Posts Tagged ‘Tony Hoagland’

Desmond Painter. November se ruiter in swart

Monday, November 1st, 2010
Barney Hoskyns se biografie van Tom Waits

Barney Hoskyns se biografie van Tom Waits

Dis al weer November. Sowat ‘n jaar gelede het ek Tony Hoagland se gedig ‘Reasons to Survive November’ op hierdie blog geplaas; gaan lees dit gerus weer, dit is ‘n fantastiese gedig! Laasjaar het ek rede gehad om so te voel: ‘November like a train wreck – / as if a locomotive made of cold / had hurtled out of Canada / and crashed into a million trees, / flaming the leaves, setting the woods on fire.’

Hierdie jaar is dinge darem ‘n bietjie rustiger… En tog kan ek nie help om op 1 November saam met Tom Waits te neurie nie (oftewel, saam met hom te grom en tjank nie):

 

no shadow no stars
no moon no cars
November
it only believes
in a pile of dead leaves
and a moon
that’s the color of bone
no prayers for November
to linger longer
stick your spoon in the wall
we’ll slaughter them all
November has tied me
to an old dead tree
get word to April
to rescue me
November’s cold chain

made of wet boots and rain
and shiny black ravens
on chimney smoke lanes
November seems odd
you’re my firing squad
November

with my hair slicked back
with carrion shellac
with the blood from a pheasant
and the bone from a hare
tied to the branches
of a roebuck stag
left to wave in the timber
like a buck shot flag

go away you rainsnout
go away blow your brains out
November

 

‘November’ het op Waits se CD ‘The Black Rider’ verskyn. Dit is ‘n wonderlike, waansinnige album, ‘n reeks ateljeeopnames deur Waits van musiek wat hy oorspronklik in 1990 in samewerking met Robert Wilson (veral bekend as regisseur van Philip Glass se ‘Einstein on the Beach’) en William Burroughs vir ‘n verhoogproduksie geskryf het. Jy kan ‘n fantastiese lewendige opname (tydens sy onlangse ‘Glitter & Doom’ toer opgeneem) van Waits se ‘November’ hier op Youtube hoor.

Desmond Painter. Tony Hoagland: Kan jy my blameer as ek ‘n scene maak?

Friday, October 8th, 2010
Tony Hoagland

Tony Hoagland

Ek het onlangs Tony Hoagland se jongste bundel, Unincorporated Persons in the Late Honda Dynasty, gekoop. Dit is ‘n fantastiese bundel. Ongetwyfeld een van die beste boeke wat ek hierdie jaar gekoop het. Hoagland is oorspronklik, intelligent, snaaks, vreesloos, deernisvol, ag, hy is gewoon een van die mees opwindende hedendaagse digters waarvan ek weet.

Unincorporated Persons is ‘n bundel vir lees en herlees. Dit is ‘n boek wat ‘n mens laat skater, kwaad word, hunker en huil; dit is ‘n boek vir die aande en die jare wat kom. Arme Claire moet die heeltyd vir my daaruit voorlees, sodat ek die gedigte ook kan hoor. Dit is eintlik onmoontlik om gunstelinge onder die gedigte uit te sonder, maar daar is een waarna ek telkens terugkeer. Dis ‘n geloofsbelydenis, ‘n agitasie, ‘n beswering, ‘n lewensfilosofie in die kleine, ‘n poem to live by:

 

Personal – by Tony Hoagland

 

Don’t take it personal, they said;

but I did, I took it all quite personal—

 

the breeze and the river and the color of the fields;

the price of grapefruit and stamps,

 

the wet hair of women in the rain—

And I cursed what hurt me

 

and I praised what gave me joy,

the most simple-minded of possible responses.

 

The government reminded me of my father,

with its deafness and its laws,

 

and the weather reminded me of my mom,

with her tropical squalls.

 

Enjoy it while you can, they said of Happiness

Think first, they said of Talk

 

Get over it, they said

at the School of Broken Hearts

 

but I couldn’t and I didn’t and I don’t

believe in the clean break;

 

I believe in the compound fracture

served with a sauce of dirty regret,

 

I believe in saying it all

and taking it all back

 

and saying it again for good measure

while the air fills up with I’m-Sorries

 

like wheeling birds

and the trees look seasick in the wind.

 

Oh life! Can you blame me

for making a scene?

 

You were that yellow caboose, the moon

disappearing over a ridge of cloud.

 

I was the dog, chained in some fool’s backyard;

barking and barking:

 

trying to convince everything else

to take it personal too.

 

 

Poësie versterk breinkrag

Monday, November 9th, 2009
Gee jou kop vlerke

Gee jou kop vlerke

Nou ja, toe. Daar is dit wat ons altyd vermoed het, nou bo alle twyfel bewys deur ‘n groep sielkundiges wat aan die Universiteite van Dundee en St Andrews in Skotland verbonde is: Poësie versterk breinkrag. Volgens die betrokke sielkundiges genereer die lees van ‘n gedig véél meer oogbewegings as wanneer prosa gelees word; ‘n verskynsel wat met meer diepgaande gedagtegang geassosiseer word. Richard Gray van Scotland on Sunday, het dit soos volg gestel: “Subjects were found to read
poems slowly, concentrating and re-reading individual lines more than they did with
prose. Preliminary studies using brain-imaging technology also showed greater levels of cerebral activity when people listened to poems being read aloud.”

Dr. Jane Stabler, letterkundige en lid van die groep navorsers, beweer dat die ritmes en (rym)klanke van ‘n gedig latente prosesse in die brein her-aktiveer wat sedert die vroeë kinderjare daarin vasgelê is. Voorts dwing die gebruik van verstegniese aspekte soos assosiatiewe beeldgebruik die leser om meer noukeurig te besin oor dit wat gelees, of gehoor, word. “There seems to be an almost immediate recognition that this is a different sort of language that needs to be approached in a way that will be more attentive to the density of words in poetry,” het sy gesê en bygevoeg: “It may be because readers are trying to hear the words or recreate the imaginary event the poet has provided a script for.”

Hierdie ontdekking van andersoortige breinprosesse tydens die lees van poësie, veroorsaak dat die sielkundiges nou begin om poësie in te span in die behandeling van probleme wat veral met die geheue te make het, waaronder byvoorbeeld disleksie: “It certainly has implications for children who have certain difficulties, like in dyslexia where a rhyming deficiency could be compensated for by exposing them to more poetry,” het dr. Martin Fischer, nog ‘n lid van die span navorsers, onder andere gesê.

Ai. Nou hoop ‘n mens net dat die enkele onderwysers wat bogenoemde nog nie besef nie, hul holruggeryde tegniek van “eksamen-afrigting” sal laat vaar en eerder begin met die daadwérklike onderrig van poësie op skoolvlak. En dat die Groot Kinderverseboek dapper langs elke Bybel in ons land sal staan … Of wat praat ek alles? En wat van die “prosadigting” waarmee Charl-Pierre Naudé op sy blog mee doenig is? Hoe lyk dit – wil jy nie Lucas Malan se voorstel volg en ‘n eie, gunsteling prosagedeelte na digvorm oorhewel en vir ons stuur nie?

Vir jou breinprikkel plaas ek vanoggend “Ama tis” uit Gilbert Gibson se nuutste bundel. Lekker kopkrap. En onthou: Poetry gives you wii-i-i-i-ings!!!

***

Opwindende plasings gedurende die naweek is Nicol Stassen se voorwoord tot vanjaar Versindaba-gedenkbundel. Onthou – dié versamelstuk, asook die kaartjies vir vanjaar se fees, is reeds te koop … So, wat wag jy? Maak vroegtydig seker dat al jou reëlbreuke in plek is vir vanjaar se fees! Dan het ons ook De Contrabas se nuutste Nuusbrief ontvang met heerlike leesbrokkies oor onder andere Gerrit Komrij en Hugo Claus. Veral Hugo Claus se gedig “Nu nog” is ‘n moet lees. Ten slotte – nuwe blog-inskrywings is Melt Myburgh s’n met ‘n gedig oor Derek Jarman en Desmond Painter s’n wat ons weer met gedigte deur Tony Hoagland oorrompel. Ai, soveel dinge, soveel dinge …

Lekker lees aan alles en voorspoed met die week wat op hande is.

Mooi bly.

LE

 

ama tis

 

diehe reis ‘n lig en ‘n heil

virwie souek vrees?

diehe reis dietoe vlugvanmyl ewe

virwie vervaar dwees?

‘n droo mgaanver bys oos

wat er wat vallens

kuurt een my

hoë rop hoë rop

jaso os ‘n doods kaduwee

so os ‘n groe ndal:

 

© Gilbert Gibson (Uit: oogensiklopedie, 2009: Tafelberg)