Posts Tagged ‘TS Eliot’

Vier koppies koffie in die vreemde

Thursday, August 19th, 2010

Dinge gaan op die oomblik maar stadig hier op my blog. Die rede: ek was nogal lanklaas vir ‘n volle week op kantoor. Augustus is afgeskop met drie dae in Durban. Daarna was ek vir twee dae betrokke by ‘n kongres in Stellenbosch; en die afgelope vier dae weer was ek in Pretoria om ‘n werkswinkel aan te bied by UNISA.

Dis ook nog nie die einde nie. Komende Maandag en Dinsdag is daar ‘n simposium oor ‘Theory in the South’ in Stellenbosch wat ek gelukkig genoeg is om te kan bywoon (Achille Mbembe is een van die genooide sprekers; ek het sy On the postcolony ‘n paar jaar gelede gekoop maar nog nooit die hele ding gelees nie), en volgende Vrydagaand vlieg ek Engeland toe om ‘n kongres in Southampton by te woon. Hopelik kan ek na al die opwinding (want dis lekker!) my gewone, lui akademiese roetine hervat en weer meer gereeld hier skryf. 

Verlede Maandagoggend sit ek in die Newscafe in Centurion en werk op my skootrekenaar. Toe ek moeg word van die manuskrip wat ek vir ‘n akademiese tydskrif moes beoordeel (’n verslag wat natuurlik al weke laat was!) het ek deur die foto’s op my hardeskyf begin blaai. Ek besef toe dat ek ‘n gewoonte het om, wanneer ek reis, koppies koffie af te neem… Hierdie foto (hou vas: hier volg nou ‘n onsubtiele afwys van die voorregte en vergrype van ‘n tipiese akademiese toeris!) het ek in 2005 in Buenos Aires geneem:

Koffie in Buenos Aires

Koffie in Buenos Aires

Ek is mal oor sulke donker, houterige koffiewinkels. Hierdie een was in die woonbuurt Recoleta. Jy sal ook my vliegkaartjie sien en die pen waarmee ek verstommende gedigte mee wou skryf. Dit het natuurlik nie so gebeur nie, maar ek het nogtans in die drie dae wat ek daar was genoeg van Buenos Aires gesien om te besluit dat dit ‘n stad is waarnatoe ek wil terugkeer — volgende keer saam met Claire.

Die volgende koffie is iewers in Amsterdam gedrink – die foto is in 2007 geneem, maar ek kan nie mooi onthou waar dit is nie:

Koffie in Amsterdam

Koffie in Amsterdam

Ai, ek het daardie broodjie met kaas op impuls gekoop, en watter goeie idee was dit nie! Ek het seker vir ‘n uur of meer daar gesit en gekyk na die besige straat. Later daardie selfde jaar is ek Pole toe, en het ek hierdie koppie koffie, en verskriklik lekker koek, in die bergdorpie Zakopane genuttig:

Koffie in Zakopane

Koffie in Zakopane

Zakopane is in die suide, baie naby aan die grens tussen Pole en Slowakye. Ek het die foto vroeg in September geneem. Daar was al sneeu op die Tatrasberge en die lug was vars en skerp soos op sonnige wintersoggende in Stellenbosch. Ek het lang ente in die heuwels gaan stap, baie koffies gedrink, en toe verveeld geraak en teruggekeer na die wonderlike stad Kraków — of hoe ‘n mens dit ook al in Afrikaans sou spel. Daar het ek so amper-amper ‘n ‘regular’ geword by ‘n plekkie wat ek steeds beskou as een van die lekkerste koffiewinkels waarin ek al ooit was. ‘n Warm, gesellige ruimte voel hoekies en rusbanke, ‘n plek waar mens kan gesels en lees en wegkruip vir ‘n paar uur. Hier is een van die baie koffies wat ek daar gedrink het:

Koffie in Kraków

Koffie in Kraków

Daar is nog heelwat sulke foto’s op my hardeskyf, maar vier koppies koffie is seker darem genoeg vir ‘n enkele kuier! Dit is die soort reisfoto’s wat mens neem maar nie vir vriende en familie wys nie – wie sal nou belangstel om ‘close-ups’ van jou koppies koffie te sien?! En tog is dit hierdie soort foto’s, eerder as die van monumente en ander ‘tourist sites’, wat my hart die meeste raak, wanneer ek in later jare weer na hulle kyk. Soos T.S. Eliot geskryf het: ’I have measured out my life with coffee spoons.’

Gubaidulina, Bach, Eliot

Thursday, May 27th, 2010

Alfred Schnittke en Sofia Gubaidulina is twee van die belangrikste Russiese komponiste van onlangse tye — oftewel, sedert die dood van Dmitri Sjostakovitsj in 1976.

Ek het Schnittke (1934-1998) ‘n jaar of wat gelede die eerste keer ontdek, en sedertdien is ek ‘n groot aanhanger van sy werk. Sy concerto vir altviool, sy klavierkwintet en sy eerste klaviersonate tel onder die mees opwindende musiek waaraan ek onlangs blootgestel is.

Sofia Gubaidulina

Sofia Gubaidulina

Meer onlangs (en tot my vreugde) het ek Gubaidulina (1931-) ook ontdek. Haar werk verras telkens met vreemde instrumente – en met vreemde kombinasies van instrumente. Daar is ook deurgans ‘n religieuse en mistiese kwaliteit in haar werk, iets wat haar, ten spyte van die soms radikale andersheid van haar klankwêreld, tog intiem verbind aan J.S. Bach. Haar Offertorium: Concerto vir Viool en Orkes, uit 1980, is byvoorbeeld gebaseer op ‘n tema uit Bach se bekende “Musikale Offergawe”.

Vanoggend — en dit is waarom ek oor haar skryf – luister ek egter na een van haar werke wat ingegee is deur ‘n meer direkte digterlike inspirasie: Hommage à T.S. Eliot, vir oktet en sopraan (1987). Die grootste deel van hierdie komposisie bestaan uit Gubaidulina se musikale “interpretasie” van Eliot se grootse siklus, Four Quartets; maar in drie van die sewe dele sing die sopraan wel toonsettings van kort gedeeltes uit “Burnt Norton”, ”East Coker” en “Little Gidding”. Dit is ‘n aangrypende werk. Hier volg die gedeeltes uit Eliot wat gesing word:

 

Time and the bell have buried the day,

The black cloud carries the sun away.

Will the sunflower turn to us, will the clematis

Stray down, bend to us; tendril and spray

Clutch and cling?

 

Chill

Fingers of yew be curled

Down on us? After the kingfisher’s wing

Has answered light to light, and is silent, the light is still.

At the still point of the turning world.

(”Burnt Norton”, IV)

 

The chill ascends from feet to knees,

The fever sings in mental wires.

If to be warmed, then I must freeze

And quake in rigid purgatorial fires

Of which the flame is roses, and the smoke is briars.

The dripping blood our only drink,

The bloody flesh our only food:

In spite of which we like to think

That we are sound, substantial flesh and blood –

Again, in spite of that, we call this Friday good.

(”East Coker”, IV)

 

Sin is behovely, but

All shall be well…

 

And all shall be well and

All manner of things shall be well

When the tongues of flames are in-folded

Into the crowned knot of fire

And the fire and the rose are one.

(”Little Gidding”, III & V)

Brittanje se gunstelingdigters

Monday, October 12th, 2009
TS Eliot

TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (’n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte - nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah