance troebadoers gesing.  Luister gerus na Régine Crespin wat die siklus sing.( en op YouTube na Ann Sophie van Otter - Villanelle ) 

Ook gedurende die Renaisance-periode het die digter Jean Passerat (1534-1602) die villanelle as ‘n vaste versvorm daargestel met sy gedig ‘Jai perdu me tortorelle’ ( Ek het my tortelduif verloor).

J’ai perdu ma tourterelle; Est-ce point celle que j’oy?

Je veux aller après elle.

 

Tu regrettes ta femelle,

Hélas! aussi fais-je moy.

J’ai perdu ma tourterelle.

 

Si ton amour est fidelle,

Aussi est ferme ma foy;

Je veux aller après elle.

 

Ta plainte se renouvelle,

Toujours plaindre je me doy;

J’ai perdu ma tourterelle.

 

En ne voyant plus la belle,

Plus rien de beau je ne voy;

Je veux aller après elle.

 

Mort, que tant de fois j’appelle,

Prends ce qui se donne à toy!

J’ai perdu ma tourterelle;

Je veux aller après

 

Die ou Franse digvorm  het in die 19de en 20ste eeu ‘n oplewing beleef en baie digters het die vaste vorm as uitdaging gesien en pragtige voorbeelde van die villanelle het tot stand gekom. Daar bestaan vele aanpassings en verbouings van die digvorm maar gewoonlik werk dit as volg: Dit is ‘n 19-reël gedig met twee herhalende ryme en twee refreine. Die vorm is saamgestel uit 5 tersette of driereëlige stansas wat gevolg word deur ‘n slotkwatryn. Die eerste en derde reël van die eerste stansa word alternatiewelik herhaal in die laaste reëls van die opvolgende stansas; dan in die laaste stansa word die refrein as die gedig se laaste twee slotsinne gebruik. Hoofletters dui op die refreine en kleinletters op die ryme: A1bA2/abA1/abA2/abA1/abA2/abA1A2

‘n Skitterende voorbeeld is die villanelle van Dylan Thomas (1914-1953)

Do not go gentle into that good night

Do not go gentle into that good night,
Old age should burn and rage at close of day;
Rage, rage against the dying of the light.

Though wise men at their end know dark is right,
Because their words had forked no lightning they
Do not go gentle into that good night.

Good men, the last wave by, crying how bright
Their frail deeds might have danced in a green bay,
Rage, rage against the dying of the light.

Wild men who caught and sang the sun in flight,
And learn, too late, they grieved it on its way,
Do not go gentle into that good night.

Grave men, near death, who see with blinding sight
Blind eyes could blaze like meteors and be gay,
Rage, rage against the dying of the light.

And you, my father, there on the sad height,
Curse, bless me now with your fierce tears, I pray.
Do not go gentle into that good night.
Rage, rage against the dying of the light.

Fragment uit Thomas se notaboek

Fragment uit Thomas se notaboek

En …

 

Denouement

Sylvia Plath (1932-1963)

The telegram says you have gone away
And left our bankrupt circus on its town;
There is nothing more for me to say.

The maestro gives the singing birds their pay
And they buy tickets for the tropic zone;
The telegram says you have gone away.

The clever wolly dogs have had their day
They shoot the dice for one remaining bone;
There is nothing more for me to say.

The lion and the tigers turn to clay
And Jumbo sadly trumpets into stone;
The telegram says you have gone away.

The morbid cobra’s wits have run astray;
He rents his poisons out by telegram;
There is nothing more for me to say.

The colored tents all topple in the bay;
The magic sawdust writes: address unknown.
The telegram says you have gone away;
There is nothing more for me to say.

Sylvia Plath - notas vir Ariel

Sylvia Plath - notas vir Ariel

 

My brokkie brood op die water vir Miss Plath:

 

Stillewe

vir Sylvia Plath

 

Lelik lag sy lelies,

luidrugtige oopmondkoor

vol stuifmeel en stampers,

staangemaak in ‘n obsene fles.

Stingels en stele kriewel en skif.

 

Hier gelos as ‘n klaaglike soenoffer,

bitsige bos langs my bed

weerkaatsend op die vierkant tafel

op vier rooi rubberwiele wat kan draai.

Spookasems vloek op die vleklose staal.

 

Uit die krankhuis se kliniese kamer

kom die dodende boodskap

vol vermaning wat babbel en bloei.

Dat hy, soos Jason, wreed gaan saai

oor berge, maar veral oor haar dale.

 

Hul trouklere het ek vergewe

met vratappels en arseen,

geel gedokterde rabarberpoeier,

en eet alles wat voorkom

gulsig en suinig voor hom op. 

 

Ek koors en kerm in die verligte saal

op twee melkwit kussings,

wagtend op die bitter ampule.

My naam is Medea,

hare sissend uitgekam. 

 

Ek sien my seëvierend op ‘n sierwa sit

livor mortis oor my lippe.

 

(LJVV Tempermes)

           

William (Billy) Collins (1941-) is een van die meesterdigters van Amerika en was onder andere Poet Laureate of the USA 2001-2007. Hy  het jare gelede die Paradelle ‘ontdek’ wat hy glo in Franse geskifte uit die elfde eeu raak geloop het. Dit het ook ‘n forme fixe bestaande uit vier ses-reël stansas waarvan die eerste en tweede reëls, sowel as die derde en vierde reëls identies moet wees in die eerste drie stansas. Die vyfde en sesde reëls moet al die woorde van die voorafgaande reëls gebruik. Geen ander woorde word bygevoeg nie. Die laaste stansa moet al die woorde van al die voorafgaande stansas gebruik, en slegs die woorde wat daarin gebruik is.

Dit het later geblyk dat Collins ‘n gawe grap  gemaak het en dat hy die paradelle as ‘n parodie vir die villanelle geskep het. Ongeag van die die tong-in-die-kies oorsprong is die paradelle as digvorm  gevestig.  Theresa Welford het in 2006 ‘n bundel saamgestel met die titel The Paradelle.

 

Voorblad van The Parabelle

Voorblad van The Paradelle

 

Paradelle for the Prairie

Laurel Morris 2008

 

Branches turning green this rainy spring,
Branches turning green this rainy spring.
Grass, seeds, birds like kites overhead,
Grass, seeds, birds like kites overhead.
Overhead branches, rainy green grass kites
this turning spring. Birds like seeds.

A town without walls hearing wind calling,
A town without walls hearing wind calling.
Writing sidewalks with midnight footsteps,
Writing sidewalks with midnight footsteps.
A midnight wind with writing, calling without hearing.
Footsteps, walls, sidewalks: a town.

This is all green, all dark and new,
This is all green, all dark and new.
Floods of starry flowers down the plains,
Floods of starry flowers down the plains.
Dark down plains, all starry floods of green
and the flowers, this is all new.

This, a wind, floods spring with green green seeds.
New-hearing birds calling starry footsteps down
grass plains without sidewalks.
Kites writing overhead, and walls of the town
like rainy branches turning dark.
This midnight is all all flowers.

 

Skrywers en kunstenaars is gedurig aan’t vroetel in boekies en op blaaie en los flenters papier. Dit word ‘n ryk erfenis vol gedagtes en sketse waardeur ons soms ander aspekte van die skrywer/kunstenaar kan ontmoet. Hom miskien onverhoeds betrap, op iets inkyk wat ons ‘n dieper blik van die kunstenaar bied. Iets minder formeel, meer intiem soos ‘n gesprek op ‘n oorvol bus.

Dink aan die broos blaaie van ‘n Michelangelo (1475-1564). Als in spieëlbeeld, agterstevoor geskryf om die snuffelaar om die bos te lei. Die boekies is vol verbeeldingryke objekte wat kan duik en vlieg. Daar is die roerende dagboek van die jong Anne Frank (1929-1945), die elegante Marokkaanse reisjoernale van Eugène Delacroix (1798-1863), die soms hartverskeurende onthullings van Vincent van Gogh (1853-1890) en die passievolle verse van Paul Verlaine (1844-1896).

       Ek het nou die dag ‘n nuwe boek ontvang, Marilyn Monroe, Fragments, waarin gedigte, briewe en persoonlike noterings uit haar notaboekies en ander papiere verskyn.

Marilyn Monroe fragments

Marilyn Monroe fragments

‘n Notaboek wat my aandag hou is die van Wallace Stevens (1879-1955). Daar is ‘n hele paar van die notaboekies, elkeen met sy eie titel. Soos “dagia” en “Pieces of Paper“.  Eersgenoemde is gebruik vir die opskryf van sy meer introspektiewe gedagtes. Versies gewoonlik in puntvorm neergeskryf. Laasgenoemde is ‘n boekie vir, soos hy dit noem, ‘klein gedagtetjies en klein versies’. Hierin het hy ook ‘n paar honderd gedigtitels aangeteken wat hy nooit gebruik het nie. Soos:

 

‘The Halo That Would Not Light’

‘Still Life with Aspirin’

‘Morgue near Heaven’

en ‘The Identity of the Bridegroom”

 

Hierdie  versameling verstitels inspireer steeds digters om ‘n vers te skryf om by die gegewe titel te pas. Soos die een van Lucie Brock-Broido (1956-)

 

The Identity of the Bridegroom

 

One night you will walk into a fume

Of the great Mississippi River with your blue

 

Malthusian urge, in a gluey

                               Great-coat of a great

 

Inertia, and go down into the runnelled

Underworld, standing still as a pale suitor

 

Handing blossoms to a girl with queen

 

Yellow jackets in her hair I swear

You will. I am tired

 

Of woman who are sad. I am tired

                              Of men who are tired.

 

You are unwholesome mantling

The river in this

                              Ochre-wedded light.

 

 

(Lucie Brock-Brodie. Trouble in Mind. Alfred A. Knopf. 2010)

 

Ook in Wallace Stevens se boekie ‘Pieces of Paper’  vind mens die volgende opmerking:

 

Qualities of a poem

 

                                interesting

                                indigenous to a person

                                d’un daemon

                                felt words

                                capable of infuriating

                                with

                                poetry emotion

                                to come from an ever

                                free source

                                esser [sic]:essor (Fr.); swarm or group flight]

                                effortless

                                contagious

 

 

Ter afsluiting die versie van N. P. Van Wyk Louw:

 

                           * 

Nog eenmaal wil ek in die skemeraand

weer op ons dorp en by ons dorpsdam staan,

weer met my rek óp in die donker skiet,

en luister, en al word ek seer en dof,

hoe die klein klippie ver weg in die riet

uit donker in die donker water plof.

                           *

(Nuwe Verse. NP van Wyk Louw. Tafelberg.1954)

 

Uit: LJVV sketsboek, Parys. Die inspirasie vir hierdie Buiteblik-blog

Uit: LJVV sketsboek, Parys. Die inspirasie vir hierdie Buiteblik-blog

 

 

Vosse, bome en sterwende honde - enkele gedigvertalings

Monday, November 22nd, 2010

Ek het die afgelope semester Kreatiewe Skryfkunde by Willem Anker gehad. Ons eerste opdrag was om Louis MacNeice se gedig “Conversation” te vertaal, waarna die bliksem (Anker nou, nie MacNeice nie, en ek sê dit met deernis) vir ons die byna onvertaalbare “The Thought-Fox” van Hughes en “The Trees” van Larkin gegee het om te vertaal. Dis hondmoeilik om ‘n bekende gedig te vertaal - veral as jy die oorspronklike gedig al soveel keer gelees het dat dit half deel van jou is. Hierdie tipe vertalings klink dikwels bloot na afgewaterde wannabes van die oorspronklikes. Dis soos om Chopin se Nokturne in E-mol majeur of Beethoven se Maanligsonata te probeer uitvoer: As jy waaghalsig genoeg is om dié bekende stukke te speel, moet jy seker wees dat jy hulle nuut kan laat klink, asof die ink op die bladmusiek nog klam is van Frédéric en Ludwig se gekrabbel.

Ek sal eerder nie my MacNeice-vertaling hier plaas nie, omdat ek heeltemal te skaam kry daarvoor. Maar danksy Anker se leiding (en die input van my goeie vriend en ad hoc-adviseur, Marius Swart) voel ek dat my “The Thought-fox” en “The Trees” nie te sleg uitgedraai het nie. Ek plaas dié twee vertalings hieronder. Dan het ek ook onlangs vir die eerste keer een van my gedigte in Frans vertaal. Die gedig het so twee weke gelede op Litnet onder die titel “vir my sussie” verskyn. Ek plaas die oorspronklike weergawe en my vertaling onderaan. Dankie aan Dr. Levéel van die Franse Departement by die US vir sy bystand.

Die gedagtevos - Ted Hughes

Ek verbeel dié woud-oomblik om middernag:
Daar leef iets anders
naas die eensaamheid van die horlosie
En die leë blaai onder my skuifelende vingers.

Geen sterre skyn deur die venster nie:
Iets anders, nader
En tog dieper die duisternis in,
Kom die eensaamheid binne.

Koud en fyntjies soos die donker sneeu
Raak ‘n vos se neus aan takkies, blare;
Twee oë lei ‘n beweging, wat nou
en ook nou, en nou, en nou

Keurige afdrukke tussen bome
In die sneeu maak, en ‘n stuk skadu
Sloer versigtig langs stompe en in laagtes,
Die skadu van ‘n lyf wat ooptes vol bravade

Oorsteek, ‘n oog,
‘n groenheid wat verruim en verdiep,
Glinsterend en gekonsentreerd,
Besig met sy eie bedoelings

Tot hy met ‘n skielike skerp hete vosreuk
Die kop se donker gat binnekom.
Die venster bly sterloos; die horlosie tik,
Die bladsy is gedruk.

-

Die bome - Phillip Larkin

Die bome spruit weer blare uit
soos iets wat skaars versweë bly;
Die knoppies asem en versprei,
Hul groen die kleur van droewigheid.

Moet ons dan sterf en jaarliks kwyn
terwyl die bome siklies bloei?
Dis bloot ‘n lis van rus en groei,
Geskryf in ringe in die grein.

Tog bly die stamme boontoe skiet
soos kastele wat woed en dy.
Hul sê die winter is verby,
Begin opnuut, opnuut, opnuut.

-

vir my sussie

as ek swem onthou ek nog die somermiddae
en ons lywe wat die wolke op die water breek
jou groot oë as die creepy klikkend naderskuif
sodat jy na my toe aangeswem kom en styf
aan my kom klou; jou bene om my heupe en
‘n nuwe lyf wat voller in jou baaibroek pas

ma het gister oor lassie gebel en gepraat
oor ou honde wat nie meer kan swem nie
oor vlees wat te vinnig vergeet
jy’t hom glo eerste sien dryf

-

à ma sœur

quand je nage je me souviens des jours d’été
la manière dont nos corps dérangeaient les nuages sur l’eau
tes grands yeux quand le kreepy krauly rampait plus proche
tu nageais vers moi, enveloppant tes jambes autour de moi
ton maillot de bain se resserrait autour de ton nouveau corps

mère m’a téléphoné hier
elle m’a parlé de lassie
des vieux chiens qui oublient de nager
de l’étourderie de la chair
tu as été la première à le voir flotter

Op pad na ‘n nuwe maan

Wednesday, December 9th, 2009

Ons hou toe Saterdag ons laaste Poetry Crawl vir die jaar. Die tema dalk holrug gery vir dié tyd van die jaar, maar heel nuut vir ’n Crawl – Nuwe begin/Dagbreek/Transformasie. ’n Hele mondvol en anders as Liefde/Dood/Diere en dies meer, nie so maklik om gepaste gedigte te vind nie. Maar juis daarom so lekker. Want soos ’n goeie vakansie, is die reis na die bestemming deel van die plesier. Jy kan seker kroek en op die internet soek, maar dis baie lekkerder om deur die bundels te blaai. Dan stop jy by ander plekke langs die pad en jy lees weer ’n honderd en een ou gunstelinge en nog ’n tweede honderd onontdektes. Op die ou end is dit moeilik om vier te kies uit die vele gedigte wat hulself aanmeld.

   Dis nie ’n goeie idee om lang gedigte te lees nie, het ek weer besef, veral nie teen halftien die aand, wanneer die kos en wyn al hul eie poësie begin maak nie. T.T. Cloete se “Eier” is vir my ’n wonderlike gedig wat groei en transformeer sommer so onder die tong, maar luisteraars hou nie by as hulle nie self die woorde kan sien nie, in elk geval nie as die uwe dit lees nie. Ons het op ’n stadium probeer reël dat elkeen kopieë voorsien van dit wat hulle lees, maar die reëling het gou tussen die lyne deur geval. Nou moet mens maar leer om die langes vir eie plesier te hou.

   Ted Hughes se “Cock-crows” maak dit nog net-net as kort genoeg. Ek het nog nooit ’n dagbreek so visueel gehoor soos hier nie. En dit sonder ’n enkele kokkedoedeldoe. Omdat ek hierdie ver van huis en haard en boeke skryf, kan ek nie eers aanhaal uit die gedigte nie – jy sal dit maar self moet gaan soek.

   Soos dit maar gaan, tref ons dit toe weer sleg met die weer. Dis reeds ’n paar dae na volmaan, maar met ’n potblou wolkkombers wat toetrek en kom natmaak, is die maan en die maanliglopery daarmee heen. Kort voor middernag ry ons terug na ons huise toe, sonder maan of sterre, maar darem op pad na ’n nuwe maan, na ’n dagbreek ná middernag en hopelik nog tonne poësie wat voorlê in die nuwe jaar.

Digters op reis

Monday, September 28th, 2009

Ek weet nie hoeveel lesers onthou nog die wonderlike aanhaling van Albert Camus voor in Hennie Aucamp se kortverhaalbundel Enkelvlug nie: ‘Dit is geen plesier om te reis nie. Ek sien eerder ‘n askese daarin. Vir sy eie ontwikkeling gaan ‘n mens op reis, wanneer ‘n mens onder “ontwikkeling” verstaan die afrigting van sy diepste sintuig, dié vir die ewigheid.’

Nou ja, self is ek maar eksistensieel ongesofistikeerd; ek is versot op Camus en kie, maar reis is nogtans vir my een groot, ononderbroke plesier. Afrigting vir die ewigheid? Whatever, soos ons in Afrikaans sê. Laat die ewigheid vir homself sorg; dit sal in elk geval nie die eerste keer wees dat ek ongeoefen vir iets opdaag nie.

Nee wat, selfs die kleinere teenspoedjies is vir my lekker, want hulle maak goeie stories vir die mense by die huis. Van daardie oomblik af dat ek my eerste whisky op die vliegtuig bestel tot wanneer ek die gevange gehoor van vriende en familie onderwerp aan my foto’s, is ek in my selftevrede element. Om jou daaglikse roetine vir ‘n wyle ter syde te stel en al die plekke van jou gunsteling flieks en boeke te besoek, is niks minder nie as ‘n reuse voorreg en plesier. ‘n Mens kan sommer liries raak! 

Ek vermoed dit is hoe baie digters ook maar voel, met die gevolg dat reisgedigte baie maklik anekdoties, soetsappig, oorromanties, en cliché-matig kan klink. Die ‘onthou jy nog die middag in [vul in: enige Europese stad]’ soort vers hou beslis groot risikos in. In daardie opsig is reisgedigte seker soos liefdesgedigte: pragtig as hulle werk, maar vol slaggate vir die goedbedoelende digter!  

Ted Hughes

Ted Hughes

Die reis, of die verblyf elders, kan natuurlik ook ‘n onwennige ervaring wees. En goeie skrywers en digters het die fisieke reis nog altyd ontgin as ‘n kragtige, durende metafoor vir die meer ‘geestelike’ of eksistensiële reise wat ons ook moet aflê. Albert Camus se eie kortverhaal, ‘Die owerspelige vrou’ (in Afrikaans vertaal deur J.D. Stemmet en opgeneem in Hennie Aucamp se Wys my waar is Timboektoe), is ‘n skitterende voorbeeld hiervan.

Een van die dinge wat my aanspreek in Danie Marais se eerste bundel, In die buitenste ruimte, is juis sy bevreemdende, wrang blik op die Europese gegewe, die verblyf in Duitsland. Daar is ander voorbeelde ook in Afrikaans: enkele van Marlene van Niekerk se gedigte oor Amsterdam in Groenstaar; die beste van Joan Hambidge se gedigte oor reise na afloop van ‘n liefdesverhouding.  

Is daar egter ‘n meer manjifieke voorbeeld van die ingesteldheid waarvan ek praat as die Engelse digter Ted Hughes se ‘You Hated Spain’? Dit is een van die gedigte waarin hy Sylvia Plath aanspreek en het eers in New Selected Poems 1957-1994 en later in Birthday Letters verskyn. Hier is die eerste paar reëls:

Spain frightened you.
Spain.
Where I felt at home.
The blood-raw light,
The oiled anchovy faces, the African
Black edges to everything, frightened you.
Your schooling had somehow neglected Spain.
The wrought-iron grille, death and the Arab drum.
You did not know the language, your soul was empty
Of the signs, and the welding light
Made your blood shrivel.
 

My bewondering vir hierdie gedig is so groot dat ek Hughes se idee ‘n paar jaar terug vir ‘n eie skryfsel gesteel het, ‘n soort alter-perspekstief op daardie wonderlikste van wonderlike plekke, die Griekse eilande… Ek plaas dit hier, maar wees my maar genadig: ek het mos al in my eerste aflewering gesê ek is nie ‘n digter nie!

 

JY HET GRIEKELAND GEHAAT
(n.a.v. Ted Hughes se You hated Spain)

 

Jy het Griekeland gehaat

die son was vir jou te warm 

die rondloperhonde het aan jou gekou

hulle het dag en nag en sonder ophou

gekerm en byt om ons bed se enkels.

Later het ons nog net in jou slaap gepraat.

 

Jy het Griekeland gehaat

elke onverbiddelike heuwel met sy kerk

ver van alles swygend en die verploeterende hitte 

alewig in die middag en die eentonig afgewitte

ure met hulle stowwerige donkies en ooms

en swartgeklade tannies op straat.

 

Jy het Griekeland gehaat

die gekibbel en gelatenheid van die mense

die gefnuikte gasvryheid van elke gebaar:

Jy sou eensaam bly eerder as om jou te skaar

by die té intussen menswees van hierdie land

van eilande klip en baie water.

 

Jy het griekeland gehaat.

Daagliks gedoog die bouer die argeoloog

want die lewe hier is altyd wat dit was en dan ook meer.

Jy het weggegaan in die wete dat niks wat teer

is tog oorbly waar soveel ten spyt oorleef. Liefde is ‘n ruïne hier

en elke dag ‘n duisend jaar te laat.

 

 

Blomme van verskillende tale

Monday, July 27th, 2009

Mense se lewens bly fassinerend. Selfs die onopvallendes het meestal ’n vreemde storie te vertel. As dit by kunstenaars kom, is daar dikwels nog meer intriges. Neem nou maar ’n paartjie soos Ted Hughes en Sylvia Plath. Ek het onlangs ’n biografie oor hul huwelik gelees (Her husband deur Dianne Middlebrook) en genugtig, wat ’n sepie! Met ’n versamelbundel van Hughes onder die arm en ’n leë idee-spens, dog ek toe ek waag my hand aan ’n vrye vertaling van een van sy minder mitologies-verstrikte gedigte:

 

To Paint a Water Lily

 

A green level of lily leaves

Roofs the pond’s chamber and paves

 

The flies’ furious arena: study

These, the two minds of this lady.

 

First observe the air’s dragonfly

That eats meat, that bullets by

 

Or stands in space to take aim;

Others as dangerous comb the hum

 

Under the trees. There are battle-shouts

And death-cries everywhere hereabouts

 

But inaudible, so the eyes praise

To see the colours of these flies

 

Rainbow their arcs, spark, or settle

Cooling like beads of molten metal

 

Through the spectrum. Think what worse

Is the pond-bed’s matter of course;

 

Prehistoric bedragonned times

Crawl that darkness with Latin names,

 

Have evolved no improvements there,

Jaws for heads, the set stare,

 

Ignorant of age as of hour –

Now paint the long-necked lily-flower

 

Which, deep in both worlds, can be still

As a painting, trembling hardly at all

 

Though the dragonfly alight,

Whatever horror nudge her root.

                              

                                             (uit Lupercal)

 

 

En in Afrikaans:

 

 

om ’n waterblom

 

groen groei sy uit die wateroppervlak

wat die poel se duisternis oordak

vir vliedendes ’n veggebied bereken

 

om dié lelieblom te teken:

 

sien eers die naaldevlieg in vlug

koeëls gekoker deur die lug

of flikkerhuiwer bo die ruigte

van geil onderbos en struike

oorlogsgeraas en doodskrete

weergalm onhoorbaar uit die diskrete

flikflooi van insekgewere

naaldekokers se reënboogkleure

vonke, boë, skitterende dood

wat stol soos druppels gesmelte lood

metaalagtig, dartel en flonker

 

maar onder, in die bodemdonker

lê dreigend prehistoriese drake

grieselig met koppe soos kake

onbewus van tyd of uur

Latynse gedrogte se duister gluur

wat iewers uit die voortyd kom

 

skryf nou die langnek lelieblom

in dubbelbeeld van lug en water versink

stilskildery wat sonder dink

skaars tril tussen alles wat om haar roer

of sinister en troebel deur haar wortels loer.