Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 June 20094 June 2009

Donderdag, 4 Junie 2009

Jamie Bynge van Canongate
Jamie Bynge van Canongate

Die onafhanklike Skotse uitgewery Canongate is pas aangewys as die top uitgewery in Brttanje. Jamie Byng se uitgewery – wat oor ’n tydperk van jare ’n stewige reputasie opgebou het as uitgewer van onder andere vertaalde poësie – het hul omset die afgelope jaar verdubbel en is deur die beoordelaars geloof vir hul “great professionalism, attention to detail and sheer exuberance of its publishing programme”. In die proses het hulle met al die groot konglomeraat-uitgewers afgereken. Maar nee, die avontuurlustige Byng het helaas nié sy miljoene gemaak met die verkoop van digbundels nie; hy het naamlik ’n paar jaar gelede die regte bekom vir twee boeke deur ’n onbekende junior senator van Illinois. Die titels van dié boeke? Dreams From My Father en The Audacity of Hope … Die feit dat die skrywer van dié twee obskure boekies later president  van die VSA sou word, was natuurlik ’n gelukkige meevaller. Pas het Canongate dan ook Change We Can Believe In, uitgegee. Van hierdie boek – waarin pres. Barack Obama  sy toekomsvisie vir die VSA uiteensit – het Canongate reeds meer as ’n miljoen kopieë verkoop! (Lees gerus ook weer die Nuuswekker oor die poetry jam wat Barack Obama en sy vrou in die Wit Huis aangebied het enkele weke gelede. Jy kan dit hier kry.)

 
Terloops, die toekenning vr die beste boekhandelaar het nié aan die beter winkels soos Waterstone’s en Border’s gegaan nie, maar aan die blygemaakte CNA-prototipe, WH Smith. Maar, The Hungerford Bookshop is darem as die beste onafhanklike boekhandelaar aangewys. Hulle was geloof “for getting every aspect of the business right, displaying bookselling excellence, great event management and successful – and profitable – involvement in their local community”. (Lees die volledige berig hier.)
 

Nou ja, toe. Lyk my selfs die Britte weet darem soms nog wat régtig tel.

’n Lekker dag vir almal.
LE

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Stephan du Toit. Geklief
  • Margaret Cordier. Die mens as bouer
  • Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar
  • Joan Hambidge. Road Rage
  • Digtersprofiel: Lynthia Julius

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d