Posts Tagged ‘Thabo Jijana’

Persverklaring: Thabo Jijana wen Engelse Ingrid Jonkerprys vir 2016

Friday, May 6th, 2016

Thabo Jijana

Thabo Jijana se bundel Failing Maths and My Other Crimes is pas aangewys as wenner van die 2016 Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie.

Elf bundels is aan die beoordelaars voorgelê en die kompetisie was straf. Een van die beoordelaars het Jijana se debuut, met sy ‘subtiele, wrang en onthoubare titel’, beskryf as ’n ‘ryk en bevredigende bundel’ waarin elke gedig ‘iets hards en lewensnoodsaakliks’ tref. Die ander twee bundels op die kortlys is The Attribute of Poetry deur Elisa Galgut en Matric Rage deur Genna Gardini.

Die Ingrid Jonker-prys word jaarliks beurtelings aan ʼn Afrikaanse of ’n Engelse debuutdigbundel toegeken – die twee tale waarin Ingrid Jonker geskryf het. Aangesien die beoordelaars van die prys volgens die reglement gepubliseerde digters moet wees, is dit ’n prys van digters aan digters. Vanjaar was die beoordelaars Sally-Ann Murray, Jim Pascual Agustin en Karin Schimke.

Die prys bestaan uit ʼn kontantbedrag en ʼn medalje. Die oorhandiging vind op 14 Mei om 17:15 by die Franschhoek Literary Festival plaas.

Finuala Dowling is die sameroeper van die Engelse prys. Die ander komiteelede is Ronel de Goede, Leon de Kock, Diana Ferrus en Danie Marais.

Failing Maths and My Other Crimes