Posts Tagged ‘W.H. Auden’
Tuesday, April 6th, 2010
Ek kom vanoggend toevallig op hierdie gedig van WH Auden af. Ek plaas dit nie hier om spesifiek ‘n toespeling te maak op die dood van Eugene Terre Blanche nie (hy was immers nooit werklik in ‘n magsposisie nie), maar omdat dit enige vorm van totalitêre, puriteinse politiek (en politici) so skitterend aan die kaak stel. Die digterlike woord kom hier te staan teenoor die lomp maar gevaarlike retoriek van die ‘tiran’ - mense soos Mugabe, Malema en, ja, ook Terre Blanche.
Epitaph on a tyrant
Perfection, of a kind, was what he was after,
And the poetry he invented was easy to understand;
He knew human folly like the back of his hand,
And was greatly interested in armies and fleets;
When he laughed, respectable senators burst with laughter,
And when he cried the little children died in the streets.
Monday, December 21st, 2009
 In die kol reklame
Robert Graves het by geleentheid die volgende opmerking gemaak: “There’s no money in poetry, but then there’s no poetry in money, either.” Dit wil egter nou voorkom asof dié uitspraak die afgelope tyd ernstig onder druk geplaas word deur die Britse reklame-agentskappe. So gebruik McDonald’s die volgende reëls uit ‘n gedig van Rolf Harris: “The Gothy types and scoffy types and like-their-coffee-frothy types were just passing by.” Nog ‘n voorbeeld is Pete Postlethwaite wat die volgende poësie kwytraak in ‘n advertensie vir Cathedral City cheddar kaas: “On the A47 it’s cheese with cucumber / It’s lunchtime for her as the rest of us slumber.”
Volgens The Guardian se berig is daar sommer ‘n horde ander instansies wat begin het om poësie in te span vir reklamedoeleindes. Hieronder tel die AA, Waitrose, Center Parcs en Prudential.
Maar hoe voel die digters hieroor? Liverpool se beroemste digter, Roger McGough, het die volgende te sê gehad: “It doesn’t always please me. It’s like when you hear music used in an advert and you feel it has degraded it. But as long as the poems are used respectfully, I think it can be OK. Center Parcs used Leisure by William Henry Davies, and Waitrose used Keats’s To Autumn. I wrote a poem for a Prudential ad campaign, but Adrian Mitchell said he wouldn’t do it. Verse has always been used in adverts - memorable language and the expectancy of rhyme are powerful - but it has to be used respectfully.”
Nick Toczek, wie se gedig deur Prudential gebruik is, het sy bereidwilligheid tot misbruik soos volg gemotiveer: ”Shakespeare would have thought commercialism was worth it. Populism is good. The more language matters to people the better. Look how Auden sold after Four Weddings and a Funeral. But there is a line - I would have reservations about the politics of doing a poem for McDonald’s, for example. But my Prudential poem is still the most recognised of all my poems. It took me 20 minutes to write, was broadcast 5,000 times and earned me £5,500.”
Die reëls wat deur Prudential gebruik is, lees soos volg: “Our kids, who’ve grown and flown the nest, / Now only phone us to request / More cash on loan, their tone depressed.”
Nou ja, toe. Laat ons nie die krag van die poëtiese woord of frase onderskat nie!
***
Nuwe plasings op die webblad is Bernard Odendaal se resensie oor Lucie Möller se bundel Watermerke, en ook Carina Stander wat op haar blog een van haar gunsteling aanhalings uit die boek Women who run with wolves, met haar lesers deel.
Ten slotte - my kar staan alweer gepak om môre-oggend baie vroeg die pad na die noorde aan te durf. Hierdie is dus die laaste Nuuswekker tot kort voor die nuwe jaar … Graag wil ek en Marlise dan van hierdie geleentheid gebruik maak om elkeen van ons Versindaba-besoekers en -deelnemers die allermooiste Kerstyd toe te wens.
As toegif vanoggend, nié DJ Opperman se bekende “Kersliedjie” nie, maar ietsie op ‘n meer persoonlike vlak: Marlise se pragtige “Kersoggend” , met die hoop dat Kersdag vir jou en jou geliefdes ook ‘n tyd van stille vreugde sal wees … (Terloops, as verdere leesprikkel kan jy gerus Willem Jan Otten se “adventessay”, asook sy vertaling van T.S. Eliot se gedig “The Journey of the Magi”, hier op De Contrabas te lese kry.)
Nuuswekker hervat weer volgende week.
Mooi bly.
LE
(Kersoggend)
so stil begin die dag -
op die horison ‘n silwer ketting
van heuwels ingekurwe
met die roerlose landskap
enkele vlietende vlerke van voëls
gevurk oor ‘n wingerd
soos die stiltes
tussen note van ‘n fluit
so stil begin die dag -
tussen die gespierde bene
van ‘n enkele donker boom
rus die tjello van ‘n oggendson
en die dun strykstok van ‘n wolk
halveer die strale van lig
soos stiltes
van klanklose klank
asemloos
onuitgesproke
so stil begin die dag
sing
(c) Marlise Joubert (uit: Lyfsange, 2001: Protea Boekhuis)
Tuesday, October 6th, 2009
Daar was skynbaar heelwat ontevredenheid verlede week oor Charl-Pierre Naudé se bloginskrywing oor burgerlike ongehoorsaamheid. Wat het die politiek te make met die poësie?, wou sommige lesers weet.
Dit het my laat dink aan ‘n ou gunstelinggedig van my, W.H. Auden se Refugee Blues, wat ook Passport Blues genoem sou kon gewees het. Auden het dit vroeg in 1939 geskryf; die Tweede Wêreldoorlog was op hande.
Maar die gedig resoneer veel wyer as daardie oorlog en Joodse vlugtelinge. Dit spreek die hele politieke orde van moderniteit, van nasie-state en genasionaliseerde burgerskap, aan vanuit die perspektief van die uitgeslotenes. ‘The consul banged the table and said,/ “If you’ve got no passport you’re officially dead”:/ But we are still alive my dear, but we are still alive.’
Daar is dalk weinig beelde in die moderne poësie wat die impak van die politieke op die private of die persoonlike meer onstellend en akkuraat uitbeeld. Júís om die geroetineerde, alledaagsheid van die toneel van uitsluiting en ‘maatskaplike dood’ wat dit beskryf. Júís omdat dit so endemies is aan ‘n politieke orde wat ons die meeste van die tyd as natuurlik en vanselfsprekend aanvaar.
Maar dalk is daar ook weinig treffender voorbeelde in die moderne poësie van mense se vermoë om hulleself ten spyte van, in reaksie teen, en anderkant die bestaande politieke orde(ning) uit te herverbeel: ‘But we are still alive, my dear, but we are still alive.’ Om hierdie stem te hoor, te amplifiseer, en te herhaal in die skep van ‘n mensliker, sagter wêreld, is tegelykertyd ‘n poëtiese en ‘n politieke daad.
Refugee Blues
W.H. Auden
Say this city has ten million souls,
Some are living in mansions, some are living in holes:
Yet there’s no place for us, my dear, yet there’s no place for us.
Once we had a country and we thought it fair,
Look in the atlas and you’ll find it there:
We cannot go there now, my dear, we cannot go there now.
In the village churchyard there grows an old yew,
Every spring it blossoms anew:
Old passports can’t do that, my dear, old passports can’t do that.
The consul banged the table and said,
“If you’ve got no passport you’re officially dead”:
But we are still alive, my dear, but we are still alive.
Went to a committee; they offered me a chair;
Asked me politely to return next year:
But where shall we go to-day, my dear, but where shall we go to-day?
Came to a public meeting; the speaker got up and said;
“If we let them in, they will steal our daily bread”:
He was talking of you and me, my dear, he was talking of you and me.
Thought I heard the thunder rumbling in the sky;
It was Hitler over Europe, saying, “They must die”:
O we were in his mind, my dear, O we were in his mind.
Saw a poodle in a jacket fastened with a pin,
Saw a door opened and a cat let in:
But they weren’t German Jews, my dear, but they weren’t German Jews.
Went down the harbour and stood upon the quay,
Saw the fish swimming as if they were free:
Only ten feet away, my dear, only ten feet away.
Walked through a wood, saw the birds in the trees;
They had no politicians and sang at their ease:
They weren’t the human race, my dear, they weren’t the human race.
Dreamed I saw a building with a thousand floors,
A thousand windows and a thousand doors:
Not one of them was ours, my dear, not one of them was ours.
Stood on a great plain in the falling snow;
Ten thousand soldiers marched to and fro:
Looking for you and me, my dear, looking for you and me.
Tuesday, September 1st, 2009
I
Die digter W.H. Auden (1907–1973), wat as professor in poësie aan die Universiteit van Oxford die opdrag gehad het om opleiding in skeppende skryfwerk aan te bied, het by geleentheid ‘n leerplan voorgestel vir die aspirantdigters aan sy “Daydream College for Bards” (oftewel sy ideale Leerskool vir Digters): Die leerplan het iets oorgedra van die geskakeerdheid wat met opleiding in skeppende skryfwerk gepaard kan gaan:
1) In addition to English, at least one ancient language, probably Greek or Hebrew, and two modern languages would be required.
2) Thousands of lines of poetry in these languages would be learned by heart.
3) The library would contain no books of literary criticism, and the only critical exercise required of students would be the writing of parodies.
4) Courses in prosody, rhetoric and comparative philology would be required of all students, and every student would have to select three courses out of courses in mathematics, natural history, geology, meteorology, archaeology, mythology, liturgics, cooking.
5) Every student would be required to look after a domestic animal and cultivate a garden plot.
Oor die sukses wat Auden met hierdie veeleisende kursus sou gehad het, kan baie bespiegel word. Die vraag bly egter: Kan ‘n skrywer opgelei word?
Hierdie vraag duik meermale op wanneer opleiding in skeppende skryfwerk ter sprake kom, en spruit waarskynlik uit ‘n onderliggende opvatting dat die vermoё om ‘n skrywer te word as ‘t ware geneties vasgelê moet wees en eintlik nie aangeleer kan word nie. Wat natuurlik enigsins vreemd is, is dat dieselfde vraag nie noodwendig gevra word oor die opleiding van skilders, beeldhouers, komponiste, musici en balletdansers nie.
Wat is dan nou so uniek aan ‘n skrywer? Die Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT), wat op byna elke Afrikaanse skrywer se lessenaar lê (of behoort te lê!), verklaar die lemma “skrywer” soos volg:
1. Persoon wat skryf: ‘n Vinnige skrywer. 2. Persoon wat ‘n bepaalde stuk, brief geskryf het: Die skrywer van hierdie brief. 3. Persoon wat boeke, artikels, gedigte, ens. vir publikasie skryf; outeur: ‘n Veelsydige outeur. 9 …). 4. Werk van ‘n outeur: ‘n Skrywer bestudeer.
Hierdie lemma laat vermoed dat daar meer oor “skrywer” gesê kan word as die algemene siening wat in die verklaring vervat is. Die verklaring dui ook nie aan dat ‘n skrywer as uniek beskou word, of oor unieke talent moet beskik om te kan skryf nie. En tog het die opvatting dat ‘n skrywer nie “gemaak” kan word nie tot betreklik onlangs, toe skryfskole as ‘t ware soos paddastoele opgeskiet het, bestaan. Heelparty mense huldig steeds die opvatting dat skrywers se werke bestudeer kan word, maar dit word nie as gerade beskou om opleiding aan te bied oor hóé om te skryf nie.
Daar kan verskeie redes aangevoer word vir die feit dat daar so lank onvoldoende aandag aan die opleiding van skrywers bestee is. Een van die redes sou wees dat die besit van letterkundige werke vir ‘n groot deel van die breё publiek nie dieselfde prestigewaarde het as byvoorbeeld die besit van kunswerke, of die bywoning van musiek- of balletuitvoerings nie. Daarom word ‘n belegging in die letterkunde ook nie geredelik gemaak nie en kan ‘n mens met reg kla oor mense nie meer boeke koop en lees nie. My ervaring in ‘n heeltemal ander verband is dat mense se min toewyding aan lees direk aan die lae geletterdheidvlakke in die land en die swak kennis van tale toegeskryf moet word.
Nou is dit so dat baie mense die behoefte ervaar om te skryf, maar nie weet wat en hoe nie. By sulke mense is daar dikwels onsekerheid oor die mate waarin hulle “talent het”, “meriete toon” en hulle skryfwerk “publiseerbaar” kan wees. D.J. Opperman, baanbreker van opleiding in skeppende skryfwerk in sowel die Afrikaanse as die Suid-Afrikaanse letterkunde, onder meer vanweё die Letterkundige Laboratorium wat hy in 1960 aan die Universiteit van Stellenbosch begin het, het hierdie onsekerheid van sommige universiteitstudente soos volg verwoord:
“Wat word van die jong skeppende genie wat eensaam op die kampus ronddwaal en geen raad met sy talent weet nie? Hy vir wie dit hoofsaak in die lewe is: Is die jambe uitgedien? Sy gawe geniet geen akademiese erkenning of leiding nie, dit is geen studievak nie. Later, as hy eers gebundel het, word sy werk wel bestudeer. Daarop word punte en grade verwerf, maar hy …? Êrens is daar iets skeefs.”
By Opperman se “jong skeppende genie” moet ‘n mens ook voeg: die middeljarige man wat lank reeds net vir die laai skryf, die vrou wat half toevallig ontdek dat sy skryftalent het en die standerd 8-leerling op die platteland wat by ‘n bekende skrywer of uitgewer om raad aanklop. Geslagte aspirantskrywers het nie die geleentheid gehad om opleiding in skeppende skryfwerk in Afrikaans te ontvang nie en bly worstel met vrae oor hulle skeppende vermoёns. Suid-Afrikaanse universiteitstudente wat kursusse in Afrikaans of Afrikaans en Nederlands gevolg het, was tot betreklik onlangs toe nog deurgaans onbewus daarvan dat verskillende soorte opleiding in skeppende skryfwerk glad nie so ‘n rariteit in die skrywerswêreld is nie en veral in die Verenigde State van Amerika goed gevestig is.
Sedert die 1980’s het opleiding in skeppende skryfwerk egter ‘n betreklik algemene verskynsel in die Afrikaanse literêre wêreld geword. Verskeie universiteite bied tans skrywersopleiding aan, die ATKV is daarby betrokke en ander instansies bied van tyd tot tyd werkswinkels aan. Hierbenewens het hulpmiddels soos skrywershandleidings soos dié van Hennie Aucamp ook in Afrikaans beskikbaar geraak, hoewel die publikasie van skrywershandleidings nie as ‘n florerend beskou kan word nie.
Ongeag die soms ideosinkratiese uitsprake oor opleiding in skeppende skryfwerk, is skrywersopleiding outentieke literatuurbeoefening. Dit blyk uit die manier waarop die hele kommunikasiesituasie daarin ter sprake kom en uit die feit dat die doel van opleiding in skeppende skryfwerk immers is om ‘n teks tot stand te bring. Opleiding in skeppende skryfwerk is by uitnemendheid teksgerig!
Vir my, wat op verskillende maniere by die vestiging en evaluering van navorsing (by die RGN en vir my MA-verhandeling) oor en aanbieding van opleiding in skeppende skryfwerk vir volwassenes in Afrikaans betrokke was, is dit altyd ‘n uitdaging om uiteindelik by die skrywers en hulle werk self uit te kom om ander skrywers te help om hulle werk te slyp en vir moontlike publikasie voor te berei. Veral as redakteur van Ensovoort en van die eerste PoёsieNet op LitNet het ek baie blootstelling in hierdie verband gehad. Dit is ook belangrik om dit duidelik te stel dat dit heeltemal normaal en aanvaarbaar is om verskillede soorte hulp met jou manuskrip te kry. Agter in Loftus Marais se dubbelbekroonde Staan in die algemeen nader aan vensters (2008) word ‘n hele aantal mense bedank vir hulle hulp met die bundel. Ten opsigte van die meeste skrywers is dit ‘n totale mite dat hulle sonder enige hulp hulle werk skryf en publiseer.
II
Ek gaan nou oorsigtelik en ter inleiding individuele skrywers se werk en die soort foute waarmee die redakteur of beoordelaar van skeppende skryfwerk heel dikwels te doen het, bespreek. Ek wil egter eers iets in die algemeen sê oor die verskillende vlakke van opleiding wat vir die aspirantskrywer beskikbaar is, naamlik formele, nieformele en informele opleiding.
Vroeёr was aspirantskrywers min of meer aangewese op sogenaamde “tradisionele” vorme van opleiding of hulp, soos raad van ‘n onderwyser of dosent, in enkele gevalle die opinie of voorstelle van ‘n meer ervare (en gewoonlik heelwat ouer) skrywer wat gewillig was om kommentaar op ‘n aspirantskrywer se werk te lewer, asook keurderverslae van tydskrifte en uitgewers. Ofskoon korrespondensiekolleges ook sedert die 1950’s kursusse in skeppende skryfwerk aanbied, word die spektrum van skrywersopleiding eers sedert omstreeks die helfte van die 1980’s aansienlik uitgebrei deur vorme van opleiding wat deur universiteite, uitgewers en kultuurverenigings ingestel is. In hierdie dekade het LitNet se hulp ook bygekom.
III
In byna al die hoedanighede waarin ek by opleiding in skeppende skryfwerk betrokke was, het daar voortdurend aspekte na vore gekom of het ek waarnemings gemaak wat dalk goed kan wees in ‘n gesprek oor nuwe skryfwerk. Vir hierdie gesprek het ek my tot enkele punte beperk, naamlik dinge waarop aspirantskrywers bedag moet wees en wat hulle in gedagte moet hou voordat hulle hulle skryfwerk vir publikasie voorlê:
1) Talle gedigte (en prosawerke) word ontsier deur veralgemenings en abstraksies. Waarskynlik gee ‘n bepaalde siening oor die poёsie of selfs letterkunde tot sekere reaksies aanleiding. Die spesifieke dinge, die ding as sodanig, dit waarvoor jy ‘n naam kan gee en nuut en spesifiek kan beskryf/benoem, het veel groter kans om die leser te boei. Die gevaar bestaan weliswaar dat ons ‘n digter soos Opperman se poёtika kan verabsoluteer, maar in Afrikaanse gedigte het abstrakte selfstandige naamwoorde (die “-heid”-woorde) en woorde soos “liefde”, “siel” en “gees” min kans op sukses.
2) Die emosies word in tekste gesê in plaas van getoon. Dit gebeur dikwels in gedigte, en een van die eerste lesse wat aspirantdigters moet leer, is om hierdie emosies oortuigend aan te bied en die waarde van suggestie te leer.
3) Gebrekkige taaldissipline. In sowel gedigte as prosa sorg skrywers nie dat hulle werk tot in die vesels afgerond is nie. Heelwat manuskripte sal ‘n baie beter indruk maak indien moeite gedoen is om ten minste die spelling en grammatika te kontroleer. Enige keurder is skepties as daar basiese foute in ‘n manuskrip is. Die uitgewer gaan sekerlik help om jou foute reg te maak, maar daar is perke daaraan. Dieselfde geld vir die feitelike inhoud van jou werk. Goeie skrywers spandeer baie tyd daaraan, selfs jare en dekades!
4) Min nadenke oor wat gesê word. Aspirantskrywers besin nie altyd genoeg oor wat hulle wil sê nie.
5) Wantroue oor nuwerwetse neigings. Uitgewers kry dikwels te doen met (veral ouer?) skrywers wat nuwe neigings in die letterkunde wantrou en sterk standpunt daarteen inneem. Van die opmerkings is dat hulle nog soos A.G. Visser en Jan F.E. Celliers skryf, en rym nog soos die ouer digters gebruik. Skrywers hoef natuurlik nie alles wat nuut is vir soetkoek op te eet nie, maar naïwiteit oor nuwe tendense is gewoonlik nie ‘n goeie teken nie.
6) Te veel gedigte of verhale. Aspirantdigters en aspirantkortverhaalskrywers is geneig om te veel gedigte of verhale voor te lê en sinspeel gewoonlik dat daar “nog is”. Keurders het nie dosyne tekste nodig om ‘n skrywer se werk te kan takseer nie.
7) Plagiaat. Plagiaat is ‘n ernstige saak wat skrywers ten alle koste moet vermy. Ek het by drie geleenthede met plagiaat te doene gekry en weet hoe blootgestel sowel die skrywer as die uitgewer in hierdie verband is. My ervaring is dat skrywers wat hulle een keer hieraan skuldig gemaak het, geneig is om dit weer te doen. In ons tyd van literêre gesprekke tussen skrywers is dit nog steeds belangrik om te weet waar die grense is.
8) “Special pleading”. Skrywers probeer dikwels simpatie werf vir hulle manuskripte deur te vertel van die moeilike omstandighede waaronder ‘n manuskrip tot stand gekom het of wat aanleiding tot die skryf van ‘n teks gegee het: ‘n pynlike egskeiding, die lyding of verlies van ‘n geliefde, bankrotskap. Dit is egter die gehalte van die teks wat die uitgewer moet oortuig.
Kan ‘n skrywer opgelei word? Dit is nog steeds nie maklik om hierdie vraag te beantwoord nie. Ek het wel gebaat by die hulp wat ek in my skrywersloopbaan by ‘n hele aantal mense gekry het. Daarbenewens is dit doodgewoon opwindend om oor en met skrywers en hulle werk te gesels. Daarsonder het ons nie meer ‘n lewenskragtige letterkunde nie.
Tags: A.G. Visser, ATKV, Daydream College for Bards, DJ Opperman, Ensovoort, Hennie Aucamp, Jan F.E. Celliers, Keurderverslae, Korrespondensiekolleges, Letterkundige Laboratorium, LitNet, Loftus Marais, Opleiding van skrywers, Plagiaat, PoёsieNet, RGN, Skeppende skryfwerk, Skrywer, Staan in die algemeen nader aan vensters, Universiteit van Oxford, Universiteit van Stellenbosch, W.H. Auden Posted in Johann Lodewyk Marais | Lewer kommentaar »
Add this post to Del.icio.us - Digg
Monday, July 27th, 2009
W.H. Auden het sy pornogedig “The Platonic Blow” so ongeveer in 1948 geskryf. Dit was oorspronklik getiteld “A day for a lay” & is as tikskrif onder sy persoonlike vriendekring gesirkuleer, voordat dit in 1965, tot sy wrewel, deur die tydskrif Fuck, ‘n New Yorkse samizdat kunsblaadjie, gepubliseer is.
Alhoewel Auden nooit in die openbaar erken het dat hy die gedig geskryf het nie, was hy nietemin baie omgekrap dat Fuck dit sonder sy toestemming gepubliseer het, & nie eens die ordentlikheid gehad het om hom daarvoor te betaal nie. Toe die tydskrifredakteur aanbied om hom te vergoed, het Auden geweier om enige betaling te aanvaar aangesien hy, so het hy volgehou, nie die gedig geskryf het nie!
“The Platonic Blow” het ‘n kort & baie stormagtige openbare bestaan gevoer. Kort nadat dit gepubliseer is, is al die kopieë van Fuck tydens ‘n polisieklopjag gekonfiskeer & vernietig. Die gedig is terstond hertitel as “A gobble poem” & in 1967 deur Fuck Books in London, & in 1969 deur die tydskrif Suck in Amsterdam uitgegee. In 1970 het Guild Press ‘n spesiale geïllustreerde uitgawe daarvan gepubliseer. Die outeurskap van die vers word nie langer betwis nie, verál sedert ‘n kopie daarvan in Auden se handskrif ná Christopher Isherwood se dood tussen sy dokumente gevind is.
Die gedig is egter nie deur Auden sélf, sy eksekuteurs of enige latere samestellers by sy versamelde gedigte of gedigversamelings ingesluit nie. Wat nogal jammer is, want niks wat Auden geskryf het, was ooit weglaatbaar swak nie, & “The platonic blow” is ‘n klassieke gedig wat uit & uit Auden se stempel dra, tegnies bedrewe & m.i. ‘n waardige bydrae tot sy oeuvre, & ‘n blitskursus in tegniek & vormbeheer vir enige jong digter. Auden slaag daarin om aan die vers ‘n gespierde vleeslikheid te gee deur die gryp-&-los van binne- & eindryme, & ‘n pulserende ritme onder meer deur vernuftige enjambemente.
Enigiemand wat kans sien om dit in Afrikaans te vertaal?
~ Johann de Lange
The Platonic Blow
W.H. Auden
It was a spring day, a day for a lay, when the air
Smelled like a locker-room, a day to blow or get blown;
Returning from lunch I turned my corner and there
On a near-by stoop I saw him standing alone.
I glanced as I advanced. The clean white T-shirt outlined
A forceful torso; the light-blue denims divulged
Much. I observed the snug curves where they hugged the behind,
I watched the crotch where the cloth intriguingly bulged.
Our eyes met. I felt sick. My knees turned weak.
I couldn’t move. I didn’t know what to say.
In a blur I heard words, myself like a stranger speak
“Will you come to my room?” Then a husky voice “O.K.”
I produced some beer and we talked. Like a little boy
He told me his story. Present address: next door.
Half Polish, half Irish. The youngest. From Illinois.
Profession: mechanic. Name: Bud. Age: twenty-four.
He put down his glass and stretched his bare arms along
The back of my sofa. The afternoon sunlight struck
The blond hairs on the wrist near my head. His chin was strong,
His mouth sucky. I could hardly believe my luck.
And here he was, sitting beside me, legs apart.
I could bear it no longer. I touched the inside of his thigh.
His reply was to move it closer. I trembled, my heart
Thumped and jumped as my fingers went to his fly.
I opened a gap in the flap. I went in there.
I sought for a slit in the gripper shorts that had charge
Of the basket I asked for. I came to warm flesh, then to hair.
I went on. I found what I hoped. I groped. It was large.
He responded to my fondling in a charming, disarming way:
Without a word he unbuckled his belt while I felt,
And lolled back, stretching his legs. His pants fell away.
Carefully drawing it out, I beheld what I held.
The circumcised head was a work of mastercraft
With perfectly bevelled rim, of unusual weight
And the friendliest red. Even relaxed, the shaft
Was of noble dimensions with the wrinkles that indicate
Singular powers of extension. For a second or two
It lay there inert, then it suddenly stirred in my hand,
Then paused as if frightened or doubtful of what to do,
And then with a violent jerk began to expand.
By soundless bounds it extended and distended, by quick
Great leaps it rose, it flushed, it rushed to its full size,
Nearly nine inches long and three inches thick,
A royal column, ineffably solemn and wise.
I tested its length and strength with a manual squeeze,
I bunched my fingers and twirled them about the knob,
I stroked it from top to bottom. I got on my knees.
I lowered my head. I opened my mouth for the job.
But he pushed me gently away. He bent down. He unlaced
His shoes. He removed his socks. Stood up. Shed
His pants altogether. Muscles in arms and waist
Rippled as he whipped his T-shirt over his head.
I scanned his tan, enjoyed the contrast of brown
Trunk against white shorts taut around small
Hips. With a dig and a wriggle he peeled them down.
I tore off my clothes. He faced me, smiling. I saw all.
The gorgeous organ stood stiffly and straightly out
With a slight flare upwards. At each beat of his heart it threw
An odd little nod my way. From the slot of the spout
Exuded a drop of transparent viscous goo.
The lair of hair was fair, the grove of a young man,
A tangle of curls and whorls, luxuriant but couth.
Except for a spur of golden hairs that fan
To the neat navel, the rest of the belly was smooth.
Well-hung, slung from the fork of the muscular legs,
The firm vase of his sperm like a bulging pear,
Cradling its handsome glands, two herculean eggs,
Swung as he came towards me, shameless, bare.
We aligned mouths. We entwined. All act was clutch,
All fact, contact, the attack and the interlock
Of tongues, the charms of arms. I shook at the touch
Of his fresh flesh. I rocked at the shock of his cock.
Straddling my legs a little I inserted his divine
Person between and closed on it tight as I could.
The upright warmth of his belly lay all along mine.
Nude, glued together, for a minute we stood.
I stroked the lobes of his ears, the back of his head
And the broad shoulders. I took bold hold of the compact
Globes of his bottom. We tottered. He fell on the bed.
Lips parted, eyes closed, he lay there, ripe for the act,
Mad to be had, to be felt and smelled. My lips
Explored the adorable masculine tits. My eyes
Assessed the chest. I caressed the athletic hips
And the slim limbs. I approved the grooves of the thighs.
I hugged, I snugged into an armpit, I sniffed
The subtle whiff of its tuft, I lapped up the taste
Of its hot hollow. My fingers began to drift
On a trek of inspection, a leisurely tour of the waist.
Downward in narrowing circles they playfully strayed,
Encroached on his privates like poachers, approached the prick,
But teasingly swerved, retreated from meeting. It betrayed
Its pleading need by a pretty imploring kick.
“Shall I rim you?” I whispered. He shifted his limbs in assent,
Turned on his side and opened his legs, let me pass
To the dark parts behind. I kissed as I went
The great thick cord that ran back from his balls to his arse.
Prying the buttocks aside, I nosed my way in
Down the shaggy slopes. I came to the puckered goal.
It was quick to my licking. He pressed his crotch to my chin.
His thighs squirmed as my tongue wormed in his hole.
His sensations yearned for consummation. He untucked
His legs and lay panting, hot as a teen-age boy,
Naked, enlarged, charged, aching to get sucked,
Clawing the sheet, all his pores open to joy.
I inspected his erection. I surveyed his parts with a stare
From scrotum level. Sighting along the underside
Of his cock I looked through the forest of pubic hair
To the range of the chest beyond, rising lofty and wide.
I admired the texture, the delicate wrinkles and the neat
Sutures of the capacious bag. I adored the grace
Of the male genitalia. I raised the delicious meat
Up to my mouth, brought the face of its hard-on to my face.
Slipping my lips round the Byzantine dome of the head
With the tip of my tongue I caressed the sensitive groove.
He thrilled to the trill. “That’s lovely!” he hoarsely said.
“Go on! Go on!” Very slowly I started to move.
Gently, intently, I slid to the massive base
Of his tower of power, paused there a moment down
In the warm moist thicket, then began to retrace
Inch by inch the smooth way to the throbbing crown.
Indwelling excitements swelled at the delights to come
As I descended and ascended those thick distended walls.
I grasped his root between my left forefinger and thumb
And with my right hand tickled his heavy, voluminous balls.
I plunged with a rhythmical lunge, steady and slow,
And at every stroke made a corkscrew roll with my tongue.
His soul reeled in the feeling. He whimpered “Oh!”
As I tongued and squeezed and rolled and tickled and swung.
Then I pressed on the spot where the groin is joined to the cock,
Slipped a finger into his arse and massaged him from inside.
The secret sluices of his juices began to unlock.
He melted into what he felt. “O Jesus!” he cried.
Waves of immeasurable pleasures mounted his member in quick
Spasms. I lay still in the notch of his crotch inhaling his sweat.
His ring convulsed round my finger. Into me, rich and thick,
His hot spunk spouted in gouts, spurted in jet after jet.
|
|