Posts Tagged ‘Wilhelm Knobel’

Marius Crous. Wilhelm Knobel – `n meditatiewe worsteling met psigose

Tuesday, October 5th, 2010

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel

 

In die sesde gedig van die siklus “Bloedsteen” skryf Wilhelm Knobel:

 

 

 

       sy woorde klink nie meer nie

       het toorwoorde geword wat hól weerklink:

       die ingang van die ore is gesluit

       (maar almal praat) vir wat hý het om te sê (p. 36)

 

En hierdie woorde wil ek amper as profeties lees, as selfkommentaar deur die digter-spreker oor sy lot as digter, nie net in sy vers nie, maar ook in die gekanoniseerde poësie. Knobel se werk word deur Kannemeyer (2006: 404) as verwant aan die Nederlandse Vijftigers bestempel en hy wys ook op die temas van “die eensaamheid van die allenige mens”.   Naas “Elegie” klink Knobel se woorde nie eintlik meer in gesprekke oor die Afrikaanse poësie nie. In 2006 het die bundel Twee siklusse verskyn om Knobel, wat in 1974 oorlede is, se 70ste jaar te herdenk. In haar bespreking van hierdie bundel wys Louise Viljoen op Wilhelm Knobel se posisie binne die kanon en skryf sy soos volg: “Dit is belangrik om sy posisie tussen die ander skrywers van Sestig in kaart te bring” want volgens haar is daar by Knobel, net soos by die ander Sestigers, “`n worsteling met die spanning tussen tradisie en vernuwing”. Interessant noem Viljoen ook wat sy as “voorwerk” by Knobel bestempel, naamlik sy intertekstuele gesprekke met Breytenbach, die Katolieke mistiek wat later by Cussons sou voorkom, asook sy siektegeskiedenis wat gevolg sou word deur `n bundel soos Komas uit `n bamboesstok. Inderdaad, dit wat hy het om te sê, moet bo die gepraat van andere gehoor word.

In `n gedig soos “Vir my Moeder, Kersfees 1959” wat die Tweeluik-bundel inlei, kry die leser reeds te make met die komplekse persona van Knobel. Enersyds is hy die onderdanige seunfiguur wat vol piëteit met die moeder (en die Moeder Maria terselfdertyd) praat, maar andersyds is hy die belese digter wat die donker nag van die siel koppel aan `n reeks digtersfigure: Rilke, Supervielle, Nerval, Novalis en Achterberg – selfs so ver terug as Dante. Maar terselfdertyd is daar ook die besinning oor die metafisiese en die Calvinistiese sondebeheptheid op `n werf wat later by Cussons vol “haelwit selfgeregtigheid” sou word.

Laasgenoemde sluit aan by een van die deurlopende stylgrepe in die werk van Knobel, naamlik die verdringing van die digterlike diskoers deur die diskoers van die metafisika. So word die tikmasjien se getik verdring deur “Vader-ons in die hemel / laat u naam geheilig word” (20), met sy sielvolle toëiening van die goddelike of die aanwesigheid van frases uit die Bybel gesiteer in Latyn wat handel oor edelgesteentes.  Die gedig word in die verband dikwels `n tipe mistieke binnespraak, `n uitroep van smagting na die alomteenwoordige “Deus Omnipotens” (30).

Of soos in die gedig “Die slinkse” (31) waar die “brein se lig té helder brand” in die donker nag van die siel en daar na die talisman van die bloedsteen gesoek word. Net om verdring te word deur die superego van die Oupa wat uitroep, “Met God spring ek oor `n muur”. Ironies, want net direk daarna verwys die sprekende instansie in die gedigna die “wit pil en die blou pil” wat gesluk moet word om die stemme wat skielik “almal praat” te help verjaag.

Die bloedsteen wat as `n deurlopende simbool in die siklus voorkom, is volgens Knobel in `n nota wat ingesluit is by die bundel, vir hom “beeld van die skoonheid” of van “die skoonheid as gesuiwerde smart, of pyn’ (53).  Die spatsels rooi van die steen gloei in kontras met die groen en die steen word dus `n ineenwewing van die hartstogtelike en die afsydige. So word die magiese krag van die bloedsteen ( die ring wat die digter gedra het, het ook so ‘n steen bevat) in die gedig “Op pad na die kantoor” so verwoord:

 

Voor jy gaan:

Het jy die Bybels

En sit die bloedsteen styf om jou vinger

Die bloedsteen sal wél die pad terugvind

En rustig gloei

En woorde vooruitstuur

Om deure oop te maak

En elke obstruksie wat gelê is op jou pad

Te toor.  (42)

 

Net so word die herhalende gebruik van frases uit Kerklatyn ook aangewend as ‘n tipe besweringsmiddel teen dit wat bedreig. Elders praat die digter immers van die “bloedsteenwoorde” wat “rite” word (46) en word die poësie se rituele en magiese woordkrag beskou.

In dieselfde gedig wat ek aan die begin aangehaal het, kom die formulieragtige Kerklatyn weer sterk na vore. Die gedig word gesitueer in een van daardie abjekte ruimtes, naamlik `n kantoorgebou, en die spreker word uitgelewer aan `n groep kantoorwerkers wat hom nie verstaan nie. Sy tog deur hierdie kantoorlabirint, is erg Kafka-esk en word deurspek met sy Latynse prewelspraak. Selfs die talismansteen kan hom nie red van die aanslag nie en die Nag wat onverwyls naderkom.

Asof hy tot `n introspektiewe totstilstand kom, merk hy op:

       Jy praat te veel / ek moet luister na die stilte / één word met die Stilte. (37)

Want in die Stilte met `n hoofletter kom hy tot selfkennis en sal mettertyd soos `n soort profeetfiguur kan praat en almal sal na sy woorde luister.

Die worsteling is nie net met die self nie, maar ook “met die Dier” , die ouwêreldse serpent en diaboliese Satan en wel op die “koue sementblad”, “die vloer van die stortkamer”; `n worsteling met die innerlike demoon met wie hy in kompetisie is. Daar word ook in die gedig genoem dat hy nie soos Jakob vanouds met die Engel geworstel het nie, maar met die Dier.

Wanneer hierdie mistikus dan weer hom tot die wêreld wend, het hy “skemerende oë”, oë wat tekenend is van die innerlike omwenteling en probeer hy dit versteek agter `n sonbril (39).

In die gesprek rondom Knobel se werk word dikwels verwys na die bipolariteit en die psigotiese aard van sy persoonlikheid. Die skakel tussen psigose en kreatiwiteit is niks nuuts nie. Kaufman en Baer meen byvoorbeeld dat psigotiese persoonlikhede aangetrokke voel tot die digkuns, veral vanweë die persoonlike aard daarvan. Kreatiwiteit, die ooraktiewe verbeelding is alles kenmerkend van hierdie tipe persoonlikheidtrek. Maar soos Matthew P Rick ook tereg waarsku,  is daar `n direkte korrelasie tussen psigose en kreatiwiteit, maar die een is nie noodwendig die oorsaak van die ander nie.

Maar dis nie net die skryfdaad wat dien as `n afweermiddel om die ooraktiwiteit in die psige te besweer nie, dit is ook die musiek. Opvallend dat Beethoven en Wagner en Stravinsky, wat glo die maag omkrap (49) nie gespeel word nie, maar komponiste soos Mozart, Haendel, Bach en Vivaldi – almal trouens komponiste wat onder meer kerkmusiek gekomponeer het. Ook skilderye van Wallace, Sash, Louttre en Zuidema (51) kalmeer die gees.

Knobel se poësie lees myns insiens soos een lang vergestalting van wat Johannes van die Kruis “die donker nag van die siel” noem. Dit word `n inkantatiewe meditasie, `n byna New Age vermenging van Katolisisme, Calvinisme en `n Zen-geïnspireerde inkeer op die self en `n luister na die stilte. Tussendeur is dit asof die meditasie onderbreek word met `n egogerigte skel op kritici of op diegene wat nie die sprekende instansie verstaan nie, maar dan keer hy telkemale terug na die stilte. Grotendeels geskied hierdie meditasie tydens die skryfproses en wanneer die tikmasjien ophou tik, luister selfs die “half-verdroogde asters” in die blompot.

Hoe naby aan Johannes van die Kruis se oorspronklike teks is Knobel se werk nie. Vergelyk die openingswoorde van Johannes van die Kruis se gedig:

 

Once in a dark of night,

Inflamed with love and wanting, I arose

(O coming of delight!)

And went, as no one knows,

When all my house lay long in stilled repose

 

Of soos Knobel dit self gestel het in sy toeligting: “Ek het die stilte lief en soek dit: tog vrees ek dit, want dit verberg … die Uiteindelike en Absolute stilte.” Daarmee bevind ons onsself in die wêreld van die mistiek en die kontemplasie. Die Zen-stilte wat voortgesit sou word deur Breyten Breytenbach, die Katolieke deur Cussons of die Neo-Calvinistiese mistiek van Cloete. Gewis toorwoorde wat steeds opklink.

 

 

(c) Marius Crous 

Nota: Hierdie lesing was aangebied tydens Wilhelm Knobel 75 as deel van Versindaba 2010.

 

Wilhelm Knobel gehuldig by Versindaba

Thursday, September 16th, 2010
Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel, die vroeë Sestiger-digter, sou op 26 Oktober vanjaar 75 jaar oud geword het.

Tydens Versindaba op Saterdag 18 September sal Emeritus Professor Deon Knobel, die jongste broer van die digter, om 14.00 in die Ou Hoofgebou saam met dr. Marius Crous  van NMMU deelneem aan ʼn huldigingsprogram vir die digter. Knobel gaan oor persoonlike aspekte van sy broer se lewe praat terwyl Crous ʼn oorsig van die digter se werk sal lewer.

As jongste broer het Deon van vroeg af Wilhelm se vreugdes, teleurstellings en dikwels moeilike dae van siekte meegemaak.

Nadat sy studentejare op Stellenbosch onderbreek is deur ʼn stryd met bipolariteit, keer Wilhelm in 1955 terug na die Universiteit en behaal ongeëwenaarde sukses in sy volgende vyf jaar van studie. Twee honneursgrade – in Filosofie (1958) en Frans (1959) – word albei cum laude aan hom toegeken. Op grond van hierdie prestasies word ʼn beurs vir studie aan die Sorbonne in Parys deur die Franse regering aan hom toegeken. In 1962 vergesel Deon sy broer uit Frankryk na Suid-Afrika na ʼn massiewe bipolêre aanval en siekte.

Met die onverwagte en voortydige dood van Wilhelm op 4 Januarie 1974 op die betreklike jeugdige ouderdom van 38 jaar, het Deon onmiddellik die uitdaging en verantwoordelikheid aanvaar om toe te sien dat sy totale nalatenskap, insluitende sy versameling skilderye en veral sy nagelate dokumente en manuskripte, nie verlore gaan nie.

Sedert sy aftrede in 2004 as professor in Regsgeneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad is toegewyd aandag gegee aan die sortering, ordening en klassifisering van die groot aantal nagelate gedigte, briewe, resensies en huldeblyke wat na sy dood in die media verskyn het.

Deon Knobel het sedert 2005 reeds drie publikasies oor sy broer se werk die lig laat verskyn, naamlik Twee siklusse; en skielik is dit aand, ʼn elegiese liedsiklus deur die komponis Hendrik Hofmeyr, met vyf gedigte van Wilhelm; Wilhelm Knobel die ongewapende man – van kindertyd tot sterwenstyd, ʼn vers-biografie” waarin sy lewe en werk deur middel van sy eie gedigte weergegee word. ʼn eperkte aantal kopieë van die twee boeke en ʼn D van die liedsiklus, met die komponis aan die klavier en André Howard as bariton-solis, sal na die Versindaba-aanbieding te koop aangebied word.

Daar is reeds ver gevorder met die seleksie van gedigte vir ʼn oorkoepelende Knobel-versamelbundel, sowel as die samestelling en skryf van ʼn “plakboek-biografie”. By die Versindaba-geleentheid sal Wilhelm Knobel se dokumente amptelik oorhandig word aan die Dokumentasiesentrum van die Universiteit Stellenbosch se J.S. Gericke-biblioteek.

Klik hier vir die volledige Versindaba-program. Besprekings kan gedoen word by Computicket. Kaartjies is ook by die deur te koop.

 

@ Woordfees / Versindaba 2010

 

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wilhelm Knobel – vertaling in Engels

Wednesday, March 3rd, 2010

Wilhelm Knobel – vertaal deur Tony Ullyatt

 

carry it carefully over the stony road
 
  

 

carry it carefully over the stony road

he’ll shift in the coffin just now

and try to sit upright with his crushed-in chest

it must be stifling to lie so still

without being able to breathe

and all that earth above you perhaps

only when it’s night

can he leave his quiet resting-place

and amble over the land

and allow his eye to go over the cattle

but before daybreak begins to glow over the yard

and the first sparrows begin chirping in the orchard

he must return

and assume the prescribed position

stately

stretched out

with his hands crossed over his chest

and only a grass seed on his pajama leg

as witness to his nocturnal wandering

 

 

 

Wilhelm Knobel (26.10.1935-06.01.1974)

Six translations for the 36th anniversary of his death

 

 

Interior

 

a small swallow flies around the room

the woman in the black frock sits at the machine and works

now that he is dead the house is still

the flowers on the grave have long since wilted

day by day visitors become fewer 

the small swallow flies round the room desperately

the woman in the black frock feeds material feverishly to the needle

just now she can drink a pill with her tea

but the day is so long

in the quiet house

the cherry tree in front of the window is almost stripped bare

by weaver birds:

one day soon it will be autumn

the telephone rings and rings

the woman in the black frock weeps

 

 

 

you didn’t have a great deal when you began

 

you didn’t have a great deal when you began

a dog a lovely girl and a horse

and then you got everything

through years of hard work too, yes,

but above all inspiration and promise

the lovely girl became a woman

and children filled your house

neither of you always understood each other

but insight really comes with the years

and then, on the day of your death, you were alone

more than in the beginning

or did there perhaps for one merciful moment

flash through your brain the comforting image of

your horse and your girl and your dog

 

 

 

I wear a suit a waistcoat and a tie of yours

 

I wear a suit a waistcoat and a tie of yours

If anyone complements me on the choice of the

dark green and ochre tie

then I think contentedly

we had good taste

my father and I

because didn’t I give it to him on his last birthday

and didn’t he wear it

And when I see the slightly darker spots on the pockets

of the suit

then it does me good to know:

sometimes you also put a sweet in your pocket . . .

for later

and then forgot it

until it threaded stickily through the cloth

But mornings

as I put on the beige waistcoat

and feel its warmth through the day

I wonder

how cold you are now

or does warmth still stream out

from the idea of the fabric tight against my body

 

 

 

Archilochos of Paros is sick

 

Archilochus of Paros is sick

of living on figs and fish

and then there’s his engagement with Neoboule:

her father has long known he’s a bastard

but still without warning he

sent him on his way one day,

(there was much talk of a richer lover

but no one bothers much about rumours)

would he storm into the house with his sword

and cleave the old man’s flabby belly open

or exit suddenly for some Far Eastern lands

to forget his heart’s passion with exotic women?

you don’t have that much energy

if you have to live on figs and fish

so only satire remains:

the beautiful Neoboule with her slender body

became, in his poems, a faded courtesan

whose charms bewitched no man any longer

and then as if this didn’t satisfy his piqued reputation

he turned her into a fat prostitute

who used cheap perfume too lavishly

Now her honour is avenged

– Neoboule and her father killed themselves

to escape his scathing pen –

life on Paros is even duller now

mornings he wakes with Neoboule’s name on his lips

and evenings the seagulls on the beach call, tormenting him

Neoboule! Neoboule!

 

 

 

in recognition of an old friend

for Doctor Con

 

there was a time you said

as I sat with a glass of jeripigo in my hand

on an autumn night in Stellenbosch

it isn’t the great agonies that gnaw at a person’s life

but every day’s small frustrations

have you forgotten the small joys?

the languid sparkle of rust-brown jeripigo

the music of Vivaldi in the Boland autumn

time and again

as a new love is smothered

or a deceitful friendship stuns the heart

the familiar music brushes the curtain softly

the fragrance of decaying leaves hangs in the room

and the taste of the wine revives the tongue

distilling the pain

 

[Nagelate Gedigte (1975). Johannesburg: Perskor-Uitgewery, p. 79]

 

 

 

we thank you for your application

 

we thank you for your application to be our representative

in Postmasburg

but we doubt whether in that god-forsaken dorp

we want to be represented again

our last representative’s oranges often shrivelled on the rack

and if one or other old maid got it into her head to make marmalade

and she hammered him about not being able to satisfy her needs

should it be us who are in for it and who must pay the doctor’s bills

if we may offer you some advice, keep some frozen concentrated

orange juice in cans

now the old maids must learn once and for all

a glass of pure diluted orange juice in the morning is almost as delicious

and healthier

and if you experience problems with sales early on

you can tell people about the health benefits of citrus

and how important Vitamin C is for the daily diet

and on big occasions

– like the opening of the new school hall or when the mayor’s wife has a baby –

serve citrus instead of wine with the cheese

it’s cheaper

and its refreshing taste exactly the right thing

for the blazing heat of Postmasburg

 

 

Politieke opportunisme

Wednesday, January 20th, 2010
W.E. Henley

W.E. Henley

In gister se Nuuswekker het ek melding gemaak van die prominensie wat W.E. Henley (1849 – 1903) se gedig “Invictus” tans vanweë die gelyknamige film oor die Springbokke se wêreldbekersege in 1995 in die gemoed van onwaarskynlike poësieliefhebbers geniet. En getrou aan hul opportunistiese aard is dit veral politici wat munt hieruit probeer slaan.

Voor in die koor is dit hoeka Gordon Brown wat die reëls “In the fell clutch of circumstance / I have not winced nor cried aloud./ Under the bludgeonings of chance / My head is bloody, but unbowed.” as bron tot sy lewensinspirasie voorhou. “It is about determination. It summarises my view [of being prime minister],” het hy aan die London Times se verslaggewer gesê.

Maar, soos Daisy Goodwin in haar berig heel tereg opmerk: miskien moes hy eers die ontstaansgeskiedenis van dié gedig nagevors het alvorens hy dit in navolging van oud-president Nelson Mandela as harts-inspirasie voorgehou het.

Henley het dié gedig naamlik geskryf terwyl hy in 1870 gehospitaliseer was vir bykans twee jaar na die amputasie van sy een been en die stryd om sy oorblywende been te probeer red. Hy het tuberkulose onder lede gehad. Verdermeer is dieselfde gedig deur die bomplanter van Oklahoma, Timothy McVeigh, voorgedra enkele minute voor sy teregstelling in 2001. Selfs Jeffery Archer kon nie die versoeking weerstaan om sy eie tronk-memoirs met ‘n aanhaling uit dié gedig as motto te publiseer nie.

Alhoewel politici al te gretig is om die digkuns by te sleep wanneer hulle indruk probeer maak, geld dieselfde gode sy dank nie vir die digters wanneer hulle oor politici dig nie. Ter illustrasie plaas ek vanoggend ‘n paar aanhalings onder aan die Nuuswekker vir jou leesplesier.

***

Dan is die vreugde vandag dat dit Hennie Aucamp se verjaarsdag is … Veels geluk, Hennie. Mag daar sommer nog heelwat skryfsels voortvloei uit daai kranige pen van jou! (En onthou ook om Hennie se nuwe verse te lees indien jy dit nog nie raakgesien het nie.)

***

Op die webblad is daar wonderlike nuwe inskrywings geplaas deur Carina Stander en Ilse van Staden, terwyl Melt Myburgh op sy blog begin het met ‘n reeks besprekings oor poësie-items tydens die komende Woordfees. (Onthou: die volledige program kan hier beskou word.)

Nog ‘n vreugde vanoggend is nuwe gedigte deur Cas Vos en Marlise Joubert. En dan het ons sommer ‘n hele klomp Afrikaanse gedigte in Engelse vertaling van Tony Ullyatt ontvang. Dié vertalings sal later vanoggend hier te lese wees. Digters wie se verse geplaas gaan word, is: Jeanne Goosen, Antjie Krog, George Weideman, Wilma Stockenström, Phil du Plessis, Wilhelm Knobel, Boerneef, Breyten Breytenbach, Rosa Keet, EWS Hammond en Gisela Weingartz.

Wat ‘n ryke oes! Lekker lees aan alles en hê pret vandag.

Mooi bly.

LE

 

“Rulers who neither see, nor feel, nor know,
But leech-like to their fainting country cling
Till they drop, blind in blood, without a blow.

(Shelley, 1819)

“All I have is a voice
To undo the folded lie,
The romantic lie in the brain
Of the sensual man-in-the-street
And the lie of Authority
Whose buildings grope the sky

(WH Auden, 1920)

“… How it takes the breath away, the piss, makes of your kiss a dropped pound coin,
makes of your promises latin, gibberish, feedback, static,
of your hair a wig, of your gait a plankwalk.
How it says this – politics – to your education education education; shouts this –
Politics! – to your health and wealth; how it roars, to your
conscience moral compass truth, POLITICS POLITICS POLITICS.

(Carol Ann Duffy, 2009)

“A talented young chimpanzee
Was keen to appear on tv
He wrote to Brooke Bond
But they didn’t respond
So he had to become an MP.

(Wendy Cope)

“I wanna be the leader
I wanna be the leader
Can I be the leader?
Can I? I can?
Promise? Promise?
Yippee, I’m the leader
I’m the leader

OK what shall we do?”

(Roger McGough)

 

 

 

Wallace Stevens oor komplekse poësie

Tuesday, October 13th, 2009
Wallace Stevens

Wallace Stevens

In sy laaste blog-inskrywing aktiveer Johann Lodewyk Marais weer een van die vroegste gesprekke wat op hierdie webblad gevoer is, naamlik die tweespalt tussen toeganklike poësie en “moeilike” poësie. Is ons Afrikaanse digkuns té moeilik vir haar lesers, vra hy. Ook Bernard Odendaal het in ‘n vroeëre blog hieroor geskryf in reaksie op Jaybee Roux se gewraakte opmerkings in Die Volksblad. Daarom dat ek my oë op ‘n spits getrek het toe ek op Edward Byrne se weblog One Poet’s Notes sy inskrywing oor Wallace Stevens se korrespondensie te lese kry. Inderdaad is Wallace Stevens seker een van die mees begaafde digters wat ooit sy hand aan die woordploeg geslaan het, en saam met TS Eliot en ander tydgenootlike digters, iemand wat telkens weens sy “komplekse poësie” gekritiseer is.

Daarom wil ek vanoggend graag die volgende twee aanhalings uit Wallace Stevens se korrespondensie met jou deel:

Oor verbeelding: “When a poet makes his imagination the imagination of other people, he does so by making them see the world through his eyes. Most modern activity is the undoing of that very job. The world has been painted; most modern activity is getting rid of the paint to get at the world itself. Powerful integrations of the imagination are difficult to get away from.”

Oor kompleksiteit in die poësie: “Sometimes, when I am writing a thing, it is complete in my own mind; I write it in my own way and don’t care what happens. I don’t mean to say that I am deliberately obscure, but I do mean to say that, when the thing has been put down and is complete to my own way of thinking, I let it go. After all, if the thing is really there, the reader gets it. He may not get it at once, but, if he is sufficiently interested, he invariably gets it. A man who wrote with the idea of being deliberately obscure would be an imposter. But that is not the same thing as a man who allows a difficult thing to remain difficult because, if he explained it, it would, to his way of thinking, destroy it.”

***

Nuwe plasings op die webblad vanoggend is ‘n artikel deur Deon Knobel oor sy broer, Wilhelm Knobel, se politieke gedigte; asook twee nuwe verse deur Hennie Aucamp. Nog iets waarvan beslis kennis geneem moet word, is die verskyning van Piemp, ‘n selfpublikasie deur jong skrywers van Scottsville. In die Brieweboks is daar ‘n brief wat van Thérèse Hulme, samesteller van dié bloemlesing, ontvang is. Nog ‘n inligtingstuk is by Publikasies geplaas. Dan het Jelleke Wierenga ‘n brief op LitNet geplaas na aanleiding van die gesprek wat gevolg het op Bernard Odendaal se resensie van haar bundel, Bloot mens, en toe op LitNet voortgesit is. In dié brief maak sy ‘n aantal opmerkings rakende resensies en die ervaring daarvan deur die betrokke digter. Gaan lees dit gerus op SêNet. En moenie vergeet nie – vanaand om 22:00 is dit weer tyd vir Vers & Klank op RSG. Carina Stander gaan verse uit haar nuutste digbundel, woud van nege en negentig vlerke voorlees.

Ter afsluiting, ‘n toepaslike aanhaling; iets wat Carl Sandburg gesê het: “Poetry is a spot about half-way between where you listen and where you wonder what it was you heard.”

Met as toegif – natúúrlik, ‘n gedig deur Wallace Stevens …

Mooi bly.

LE

Of Modern Poetry

The poem of the mind in the act of finding
What will suffice. It has not always had
To find: the scene was set; it repeated what
Was in the script.
Then the theatre was changed
To something else. Its past was a souvenir.

It has to be living, to learn the speech of the place.
It has to face the men of the time and to meet
The women of the time. It has to think about war
And it has to find what will suffice. It has
To construct a new stage. It has to be on that stage,
And, like an insatiable actor, slowly and
With meditation, speak words that in the ear,
In the delicatest ear of the mind, repeat,
Exactly, that which it wants to hear, at the sound
Of which, an invisible audience listens,
Not to the play, but to itself, expressed
In an emotion as of two people, as of two
Emotions becoming one. The actor is
A metaphysician in the dark, twanging
An instrument, twanging a wiry string that gives
Sounds passing through sudden rightnesses, wholly
Containing the mind, below which it cannot descend,
Beyond which it has no will to rise.
It must
Be the finding of a satisfaction, and may
Be of a man skating, a woman dancing, a woman
Combing. The poem of the act of the mind.

(c) Wallace Stevens

Politieke satires van Wilhelm Knobel

Monday, October 12th, 2009

Deon Knobel  (Bel Monte  Kaapstad)

 

Wilhelm Knobel

Wilhelm Knobel

Dit  was met groot belangtelling dat ek in Rapport van 13 September 2009 die verhaal van Sandra Laing weer kon lees en foto’s van die gesin en haarself as volwassene kon sien.

          Enkele maande gelede het ek, ter voorbereiding van ʼn bydrae tot die mini-seminaar van Litnet, “Afrikaanse Skrywers van die Struggle”, ʼn goeie kennis van my, Mnr Mannie Brown van Tamboerskloof gevra om op die internet te gaan soek na die voorval. Hy het toe met Sandra se geskiedenis vorendag gekom. My broer, die digter Wilhelm Knobel,  het enkele politieke satiriese gedigte geskryf, wat nooit tydens sy lewe gepubliseer is nie, maar wel na sy  dood in Nagelate gedigte (Perskor 1976) . Prof. Louise Viljoen, in ʼn waardeartikel oor sy werk (2005), verwys inderdaad na dié feit:                                                     

“Sy sosiaal-kritiese verse sluit ook aan by die politiese betrokkenheid wat kenmerkend is van Sestigers se werk (dit is wel opmerklik dat die meer uitgesproke verse in sy Nagelate gedigte eerder as in Bloedsteen en Mure van mos verskyn).  Met die speelse element in sy werk staan hy – soos ander Sestiger-digters – in ’n lyn in die Afrikaanse letterkunde wat loop vanaf Visser, Leipoldt, Krige, Blum, Toerien en Breytenbach eerder as via die tradisie van Dertigers soos N.P. van Wyk Louw en Opperman.  As beeld van ’n digter wat hom in ’n oorgangstydperk in die Afrikaanse letterkunde bevind en verstegnies sowel as tematies worstel met die spanning tussen die tradisionele en die vernuwende is Knobel se oeuvre ’n besonder boeiende een wat met vrug heruitgegee sou kon word in ‘n versamelband.” 

 

Volgens Knobel se tydgenoot en goeie vriend, Jeanne Goosen, was die groep digters van die Digtersgroep van Pretoria, gestig op 21 Februarie 1966, onder leiding eers van Coenie Rudolph, later De Waal Venter en uiteindelik Ted Bonaventure Hinwood, erg bevrees vir die Veiligheidspolisie. ‘n Ander stigterslid van die Digtersgroep en groot vriend van Wilhelm, Joan Lötter, het geglo die bewering was dalk effens oordrewe, en moontlik gelyk aan ‘n voorstedelike legende. Die Nasionale Party Regering het inderdaad  nie ooghare vir hulle gehad nie, omdat hulle die Apartheidsbeleid gekritiseer het. Koot Vorster, destyds  Moderator van die NG Kerk en broer van die destydse Eerste Minister van Suid Afrika, Ben Vorster, het die Sestigers as “Vuilspuite” uitgekryt. (Die Burger 11 Junie 2008)

Wilhelm Knobel was tydens sy lewe baie bewus van die regte van alle mense, ongeag kleur en etniese afkoms, godsdiens, politieke verwantskap en geslagsoriëntasie.  Hy het dit soms selfs gewaag om aan die etenstafel met sy vader, destyds LV vir die Nasionale Party, en ondersteuner van Verwoerd en sy Apartheidsbeleid hieroor in gesprek te tree. Dit het meestal tot vuurwarm en kwaai argumente gelei, met versteuring van die andersins gemoedelike gesinsatmosfeer.

Drie van Knobel se vier Politieke satires het ’n fiktiewe karakter, Mnr X, as persoonlikheid gehad. “Mnr X” verteenwoordig inderdaad almal wat deel was, en die beleid van Apartheid, óf stilswyend, óf deur woorde en dade, ondersteun en onderskryf het.

So was daar “Toe mnr X by die Poort kom” (1969) en op voorkeur-behandeling aandring; “Elegie vir drie pasdraers – Mnr X het ʼn nuwe speletjie versin “– (1970), wat handel oor die drie swart mense wat saam met ʼn groep, omdat versuim is om ’n pas te dra,  gearresteer was en saam met heelwat ander in die vangwa gestop is. Drie is dood weens versmoring en verdrukking  en die minister het wel iets gesê soos “Dit laat my koud.”  Die gedig oor Sandra Laing “Mnr X se donker dag” (20/03/69), is die mees skreiende van die drie gedigte.

In bogenoemde  Rapport-artikel  word die tragiese verhaal van Sandra Laing vertel. Sy is weens haar velkleur en voorkoms eers uit die wit skool gesit, en het daarna vir twee jaar by die huis gebly. Op 15-jarige leeftyd het sy op ʼn swart man verlief geraak en die huis saam met hom verlaat. Sy is hierna deur  haar ouers verwerp en het by swart mense aanvaarding en ʼn tuiste gesoek en in ʼn mate gevind.  Tans is sy in Nederland vir die première van die Amerikaans/Suid-Afrikaanse dokumentêre film, Skin wat handel oor haar lewe.  Met haar bejaarde moeder, reeds nie meer ten volle bewus van haar omgewing nie, het sy wel in ʼn mate versoening gedeel, maar haar biologiese pa is oorlede voordat hulle weer kontak gemaak het. Haar twee broers, wat skynbaar albei nog lewe, wil volgens die artikel nie met haar kontak maak nie.

Die geval van Sandra Laing is op Vrydag 18 September 2009 op Beaufort Wes gebruik in ʼn lesing deur my, Deon Knobel, waar ek op uitnodiging van Emeritus Professor Henning Snyman, gepraat het oor Dood, verlies en die rouproses. Haar verlies was beklemtoon as anders, en waarskynlik erger as die dood.

Indien sy haarself, soos in die gedig voorgestel, wel vergif het, sou haar lyding geëindig het. Die verlies van haar hele familie, haar identiteit, geborgenheid, gesinsverband, en gemeenskapsverbintenis, is inderdaad erger as die dood, wat finaal is, terwyl hierdie verlies tot met haar dood sal voortduur.   In die onderhoud in Rapport word beklemtoon dat aanvaarding nog ver lê. Dit is sekerlik een van die mees tragiese voorbeelde van ‘n “Gekompliseerde rouproses” en vergifnis en aanvaarding sal waarskynlik nooit ten volle kan geskied nie.   

 

 

 

MNR. X SE DONKER DAG

 

Ontmoet Mnr. X

         ʼn man uit een stuk

ʼn man na Gods hart      

ʼn Ware Afrikaner

mnr.  X is ʼn gekwelde man vandag

dis nie dat

een van sy seuns met ʼn oorgeplante nier sit nie

wat nie aldag so mooi meer fungeer nie

(ʼn ander skenker kan immers altyd gevind word)

of dat sy broer vir ʼn hartoorplanting oorweeg word nie

(Barnard ken sy slag

en buitendien, Janneman het sy lewe tog gehad)

die probleem wat hom vandag getref het is Veel Groter:

een van sy kleinkinders is aangesê

op aandring van gebelgde ouers

om summier te trap uit die skool:

haar gelaatstrekke is onmiskenbaar Negroïed

                                                                                                                                                                                    vir watter sonde het God hom so geslaan

en hy met sy heimlike voorneme

nog nie eers met sy vrou gedeel nie

om homself as kandidaat te laat benoem in diens van sy volk

… sý volk?

rus op sy ras vir ewig die vloek van die Bloed:

dat ʼn voorsaat sonder inbors in ʼn donker verlede

die wet van die Volk en God se Gebod oortree het?

         (ʼn man is ʼn man

en ʼn meid is ’n meid

and never the twain shall mate)  

 

ʼn ander uitweg is daar nie

voor die Sondagkoerante

simpatiek of verkramp

van dié geurige happie die snuf kry

moet hy bedank

uit die Kerkraad

uit die Skoolraad

en die Volksraad … nie dit ook nog nie, goddank!

en die Plaaslike Komitee vir die Behoud van ʼn Suiwer Volk

 

kepe kerf mnr. X se voorkop                        

rook borrel in heftige dampe by dik wange verby

hy Dink                                        

destyds … voor die Swartes hom uitgeboer het

het Pietman mos in Tanzanië geboer

wie sal dit betwis as hulle sê

         sy’s ʼn aangenome kind

         van onbekende ouers

en geen produk van die Familiebloed nie?

maar dan bring die vrou met nog ʼn koppie koffie die tyding

Saartjie had haar self vergif

dis hard

                − so ʼn goeie kind                

byna soos een van ons –

maar God se weë is wonderlik …

die kepe ontspan

die rook lig

mnr. X sit sy stoel weer met vertroue vol

 

Wilhelm Knobel (20/3/69; hersien 5/6/73)

 

 

ELEGIE VIR 3 PASDRAERS

 

Mnr. X het ʼn nuwe speletjie versin

− nie-amptelik natuurlik                            

sulke dinge gebeur altyd nie-amptelik

dis juis die sports −                                 

en u sal verheug wees om te weet

dit vereis geen inspanning nie

verlig of andersins

soos trouens uit die naam steeds blyk:

Sardientjies-pak-in-‘n-Blik

die resep is eenvoudig

en die bestanddele maklik te bekom

dus geen rede waarom almal nie kan meedoen nie:

tien of wat sardientjies méér           

as die voorgeskrewe getal

(l.w. die pasdraersoort                    

dis al spesifikasie),

ʼn blik met geen ventilasie nie

(lug laat sardientjies bederf

soos almal weet

− in ʼn onlangse proef is wel                

ʼn mate van ventilasie voorsien

maar die resultate was

soos te wagte

teleurstellend)

en nou vir die volmaakproses

wat eintlik ʼn inpropproses is

as ʼn mens dit fyn ontleed

dit behoort geen probleme op te lewer nie:

almal weet tog

sardientjies het nie arms of bene nie

ʼn mens sou amper kon sê hulle is spesiaal

       gemaak

om maklik in ʼn blik te pas

en wat so gerieflik is

anders as wat by mense die geval sou wees

kan hulle sonder waardigheid

(dié begrip is vreemd aan ʼn vis)

kop by stert gelê word

om so min moontlik spasie te mors

aan die eerste dosyn is glad geen kuns nie       

en vir die kenner is dit duidelik                  

dat sardientjies vanuit ʼn teleologiese oogpunt  

tog maar hoort in ʼn blik                                                    

hierna word die eintlike bedrewenheid eers

     duidelik

… maar presies hoe dit gedoen word

verswyg ons

om u pret nie te bederf nie

ons mag net noem

− want self sou u nooit                                                     

dié diplomatiese kunsie  bedink nie

daarvoor is jare se ervaring nodig –

dat u beslis nie moet nalaat om

as die spel verby is

gepas u leedwese oor te dra aan die

   naasbestaandes nie

(anders as wat algemeen geglo word

het sardientjies wél familie)

eers dan kan u die bevrediging smaak 

van ʼn spel wat behoorlik   

volgens al die reëls gespeel is                                           (1970)

 

Dit is reeds duidelik in die voorafgaande twee gedigte dat Wilhelm Knobel groot weersin gehad het in die huigelagtige optrede van die sogenaamde bevoorregtes, wat selfs op godsdiens wou terugval  vir hulle eie wandade en  eise. Mnr X, met sy aankoms by die Poort, is inderdaad streng tereg gewys dat “almal se kleur hier dieselfde is/  – om die waarheid te sê kom dit neer op ʼn betreurenswaardige  gebrek aan kleur – dat niemand hier voorkeur geniet nie/selfs nie Calviniste nie.

 

 

TOE MNR. X BY DIE POORT KOM

                                            

toe mnr. X by die poort kom was daar ʼn effense gedrang

maar selfs sy posisie en status het niks gebaat

om vir hom ʼn plekkie voor in die ry te konkel nie

toe hy uiteindelik aan die beurt kom het hy aangedring op ʼn verklaring

Petrus was apologeties en hulpvaardig soos altyd                      

maar het hom verseker daar kan niks aan gedoen  word nie:   

omdat almal se kleur hier dieselfde is

 – om die waarheid te sê kom dit neer op ʼn betreurenswaardige gebrek aan kleur –

   is dit nutteloos om op die kosyn die kennisgewing aan te bring

Net vir Blankes

dus neem dit ʼn tydjie om vir elke nuweling die rekords na te slaan

om seker te maak of hy nie dalk ʼn pas moes dra nie         

en om vir diegene soos hy, mnr. X, te verduidelik

dat niemand hier voorkeur geniet nie

selfs nie Calviniste nie

(1969)

 

Knobel het van die dood van Ingrid Jonker met groot ontsteltenis verneem. Gedurende sy jare van verblyf in Kaapstad en besoeke aan die Jan Rabie/Marjorie Wallace en Uys Krige vriendekring, het hy Ingrid goed leer ken.  Met haar brose gemoedstoestand en haar hunkering na aanvaarding deur haar vader, die politikus, Abraham Jonker, het hy sterk geïdentifiseer. Hy het inderdaad haar digbundel en foto gekies om in die publisiteitsfoto ter bekendstelling van sy debuutbundel, Bloedsteen, (H&R 1966) gebruik te word.

 Knobel deel haar weersin in politieke ongeregtighede en in sy gedig “Limehill”, (Mure van mos, H&R 1970) opgedra aan Ingrid Jonker, word haar dood in die see by Drieankerbaai roerend beskryf. Met sterk politieke  ondertone word dan Intertekstueel verwys na “Die bloedlose  dood van één kind/ staan geskryf in bloed teen die Vaderlandslug.

 

Limehill

ter nagedagtenis aan Ingrid Jonker

 

Vreedsaam

in iedere kerk in die Republiek

in Pretoria in Postmasburg in Kaapstad

gedenk gelowiges die dood van Christus.

 

Maar uit vuilgroen waters van Drieankerbaai

kla die stem van ‘n vrou

of is dit ‘n sirene in die mis?

Die bloedlose dood van één kind

staan geskryf in bloed teen die Vaderlandslug.

 

In die son by Limehill

teken ‘n kind ‘n laer in die sand

en rustig vee hy dit

met ‘n enkele beweging van sy palm dood.

 

 

[Oorspronklik in Standpunte no 83, Jaargang XXII no 5, Junie 1969, met addisionele aanvangsvers:

 

Vir ‘n gemeenskap van daardie grootte

is so ‘n sterfte syfer slegs normaal

en toe dit nie langer klop nie …

− u het dit al geraai −

vergeleke met ander state in Afrika …

 

 

 

 

 

 

 

Johann Lodewyk Marais. Wilhelm Knobel van Bethlehem

Saturday, July 18th, 2009

Johann Lodewyk Marais

 

Met Wilhelm Knobel (1935–1974) het ek die eerste keer in koerantberigte oor die Sestigers kennis gemaak toe ek op hoërskool op Harrismith was. In daardie jare was skrywers op grond van hul teenkanting teen apartheid en sensuur baie in die nuus. Dink maar aan Breyten Breytenbach se toespraak in Februarie 1973 by die Sestigerkongres by die Somerskool van die Universiteit van Kaapstad, wat tot groot omstredenheid gelei het. Veral die nuwe, verligte Sondagkoerant, Rapport, het die leser op die hoogte van die woelinge gehou.

 

Tydens die Sestigerkongres is ’n foto van Breytenbach saam met Chris Barnard, John Miles, P.G. du Plessis, Lina Spies, Jan Rabie, Berta Smit, Hennie Aucamp, George Weideman en (byna eenkant) Wilhelm Knobel geneem. Op die foto het Knobel soos tewens byna al die ander mans ’n pak klere en ’n das aan en dra hy ’n sonbril. Dit was ’n era toe skrywers nog ’n “sense of occasion” moes gehad het. Breytenbach en Miles was die enigstes sonder das! Hierdie foto het lank my visuele beeld van Knobel bepaal.

 

In hierdie tyd, waarskynlik in 1973, het Knobel ’n keer in my klas ter sprake gekom. Die skoolhoof, mnr. Johan Steyl, ’n oud-Vrystaatse rugbyspeler, het met die st. 8-klas oor die vorige kwartaal se punte en ons vakkeuses kom praat. Met sy borselkop, staalblou oë en regop houding het Steyl gesag afgedwing en dissipline streng toegepas.

 

Steyl was sterk partydig vir wiskunde. Ter illustrasie het hy verwys na ’n leerling wat op Bethehem, die buurdorp waar hy elf jaar lank wiskundeonderwyser aan die Hoërskool Voortrekker was, hom gevra het waarom jy wiskunde op skool moet neem as jy nie in hierdie rigting gaan studeer nie. Steyl het nie van die vraag gehou nie, waarmee seker nie fout gevind kan word nie, en duidelik onvleiend verwys na een van die Sestigerskrywers en dié se foto wat onlangs in die koerant saam met dié van die ander Sestigers verskyn het. Die Sestigerskrywer waarna Steyl verwys het, was gewis Wilhelm Knobel.

 

Sestigerskrywers was in daardie jare omstrede, selfs op skool. In my Afrikaans-onderwyser, mnr. Cas Steenekamp, se klas was daar iets van ’n openlike stryd teen hierdie skrywers. Behalwe die berigte in die pers het die Broederbond agter die skerms ’n verbete stryd teen die invloed van die Sestigers gevoer, wat tot in die Afrikaans-klaskamer deurgewerk het. (Dit is ’n stuk geskiedenis waaroor ek nog uitvoeriger wil skryf.) Ek volstaan egter deur te sê dat Knobel ’n vae bekende was toe ek van sy onverwagse dood in Januarie 1974 gehoor het.

 

Die eerste bundel wat ek van Knobel besit het, het ek by die lank reeds vergete tak van Perskor in Andriesstraat in Pretoria gekoop. Dit was die Nagelate gedigte wat deur Knobel se jongste broer, Deon Knobel, versorg is en in 1976 deur Perskor gepubliseer is. Veral die biografiese inleiding tot die bundel het my belangstelling in hierdie skrander man geprikkel, terwyl die voorbeelde van sy handskrif my gefassineer het. (Die gedigte was ongelukkig nie op dieselfde peil as dié in die twee bundels wat tydens sy leeftyd verskyn het nie.) Uit die inleiding en die gedigte self kon ’n mens aflei dat Knobel ’n nogal moeilike lewe gehad het en dat veral sy laaste lewensjare nie maklik was nie.

 

As boorling van die Oos-Vrystaat het Knobel my nog altyd geboei, maar tot dusver is geen indringende aandag aan sy werk gegee nie. Selfs sy mede-Sestigers wat oor sy dood getreur en gesê het dat hy ’n betekenisvolle bydrae gelewer het, het min gedoen om sy lewe en werk aan ons bekend te maak nie.