Andries Bezuidenhout. Al is die maan ‘n misverstand

Ek het Danie Marais se nuwe digbundel “Al is die maan ʼn misverstand” by die KKNK in Oudtshoorn aangeskaf en lees steeds daaraan. Een van die toetse vir ʼn digbundel is of ʼn mens dit weer wil lees ná die eerste lees. Ek het vanoggend op Bernard Odendaal se resensie van die bundel afgekom. Lees dit hier. Ongelukkig, as ek in Johannesburg (in plaas van Trompsburg) is, kan ek nie die Volksblad op dooie bome lees nie. Die internet moet maar doen. Ek hou baie van die resensie omdat Bernard Odendaal die bundel “oopskryf” vir voornemende lesers. Hy wys hoe dit by Danie se eerste bundel aansluit en identifiseer die temas wat die verse saambind. Die resensie is nie sonder kritiek nie, maar die kritiek is ewewigtig, dink ek.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •