Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 May 2009

Donderdag, 28 Mei 2009

Vandag is dit presies ‘n maand sedert ons hierdie webblad op die internet aangekondig het … En wat ‘n fantastiese maand was dit nie! Waarskynlik meer as gevolg van die verligting dat daar wél belangstelling en ondersteuning vir ‘n inisiastief van hierdie aard bestaan as enigiets anders. En hét die mense nie kom kuier nie! Ons staan werklik verstom voor die statistiek; indien enige persoon van mening is dat daar nie juis belangstelling in die Afrikaanse digkuns bestaan nie, maak so ‘n persoon hom of haar blatant skuldig aan wensdenkery. 

Nietemin, wat het hierdie eerste maand ons geleer?

  1. Naamlik dat daar ‘n ongelooflike lojaliteit en steun jeens ons digkuns bestaan. Soveel individue het onbaatsugtig en entoesiasties tot hierdie onderneming bygedra sonder dat daar enigsins van vergoeding sprake was. Net omdat hulle gevra was. En dít is enorm. Soos gesê: die poel waarin ons hengel is klein, maar die visse is gróót. Baie dankie daarvoor.
  2. Dat die wêreld (veral die Nederlandse lesers) deeglik kennis neem van wat hier by ons gebeur. De Contrabas het naamlik al verskeie van ons berigte op hul webblad oorgeneem met skakels na die Versindaba-webblad wat sommer baie besoekers uit die Noorde hierheen gelok het. (Mmm, ek wonder nogal hoe hulle die titel van ons “fees met digters” vertolk? Dié dat daar sommer ‘n paar variasies in spelling na vore gekom het: van Versinbaba tot Versibinda.) Maar ons kla nie; dis tyd dat ons gebroeders in die Noorde ook besef dat daar lewe is in die ánder halfrond. En ja, dan het ons ook al waargeneem dat van ons gevestigde publikasies so tersluiks berigte van ons webblad “gelig” het en dit is góéd so; by ‘n latere geleentheid sal ons weer óns pond vleis opeis.
  3. Die teleurstellendste aspek is egter dat die belangstellers in poësie eerder net wil léés en half gesigloos in die agtergrond verbybeweeg; ons het gehoop dat daar sommer baie kommentare gelewer sal word ten einde ‘n lewendige debat oor ter saaklike onderwerpe tot stand te bring. Ai, mense, waarvoor is julle bang? Hierdie is júlle webblad. Sonder jul terugvoer is ons soos geblinddoektes wat in ‘n swartgeverfde kamer rondstruikel op soek na ‘n swart perd wat nie bestaan nie. Gee terugvoer, lewer kommentaar, word déél van die gesprek. Die reedsgenoemde poel is klein, maar hy kan doen met nog ‘n paar visse (groot óf klein).
  4. Dan wil dit ook voorkom asof ons lesers nog nie die ongelooflike skatte wat onder “Skakels” versteek lê, ontdek het nie. Gedorie mense, daar is skakels na die wonderlikste webtuistes! Party meer akademies, ander weer vermaaklik. Party volgeprop met gedigte, ander weer met die wonderlikste kommentare. Gaan lees en geniet. 

 

Ten slotte wens ons dan net almal te bedank wat tot hierdie webblad bygedra het: van die digters, tot die bloggers; van diegene wat artikels ingestuur het, tot hulle wat ingestem het tot onderhoude; van hulle wat wél kommentaar gelewer het, tot hulle wat ons met hul derduisende klieke ondersteun.

Mag die tweede maand alle verwagtings oortref.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d