Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 June 20095 June 2009

Vrydag, 5 Junie 2009

Hans Verhagen
Hans Verhagen

Verlede week Donderdagaand is die P.C. Hooft-prys vir 2009 aan Hans Verhagen (Vissingen, 1939) toegeken. Dié prys wat 60,000 euro beloop, word al om die drie jaar aan digkuns toegeken. Verhagen, bekend as digter, joernalis, filmmaker en skilder, het die prys vir sy oeuvre wat oor vyf dekades strek, ontvang. Volgens die beoordelaars se commendatio skryf Verhagen “zowel tijdens de jaren zestig als in de 21ste eeuw verbluffend goede poëzie. Vanwege zijn humor, zijn engagement, zijn poëtische durf en eigenzinnigheid dragen wij hem voor voor de P.C. Hooftprijs 2009.” Die paneel beoordelaars vir vanjaar se toekenning was die Vlaamse hoogleraar in Nederlandse letterkunde, Lut Missinne (Universiteit van Münster, voorsitter), die digters Jan Baeke, Tsead Bruinja en Eva Gerlach (ontvanger van die prys in 2000) en Henny Vrienten  – in   sy hoedanigheid as poësie-bloemleser. (Gaan lees De Papieren Man se berig hier, asook Verhagen se uitgewer se berig hier.)

Dan wil dit ook voorkom asof dit nie net by ons is wat literêre tydskrifte noustrop trek nie. In Nederland is twee van die meer gewilde en gevestigde tydskrifte tot niet: Raster, wat na 23 jaar en 125 uitgawes hul deure gesluit het, en Bunker Hill, na 12 jaar en 44 uitgawes. ‘n Derde tydskrif, Yang, wat vir 45 jaar in gedrukte vorm verskyn het, het hom egter in gewysigde vorm, ná ‘n samesmelting met  freespace Nieuwzuid, as fusieblad op die internet gevestig met nY as tydskrifnaam. “Het gaat niet goed met de literaire tijdschriften”, berig De Standaard hieromtrent. “Ze worden duurder om te maken – want de eisen, vooral op het vlak van vormgeving, liggen almaar hoger – en daartegenover staan krimpende abonneebestanden, krenteriger geworden subsidiegevers en, ook hier, concurrentie op het internet.” 

Maar nou, ja, soos een deur toegaan, open dit weer moontlikhede vir ander. So is daar nog net 2 slapies en dan het ons die eerste uitgawe van die nuwe Rapport-Boeke in die hand! Voorspoed vir jou en jou span met die finale voorbereidings, Rachelle … Ons kan nie wag nie!

 ‘n Lekker naweek vir almal. Nuuswekker hervat weer op Maandag.

Mooi bly.

 LE

 

 

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Onderhoud met Alfred Schaffer
Yves T’Sjoen. Literatuur & avontuur →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Augustus-kompetisie
  • Resensie: "Kinderlê" deur Lynthia Julius
  • Resensie: "Miniatuur". (Johann de Lange)
  • Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
  • Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Watter danige lieflikheid was ons?
  • Maritha Broschk. laat dié wat oë het, voel
  • Hennie Nortjé. Shaka
  • Yolanda-Faye Holden. Beeld
  • Willem M. Roggeman. Een diva met vakantie

Nuutste kommentaar

  1. Maritha Broschk on Keith Oliver Lewis. vroeg ryp, vroeg vrot: mirror chat before the runway21 June 2025

    Liewe hemel. Dié het my nou wragtigwaar geráák.

  2. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)17 June 2025

    Baie dankie, Ilse. Dié vertaalprojek is ‘n opwindende en uitdagende onderneming soos min vir my en Robert.

  3. Ilse on 100 Duitse Bestes: Rainer Maria Rilke (1875-1926) (I)9 June 2025

    Dankie vir die lieflike vertalings!

  4. Heleen Louw on Jacobus Swart. Franz Kafka4 June 2025

    Treffend uitgebeeld. Jou vermoe om die essensie van 'n lewe' te omskryf is iets besonders vir my. En dan jou…

  5. Caren Kearley on Resensie: “Dawerende stiltes” (Caren Kearley)4 June 2025

    Dankie Maria, jy is welkom om my te kontak as jy een wil bestel. carenkearley@gmail.com. Ek is Ninni ewig dankbaar…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d