Posts Tagged ‘William Blake’

Die dood van die flâneur

Monday, August 30th, 2010

I

Terug in my hotelkamer (in Notting Hill) na ‘n dag van baie stap. My voete en my bene pyn behoorlik. Ek het ‘n vae idee gehad van waar ek heen wou loop (van Bloomsbury na Trafalgar Square; van Trafalgar na die Tate Modern; van die Tate na die Southwark Cathedral; van Southwark met die moltrein na Islington, om dan daar redelik doelloos maar deeglik te eksploreer). Nie net het ek die afgelope twee dae groot afstande per voet deur die stad afgelê nie, maar sekerlik ook kilometers opgestapel deur van een uitstalkamer na ‘n ander te loop in die National Museum en die Tate Modern.

 

II

I wander thro’ each charter’d street,

Near where the charter’d Thames does flow.

And mark in every face I meet

Marks of weakness, marks of woe.

(William Blake, uit London)

 

III

Dit bly ‘n voorreg om die bekende skilderye van Vermeer, Rembrandt, Monet, Picasso ens. te kan sien (reproduksies in boeke is maar net nie dieselfde nie: jy moet die kwashale kan síén) maar daar is ook so baie wat vir my totaal nuut is – veral in die manjifieke Tate Modern. ‘n Stel skilderye wat my vandag besonder getref het, is die Duitse kunstenaar Gerhard Richter se post-ekspressionistiese reeks Cage (1-6). Dit bestaan uit ses groot doeke (seker amper 3mx3m) waarop die skilder laag op laag verf eers aangebring het en dan telkens weer deels afgekrap het, om sodoende verrassende en onbeplande patrone en kleurskakerings te onthul. Die reeks is na die Amerikaanse komponis John Cage vernoem omdat Richter, soos Cage, probeer werk met kans en toevallige kombinasies. Hier is ‘n interessante aanhaling deur Richter: “I don’t know what I want; I am inconsistent, non-committal, passive; I like the indefinate, the boundless; I like continual uncertainty.”

 

IV

 

Dansend in Londen

Dansend in Londen

 

 

V

Besef pas ek het nog nie ‘n geprek met ‘n ander mens gevoer sedert ek Vrydagmiddag in Stellenbosch vir Claire totsiens gesê het nie. Ek praat nou nie van interaksies met kelners en so aan nie, maar van werklike gesprekke. Dit is asof ek vastend is. Ek is besig met ‘n gespreks-detox. Almal het dit nou en dan nodig. Almal moet soms ‘n vreemde stad invaar. Of ‘n bekende stad herontdek. Laat jouself meesleur deur die skares; soek die stil strate op waar jy jou voetstappe kan hoor op die teer; hou mense dop met nuuskierigheid en ‘n vrygewige verbeelding. ‘n Stad is meer as monumente en museums. ‘n Stad is mense en mobiliteite, al die miljoene trajekte van weggaan, besoek en tuiskoms, al die vullis en  verdwaal, al die eenselwighede en al die skitterende klein verrassings.

 

VI

Op die oewer van die Teems

Op die oewer van die Teems

 

 

VII

“Not to find one’s way in a city may well be uninteresting and banal. It requires ignorance – nothing more. But to lose oneself in a city – as one loses oneself in a forest – that calls for quite a different schooling. Then signboards and street names, passers-by, roofs, kiosks, or bars must speak to the wanderer like a cracking twig under his feet, like the startling call of a bittern in the distance, like the sudden stillness of a clearing with a lily standing erect at its centre.” (Walter Benjamin)

 

VIII 

Protesaksie in Londen

Protesaksie in Londen

 

IX

In ‘n land soos ons s’n, Suid-Afrika, met sy gebrekkige openbare vervoer, dikwels onderontwikkelde (en gerassifiseerde) openbare ruimtes en endemiese geweld, is hierdie soort stappende toe-eiening van ‘n stedelike ruimte, die terugdwing van stedelike ruimte tot ‘n (mede-)menslike skaal, hoegenaamd moontlik? Of is hierdie net ‘n eurosentriese nostalgie?

 

X

Hy’s glo getref deur ‘n dwaalkoeël –

maar wie weet uit watter geweer?

Daar op die sypaadjie in ‘n poel

bloed lê hy: die flâneur.

Brittanje se gunstelingdigters

Monday, October 12th, 2009
TS Eliot

TS Eliot

Na ‘n maandelange veldtog en 18,000 stemme om die mees gewilde digter in die Britse digkuns te bepaal, het die BBC verlede Donderdag tydens hul Nasionale Gedigtedag bekend gemaak dat TS Eliot die meeste stemme gekry het. Hy word gevolg deur John Donne, Benjamin Zephaniah (’n rastadigter van Birmingam), Wilfred Owen, Philip Larkin, William Blake, WB Yeats, John Betjeman, John Keats en Dylan Thomas. Opvallende name wat ontbreek in dié lys van gunstelingdigters is uiteraard eietydse digters oos Seamus Heaney en Carol Ann Duffy (tans poet laureate); asook immergewilde digters soos Sylvia Path, Ted Hughes en WH Auden.

Die 3de plek wat Benjamin Zephaniah inneem, kom nogals vreemd voor aangesien die hele fenomeen van rastafariërs met hul gepaardgaande rap poetry a la Linton Kwesi Johnson in ons eie digkuns maar skaars is … Waarskynlik is die enigste voorbeeld wat ons hiervan het, die enigmatiese Jitsvinger (Quintin Goliath) uit die Kaapse Vlakte en Yabadaka Shamah, wie se verse in My ousie is ‘n blom (2006: Snailpress, saamgestel deur Charl-Pierre Naudé) opgeneem is. (Toegegee, die verse in die bloemlesing is waarskynlik nie die suiwerste voorbeeld van Yabadaka se rasta-gerigtheid nie, maar sy impromptu optrede tydens die Versindaba van daardie jaar was beslis onverdunde rap.) Aan die Engelse kant van die draad is daar natuurlik meer voorbeelde, met Lesego Rampolokeng as die onbetwiste kroonprins van die spoegpraters; soos Andries Bezuidenhout en ander wat by die onlangse Bekgeveg by WITS betrokke was, waarskynlik sou agtergekom het. Dié man is in ‘n klas van sy eie, vermoed ek. Veral wanneer hy musiek met sy voordrag begin kombineer …

Nietemin, as voorbeeld van Benjamin Zephaniah se digkuns volg daar ‘n vers, Dis poetry, heelonder. Maar is dit?! Persoonlik wil ‘n mens amper binnebeks grom: Dis g’n poetry. Of wat praat ek nou?!

***

Ten slotte - nuwe toevoegings sedert Vrydag op die webblad is Carl-Pierre Naudé se inskrywing wat hy in reaksie op Neville Alexander en Gerrit Brand se deelname aan die pasafgelope Roots-kunstefees geplaas het; ook Andries Bezuidenhout se entoesiastiese vertelling van hoe plesierig Oopmond inderdaad was terwyl Johann Lodewyk Marais wat weer vra of die Afrikaanse digkuns dalk te moeilik is.

Mmm, lekker lees en geniet die week wat op hande is …

Mooi bly.

LE 

Dis poetry

Dis poetry is like a riddim dat drops
De tongue fires a riddim dat shoots like shots
Dis poetry is designed fe rantin
Dance hall style, big mouth chanting,
Dis poetry nar put yu to sleep
Preaching follow me
Like yu is blind sheep,
Dis poetry is not Party Political
Not designed fe dose who are critical.
Dis poetry is wid me when I gu to me bed
It gets into me dreadlocks
It lingers around me head
Dis poetry goes wid me as I pedal me bike
I’ve tried Shakespeare, respect due dere
But did is de stuff I like.

Dis poetry is not afraid of going ina book
Still dis poetry need ears fe hear an eyes fe hav a look
Dis poetry is Verbal Riddim, no big words involved
An if I hav a problem de riddim gets it solved,
Iove tried to be more romantic, it does nu good for me
So I tek a Reggae Riddim an build me poetry,
I could try be more personal
But you’ve heard it all before,
Pages of written words not needed
Brain has many words in store,
Yu could call dis poetry Dub Ranting
De tongue plays a beat
De body starts skanking,
Dis poetry is quick an childish
Dis poetry is fe de wise an foolish,
Anybody can do it fe free,
Dis poetry is fe yu an me,
Don’t stretch yu imagination
Dis poetry is fe de good of de Nation,
Chant,
In de morning
I chant
In de night
I chant
In de darkness
An under de spotlight,
I pass thru University
I pass thru Sociology
An den I got a dread degree
In Dreadfull Ghettology.

Dis poetry stays wid me when I run or walk
An when I am talking to meself in poetry I talk,
Dis poetry is wid me,
Below me an above,
Dis poetry’s from inside me
It goes to yu
WID LUV.

(c) Benjamin Zephaniah