Posts Tagged ‘Wislawa Szymborska’

Wislawa Szymborska. Sounds, feelings, thoughts

Friday, March 5th, 2010
Omslag

Omslag

Dit is vry algemeen bekend dat die Poolse digkuns van die mees dinamiese en gewilde in die wêreld is, en sonder twyfel is die Nobelpryswenner, Wisława Szymborska, die helderste juweel in hul kroon. ‘n Mens kan jou wel afvra waarom dit die geval is aangesien die meeste van haar mees entoesiastiese ondersteunings haar gedigte net in vertaling kan lees. Een verklaring is moontlik die volgende, soos verwoord deur Scott Spires: “Polish poets tend to be less word-drunk than their Russian counterparts, perhaps due to the differing qualities of their respective languages, and Szymborska is one of the most sober of all in this regard. Her work is unpretentious, free of unnecessary adornment, and invariably thoughtful. Language is her assistant, rather than a selfish entity which always wants to be the center of attention.”

By Szymborska gaan dit dus primêr oor die “idee” en nié soseer oor die spel met woorde nie. En dít verklaar na alle waarskynlikheid waarom haar verse so maklik (en goed) vertaalbaar is. Daarom ook dat daar etlike bloemlesings met haar poësie in vertaling in die handel beskikbaar is, maar die een wat my telkens winduit slaan, is die tweetalige Sounds, Feelings, Thoughts - Seventy poems by Wislawa Szymborska, wat deur Magnus J. Krynski en Robert A. Maguire vertaal is en deur die Princeton University Press uitgegee is. Wat hierdie bloemlesing verder besonders maak, is dat dit uitsluitlik haar vroeëre poësie, 1957 tot 1979, byeenbring.

Die waarde van dié besonderse publikasie word myns insiens besonder goed weerspieël deur twee anonieme kommentare op Amazon.com se webblad waar ek gaan snuffel het na meer inligting oor die boek: “Wisława Szymborska writes with the wit and freshness of the American beat poets, layered with the sence of history and emotional depth that can only come from living through the last seventy years of turmoil in Europe. She has a very musical style. She begins by building descriptive lines, then rises to a staccato rediscovery of her subject, then resloving each poem with a kind of rational passion that is rare in even the most accomplished poets. More poems are offered in View with a Grain of Sand, but not with the level of quality of translation. Highly recommened for those who do not want sentimentality, endless rhyming and dull subject matter. Szymborska is deserving off all of the attention she is finally receiving, and more.” En dan ook nog - “Of all the compilations, I prefer this one as it gives you both the original Polish as well as the translated English. So if you are feeling ambitious, you can take a stab at the Polish. This is the best translation of her work by far - it retains the lyrical intent of the author without being too literal. The poetry dances off your toungue and into your mind.”

En daarvoor kan ek nie anders as om hande te klap nie.

Inderdaad, ‘n wonderlike, leesbare vertaling.

Soos gebruiklik volg ‘n gedig onder aan vanoggend se Nuuswekker vir jou leesplesier.

***

Nuut op die weblad vanoggend is nuwe blogs deur Desmond Painter en Adolph van Coller, asook twee nuwe gedigte deur Ilse van Staden. In Brieweboks is daar ook nog die vers as huldeblyk wat Floris Brown ter herinnering aan Leonard Koza, wat onlangs oorlede is, geskryf het. 

En dan verjaar twee digters vandag, te wete Charles Fryer en Loftus Marais, terwyl Lina Spies, wie se keur Die skyn van tuiskoms vroeër vandeesweek by die Woordfees bekend gestel is, môre verjaar. Veels geluk, julle. Mag die nuwe lewensjaar julle telkens verras met vreugde en onvergeetlike gedigte.

Mooi bly.

LE 

 

Under a certain little star

My apologies to chance for calling it necessity.
My apologies to necessity if I’m mistaken, after all.
Please, don’t be angry, happiness, that I take you as my due.
May my dead be patient with the way my memories fade.
My apologies to time for all the world I overlook each second.
My apologies to past loves for thinking that the latest is the first.
Forgive me, open wounds, for pricking my finger.
I apologize for my record of minutes to those who cry from
the depths.
I apologize to those who wait in railway stations for being asleep
today at five a.m.
Pardon me, hounded hope, for laughing from time to time.
Pardon me, deserts, that I don’t rush to you bearing a spoonful
of water.
And you, falcon, unchanging year after year, always in the
same cage,
your gaze always fixed on the same point in space,
forgive me, even if it turns out you were stuffed.
My apologies to the felled tree for the table’s four legs.
My apologies to great questions for small answers.
Truth, please don’t pay me much attention.
Dignity, please be magnanimous.
Bear with me, O mystery of existence, as I pluck the occasional
thread from your train.
Soul, don’t take offense that I’ve only got you now and then.
My apologies to everything that I can’t be everywhere at once.
My apologies to everyone that I can’t be each woman and
each man.
I know I won’t be justfied as long as I live,
since I myself stand in my own way.
Don’t bear me ill will, speech, that I borrow weighty words,
then labor heavily so that they may seem light.

© Wisława Zsymborska

 

Wislawa Szymborska – Vertaling in Afrikaans

Monday, December 14th, 2009

Wislawa Szymborska – Vertaal deur Henning Pieterse

 

 

Geen titel benodig nie

Wislawa Szymborska

 

 

Dit het gebeur: ek sit onder ’n boom

langs ’n rivier

op ’n sonnige oggend.

Dis ’n onbenullige gebeurtenis

wat nie opgeteken sal word in die geskiedenis nie.

Dis nie soos oorloë of verdrae

waarvan oorsake noukeurig ondersoek word,

of merkwaardige tirannemoorde nie.

 

En tog sit ek langs hierdie rivier, dis ’n feit.

En omdat ek hier is,

moet ek van êrens af gekom het,

en voor dit

moet ek in vele plekke verskyn het,

net soos die oorwinnaars van koninkryke

voordat hulle uitgevaar het.

 

Selfs ’n vlietende oomblik het sy vrugbare verlede,

sy Vrydag voor Saterdag,

sy Mei voor Junie.

Sy horisonne is net so werklik

as dié wat ’n maarskalk se verkyker mag bespied.

 

Hierdie boom is ’n populier met oeroue wortels.

Die rivier is die Raba; dit het nie gister ontspring nie.

Die pad deur die ruigte

is nie verlede week gebaan nie.

Die wind moes die wolke eers hierheen waai

voordat hy hulle kon wegwaai.

 

En alhoewel niks gewigtig hier naby gebeur nie,

is die wêreld daardeur nie behoeftiger aan besonderhede nie.

Dit is net so begrond, net so noukeurig

as toe nomade dit oorwin het.

 

Sameswerings is nie al wat in stilte gehul word nie.

Optogte van redes sleep nie slegs agter kronings aan nie.

Herdenkings van revolusies mag aanrol,

maar so ook spoelklippies wat die baai omsirkel.

 

Die tapisserie van omstandigheid is verwikkeld en dig.

Die mier se soom in die gras.

Die gras gestik in die grond.

Die patroon van ’n golf geborduur deur ’n tak.

 

So gebeur dit net dat ek is en ek kyk.

Bokant my fladder ’n wit skoenlapper deur die lug

met vlerke wat heeltemal syne is,

en die skaduwee wat deur my hande skeer

is slegs dit, niemand anders s’n nie, net syne.

 

Wanneer ek sulke dinge sien, is ek nie meer so seker

dat wat belangrik is meer belangrik is as die onbelangrike nie.

 

Szymborska se nuwe bundel

Thursday, November 19th, 2009
Wislawa Szymborska (Foto © PAP/ Jacek Bednarczyk)

Wislawa Szymborska (Foto © PAP/ Jacek Bednarczyk)

Nie net is Wislawa Szymborska (86) een van die mees gewilde en geliefde wenners van die Nobelprys vir Letterkunde (1996) nie, maar haar bundelverkope is sodanig dat dit besonder goed vergelyk met die beste romanverkope in Pole.  Interessant genoeg is haar reputasie wêreldwyd gebaseer op ‘n besonder klein oeuvre: rondom 250 gedigte. Maar in haar 86ste lewensjaar verras sy ons met ‘n nuwe digbundel, Tutaj, wat pas in Nederlandse vertaling met die titel Hier verskyn het. Die vertaling is gedoen deur Karol Lesman en die bundel word deur De Geus uitgegee. Sover ek kon vasstel het dié gedigte nog nie in Engels verskyn nie.

Ter viering van dié besonderse digter plaas ek graag die (lang) titelgedig hieronder. Nog verse is te lees op Athenaeum se webblad.

***

Nog ‘n lang gedig wat vandag op die webblad verwelkom kan word, is Allen Ginsberg se beroemde gedig Howl”. Johann de Lange het die vertaling gedoen. In sy voetnoot tot die vertaling, sê Johann die volgende: “Ek het hierdie vertaling in 1997, sowat ‘n jaar voor Ginsberg se dood, begin en dit is nog steeds ‘n werk onder konstruksie. Die vertaling van poësie is eintlik ‘n onbegonne taak & om Ginsberg se legendariese & uiters idiosinkratiese gedig in Afrikaans te probeer weergee, is onmoontlik. Ek hoop nietemin ek het daarin geslaag om plek-plek ‘n glimmering van die oorspronklike vas te vang en lesers ‘n gevoel te gee van ‘n grootse, werklik tydlose, rewolusionêre gedig. ‘n Profetiese gedig wat vandag nog net so relevant is as toe dit geskryf is in 1955.”

Gaan lees gerus die volledige vertaling hier.

***

Op sy blog het Andries Bezuidenhout nog ‘n aflewering in sy reeks oor historiese Johannesburg geplaas; asook nuus van Karel Schoeman se Hierdie lewe” wat so pas ‘n belangrike prys in Frankryk gewen het.

Lekker lees aan alles, en onthou: die Versindaba is op hande! Maak seker dat jy jou kaartjies betyds bespreek … Inderdaad is dit ‘n geleentheid wat jy nié wil mis nie.

Mooi bly.

LE

 

Hier

Ik weet niet waar nog meer,
maar hier op aarde is genoeg van alles.
Hier maakt men stoelen en verdriet,
schaartjes, violen, tederheid, transistors,
stuwdammen, grappen, kopjes.

Misschien dat elders van alles meer is,
alleen ontbreken daar om bepaalde redenen schilderijen,
kinescopen, noedels, tranendoekjes.

Hier is een overvloed aan plekken met omgeving.
Op sommige kun je bijzonder gesteld raken,
ze op jouw manier benoemen
en behoeden voor het kwade.

Misschien zijn elders soortgelijke plekken,
alleen vindt niemand die mooi.

Misschien als nergens anders of zelden ergens
heb je hier een eigen romp,
en daarbij de nodige attributen
om bij kinderen van anderen die van jezelf te voegen.
En verder handen, benen en een verbaasd hoofd.

Onwetendheid hier is aldoor in de weer,
telt voortdurend iets, vergelijkt, meet,
trekt daaruit conclusies en wortels.

Ik weet het, ik weet wat je denkt.
Niets hier is blijvend,
want voor eeuwig en altijd in de macht der elementen.
Maar zie - elementen raken snel vermoeid
en moeten soms lang rusten
tot de volgende keer.

En ik weet wat je nog meer denkt.
Oorlogen, oorlogen, oorlogen.
Maar ook daartussen doen zich pauzes voor.
Geef acht - de mensen zijn slecht.
Plaats rust - de mensen zijn goed.
Op geef acht produceert men woestenijen.
Op plaats rust worden in het zweet des aanschijns huizen gebouwd
en raken snel bewoond.

Het leven op aarde is tamelijk goedkoop.
Voor dromen bijvoorbeeld betaal je hier geen cent.
Voor illusies - pas als je ze kwijt bent.
Voor het hebben van een lichaam - alleen met dat lichaam.

En alsof dat nog niet genoeg is
draai je zonder kaartje mee in een carrousel van planeten,
en samen met haar, zwart, in een storm van melkwegstelsels,
door tijden zo duizelingwekkend,
dat niets hier op aarde daar zelfs maar van trillen kan.

Want kijk maar eens goed:
de tafel staat waar hij stond,
op de tafel ligt een briefje, zoals daar neergelegd,
door het open raam een vleugje van enkel lucht,
en in de muren geen vervaarlijke spleten,
waardoor je nergens heen zou kunnen waaien.

© Wislawa Szymborska (Uit: Hier, 2009: De Geus)

‘n Vertaling van ‘n vertaling

Monday, June 8th, 2009

Bernard Odendaal het op sy blog geskryf dat om ʼn vertaling van ʼn vertaling te lees is soos om iemand deur ʼn dubbele sluier te soen. My Pools is egter so swak dat ek nooit sal kan droom om hierdie een se oorspronklike weergawe te lees nie. Iets sê ook vir my dat Afrikaans se klankkwaliteit die grinterigheid van hierdie gedig beter kan raakvat as Engels. Ek wou egter nie die onsydige vorm in Engels na die manlike vorm in Afrikaans verander nie, wat grammatikaal beter sou werk. Ek weet nie wat die geval in Pools is nie. My vertaling is van ʼn vertaling deur Stanislaw Barańczak en Clare Cavanagh. Aanvaar tog maar my poging as ʼn stukkie onvolmaakte bewondering vir die wysheid van hierdie fenomenale digter. Ek hoop nie sy gee om nie.

HAAT

(ʼn Vertaling van ʼn vertaling van ʼn gedig deur Wislawa Szymborska)

Kyk hoe doeltreffend is dit steeds,
hoe dit sigself lenig hou –
die haat van onse eeu.
Hoe maklik wip dit nie oor die hoogste hindernisse nie.
Hoe vinnig bespring dit ons nie, snuffel ons uit.

Dis nie soos ander gevoelens nie.
Beide ouer en jonger tegelyk.
Dit gee self geboorte aan die redes
wat dit aan die lewe hou.
As dit slaap, rus dit nooit vir altyd nie.
En slapeloosheid maak dit nie moeg nie; dit soog dit.

Een godsdiens of ʼn ander –
wat dit ook al oorhaal, laat aanlê.
Een vaderland of ʼn ander –
wat dit ook al ʼn voorsprong gee.
Vir eers werk geregtigheid ook goed
tot haat ʼn eie momentum kry.
Haat. Haat.
Die verdraaide gesig met ʼn grynslag
vol erotiese ekstase.

O hierdie ander gevoelentjies,
lustelose swakkelinge.
Wanneer het broederskap al ooit
gehore versamel?
Het meegevoel
al eerste gekom?
Sal twyfel werklik die gepeupel opsweep?
Slegs haat het net wat dit vat.

Talentvol, pligsgetrou, hardwerkend.
Is dit eers nodig om al die komposisies op te noem?
Al die bladsye tot ons geskiedenis toegevoeg?
Al die menslike matte wat dit gegooi het
oor menige stadsplein en voetbalveld?

Wees nou eerlik:
dit weet hoe om prag te skep.
Die asemrowende vuurgloed in middernaglug.
Manjifieke bomme wat teen skemer bars.
Die inspirerende patos van ruïnes kan jy nie ontken nie
en ʼn bepaalde ontugtige humor te vinde
in die stewige pilaar wat uit hul midde punt.

Haat is die meester van kontraste –
tussen ontploffings en doodse stiltes,
rooi bloed en wit sneeu.
Bo alles word dit nooit moeg
van die leitmotif nie – laksman
wat bo ʼn bekakte slagoffer uittoring.

Dis altyd gereed vir nuwe uitdagings.
As dit ʼn bietjie moet wag, sal dit.
Hulle sê dis blind. Blind?
Dit het ʼn skerpskutter se honger visier
en staar stip die toekoms in
soos net dit kan.