Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 June 2009

Maandag, 8 Junie 2009

 

Margaret Atwood
Margaret Atwood

Natuurlik word daar nou wyd en syd in die Britse media bespiegel oor wie Ruth Padel as die Oxford Professor of Poetry gaan opvolg na haar skokbedanking ‘n week na haar aanstelling. (Lees die Nuuswekkers vir  18 Mei en 26 Mei vir meer agtergrondsinligting indien jy die hele gedoente gemis het.) Volgens ons korrespondent in Cambridge bestaan daar breë konsensus dat die kandidaat wél ’n vrou moet wees. Anne Stevenson se naam word genoem; alhoewel haar gevorderde leeftyd (76), asook haar welbekende renons in openbare optredes, teen haar benoeming mag tel. Alice Oswald, een van Engeland se mees gewilde digters, is nog ’n sterk kandidaat, maar die feit dat sy nie juis as akademikus bekend is nie, mag teen haar tel, berig ons korrespondent. ’n Baie sterk buiteperd is egter  die Kanadese digter Margaret Atwood. Bekend as digter, kritikus, skitterende spreker, asook ’n persoon met internasionale aansien, is sy waarskynlik presies die kandidaat wat nou vereis word. Haar uitgesprokenheid mag egter dalk iets wees wat die vuisvoos akademici te Oxford effens kriewelrig maak; so het Atwood enkele maande gelede nog te midde van goot vertoon haar deelname aan die jaarlikse Emirates Airline International Festival of Literature in Dubai gekanselleer vanweë die feit dat homoseksuele persone nie welkom is in die Emiraat nie. (Haar brief aan die organiseerders kan hier onder die skakel “What is new?” gelees word.)

Terloops, Babu Lefti, ons reisende (amper sê ek afwesige) blogger was juis ook teenwoordig by dié geleentheid; lees gerus sy blog en wat hy te sê het oor die Doebaaise fees indien jy Babu se eerste bydrae gemis het. Mmm, dan hoop ons sommer ook terselfdertyd dat hy darem al weer terug is in die beskawing ná sy ekskursie in die Turkse hooglande. Ons sien uit na jou volgende vertelling, Babu! So, laat waai Meraai …

 

Mag hierdie week klipvry wees vir jou.

 

Mooi bly.

LE

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Dinsdag, 26 Mei 2009
Nobelprys – Wat sê die beroepswedders? →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d