Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 June 20094 June 2009

Donderdag, 4 Junie 2009

Jamie Bynge van Canongate
Jamie Bynge van Canongate

Die onafhanklike Skotse uitgewery Canongate is pas aangewys as die top uitgewery in Brttanje. Jamie Byng se uitgewery – wat oor ’n tydperk van jare ’n stewige reputasie opgebou het as uitgewer van onder andere vertaalde poësie – het hul omset die afgelope jaar verdubbel en is deur die beoordelaars geloof vir hul “great professionalism, attention to detail and sheer exuberance of its publishing programme”. In die proses het hulle met al die groot konglomeraat-uitgewers afgereken. Maar nee, die avontuurlustige Byng het helaas nié sy miljoene gemaak met die verkoop van digbundels nie; hy het naamlik ’n paar jaar gelede die regte bekom vir twee boeke deur ’n onbekende junior senator van Illinois. Die titels van dié boeke? Dreams From My Father en The Audacity of Hope … Die feit dat die skrywer van dié twee obskure boekies later president  van die VSA sou word, was natuurlik ’n gelukkige meevaller. Pas het Canongate dan ook Change We Can Believe In, uitgegee. Van hierdie boek – waarin pres. Barack Obama  sy toekomsvisie vir die VSA uiteensit – het Canongate reeds meer as ’n miljoen kopieë verkoop! (Lees gerus ook weer die Nuuswekker oor die poetry jam wat Barack Obama en sy vrou in die Wit Huis aangebied het enkele weke gelede. Jy kan dit hier kry.)

 
Terloops, die toekenning vr die beste boekhandelaar het nié aan die beter winkels soos Waterstone’s en Border’s gegaan nie, maar aan die blygemaakte CNA-prototipe, WH Smith. Maar, The Hungerford Bookshop is darem as die beste onafhanklike boekhandelaar aangewys. Hulle was geloof “for getting every aspect of the business right, displaying bookselling excellence, great event management and successful – and profitable – involvement in their local community”. (Lees die volledige berig hier.)
 

Nou ja, toe. Lyk my selfs die Britte weet darem soms nog wat régtig tel.

’n Lekker dag vir almal.
LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Onderhoud met Marthé McLoud oor “Ontbloot”
  • 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (II)
  • Joan Hambidge. Oosterse digkuns  Deel I
  • Digtersprofiel: Dietloff van der Berg
  • Resensie: “Ontbloot” (Marthé McLoud)

Nuutste kommentaar

  1. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  2. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  3. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

  4. Joan Hambidge on Ilse van Staden. Deursigtige oggend3 June 2025

    Beeldskoon hoe hierdie gedig vloei.

  5. Charl-Pierre Naude on Charl-Pierre Naudé. Mymering28 May 2025

    Hierdie is 'n interessante kommentaar deur jou, Hans. Dankie. Ek kou nog daaraan ... Ek moet nog jou opstel waarna…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d