Andries Bezuidenhout. Tretchikoff gaan vir R2.9 miljoen

By ʼn braai gesels iemand oor Breyten Breytenbach se bundel “Die ysterkoei moet kreun”. Almal lag. Iemand anders vertel toe dat hy een keer ʼn persoon ontmoet het wat nie van Tom Waits se musiek hou nie. “Ek luister net klassieke musiek,” het die persoon gesê. “Nou van watter komponiste hou jy?” wou almal weet. Die antwoord: “Uhm, wel… Mozart, Beethoven en Tretchikoff…”

Ek sien “Lost Orchid” van laasgenoemde komponis is gisteraand vir R2.9 miljoen verkoop. Dit het aan Brett Kebble behoort. Die skildery se geraamde waarde was R1.2 miljoen.

Bookmark and Share

Comments are closed.

  •