Posts Tagged ‘Walt Whitman’

Gisela Ullyatt. Vir Mary Oliver (10 September 1935 – 17 Januarie 2019).

Tuesday, January 22nd, 2019

 

Junie 2007: die winterson val soos genade op die blokkiesvloer van die zendo (plek van meditasie, afkomstig uit die Zen-tradisie).

Dis skuins voor middagete en ’n klein groepie vergader hier vir die laaste sessie van ’n meditasie retreat. Ons meditasie teacher gee haar laaste dharma-praatjie en sluit af met ’n gedig. Sy sê dis deur haar gunsteling digter, Mary Oliver, geskryf. Die naam lui geen poëtiese klokkie by my nie. Soos ons teacher begin lees, sluit ek my oë, iets wat ek gereeld doen wanneer ek na voorlesings luister.

 

Die eerste drie reëls tref my soos witwater:

 

You do not have to be good.

You do not have to walk on your knees

for a hundred miles through desert, repenting.

 

Iets groei in my terwyl ek luister na die res van die gedig:

 

You only have to let the soft animal of your body

love what it loves.

Tell me about despair, yours, and I will tell you mine.

Meanwhile the world goes on.

Meanwhile the sun and the clear pebbles of the rain

are moving across the landscapes,

over the prairies and the deep trees,

the mountains and the rivers.

Meanwhile, the wild geese, high in the clean blue air,

are heading home again.

Whoever you are, no matter how lonely,

the world offers itself to your imagination,

calls to you like the wild geese, harsh and exciting  ̶

over and over announcing your place

in the family of things.

 

Min het ek toe geweet hoe “WIld Geese” my lewe daadwerklik sou begin verander.

 

‘n Jong Mary Oliver, foto deur Molly Malone Cook

 

Met Oliver se dood ’n paar dae gelede, het huldeblyke ingestroom vanuit ’n menigte oorde, iets wat die digter miskien nie eintlik ernstig sou opneem nie: sy het geglo dat haar gedigte vir hulself moes opstaan en wou nooit te veel oor een van hulle weggee nie. Alhoewel Oliver ’n uiters private persoon was (sy het slegs ’n handjievol onderhoude toegestaan in haar skryfloopbaan van ongeveer 55 jaar) het sy in die afgelope vyftien jaar of so ’n uiters gewilde voorleser van haar eie gedigte geword dermate dat bykans al haar byeenkomste stampvol was. Ook verskyn twee CD’s waarop sy haar gedigte lees.

 

Mary Oliver is gebore op 10 September 1935 in Cleveland, Ohio. Haar gesinslewe was uiters disfunksioneel: in ’n onderhoud met Maria Shriver in 2011 word dit bekend dat sy deur haar vader gemolesteer is as kind (iets wat vlugtig genoem is in die onderhoud). Haar moeder staan passief teenoor hierdie molestering. Twee gedigte in Dream Work (1986), “A visitor” en “Rage” is moontlik geskoei op hierdie bloedskande. Ek haal laasgenoemde aan:

 

Foto: Gisela Ullyatt

 

You are the dark song

of the morning;

serious and slow,

you shave, you dress,

you descend the stairs

in your public clothes

and drive away, you become

the wise and powerful one

who makes all the days

possible in the world.

But you were also the red song

in the night,

stumbling through the house

to the child’s bed,

to the damp rose of her body,

leaving your bitter taste.

And forever those nights snarl

the delicate machinery of the days.

When the child’s mother smiles

you see on her cheekbones

a truth you will never confess;

and you see how the child grows  ̶

timidly, crouching in corners.

Sometimes, in the wide night

you hear the most mournful cry,

a ravished and terrible moment.

In your dreams she’s a tree

that will never come to leaf  ̶

in your dreams she’s a watch

you dropped on the dark stones

till no one could gather the fragments  ̶

in your dreams you have sullied and murdered,

and dreams do not lie.

 

Op hoërskool bank sy skool vir ’n lang tyd en verdiep haarself in Walt Whitman se poësie en die natuur; die omgewing waar hulle bly is landelik, omring deur woude:

 

 

Walt Whitman

 

When the high school I went to experienced a crisis of delinquent student behavior, my response was to start out for school every morning but to turn most mornings into the woods instead, with a knapsack of books. Always Whitman’s was among them. My truancy was extreme, and my parents were warned that I might not graduate. For whatever reason, they let me continue to go my own way. It was an odd blessing, but a blessing all the same. Down by the creek, or in the wide pastures I could still find on the other side of the deep woods, I spent my time with my friend: my brother, my uncle, my best teacher (Blue Pastures).

 

Ander groot invloede op haar werk sluit in: William Blake, Percy Shelley, John Keats, Henry David Thoreau, Ralph Waldo Emerson, en Edna St Vincent Millay en in later jare, Rumi. Oliver skryf ’n essay oor Emerson ter inleiding van die 2000-uitgawe van The Essential Writings of Ralph Waldo Emerson. Die volgende aanhaling uit hierdie inleiding kan ook as opsomming dien van Oliver se lewensuitkyk en oeuvre:

 

The one thing he is adamant about is that we should look  ̶-  we must look  – for that is the liquor of life, that brooding upon issues, that attention to thought even as we weed the garden or milk the cow.

 

In 1953 besoek sy Steepletop, die tuiste van die digter Edna St Vincent Millay, waarna sy later teruggaan om daar in te woon as assistent van Norma Millay, Edna se suster, wat aangestel is as Millay se literêre eksekuteur. Nadat Oliver terugkeer na Ohio, studeer sy vir ’n jaar onderskeidelik aan die Ohio State-universiteit en Vassar-kollege, nadat sy ’n beurs ontvang. Sy voltooi egter nie haar studies nie, maar dit verhoed haar nie om in 1980 ’n Mather besoekende professorskap te ontvang aan Case Western Reserve-universiteit nie. Sy word ook aangestel as die poet-in-residence by Bucknell-universiteit in 1986. Vele ander aanstellings volg.

 

 

Edna St Vincent Millay

 

 

Haar eerste bundel, No Voyage and Other Poems, verskyn in Engeland in 1963; sy werk indertyd by die Mobile Theatre Ltd in Londen. Die volgende aanhaling uit die flapteks wys dat sy as jong digter reeds die invalshoek van haar latere bundels intuïtief aangevoel het:

 

 

No Voyage and Other Poems. Foto: Gisela Ullyatt

 

She believes that an “affirmation” of life is just as justifiable as an affirmation of despair”. She has also attempted to “marry technique and emotion in order to express simple human truth in such a way that it should be conveyed with purpose and clarity to the listener and the reader”.

 

Oliver is ’n bekroonde digter: hoogtepunte is in 1984 wanneer die Pulitzer-prys vir American Primitive aan haar toegeken word asook in 1992 met die National Book Award vir New and Selected Poems (Volume1).

 

Dis moeilik om reg te laat geskied aan ’n digter soos Mary Oliver. “Wild Geese” het my oopgebreek op daardie wintermiddag in 2007 toe my kop vol donkerte was; toe ek nie meer gedigte kon skryf nie. Maar soos ek meer van haar gedigte begin lees het, het die lig deur ’n skrefie begin val wat stadigaan ’n luik vol helder lig geword het. My eerste blog op Versindaba handel oor Mary Oliver (sien asseblief die bibliografie wat die skakel insluit):  Stadig maar seker het ’n doktorale tesis vorm begin aanneem en op 11 September 2013 het ek my Ph.D. ontvang vir “Bride of Amazement”: A Buddhist Perspective on Mary Oliver’s Poetry. Die gedig waarop my titel geskoei is, is “When death comes”:

 

Foto: Gisela Ullyatt

 

When death comes

like the hungry bear in autumn;

when death comes and takes all the bright coins from his purse

 

to buy me, and snaps the purse shut;

when death comes

like the measle-pox;

 

when death comes

like an iceberg between the shoulder blades,

 

I want to step through the door full of curiosity, wondering:

what is it going to be like, that cottage of darkness?

 

And therefore I look upon everything

as a brotherhood and a sisterhood,

and I look upon time as no more than an idea,

and I consider eternity as another possibility,

 

and I think of each life as a flower, as common

as a field daisy, and as singular,

 

and each name a comfortable music in the mouth,

tending, as all music does, towards silence,

 

and each body a lion of courage, and something

precious to the earth.

 

When it’s over, I want to say: all my life

I was a bride married to amazement.

I was the bridegroom, taking the world into my arms.

 

When it’s over, I don’t want to wonder

If I have made of my life something particular, and real.

I don’t want to find myself sighing and frightened,

or full of argument.

 

I don’t want to end up simply having visited this world.

 

(New and Selected Poems, Volume One)

 

Dankie, dogter van Ohio, digter van Provincetown; Bruid van Verwondering.

 

New York Times

 

BIBLIOGRAFIE

 

Atkinson, B. ed. 2000. The Essential Writings of Ralph Waldo Emerson. New York: Modern Library (Random House).

Oliver, M. 1963. No Voyage, and Other Poems. Londen: J.M. Bent.

Oliver, M. 1986. Dream Work. New York: Atlantic Monthly.

Oliver, M. 1992. New and Selected Poems, Volume One. Boston, MA: Beacon.

Oliver, M. 1995. Blue Pastures. New York: Harcourt.

Ullyatt, G. 2013. “Bride of Amazement”: A Buddhist Perspective on Mary Oliver’s Poetry. Ongepubliseerde doktorale tesis. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.

Gisela Ullyatt. Mary Oliver se Blue Horses.

Gisela Ullyatt. Mary Oliver en die Zen van aandagtigheid

Wicus Luwes. Dis in die sterre geskryf

Thursday, July 17th, 2014

Foto: Supermaan – Julie 2014
(Bron: http://www.businessinsider.com/supermoon-pictures-july-2014-photos-2014-7)

Per geleentheid luister ek na Holst se ‘Die Planete’ in my TV-kamer en ek besef een ding: my TV-kamer is te klein vir hierdie musiek. Ek dink dit moet ongelooflik wees om dit in ‘n groot teater te kan hoor. Ek dink toe verder dat indien ek dit wel in ‘n groot teater sou hoor, ek miskien dieselfde sou voel: dat die teater te klein is vir die musiek.

“Ground Control to Major Tom
Take your protein pills and put your helmet on”

– Uit David Bowie se lied, Major Tom

Die wetenskaplikes kry elke dag ‘n nuwe sonnestelsel of swart gat. Ons sien so min met die blote oog en met teleskope sien ons nie veel verder nie. Die Mars karretjie stuur foto’s van die Mars-oppervlak en die ‘Higgs boson’-partikel is ‘n gewigte saak vir die mense van CERN. Een van die dae is SKA en MeerKAT deel van die wêreld se poging om dieper in die verlede te kan kyk en te soek na iets wat nog net in teorieë en tekenprente bestaan.

When I Heard the Learn’d Astronomer
deur Walt Whitman

When I heard the learn’d astronomer,
When the proofs, the figures, were ranged in columns before me,
When I was shown the charts and diagrams, to add, divide, and measure them,
When I sitting heard the astronomer where he lectured with much applause in the lecture-
room,
How soon unaccountable I became tired and sick,
Till rising and gliding out I wander’d off by myself,
In the mystical moist night-air, and from time to time,
Look’d up in perfect silence at the stars.

Uit: Leaves of Grass, wat die eerste keer in 1855 uitgegee is, maar voordurend verander is deur Whitman

 

Die maan was besonder naby aan die aarde gedurende die afgelope week – dit word blykbaar ‘n supermaan genoem. Ek verstaan ook hoekom ek oor die heelal wil skryf, want ek dink nie dis net die getye van die see wat die aantrekkingskrag aanvoel nie. Die sterre het min geword in die huidige tyd waarin ons leef. Stadsliggies het die sterre uitgedoof. ‘n Mens kan seker nie die invloed wat die sterre en die maan op ons het afskryf net omdat dit nie meer duidelik te siene is nie.

Die planeet, wat nou dwerg-planeet geword het, Pluto, is nie ontdek deurdat dit deur ‘n sterrekyker gesien is nie. Die planeet se invloed of aantrekkingskrag het die ruimte rondom hom beïnvloed en sterrekykers na die hemelliggaam laat soek. Ek wonder hoeveel dinge ons miskyk of ignoreer omdat ons nie die invloed wat dit het, kan raaksien nie.

n Sterrekyker sonder teleskoop
Jan Vermeer se skildery, ‘The Astronomer’ (sien hierbo), vertoon ‘n sterrekyker sonder ‘n teleskoop. Die enigste aanduiding van die man se beroep is die boek –  Metius se Institutiones Astronomicae Geographicae en die skildery van Moses wat as Egiptiese prins die sterrehemel by die beste skole bestudeer het. Wat vir my opval is dat die sterrekyker eintlik soos ‘n ster na die aarde kyk. Dit is dus nie die mens wat na die ster kyk nie, maar mens wat die rol van die ster inneem en na die aarde kyk. Wat sou die sterre sien as dit na ons aarde kyk?

Die toekoms of verlede
Terwyl die teleskope kyk na dinge wat reeds gebeur het en na die oorsprong van alles soek, kyk ander weer na die sterre om te sien wat in die toekoms gaan gebeur. Ek probeer tans my kennis oor die sterre verbreed sodat ek meer het om vir ons kleuters te wys as net ‘die drie konings’. Ek het gedink dat dit goed sou wees om die konstellasies soos die Skerpioen of the Boogskutter ens. te probeer identifiseer. Die probleem is egter dat al die sterretekens onderstebo in die Suidelike halfrond is. Ek wonder wat die arme skeepvaarders moes dink nadat hul die doldrums oorleef het. Dis interessant om op te lees oor die Aborigines se verhale oor ‘n kanoe. Die Noordelike halfrond ken die drie sterre wat die kanoe vorm as Orion se belt of die drie konings.

“Sou jy die Sewester met ‘n band kon vasknoop of die band van Orion kon losmaak?
Kan jy die sterre op hulle tyd laat opkom, kan jy die Beer met sy kleintjies laat uitkom?”
– Job 38:31-32

 

Gelukkig het sterrekunde ook ‘n ligter kant soos wat dit blyk uit ‘n kroeglied uit ‘n vorige eeu:

” Copernicus, the learned wight,
The glory of his nation,
With draught of wine refreshed his sight,
And saw the earth’s rotation;
Each planet then its orb described,
The moon got under way, sir;
These truths from nature he imbibed
For he drank his bottle a day, sir!”

Bron: http://www.astro.umd.edu/~jph/drink.pdf

Sterrekyk op die naat van die rug
Daar is iets bekoorlik aan die naghemel en ek dink elke mens moet dit ten minste een keer in hul lewe waag om op die naat van hul rug na die sterre te kyk. Die krapperige gras deur ‘n knie-kombers en ‘n glas rooiwyn sal moontlik maak dat jy die sterre in die hemel vir die sterre in jou mede-sterrekyker se oë wil verruil, maar selfs daardie soort sterrekykery het ‘n tyd en plek.

As komete lief kon hê

Ek draai al om jou kern
jy draai by my verby
Ek wentel deur die donker
totdat jou lig my lei

Ek los vir jou n kristalstreep
dat jy my krummels in
die kosmos kan kry
‘n stukkie om aan vas te hou
tot jou nabyheid my weer kan verbly

Ek sal die planete vra om
jou pad skoon te hou
die sterre
om jou baan te verlig

Ek sal met ‘n kortpad deur die
melkweg gly

en vir jou wag

Tot ons mekaar
oor n duisend jaar
weer hier kry

 

Hoe verder ek hieroor oplees, hoe minder weet ek wat sterrekykery alles behels. Die definisie van ‘n sterrekyker vervaag en ek weet nie eers meer of ek na die sterre kyk en of die sterre dalk na my kyk nie.

The astronomer

In the shadow of the temple my friend and I saw a blind man sitting alone. And my friend said, “Behold the wisest man of our land.”
Then I left my friend and approached the blind man and greeted him. And we conversed.
After a while I said, “Forgive my question, but since when hast thou been blind?”
“From my birth,” he answered.
Said I, “And what path of wisdom followest thou?”
Said he, “I am an astronomer.”
Then he placed his hand upon his breast, saying, “I watch all these suns and moons and stars.”

Bron: The Madman deur Kahlil Gibran

Desmond Painter. Whitman, die digkuns, en die utopiese verbeelding

Wednesday, July 14th, 2010
Octavio Paz

Octavio Paz

Die nuwe semester is op hande en ek moet ‘n honeursmodule in sosiale sielkunde voorberei, maar dit is yskoud in Stellenbosch en ek is nog lui na ‘n paar dae vakansie in die Oos-Kaap. In pleks van werk sit ek dus by my lessenaar en luilees ‘n essay oor Walt Whitman in Octavio Paz se pragtige bundel, On Poets and Others.

Die essay is oorspronklik in 1956 geskryf en die bundel is deur Michael Schmidt vertaal en in 1987 deur Carcanet Press uitgegee. Ek het dit op die rak in die J.S. Gerickebiblioteek gevind terwyl ek eintlik op soek was na ‘n heel ander boek. Trouens, ek het al klaar vergeet wat die titel van daardie ander boek was…

So begin Paz se essay oor Whitman: “Walt Whitman is the only great modern poet who does not seem to experience discord when he faces his world. Not even solitude; his monologue is a universal chorus. No doubt there are at least two people in him: the public poet and the private person who conceals his true erotic inclinations. But the mask — that of the poet of democracy — is rather more than a mask; it is his true face. […] The uniqueness of Whitman’s poetry in the modern world cannot be explained except as a function of another, even greater, uniqueness which includes it: that of America.”

In hierdie opsig merk Paz op dat Amerika streng gesproke nooit ontdek is nie. Jy kan nie iets ontdek wat nie bestaan nie. ‘n Mens moet eerder praat van die uitvinding (lees ook: verbeelding en verdigting) van Amerika. “If America is a creation of the European spirit, it begins to emerge from the sea-mists centuries before the expedition of Columbus. And what the Europeans discover when they reach these lands is their own historic dream.”

Walt Whitman

Walt Whitman

Amerika, skryf Paz, is ‘n beliggaming van ‘n Europese utopie. “The dream becomes a reality, a present; America is a present: a gift, a given of history. But it is an open present, a today that is tinged with tomorrow. The presence and the present of America are a future; our continent is, by its nature, the land which does not exist on its own, but as something which is created and invented. Its being, its reality or substance, consists of being always future, history which is justified not by the past but by what is to come. Our foundation is not what America was but what it will be. America never was; and it is, only if it is utopia, history on its way to a golden age.”

Die stryd vir onafhanklikheid van Europa en die verskillende Amerikaanse revolusies, Noord sowel as Suid, dien as “a correction of American history and, as such, a restoration of the original reality.” Hierdie realiteit is, volgens Paz, die beginsel van die toekoms: “Thanks to French revolutionary principles, Latin America becomes again what it was at its birth: not a past, but a future, a dream.” Ek hou nogal van hierdie idee van ‘n soort “utopiese surplus”; die idee dat die mees werklikheidsgetroue uitbeelding van ‘n land die droom, en meer spesifiek, die toekomsdroom is. Op hierdie manier word die verbeelding verhef tot ‘n realiteitsbeginsel, ‘n dryfveer van die geskiedenis en die politiek, eerder as bloot ‘n bron van valse bewussyn wat teenoor “realisme” en “pragmatisme” gestel kan word.

Maar hierdie utopiese dimensie van (veral Noord-)Amerikaanse selfskepping het natuurlik ook ‘n donker sy, en die digkuns kan nie sondermeer in diens van die utopiese verbeelding gestel word nie. “The North American attitude can be condemned in these terms: all that does not have a part in the utopian nature of America does not properly belong to history: it is a natural event and, thus, it doesn’t exist; or it exists only as an inert obstacle, not as an alien conscience. Evil is outside, part of the natural world — like Indians, rivers, mountains, and other obstacles which must be domesticated or destroyed; or it is an intrusive reality (the English past, Spanish Catholocism, monarchy, etc.). The American War of Independence is the expulsion of the intrusive elements, alien to the American essence. […] In other places the future is a human attribute: because we are men, we have a future; in the Anglo-Saxon America of the last century, the process is inverted and the future determines man: we are men because we have a future. And whatever has no future is not man. Thus, reality leaves no gap at all for contradiction, ambiguity, or conflict to appear.”

Amerikaanse Indiaan

Waar laat dit die groot Walt Whitman, volgens Octavio Paz? “Whitman can sing confidently and in blithe innocense about democracy militant because the American utopia is confused with and indistinguishable from American reality. Whitman’s poetry is a great prophetic dream, but it is a dream within another even greater one that feeds it. America is dreamed in Whitman’s poetry because it is a dream itself. And it is dreamed as a concrete reality, almost a physical reality, with its men, its rivers, its cities and mountains. All that huge mass or reality moves lightly, as if it were weightless; and in fact, it is without historic weight: it is the future incarnate. The reality Whitman sings is utopian. By this I do not mean it is unreal or exists only as idea, but that its essence, what enlivens it, justifies and makes sense of its progress and gives weight to its movements, is the future. […] Whitman was never aware that he dreamed and always thought himself a poetic realist. And he was, but only insofar as the reality he celebrated was not something given, but a substance crossed and recrossed by the future.”

Walt Whitman, Amerika se groot dromer, laat ons dus nie met ‘n onproblematiese voorbeeld van hoe die “utopiese surplus” van ‘n bepaalde werklikheid, die van Afrika byvoorbeeld, ontgin en geaktiveer kan word nie. Wat is die verband dus tussen digter, digkuns en die utopiese? Hoe verbeel die digter die toekoms anders? Wat is die rol van die Ander in die digterlike verbeelding? Is daar hoegenaamd nog enige sin daarin om oor die digkuns in verhouding tot die utopiese te dink?

Bronstige Whitman in Moskou

Thursday, October 22nd, 2009
Walt Whitman

Walt Whitman

Op De Papieren Man se webblad lees ek dat Hilary Clinton, die Amerikaanse Minister van Buitelandse sake, onlangs ‘n standbeeld van Walt Whitman in Moskou – van alle plekke! – ingehuldig het. Die burgermeester van Moskou, Yuri Luzhkov, was ook teenwoordig by dié geleentheid. Die ironie is natuurlik dat Walt Whitman as eg Amerikaanse digter ook ‘n ikoon is in gay geledere vanweë sy uitgesproke homoseksualiteit. Daarteenoor is Luzhkov bekend vir sy haatspraak jeens gays. So het hy al na homoseksuele verwys as “satanisties” en alle “gay pride” parades in Moskou verbied.

Nikolaï Baïev, bekende Russsiese gay-aktivis, het Luzhkov se deelname as “grotesk” beskryf.

In haar toespraak het Clinton Walt Whitman aangehaal wat glo by geleentheid die volgende aan ‘n Rus gesê het: “You Russians, and we, Americans!… so far apart from each other, so seemingly different, and yet… in ways that are most important, our countries are so alike.”

Die standbeeld, wat deur die Moskouse beeldhouer Aleksandr Burganov gemaak is, staan by die Staatsuniversiteit van Moskou.  Nog ‘n beeld deur Burganov, van die Russiese skrywer Aleksandr Poesjkin, is reeds in 2000 voor die George Washington Universiteit staangemaak.

Nou ja toe. Wie het ooit kon dink dat ‘n koue oorlog uiteindelik tot sóveel warmte sal kan lei? Nietemin, die volledige berig kan op Rianovosti se webblad gelees word. As toegif plaas ek Johann de Lange se gedig, Kommunie 1 hieronder.

***
Die enigste nuwe toevoeging tot die blad vanoggend is Ilse van Staden se blog-inskrywing waarin sy opgewonde raak oor ‘n bokser in ‘n boks. Kostelik. Dan het ons gister by monde van ‘n Spesiale Nuuswekker bekend gemaak dat Loftus Marais die Ingrid Jonker-prys gewen het. Die volledige persverklaring kan ook in die Brieweboks gelees word. Die prys sal gedurende Sessie 3 op 28 November tydens vanjaar se Versindaba aan hom oorhandig word. Die prys behels die beroemde medalje, plus ‘n nominale kontantbedrag. ‘n Omvattende berig deur Willem de Vries kan hier gelees word.

Lekker rondkliek vandag; die naweek staan immers reeds voor die deur.

Mooi bly.

LE

 

Kommunie I

Sondagaand, die promenade:
in kortbroeke en t-hemde
daag ons op: die gemeente
van die vlees
en Walt Whitman
was met ons,
hoogpriester,
met sy lang wit baard
en sy hande op ons almal
‘n benediksie op sweetblink lywe,
op ons tonge die kosbare wit
sakrament van die fallus.

Ons ken hom ook daar
alleen in ‘n bieghokkie
waar ons kniel
voor die klein gode
wat deur ‘n loergat seën
en wywaters van die doop
op ons tonge laat reën.

(c) Johann de Lange (Uit: Vleiswond, 1993: Human & Rousseau)