Daar is vanjaar, benewens ons gewone aanbod, twee Versindaba-aktiwiteite waaraan ons lesers kan deelneem. Desembergedig Skryf ‘n gedig oor enige iets wat jy met Desember assosieer en stuur dit aan Die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com Gedigte moet elk afsonderlik as ‘n Word-dokument by ‘n e-pos aangeheg wees. Gebruik asseblief Arial 11-punt, enkelspasiëring. 2. Leesverslag Skryf…
Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
Digters skryf soms verse oor hul kollegas en skep sodoende ’n alternatiewe literatuurgeskiedenis wat ’n nuwe of aweregse lig op ’n tydperk of genre kan werp. Dit is beslis waar in die geval van Hennie Aucamp. Die vroegste gedig wat ek kon opspoor waarin Hennie Aucamp sy verskyning maak, is Barend J. Toerien…
Jacques Boshoff. Die hond in Desember
Desembergedig Die hond in Desember Die dag begin. Die hond buk toe-oë oor sy bak, asof hy bid voor hy eet. Hy volg die oggendson, jaag geelvinke en akkedisse, loop om die swembad, getrou langs die Kreepy se sirkelpad. Hy speel op sy eie met ‘n tak en tennisbal, bring ‘n…
Elisma van Zyl. My Magnificat
Desembergedig My Magnificat dit was ‘n stille nag in Afrika die jare het net begin loop oor velde wyd en oop weerklink haar stem uit Nasaret “Hy het Isreal te hulp gekom geslagte sal my onthou vir Sy guns my toegekom Gloria in excelsis deo!” dit was ‘n stille nag in Afrika…
Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
Die Evangelies-Lutherse Christuskirche in Windhoek het ek van Suidwes-Afrika se seëls leer ken. Die kerk is op ’n helling in Sentraal-Windhoek in die nieu-romantiese styl met sandsteen uit die omgewing gebou. In die gewelfde sygewels en boogvensters is elemente van die “Jugendstil”-styl. Bouwerk aan die kerk het in 1907 begin en die kerk is…
Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
Resensie: waar daar eens ’n see was deur Jennifer Pape. Turksvy Publikasies, 2025 Resensent: Nini Bennett-Moll Jennifer Pape is gebore op Hennenman in die Vrystaat. Sy verwerf ’n BSc-Honneurs in Geologie aan die UOVS en later ’n MSc in Geochemie aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy skryf sedert haar studentejare gedigte,…
Linette van der Merwe. Kersfees
Desembergedig Kersfees Kwêvoëls kondig krysend met eerstelig die soveelste kersdag aan rooiborsduiwe lag oor die saligheid voor families met feestelike oordaad van spys en drank eerbewys bring aan die enigste seun van die mens seun van God © Linette van der Merwe, 2025
Elmarie Stofberg. Gardenia Jasminoides
Desembergedig Gardenia Jasminoides in die fleur van ons huwelik plant ons net buite ons kamervenster twee tingerige Gardenia Jasminoides ons eie Kaapse jasmyn met emmers vol reënwater doop ons hulle Katjie en Piering hulle word die mooiste meisies wat Desembers roomwit blom en oral waar hulle kom ruik jy katjiepiering sagsoet soos…
Krige Visser. lykskou
lykskou ant Miemie Ouma se oujongnooi sus was tot haar dood by ons aan huis broer André tóé sewe wys my twee jaar jonger hoe mens onder haar nagrok in kan koekeloer as sy tande by die wasbak borsel sy sou Krismismaand op die plaas gaan rus almal ry die stofpad Knydas…
